South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 23

| Noteup | LawCite

S v Lameyer (1) (447/83) [1985] ZASCA 23 (21 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

ADONIS A J LAMEYER APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

Coram : KOTZe, VILJOEN, ARR et SMALBERGER, WAR

Verhoordatum : 21 MAART 1985
Leweringsdatum: 21 MEI 1985

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die appellant wat in die Hof a quo voor 'n

Regter en assessore op 'n aanklag van moord op ene

Magrietha/...

2.

Magrietha von Willigh tereggestaan het, is op die

aanklag skuldig bevind. Versagtende omstandighede

is bevind en 'n vonnis van 15 jaar gevangenísstraf

is hom opgelê. Met verlof van hierdie Hof, nadat

verlof deur die Verhoorhof geweier is, kom die

appellant in hoër beroep teen sy skuldigbevinding.
Die Verhoorhof het bevind dat hy vir
gemelde Magrietha von Willigh, wat bekend gestaan
het as Ous, op 11 Augustus 1979 vermoor het. Om

redes wat later sal blyk is die appellant eers in

hegtenis geneem op 19 Desember 1981 en die verhoor

het eers 'n aanvang geneem op 24 Maart 1983, meer as
drie jaar na die gebeure.

Die appellant was, volgens sy eie getuienis,

ten tyde/

3.

ten tyde van die verhoor 32 jaar oud. Die oorledene,

na wie hierna verwys sal word as Ous, het met haar

man, Klaas von Willigh, op die plaas Waterbron, dig-

by die Kleurling-gebied Esterhof by Riebeeck Kasteel,

gewoon. Die appellant het ten tyde van die gebeure

saam met sy vader gewoon in 'n huis gelee te Lelie-

straat 5, Esterhof. In dieselfde straat, twee huise

daarvandaan, te Leliestraat 9, het 'n oom van die

appellant saam met sy vrou, Lea Lameyer, gewoon.

Die appellant se moeder (ook 'n Lea Lameyer) het nog

geleef maar sy was sieklik en het vanaf om en by

Junie 1979 by haar dogter, Lea Adams, in Kraaifontein

gewoon om naby die Tygerberg-hospitaal te wees waar

sy behandeling ontvang het. 'n Ander suster van die

appellant,/.....

4.

appellant, Minnie Koks, het te Saron gewoon.
Minnie Koks se dogter, wie se n.aam in die notule
van die verrigtinge as Lea Lameyer (nog 'n Lea
Lameyer) aangegee is (en na wie ek sal verwys as
Lea junior), het by die Lameyers , die appellant se
ouers, as dogter grootgeword en het voor die gebeure

saam met 'n ander suster van die appellant, Christina

Lameyer, elkeen van hulle met 'n baba, in een kamer

geslaap in die Lameyer-huis totdat Christina op
Malmesbury gaan werk het en Lea junior na haar eie
moeder op Saron gegaan het toe haar ouma siek geword

het. Volgens afleiding moes Lea junior op ongeveer
15 jarige ouderdom, kort voor die dood van Ous, ge-

boorte gegee het aan haar kind. Die appellant het

een/

5.

een broer, Jurit, gehad wat die vader was van 'n

kind by Ous se dogter. Die dogter het die kind

in die sorg van Ous gelaat terwyl sy self in die

Kaap gewerk het. Jurit, die vader van die kind,

wat vir Ous se man, Klaas von Willigh, na bewering

aangerand het, was voortvlugtig voor die gereg.

Niemand het blykbaar onderhoud betaal vir die kind

nie en Ous het rondgeloop en gebedel om vir die kind

melk te kan koop. Onder die persone vir wie sy so

lastig geval het, het lede van die Lameyer-gesin,

wat die appellant ingesluit het, getel. Of Ous

al die geld wat sy so gebedel het vir die onderhoud

van die kind aangewend het is deur die betrokke

persone betwyfel. Ous het van haar "doppie" gehou en

daar/

6.

daar is algemeen vermoed dat 'n aansienlike bedrag

van die opbrengs van haar bedeltogte vir die doel

om in haar behoeftes in die verband te voorsien,

aangewend is.

Op die middag van 11 Augustus 1979, 'n

Saterdag, so toon die getuienis aan, het Ous te

voet die pad gevat van Waterbron na Esterhof en
het sy aangekom by die huis van Lea Lameyer
te

Leliestraat 9. Die appellant was op hierdie middag

alleen tuis te Leliestraat 5 aangesien sy vader.

Adonis senior, daardie oggend vertrek het om sy

siek vrou by sy dogter, Lea Adams, se huis in Kraai-

fontein te gaan besoek. In die loop van die middag

het die appellant na die huis van sy tante, |Lea

Lameyer,/.....

7.

Lameyer, gestap waar hy vir Ous aangetref het.

Vermoedelik het Ous alreeds toe 'n "doppie" inge-

had. Ous het hom oudergewoonte lastig geval vir

geld vir melk vir die kind. Volgens die getuienis

van Anna Matalla, die dogter van Lea Lameyer, wat

die middag by haar moeder se huis was, het die

appellant geweier om vir Ous enigiets te gee. Sy

verskoning was dat hy nie daardie week, wat op die

Saterdag geëindig het, gewerk het nie. Hy is later

daar weg na sy huis te Leliestraat 5 en Ous is daar-

na ook weg. Volgens Anna Matalla het Ous na die

huis van bure van hulle "net om die draai" gegaan

en sy kon nie vir die Hof sê wat Ous se bewegings

daarna was nie. Sy het getuig dat Ous die middag

gekleed/

gekleed was in 'n rok wat bestaan het uit 'n room-

kleurige bo-stuk en wynkleurige romp (wat met die

verhoor voor die Hof gedien het as bewysstuk 2),

'n vloot-blou trui en 'n kopdoek. Ous is nooit weer

lewend gesien nie.

'n Ander getuie, Rachel Albertus, wat ook

in Esterhof woonagtig was, het get.uig dat sy die

betrokke Saterdagmiddag van Esterhof na Hermon toe

gestap het om haar siek kind in Hermon te gaan

besoek. Die getuienis van wat die stapafstand na

Hermon is het gewissel. Dit was in elk geval nie na-

der as 6 en nie verder as 8 kilometer nie. Sy beweer

dat sy met haar terugkeer teen skemer, te voet, na

Esterhof naby die treinspoor na Herraon die appellant

gesien/...

9.

gesien het by 'n hekkie naby 'n watersloot wat oor-

loopwater van 'n dam op die plaas Waterbron afgevoer

het. Volgens haar getuienis het hy by 'n fiets met

dik wiele gestaan (wat sy herken het as die fiets

van die appellant se oom wat te Leliestraat 9.

woon)en toe hulle mekaar sien het hy 'n bondel goedere

daar tussen die gras gelos, die fiets met moeite be-

styg - sy het die indruk gekry dat hy nie heeltemal

nugter was nie - en het hy in die rigting weg van

Esterhof af gery. Sy het nader gegaan na die bondel

goedere wat volgens haar bloederig was en het 'n pers

rok (bewysstuk 1) gesien wat sy geëien het as 'n rok

wat aan die appellant se moeder behoort het. Dit

was 'n tipe oorrok wat die appellant se moeder dikwels

oor/

10.

oor haar ander rok aangetrek het, het sy getuig.
Tussen die goedere was ook 'n stuk materiaal wat
sy beskryf het as 'n stuk dekenlap. Sy beweer dat
sy die deken vanwaar die stuk dekenlap gekom het,
goed geken het. Dit is ín die huis van die Lameyers
as 'n bedsprei gebruik. Sy het dikwels by die Lameyers
aan huis gekom en toe Lea se babatjie ongeveer 'n
maand oud was, het sy self in die kamer waar Lea
junior en Christina geslaap het 'n stuk van die deken
afgeskeur om as 'n doek vir die babatjie te dien.
Die stuk wat oor was is weggebêre in die kas in die
twee jong moeders se kamer.

Met haar tuiskoms die Saterdagaand het sy

aan haar suster, in die teenwoordigheid van laasgenoemde

se/

11

se stiefdogter, Jacoba Swarts, vertel dat sy

die appellant daar aangetref het en ook van die

bondel goedere wat hy daar agtergelaat het. Op

Maandag na die Saterdag is sy weer na haar siek

kind op Hermon. By hierdie geleentheid was

Jacoba Swarts saam met haar. Die bondel goed was

nog steeds daar waar sy dit die vorige Saterdag

aangetref het. Hulle het egter nie ondersoek in-

gestel nie, maar het slegs verby geloop. Hulle het

dieselfde dag met 'n geleentheid teruggekeer na

Esterhof.

Op die Maandagaand het die appellant se

vader teruggekeer na sy huis. Op Dinsdagoggend is
die appellant weg van die huis na Kaapstad waar

hy gaan/......

12.

hy gaan werk het. Op die Woensdag is Rachel weer,

op pad na haar siek kind, verby die plek waar sy die
hondel goed voorheen aangetref het. Dit was egter toe
nie meer op daardie plek nie.
Op dieselfde Woensdag is Ous se rooi san-
dale, en kort daarna haar liggaam, in die watersloot
op die plaas Waterbron gevind deur 'n seun, September
Fortuin, wat, nadat hy uit die skool gekom het, vissies
in die watersloot gesoek het. Rachel het getuig dat
toe sy daardie middag terugkom van Hermon af, loop
sy 'n ander vrou, Kato von Willigh, wat ook op die
plaas Waterbron woónagtig was, raak. Die vrou vra
vir haar of sy nie iets snaaks langs die spoorlyn
gesien het nie en toe sy wou weet hoekom die vraag aan

haar/

13.
haar gestel word, vertel die vrou aan haar dat

Ous dood opgetel is in die watersloot. Sy het
toe aan die vrou vertel dat sy die appellant die
vorige Saterdag "daar" gesien het.
Op Donderdag het die polisie, wat moes
verneem het dat Rachel iets van die saak weet, vir
haar genader en haar ondervra. Aan die polisie het
sy nie op daardie stadium gesê dat dit die appellant
was vir wie sy daar gesien het nie; sy het gesê dat
sy die persoon nie kon uitken nie. Sy het die polisie
egter van die bondel goed vertel en vergesel van ïede
van die polisie het sy na die goed gaan soek. Die
goed was op daardie stadium nie meer op die plek
waar sy dit aanvanklik opgelet het nie, maar na verdere

gesoek/

14

gesoek, is die bondel half onder 'n gras- of

rietpol teen die wal van die watersloot versteek

gevind. Volgens Rachel het die inhoud van die

bondel bestaan uit albei rokke, bewysstukke 1 en

2, en die dekenlap waarvan sy vroeër in haar ge-

tuienis melding gemaak het. Dit blyk egter uit

polisie-getuienis dat sy 'n fout gemaak het want

alleen die pers oorrok (bewysstuk 1) is saam met

die dekenlap daar gevind. Die ander rok, die room-

kleurige bostuk met 'n wynrooi romp (bewysstuk 2)

is aan die liggaam van Ous gevind.

Die nadoodse ondersoek het getoon dat

Ous dood is as gevolg van 'n hele aantal steekwonde

wat met 'n skerp voorwerp toegedien is en dat ook

ander/

15.
ander beserings veroorsaak is met 'n stomp voorwerp.

Die steke aan haar liggaam en gate wat gevind is
aan bewysstukke 1 en 2 het ooreengestem, waarvan

af te lei is dat die steke toegedien is toe Ous

albei die rokke aangehad het.

Op Saterdag 18 Augustus 1979 het die
appellant se suster, Christina, en sy moeder by die
huis in Riebeeck Kasteel aangekom vir Ous se begraf-

nis wat op Sondag 19 Augustus 1979 aldaar plaasgevind

het. Christina, wie se getuienis deur die Staat aan-

gebied is, is gediskrediteer en haar moeder is, soos
hieronder sal blyk, nie lank daarna nie oorlede en
daar was dus geen getuienis voor die Hof van die
toestand waarin die huis was toe hulle daar was op

18 en 19 Augustus/.....

16.

18 en 19 Augustus 1979 nie. Na die begrafnis is

die moeder terug na Kraaifontein waar sy spoedig

daarna in die Tygerberg-hospitaal opgeneem is en

waar sy oorlede is op Saterdag, 16 September 1979.

Op Sondag, 17 September 1979, het Lea junior vanaf

Saron op Riebeeck Kasteel aangekom om haar ouma se

begrafnis by te woon. Die Sondagnag het sy by haar

tante (vermoedelik Lea Lameyer van Leliestraat 9),

geslaap en die volgende dag, Maandag, 18 September 1979,

het sy en haar tante Christina die huis te Leliestraat

5 skoongemaak omdat hulle mense verwag het vir die

begrafnis van wyle Lea Lameyer. Ek het reeds gemeld

dat Christina, wat ook getuienis sou kon gee van die

toestand van die huis op 18 September 1979 en wat

daarin/

17

daarin gevind is, se getuienis gediskrediteer is

Lea junior se getuienis is egter deur die Staat

aangebied. Binne die huis, sê sy, het sy in die

voorkamer op 'n matras afgekom wat, nadat sy die

vensters oopgemaak het, gestink het na bloed. Die

matras was vol "bloed goeters" en was so "nat-vuil"

'n Ander uitdrukking wat sy gebruik het, was dat die

matras "klam-nat" was. Gevra hoedat sy weet die

stank is die van bloed het sy geantwoord dat sy a's

vrou wat haar maandstonde kry weet hoe dat bloed ruik,

Die matras was ook stukkend. Dit was 'n dik matras

wat vere gehad het, maar tussen die vere was iets

soos "klapperhaar". Die bloedkol was aan die bo-punt

van die matras, "in díe middel was so 'n kol." Die

muur/

18.

mure van die woonkamer was pers geverf maar aan

die kant waar die bed was, bokant die bed, was daar

'n kol wat groen geverf was. Van die groen verf,

wat morsig aangebring is, het afgedop en daar het

wat sy genoem het "spatsels" deurgeslaan. Dit was

kolle wat soos bloed gelyk het, het sy getuig.

In die kas in die kamer waarin hulle voorheen ge-

slaap het, het hulle 'n wit kopdoek met blou en geel

kolle, 'n trui en stukke van 'n bedsprei gevind. Die

stukkies van die bedsprei was volgens haar yol bloed-

kolle wat egter al droog was. Di.t was donkerrooi

kolle. Die trui het sy eers beskryf as 'n "bruinerige,

maroenerige" trui. Op die vraag "Was dit alles een

kleur gewees of was dit verskillende kleure?", het

sy/....

19.

sy geantwoord, "Soos hy vuil is seker, hy was bruin,

so maroen, so 'n donkerpers kleur gehad, so met vuil

kolle en so"

Al die rommel wat hulle in die huis gevind

het, het haar oupa in die agterplaas verbrand. Onder

die goed wat hy verbrand het was die matras wat na

bloed geruik het en die kopdoek, trui en stukke van

die bedsprei wat sy en Christina in die kamer in die

kas gevind het,

In Maart 1980 het sy 'n verklaring by die

polisie afgelê. Die polisie het aan haar die twee

rokke, bewysstukke 1 en 2, getoon. Die wynrooi rok

met die roomkleurige bo-stuk (bewysstuk 2) het sy nie

geken nie, maar die perskleurige rok, bewysstuk 1,

het/

20.

het sy geëien as haar rok. Hierdie rok, so het

sy die Hof meegedeel, was eers haar ouma se rok
wat deur laasgenoemde aan haar gegee is. Toe sy
na Saron vertrek het, het sy die rok in die kas

agtergelaat. Die appellant, sê sy, was nie by

haar ouma se begrafnis nie.
Joseph Snyders, ook bekend as Bok Snyders,
wat die appellant goed geken het aangesien hy saam
met die appellant op skool was en hom later ook
dikwels raakgeloop het op Riebeeck Kasteel, het die
Hof meegedeel dat hy en 'n vriend van hom, Pieter
Joubert, wat ook van Riebeeck Kasteel kom, vir die
appellant op Bellville-stasie een Saterdagoggend in
Maart 1980 raakgeloop het. Hulle wou met die appellant

gesels/

21.

gesels maar laasgenoemde was skynbaar onwillig
om hulle van aangesig tot aangesig te ontmoet
want toe hulle na hom roep, het hy net met sy arms
gewaai en tussen die mense verdwyn. Snyders het
getuig dat Píeter Joubert verbaas voorgekom het
daf die appellant daar rondloop want, het hy vir
Snyders vertel, hy hoor dat die polisie vir die
appellant soek aangesien hy verdink word van die
moord op Ous. Die daaropvolgende Woensdag, teen
ongeveer 7hOO, se Snyders, het hy vir die appellant
raakgeloop naby 'n vis- en skyfie-winkel in Stikland.
Gedagtig aan wat Pieter Joubert vir hom vertel het,
vra hy vir die appellant wat sy probleem is waarop die
appellant teenoor Snyders erken dat hy vir Ous dood-

gemaak/

22.

gemaak het. Gevra hoekom hy dit gedoen het, het

hy geantwoord hy weet nie. In die loop van die

gesprek het die appellant vir die getuie meegedeel

dat hy in Fisantekraal woon en met die fiets ry tot

in Stikland vanwaar hy dan deur sy werkgewer vervoer

word na die plek waar hy werk. Hy het die getuie

meegedeel dat hy by Maitland se slagpale werk. Aan-

gesien die appellant 'n messelaar is van ambag word

afgelei dat hy bedoel het om Snyders mee te deel dat

hy bouwerk by die slagpale gedoen het. Snyders getuig

dat hy daarna vir Pieter Joubert vertel het dat die

appellant erken het dat hy vir Ous gedood het. Hy

het egter vir niemand anders daarvan vertel nie, sê hy,

Toe hy egter een naweek daarna weer huis-toe, na

Riebeeck-wes,/......

23.

Riebeeck-wes, gaan, het die polisie hom
genader om 'n verklaring te maak waarop hy alles
verklaar het wat hy die Hof in sy getuienis mee-
gedeel het. Hoedat die polisie geweet het dat
hy iets weet kon hy nie verklaar nie.
Die getuie het verklaar dat hy dikwels
huis-toe na Riebeeck Kasteel gegaan het. Dat hy
die eerste maal van Ous se dood van Pieter Joubert
op Bellville-stasie gehoor het, soos hy op een
stadium getuig het, kon hy, in die lig van sy getuie-
nis dat hy voor die betrokke Saterdag dikwels by
die huis was, nie bevredigend verklaar nie.
Pieter Joubert het die getuienis van Joseph Snyders

bevestig dat hulle vir die appellant op Bellville se

stasie/

24.

stasie raakgeloop het en dat hy nie met hulle wou

praat nie. Hy het ook bevestig dat Snyders aan

hom vertel het van die erkenning wat die appellant

gemaak het by die vis- en skyfie-winkel in Stikland,

Hy self het ook een naweek huis-toe gegaan maar op

later geleentheid as Snyders. Ook vir hom het die

polisie genader op hierdie geleentheid. Hy het toe

'n verklaring afgelê.

Ongeveer 'n jaar na haar ouma se begrafnis,

so het Lea junior getuig, toe sy by die Burger Fair

Restaurant in Stikland gewerk en in Boston geloseer

het, het sy die appellant by Bellville se stasie

raakgeloop. Hy het aan haar gevra hoe dit by die

huis gaan. Haar antwoord was dat dit goed gaan en

dat hy/.......

25.
dat hy self moet gaan kýk hoe dit daar gaan. Hy
meld toe aan haar dat hy hoor die polisie soek hom
en vra haar of die polisie werklik vir' hom soek en
waarvoor. Hoewel sy aan die hand van gerugte goed
geweet het waarvoor die polisie hom gesoek het, het
sy geantwoord dat sy self nie weet nie en dat hy maar
self moe't gaan vasstel waarvoor hulle hom soek.
Onder kruisondervraging beweer sy dat hy geweet het
dat sy ma oorlede is want die naweek waarin sy ma
oorlede is het hy by sy tante, Lea Adams, geloseer.
Dat hy daar geloseer het, het sy by "ander mense"
gehoor, vermoedelik haar eie ma en tante, wat daardie
naweek in die Kaap was.

Dat die appellant wel, solank hy in die Kaap

gewerk/

26

gewerk het, soms na Riebeeck Kasteel gegaan het

was ook die getuienis van Rachel en van die appellant

se eie vader wat vir die verdediging. getuig het en

na wie se getuienis ek later sal verwys. Volgens

Rachel het die appellant voor sy inhegtenisname

somtyds wel na Riebeeck Kasteel gekom, maar het hy

altyd die polisie ontwyk. Sy getuig dat hy in díe

nag daar gekom het om in die oggend vroeg weer te

vertrek. In hierdie tyd het sy dreigemente per

boodskap ontvang dat hy vir haar ook gaan doodmaak

en het sy die polisie versoek om haar te beskerm.

Waar sy in haar eerste verklaring aan die polisie

wat sy afgelê het kort na die vonds van Ous se

liggaam in die watervoor, beweer het dat sy die

persoon/

27.
persoon met die fiets wat sy gesien het op

Saterdagaand, 11 Augustus 1979, nie herken het
nie, het sy in 'n latere verklaring wat sy na sy
arrestasie afgelê het, verklaar dat sy wel die
appellant daardie aand herken het. Sy het soos
volg getuig toe vrae aan haar gestel is deur die
assessore en die Verhoorregter:

"Wat het jou laat van gedagte verander nou
hier laaste jaar dat jy nou vir die polisie
gaan vertel dit was die beskuldigde wat jy
gesien het? --- Ek het ook maar al die tyd
vir my lewe gelewe, meneer, want hy was
maar op die way om vir my ook seer te maak.
Ek moet somtye meneer moet ek vir die
polisie aansê dat hulle moet by ons huís
kom waak, dan kom hulle na ons huis toe.
Wie? --- Die polisie.
Hoekom? --- Toe het Doon voorgespeel hy
gaan vir my ook doodmaak. Toe die polisie
so twee, drie aande by ons huis kom waak

daar/....

28.

daar, toe is hy nou op vlug, toe is hy
nog nie gevang nie.

Maar hy was weg ook vir 'n paar jaar wat hy
nie teruggekom het na Riebeek Kasteel toe
nie, hy kon jou nie gedreig het nie, hy wat

die beskuldigde is? --- Hy was weg, maar hy

was daar in Kasteel rond gewees, meneer.

Het jy hom gesien? --- Hy het net in die aande

in Kasteel altyd gewees.

Die beskuldigde? --- Ja.

HOF: Het jy hom daar gesien? --- Ons het hom al
in die aande gesien, ja meneer, en soggens vroeg
dan loop hy weer met sy pakkie kos weg.

Wie het die kos uitgesit vir hom? --- Hy gaan haal

die kos by hulle huis, meneer.

By sy eie huis? --- Ja, meneer.

i

Die meneer vra hoekom het jy nou besluit om 'n
ander storie te vertel, nou die tweede verklaring,
het jy gesê dit is hy wat jy gesien het by die
bruggie, nê? --- Ja. ;

Hoekom het jy dit nou gesê, hoekom het jy nou

gedraai,/

29.

gedraai, dit is wat ons wil weet? - Om ek

vir meneer mos sê dat hy wil vir my ook seer-
gemaak het. Toe Mnr. Dippenaar sê ek moet nou
eerlik wees en vir hulle sê, die waarheid sê
want ons mag nie kom leuens vertel hierso nie,
toe vertel ek vir Mnr. Dippenaar die waarheid.

In ander woorde, op een of ander manier het hy
uitgevind jy is 'n getuie in die saak?- Ja .

En hy wou jou kom seermaak? --- Ja.

Hoe weet jy dit? - Toe het hy ook al aan die
mense gesê hy gaan my seermaak en in die nagte
as die hond so blaf en toe het ek die polisie
gebel en gevra of hulle nie daar kan so 'n draai
kom maak in die nag in en dat hulle agter hom
aan gehardloop het toe hy hom weggesteek het in
sy oom se huis.

En jy sê hy het aande na Kasteel gekom en hy
het soggens het hulle hom pakkies kos gelos
by die huis en hy het dit kom optel, nê? - Ja.

Hoe weet jy dit persoonlik? - Meneer, ons sien
hom party oggende, as hy nou nie na ons mop,
daar waar ons die vuilgoed weggooi, daardie
rigting loop nie, dan loop hy die bosse se rig-
tíng, dan sit hy weer so tot dit donker is,
dan kom hy net weer terug.

Hy/

30.

Hy sit in die bosse, sê jy? - Ja.

Dan kom hy saans weer terug? - Hy kom laat-

nag weer terug.

Na sy huis? --- Ja.
Hoe weet jy dit? - My suster se man kry vir
hom in die aande langs die pad.
Maar hoe weet jy dit dat hy teruggekom het in
die aand, saans? - Ja, as hy soggens, dan
sê my skoonma ook en ons sien hom ook, dan kom
hy deur sy antie se kamp gestap want altwee
sy anties bly daar so oormekaar, dan moet hy
daar deur die kamp kom.
Nee, ek vra, hoe weet jy, het jy hom self gesien?
Ek het ook al vir hom gesien vroegoggend, meneer.
Het jy? --- As ek so vir die ambulans wag en
ek kom Kaap toe, dan sien ek hom altyd in die
oggende loop."

. Kruisondervraging deur die advokaat vir
die verdediging het haar deurmekaar gemaak. Toe dit
aan haar gestel is dat die geleenthede waarvan sy

getuig/

31

getuig het, plaasgevind het nadat die appellant

gearresteer is en vrygelaat is op borg, het sy

bevestigend geantwoord. Uit die getuienis van

sersant Geldenhuys, wat gehelp het met die onder-

soek van die saak voordat hy in April 1980 van

Riebeeck-Wes verplaas is na Pinelands, blyk dit

egter dat die nagtelike en geheimsinnige besoeke

van die appellant plaasgevind het, soos Rachel eers

in haar getuienis beweer het, terwyl die appellant

nog op vrye voet was. Dippenaar het getuig dat hy

op twee geleenthede spesiaal in die nag Kaap toe

gery het om na die appellant te gaan soek; dit was

egter tevergeefs. By een geleentheid het hy van 'n

beriggewer, wat hy in sy getuienis geidentifiseer

het/........

32.

het as Rachel, 'n oproep ontvang as gevolg waarvan

hy na 'n sekere huis in Esterhof gegaan het waar hy

na die appellant gesoek het - sonder sukses egter.

Agter die huis is 'n afvalplek waar die munisipale

stortings plaasvind; ook daar het hulle gaan soek

op grond van 'n berig dat hy daar opgemerk is - weer-

eens sonder sukses

Op 19 Desember 1981 het Adjudant-Offisier

Dippenaar berig ontvang dat die appellant op Riebeeck

Kasteel is. 'n Soekgeselskap van polisiemanne is ge-

reël en die appellant is in hegtenis geneem. Op

20 Desember 1981 het die appellant die gebruiklike

onderhoudsverklaring gemaak nadat hy behoorlik gewaar-

sku is. Hierdie verklaring is sonder beswaar van die

kant/

33

kant van die verdediging as deel van die Staat se

saak voor die hof gelê,

Die appellant is daarna vrygelaat op

borg,

Op 'n Saterdag kort voor die verhoor, so

getuig Pieter Joubert, het hy vir die appellant by
'n kroeg raakgeloop. Die appellant het hom na die
toilet geroep. Joubert was eers onwillig om te
gaan maar het tog later besluit om te gaan hoor wat
die appellant van hom verlang. Toe hy by hom kom
merk die appellant op dat hy sien Joubert is ook 'n
getuie in die saak. Joubert se antwoord was dat
hy nie daarvan weet nie. Daarop bring die appellant
'n rol papier uit sy broeksak tevoorskyn waarop die

name/

34

name van die getuies verskyn en wys vir Pieter

Joubert dat sy naam veertiende op die lys voorkom,

Die appellant versoek toe vir Joubert om hom die

oggend van die verhoor teen 6h00 op Bellville-

stasie te ontmoet om saam met hom na sy advokaat

te gaan. Joubert het egter nie gegaan nie.

Daar is veel meer getuienis deur die

Staat aangebied maar wat hierbo opgesom is bevat

die kern van die Staat se saak. Ek sal later, in

die beredenering, verwys na sekere ander getuienis

van die Staat se getuies wat ek nie hierbo weergegee

het nie.

Hoewel daar, wat besonderhede betref, talle

verskille is tussen die appellant se verklaring aan

die/.....

35.
die polisie en sy getuienis voor die Hof en sy

getuienis self gewemel het van weersprekings, het
hy wesentlik die volgende saak in sy verklaring
sowel as in die Hof gestel. Hy weet niks van Ous
se dood nie. Hy het haar die Saterdagmiddag by
sy tante se huis ontmoet waar sy om geld geneul
het en ofskoon hy aanvanklik geweier het om haar
enigiets te gee het hy uiteindelik aan haar R2,00
gegee. Hy is later huis-toe en het haar nie weer
gesien nie. Later die middag, nadat hy 'n ruk lank
in die "agterkamer" boekies gelê en lees het en
daarna 'n ruk lank geslaap het, is hy weer na sy
tante se huis waar hy met Mattewis (Tokkie) Lameyer,
sy tante se 15 jarige seun, gereël het om die aand

by/

36.

by hom te slaap omdat hy nie 'n radio gehad het
nie, en Tokkie wel. Tokkie is eers na 'n party,
maar het daarna by Leliestraat 5 met sy radio
aangekom en hulle het albei in die agterkamer
radio geluister en toe geslaap. Die volgende dag,
Sondag, is hy na 'n plaas waar hy met vriende domino's
gespeel het. Laat die Sondagmiddag het hy na die
huis teruggekeer. Tokkie het weer die Sondagnag by
hom geslaap. Maandag het hy in Riebeeck Wes gaan
werk en die aand het sy vader van Kaapstad terugge-
keer. Sonder om vir sy pa te sê waarheen hy gaan is
hy Dinsdagoggend weg om in die Kaap te gaan werk
waar werk reeds die vorige week deur ene Visser van
Stikland aan hom belowe is. Die kol groen verf

bokant/

37.
bokant die bed in die voorkamer, sê hy, het hy

aangebring die Dinsdag of Woensdag voor die betrokke
Saterdag. Hy hef dit gedoen omdat die druppels wat
langs die muur afloop die komberse waar hy geslaap
het, nat en vuil gemaak het. Totdat hy teruggekeer
het na Riebeeck Wes in Desember 1981 toe hy ge-
arresteer is, was hy nooit by die huis nie, nie eens
gedurende openbare vakansiedae of oor die Kersfees-
en Nuwejaar-feesgetye van 1979/1980 bf 1980/1981 nie.
Hy het by daardie geleenthede gewerk, sê hy - nie
vir sy werkgewer nie, maar hy het lps werkies gedoen.
Hy was onbewus van sy moeder se dood en het eers
later, drie maande daarna, daarvan by 'n kennis gehoor.
Hy was nooit by sy suster, Lea Adamsnie. Hy het nie

geweet/

38.
geweet wat haar adres was nie. Hy het dlkwels vir

lang rukke van die huis weggegaan en niks van hom
laat hoor nie. Aldus het hy een keer aan die Wit-
watersrand vir 'n jaar of twee gewerk en een keer was
hy 'n lang ruk in Suidwes-Afrika.
Hy erken dat hy vir Joseph Snyders en
Pieter Joubert op Bellville se stasie ontmoet het.
Hy ontken egter dat hy van hulle weggeloop het
sonder om te gesels. Hy beweer dat hy wel met hulle
gesels het en dat hulle aan hom vertel 'het die polisie
soek hom vir 'n moord "wat hy gemaak het." Ofskoon
hy erken dat hy bewus is van die viswinkel in Stik-
land ontken hy dat hy vir Joseph Snyders daar raak-
geloop het en dat hy teenoor hom erken het dat hy vir

Ous/

39.

Ous doodgemaak het. Hy ontken dat hy vir Pieter

Joubert gekonfronteer het met die feit dat hy ook

'n getuie teen hom is.

Die appellant se pa, Adonis Lameyer senior,

is as getuie vir die appellant opgeroep nadat die

Staat, wie se getuie hy aanvanklik was, 'n verklaring
wat hy gemaak het aan die verdediging beskikbaar
gestel het. Die hele gees van Lameyer senior se

getuienis is een van bevoordeling vah sy seun. Hy
het egter die appellant, sy seun, in twee opsigte
wesentlik benadeel. Hy het sy seun weerspreek deur
te getuig dat die appellant nie die groen kol op die

muur geverf het voordat hy weg is Kaap toe nie, maar

dat hy dit inderdaad gedoen het terwy1 hy, senior,

in die/

40.

in die Kaap was daardie naweek; hy het ook, teen-

strydig met wat in sy verklaring voorkom, beweer dat

die appellant dikwels huis-toe gekom het en dat hy

bewus was van sy suster, Lea Adams, se adres.

Mattewis (Tokkie) Lameyer se getuienis ±s

ook deur die verdediging aangebied. Daar is teen-

strydighede tussen sy getuienis en die appellant se

getuienis maar in hoofsaak het hy die getuienis van

die appellant wat betref die slapery Saterdag- en

Sondagnagte gestaaf.

Die Verhoorhof het vir Katrina April (Kato)

as getuie geroep. Van haar is hierbo melding gemaak as

die vrou vir wie Rachel teengekom het op die plaas

Waterbron en vir wie Rachel, toe Kato (na wie sy

verwys het as Kato van Willigh) haar vertel van

die/...

41.

die vonds van Ous se liggaam, na bewering gesê het

dat sy vir die appellant die vorige Saterdagaand

daar by die sloot gesien het. Kato het getuig dat

sy vir Rachel by daardie geleentheid gesê het sy

voel nou so geskok want die mense het Ous se lyk

gekry en hulle sê sy is vermoor. Op 'n vraag of

Rachel toe vir haar iets gesê het, het sy geantwoord

dat Rachel gesê het sy weet daarvan. Op.'n verdere

vraag of Rachel haar vertel het van iets wat sy daar

gesien het, was haar antwoord dat sy nie meer kon

onthou nie. Tydens kruisondervraging deur die advo-

kaat vir die verdediging het sy herhaal dat sy "nou

skoon vergeet" het. Dat Rachel vir haar gesê het

sy weet van die vonds van Ous se liggaam, kan nie

waar/

42.

waar wees nie, want Rachel was op pad van Hermon

na haar huis en sy het nog nie geweet dat Ous se

liggaam gevind is nie.

Hoofsaaklik op die getuienis wat ek

hierbo opgesom het, moes die Hof a quo die saak

beslis. Die benadering van die Hof was dat al die

getuienis in die saak omstandigheidsgetuienis is

en die Hof het die bekende beginsel wat neergelê

is in die saak van R v Blom 1939 AD 188 toegepas

die beginsel naamlik dat die afleiding wat gemaak

staan te word, bestaanbaar moet wees met al'die

bewese feite en dat dit die enigste redelike aflei-

ding moet wees wat van die bewese feite gemaak kan

word.

As/

43.

As die getuienis van Rachel dat dit die

appellant was vir wie sy daar op die toneel die

Saterdagaand gesien het, aanvaar word, sou dit,

hoewel omstandigheidsgetuienis in die sin dat dit

die appellant slegs verbind met Ous se dood en nie

getuienis van hoe sy gedood is nie, nogtans reg-

streekse getuienis wees dat hy onder verdagte omstan-

dighede op of naby die toneel waar Ous se liggaam

gevind is, gesien is. As Joseph Snyders se getuienis

aanvaar word, sou dit, afgesien van die omstandigheids-

getuienis,die appellant in hoë mate impliseer. Daar is

dus, sowel in hierdie Hof as in die Hof a quo 'n sterk

aanval gedoen op die betroubaarheid van hierdie twee ge-

tuies. Daar is aan die hand gedoen dat die Hof a quo ver-

keerdelik/....

44

keerdelik hulle getuienis aanvaar het en aangesien

dit die geval is, so lui die betoog, bly daar nie

genoeg omstandigheidsgetuienis oor om 'n skuldig-

bevinding te rugsteun nie. Die Staat se advokaat

het met hierdie uitgangspunt saamgestem. Hierdíe

Hof is natuurlik nie gebonde aan enige toegewings

wat die Staat se advokaat maak nie want dit is nie

vir hom om 'n oordeel te vel oor die genoegsaamheid

van die getuienis vir 'n skuldigbevinding nie, maar

die plig van hierdie Hof om sodanige bepaling te

maak. Ofskoon ek daarvan oortuig is, soos ek later

meer volledig sal aantoon, dat Snyders se getuienis

behoorlik deur die Hof aanvaar is, is dit my oordeel

dat/...........

45.

dat,selfs as sy getuienis buite rekening

gelaat word, daar nog genoegsame omstandig-

heidsgetuienis oorbly om 'n skuldigbevinding

te rugsteun. Wat Rachel se getuienis betref

is ek van oordeel dat, selfs indien haar ge-

tuienis van die uitkenning van die appellant

verdag sou wees, daar nog voldoende van haar

getuienis wat aanvaarbaar is, omdat dit deur

ander getuienis bekragtig word, oorbly om 'n

afleiding te regverdig dat dit die appellant

was vir wie sy gesien het daardie Saterdagaand,

Die/...........

46.

Die beperkte bevoegdheid van hierdie Hof
om, by ontstentenis van 'n feite-dwaling, in te gryp
waar die Verhoorhof 'n geloofwaardigheidsbevinding
gemaak het, is welbekend. In die geval van die op-
weging van die feite om te bepaal waar die waarskyn-
likhede lê, word hierdie Hof nie in dieselfde mate
aan bande gelê nie want dit kan gewoonlik self die
naakte waarskynlikhede beoordeel. Dikwels, egter,

kan die waarskynlikhede alleen beoordeel word met

inagneming van die persoonlikhede betrokke,die

milieu waarin die beweerde oortreding begaan is en

die algemene klimaat en atmosfeer wat in die omstan-

dighede geheers het. Kyk Bitcon v Rosenberg 1936 AD

380 op 396 in fine - 397; R v Dhlumayo and Another

1948(2)/

47.
1948(2) SA 677 (A) op 705 (6). Uit die aard van die
saak is die Verhoorhof beter in staat om, vanuit
hierdie oogpunt beskou, die waarskynlikhede wat
omgewe is deur 'n bepaalde atmosfeer, te beoordeel .
Dit blyk duidelik uit die relaas van die
verrigtinge dat die Lameyer-familie van Esterhof vir
Ous as 'n laspos beskou het. Sy was by hulle nie
besonder gewild nie. Soos die geleerde Verhoorregter
dit treffend uitgedruk het in die Hof a quo se uit-
spraak:

"Dit kom vir ons voor dat die inwoners van die
lokasie minder besorg was oor Ous se dood as oor
die feit dat daar van hulle is wat bereid was om
'n inwoner te verklik."

Sommige van die appellant se familie-lede was openlik

partydig vir hom en het hom beskerm. Christina Lameyer

het/

48

het ten gunste van hom afgewyk van haar verklaring

wat sy aan die polisie gemaak het - in so 'n mate

dat sy gediskrediteer is. Lea junior het aan die

Hof meegedeel dat die familie-lede - sy het spesifiek

haar tantes genoem - haar kwalik geneem het omdat sy

vir die Staat teen die appellant getuig. Sy sê baie

het haar geskel " .... soos hulle familie onder mekaar,

daardie spul by die huis ook." Haar tantes waarvan

ons weet is Christina Lameyer en Lea Adams. Laasge-

noemde wat alleen getuienis ter versagting gelewer

het, het getuig dat die appellant nooit by haar huis

was voor hulle moeder se dood en trouens solank as

wat hy in die Kaap was nie, terwyl daar voldoende

getuienis was, insluitende die van sy eie vader, om

aan/

49.

aan te neem dat hy, hoewel miskien nie pal nie,

tog wel by haar ingewoon het of in elk geval

dikwels daar gekom het en bewus was van sy ma se

dood. Hy het nie haar begrafnis bygewoon nie omdat

hy klaarblyklik bevrees was dat die polisie hom

sou arresteer en die familie het hom beskerm.

Rachel Albertus het per boodskap dreigemente ontvang

wat haar genoop het om polisie-beskerming in te roep.

Kato April (Kato) het skielik "skoon vergeet" van wat

Rachel Albertus vir haar gesê het. Die afleiding

kan gemaak word dat daar 'n sameswering was deur die

vernaamste belanghebbende partye om hom so min moont-

lik te impliseer en om sy skielike verdwyning van

Riebeeck Wes in die voordeligste lig moontlik vir

hom/

50.
hom te stel. Dit was die algemene klimaat wat

geheers het en waarin die Hof a quo die saak be-
oordeel het.
Hierdie Hof het die voordeel van 'n beson-
der volledige, goedberedeneerde en deeglike uitspraak
van die Hof a quo. Dit is dus nie nodig om die hele
veld weer te dek nie. Ek sal my dus hoofsaaklik
bepaal by die argumente wat aan ons deur die appellant
se advokaat gerig is, en veral op die aanvalle wat
daar gemaak is op Rachel, Joseph Snyders en Lea
junior se getuienis.
Daar is aangevoer, eerstens, dat die ge-
tuienis van Rachel Albertus en Joseph Snyders van
sodanige swak gehalte is dat daar 'n redelike moont-

likheid/

51.
likheid bestaan dat hulle getuienis onwaar is;

tweedens is betoog dat die Hof a quo gefouteer het
deur Lea junior se getuienis te aanvaar en, derdens,
dat in ag genome al die swakhede wat aan die Staat
se saak kleef, die omstandigheidsgetuienis wat wel
aanvaarbaar is, net so bestaanbaar is met die
appellant se onskuld as sy skuld.
Joseph Snyders se getuienis "dat die appel-
lant spontaan by Stikland se vis- en skyfie-winkel
sou erken dat hy vir Ous gedood het, is onwaárskynlik,
is voor hierdie Hof betoog. Aan die hand is gedoen
dat die getuienis aantoon dat hulle nie groot vriende

was nie, slegs kennisse en die feit dat Joseph Snyders

se nefie deur die appellant aangerand is met 'n mes,

maak/

52

maak dit waarskynlik dat Snyders bevooroordeeld

sou wees teen die appellant. Daar steek niks in
laasgenoemde betoog nie. Dit is nooit aan Joseph
Snyders gestel dat hy om daardie rede 'n vooroordeel
koester teen die appellant nie. Dat die nefie deur
die appellant beseer is, is deur Rachel Albertus, wat
ook 'n familie-lid is van Snyders, getuig. Wat die
verhouding was tussen Snyders en sy nefie blyk nêrens
uit haar of enige getuienis nie. Snyders het nooit
'n geleentheid gehad om die Verhoorhof mee te deel
hoe hy oor die insident, as hy daarvan bewus was, voel
nie. Dat Snyders en die appellant baie op skool baklei
het en Snyders daarom steeds vyandiggesind sou wees
teenoor die appellant, is al wat aan hom gestel is. Die

getuienis/

53.
getuienis dat hulle dikwels daarna, hoewel nie

alleen nie,in mekaar se geselskap by kroeë saam
gedrink en verkeer het, het die gewaande vyandig-
gesindheid as 'n wanhopige poging om die Hof van
vooroordeel deur Snyders teenoor die appellant
te oortuig, laat voorkom.
Dat die appellant spontaan teenoor Snyders
erken het dat hy vir Ous doodgemaak het is nie nood-
wendig 'n onwaarskynlikheid nie. Dit hang alles af
van die appellant se gemoedstoestand. Hy kon miskien
geoordeel het dat hy hierdie goeie kennis van hom net
sowel in sy vertroue kan neem. Die meerderheid van die
mense in Esterhof het die appellant beskerm en hy het
moontlik aanvaar dat ook Snyders nie vir die polisie

sou meedeel dat hy die erkenning gemaak het nie.

Inderdaad/...

54.
Inderdaad het Snyders dan ook nie met die nuus na

die polisie gegaan nie maar het die polisie na hom
gekom. Hoedat die polisie agtergekom het dat hy
iets weet, is nie duidelik nie. Daar kan alleen
maar bespiegel word dat hy wel in 'n gesprek met
familielede of bekendes laat val het dat die appel-
lant die erkenning gedoen het en dat dit die ore van
'n beriggewer bereik het wat die polisie in kennis
gestel het. Die feit dat Snyders vir Pieter Joubert
van die erkenning vertel het, verleen 'n mate van
stawing aan sy relaas. Dit is geen bewys van die
waarheid van sy bewering nie, raaar bewys wel dat hy
dit nie op 'n later geleentheid versin het nie. As
hy, om dit teen die appellant te gebruik, versin het

sou/

55.

sou hy dit uit eie beweging aan die polisie mee-
gedeel het en nie vir homself gehou het nie. Die
vis- en skyfie-winkel in Stikland is aan die
appellant goed bekend en die appellant se verklaring
hoekom hy nooit daar sou koop nie, naamlik dat hy
sy inkopies by Oakland doen, klink nie oortuigend
nie. Die byvoeging in Snyders se getuienis van
besonderhede wat die appellant hom beweerdelik mee-
gedeel het naamlik dat hy in Fisantekraal woon en
met die fiets Stikland toe ry, of dit nou waar was
of nie en met watter motief die appellant dit ookal
aan Snyders meegedeel het, verleen 'n skyn van egtheid
aan die relaas.

Soos ek reeds daarop gewys het was Snyders

se getuienis oor die tydstip wanneer hy gehoor het

van/

56.
van Ous se dood onoortuigend. Die Verhoorhof

het dit egter in aanmerking geneem. In die uit-
spraak is hy beskryf as 'n ongesofistikeerde man
met nie genoeg verstand om 'n bekwame leuenaar te
wees nie. Die volgende was die Hof se oordeel:

"Advokaat Mitchell het hom ietwat deur-
mekaar gemaak in verband met wanneer hy
van Magrietha se dood gehoor het, en van
wie hy dit gehoor het, maar daardie
verwarring in sy gemoed is van geen be-
lang nie."

Met die deurlees van die getuienis het ek
die indruk gekry dat Snyders nie behoorlik kon
onderskei tussen die datum waarop hy gehoor het van
Ous se dood en die datum waarop hy gehoor het dat die
polisie vir die appellant in verband daarmee soek nie,
en dat dit aanleiding gegee het tot verwarring in sy

gemoed/

57.
gemoed.

Rachel Albertus se getuienis dat sy die
appellant uitgeken het die Saterdagaand, is hewig
aangeval. Die betoog het gelui dat dit uit haar
getuienis blyk dat dit reeds skemer begin word het
toe sy van Hermon te voet vertrek het terug na Ester-
hof, 'n afstand van enigiets tussen 6 en 8 kilometer
en dat, toe sy by die plek kom waar sy beweer dat sy
die appellant by die fiets gesien het, dit al te
donker moes gewees het om 'n betroubare uitkenning te
kon doen. Die Hof a quo het geoordeel dat Rachel
goeie redes gegee het waarom sy die appellant herken
het: sy stap, sy profiel, en die feit dat sy hom al
die jare ken. Sy het ook baie noukeurig na hom gekyk,

word/

58.

word in die uitspraak gesê, want sy wou seker maak
dat dit nie iemand is wat haar kan seermaak nie.
Die Hof a quo redeneer soos volg:

"Sy sê in kruisverhoor dat dit amper
donker was toe sy by die brug kom.
Ons sien geen rede ora te glo dat sy 'n
ou bekende daar nie op 'n kort afstand
sou kon uitken nie. Sy het laterig
van Hermon begin stap, maar aange-
sien sy heel natuurlik tuis wou wees
voor dit donker was, sou sy vinnig
gestap het. Die afstand is plus-
minus 6 kilometer en sy kon dit maklik
op 'n vinnige stap afgelê het in minder
as 'n uur . "

As in ag geneem word dat die afstand van
Leliestraat 5 tot op die plek waar Ous se liggaam
gevind is 1,2 kilometer is, was die Hof se skatting
van ongeveer 6 kilometer van Hermon tot daar 'n rede-

like betroubare skatting.

Die/.. . . .

59. Die Verhoorhof het geoordeel dat Rachel'

nie besonder intelligent is nie. Sy sou moeilik
'n onwaarheid kon versin wat sy dieselfde aand, vol-
gens haar getuienis, aan haar suster en Jacoba Swarts
vertel het. Dit is so dat daar geen stawing van hier-
die stukkie getuienis was nie, maar waarom sal sy as
onintelligente persoon sodanige besonderhede versin as
dit nie die waarheid was nie.
Maar selfs as die Hof a quo nie 'n genoegsame
versigtigheidsfaktor laat geld het wat die uitkenning
van die appellant deur Rachel daardié Saterdagaand
betref nie, is daar na my oordeel, soos ek reeds hier-
bo aangedui het, nog voldoende getuienis van Rachel wat
die appellant as die persoon wat daar op die toneel teen-

woordig was/.....

60.

woordig was, identifiseer. Indien dit aanvaar word dat
Rachel nie vir die appellant sonder twyfel kon

uitken die Saterdagaand nie, dan sou sy ongetwyfeld
by wyse van afleiding, deur alles wat sy in die
loop van Saterdag tot Dinsdag waargeneem het met
mekaar in verband te bring, tot die slotsom geraak
het dat dit die appellant was wat sy gesien het.
Indien daar Saterdagaand, op die aanvaarding dat sy
nie behoorlik kon sien wie die persoon is nie, slegs 'n
vermoede by haar bestaan het dat die persoon wat sy daar
gesien het, die appellant was, moes dit wat sy later
helder oordag op Maandag en weer toe sy die bondel goe-
dere op Donderdag gesien het toe die polisie dit ge-

vind het, haar vermoede versterk en haar oortuig het

dat/

61.
dat haar uítkenning nie verkeerd was nie. Dit

sou ook aan enige hof die nodige waarborg verskaf dat
sy nie 'n fout gemaak het met die uitkenning nie. Sy
het die stuk dekenlap herken as 'n stuk van die bed-
deken wat in die Lameyers se huis was. Sy het ook
die oorrok (bewysstuk 1) herken as 'n rok wat aan die
beskuldigde se moeder behoort het. Die stuk deken-
lap was nooit 'n bewysstuk in die Hof a quo nie omdat,
volgens die polisie-getuienis, die bewysstuk in die
polisiekantoor weggeraak het, maar die Verhoorhof
het afgelei dat dit 'n deel was van die bedsprei, 'n ander
de.el waarvan Lea junior in die kas in die kamer in
die Lameyers se huis gekry het en wat deur Adonis
Lameyer senior verbrand is. Bewysstuk 1 was egter

wel 'n/

62

wel 'n bewysstuk en is deur Rachel en Lea junior

herken. Dit was haar rok, het Lea junior gesê,

wat eers haar ouma s'n was en wat laasgenoemde aan

haar gegee het. Sowel Rachel as Lea junior het

die rok dus herken as 'n rok wat uit die Lameyer-

huis te Leliestraat 5 gekom het. Dat Rachel die

goedere later aan die polisie uitgewys het, bevestig

haar getuienis dat sy 'n persoon die goedere daar

sien laat het. Hoewel nie deurslaggewend nie.

verbind haar getuienis van die fiets ook die

appellant met die liggaam van Ous. Die appellant

het erken dat sy oom 'n fiets met dik wiele het, maar

hy ontken dat hy die fiets daardie aand of ooit ge-

bruik het. Daar is meer fietse met dik wiele in

Esterhof/...

63.

Esterhof, was die getuienis, maar indien die vonds

van die rok, bewysstuk 1 en die dekenlap of bedsprei

wat uit die Lameyer-huis kom en die toevalligheid dat

fiets met dik wiele op die toneel gesien is, tesame

in aanmerking geneem word, dan regverdig dit na my

oordeel 'n sterk afleiding dat die gebeure die Sater-

dagmiddag by Leliestraat 5 en 9 afgespeel het. Vol-

g.ens fotos en 'n beskrywing is dit oop veld vanaf

Leliestraat 5 na die toneel waar Ous se liggaam ge~

vind is. Om in die skemer 'n liggaam na die toneel

te verwyder sou dus, as die verwyderaar gelukkig was,

ongemerk gedoen kon word. Indien die liggaam wel

verwyder is van Leliestraat 5 is dit haas ondenkbaar

dat die liggaam vir 'n afstand van 1,2 kilometer gedra

sou/....

64.

sou word. 'n Fiets waarop die liggaam vervoer

kon word sou vir daardie taak nuttig te pas ge~

kom het.

Dat Rachel twee verklarings gemaak het,

het die Verhoorhof oorweeg en het haar verduideliking
waarom sy dit gedoen het aanvaarbaar gevind. Die
omstandighede wat haar genoop het om eers te verklaar
dat sy die persoon by die fiets nie herken nie, is
in die uitspraak soos volg weergegee:

"Toe die inwoners van Esterhof agtergekom
het dat sy die polisie gehelp het met die
soek na die bondel in die sloot, het hulle
teen haar gedraai. Die vrou is
gedreig deur ander mense - of meegedeel deur
ander mense - dat beskuldigde haar sou seer-
maak as sy haar mond oopmaak
Sy was vreesbevange. Sy het polisie-beskerming
gevra, en dié is toegestaan en toe het
adjudant-offisier Dippenaar blykbaar aan
haar gesê sy kan maar netsowel die waarheid

praat/

65.

praat, want op een of ander manier het
hy geweet, of vermoed, dat sy weet wie
by die brug was die aand van 11 Augustus,
en sy het toe die tweede verklaring
afgelê."

Soos ek egter daarop gewys het, is daar
genoeg waarborg te vind in die gebeure wat plaasge-
vind het in die daaropvolgende dae vir die bevinding
dat enige twyfelagtige uitkenning op Saterdagaand
wel 'n korrekte uitkenning was.
Lea junior se getuienis is ook aangeval.
In die betoog is gewys op die onwaarskynlikheid
dat die matras wat sy beweer het nog klam van die
bloed was, na meer as 'n maand nog klam sou wees.
Die Hof a quo het dit nie onwaarskynlik gevind nie.
Lea het die matras beskryf as dik met, tussen die

vere/

66.
vere, 'n digte sponserige inhoud soos klapperhaar.

Daar was geen deskundige getuienis van die tydperk
waarin bloed waarmee so 'n matras deurtrek is, droog
sou word nie, maar die Verhoorhof het geoordeel
dat dit heel waarskynlik is dat die matras, veral
in 'n huis wat bykans die hele dag en nag toe gehou
word, nie heeltemal droog geword het nie maar muf
gebly het. Lea het ook getuig van 'n onbekende trui
en 'n kopdoek wat hulle daar in die kamer gevind het.
Anna Matalla se getuienis, soos dit uit die opsomming
hierbo blyk, was dat Ous die middag by haar ma se
huis 'n trui bo-oor haar rok, bewysstuk 2, aangehad
het en 'n kopdoek op gehad het. Toe haar liggaam gevind
is was dit sonder 'n trui en 'n kopdoek. 'n Trui en 'n

kopdoek,/

67

kopdoek, wat vir Lea junior onbekend was, is in

die huis te Leliestraat 5 gevind. Alhoewel haar

beskrywing van die trui nie heeltemal ooreengestem

het met Anna Matalla se beskrywing daarvan nie,

kon die herinnering van die kleur van die trui die

een of die ander miskien ietwat in die steek gelaat

het

Lea junior se getuienis van die verf aan

die muur word deur Adonis Lameyer senior bevestig,
ondanks die gees wat sy getuienis geadem het van
klaarblyklike bevoordeling van die appellant. Gesien
hierdie indruk wat sy getuienis skep, dra die aspekte
van sy getuienis wat die appellant nie bevoordeel
nie die stempel van waarheid. In hierdie verband

dink/

68

dink ek veral aan sy getuienis betreffende die

appellant se gereelde besoeke aan Riebeeck Wes

tydens sy verblyf in die Kaap; sy getuienis dat

die appellant goed geweet het waar Lea Adams woon

en trouens daar tuisgegaan het en sy getuíenis dat

die appellant nie die muur geverf het voordat hy

weg is Kaap-toe vir die naweek níe. Maar om terug

te keer na Lea junior. Hoewel die gebeure plaas-

gevind het toe sy ongeveer 3 of 4 jaar jonger was,

was sy reeds veel meer volwasse toe sy getuienis in

die Verhoorhof gelewer het. Sy was toe 18 jaar oud,

Maar selfs toe die gebeure plaasgevind het, het sy,

hoewel nog jonk in jare, skynbaar die lewe van 'n

volwassene gelei.Sy het reeds 'n kind gehad. Die

Hof /

69.

Hof het geen probleme met haar getuienis gehad
nie. Sy het geen rede om te lieg, of om iets
by te las of weg te laat nie, is van haar in die
uitspraak gesê. Sy is beskryf as "intelligent en
eerlik" en die Hof het geoordeel dat sy die waarheid
praat. Haar getuienis was dat die kol groen verf
wat sy daar waargeneem het bokant die bed plek-plek
afgedop het en dat dit vir haar voorgekom het soos
bloedkolle. Daar is later, gedurende 1980, nadat
die mure van die hele kamer oorgeverf is met 'n groen
verf, deur die polisie skraapsels van die mure geneem,
maar daar is nie genoeg verf afgeskraap om enige
anderskleurige kolle te ontbloot nie. Dit blyk uit
die foto wat geneem is. Die skraping kan ook weg van

die/

70.
die kol wat deur die appellant groen geverf is,

gedoen gewees het. Die feit dat die skraapsels
by ondersoek na die aanwesigheid van bloed 'n
negatiewe resultaat opgelewer het, doen dus nie
veel afbreuk aan die Staat se saak nie. Die
appellant se verduideliking waarom hy die muur ge-
verf het, was alles behalwe oortuigend. Hy het
beweer dat , hy die muur geverf het om te verhoed
dat die druppels wat teen die muur afloop, die
komberse vuil maak. Dit is klaarblyklik onsin-
nig. Selfs indien die druppels naby die komberse
gekom het, het hulle van die dak afgekom en sou in
elk geval langs 'n stuk vuil muur afgeloop het voor-
dat hulle die nuutgeverfde kol en die komberse

bereik/....

71.
bereik. Afgesien daarvan blyk dit uit sy eie

getuienis dat hy op daardie tydstip nie meer op
daardie bed geslaap het nie, maar in die agterkamer
geslaap het.
Wat Tokkie betref, kon die Hof a quo,
ondanks die verskille in sy en die appellant se ge-
tuienis, nie bevind dat hy gelieg het nie. Hy het
'n eenvoudige verhaal vertel van twee nagte se slaap .
by die appellant. Dit sou uiters moeilik wees vir
die Staat om by wyse van kruisondervraging sy ge-
tuienis aan enige twyfel bloot te stel. Die Hof het
egter tereg, meen ek, bevind dat Tokkie se getuienis
nie die Staat se saak bevorder nie aangesien Tokkie
self gesê het dat hy nie na die mure opgelet het nie

Daar/

72

Daar is egter namens die appellant betoog dat,

of Tokkie nou oplettend was of nie, dit uíters

riskant vir die appellant sou wees om Tokkie uit

te nooi om daar te slaap want Tokkie kon, mits hy

oplettend was, iets agtergekom het indien die matras

en die muur vol bloed was. Dit is dus onwaarskyn-

lik, so is betoog, dat die appellant, as hy vir Ous

die middag gedood het en die matras en muur met bloed

besraeer was, wel vir Tokkie sou uitnooi om daar te

slaap. Weereens moet in hierdie verband die hele

atmosfeer van die saak in ag geneem word. Tokkie is

die appellant se eie neef. Sy familie het die

appellant beskerm. Dit is nie onwaarskynlik dat hy

in 'n vroeë stadium vir hulle en veral die bewoners

van/

73

van Leliestraat 9, insluitende Tokkie, in sy

vertroue geneem het en selfs moontlik op hulle

hulp staatgemaak het nie,

Die Hof het uitvoerig gehandel met die

leuenagtige getuienis wat die appellant gegee het,

maar vir doeleindes van hierdie appél is dit nie

nodig om dit hier te herhaal of daarop uit te brei

nie.

Die omstandigheidsgetuienis is na my oor-

deel oorweldigend teen die appellant. Wat gebeur
het tussen die appellant en Ous in die huis te
Leliestraat 5 weet alleen hy. Dat Ous egter haar
dood daar tegemoet gegaan het is na my oordeel
tereg deur die Hof a quo bevind. As al die getuienis

in ag/

74.

in ag geneem word, is die afleidings wat, as die

enigste redelike afleidings gemaak kan word die

volgende: Ous is die middag na die huis van die

Lameyers te Leliestraat 5. Daar het sy van haar

trui en kopdoek om een of ander rede ontslae geraak

en die oorrok, bewysstuk 1, wat in die kas gehang

het in die een slaapkamer, oor haar eie rok, bewys-

stuk 2, aangetrek. Terwyl sy so gekleed was, is

sy aangerand en is die messteke toegedien. Sy het

op een of ander wyse op die bed beland nadat sy

gesteek was of sy is daar op die bed aangerand

sodat haar bloed sowel die matras deursypel het as

die muur waarteen die bed gestaan het, bevlek het

Stukke van die bedsprei is gebruik om die ergste

tekens/.....

75.

tekens van bloed te verwyder en is saam met haar

trui en kopdoek in die kas geprop. Haar liggaam

is met die paadjie wat oor die plaas Waterbron

loop op die fiets verwyder. Haar liggaam is vir 'n

kort afstand gesleép tot in die watervoor en daar

gelaat. 'n Stuk van die bedsprei is vir een of

ander doel gebruik op hierdíe tog na die toneel

waar die liggaam gelaat is. Op die toneel is die

oorrok, bewysstuk 1, van haar liggaam verwyder en

is sy gelaat in haar eie rok, bewysstuk 2. Bewys-

stuk 1 en die bloederige deel van die bedsprei is

in 'n bondel daar gelaat waar die fiets bestyg is.

Hierdie bondel sou 'n verband met die huis van die

Lameyers te Leliestraat 5 verraai en die bedoeling

was/

76

was vermoedelik om dit weg van die liggaam te

versteek. Hierin is die betrokke persoon ver-

hinder deur Rachel Albertus en die rok en lap is

in 'n bondel daar, onbehoorlik versteek, gelaat.

Die persoon het gemaak dat hy wegkom met die fiets.

Op die plek waar Rachel hom gesien het die Saterdagaand,

het sy en haar suster se stiefdogter, Jacoba Swarts,

die bondel nog op Maandag, 13 Augustus 1979, aange-

tref. Die bondel is voor Dinsdag, 14 Augustus, na

ander plek verwyder en beter versteek want Dinsdag,

toe Rachel daar langs verby is, was dit nie meer op

die oorspronklike plek nie. ' Dinsdagoggend is die

appellant weg na Stikland in die Kaap waar hy gewerk

het. Voor hy weg is, het hy 'n kol groen verf bokant

die/

77.

die bed aangebring. Om 'n skyn van onskuld te
verleen aan sy verdwyning uit Riebeeck Kasteel en
sy wegblyery het hy beweer dat hy dikwels lang
rukke van die huis weggegaan het. Hy het egter
nie híerdie keer, soos in die verlede, ver weggegaan

nie. Hy was binne maklike bereik van Riebeeck Kasteel
Hy het goed geweet waar sy suster, Lea Adams, woon
en het òf dikwels daar gekom òf het selfs daar tuis-
gegaan. Hy was bewus van sy moeder se dood maar het
nie haar begrafnis bygewoon nie. Hy het dikwels

heimelik huis-toe gegaan maar het dit reggekry, met

die samewerking van sy familie, om die polisie te
ontduik. Hy is eers in Desember 1981 gearresteer.

Al die getuienis in ag nemende, het die

Hof/
78.
Hof a quo die appellant na my oordeel tereg

skuldig bevind aan die moord op Ous.

Ek sou die appèl van die hand wys

APPèLREGTER