South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 14

| Noteup | LawCite

S v Meniers (310/83) [1985] ZASCA 14 (29 March 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


310/83
/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING:

In die saak tussen:

ACHMAT MENIERS APPELLANT

en
DIE STAAT
RESPONDENT

Coram

Verhoordatum :
JANSEN, WHR, CILLIé, VILJOEN, HOEXTER, ARR
et SMALBERGER, WAR

14 MAART 1985 29 MAART 1985

Leweringsdatum :

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Met verlof van hierdie Hof kom die appellant

in hoër beroep teen sy vonnis van 15 jaar vir

2/.... strafbare

2.

strafbare manslag. Die appellant het as beskuldigde

2 saam met ene Nicolaas Snyman (hierna Snyman genoem)

as beskuldigde 1 voor regter Lategan en assessore

tereggestaan op 'n aanklag van moord op ene Pieter

Daniel Bruce (hierna die oorledene genoem) in

Bishop Lavis, Kaapstad, op 22 Augustus 1982.

Snyman en die appellant het aan 'n bende,

die Naughty Boys, ook bekend as die Naughty Spiders,

behoort. 'n Ander bende in Bishop Lavis het bekend

gestaan as die Weekend Spoilers. Op hierdie betrokke

aand, so blyk dit uit die getuienis, het Snyman, die

appellant en nog nagenoeg agt lede van die Naughty

Boys, die buurt waarin die oorledene gewoon het op

horings gehad. Hulle het, gewapen met wapens soos

3/.... messe

3.

messe en pangas, voorgegee om lede of groepe van

die vyandelike Weekend Spoilers te soek om met hulle

in geveg te tree en dit is nie vergesog' nie om te

aanvaar dat enige enkele lid van die Weekend Spoilers

wat hulle sou raakloop hulle veglus en wraaklus sou

moes ontgeld. Hulle was so opgesweep dat hulle, so

blyk dit, van enige persoon wat hulle mog teëkom, 'n

slagoffer sou maak onder die gewaande aanspraak dat

hy 'n lid van die Weekend Spoilers sou wees,

Vroeër die aand - volgens die getuienis om

en by 21h00 of 22h00 - het hulle die deur van die huis

van bure van die oorledene, sekere Walkers, oopgeskop

en het hulle van die vensters van daardie huis stukkend

gegooi en van die meubels en ander goedere binne die

4/.... huis

4.

huis gebreek en vernietig. Vrae wat namens Snyman

en die appellant aan die staatsgetuies gestel is en

hulle eie getuienis het vaagweg die suggestie bevat

dat van die seuns van daardie huis lede was van die

Weekend Spoilers. Dit is nie deur enige staatsge-

tuie, wat 'n suster van die Walker-seuns ingesluit

het, bevestig nie. Die seuns was in elk geval nie

tuis nie en die beskadiging en vernietiging van

eiendom by die Walkers se huis was 'n sinnelose daad

van aggressie en vernielsug. As gevolg van die

gebeure by die Walkers se huis het sekere lede van

die gesin Walker gaan skuiling soek by die huis van

die oorledene langsaan. Vermoedelik as gevolg van

vrees dat die bende kon terugkeer om hulle strooptog

5/.... in die

5.
in die buurt voort te sit, het die oorledene en

sekere lede van sy huisgesin en van die Walkers
wat daar kom skuiling soek het, nie geslaap nie,
maar gewaak. Na middernag was Snyman, die appellant
en hulle mede-bendelede nog in die buurt bedrywig.
Die oorledene, wat alreeds heelwat te drinke gehad
het en blykbaar sy voorraad wyn wat hy in die huis
gehad het, uitgeput het, het na middernag lus gehad
vir nog meer en het die huis verlaat met die doel
om by 'n smokkelkroeg 'n botteltjie wyn te probeer
bekom. Hy het egter nie verder gekom as sy voor-
hekkie nie. Daar het hy gestaan en sy jong seun,
Jacobus Pieter Bruce, wat deur die venster sy pa
en die gebeure buite dopgehou het, het gesien hoedat

6/.... sy pa

6.

sy pa sake in die straat dophou. Hy het ook gesien

dat, nie ver van die huis af nie, die bende 'n sekere

Kallie Galant aanval en aanrand. Of Kallie Galant

met sy lewe daarvan afgekom het, is nie duidelik

uit die getuienis nie

Die oorledene was 'n man van 54 jaar oud en

volgens die getuienis, insluitende die getuienis van

Snyman en die appellant, was hy nie 'n lid van die

Weekend Spoilers of van enige ander bende nie. Die

appellant het hom goed geken en het dikwels by die

Bruce-gesin aan huis gekom aangesien hy en die oor-

ledene se ouer seun saam skoolgegaan het en goed

bevriend was. Toe die bende die oorledene daar by

die hekkie gewaar, het hulle op hom afgestorm. Hy

7/.... het

7.
het ylings in die huis probeer vlug, maar die jong
seun Pieter, wat die deur agter sy pa gesluit het
toe hy uitgegaan het, kon nie gou genoeg die deur
oopsluit nie en die bende, met Snyman vooraan en die
appellant agter hom, gevolg deur die ander lede van die
bende, het deur die hekkie gestorm en op die oorledene,
wat tevergeefs in sy angs die Opperwese op tweeërlei wyse
aangeroep het met 'n uitroep van "God! Allah!", voor
die deur oorval. Pieter Bruce het een geh©or skree:
"Maak hom dood. Hy is 'n Weekend Spoiler hond. Maak
hom wit bene." Die appellant het hom met sy panga
in die waai van die been gekap sodat hy geval het en
Snyman het hom met sy panga oor die kop toegetakel .
Die ander lede het almal in 'n bondel op hom toegesak

8/.... en hy

8.
en hy is daar om die lewe gebring. Die verslag van
die na-doodse ondersoek vermeld sekere wonde wat
bestaanbaar is met houe wat deur pangas veroorsaak
kon gewees het, maar die dood is veroorsaak deur
steekwonde met skerp voorwerpe. Die afleiding is
dat die lede van die bende wat met messe gewapen
was die steekwonde toegedien het. Hierdie ander
lede is nie uitgeken nie en gevolglik is alleen die
appellant en Snyman voor die hof gedaag.
Die gronde waarop die hof a quo die appel-
lant en Snyman aan strafbare manslag, en nie aan
moord nie,skuldig bevind het, blyk uit die volgende
passasie uit die uitspraak:

"Dit is deur mnr Van Vuuren geargumenteer dat
wat nommer 1 betref, hy in eie getuienis

9/.... erken

9.

erken het dat hy geweet het dat sy medebende-
lede die aand gevaarlike wapens by hulle het,
trouens ook messe en dat hy, vanweë sy
assosiëring en leiding trouens wat hy geneem
het in die aanval op die oorledene, wat tot
die oorledene se dood gelei het, dan skuldig
moet wees aan moord op die basis dat hy inder-
daad voorsien het dat die oorledene mag sterf
en verder, dat hy hom dan ook versoen het met
hierdie moontlike gevolge wat hy voorsien het.
In ons oordeel egter het die Staat net nie ver
genoeg met sy getuienis gegaan om partikulier
in die geval van hierdie individuele mens,
hierdie partikuliere individuele dader, te
bewys dat hy wel subjektief voorsien het dat
die man op wie hy die aanval begin het sou
sterf nie. Ook wat die verdere been van
hierdie besondere soort van opset betref,
naamlik die versoening met van wat hy voor-
sien, het in ons oordeel die Staat ook kort-
geskiet. Wat ek so pas gesê het geld ook
vir nommer 2.

Dit is vir ons duidelik dat hierdie twee
beskuldigdes die aand saam met hulle bendelede
wel deeglik die opset gehad het om moeilikheid
te maak, om te verwoes, om aan te rand, om

10/.... onskuldige

10

onskuldige en vreedsame mense soveel as
moontlik ergenis en moeilikhéid en pyn en
skade te veroorsaak as waartoe hulle in
staat was om teweeg te bring. Hulle het soos
wilde honde gehardloop deur die buurt en daar
is getuienis voor ons van minstens potensieël
drie misdrywe wat hulle in die loop van
daardie aand gepleeg het, hulle en hul bende.
In hierdie proses het hulle natuurlik ook
aan of drank of dagga of altwee deel gehad.
Ons is bereid om te aanvaar dat hulle miskien
'n bietjie drank ingehad het en/of dagga. Dit
was egter nie hierdie drank en/of dagga wat
hulle in hierdie grand finale van hulle optrede
gedryf het nie maar eerder 'n geweldslus, 'n
sinnelose begeerte om te vernietig.

Ons kan nie sê dat hierdie algemene begeerte
wat by hierdie bende bestaan het ook die
opset ingesluit het om mense inderdaad dood
te maak nie. Ons kan nie dit sê, veral as
ons daaraan dink dat beide van hulle aan die
Bruce-familie baie bekend was en trouens soos
kinders in die Bruce-gesin se huis gekom het.
Ons kan nie dink dat daar ooit by hulle in
enige vorm 'n begeerte bestaan het dat hierdie
man moet sterf nie. Dit kom ons voor asof

11/..... dit 'n

11.
dit 'n uiterste vorm van roekeloosheid
was wat van hulle beetgeneem het in daardie
fatale paar oomblikke voor Bruce gesterf
het. Maar dit is nog nie genoeg om die
misdryf van moord te bewys nie, 'n geestes-
inhoud van totale roekeloosheid nie."

Geen vorige veroordeling is teen die
appellant bewys nie. Uit antwoorde op vrae van
die verhoorregter blyk dit dat die appellant ten
tyde van die oortreding 18 jaar en 9 maande oud
was. Ter versagting het die appellant se advokaat
gewys op die afwesigheid van enige vorige veroor-
deling en het hy betoog dat die beskuldigde 'n fris en
potensieel-nuttige burger skyn te wees. Die
appellant het ook, so het die advokaat betoog, 'n
effens mindere rol gespeel as Snyman.

Die uitspraak op vonnis lui soos volg:

12/..... "Ek

"Ek sien nommer 2, dat jy nommer l
so pas geluk gewens het met die
feit dat julle nie aan moord skuldig
bevind is nie - so lei ek af uit jou
gebare. Dit is so dat julle nie
aan moord skuldig bevind is nie
en dat julle nou ook dan gestraf
moet word vir die neem van 'n
man se lewe, waaraan julle aan-
dadig was dat dit geneem word
op 'n basis van groot roekeloosheid.

Dit het by herhaling voor hierdie
Hof in die afgelope paar jaar
geblyk dat daar sekere gemeen-
skappe in die Skiereiland van
Kaapstad is wat geterroriseer
word deur mense soos julle en

12

13/.... julle

13

julle gelykes; deur bendes soos

die waaraan julle deelneem. Mense

se huise word verwoes, die vrouens word

verkrag en die manne word met die

byl doodgeslaan as hulle hulself

durf verset teen hierdie bendes

se optrede. Nie dat julle julself

in hierdie geval daaraan skuldig

gemaak het nie, maar in 'n sekere

sin is julle deel, as lede van
die Naughty Boys, aan hierdie
ontsaglike terreur wat heers

in sekere minder gegoede buurtes

in Kaapstad, wat onskuldige
wetsgehoorsame mense elke dag
dryf, soos ons op hierdie foto
moet sien, dat hulle die voorkant
van hulle huise met onooglike
stukke paal en draad moet

14/.... beskerm

14.

beskerm sodat mense nie kan binnekom nie.

As die regbank nie sy gemeenskap beskerm
nie is ons bevrees kan die situasie ontstaan
dat die inwoners van híerdie gebiede Later
die reg in eie hande sal neem en hul eie bendes
op die been sal bring om julle te beveg en om
hulle lewe en eiendom te beskerm en dit kan
ons nie toelaat nie. Ons moet altyd die
gemeenskap laat voel dat ons hulle behoorlik
beskerm as 'n gemeenskap.

Ek is tevrede, uit my eie waarneminge, van
wat ek in kamers by my eie kollegas by
herhaling gehoor het, dat hierdie,'n ontsag-
like probleem geword het in ons regsgemeen-
skap hier in die Kaap en dat daar voortaan
baie hard gepraat sal moet word om andere
af te skrik om nie weer vreedsame mense, wat
maar net die reg vra om hulle eie lewe te lei,
hoe eenvoudig dit ook al mag wees, maar om
hulle eie ding self te doen en dit op 'n
vreedsame manier en 'n wetsgehoorsame manier
te doen en hulle eie lewe te lei en hulle eie
mense lief te hê en hulle kos op hulle eie
tyd te eet.

Julle twee het, wat my betref bewese deur julle

15/.... optrede

15

optrede, deel geword van hierdie kanker
wat bestry moet word. Ek waak daarteen
om nie oormatig streng teen julle persoon-
lik op te tree nie, omdat julle twee nie
alleen die las kan dra ook vir andere se
misdrywe nie. Maar dit is wel 'n faktor
wat ek wel deeglik in ag gaan neem om
andere af te skrik dat die skollie-bendes
van Kaapstad voortaan moet besef dat hulle
optrede teen vreedsame wetsgehoorsame
burgers nie ligtelik meer geduld gaan
word nie.
Elkeen van julle word gevonnis tot VYFTIEN
(15) JAAR gevangenisstraf."

'n Aansoek om verlof om te appelleer is aan
die verhoorregter gerig op die volgende gronde:

"1. The punishment imposed is
(a) startlingly inappropriate in its
severity and
(b) strikingly disparate when compared with
sentences imposed in respect of similar
crimes;

2. The Honourable Court

(a) unreasonably accentuated the importance

16/..... of the

16.

of the prevalence of the type of crime
in the community and

(b)in any event, improperly allowed this
factor to weigh heavily without evidence
having been led thereon and without
having given Counsel the opportunity of
addressing the Court thereon and
(c)allowed the purpose of punishment as a
deterrent to others to outweigh all
other considerations and
(d)thereby misdirected itself;

3. The Court overemphasised the result of the

accused's participation, the death of the
deceased, in what was a crime of negligence;

4. In imposing identical sentences in respect
of both accused, and in any event, the
Court paid insufficient attention, if any, to

(a)the fact that accused no 2 was a first
offender and
(b)the minor role played by accused no 2
in the killing of the deceased;

17/ ... 5. The

17.

5. The Court failed to give sufficient

weight to the fact that the accused
was only 18 years and 9 months old
at the time of the commission of the
offence;

6. The Honourable Court misdirected itself
in taking into account, or in referring
to, what it interpreted as accused no 2's
congratulating of accused no 1 for the
latter's not having been found guilty of
murder."

Hierdie aansoek is geweier.
Wat die eerste grond betref, het die ver-
hoorregter die standpunt gehuldig dat, vanweë die
besondere omstandighede van die oortreding, die vonnis
nie ontstellend onvanpas was nie. Die regter maak
gewag daarvan dat hy nie na enige saak verwys is
waar die omstandighede dieselfde was nie en gaan
voort:

18/. . . . "It is

18
"It is so, it may well be said that is a
severe punishment, a sentence of fifteen
years for culpable homicide, that may well
be so., but I do not see any reasonable prospect
of another Court, another reasonable Court
interfering with this sentence as strikingly
disparate under the peculiar circumstances
of this case."

Wat betref die betoog dat die hof te veel
klem gelê het op die hoë voorkoms van die tipe oor-
treding, het die regter nie saamgestem nie, en het
geredeneer:

" this Court, not myself only but colleagues
of mine having had to sit in matters of violence
in this court and having to adjudicate daily in
this court on a growing number of violent and
completely unacceptably anti-social conduct in
this jurisdiction area of this Court, have time
and time again expressed their alarm at the
increase of not only this type of offence but
the modus operandi that are alarmingly alike in
many of these cases, where honest, peace loving

19/.... citizens'

19.

citizens' homes are invaded and where innocent
people are not only being killed but cruelly
being disturbed in the peace of their own
homes, where the women are sometímes sexually
assaulted at any sign of resistance, terrible
revenge being taken by the members of gangs who
enter these homes. The less affluent citizens
and suburbs of this metropolis of Cape Town, to
our way of thinking on this Bench, has a right
to be protected by the Bench against this type
of offence and against this type of conduct.
In my view, as I have already said, the time has
come very definitely to sound a very clear and
very severe warning to other future offenders
who may want to perpetrate the same kind of
violations of other peoples' rights."

Ten aansien van die betoog dat die hof nie
aan die advokaat kennis gegee het dat hy van voorneme
was om die aspek van die hoë voorkoms-syfer in ag te
neem en die advokaat nie 'n geleentheid gebied het om
die hof toe te spreek of getuienis op die aspek te lei

20/... nie,

20.
nie, het die regter, myns insiens tereg, daarop gewys

dat die advokaat behoort te geweet het dat die hof
enige aangeleentheid wat vir vonnisdoeleindes ter
sake mag wees - verswarend sowel as versagtend - in
aanmerking kan neem. Die regter het ook die betoog
dat hy die afskrikking van ander oorbeklemtoon het,
afgewys. Die betoog dat die hof die aandeel van die
appellant in 'n oortreding wat alleen nalatigheid
behels het, oorbeklemtoon het, is soos volg deur die
regter afgemaak:

"The accused was found guilty of participation
in wrongly and illegally causing the death of
an innocent father of a home under the circum-
stances which are known to everybody concerned-
In no sense can it be said that his participa-
tion in the events that led to the deceased's death
was anything less than that of the other accused,
or any other of the members of the gang who had
killed the man that night. In fact, if anything,

21/.... in my

21.

in my view, it can be said that accused number
2 was the man who delivered the deceased
defenceless to the other attackers, to the
other members of the gang, by striking him
down when he was on the point of seeking
the refuge of his own home. In that sense
this unfortunate man may still have lived if
it wasn't for the quickness of feet and the
quickness of hand of accused number 2, by
stopping him from the escape of his attackers.
I am not of the view that any other reasonable
Court will interfere with my approach in that
regard."

Die jeugdige ouderdom van die appellant
en die afwesigheid van vorige veroordelings is wel
deur die hof in aanmerking geneera, sê die regter.
Die betoog dat dit 'n mistasting was dat die regter
vir doeleindes van straftoemeting dit in ag geneem het
dat die appellant vir Snyman gelukgewens het, het die
regter soos volg van die hand gewys:

22/.... "That

22.

"That was a remark made in passing and which
in fact at the time struck me as symptomatic
of the accused's ïack of any regret for what
he has done. A callous, smiling approach,
also emanated [aggravated?] by the fact that
he had been lying here deliberately to the Court
in defending himself. That did not in any sense
really weigh with me when sentence was passed,
as I have already said, it was a remark made
in passing, which could not escape me and in
itself I have no doubt in my own mind that
that in the end did not weigh in any sense
as an aggravating factor to add anything to the
number of years of imprisonment that was passed
upon him by me."

Ek het na die redes vir die weiering deur
die verhoorregter van die aansoek om verlof om te
appelleer verwys omdat dit, myns insiens, 'n uit-
breiding en aanvulling van die uitspraak op vonnis

was

Hierdie Hof sal alleenlik kan ingryp, wat

23/.... die

23

die vonnis betref, indien dit blyk dat die verhoor-

hof nie redelikerwyse die diskresie uitgeoefen het

wat aan hom toevertrou is nie. R v Ramanka 1949(1)

SA 417(A) S v N 1976(3) SA 644(A). Dat die verhoor-

hof nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie

was die betoog van die advokaat vir die appellant

wat wesentlik die argumente wat in die hof a quo

in die aansoek om verlof om te appelleer aangevoer

is, herhaal en ontwikkel het,

Dit wil voorkom asof die verhoorregter moont-

lik wel die gelukwensery in ag geneem het as 'n verswarende

faktor. Vanweë die gebruik van die woord "really" in

die sinsnede "That did not in any sense really weigh

24/.... with

24.

with me when sentence was passed" wil dit voorkom

of hy dit tog in 'n mate in ag geneem het, soos

ook blyk uit sy verduideliking dat hy dit beskcu

het as aanduidend van 'n gesindheid van algehele

ongevoeligheid en 'n gebrek aan berou wat vererger

is deur die leuenagtigheid van die appellant.

Ek aanvaar egter dat vir sover hy dit in ag geneern

het dit die regter nie grootliks beïnvloed het

nie en dat hy die opmerking en passant kwytgeraak

het. Dit bied dus nie genoegsame grond vir

hierdie Hof om in te gryp nie.

Ek is egter van oordeel dat die verhoor-

regter misgetas het deur nie behoorlik te onderskei

25/.... tussen

25

tussen moord met opsetvorm dolus eventualis en

strafbare manslag nie, dat die bevinding eintlik

neerkom op eersgenoemde en dat die appellant, ondanks

'n skuldigbevinding van slegs strafbare manslag, daar-

voor gestraf is. Die hof het wel die argument van die

Staat se advokaat dat, aangesien hulle bewus was daar-

van dat van hulle mede-bendelede messe het, Snyman en

die appellant voorsien het dat die oorledene mag sterf

en dat hulle hulle met die gevolge daarvan versoen het,

verwerp, maar wat daarop volg is na my mening teenstrydig

met sodanige verwerping

Die stelling wat in die eerste sin van die

laaste paragraaf van die aanhaling hierbo uit die uitspraak op

skuldigbevinding gemaak word, is na my oordeel nie goed

26/.... gefundeer

26.

gefundeer nie. Ek meen nie dat dit korrek is om te

sê dat "die algemene begeerte wat by hierdie bende be-

staan" nie "ook die opset ingesluit het om mense inder-

daad dood te raaak nie". Indien die messteke wat die

dood veroorsaak het en die uitroep dat die oorledene

gedood moet word en dat daar wit bene van hom gemaak moet

word, in ag geneem word, is die afleiding onvermydelik

dat daar 'n opset, en dan wel 'n opset in die vorm van

dolus directus, dat die oorledene gedood moet word

by een of meer lede van die bende bestaan het. Die

hof a quo het wel vir Snyman en die appellant uitge-

sluit van daardie opset omdat die hof nie kon aanvaar

dat hulle,vanweë die verhouding wat daar tussen

hulle en die Bruce-gesin bestaan het, hom om die lewe

sou wou bring nie. Daar is egter passasies in die uit-

27/.... sprake

27.

sprake op vonnis en op die aansoek om verlof om te

appelleer wat op die teendeel dui. Daar is selfs 'n

passasie wat daarop dui, soos ek hieronder sal aan-

toon, dat die hof geen onderskeid gemaak het níe tussen

hulle aandeel en die aandeel van ander lede van die

bende wat wel die opset gehad het.

In die uitspraak word gekonstateer dat dit

vir die hof voorkom dat 'n "uiterste vorm van

roekeloosheid" hulle beetgeneem het. As dit so was

dat 'n "uiterste vorm van roekeloosheid" hulle beet-

geneem het en hulle voorsien het dat die oorledene

kon sterf as gevolg van die aanval op die oorledene

met wapens (insluitende messe) en hulle hulle daarmee

versoen het, dan was die opsetvorm dolus eventualis

28/.... tog

28.
tog teenwoordig. Daar is niks in die uitspraak

waaruit ek kan aflei dat die hof bevind het dat
Snyman en die appellant hulle nie met die moont-
likheid van die dood van die oorledene versoen het
nie. In die uitspraak op vonnis word die groot
roekeloosheid weer beklemtoon sonder om 'n onder-
skeid te maak tussen opset by moontlikheidsbewussyn
by moord en nalatigheid by strafbare manslag waar
in die reël 'n objektiewe toets - die van 'n redelike
man - alhoewel soms in 'n mate geindividualiseer,
toegepas word. Die woorde wat gebruik is, lui:

"Dit is so dat julle nie aan moord
skuldig bevind is nie en dat julle nou
ook dan gestraf moet word vir die neem
van 'n man se lewe waaraan julle aan-
dadig was dat dit geneem word op 'n
basis van groot roekeloosheid."
Ek vertolk die woorde "groot roekeloosheid"

29/.... om in

29.
om in te sluit "ongeag die gevolge". Op die betoog

in die aansoek om verlof om te appelleer dat die hof
te veel klem gelê het op die aandeel van die appellant
aan die dood van die appellant het die verhoorregter,
soos blyk uit die passasie hierbo, sy standpunt

soos volg gestel:

"In no sense can it be said that his participation
in the events that led to the deceased's death
was anything less than that of the other accused,
or any other of the members of the gang who had
killed the man that night."

Dit is 'n verbasende stelling in die lig van
wat reeds bevind is naamlik dat Snyman en die appellant
nie die begeerte gehad het dat die oorledene moet sterf
nie. Ek het reeds verwys na die uitroep dat van die
oorledene wit bene gemaak moet word en na die messteke
wat die dood veroorsaak het - feite waarvan alleen een

30/.... afleiding

30.
afleiding gemaak kan word naamlik dat, altans sekere

van die bendelede, die oogmerkopset gehad het. Soos
ek die uitspraak vertolk kom die bevinding egter in
wese daarop neer, wat Snyman en die appellant betref,
dat hulle, op die minste, opset by moontlikheidsbewus-
syn gehad het.
Dit wil my dus voorkom of die hof vir Snyman en
die appellant formeel skuldig bevind het aan strafbare
manslag maar by straftoemeting beïnvloed is deur die
oortuiging dat hulle inderwaarheid die verwyt dra aan
'n misdaad gelykstaande aan moord waar die opsetvorm
dolus eventualis is. Dit was, myns insiens, 'n mistas-
ting. Die appellant moes gevonnis gewees het op die
grondslag van 'n skuldigbevinding van strafbare manslag.

Maar indien ek die uitlatings in die uitsprake

31/.... verkeerd

31.
verkeerd vertolk, meen ek nietemin dat die vonnis vir

'n skuldigbevinding aan strafbare manslag buitensporig
is en dat die hof a quo gevolglik nie sy diskresie
behoorlik uitgeoefen het nie. Die regter het die
besondere omstandighede van die oortreding beklemtoon
en hoewel hy sê dat hy daarteen waak om nie oormatig
streng teen Snyman en die appellant op te tree nie
omdat hulle twee nie die las kan dra vir ander se
misdrywe nie, het hy tog die terrorisering van die
gemeenskap deur bendes en skollie-bedrywighede in die
Kaap as 'n kanker wat die gemeenskap bedreig, beskryf, en
is dit duidelik uit die uitspraak dat hy die afskrikking
van andere wat lede is van bendes en deel het aan oor-
tredinge van die aard wat hy genoem het, voorop gestel het

32/...... Vanweë

32

Vanweë die beginsel van individualisasie

by straftoemeting en die moontlikheid dat wat ge-

woonlik beskou word as 'n mindere misdaad tog vanweë

die omstandighede 'n swaar straf mag verdien, kan

daar nie absolute standaard-vonnisse vir elke oortreding

geld nie. Desondanks word daar gewoonlik tog in ag

geneem, as 'n algemene reël, dat wat beskou word as 'n

mindere oortreding soos strafbare manslag ligter ge-

straf word as 'n meer ernstige oortreding soos moord

omdat die verwytbaarheid wat kleef aan die opset in

die geval van die ernstige oortreding groter is. Dat

bendebedrywighede in die Kaap aan bande gelê moet word

deur 'n afskrikkings-vonnis is 'n geoorloofde oogmerk

maar in die bepaalde omstandighede van 'n geval moet

33/ dit

33.
dit tog opgeweeg word teen die persoonlike om-

standighede van die beskuldigde. Dat dit gewoonlik
jeugdiges is wat aan bende-bedrywighede deelneem,
kan grootliks die oorweging van jeugdigheid as 'n
versagtende faktor neutraliseer waar die oortreding
deur 'n jong bendelid gepleeg word maar in die onder-
hawige geval kan jeugdigheid nie heeltemal oor die
hoof gesien word nie. As al die omstandighede in
'ag geneem word - die skuldigbevinding aan strafbare
manslag (en nie aan moord nie), die jeugdige ouderdom
van die beskuldigde en die feit dat hy 'n eerste
oortreder is, meen ek dat die vonnis van 15 jaar
wat hom opgelê is, buitensporig swaar is.

34/.... Die

34

Die appél slaag. In die plek van die

vonnis van 15 jaar word 'n vonnis van 10 jaar

gevangenisstraf gestel.

APPéLREG'TER

JANSEN WHR)
CILLIé AR }
HOEXTER AR ) - stem saam
SMALBERGER WAR)