South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 2
| Noteup
| LawCite
S v Williams (28/85) [1985] ZASCA 2 (16 March 1985)
Download original files |
PIETER WILLIAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÊLAFDELING)
In die saak tussen:
PIETER WILLIAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: KOTZÉ, TRENGOVE, ARR et SMALBERGER, Wn AR
Verhoor: 8 Maart 1985
Gelewer:
UITSPRAAK
KOTZÉ, AR :
Dit is 'n appèl hierdie, met verlof van hierdie
Hof /2
-2-
Hof, teen die skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis
opgelê aan die appellant in die afdeling Kaap die Goeie Hoop
(WILLIAMSON, R en assessore). By die verhoor is dit die
appellant ten laste gelê dat hy op 20 Desember 1983 te
Protea Park, Atlantis vir Jacobus Sauls (die oorledene)
wederregtelik en opsetlik gedood het deur hom met 'n mes te
steek.
Die feitebevindinge wat deur die Hof a quo buite
redelike twyfel gemaak is, is nie aanvegbaar nie: daar bestaan
nie omstandighede van die aard vermeld in Parkes v Parkes,
1921 A D 69 op 75 i f of ander faktore wat 'n afwyking van
gemelde bevindinge veroorloof nie. Die tersaaklike feite
kan kort gestel word. Die appellant het helder oordag by
die /3
-3-
die huis van Gert Cloete aangekom. By hom het hy 'n groot
mes, waarmee hy by 'n nabygeleë plaas die kloue van perde
sny, gehad. Die oorledene het later ook by Gert se huis aan-
gedoen. Gert het sy broer (bekend as Hoender), oorledene
en die appellant gestuur om wyn te gaan koop. Appellant het
die mes in die kombuis neergesit. Daarna het Gert aan die drie
van hulle vier bottels wyn gegee wat hulle in die bosse gaan
drink het. Hulle het terug gekeer na Gert se huis.
Hoender was hopeloos besope. Dïe appellant het op die stoep
gestaan en 'n bord kos geëet. Twee mans, Shaun en Derick,
was ook op die stoep. Alles was vreedsaam. Die appellant
het die leë bord kombuis toe geneem. Gert was in die
kombuis. Die appellant het terug gekeer na die stoep
toe met sy mes in sy hand en het die oorledene, wat hande
in /4
-4-
in die broeksakke gestaan het, op die hart met die mes
gesteek as gevolg waarvan hy beswyk het. Die steekwond
is met soveel geweld toegedien dat die derde rib afgesteek
was. Die appellant, ofskoon hy agterna gesit was, het
ontsnap deur weg te hardloop en oor 'n draad te klim. Nie
lank na hy ontsnap het nie is hy in hegtenis geneem.
Dieselfde middag het hy aan landdros Van Houwelingen 'n
vrywillige verklaring gemaak
Die gebruik van 'n gevaarlike wapen en die kragtige
toediening van 'n steekwond op die hart dui, myns insiens,
buite redelike twyfel daarop dat die appellant die subjektiewe
opset gehad het om die oorledene om die lewe te bring,
in die sin dat hy voorsien het dat sy daad mopntlik daardie
gevolg /5
-5-
gevolg mag hê en roekeloos daarteen gestaan het. Dit
volg, sy getuienis tot die teendeel ten spyt, dat hy tereg
skuldig bevind is aan moord.
Die wesentlike vraag wat in die appèl ontstaan
is of die Verhoorhof tereg bevind het dat die moord nie
gepaard gegaan het met versagtende omstandighede nie.
Namens die appellant is voor ons betoog dat hy die bewys-
las dat versagtende ornstandighede wel teenwoordig was op
oorwig van waarskynlikhede gekwyt het en wel op grond
van die ondervermelde faktore:
(a) Die opsetvorm was dolus eventualis
(b) Die appellant se dronkenskap.
(c) ./6
-6-
(c) Provokasie.
(d) Appellant se jeugdigheid,
Wat (a) betref blyk dit uit die voorafgaande
paragraaf dat die opsetvorm, na my mening, opset by moont-
likheidsbewussyn was. So verstaan ek ook die bevinding
van die Hof a quo.
Met betrekking tot (b) het die Verhoorhof bevind
dat dit heel waarskynlik is dat die appellant wel wyn ge-
drink het maar dat hy nie dronk was nie. Hierdie bevinding
grond die Hof a quo hoofsaaklik daarop dat Gert, Shaun
en Derick die mening uitgespreek het dat dit nie die geval
was nie. Wat egter vasstaan is dat Hoender, oorledene
en /7
-7-
en die appellant gesamentlik vier bottels wyn gebruik het.
Die appellant beweer dat hy ses glase wyn gedrink het - die
Verhoorhof kon nie bevind dat dit werklik so was nie, maar
het wel bevind dat hy "glad nie dronk was nie" o a omdat hy vinnig weg-
gehardloop het, oor 'n draad geklim het en ontsnap het
van "klaarblyklike fiks jongmans wat hom agterna gesit
het." Drie mans het, soos ek reeds aangedui het, vier
bottels wyn in die bosse gaan drink. Van hulle was twee
beslis deur die wyn aangetas: Hoender was hopeloos besope
en in die oorledene se bloed - so het 'n raonstertoets aan-
gedui - was die konsentrasie alkohol 0,24 gram per 100
milliliter bloed. Dit is dus waarskynlik dat die derde
een {appellant) minstens deur die wyn aangetas was. Deur
nie /8
-8-
nie so te bevind nie, het die Hof a quo, na my mening,
fouteer.
Wat (c) betref het die appellant getuig dat hy
die oorledene gesteek het omdat die oorledene hom op 'n
gruwelike beledigende wyse gevloek het deur na sy moeder
te verwys. Gert het getuig dat hy dit nie gehoor het
nie maar dat dit kon gebeur het. (Hy, soos hierbo aan-
gedui, was in die kombuis en nie op die stoep nie.) Shaun
het verklaar dat toe die appellant die oorledene steek
het hy aan hom gesê "dit is lankal wat jy my vir 'n pop
(d w s 'n klein mannetjie) vat" en dat hy nie enige vloekery
gehoor het nie maar "dat dit so kan wees ... ek weet nie."
Derick het ook verklaar dat hy gehoor het dat die appellant
gesê /9
-9-
gesê het dat die ooledene hom vir 'n pop vat maar dat hy
niks vloekery gehoor het nie. Dit is natuurlik moontlik
dat die beweerde vloekery 'n verdigsel aan die kant van die
appellant is. Dit is egter onwaarskynlik in die lig
van die feit dat die appellant, binne 'n uur of twee na
die misdaad, aan landdros Van Houwelingen die rede vir
die stekery as volg aangegee het:
"Die een vloek my toe uit en daai
is die tyd toe steek ek die een
wat my ma gevloek het."
Ten tyde van die oortreding was die appellant
"tien of twaalf dae onder die ouderdom van twintig jaar."
Uit bostaande blyk dit dat die Hof a quo 'n mistasting
begaan /10
-10-
begaan het deur nie te bevind dat daar op oorwig van waar-
skynlikhede bewys gelewer is nie dat die appellant tot 'n mate
deur drank aangetas was en dat die toediening van die
noodlottige wond die gevolg van provokasie was. Dit staan
derhalwe hierdie Hof vry om te oorweeg of daar wel ver-
sagtende omstandighede teenwoordig was by die pleeg van
die misdaad en, indien wel, om sy mening vir dié van die
Hof a quo te substitueer.
Die getuienis in sy geheel beskou - die skuld-
vorm synde slegs dolus eventualis, die mate van beïnvloeding
deur sterk drank, die vloekery en die appellant se relatiewe
jeug - maak die appellant se optrede minder laakbaar as
wat dit andersins sou gewees het. So beskou is die uiterste
vonnis /11
-11-
vonnis onvanpas en sou ek dit vervang met een van twaalf
jaar gevangenisstraf
Die appèl teen skuldigbevinding word afgewys
Die appèl teen vonnis slaag. Die doodvonnis word vervang
deur 'n vonnis van twaalf jaar gevangenisstraf
APPÊLREGTER
TRENGOVE, AR )
stem saam
SMALBERGER, Wn AR )