South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 19

| Noteup | LawCite

Greyling v Iscor (233/83) [1985] ZASCA 19 (29 March 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
RUDEON ARENDSE Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: RABIE, HR CILLIé, AR et GALGUT, Wn AR

Verhoor: 10 Mei 1985

Gelewer: 24 Mei 1985

UITSPRAAK
CILLIé, AR :

Hierdie saak is buitengewoon, veral ten
opsigte van die verloop van die verhoor asook die lewens-

wyse, die optrede en die getuíenis van die persone wat

daarby ........ /2

2

daarby betrokke was. By die aanvang ván die verhopr het
die appellant op 'n aanklag van moord onskuldig gepleit en
alle aanspreeklikheid of skuld met betrekking tot die oor-
ledene se dood ontken; na sy skuldígbevinding aan moord
het hy in die ondersoek na die bestaan van versagtende
omstandighede erken. dat hy vir die dood van die oorlede-
ne verantwoordelik was. Die verhoorhof het sy getuienis
dat hy nie by die dood van die oorledene betrokke was nie
sowel as sy latere getuienis dat hy die oorledene uit nood-
weer doodgeskiet het, as onwaar verwerp. Nogtans het die
verhoorhof bevind dat daar 'n versagtende omstandigheid was,
naamlik dat die appellant aangedryf was deur sy gevoel vir
sy minnares, Johanna Anthony. Die verhoorregter het, des-

nieteenstaande, in die uitvoering van sy vrye oordeel

besluit .... ./ 3

3

besluit dat hy die doodvonnis moes oplê. Dit het hy
dan ook gedoen. Teen hierdie vonnis kom die appellant
nou in hoër beroep.

Sy appèl sou slaag indien hierdie Hof be-

vind dat die opgelegde vonnis so onvanpas is dat geen hof
redelikerwys so'n vonnis in die besondere omstandighede
sou opgelê het nie. Derhalwe moet hierdie Hof, net soos
die verhoorregter moes gedoen het, al die relevante ge-
tuienis en omstandighede met betrekking tot 'n gepaste
vonnis in oënskou neem. Ten eerste word aandag geskenk
aan die betrokke persone.

Die appellant en Johanna het albei los-
bandige lewens gelei. Ten tyd van die verhoor was hy

25 jaar oud en het hy reeds vier kinders gehad wat hy by

vier .... /4

4

vier verskillende meisies verwek het. Johanna wat toe
ongeveer 23 jaar oud was, was kinderloos. Hulle het

'n tydlank 'n verhouding gehad en het saamgewoon. 'n Paar
maande voor die moord is hulle uitmekaar uit. Vogens
hom het hy haar gevra om minder te drink maar sy wou nie
luister nie en hy is toe weg. Die getuienis toon dat
sy 'n strawwe drinker was. Sy beweer aan die ander kant
dat hy haar een aand so ernstig aangerand het dat haar
werkgeefster haar ontslaan en hulle van die perseel af-
gejaag het. Hoe dit ook sy, hy het sy intrek by 'n se-
kere Anne Reagan geneem en sy het by Marinda. Samuels
gaan woon. In die huis van Marinda se moeder is 'n bed
vir hulle, dit is vir Johanna en Miranda saam, in die

kombuis geplaas. By die verhoor het dit uitgekom.dat

Marinda .... / 5

5

Marinda sestien jaar oud was, dat sy 'n vaste kêrel gehad

het en dat sy reeds die moeder was van 'n baba van vier

maande.

Op die Donderdagaand voor die moord het

Johanna saam met drie kennisse by die oorledene gaan
kuier. Hy was 'n Swartman en het gewerk by 'n piekniek-
plek in Idasvallei, Stellenbosch. Sy verblyfplek was
ongeveer 400 meter van Marinda se ouerhuis af; dit blyk
nie uit die getuíenis of Johanna hom vantevore geken het
nie. Oor wat die aand gebeur het, het sy soos volg
getuig:

"Toe het ons maar net bier gedrink en gesels
en toe het my vriende mos nou vir ons alleen
gelaat, toe loop hulle en ek het agtergebly
daar tot die volgende oggend toe."

Onderwyl .... / 6

6

Onderwyl, so teen 20h30 die aand, het die appellant by

Johanna se nuwe blyplek opgedaag. Marinda het aan hom

vertel dat Johanna die oorledene gaan besoek het, Hy

het vertrek

Die volgende oggend, dit was Vrydag 12

Augustus 1983, het die appellant weer sy opwagting by
Marinda se huis gemaak maar Johanna was reeds na haar
werk toe. Volgens Marinda is die appellant per motor
daar weg. Omdat sy nuuskierig was en reeds onraad ge-
merk het, het sy buitentoe gegaan om te kyk waarheen
hy ry. Haar getuienis was dat sy bo-op 'n stilstaande
motor moes klim om tussen die bome en blare deur te kon
sien wat aangaan. Sy het verklaar dat sy self gesien

het hoe dat die appellant ry tot waar diê oorledene voor

die .... / 7

7

die hekkie van die piekniekplek besig was om met 'n be-
sem te vee, en hoe dat hy die oorledene daar platgeskiet
het. Die geringe twyfel wat daar by die verhoorhof was
oor die juistheid van Marinda se getuienis en of sy wel
kon sien wat sy sê dat sy gesien het, is nie meer van
belang nie want die appellant het toe hy,"met die onder-
soek na versagtende omstandighede, die tweede keer ín die
getuiebank was, toegegee dat hy na die oorledene se woon-
plek gegaan en hom daar doodgeskiet het. Die oorledene
se lyk is later dieselfde dag gevind; die oorsaak van sy
dood was 'n koeëlwond in sy linkerborskas.

Toe Johanna die aand tuiskom het Marinda
haar van die gebeurde vertel. Later het die appellant

daar opgedaag en 'n hewige, woeste stryery het tussen die

voorroalige .... / 8

8

voormalige minnaars ontstaan. Johanna was skynbaar
onder die invloed van drank. Hulle is by die kombuis-
deur uit en die straat in; daar is die stryery in die
openbaar voortgesit. Die twee het onder andere die
volgende kwytgeraak. Sy het uitgeskree dat hy 'n

moordenaar is en daaraan toegevoeg: "Jy kan sommer vir
my ook nou kom vrekmaak. " Van sy kant af sou gekom
het: "Jy is die tweede een wat ek gaan doodmaak." Hy
het haar opk daarvan beskuldig dat sy 'n "kafferjintoe"
was; dit is skynbaar die skelwoord vir 'n Kleurling-
prostituut wat met 'n Swartman gemeenskap hou.

Die appellant is nie dadelik in hegtenis

geneem .... / 9

9

geneem nie en twee aande later het hy weer aan Johanna
se deur geklop. Sy sê dat dít gereent het en dat sy
vir hom jammer was en daarom het sy hom laat binnekom.
Hy het gaan sit op die bed waar sy en Marinda gelê het.
Hulle het gesels en hy het onder andere vir haar gesê:
"Dit is deur jou dat ek daardie man doodgemaak het."
Dit het sy ontken. Hy het ook sy liefde aan haar be-
tuig en gesê dat, as hy eendag uit die tronk uitkom, sy
nog sy "meisie" sou wees. Later het hy gevra of hy nie
maar daar by haar kon slaap nie aangesien dit die volgende
dag haar verjaarsdag sou wees. Sy het toe vir hulle op
die vloer 'n bed opgemaak en daar het hulle saamgeslaap.
Die volgende oggend het sy vroeg werk toe gegaan. Kort

na haar vertrek moes hy vinnig die plek verlaat omdat die

polisie .... /10

10

polisie op sy spoor was. Hy is sowat tien dae later in
hegtenis geneem.

Dit is onnodig om die besonderhede met be-

trekking tot die verloop van die verhoor te herhaal; die
enigste aangeleentheid wat nou oorweeg moet word, is die
straf. Dit was die verhoorregter se taak om al die re-
levante getuienis en omstandighede saam in oënskou te neem
en dan 'n gepaste straf te bepaal met inagneming van die
bekende riglyne ten opsigte van die aard van die misdaad,
die omstandighede van die oortreder en die houding van die
gemeenskap. In hierdie besondere geval was die beslissing
van die verhoorhof dat daar wel 'n versagtende omstandigheid
was, van besondere belang; dit het beteken dat die ver-

hoorregter nie verplig was om die doodvonnis op te lê nie

maar .... / 11

11

maar ook nie gebonde was om dit nie te doen nie. In
hierdie verband sê die verhoorregter oor die hof se be-
vinding;

"dit is sodanig dat dit versagting uitmaak.
Soos ek sê, dit is skraal maar dit is daar."

Namens die appellant is in hierdie Hof

aangevoer dat die verhoorregter in sy oorweging van en
uitspraak oor die vonnis te veel nadruk gelê het op die
verhoorhof se bevinding van die enkele versagtende omstan-
digheid en, toe die belangrikheid van daardie omstandigheid
by die oorweging van ander gewigtige omstandighede vermin-
der of selfs verdwyn het, hy nie die geheelbeeld van al,
die omstandighede in oënskou geneem het nie. Na my mening
is hierdie betoog gegrond op. 'n foutíewe beskouing van die

volgende passasie in die verhoorregter se uitspraak.

"In .... / 12

12

"In die omstandighede van hierdie saak waar
die Hof versagtende omstandighede gevind het,
het die Hof 'n diskresie om òf die doodvonnis
òf gevangenisstraf op te lê en die besluit om
die een of die ander op te lê is 'n uiters be-
langrike besluit en dit moet lank en ernstig
oorweeg word. Alle faktore moet behoorlike
oorweging geniet en ek het dit gedoen. Die
belangrikste faktor is natuurlik die versagting
wat bevind is, naamlik die feit dat die be-
skuldigde uit jaloesie opgetree het. By die
beskuldigde was dit 'n dryfveer met gewig.
Sy advokaat het aan die hand gedoen dat dit
nie 'n buitengewone dryfveer is nie, met ander
woorde dit is 'n verstaanbare faktor. Tot 'n

mate is die advokaat korrek, maar daar is vorms
en grade van jaloesie en die oorsake daarvoor
en elke geval moet volgens sy eie omstandig-
hede beoordeel word. Die omstandighede moet
ook as geheel oorweeg word om die beskuldigde
se morele skuld vas te stel. In hierdie ge-
val is die volledige beeld, soos ek alreeds
aangedui het, dié van 'n jaloerse man wat jaloers
is op sy vierde nooi terwyl hy alreeds met sy
vyfde nooi saamleef. Gevolglik is sy morele
skuld na ray oordeel aansienlik, of anders gestel,
die meegevoel wat daar vir hom bestaan is maar
dun."

Dit..... /13

13

Dit ly geen twyfel nie dat die verhoorhof
se besluit oor die bestaan van 'n versagtende omstandig-
heid 'n besonder belangrike faktor by die oorweging van
vonnis was en die verhoorregter het dit tereg as sulks be-
skou. Dat hy dit deel gemaak het van die geheelbeeld
waarna hy moes kyk, kan nie betwyfel of bevraagteken word
nie. Trouens, hy verklaar in die aangehaalde passasie
tweekeer dat hy al die feite in oënskou geneem het. Na
my mening is dit duidelik dat hy die aangeleentheid saam
mét die ander feite oorweeg het en nie te min gewig daar-
aan gegee het nie. Terloops,dit kan ook nie gesê word,
soos betoog is, dat hy te veel gewig aan die erns van die
misdaad verleen het nie. Die verhoorregter noem in die

aangehaalde passasie van die aangeleenthede wat hy in

oënskou .... / 14

14

oënskou geneem het; die volgende kan daaraan toegevoeg
word. Die appellant was nie 'n toonbeeld van getrouheid
nie; by een geleentheid het hy getuig dat hy die verhou-
ding met Johanna beïndig het, by 'n ander dat hy haar al-
tyd sou bemin, en by 'n derde dat hy haar en Anne Reagan
tegelyk as minnaresse wou hê. Hy toon geen tekens dat
hy 'n vaste verhouding met enige vrou in stand wou hou nie.
Toe hy tydens sy verhoor getuig het, het hy beweer dat hy
nie sou omgegee het as Johanna by ander mans rondkuier nie
Hierdie feite tesame met sy leuenagtige getuienis werp
ernstige twyfel op sy latere beweerde jaloesie met betrek-
king tot Johanna. Daar is verder nog die feit dat hy
geen ondersoek ingestel het of die oorledene bewustelik

in sy slaai gekrap het nie; skynbaar het hy sonder om

die ...... / 15

15

die waarheid van die aangeleentheid,.of die oorledene se
skuld vas te stel, na hom toe gegaan en hom doodgeskiet.

Die appellant het in sy getuienis oor die
bestaan van versagtende omstandighede verklaar dat hy,
voordat hy die oorledene doodgeskiet het, by sy huis dagga
gemeng met Mandraxpoeier gerook het en dat hy ten tyde van
die skietvoorval onder die invloed van hierdie dwelmmiddels
was. Die verhoorhof het hierdie getuienis as vals verwerp
en die aangeleentheid is tereg nie in hierdie Hof opgehaal
riie. Verder het die verhoorregter ook met reg die appel-
lant se vorige veroordelings buite rekening gelaat.

By oorweging van al die getuienis en veral
die genoemde aangeleenthede is ek daarvan oortuig dat die

verhoorregter geen mistastings begaan het nie, die

relevante .... / 16

16

relevante aangeleenthede korrek teen mekaar opgeweeg het

en 'n vonnis opgelê het wat in al die omstandighede gepas

is en een is waarmee hierdie Hof nie behoort in te meng

nie. Die appèl kan derhalwe nie slaag nie

Die appèl word afgewys.

P.M. CILLIe, AR

RABIE, HR )

stem saam
GALGUT, Wn AR )