South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 140

| Noteup | LawCite

S v Theron (391/1984) [1985] ZASCA 140 (29 November 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 391/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

In die saak tussen:

JOHN DAVID THERON Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT, BOTHA, VAN HEERDEN, BOSHOFF

ARR et NICHOLAS WN AR

VERHOORDATUM: 22 NOVEMBER 1985
LEWERINGSDATUM: 29 NOVEMBER 1985

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Hierdie appél opper buitengewone probleme in
verband met vonnisoplegging, wat voortspruit uit die
hoogs uitsonderlike omstandighede van die saak.

Die vonnis waarom dit gaan, is een van 10 jaar
gevangenisstraf wat die appellant opgelê is weens ver=
kragting. Die misdaad is gepleeg op 10 Januarie 1966.
Die appellant was toe nagenoeg 15½ jaar oud. Die
slagoffer van die verkragting was 'n jong meisie van 12
jaar. Die appellant is 18 jaar later eers aangekla van
die oortreding. Tydens sy verhoor, gedurende Augustus
1984, was hy 34 jaar oud.

Die verhoor van die appellant het plaasgevind
in die Rondgaande Hof op Odendaalsrus, voor SMUTS R en een
assessor. Die appellant het skuldig gepleit en 'n
skriftelike verklaring van hom is ingevolge artikel 112
(2) van Wet 51 van 1977 aan die Verhoorhof voorgelê. Dit
lui soos volg:

/"1. ...

3.
"1. Ek is die beskuldigde in bogemelde saak.
Ek erken dat ek gebore is op 13 Junie
1950 en dat die aangehegte geboorteser=
tifikaat op my betrekking het.
2. Ek erken dat ek op of omtrent 10 Januarie
1966 met Magrieta Fourie, die meisie ge=
noem in die aanklagte teen my, vleeslike
gemeenskap gehad het, teen haar sin en wil.
3. Ek erken dat ten tyde van gemelde gemeen=
skap ek opsetlik gehandel het, en terwyl
ek besef het dat ek wederregtelik optree,
en dat ek haar dus verkrag het.
4. Ek erken die feite vermeld in die Opsomming
van Wesenlike feite in die Staatsaak en ek
stem in en versoek dat die gemelde opsom=
ming by die Hof ingehandig word, as deel
van hierdie verklaring.
5. Ek erken die feite en omstandighede soos
genoem in 'n skriftelike verklaring welke
ek self uitgeskryf het en hiermee saam by
die Hof inhandig, as deel van hierdie ver=
klaring."

Die geboortedatum van die appellant soos vermeld
in paragraaf 1 van die verklaring hierbo is deur die Staat
as korrek aanvaar.
Die Staat se opsomming van wesenlike feite, wat
die appellant in paragraaf 4 van die verklaring hierbo

/erken ...

4.

erken het, lui soos volg:

"1. Petronella Nel het saam met haar ouers op
Odendaalsrus gewoon. Sy was 12 jaar oud.
Haar niggie, Magrieta Fourie, ook 12 jaar
oud, het ten tye van hierdie voorval by
Petronella Nel gekuier. Haar tuiste was
in Zambië.
2. Maandagmiddag, 10 Januarie 1966, het die
niggies die Nel-woning verlaat om by die
munisipale swembad te gaan swem.
3. Beskuldigde en sy broer, Barend, het op
dieselfde Maandag hulle huis in Elsburg,
Oos Rand, verlaat op pad na Kimberley.
Gedurende die middag het hulle in hulle
motor deur Odendaalsrus gery.
4. Die Theron-broers het die niggies opgelaai
en na 'n ou verlate dubbelverdiepinggebou
geneem. Die gebou is ongeveer 1,2 km van
die swembad af. Hulle is al vier die ge=
bou in.
5. Die niggies is versoek om tot seks toe te
stem, maar hulle het geweier. Barênd
Theron het toe 'n rewolwer te voorskyn ge=
bring en die niggies beveel om hulle klere
uit te trek. Hulle wou nie.
6. Beskuldigde het Magrieta Fourie kaal uit=
getrek en haar hande met elektriese draad
agter haar rug vasgebind.

/7. ...

5.
7. Barend Theron het Petronella Nel na die
eerste verdieping toe geneem. Hy het
Magrieta Fourie se klere, skoene, swem=
klere en handdoek saamgeneem.
8. Beskuldigde het Magrieta Fourie - wat
nog 'n maagd was - in 'n kluis op die grond=
vloer verkrag.
9. Daarna het Barend Theron vir Magrieta
Fourie doodgeskiet. Hy het Petronella
Nel, wie se hande en voete vasgebind was,
ook doodgeskiet.
10. Die Theron-broers het die toneel verlaat,
hulle plan om Kimberley toe te ry laat
vaar en na Elsburg vertrek.
11.Die niggies se lyke is die volgende dag
gevind.
12. Barend Theron het sedertdien selfmoord
gepleeg.
13. Beskuldigde is in Maart 1984 in hegtenis
geneem.
14. Op 'n stadium het beskuldigde ene Diederick
Nicolaas Steenkamp valslik by die voorval
betrek."

Die verklaring wat die appellant self uitgeskryf
het en waarna verwys word in paragraaf 5 van die verklar=
ing hierbo aangehaal, bevat eers 'n verduideliking dat

/Steenkamp ...

6.

Steenkamp, die persoon genoem in paragraaf 14 van die
Staat se opsomming van wesenlike feite, valslik deur die
appellant by die oortreding betrek is, terwyl hy in der
waarheid geen rol daarby gespeel het nie, en lui dan
verder soos volg (ek haal uit die verklaring aan net
soos dit in die oorkonde voorkom):

"Op die dag van die 11/1/66 het ek en my
ouer broer vanaf Elsburg Tvl gereis na Kim=
berley in grys en wit motor die model kan
ek nie onthou nie maar dit was 'n Vauxhal-
motor. ons is omstreeks 7 uur uit Els =
burg ons het vroeg die môre reeds begin
drink, ons het baie sterk drank in die motor
gehad asook dagga, ons het omstreeks 3 uur
die middag op Odendaalsrus aangekom waar ons
verby 'n swembad gery het, ongeveer 'n half
kilometer daarvandaan in die rigting van
Vreddies het twee meisies geloop, my broer
het by hul gestop en vir hulle gevra kon hy
hul nie huistoe vat nie, waarop hulle inge=
willig het hulle het agter in die voer=
tuig geklim en ons het agter in die voertuig
geklim en ons het begin ry nog in die rig=
ting van die myn my broer het toe van die
hoofpad afgedraai in 'n grondpad waar ons toe
by 'n klomp bome verby gery het en by 'n ou
verlate twee verdieping gekom het waarop die
grootste van die twee meisies gesê het ons
bly nie hier nie en my broer het gesê ons vat

/jul ...

7.

jul nou huistoe ons ry net "n entjie. by die
gebou het ons gestop aan die voorkant het ons
uitgeklim ek my broer en die grootste meisie.
waarop hy die deur vir die kleiner een oopge=
maak het en haar aan die hand uitgetrek het
ons is met hul in die gebou in waar ons toe
tot by h brandkluis geloop het, op die grond
verdieping waar my broer hul beveel het om uit
te trek, hul wou nie en hy het "h rewolwer uit
sy broek getrek en gesê hul moet uittrek die
kleintjie het by die kluis se deur gestaan en
hy het my beveel om haar uit te trek, ek het
waarop sy toe gaan sit het en nadat ek haar
uitgetrek het het sy net gehuil en hy het gesê
ek moet haar hande vasmaak en het dit gedoen
op daardie stadium het die ander een ook ge=
huil, hy het aan hul genoem dat ons met hul
seks wil pleeg hy het toe vir my gesê sy is
joune en het die groter een met die trappe op
gevat ek het daardie meisie nie weer gesien
nie en was ook nie bo om te sê wat hy haar aan=
gedoen het nie. ek het haar hande ook onder
vasgebind, ek het toe die meisie onder verkrag
onderwyl hy met die een bo besig was terwyl
ek my broek vasgemaak het, toe ek klaar is,
het die meisie regop gesit ek het gedink dat
ons hul nou gaan laat loop die volgende oomblik
het hy agter my gestaan en gesê gee pad hy het
my uit die kluis getrek en die rewolwer op
daardie kind gerig ek het so geskrik toe ek
sien dat hy van plan is om hierdie kind te skiet
dat ek omgevlieg het uit die gebou gehardloop
het. toe ek omgedraai het het 'n skoot geklap
ek het nie gekyk want ek kon nie, ek het net
pad gegee uit die gebou en in die motor gaan

/sit ...

8.
sit ek was bang want ek het nie gedink hy
gaan haar skiet nie op 'n mate het ek hom ook
gevrees en sou dit nie waag om hom te keer
nie 'n paar 'n paar minute het ek nog skote ge=
hoor op daardie oomblik het ek besef dat my
broer hierdie twee kinders geskiet het daarna
het hy uit die gebou gekom en in die motor
geklim ek het vir hom gevra waar is hulle en
hy het gesê ek moet my bek hou ons is daarna
reguit terug Tvl toe ons het op Kroonstad
petrol ingegooi ons het toe ook al baie gedrink
en dagga gerook ek het op die agterste sitplek
gaan lê en slaap ongeveer 3 uur die môre het
ek gestaan op Parys ons het toe weer gedrink
en gerook en toe is ons terug na Elsburg waar
ons omstreeks 5 uur die oggend aangekom het,
wat hy daardie dag met die meisies gedoen het,
het hy geweet ek het en sou dit nooit goed=
keur nie en dit was ook die gevolg dat ons al
verder van mekaar af weggedryf het, ek het
skuld van daardie verkragting maar as ek 'n
moord sou kon verhoed sóu ek dit gedoen het
maar ek was self 'n kind en was 15 jaar en 'n
paar maande my broer was 18 maar het reeds die
harde kant van die lewe geken ek was onder sy
invloed al het ek net soveel skuld van hierdie
verkragting. Daar is nie weer oor hierdie
moord gepraat nie behalwe een keer het hy vir
my gesê dat ek nooit aan enigiemand hiervan
moet vertel nie."

Ter opheldering van hierdie verklaring het die
Verhoorregter sekere vrae aan die appellant gestel. Die
tersaaklike vrae en die antwoorde van die appellant daarop

/blyk ...

9.

blyk uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:

"HOF: Mnr, Theron, sal u opstaan asseblief?
Kyk ek wil net duidelikheid hê. In hierdie
eerste verklaring het u vir my gesê dat u erken
dat u ten tye van die gemelde gemeenskap opset=
lik gehandel het en terwyl ek besef het dat ek
wederregtelik opgetree het en haar dus verkrag
het. Nou wil ek duidelikheid hê. Ek verstaan
die gedeelte, ek verstaan die gedeelte van die
tweede verklaring waarin u sê dat wat die moord
betref het u niks daarmee te doen gehad nie,
maar ek wil nou duidelikheid hê. Waar hierso
na verwys na drank en dagga wat u vroeer die
dag gehad het, is dit bedoel nou om af te water
wat u gesê het in die eerste verklaring, geskrewe
verklaring dat u erken dat u opsetlik gehandel
het en geweet het dat die verkeerd was of was
dit nie 'n bedoeling om dit af te water nie?
BESKULDIGDE: Dit is nie die bedoeling nie.
Ek erken dat ek geweet het wat ek gedoen het,
alhoewel ons onder die invloed van dagga en drank
was.
HOF: Maar het jy geweet presies wat jy
doen?
BESKULDIGDE: Ek het geweet.
HOF: En jy kon jouself beheer het in wat jy
gedoen het?
BESKULDIGDE: Ek kon.
HOF: Ja en jy was onder die invloed van jou
broer gewees toe jy dit gedoen het en jy het
dit uit eie wil gedoen. Verstaan ek so?
BESKULDIGDE: Dit is korrek."

/Die ...

10.

Die Verhoorhof het die appellant skuldig be=
vind en daarna het die Staat 'n lys van veroordelings
ingedien wat die appellant hom op die hals gehaal het
nadat hy die onderhawige oortreding begaan het. Die
besonderhede daarvan, wat deur die appellant erken is,
word op die vorm SAP 69 weergegee soos volg:

(1) Datum van Vonnis Oortreding

skuldigbe=

vinding

1. 2.67 6 houe met 'n ligte rottang Diefstal - M/Kar - van=

1. 2.67 af straat - R1000,00 -

Verkry sonder eienaar
se toestemming

2. 5.67 6 houe met 'n rottang Wet 13/28/61(1 )(d)

2. 5.67. Besit van dagga vir eie

gebruik

16. 2.70. R150 of 75 dae G.S. Ord 21/1966/ 140(1) (b)

16. 2.70. Bestuur onder die in=

vloed van drank
R25 of 25 dae G.S. (Onbevoeg Ord 21/1966/57(1) (b)
om vir 2 jr. bestuurders= Geen bestuurders
lisensie te bekom. lisensie

1. 7.70. 9 Maande G.S. opgeskort Wet 23/57/16(1)(a)(i)
1. 7.70. vir 3 jaar op voorwaarde Ontug - Ban/Vrou - 22

dat beskuldigde nie skuldig jaar
bevind word aan 'n soortgelyke
oortreding gepleeg in tyd=
perk van opskorting nie.

8. 2.72. 5 jaar G/S. Wet 41/71/2(b) Besit van

8. 2.72. dagga vor eie gebruik.

15. 9.72. Vonnis gedateer 8.2.72 word verander om te lees:
2 jaar G/S waarvan 15 maande opgeskort word vir 3
jaar op voorwaarde dat die appellant nie weer
skuldig bevind word aan 'n oortreding van art 2 (b)
van Wet 41/71 gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.
11.

23.12.76 R60 of 60 dae G/S en 'n verdere Huisbraak met die opset
120 dae G/S wat opgeskort word om te steel en diefstal
vir tydperk van 3 jaar op voor= klerasie - W/woning -
waarde dat beskuldigde nie weer nag bewoners afwesig - skuldig bevind word aan diefstal R419
of huisbraak met die opset om te
steel en diefstal gepleeg ge=
durende tydperk van opskorting
nie

2. 1.78 5 jaar gevangenisstraf waarvan Huisbraak met die opset
20. 2.78 4 jaar gevangenisstraf opge= om te steel en diefstal
skort word vir 5 jaar op voor= kruideniersware - winkel
waarde dat beskuldigde word nie nag - R5,00
veroordeel nie van 'n gemeenreg= O/Artikel 48 (1) Wet
telike misdryf waarvan oneerlik= 8/1959 Ontvlugting -
heid 'n element is, gepleeg ge= sel deur oopgesluit.
durende die tyd van opskorting
en gevonnis tot gevangenisstraf
van meer as 12 maande sonder
die keuse van 'n boete.
9 maande gevangenisstraf

29. 3.78 OPGESKORTE VONNIS VAN 23.12.76 WORD OP 29.3.78 IN
WERKING GESTEL EN VIR 'n VERDERE 5 JAAR OPGESKORT

78.07.10 3 Jr G/S waarvan 18 maande Huisbraak m/o om te steel
78.07.10 G/S gelyktydig uitgedien sal en diefstal - klerasie -

word met enige ander vonnis wat winkel - nag R220

hy tans mag uitdien sover

moontlik
80.09.12 VRYGELAAT OP PAROOL TOT 81.07.19 - 17/6300
81.02.18 4 jaar G/Straf Huisbraak met die opset
81.02.18 om te steel en diefstal -

drank en kontant woon=
huis R273

81.04.03 HERTOEGELAAT OM 187 DAE G/STRAF UIT TE DIEN WEENS
PAROOLBREUK

81.06.15 OPGESKORTE VONNIS GEDATEER 78.02.20 WORD NOU IN
WERKING GESTEL

/Die ...

12.

Die appellant het geen getuienis ter straf=
versagting aangebied nie.

Nadat die Verhoorregter die reeds genoemde
vonnis van 10 jaar gevangenisstraf opgelê het, het hy
aan die appellant verlof toegestaan om teen die vonnis
in hoër beroep te kom na hierdie Hof.

In sy uitspraak met vonnisoplegging het die
Verhoorregter die welbekende algemene oorwegings wat
aandag verg by die bepaling van h gepaste straf opge=
noem: die erns van die misdaad, die belange van die
gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oor=
treder, asook die doelstellings van vonnis, naamlik af =
skrikking, voorkoming, hervorming en vergelding; en
voorts het die Verhoorregter die aanwending van hier=
die algemene oorwegings bespreek met die oog op die
besondere omstandighede van die huidige geval. Ek sal
algaande hieronder verwys na die belangrikste aspekte
van die geleerde Regter se beskouings in hierdie verband.

/In ...

13.

In die sonderlinge omstandighede waar die ap=
pellant as 'n volwasse man van 34 jaar gestraf moes word
vir 'n oortreding wat hy gepleeg het toe hy 'n seun van
15 jaar was, is dit myns insiens duidelik dat daar reken=
ing gehou moes word nie alleen met die jeugdigheid van
die appellant ten tyde van die oortreding nie, maar ook
met die feit van sy volwassenheid ten tyde van die von=
nisoplegging. Dit was die grondslag van die Verhoor=
regter se benadering. Vanselfsprekend kon die appel=
lant nie gestraf word asof hy 'n volwassene was toe hy
die oortreding gepleeg het nie; maar ewe vanselfsprekend
was die straf wat die appellant opgelê kon word nie be=
perk tot dit wat gepas sou gewees het as hy kort na die
oortreding as 'n jeugdige tereggestaan het nie. Tot die
teendeel is daar wel namens die appellant betoog dat die
appellant in beginsel nie in 1984 'n swaarder straf opgelê
kon geword het as wat in 1966 vir hom 'n gepaste straf sou
gewees het nie. Die betoog is onaanvaarbaar. Dit het

/berus ...

14.

berus op die beredenering van STEYN AR in R v Mazibuko
1958 (4) SA 353 (A) op 356 B - 358 A. In daardie saak
het dit gegaan oor die uitwerking van 'n wysiging van
wetteregtelike strafbepalings nadat 'n oortreding ge=
pleeg is en voordat die oortreder tereggestaan het.
Die probleem wat daar opgelos moes word, hou nie verband
met die omstandighede van die huidige geval nie. Die
appellant se advokaat het hom egter beroep op sekere
algemene stellings wat STEYN AR gemaak het, soos byvoor=
beeld sy vermelding (op 357 B/C) van

".... die onderliggende beginsel dat waar
'n verskil in straf verband hou met die
onderskeie tye waarop die misdaad gepleeg
en bereg word, die tydstip van die mis=
daad die deurslag moet gee."

(Vgl ook die stellings op 357 F en 357 i f.) Die stel =
lings is egter in 'n bepaalde samehang gemaak en hulle is
ontoepaslik in die gans verskillende samehang van die
huidige saak. Dit kan toegelig word deur te verwys na
latere beslissings van hierdie Hof waarin onder meer

/aandag ...

15.

aandag geskenk is aan die uitwerking van veroordelings
wat 'n beskuldigde opgedoen het nadat hy die oortreding
gepleeg het waarvoor hy gevonnis moes word. In R v
Zonele and Others 1959 (3) SA 319 (A) het die Hof te doen gehad met 'n geval waar 'n Verhoorregter by strafop=
legging in aanmerking geneem het dat die beskuldigde
aan oortredings skuldig bevind is wat gepleeg is nadat
hy die oortreding gepleeg het waarvoor hy gevonnis moes
word. Hierdie Hof het beslis dat die Verhoorregter
geregtig was om dit te doen. HOLMES Wn AR het gesê
(op 330 E):

".... I can see no reason why a judicial
officer, in deciding what particular form
of punishment will fit the criminal as
well as the crime, should not be informed
of subsequent convictions, because of the
light they may throw on the form of sen=
tence which will be the most appropriate."

Daar is ook gesê dat hierdie benadering 'n ooreenstemming
is met wat SCHREINER AR in die vroeëre saak R v Owen 1957
(1) SA 458
(A) op 462 F - G opgemerk het:

/"When ...

16.

"When it comes to the imposition of sentence
the judicial officer is no doubt entitled to
take a wide range of factors into account,
including the accused's bad or good charac=
ter, his apparent reformability and the like."

In R v Rainers 1961 (1) SA 460 (A) en in R v Vos; R v
Weller 1961 (2) SA 743 (A) het die Hof te doen gehad met
probleme in verband met die uitleg van statutêre straf=
bepalings. In die uitsprake in albei sake is daar ge=
steun op die hierbo genoemde stellings van STEYN AR in
R v Mazibuko supra, en is daar ook verwys na die Zonele-
saak op 'n wyse waaruit duidelik blyk dat die benadering
in laasgenoemde geval geensins onversoenbaar is met daar=
die stellings nie. In die geval van Rainers op 465 B
het BOTHA Wn AR gesê:

"Ons het hier nie te doen met 'n geval waar
die persoonlike eienskappe van 'n beskuldigde
ten tyde van sy skuldigbevinding, tereg 'n
belangrike faktor is by beoordeling van die
strafsoort wat op so iemand toegepas behoort
te word nie ....",

met verwysing na die Zonele-saak; en in die geval van

/Vos

17.

Vos; Weller op 749 F - H het BEYERS AR op 'n soortgelyke
grondslag aangedui dat die hierbo aangehaalde passasie
in die Zonele-saak nie in die weg gestaan het van die
uitleg wat die Hof in daardie saak aan die betrokke
statutêre bepalings geheg het nie.

In die huidige saak het die Verhoorregter in
navolging van die Zonele-saak wel die appellant se lys
van veroorderlings in aanmerking geneem by die bepaling
van 'n gepaste straf vir hom. Die Verhoorregter was
geregtig om dit te doen. Daar is egter namens die ap=
pellant betoog dat die Verhoorregter verkeerdelik die
appellant se veroordelings as strafverswarend teen hom
aangewend het, aangesien die oortredings waaraan die
appellant skuldig bevind is geen element van geweld=
pleging teenoor 'n ander persoon ingehou het nie en geen
verband hou met die verkragting wat die appellant as 'n
jeugdige gepleeg het nie. Die Verhoorregter het nie
self die woord "strafverswarend" gebruik met betrekking

/tot ...

18.

tot die appellant se veroordelings nie. Wat hy in
sy uitspraak in hierdie verband gesê het, kan soos volg
opgesom word: indien die appellant in 1966 gevonnis
sou gewees het, sou die strewe om hom te hervorm in sy
guns getel het; die Hof sou destyds nie geweet het dat
sy hoop op hervorming verydel sou word en dat die appel=
lant 'n loopbaan van misdaad sou volg nie; vandag het
die Hof nie rede om die hoop tot hervorming in die appel=
lant'se guns te laat tel nie, vanweë die kennis van hoe
die appellant se lewe verloop het, met verwysing na sy
veroordelings. Dit kom my voor dat die kern van die
geleerde Regter se gedagtegang was dat die Hof in 1984
'n beter en vollediger beeld van die appellant se persoon=
like eienskappe en karakter gehad het as wat in 1966
moontlik was, en dat die Hof 'n vonnis moes vel met die
oog op die werklikheid van die man wat voor hom gestaan
het, eerder as op die grondslag van 'n denkbeeldige jeug=
dige in 1966 wat hopelik vatbaar sou wees vir hervorming

/by ...

19.

by wyse van 'n straf wat hom van verdere misdade in die
algemeen sou weerhou. Om dit anders te stel: in
1966 sou daar rede gewees het om die appellant as 'n
jeugdige met toegeeflikheid en toeskietlikheid te be= handel, maar die rede daarvoor het verswak noudat 'n mens
weet dat die appellant inderdaad in misdaad volhard het.
In hierdie lig beskou, bestaan die "strafverswarende"
uitwerking van die veroordelings eintlik net in die
negatiewe sin dat wat andersins tot voordeel van die
appellant sou gestrek het, nou nie meer aldus aangewend
kan word nie. Op daardie grondslag kan daar nie bevind
word dat die Verhoorregter met die gewig wat hy aan die
veroordelings geheg het, gefouteer het nie.

Die hoofbetoog namens die appellant, soos dit
tydens die verhoor van die appèl ontplooi het, was dat
die Verhoorregter met vonnisoplegging die erns van die
misdaad oorbeklemtoon het en sodoende 'n wesenlike mis=
tasting begaan het, uit hoofde van wat in sy uitspraak

/gesê ...

20.

gesê is met betrekking tot die volgende drie aangeleent=
hede:

(1)'n Vonnis wat gepas sou gewees het indien die
appellant 'n volwassene was toe hy die oor=
treding gepleeg het, en 'n vonnis wat gepas
sou gewees het indien die appellant in 1966
as 'n jeugdige vir die oortreding gestraf sou
gewees het;
(2)Die element van vergelding in die vonnis en
die oogmerk om uiting te gee aan die gemeen=
skap se gevoel van skok, verontwaardiging en
afsku oor die oortreding;
(3)Die feit dat die appellant die oortreding
"uit inherente boosheid" gepleeg het.

Alvorens ek hierdie aspekte van die uitspraak
van naderby beskou, is dit wenslik om eers twee algemene
opmerkings te maak oor die begrip van oorbeklemtoning van
die erns van die misdaad. Die eerste is dat dit gewoon=

/lik ...

21.

lik die gedagte van betreklikheid bevat: die oorbeklem=
toning sou geskied relatief tot ander oorwegings wat by
straftoemeting in aanmerking geneem word. In die be=
toog namens die appellant is die ander oorwegings wat
in hierdie verband op die voorgrond gestel is, die per=
soonlike omstandighede van die appellant ten tyde van
die pleeg van die misdaad: sy jeugdigheid en daarmee
samehangende faktore waarna ek later sal verwys. Die
tweede is dat hierdie Hof nie sonder meer sy eie oordeel
oor die betreklike gewig wat aan verskillende faktore
by strafoplegging geheg behoort te word, in die plek sal
stel van dié van die Verhoorregter nie. Die benadering
van hierdie Hof tot 'n betoog soos dié wat hier geopper
is, blyk uit die uiteensetting van TROLLIP AR in S v
Pillay 1977 (4) SA 529 (A) op 534 H - 535 G. Die op=
weging teenoor mekaar van die verskillende faktore wat
ter sake is by die vasstelling van 'n gepaste vonnis,
en die aanslag van die relatiewe waarde wat in 'n bepaalde

/geval ...

22.

geval aan elke faktor geheg moet word, is deel van die
diskresie wat aan die Verhoorregter toekom om oor 'n
gepaste vonnis te besluit. 'n Oorbeklemtoning van een
faktor wat neerkom op 'n wesenlike mistasting, met die
gevolg dat daar ruimte is vir hierdie Hof om in te gryp,
bestaan alleenlik as daar in die perspektief wat die
Verhoorregter aan die dag gelê het aangaande die ver=
skillende tersaaklike faktore so 'n uitgesproke wanbalans
blyk te wees dat 'n bevinding geregverdig is dat hy sy
diskresie nie redelik uitgeoefen het nie.

In verband met paragraaf (1) hierbo, blyk
dit uit die Verhoorregter se bespreking van die verskeie
tersaaklike oorwegings in sy uitspraak dat hy hom dit
onder andere ten doel gestel het om te bepaal wat 'n ge=
paste vonnis sou gewees het indien die appellant 'n vol=
wassene was toe hy die misdaad gepleeg het, aan die een
kant, en aan die ander kant, wat 'n gepaste vonnis sou
gewees het indien die appellant destyds as jeugdige

/gestraf ...

23.

gestraf sou gewees het vir sy oortreding. Met betrek=
king tot die eersgenoemde posisie het die Verhoorregter
op 'n vroeë stadium in sy uitspraak gesê:

"Die misdaad deur beskuldigde gepleeg was
uiters ernstig. Indien beskuldigde vol=
wasse was toe hy Magrieta Fourie verkrag
het, sou die doodstraf 'n bevoegde vonnis
gewees het en hy sou die doodsvonnis ver=
dien het."

Namens die Staat is daar aangevoer dat die verwysing na
die doodstraf wat die appellant sou "verdien het" maar
net bedoel was om op 'n losse wyse die erns van die mis=
daad te onderstreep, en dat die doodstraf vir 'n volwas=
sene nie genoem is as 'n norm waarvolgens die appellant
se straf bepaal moes word nie. Ek is nie oortuig
daarvan dat hierdie beskouing van die aangehaalde uit=
lating geregverdig is nie, veral as daar in aanmerking
geneem word wat die Verhoorregter later in sy uitspraak,
op twee geleenthede, oor dieselfde onderwerp gesê het.
Eers is daar die volgende:

/"Soos ...

24.

"Soos ek reeds gesê het was beskuldigde
vyftien en n half jaar oud toe hy Magrieta
Fourie verkrag het. Dit sal gevolglik on=
vanpas wees om hom die doodstraf vandag op
te lê. Deur daardie vonnis nou te vel
sal dit beteken dat hy behandel word asof
hy reeds volwasse was toe hy die misdaad
gepleeg het en dit sal verkeerd wees."

Later kom daar die volgende voor:

"Soos ek reeds gesê het sou die doodstraf 'n
gepaste straf gewees het om die erns van die
misdaad en die skok en afkeur van die gemeen=
skap uit te beeld, maar om die redes reeds
genoem kan daardie vonnis nie opgelê word
nie."

Hierdie uitlatings wek die indruk dat die Verhoorregter
inderdaad van die standpunt uitgegaan het dat die appel=
lant die doodstraf opgelê sou gewees het indien hy as 'n
volwassene die oortreding begaan het.

Die appellant se advokaat het aangevoer dat
die Verhoorregter se standpunt in hierdie opsig verkeerd
was, aangesien die verkragting in die huidige saak nie
'n "uiterste geval" was nie, met 'n beroep op S v K en 'n

/Ander ...

25.

Ander 1972 (2) SA 898 (A) op 901 B en 902 A - C. Die
uitdrukking "uiterste geval" moet nou egter verstaan
word onderhewig aan wat daaroor gesê is in S v Sithole
en Andere 1983 (3) SA 610 (A) op 614 H - 615 B en S v
Tshomi en 'n Ander 1983 (3) SA 662 (A) op 666 E - H.
Om te bepaal of die doodstraf 'n gepaste vonnis sou ge=
wees het in die hipotetiese geval dat die verkragting
gepleeg sou gewees hetdeur 'n volwassene, vind ek 'n by=
kans onbegonne taak. 'n Mens weet nie wat die denk=
beeldige volwassene se motiewe sou gewees het, aan watter
invloede hy onderworpe sou gewees het, en so meer nie.
Die taak word verder bemoeilik deur die afwesigheid van
inligting wat relevant sou gewees het: die liggaamsbou
van die dogter, haar fisiese en psigiese peil van ont=
wikkeling, die mate van gewelddadigheid waarmee die ver=
kragting as sodanig uitgevoer is, die aard en omvang van
die beserings wat die dogter opgedoen het, en so meer.
As ek tot 'n bevinding moes kom bloot op grond van die

/gegewens ...

26.

gegewens wat beskikbaar is, sou ek egter, met eerbied,
van die Verhoorregter se sienswyse verskil: die dood-
straf (in teenstelling met 'n lang termyn van gevangenis=
straf) sou na my oordeel nie 'n gepaste vonnis gewees het
nie.

Ten aansien van die vonnis wat die appellant
as 'n jeugdige opgelê sou gewees het, het die Verhoorreg=
ter gesê:

"Indien beskuldigde in 1966 tereggestaan
het op verkragting, sou hy waarskynlik
vanweë die erns van die misdaad en sy in=
herente boosheid, 'n periode van gevangenis=
straf opgelê gewees het."

Met hierdie beskouing kan ek, met eerbied, ook nie saam=
stem nie. Daar bestaan weer eens die probleem dat ge=
gewens wat in die denkbeeldige situasie relevant sou
gewees het, ontbreek. Die appellant sou as jeugdige
van 15 of 16 jaar nie gevonnis gewees het sonder die
beskikbaarstelling van 'n proefbeampte se verslag waar=
uit tersaaklike inligting sou geblyk het nie. (Ek

/laat ...

27.

laat vir eers die verwysing na die appellant se "in=
herente boosheid" buite rekening; ek kom later daarop
terug.) Geoordeel bloot aan die hand van die beskik=
bare inligting, is ek van mening dat dit onwaarskynlik
is dat die appellant as 'n seun van sê 16 jaar gevange=
nisstraf opgelê sou gewees het, vanweë die welbekende
en verstaanbare ongeneentheid van regterlike amptenare
om kinders bloot te stel aan die nadele van tronkstraf.
Die voor-die-hand-liggende en waarskynlike wyse van
optrede teenoor die appellant sou gewees het om hom na
'n verbeteringskool te verwys.

Uit die voorgaande bespreking blyk dat dit
eintlik 'n ondoenlike taak is om aan die hand van die
enigste bekende feite met presiesheid te probeer be=
paal wat 'n gepaste vonnis sou gewees het in die twee
hipotetiese situasies wat gestel is. Met die oog op
die lang tydsverloop tussen die datum van die oortred=
ing en die datum van vonnisoplegging is dit begryplik,

/en ...

28.

en miskien nodig, dat oorweging geskenk word aan wat
die posisie sou gewees het in die twee hipotetiese ge=
valle, maar na my oordeel behoort sodanige oorweging
nie verder te gaan as 'n algemene beskouing van die
moontlikhede wat daarin opgesluit lê nie. In soverre
die Verhoorregter wel verder gegaan het en spesifieke
vonnisse in die twee gevalle gepostuleer het, verskil
ek met eerbied van die gevolgtrekkings waartoe hy ge=
kom het, soos hierbo aangedui. Indien die Verhoorreg=
ter die genoemde vonnisse beskou het as rigsnoere binne
die perke waarvan hy die appellant se werklike vonnis
moes bepaal, dan is ek van mening, met eerbied, dat
hy die uitoefening van sy diskresie verkeerdelik begrens
het. Dit is egter nie vir my heeltemal duidelik uit
sy uitspraak of hy wel die genoemde vonnisse as sodanige
rigsnoere aangewend het nie. Dit is nie nodig om 'n
besliste standpunt hieroor in te neem nie. Dit is
genoeg om te sê dat dit uit die voorgaande bespreking

/blyk ...

29.

blyk dat die Verhoorregter in die samehang van die von=
nisse wat hy in die twee hipotetiese situasies bespreek
het, die erns van die misdaad hoër aangeslaan het as
wat gepas was, en dat dit in berekening gebring moet
word tesame met die ander aspekte van sy uitspraak wat
vervolgens bespreek word.

Ten opsigte van paragraaf (2) hierbo, blyk
dit uit die Verhoorregter se uitspraak dat hy twee oog=
merke van vonnisoplegging in die huidige geval as van
besondere belang beskou het: algemene afskrikking en -
vergelding. Wat laasgenoemde betref, het hy die geval van R v Karg 1961 (1) SA 231 (A) volledig ontleed (vgl
ook die meer onlangse saak S v Skenjana 1985 (3) SA 51
(A) op 55 B) en dit beklemtoon dat 'n vonnis opgelê moes
word wat behoorlik uiting sou gee aan die gemeenskap se
gevoel van "skok, afkeur en afsku" oor die appellant —
se misdaad. Met hierdie benadering kan daar geen fout
gevind word nie. Om dit behoorlik toe te pas in die

/besondere ...

30.

besondere omstandighede van hierdie saak, is egter 'n
ontsettend moeilike taak, soos ek nou sal probeer aan=
toon.

Die verkragting waarvoor die appellant ge=
straf moes word, was 'n onderdeel van die totale gebeure
wat plaasgevind het op 10 Januarie 1966. Die appellant
se aandeel in daardie gebeure blyk uit die feite wat
vroeër in hierdie uitspraak uiteengesit is. Om dit
kort saam te vat: die appellant het saam met sy broer
deelgeneem aan die ontvoering van twee 12-jarige niggies
na 'n verlate ou gebou; terwyl die meisies deur die
appellant se broer met 'n rewolwer bedreig is, het die
appellant op bevel van sy broer een van hulle kaal uit=
getrek; daarna het hy haar hande agter haar rug vasge=
bind; en toe het hy haar verkrag. Die appellant se
optrede sou ek sonder enige huiwering bestempel as uiters
weersinwekkend. Terselfdertyd mag daar nie uit die
oog verloor word nie dat die appellant se optrede nie

/regstreeks ...

31.

regstreeks deel was nie van die veel groter, aakliger
en afgrysliker tragedie wat hom daarna afgespeel het,
naamlik die koelbloedige moord van die meisies, wie se
lyke die volgende dag eers in die huis aangetref is. Aan die moord het die appellant geen aandeel gehad nie.
Dit blyk uit sy verklaring, wat ek vroeër aangehaal het,
dat hy nie voorsien het dat sy broer op so 'n wreedaardige
wyse sou optree nie, dat die onverwagte verloop van die
gebeure vir hom self 'n skokkende ervaring was, en dat hy
vreesbevange was vir sy broer.

Die veronderstelde reaksie van die gemeenskap
toe die uiteindelike resultaat van die gebeure van daar=
die dag destyds bekend geword het, die gemeenskap se
gevoel van skok, afkeer en afsku, sou ongetwyfeld in 'n
groot mate vasgekoppel gewees het aan die moord van die
meisies, wat gevolg het op hulle verkragting. Die ge=
meenskap sou destyds geen rede gehad het om anders te
dink as dat die misdade gepleeg is deur 'n volwasse persoon

/of ...

32.

of persone nie. Sover dit die appellant aangaan, sou
die gemeenskap nie geweet het dat een van die verkrag=
tings gepleeg is deur 'n seun van 15 nie. Die gemeen=
skap sou ook nie geweet het dat daardie seun geen aan=
deel gehad het aan die moord van die meisies nie, en
dat hy self geskok en vreesbevange was as gevolg daar=
van nie. Die gemeenskap se verontwaardiging sou toe=
gespits gewees het op die geheelbeeld van die voorval.
Dit sou gevolglik verkeerd wees om die volle trefkrag
van die gemeenskap se gevoelens teen die appellant te
laat geld. In soverre die gemeenskap se reaksie berus
het op onvolledige feite en verkeerde veronderstellings,
het die Hof die taak gehad om dit in sy uitspraak duide=
lik onder die oë te sien.

Die Verhoorregter het in sy uitspraak die
volgende gesê:

"Die verkragting wat deur beskuldigde ge=
pleeg is, was uiters ernstig. Dit het
destyds toe dit gepleeg is die hele

/gemeenskap ...

33.

gemeenskap geweldig geskok en is nooit ver=
geet deur die Vrystaatse publiek nie. Die
skok wat dit Magrieta Fourie se familie
aangedoen het kan moeilik beskryf word en
ek sal nie probeer om dit te doen nie. En
nou dat die feite aangaande hoe te werk
gegaan is om haar te verkrag, bekend is,
kan 'n mens jou indink in die posisie waarin
Magrieta Fourie haar bevind het en die toe=
stand van skok en vrees waarin sy moes ver=
keer het, voordat sy deur Barend Theron
vermoor is.

Die samelewing is met 'n gevoel van skok,
afkeur en afsku vervul. Hierdie is 'n geval.
waar die vonnis wat opgelê moet word, die skok
en afkeur van die gemeenskap en die familie
van wat Magrieta Fourie duidelik en ondubbel=
sinnig moet weerspieël."

Alhoewel daar uitdruklik slegs na die appellant se ver=
kragting verwys word, is ek van oordeel, met die grootste
respek, dat die afleiding onvermydelik is, uit die gebruik
van uitdrukkings soos "is die hele gemeenskap geweldig
geskok" en "is nooit vergeet deur die Vrystaatse publiek
nie", en wat daarop volg, dat die Verhoorregter nie daar=
in geslaag het om die moeilike taak te vervul om homself
los te maak van dié deel van die gemeenskap se reaksie

/wat ...

34.

wat nie die appellant toegereken behoort te gewees het
nie. Die gevolgtrekking is dus dat die Verhoorregter
in hierdie samehang ook die erns van die misdaad, sover
dit die appellánt aangaan, te hoog aangeslaan het.

Met verwysing na paragraaf (3) hierbo, het
die appellant se advokaat staatgemaak op die volgende be=
vinding van die Verhoorregter, wat gevolg het op 'n uit=
eensetting van die wyse waarop die appellant opgetree het
voor en na die verkragting:

"Al hierdie feite dui net op een ding:
hierdie misdaad is gepleeg uit inherente
boosheid wat in beskuldigde se hart ge=
setel het."

Uit ander gedeeltes van die uitspraak blyk dit dat hiêr=
die bevinding 'n betreklike groot rol gespeel het in die
Verhoorregter se oorweging van 'n gepaste vonnis vir die
appellant.

Sover my kennis strek, is die begrip
"inherente boosheid" nog nie vantevore

/in ...

35.

in die regspraak aangewend in omstandighede soos dié
van die huidige saak nie, waar 'n mens te doen het met
'n oortreding wat gepleeg is deur 'n kind van 15 ½ jaar.
Die uitdrukking is vir die eerste keer in ons regspraak gebruik in S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A),
in verband met die vraag of die jeugdigheid van 'n 19-
jarige wat 'n moord gepleeg het as 'n versagtende omstan=
digheid beskou kon word. So 'n jeugdige word prima
facie as onvolwasse beskou en op daardie grond kan ver=
sagtende omstandighede bevind word; by wyse van kontras
sou 'n bevinding dat daar uit inherente boosheid opgetree
is, onvolwassenheid as 'n versagtende omstandigheid uit=
skakel (kyk op 561 F - H). Die indruk wat die Lehnberg-
uitspraak mag geskep het dat daar in hierdie verband
slegs na die "boosheid van die daad" gekyk word, is
later uit die weg geruim: daar is baie ander relevante
faktore wat in ag geneem moet word (kyk S v Mapatsi 1976
(4) SA 721
(A) op 724 A - D). Die juiste benadering

/is ...

36.

is verder toegelig in S v Ceaser 1977 (2) SA 348 (A) op
353 B - F. Van belang vir huidige doeleindes is dat
die begrip "inherente boosheid" nog altyd bespreek was
in die samehang van onvolwassenheid en versagtende om=
standighede in die geval van moord.

Na my mening sou dit geen nut hê om die toe=
passing van die konsep "inherente boosheid" uit te brei
tot 'n geval soos die onderhawige nie. By straftoemeting
in die geval van 'n jeugdige van 15 of 16 jaar kan 'n mens
daarsonder klaarkom, en behoort 'n mens myns insiens daar=
sonder klaar te kom, ten einde onnodige verwarring te
vermy. Met so 'n jeugdige sal sy onvolwassenheid en alles
wat daarmee saamhang, as uitgangspunt 'n baie belangrike
rol speel by straftoemeting, en ek kan my nouliks 'n geval
indink waar dit heeltemal buite rekening gelaat sou moet
word, wat ook al die aard of die omstandighede van die
oortreding. Natuurlik sal die gewig wat in 'n bepaalde
geval geheg word aan die jeugdigheid van die oortreder

/afhang ...

37.

afhang van al die omstandighede wat relevant is tot
vonnisoplegging. Die aard van die oortreding en die
wyse waarop dit gepleeg is, is maar net 'n deel van die
relevante materiaal wat oorweeg moet word.

In die huidige saak het die Verhoorregter
die appellant se inherente boosheid afgelei uit die wyse
waarop hy opgetree het voor en na die verkragting - dus,
uit die omringende omstandighede van die misdaad self.
Hierdie benadering het weer eens neergekom op 'n oorbe=
klemtoning van die erns van die misdaad, betreklik ge=
sproke, want dit het daartoe gelei dat daar nie behoor=
like oorweging geskenk is aan die appellant se onvolwas=
senheid en ander persoonlike omstandighede wat aanwesig
was ten tyde van die pleeg van die oortreding nie, soos
ek nou sal probeeer aantoon.

Die Verhoorregter het onder meer gesê dat die
appellant op 'n "uiters boefagtige wyse" opgetree het teen=
oor sy slagoffer, dat sy broer nie teenwoordig was tydens

/die ...

38.

die verkragting nie, dat niks hom dus verhinder het om
homself te weerhou van "hierdie afskuwelike daad" nie,
en dat daar geen "werklike druk" op hom uitgeoefen is
nie. Dit is alles letterlik korrek, maar daarby moet in aanmerking geneem word dat die appellant se daad van
verkragting klaarblyklik voortgespruit het uit wellus,
wat in die omstandighedewat toe geheers het eweseer te rym
is met die appellant se onvolwassenheid en 'n gepaard=
gaande gebrek aan selfbeheersing as met "inherente boos=
heid". In hierdie verband is dit ook ter sake dat die
appellant in sy loopbaan van misdaad wat daarna gevolg
het hom nooit weer skuldig gemaak het aan seksuele ge=
weldpleging of enige ander vorm van geweldpleging nie,
wat skaars die bevinding van inherente boosheid in ver=
band met sy destydse optrede onderskraag. Die Verhoor=
regter se benadering het na my oordeel tot gevolg gehad
dat hy die invloed wat die appellant se ouer broer op
hom as jong seun gehad het, te gering geskat het. Dit

/is ...
39.
is waar dat die appellant erken het dat hy "uit eie wil"
opgetree het, maar 'n bestudering van die verklaring wat
die appellant self uitgeskryf het, soos vroeër aangehaal,
laat by my geen twyfel nie dat sy broer 'n oorheersende invloed op hom as 15-jarige uitgeoefen het.

Dat die Verhoorregter se bevinding aangaande
die appellant se inherente boosheid 'n onewewigtige be=
nadering tot die appellant se persoonlike omstandighede
tot gevolg gehad het, word ten beste toegelig deur die
volgende uittreksel uit die Verhoorregter se uitspraak:

"In argument is ons meegedeel dat beskul=
digde net standerd vyf voltooi het en dat
die huis waarin hy groot geword het armoedig
was, met 'n vader wat drank misbruik het.
Die kinders is verwaarloos. Hierdie om=
standighede is egter so ver van die harte=
lose daad wat gepleeg is teen hierdie on=
skuldige meisies verwyder dat dit myns in=
siens geen waarde as 'n vonnisversagtende
omstandigheid het nie."

Na my oordeel is dit, met eerbied gesê, nie korrek om
aan die harteloosheid van die appellant se optrede die

/uitwerking ...

40.

uitwerking te heg dat daar geen waarde gevind kan word
in die persoonlike agtergrondsomstandighede van die
appellant nie, soos dat hy in 'n ongelukkige huislike
atmosfeer opgegroei het, dat daar geen behoorlike toe=
sig oor hom gehou is nie, en so meer. Daardie om=
standighede behoort by vonnisoplegging in aanmerking
geneem te gewees het.

Die uiteindélike gevolgtrekking, uit hoofde
van die gesamentlike uitwerking van die drie aspekte
van die Verhoorregter se uitspraak wat hierbo bespreek
is, is onvermydelik: die appellant se adyokaat moet
gelyk gegee word dat die Verhoorregter die erns van die
appellant se oortreding oorbeklemtoon het, in die sin
dat daar nie behoorlik uiting gegee is in die opgelegde
vonnis aan die jeugdigheid van die appellant en sy ander
persoonlike omstandighede ten tyde van die pleeg van die
oortreding nie. Volgens die beginsels uiteengesit in
die Pillay-saak supra is hierdie Hof verplig om die vonnis

/wat ...

41.

wat die Verhoorregter die appellant opgelê het tersyde
te stel en te vervang deur 'n gepaste vonnis.

Die tersaaklike faktore wat in oorweging

geneem moet word, blyk reeds volledig uit alles wat hierbo gesê is. Met inagneming daarvan, is ek van
oordeel dat 'n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf gepas
is.

Die appèl slaag. Die vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf wat die appellant opgelê is, word ter=
syde gestel en vervang deur 'n vonnis van 6 jaar gevange=
nisstraf.

A.S. BOTHA AR

CORBETT AR

VAN HEERDEN, AR
STEM SAAM
BOSHOFF, AR

NICHOLAS, WN AR