South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 17
| Noteup
| LawCite
S v Oettle (41/85) [1985] ZASCA 17 (29 March 1985)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLFADELING)
In die saak tussen:
NOëL MAXWELL OETTLE Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: CILLIé, HOEXTER et BOTHA, ARR
Verhoor: 21 Maart 1985
Gelewer: 29 Maart 1985
UITSPRAAK
CILLIé, AR :
Op Vrydagoggend, 20 Augustus 1982, het
Noël Oettle hom in die strate
van George bevind. Hy
is 'n boer van Ladysmith en die appellant in hierdie saak
Hy..... /2
2
Hy was in George om een van sy vier kinders by 'n kos-
skool te gaan haal en hy het ook 'n afspraak met 'n tand-
arts gehad. Later dié dag sou hy met sy vrou en kind-
ers by vriende op Herbertsdale gaan kuier. Ongeveer
13h00 kom hy met twee kinders, een van vier en die
ander van sewe jaar oud, by 'n selfdienswinkel aan
Hulle het ingegaan want hy wou vir die familie 'n piek-
niekete koop.
Hy het ook 'n smal lyfband nodig gehad
want die lyfband wat hy die vorige dag gedra het, was
te breed vir die
lissies van die broek wat hy toe aan-
gehad het. Dit is van belang om te
vermeld dat hy 'n
los koordferweelbaadjie gedra het. Sommer met die
in-
trapslag het hy vir een van die winkelassistente gevra
of .... /3
3
of hulle smal lyfbande aanhou. Sy het bevestigend ge-
antwoord en aan
hom beduie waar hy sulke bande sou kry.
Toe hy by die aangewysde rak kom, was
daar net twee lyf-
bande; hulle was wel smal maar van 'n plastiese
materiaal
gemaak. Hulle het R3,66 gekos. Hy besluit toe om nie
'n lyfband
te koop nie en liewers elders 'n leer band te
soek. Daarop gaan hy na die
kostoonbank toe.
Anders as by die ander toonbanke waar
'n kliënt homself moes
bedien, het 'n assistente by die
voedselafdeling op versoek van 'n
kliënt die kos in 'n
pakkie gesit, die prys daarop aangebring en dit
aan
die kliënt gegee. Die appellant het verskeie soorte
kosse
aangevra. Hy merk toe op dat daar los slaai-
blare in een van die leë
skottels lê en hy vra die
assistente .... / 4
4
assistente of hy die blare mag neem. Sy het
toegestem
dat hy dit kon doen, maar sy het by hom die indruk ge-
wek dat hy iets ongewoon vra waarmee sy eintlik nie ge-
noeë neem nie. Hy het nietemin die blare gevat en in
een van die
pakkies, wat sy reeds met 'n prys gemerk het,
gesteek. Toe het hy koers
gekies na die betaalpunt,
die enigste plek waar hy die winkel kon
verlaat.
Op sy pad het hy 'n paar seilskoene raak-
gesien, dit van die rak
afgehaal en oorweeg of hy dit
vir sy dogter sou koop. Hy het daarteen besluit
en na
die lyfbande teruggekeer. Daar het hy van mening ver-
ander en
besluit om 'n band te koop. Hy het dit oor sy
arm gehang.
Nou het hy werklik sy hande vol gehad,
letterlik .... / 5
5
letterlik en figuurlik. Hy moes vyf afsonderlike pak-
kies en die
lyfband dra. Die twee kinders het rond-
baljaar; hy moes hulle by hom kry en
dan saam na die
betaalpunt neem. Hy het ook nie ver geloop nie of
'n
pakkie val op die vloer. Naby hom sien hy toe een van
die stoeltjies
waarop kliënte sit as hulle skoene aan-
pas. Hy het die een pakkie van
die vloer af opgetel
en saam met die ander op die stoeltjie geplaas.
Omdat
hy nou sy hande vry gehad het om dit te doen, Het hy die
lyfband om
sy middel gepas. Hy het sy baadjie opgetrek
en die lyfband losserig
vasgegespe. Dit het gepas en
hy het gedink dit sou gemaklik wees om dit daar
te laat
totdat hy by die betaalpunt kom. Toe hy sy baadjie
laat sak het
dit die lyfband heeltemal toegemaak. Om
sake .... /6
6
sake verder te vergemaklik het hy aan elkeen van die
kinders 'n pakkie gegee om te dra en hy het die ander
pakkies self geneem. So is hulle na die betaalpunt
toe
Daar moes hulle 'n rukkie wag, hy meen
ongeveer vier minute, omdat daar twee ander kliënte
voor hulle was.
Toe sy beurt kom, het hy die pakkies
op die tafel geplaas en die koopprys vir
hulle betaal.
Hy het nie die lyfband onder sy baadjie uitgeháal
en
daarvoor betaal nie. Skaars vier treë buitekant die
betaalpunt
word hy deur die winkel se veiligheidsbeampte
voorgekeer. Toe hy onraad merk,
sê hy: "Is dit oor
die slaaiblare?" Die beampte het dit ontken en hom
na
'n nabygeleë kantoor geneem. Dit is uit die getuienis
nie .... / 7
7
nie presies duidelik wanneer hy vir die eerste keer van
die lyfband
gepraat het nie. Sy baadjie is opgetrek
en die lyfband was om sy lyf. Die
beampte en ook die
bestuurder wou sy verduideliking dat hy van die
lyfband
vergeet het, nie aanvaar nie. Die polisie is ontbied.
Ongeveer 'n
maand later het die appellant
in die Landdroshof te George op 'n aanklag van
diefstal
van 'n lyfband verskyn. Die veiligheidsbeampte, 'n mnr
Jacobs,
was die enigste staatsgetuie. Slegs 3ie appel-
lant het namens die
verdediging getuienis afgelê. Die
enigste geskilpunt by die verhoor was
of die Staat bewys
het dat die appellant die nodige opset gehad het om
die
lyfband te steel. Hy is skuldig bevind en gevonnis
tot 'n boete van
R60 of 60 dae gevangenisstraf. Teen
sy .... /8
8
sy skuldigbevinding het hy in hoër beroep gekom voor die
Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling van die Hoog
geregshof (hierna die Hof
a quo genoem). Sy appèl het
nie geslaag nie en ook nie
sy aansoek om verlof om na
hierdie Hof te appelleer nie. Hy het met die
verlof
van hierdie Hof in hoër beroep gekom.
Hier het die appellant se advokaat in 'n
goed gefundeerde en weldeurdagte
betoog klem gelê op mis—
tastings met betrekking tot
feitebevindings dear die land-
dros dat daar nie ag geslaan is op sekere
voorskrifte met
betrekking tot die bewuslas in 'n geval soos hierdie
een
nie. Die besonderhede van die saak word in die lig van
hierdie kritiek
behandel.
Met betrekking tot die verhoor moet die
volgende .... / 9
9
volgende vermeld word. Die landdros se bevinding
ten
opsigte van die twee getuies was dat mnr Jacobs "'n eerlike
en geloofwaardige getuie" was. Van die appellant sê
die
landdros:
"Die appellant het die hof beindruk as 'n hoog
intelligente en beskaafde
persoon. Juis
daarom vind die hof sy vae verduidelikings
aangaande die
aanpas en die 'opskuif' van
die lyfband terwyl hy sou gestap het as
on-
aanvaarbaar."
Oor die posisie van die lyfband het die landdros dan ook
die getuienis van
mnr Jacobs aanvaar. Hierdie aange-
leentheid is van geen belang by die
beregting van die
saak nie aangesien albei getuies dit eens was dat,
nadat
die appellant se baadjie laat sak is, die lyfband nie
sigbaar was
nie.
Die ..... / 10
10
Die landdros het ook ondersoek ingestel
na waar die diefstal plaasgevind
het; was dit by die
stoeltjie toe die lyfband onder die baadjie geplaas
is,
of was dit by die betaalpunt waar die appellant met die
lyfband
verbygestap het sonder om te betaal. Sy be-
vinding was dat die appellant
reeds by die stoeltjie die
winkeleienaar "permanent van sy voordeel van
eienaarskap
ontneem" het. Daarom, so sê die landdros, het hy
bevind
dat die appellant se "verweer van 'vergeet om te betaal'
verval en
dat die appellant die artikel gesteel het."
Hierdie bevinding van die
landdros is na my mening foutief.
Hy kon alleen beslis het dat die appellant
die nodige opset
gehad het deur al die relevante getuienis te ondersoek
en
dit sluit die appellant se bewering dat hy vergeet het
om .... / 11
11
om vir die lyfband te betaal in.
Uit sy uitspraak blyk dit dat die Hof a
quo nie geheel en al (not altogether) met die bevindings
van die landdros saamstem nie. Nogtans besluit daardie
Hof om ander redes, dat die landdros se skuldigbevinding
en vonnis bekragtig moet word. Twee aspekte van die
Hof a quo se uitspraak moet in oënskou geneem word. Die
eerste is die Hof se beskouing van die menslike geneigdheid
om te vergeet.
Oor die appellant se swakheid lui die
uitspraak as volg:
"He was asked as to why he thinks he forgot
about the belt at the cashier
and he says that
he had these two troublesome children to look
after and
he had a toothache and this probably
accounted for his forgetfulness. He does
not
say that he is a forgetful sort of person, that
he very easily forgets
things. He makes no
claim .... / 12
12
claim himself to that form of affliction."
Om te vergeet is 'n algemene
menslike swakheid. Die
ondervinding leer dat almal op een of ander tydstip
iets
vergeet; 'n mens hoef nie "vergeetagtig" te wees om te
vergeet nie;
sommige mense vergeet makliker as ander;
as iemand sou sê dat hy nog
nooit iets vergeet het nie,
sal hy met skeptisisme bejeën word; en dit
is meesal
onmoontlik om te sê waarom jy vergeet het. Dit was na
my
mening nie nodig dat die appellant besondere getuie—
nis hieroor moes
lewer nie.
Ten tweede het die Hof a quo ook verwys
na die appellant se
opmerking oor slaaiblare toe hy deur .
mnr Jacobs voorgekeer is. Dat hy
hierdie aangeleentheid
genoem het mag wees omdat hy by die betaalpunt kon
gedink
het ...... / 13
13
het aan die assistente se eienaardige houding en
omdat hy nie heeltemal gelukkig oor die saak gevoel het
nie. 'n Werklike dief sou waarskynlik na die lyfband
verwys en dadelik om verskoning gevra het. Een van
die redes waarom die Hof a quo die appellant nie geglo
het nie was omdat hy gesê het dat sy verwysing na die
slaaiblare hom nie aan die versteekte lyfband laat dink
het nie. Dit is nie noodwendig dat die gedagte aan
moeilikheid met die slaaiblare hom aan die lyfband sou
laat dink nie.
Daar is na my mening sowel in die
landdroshof as in die Hof a quo te min aandag geskenk
aan
hoe die dieftige opset bewys moet word en aan die
neergelegde riglyne met
betrekking tot die waardebepaling
van .... / 14
14
van die getuienis in 'n geval soos die onderhawige.
Om vas te stel of die
appellant 'n dieftige
opset gehad het moet nie uit die oog verloor word nie
dat
"die toets vir opset suiwer subjektief is." (Sien Snyman
Strafreg p
171 en die gesag daar aangehaal.) Omdat dit
die geval is kan dit gevaarlik
wees om, veral in 'n geval
soos die onderhawige, die optrede van die
beskuldigde te
toets aan die optrede van die fiktiewe redelike man
in
soortgelyke omstandighede; waar die eersgenoemde dan te
kort skiet word
sy gedrag as genoegsaam beskou om af te
lei dat hy die nodige opset gehad
het. Die toets is dan
beslis nie subjektief nie. Sy optrede mag te kort
skiet
omdat dit onbeholpe of dom is; maar dit beteken nie dat
hy 'n
dieftige opset gehad het nie. Die hof moet
vasstel .... / 15
15
vasstel wat inderdaad in die beskuldigde se eie gedagte -
en gemoed was
toe hy die besondere daad, soos die aansit
van die lyfband, uitgevoer
het.
By die evaluëring van die getuienis
is dit nodig om vas te stel of
dit aan die vereiste maat-
stawwe voldoen. Wat die maatstawwe is, word in die
saak
van Rex v Difford 1937 A D 370 aangehaal op p 373:
"It is not disputed on behalf of the defence
that in the absence of some
explanation the
Court would be entitled to convict the accused.
It is not
a question of throwing any onus on
the accused, but in these circumstances
it
would be a conclusion which the Court could
draw if no explanation were
given. It is
equally clear that no onus rests on the accused
to convince
the Court of the truth of any
explanation he gives. If he gives an
explana-
tion, even if that explanation is improbable,
the Court is not
entitled to convict unless
it is satisfied, not only that the explanation
is ..... /16
16
is improbable, but that beyond any reasonable
doubt it is false. If there
is any reasonable
possibility of his explanation being true,
then he is'
entitled to his acquittal."
Dit wil nie voorkom asof hierdie maatstawwe
toegepas is nie. Die vrae wat
beantwoord moes word is of
daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat die
appellant se
verduideliking waar kan wees; anders gestel, of gesê
kan
word dat die appellant se verduideliking bo redelike twyfel
vals is.
Dit lyk nie of hierdie vrae gestel is nie. 'n Beslissing sou makliker verkry kon
word as op die volgende
gelet was.
Daar was aanduidings dat die
appellant
waarskynlik nie die opset van 'n dief gehad het nie.
Ten eerste
is dit hoogs onwaarskynlik dat iemand wat 'n
lyfband ..... / 17
17
lyfband wou steel, die aandag op hom sou vestig deur
vooraf te vra of daar lyfbande was en waar hulle gevind
kan word. Ten tweede is dit onwaarskynlik dat 'n voor-
nemende dief so openlik die lyfband onder sy baadjie
sou vasmaak. Dit het by die stoeltjie gebeur en mnr
Jacobs het gesê dat niks sy uitsig op die appellant
belemmer het nie; dus het niks vehoed dat die appellant
hom sou kon sien nie. Mnr Jacobs het verder getuig dat
die appellant
rondgekyk het; dit is nooit aan die
appellant gestel dat hy skelm gekyk het
of enigsins gekyk
het nie; en as dit aan hom gestel was sou hy
waarskynlik
geantwoord het dat hy na sy kinders gekyk of gesoek het.
Hier
kan net bygevoeg word dat mnr Jacobs ook verklaar het
dat die appellant by
die stoeltjie die lyfband agter sy
rug ..... / 18
18
rug gehou het. Hierdie bewering is nie aan die appellant
gestel nie;
maar as hy die band om sy lyf wou sit en hy
dit op die gewone manier gedoen
het, sou hy tog die lyfband
agter sy rug met albei hande moes hou. Ten derde
is dit
onwaarskynlik dat iemand wat 'n lyfband gaan steel die
band nie
deur die broek se lissies sou steek nie. Ten
slotte is dit onwaarskynlik dat
iemand wat 'n lyfband onder
hierdie omstandighede wou steel, nie die
etikette met die
prys en die winkel se kodenommer ook sou verwycler nie.
Na oorweging van al die getuienis genoem
en met inagneming van die
toelaatbare afleidings, het ek
tot die gevolgtrekking gekom dat die Staat nie
bewys het
dat die appellant se verduideliking nie redelik moontlik
waar
kan wees nie, of dat die appellant se verduideliking
bo..... /19
19
bo redelike twyfel vals is nie. Die landdroshof moes
hom derhalwe nie skuldig bevind het nie.
Die appèl slaag: die skuldigbevinding
en vonnis word ter syde gestel.
P.M. CILLIe, AR
HOEXTER, AR )
BOTHA, AR )
stem saam