South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 20
| Noteup
| LawCite
S v Maseko (34/85) [1985] ZASCA 20 (30 August 1985)
Download original files |
34/85/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA
(APPëLAFDELING)
In die saak tussen:
AARON MASEKO Áppellant
EN
DIE STAAT Respondent
CORAM: CORBETT, GROSSKOPF, BOSHOFF, ARR
VERHOOR: 30 Augustus 1985
GELEWER: 12 September 1985
UITSPRAAK
GROSSKOPF, AR
In hierdie saak is die appellant skuldig
bevind op twee klagtes van moord, agt van poging tot
moord .........
2
moord, een van aanranding met die opset om ernstig te
beseer en een van gewone aanranding. Al hierdie
klagtes spruit voort uit 'n deurlopende reeks gebeure
wat plaasgevind het op Saterdag 28 Januarie 1984.
Hierdie gebeure kan soos volg opgesom word.
Ongeveer 3 n.m. op die betrokke Saterdag het
die appellant vir Elizabeth Mthombeni, een van die klaag-
sters in die klagtes van poging tot moord, genader buite
die huis waarin sy gewoon het. Die appellant en
Elizabeth het vantevore, gedurende 1981 en 1982,
verhouding gehad wat in Maart 1982 deur Elizabeth be-
eindig was. Sy besoek in Januarie 1984 was daarop ge-
mik om 'n versoening te bewerkstellig. Elizabeth was
egter ........
3
egter nie daarvoor te vinde nie. Die uiteinde van
hul gesprek was dat sy in die huis xngehardloop het en
hy haar met 'n halwe baksteen gegooi het - gelukkig mis.
Elizabeth het twee kinders van ongeveer nege jaar elk
gestuur om hulp te ontbied. Die appellant het hulle
agternagehardloop en een van hulle (Elizabeth se dogter
uit 'n ander verbintenis) aangerand (hiervoor is
hy aán gewone aanranding skuldig bevind). Hierna het
die appellant weggeloop.
Omtrent 8 n.m. het die appellant weer sy op-
wagting by Elizabeth gemaak. Sy was toe binne-in die
huis saam met Tolly Adams (die eienaar van die huis) en
'n hele aantal ander persone. Van die aanwesiges het
hom .......
4
hom verwyt oor die moeilikheid wat hy vroeër die middag
gemaak het. Hy het verduidelikings en verskonings
aangebied. Elizabeth se oom, Willem Mbatha, het haar
gevra wat haar houding teenoor die appellant was.
Sy het in die teenwoordigheid van almal gesê dat sy nie
meer lief vir hom was nie. Die appellant is toe mee-
gedeel dat die polisie ingeroep sou word as hy weer daar
moeilikheid kom maak. Elizabeth het bygevoeg dat sy
in elk geval van plan was om by die polisie te gaan kla
oor die appellant se aanranding op haar dogter. Die
appellant is toe aangesê om te loop. Hy was klaarblyk-
lik ontevrede oor sy ontvangs en het by sy vertrek ge-
dreig dat die persone wat daar was, nie daardie nag in die
huis .........
5
huis sou slaap nie.
Mettertyd het sommige van die persone in die
huis begin slaap. Die huis het net uit een kamer met een
buitedeur bestaan. Daar was tien mense daarin, van wie
drie kinders was. Die getuie Jeremia Khuma was slegs 'n
besoeker en het besluit dat dit tyd geword het om húis toe
te gaan. Hy kon egter nie die deur oopkry nie omdat,
soos dit later geblyk het, die appellant dit van buite
met draad vasgebind het. Terwyl Jeremia nog
besig was om te sukkel met die deur, wat oud en verweerd
was, het die appellant van buite petrol gegooi deur
gaatjies in die deur. Onmiddellik daarna
het die appellant die petrol aan die brand gesteek
Die ..........
6
Die hele huis was onmiddellik in ligtelaaie.. Tolly
Adams en 'n helper het die deur oopgeskop en uitgehardloop
Buitekant het die appellant op Tolly Adams afgestorm en
met 'n panga na hom gekap. Adams het gekeer en is op
sy voorarm raakgeslaan. Die appellant het weggehard-
loop.
Al die persone in die huis het brandwonde op-
gedoen, party meer ernstig as ander. Twee persone,
t.w. Elizabeth se tweejarige dogtertjie en Jorina Roux,
'n volwasse vrou , se wonde was noodlottig. Ten
opsigte van laasgenoemde twee persone is die appellant
skuldig bevind aan moord, en ten opsigte van die ander agt
aan poging tot moord. Die skuldigbevinding aan aanran-
ding .........
7
ding met die
opset om ernstig te beseer spruit uit die
aanval
met 'n panga op Adams. Die verhoorhof
(COETZEE
R en assessore in die rondgaande hof te Springs)
het
bevind dat daar geen versagtende omstandighede by
die moorde
aanwesig was nie, en die doodvonnis is dus
hiervoor
opgelê. Dit is slegs teen hierdie bevinding
wat
die appellant nou, met verlof van die verhoorregter,
in
hoër béroep kom. Daar
is dus geen appèl
teen
enige van die ander vonnisse of
teen enige van die skul-
digbevindinge nie.
Die vraag vir beslissing is dus
bloot of die
verhoorhof se bevinding oor versagtende
omstandighede
aangeveg kan word. Mej. Revelas, wat namens die ap-
pellant
8
pellant verskyn het, het betoog dat daar twee moontlike
versagtende omstandighede was, t.w. die appellant se gees-
tesgesteldheid weens Elizabeth se verwerping van hom en díe
vernederende manier waarop hy by haar woning behandel is.
en sy drankinname. Wat albei hierdie faktore betref word
die appellant gekniehalter deur die feit dat sy eie ge-
tuienis oor die gebeure deur die verhoorhof verwerp is (te-
reg, na my mening) en dat hy in elk geval geen feitebasis
voor die hof geplaas het waarop sy advokaat se betoog ge-
grond kan word nie.
Die gebrek aan 'n feitebasis is na my mening be-
slissend veral ten opsigte van die betoog dat die appellant
onder die invloed van drank was. Hy self het nie te dien
effekte ........
9
effekte getuig nie. Al wat in hierdie verband uit die
staatsgetuienis blyk is dat die appellant daardie middag.
voor sy eerste besoek aan Elizabeth, twee liters sorghum-
bier saam met Tolly Adams en Willem Mbatha gedrink het, en
dat hy by sy tweede besoek (d.w.s. ongeveer 8 n.m.) sy
vroeëre gedrag probeer verskoon het deur onder meer te
sê dat hy dronk was. Daar is egter geen getuienis
dat hy inderdaad by enige van die drie geleenthede wat
hy by Tolly Adams se huis was, tekens van drankinname
getoon het nie. Dit is nie duidelik bepaalbaar pre~
sies hoeveel drank hy die middag saam met Adams en
Mbatha gedrink het nie, maar dit was klaarblyklik te min
om nog enige invloed op hom te gehad het teen die laat
aand .........
10
aand toe hy die huis aan die brand
gesteek het. Ek
stem dus met die verhoorhof saam dat drankgebruik
nie
as 'n versagtende omstandigheid in hierdie saak aangemerk
kan
word nie.
Ek kom dan by die appellant se
geestesge-
sindheid ontstaande uit sy mislukte pogings om 'n
ver-
soening met Elizabeth te bewerkstellig en die gebeure
rondom
hierdie pogings. Sy verhouding met haar was
reeds in Maart 1982
verbreek. Daar kan myns insiens
aanvaar word dat hy weer
betrekkinge wou hervat en dat
hy gegrief gevoel het oor haar
weiering asook oor die ma-
nier waarop hy summier aangesê
was om die huis te verlaat
Daarná het hy egter op 'n
berekende manier petrol, dr.aad
en ........
11
en 'n panga gaan haal om 'n aanslag te loods, nie alleen
op die persone teen wie hy 'n grief gehad het nie, raaar
sommer teen almal in die huis, kinders inkluis.
Myns insiens kan die uitwerking op sy gemoed van sy vroeëre
verhouding met Elizabeth en van die voorafgaande gebeure
op die betrokke Saterdag kwalik as 'n versagtende omstan
digheid met betrekking tot hierdie daad beskou word.
Die vroeëre gebeure mag moontlik 'n verduideliking bied
vir sy optrede, maar hulle kan dit na my mening nie min-
der laakbaar maak nie.
Die bogemelde faktore wat voor hierdie hof
geopper is as moontlike versagtende omstandighede is
ook deur die verhoorhof oorweeg. Dit is- oorbekend
dat ..........
12
dat hierdie ho£ slegs op beperkte gronde 'n verhoorhof
se bevinding oor versagtende omstandighede kan omverwerp
Ek hoef egter nie op hierdie aspek uit te brei nie aan-
gesien ek met die verhoorhof se gevolgtrekking saamstem
Daar kan dus uiteraard na my mening geen gronde vir in-
gryping wees nie
Die appêl word van die hand gewys
E M GROSSKOPF, AR
CORBETT, AR )
Stem saam
BOSHOFF, AR )