South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 18
| Noteup
| LawCite
S v Sengwane (367/83) [1985] ZASCA 18 (29 March 1985)
Download original files |
Saak nr 367/83.
M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
In die saak tussen
JOSEPH SENGWANE
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
Coram:
JANSEN Wnd HR et NICHOLAS AR,
VIVIER Wnd AR.
Verhoor:
22 Maart 1985
Gelewer:
29 Maart 1985.
UITSPRAAK
VIVIER /
2.
VIVIER WND AR:-
Die appellant het saam met twee ander, na
wie ek as beskuldigdes 2 en 3
onderskeidelik sal verwys,
in die streekhof op Roodepoort tereggestaan op 'n
aanklag
van roof. Die Staat het beweer dat hulle op 1 Junie 1982
en in
Roodepoort vir ene Maria Phuri van tjeks en kontant
ter waarde van R6377,84
waarmee sy op pad na die bank was,
beroof het. Beskuldigde 3 is vrygespreek,
maar die appel=
lant en beskuldigde 2 is skuldig bevind en is elk tot
vyf
jaar gevangenisstraf gevonnis. Hulle appèl teen
die
skuldigbevinding na die Transvaalse Provinsiale Afdeling
het misluk,
en met die nodige verlof appelleer die
appellant nou na hierdie Hof teen die
skuldigbevinding.
Die feite wat ter sake is tot die enigste geskil=
punt in die saak,
naamlik die identiteit van die appellant
as / . . . . . . .
3.
as een van die rowers, is die volgende. Om ongeveer
3 nm op die betrokke dag was Maria Phuri saam met 'n
vriendin, Anna Mnsisi, op pad na die bank met haar
werkgewers se geld wat sy in 'n geldsakkie gedra het
Op 'n oop stuk grond wat reg voor die bank aan die oorkant
van die straat geleë is, het twee persone die twee vroue
genader. Volgens Maria Phuri het een, wat sy as
beskuldigde 2 uitgeken het, haar in die gesig
geklap, rooipeper in haar oë gegooi, die geldsak gegryp
en dit na 'n worsteling van haar afgeneem. Die ander een,
wat sy nie kon uitken nie, het terselfdertyd vir Anna
vasgehou. Daarna het die twee rowers saam weggehardloop.
Anna / ..........
4.
Anna Mnsisi het Maria se getúienis bevestig
dat beskuldigde 2
vir Maria in die gesig geklap, peper
in haar oë gegooi en die geldsak
van haar afgeneem het
na 'n worsteling. Anna het getuig dat sy
probeer
weghardloop het, maar dat beskuldigde 2 se maat, wat sy
as die
appellant uitgeken het, agter haar aangehardloop
en haar voorgekeer het deur
haar met 'n mes, wat hy omhoog
in 'n steekposisie gehou het, te dreig. Anna het verder
getuig dat nadat
beskuldigde 2 die geldsak van Maria
afgeneem het, hy vir die appellant
gefluit het en dat die
twee saam weggehardloop het. Sy het geeneen van
die
twee aanvallers vantevore gesien nie. Sy het 'n nou=
keurige
beskrywing van die tipe en kleur van die appellant
se kleredrag gegee.
Simon /
5.
Simon Mahlangu het getuig dat hy met sy
voertuig in die straat daar naby verbygery het. Hy
was ongeveer die wydte van 'n straat van die toneel af
toe hy sien dat twee mans, een wat hy as beskuldigde 2
identifiseer het, na die klaagster gaan. Hy het gesien
dat een haar klap sodat sy op die grond val en dat
beskuldigde 2 die geldsak uit haar hand gryp. Simon
het nadergery en die twee aanvallers het ongeveer 3
meter van sy motor af, in die teenoorgestelde rigting
as dié waarin hy gery het, verbygehardloop, in 'n voertuig
geklim en weggery. Hy het die registrasienommer
van die voertuig geneem en dit later aan die polisie
gegee. Toe hy gevra is waarom hy beskuldigde 2
kon identifiseer, maar nie sy maat nie,
het /.........
6.
het Simon geantwoord dat laasgenoemde nie voor die hof
is nie, anders sou
hy hom uitgeken het. Simon was baie
beslis dat appellant nie een van die
rowers was nie.
Simon het in sy hoofgetuienis die motor waarin
die rowers
weggery het, beskryf as 'n Chevrolet met
registrasienommer CCM342T. Die
aanklaer het hierna aan
hom gevra of hy 'n verklaring aan die polise
gemaak
het,' en toe hy bevestigend antwoord, het die aanklaer
gesê:
"In die verklaring het jy gesê die nommer is CRR,
nie CCR nie, wil jy
jou verklaring sien, die deel?"
Nadat die getuie weereens bevestigend
geantwoord het, het
die aanklaer sy polisieverklaring aan hom gegee.
Hy
het na die inhoud gekyk en gesê dat die registrasienommer
wat in sy
verklaring staan die korrekte een is, naamlik
CRR 34 2T/
7.
CRR342T. Hierna het die verdediging om insae in die
verklaring aansoek gedoen maar dit is deur die streek=
landdros geweier.
Die ondersoekbeampte in die saak, sp-sers
Goosen, het getuig dat hy die middag van 1 Junie 1982
die nodige besonderhede t o v die voertuig met registrasie=
nommer CRR342T vasgestel het. Gewapen met hiërdie
inligting het hy om 3 vm op 2 Junie 1982 na die Kagiso-
woonbuurt naby Roodepoort gegaan waar hy 'n wit Chevrolet
motor, met registrasienommer CRR342T, by 'n huis waar die
appellant en sy broer (beskuldigde 3)woon, gekry het. Hy
het beskuldigdes 2 en 3 by daardie huis gearresteer , en
hulle is toe na 'n ander huis in dieselfde woonbuurt waar
die appellant die nag geslaap het. Hy het die appellant
daar /........
8.
daar arresteer. By die aanklagkantoor het beskuldigde
3
ongeveer R1534 in banknote, sowel as die sleutels van
die betrokke voertuig,
aan Goosen oorhandig en later
dieselfde oggend het beskuldigde 2 aan hom
R1380
kontant gegee. Op 'n vraag waar die ander geld is, het
beskuldigde 2
geantwoord dat hulle die vorige aand 'n
partytjie gehou het.
Volgens wat
sy advokaat die Hof a quo meegedeel
het, het die Staat en die
verdediging by die verhoor
ooreengekom dat dit erken sou word dat die wit
Chevrolet
motor met registrasienommer CRR342T aan die appellant
en
beskuldigde 3 gesamentlik behoort. Hoewel die verhoorhof
nooit gevra is
om 'n formele erkenning in hierdie
verband te notuleer nie, is die eienaarskap van die voertuig
nie betwis nie.
Die /
9.
Die appellant en die ander twee beskuldigdes
het geeneen getuig of enige getuienis gelei nie,
Soos hierbo uit die opsomming van die getuienis
namens die Staat blyk, het slegs een van die drie oog=
getuies, naamlik Anna Mnsisi, die appellant as een van
haar aanvallers uitgeken. Daarteenoor het Simon Mahlangu
uitdruklik en beslis getuíg dat die appellant nie op die
toneel was nie. In sy uitspraak wys die streeklanddros
op hierdie verskil tussen die getuienis van Anna en Simon.
Hy aanvaar die getuienis van Simon, wat hy as "'n besondere
goeie getuie" en "werklik 'n betroubare getuie" en "deur=
gaans seker van sy feite" bestempel. Afgesien van Anna
se getuienis is die enigste ander getuienis wat die
appellant moontlik met die pleging van die misdaad verbind
die /
10.
die omstandigheidsgetuienis dat hy in die huis woon
waar die motor
CRR342T dieselfde nag gevind is en die
feit dat dit nie betwis is nie dat hy
mede-
eienaar van hierdie voertuig is. Die streek=
landdros verwys ook in
sy uitspraak na "die feit dat hy
geld aan hierdie beskuldigdes oorhandig het"
as een van
die faktore wat "hulle" aan die pleging van die
misdaad
verbind. Dit is glad nie duidelik na welke beskuldigdes
die
landdros hier verwys nie. Die enigste getuienis
waarna die landdros moontlik
kan verwys, is dié van
Goosen dat beskuldigde 3 aan hom gesê het
dat hy die
geld en die motorsleutels wat hy aan Goosen oorhandig
het, van
die appellant gekry het. Hierdie getuienis
was egter nie toelaatbaar teen die
appellant nie, soos
die / ......
11.
die landdros self opgemerk het. In die lig van die
appellant se versuim om te getuig, het die landdros die
omstandigheidsgetuienis teen hom as voldoende beskou
om sy skuld bo redelike twyfel te bewys.
Al drie ooggetuies wat namens die Staat getuig
het, was dit eens dat daar slegs twee aanvallers op die
toneel was. Die streeklanddros bevind dat beskuldigde
2 een van die aanvallers was, en dat die ander een nie
die appellant was nie. Die streeklanddros meld nie
wat die appellant se aandeel in die pleging van die
misdaad was nie. Daar was geen getuienis dat daar 'n
derde persoon was wat die motor bestuur het of 'n bydrae
van enige ander aard tot die pleging van die misdaad
gelewer het nie,
In /
12.
In sy afwysing van die appèl het die Hof a
quo
'n ander benadering gevolg as die van die verhoorhof.
Die Hof
a quo sê in sy uitspraak dat die voorkeur wat
die
streeklanddros aan die getuienis van Simon Mahlangu
bo dié van Anna
Mnsisi gegee het, nie geregverdig is nie,
en dat laasgenoemde se getuienis
eintlik te verkies
is omdat Anna die appellant se kleredrag
noukeurig kon beskryf. Die Hof
a quo sê dat, ten
beste vir die appellant, "die skaal
gelyk gebalanseer
is" wat die ooggetuienis t o v identifikasie betref.
Die
Hof a quo bevind dat twee addisionele faktore, naamlik
dat die
appellant se voertuig op die toneel was (wat as
bewese bevind word) en die
appellant se stilswye, voldoende
is om sy identifikasie as een van die twee
rowers bo
redelike / ...
13.
redelike twyfel te bewys. Die Hof a quo bevind ook
dat die
streeklanddros korrek was om die yerdediging se
aansoek om insae in die
polisieverklaring te weier.
Ek kan nie met die Hof a quo se
siening dat die
ooggetuienis t o v die identifikasie van die
appellant
"gelyk gebalanseer" is, saamstem nie. Die streeklanddros
het die
getuienis van Simon as meer betroubaar beskou as
dié van Anna, en na
my mening is daar onvoldoende rede
om hierdie bevinding te ignoreer. Die
streeklanddros
sê in sy uitspraak die volgende oor hierdie aspek:
"Ëen van hulle, sy (Anna) of Simon Mahlangu
moet baie beslis 'n fout
maak met hul
identifikasie van beskuldigde 1 (die appellant).
As die hof
die getuienis in sy geheel oorweeg,
dan kom die hof tot die gevolgtrekking
dat
dit sy is wat die fout maak met die identifi=
kasie /
14
kasie van beskuldigde 1."
Dit is duidelik uit sy uitspraak dat die
streeklanddros besonder beïndruk was met die getuienis
van Simon. Verder is daar aspekte van Anna se
getuienis wat twyfel wek oor die betroubaarheid van
haar identifikasie van die appellant. Ek verwys
na die feit dat Anna nie die appellant vantevore geken
het nie; dat haar geleentheid om haar aanvaller
duidelik te kon gesien het, beperk was; dat sy nie
in staat was om enige onderskeidende kenmerke waaraan
sy die appellant uitgeken het, te noem nie en dat
geen uitkenningsparade gehou is nie, sodat Anna die
appellant vir die eerste keer uitgeken het nadat sy
hom in die beskuldigdebank gesien het. Simon is nie
gevra / ...
15.
gevra om die kleredrag van die rowers te beskryf nie.
Die feit dat Anna 'n beskrywing van die kleredrag gegee
het, beteken dus nie dat haar getuienis daarom bo dié
van die appellant te verkies is, soos die Hof a quo
gedoen het nie.
Na my mening is dit te betwyfel of enige gewig
geheg kan word aan Anna se getuienis oor identifikasie
in die lig van die streeklanddros se uitdruklike bevinding
dat sy 'n fout gemaak het met haar uitkenning van die
appellant, en sy aanvaarding van die getuienis van Simon
dat appellant nie op die toneel was nie.
Dit laat slegs die omstandigheidsgetuienis dat
die motor waarvan appellant mede-eienaar is, in die
rooftog /..........
16
rooftog gebruik is (indien ten gunste van die Staat
aanvaar word, sonder om dit te beslis, dat daar nie Vi
onreëlmatigheid in die verrigtinge was gedurende Simon
se getuienis nie, en dat Simon se getuienis gevolglik
aanvaar kan word). By die oorweging van hierdie
getuienis moet egter in gedagte gehou word dat appellant
nie die betrokke aand by die huis was nie, dat die
sleutels van die motor in die besit van die mede-eienaar,
beskuldigde 3, gevind is en dat die buit by beskuldigdes
2 en 3 gekry is.
Wat betref die gewig wat aan die appellant se
stilswye geheg moet word, was daar, na my mening, wel
prima facie bewys van sy skuld aan die einde van die
Staatsaak, /..........
17
Staatsaak, hoofsaaklik vanweë die direkte getuienis van Anna
Vanweë die weersprekende getuienis van Simon het daar egter
twyfel bestaan oor die geloofwaardigheid van hierdie getuienis.
Waar daar direkte getuienis is dat hy die misdaad
gepleeg het, versterk 'n beskuldigde se stilswye in die
algemeen die Staatsaak teen hom (S v Snyman 1968{2) SA
582(A} op 588 G-H). In die huidige geval, egter, is die
Staatsaak grootliks ontsenu deur die streeklanddros se
verwerping van Anna se getuienis, met die gevolg dat
wanneer . al die omstandighede van die saak oorweeg
word, insluitende die feit dat die appellant nie getuig
het nie, die Staat, na my mening, nie daarin geslaag het
om die appellant se skuld bo redelike twyfel te bewys nie
Die /..........
18
Die appèl slaag gevolglik. Die appellant
se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel
W. VIVIER Wnd. AR.
JANSEN Wnd. AR)
Stem saam.
NICHOLAS AR)