South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 13

| Noteup | LawCite

S v Solomons (340/83) [1985] ZASCA 13 (29 March 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


ANDREW SOLOMONS Appellant

en

DIE STAAT Respondent

340/83
mp

IN DIE HOOGGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

ANDREW SOLOMONS Appellant

(Besk. nr 2 a quo

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: JOUBERT, HOEXTER et NICHOLAS ARR

VERHOOR: 19 Maart 1985

GELEWER: 29 Maart 1985

UITSPRAAK

HOEXTER, AR

2.

HOEXTER, AR

In die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale

Afdeling was die appellant een van drie mede-beskuldigdes
wat op 'n aanklag van verkragting tereggestaan het. Die
strafsaak het voortgespruit uit die verkragting van 'n
39-jarige getroude vrou, 'n Britse burger, op 5 Maart 1981
en te Melkbosstrand, distrik Malmesbury. Die drie beskuldigdes
is deur LATEGAN, R en twee assessore aan verkragting skuldig
bevind en elke beskuldigde is 'n vonnis van 15 jaar gevange=
nisstraf opgelê. Met verlof van hierdie Hof appelleer die
appellant teen sowel sy skuldigbevinding as sy vonnis.

Geriefshalwe verwys ek na die appellant se
mede-beskuldigdes as beskuldigde 1 en beskuldigde 3 onder=
skeidelik. Ten tyde van die pleging van die misdaad was
beskuldigde 1 en die appellant albei een-en-twintig jaar en
beskuldigde 3 agtien jaar oud. Aanvanklik het aldrie
beskuldigdes onskuldig gepleit. Terwyl die laaste staats=

getuie

3.

getuie besig was om te getuig het beskuldigdes 1 en 3
hulle pleite verander en albei het skuldig gepleit. Die
verhoorhof het beskuldigdes 1 en 3 toe skuldig bevind en
nadat die verhoorregter 'n skeiding van verhore gelas het,
het die saak teen appellant voortgegaan.

Die klaagster is helder oordag in die namiddag
verkrag terwyl sy in haar baaiklere langs die see op die
strand gewandel het. Een van haar verkragters het haar
van agter bekruip en met sy arm 'n wurggreep om haar nek toegepas
Terwyl sy gesukkel het om asem te haal, het haar aanrander
haar oor die strand na nabyliggende sandduine gesleep-dra.
Daar is die klaagster agtereenvolgens drie keer verkrag.
Volgens die klaagster is sy heel eerste deur die man wat haar
op die strand oorrompel het, verkrag. Terwy1 hy haar verkrag
het, het 'n tweede man haar kop skuins teen die sand
vasgedruk en haar gesig met die klaagster se eie sarong
asook 'n wollerige voorwerp toegedruk. Haar aanranders het

Engels

4.

Engels met haar gepraat en haar met die dood gedreig indien
sy sou probeer om na hulle te kyk of om te skreeu. Weer eens
was dit moeilik vir haar om asem te haal. Toe die eerste
man met haar klaar was het die tweede man haar verkrag. Terwyl
die tweede man met haar besig was het die eerste man Afrikaans
gepraat en te kenne gegee dat hy 'n makker gaan haal. Die
eerste man is toe daar weg. Daarna het volgens die gewaar=
wording van die klaagster iemand weer opgedaag. Die klaagster
het gemeen dat dit eintlik twee persone was. Hierna is die
klaagster weer verkrag. Die klaagster was van oordeel dat
die derde verkragting op haar deur 'n derde man gepleeg is.
Sy het egter toegegee dat dit tog moontlik is dat die derde
verkragting deur haar eerste of tweede verkragter gepleeg kon
gewees het. 'n Rukkie nadat die klaagster vir die derde
keer verkrag is, is sy weer eens met die dood gedreig om net
so te bly lê en het haar aanranders van die toneel verdwyn.
Die klaagster het by 'n huis in die omgewing om hulp gevra.

Die

5

Die polisie is ontbied en op die volgende dag is die drie
beskuldigdes in hegtenis geneem.

Die drie mede-beskuldigdes is Kleurlingmanne
wat gedurende Maart 1981 arbeiders in diens van "n boukon=
trakteur was. Op die betrokke dag was die drie beskuldigdes
lede van 'n werkspan bestaande uit vyf .arbeiders wat onder
aanvoering van 'n voorman op 'n bouperseel langs die see by
Melkbosstrand gewerk het. Die betrokke bouperseel is in
die omgewing van die plek in die sandduine waar die klaagster
daardie namiddag verkrag is. Een lid van die werkspan was
'n jong arbeider, Daniël Williams, die laaste getuie wat die
staat by die verhoor opgeroep het. Williams het in sy
getuienis die volgende relaas van sekere gebeure gedurende
die namiddag van 5 Maart 1981 gegee. 'n Rukkie na die
werkspan se middagete het beskuldigde 1 gesê hy gaan bos toe.
By sy terugkoms het beskuldigde 1 met beskuldigde 3 gepraat
waarna hulle gesê het dat hulle strand se kant toe gaan.

Dié

6.
Dié twee is toe by die bouperseel weg. Na ongeveer 'n
halfuur het beskuldigde 1 na die bouperseel teruggekeer en
met die appellant gepraat. Hierop het die appellant by die
voorman toestemming verkry om sy been te gaan was, waarna die
appellant alleen daar weg is. Na nog 'n halfuur of wat het
beskuldigde 2 en die appellant na die bouperseel teruggekeer.
Die drie beskuldigdes het toe een kant gaan sit en onder
mekaar gepraat. Toe hulle later die middag met werk
uitgeskei het, is die werkspan met 'n vragmotor van die
bouperseel vervoer. Agter op die vragmotor was daar 'n
klomp mense wat tot gevolg gehad het dat lede van die werkspan
feitlik opmekaar gesit het. Volgens Williams het hy tussen
beskuldigdes 1 en 3 gesit; en die appellant het langs
beskuldigde 3 gesit. Die drie beskuldigdes het onder mekaar
gepraat en gelag. Beskuldigde 3 sê toe vir Williams dat
hulle drie (verwysende na die drie beskuldigdes) op die
strand 'n wit meisie beet gehad het. Hierdie verklaring van
beskuldigde 3 is deur beskuldigde 2 en die appellant aangehoor

en

7.

en aldrie beskuldigdes het daaroor gelag. Daarna, aldus
Williams, het aldrie beskuldigdes onder mekaar gesê -

"Jenne my broer dit was lekker."

Gedurende die kruisondervraging van Williams deur beskuldigde
1 se advokaat het laasgenoemde dit gerade geag om 'n kort
verdaging te verkry. By hervatting van die verhoor het
beskuldigdes 1 en 3 albei hul aanvanklike pleite verander en
skuldig gepleit. By die verhoor is die appellant deur 'n
pro Deo advokaat bygestaan. Na skuldigbevinding van
beskuldigdes 1 en 3 en 'n skeiding van verhore is met die
verhoor van die appellant voortgegaan. Williams is toe
deur die appellant se advokaat onder kruisverhoor geneem.
Na afloop van Williams se getuienis het die aanklaer ingevolge
art 235(1 ) van die Strafproseswet die pleitverrigtinge in
die landdroshof aan die verhoorhof voorgelê en daarna het
die staat sy saak gesluit. Daarop is die saak van die
appellant gesluit sonder dat hy self getuig het of enige

getuies

8.
getuies namens hom opgeroep het. Die appellant is op sy beurt
ook aan verkragting skuldig bevind. Vir doeleindes van
vonnisoorweging is 'n vakkundige maatskaplike agtergrondsverslag
m b t beskuldigde 3 aan die verhoorhof voorgelê. Nog
beskuldigde 1 nóg die appellant het enige getuienis ter
strafversagting aangevoer.

Een van die staatsgetuies by die verhoor was
kol Mostert, distrikspeuroffisier van Paarl. Na behoorlike
waarskuwing het die appellant op 6 Maart 1981 aan kol Mostert
'n verklaring gedoen en onderteken. Dit is gemeensaak dat
hierdie verklaring vrywillig en sonder enige dwang of onbe=
hoorlike beïnvloeding deur die appellant afgelê is. Die
verklaring is deur kol Mostert aan die verhoorhof voorgelê.
Uit die getuienis blyk dat beskuldigdes 1 en 3 ook bekend
staan as "Flora" en "Tayu" onderskeidelik. In sy verklaring
aan kol Mostert het die appellant o a gesê:

"Flora

9.

"Flora en Tayu was 'n hele tyd weg agter die duine. Ek het die voorman Boeta Noor gevra
of ek my seerplek aan my been in die see kan
gaan afspoel. Toe ek op die bult of sanduin
kom toe sien ek Tayu gryp die vrou. Flora het
teen die duin gelê en ek het plat geval. Tayu
het die vrou na die duine gesleep en Flora het
die vrou se kop toegehou en toe sien ek Tayu
klim die vrou op. Na Tayu klaar was, het
Flora opgeklim."

Soos reeds genoem, het die staat ook die verklaring wat die
appellant ter pleitverduideliking aan die landdros gedoen
het aan die verhoorhof voorgelê. Daarvolgens het die
appellant nie alleen ontken dat hy die klaagster verkrag het
nie maar het hy, in antwoord op 'n vraag van die landdros of
hy die klaagstër op die betrokke dag hoegenaamd gesien het,
ontkennend geantwoord.

Die klaagster was 'n uitmuntende getuie. Haar
getuienis word strykdeur deur 'n merkwaardige objektiwiteit
gekenmerk. Die verhoorhof het die waarheid van haar verhaal
sonder voorbehoud aanvaar en het heel tereg bevind dat die

klaagster

10.

klaagster inderdaad drie keer verkrag is. Williams het
die verhoorhof insgelyks as 'n eerlike en betroubare getuie
beïndruk. Wat opval by nalees van Williams se getuienis
is dat die advokaat wat by die verhoor namens die appellant
opgetree het nie kans gesien het om op die kernpunte in
Williams se relaas met Williams in geding te tree nie. Die
verhoorhof het Williams se getuienis aanvaar en in hierdie
Hof is daar nie aangevoer nie dat die verhoorhof sodoende
fouteer het.

Die appellant se appèl is deur mnr Newton
(wat nie by die verhoor opgetree het nie) beredeneer. Teenoor
hom wil hierdie Hof sy dank betuig. In sy betoog oor die
meriete van die skuldigbevinding het die appellant se
advokaat die aandag veral daarop gevestig dat (1) die klaagster
toegegee het dat sy moontlik slegs deur twee en nie drie
verskillende persone verkrag is nie, en (2) volgens die
klaagster se indruk daar ná die eerste verkragter se

verdwyning

11.

verdwyning twee persone en nie slegs een nie by die toneel
van misdaad opgedaag het. Wat die eerste punt betref,
dien gemeld te word dat dit nietemin vas staan dat die klaag=
ster drie maal in die duine verkrag is. En aangesien die
klaagster nie kon sien wat om haar aangaan of hoeveel persone
by die tweede verkragter aansluit nie, en dus vir haar indruk
dat dit twee persone was slegs op haar gehoor gesteun het,
het die advokaat se tweede punt nie veel om die lyf nie.
Verder as dit kon die appellant se advokaat sy betoog oor die
korrektheid van die skuldigbevinding nie juis voer nie.

Nou is dit so dat die inhoud van die appellant
se verklaring aan kol Mostert deels met die staatsaak on=
bestaanbaar is. Volgens die klaagster was sy eerste verkrag
deur die man wat haar op die strand aangeval het; en die
getuienis van Wílliams dui daarop aan dat die man wat die
klaagster eerste verkrag het beskuldigde 1 moes gewees het.
In die appellant se verklaring aan kol Mostert daarenteen

word

12.

word die teenoorgestelde voorgegee, naamlik, dat beskuldigde
3 die klaagster gevang het en haar ook eerste verkrag het.
Hoe dit ook sy, die belangrikheid van hierdie verklaring by
beoordeling van die afdoendheid van die saak teen die
appellant is daarin geleë dat die appellant hom daarvolgens
as ooggetuie van die misdaad en feitlik op die toneel van
die misdaad plaas. In die lig van veral Williams se on=
weersproke getuienis was daar na afloop van die staatsaak,
so meen ek, 'n sterk prima facie saak teen die appellant.
Deur die appellant se stilswye het die staat m i daarin
geslaag om die appellant se skuld aan die misdaad hom ten
laste gelê bo redelike twyfel te bewys. Die appèl teen die
skuldigbevinding kan dus nie slaag nie.

Ek oorweeg vervolgens die appèl teen die vonnis.
Beskuldigde 1 het geen vorige veroordelings gehad nie.
Beskuldigde 3 het een vorige veroordeling weens aanranding
met die opset om ernstig te beseer. Die appellant het ses

vorige

13.

vorige veroordelings, vyf waarvan weens diefstal. Hy is
egter nie voorheen weens enige geweldsmisdaad gevonnis nie.
Dat die appellant en sy twee medebeskuldigdes die verwyt van
'n gruwelike misdaad dra, behoef geen argument. In al die
omstandighede van die saak tref die vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf in die geval van beskuldigde 1 en beskuldigde
3 my ook nie as buitensporig swaar nie. By vonnisoplegging
het die geleerde verhoorregter egter opgemerk dat met
betrekking tot vonnis hy nie kan sien waarom hy enige
onderskeid tussen die drie beskuldigdes moet tref nie.
Mnr Newton se betoog is dat die verhoorregter 'n mistasting
begaan het deur aldrie beskuldigdes oor een en dieselfde kam
te skeer en om sodoende uit die oog te verloor dat die
appellant se aandeel by pleging van die misdaad beduidend
minder is as dié van sy twee mede-beskuldigdes. Na my mening
het die advokaat hier gelyk.

Uit die aangevoerde getuienis is dit duidelik

dat

14.

dat die hele plan om die klaagster te verkrag sy ontstaan by
beskuldigde 1 gehad het, en dat hy die inisiatief geneem het
om self 'n wreedaardige en lafhartige aanval op die klaagster
te loods. Verder dui die waarskynlikhede op die gevolg=
trekking dat beskuldigdes 1 en 3 deelgenote was van 'n
voorbedagte komplot om die klaagster in die duine te verkrag;
dat hul vantevore afgespreek het dat beskuldigde 3 hul
slagoffer by die duine sal inwag om haar daar vas te hou,
te blinddoek en te terroriseer terwyl beskuldigde 1 haar
verkrag; en dat beskuldigde 3 haar daarna self sou verkrag.
Hierteenoor staan dat die appellant slegs op aansporing van
beskuldigde 1 na die toneel van misdaad gegaan het; en dat
hy sy opwagting aldaar gemaak het toe die klaagster reeds
oorrompel en twee maal verkrag is. Dat die appellant aan=
dadig aan 'n weersinwekkende bende-misdaad was, kan nie
weggeredeneer word nie. En dit val ook nie te betwyfel
dat hy swaar gestraf moet word. Maar ná deeglike oorweging

van

15.

van al die omstandighede van die geval is ek van oordeel
dat die verhoorhof hom wanvoorgelig het deur sy versuim om
die mindere rol van die appellant met minder verwyt te bejeën.
M i kan die morele laakbaarheid van die appellant se wandaad
nie aan dié van sy twee mede-beskuldigdes gelykgestel word
nie en het die verhoorregter die diskresie wat by straftoe=
meting aan hom toevertrou is nie redelikerwys uitgeoefen nie.
Bygevolg is hierdie Hof regtens verplig om met die opgelegde
vonnis in te gryp. Dit wil my voorkom dat geregtigheid sou
geskied het as 'n termyn van twaalf jaar gevangenisstraf
opgelê was.

Die appèl word afgewys, behalwe dat die opgelegde
vonnis ter syde gestel word en met 'n vonnis van twaalf jaar
gevangenisstraf vervang word.

G G HOEXTER, AR

JOUBERT, AR)
NICHOLAS, AR)