South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 24
| Noteup
| LawCite
S v Lameyer (2) (447/83) [1985] ZASCA 24 (21 May 1985)
Download original files |
ADONIS A J LAMEYER en DIE STAAT
SMALBERGER, Wn AR:-
477/83
N v H
477/83
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ADONIS A J LAMEYER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: KOTZe, VILJOEN, ARR, et SMALBERGER, Wn
AR
VERHOORDATUM: 21 MAART 1985
LEWERINGSDATUM: 21 MEI
1985
UITSPRAAK
SMALBERGER, Wn AR:-
Ek het die voorreg gehad om die uitspraak van
my
kollega VILJOEN te lees. Ek stem, met eerbied, egter
nie saam met die slotsom
waartoe hy gekom het nie.
Na my /
2
Na my mening is daar tereg nardens die Staat
toegegee dat indien die getuienis van Rachel Albertus
en Joseph Snyders verkeerdelik aanvaar is, daar nie
genoeg omstandigheidsgetuienis oorbly om 'n skuldigbevin=
ding te rugsteun nie. Ofskoon die vermoede gegrond is
dat daar 'n sameswering onder die Staatsgetuies was om die
appellant so min moontlik te impliseer en hom in die voor=
deligste lig moontlik te stel, en dit op die klimaat dui
waarin die getuienis beoordeel moet word (soos deur my
kollega VILJOEN bevind), bevorder dit nie noodwendig die
Staat se saak nie. Daar moet nog voldoende bewese feite
wees wat die enigste redelike afleiding regverdig dat die
appellant vir Ous (die oorledene) se dood verantwoordelik
was. As die getuienis van Rachel Albertus en Joseph
Snyders /............
3
Snyders buite rekening gelaat word, regverdig die oor=
blywende getuienis
nie sodanige afleiding nie. Hoogstens
wek dit sterk agterdog dat die
appellant Ous se dood
veroorsaak het - wat tekort skiet aan die vereiste
bewys
bo redelike twyfel.
In haar oorspronklike verklaring aan die
polisie
het Rachel Albertus nie die persoon wat sy die
betrokke
Saterdagaand by die watervoor gesien het as die
appellant
uitgeken nie. Op daardie tydstip kon daar geen sprake
wees dat
sy weens vrees vir die appellant (of lede van sy
familie) geswyg het om sy
identiteit te openbaar nie.
Blykens die getuienis was sy toe reeds 'n
polisieberiggewer,
en was daar nog nie enige dreigemente teenoor haar
geuiter
nie. Dit regverdig die afleiding dat sy óf nie in staat
was om /
4
was om die appellant uit te ken nie, òf nie oor die
nodige sekerheid beskik het dat dit wel hy was nie.
Sodanige af leiding strook. met beide die waarskynl'ikhede
en haar getuienis. 'n Ontleding van haar getuienis dui
daarop dat dit reeds donker moes gewees het toe sy op die
persoon afkom. Sy was nooit baie na aan hom nie, het
nooit sy stem gehoor nie en volgens haar oorspronklike
getuienis het sy nie sy gesig gesien nie (op 'n latere
stadium het sy egter voorgegee dat sy wel sy gesig gesien
het) . Sy was ook tot 'n mate beangs. Die omstandighede
was gevolglik nie bevorderlik vir betroubare uitkenning
nie. Haar bewering dat sy kort na die voorval aan
sekere persone gemeld het dat sy die appellant die betrokke
aand by die v/atervoor gesien het, word deur geen ander
getuienis /.............
5
getuienis gestaaf nie. As sy net 'n vermoede gehad het
dat dit die appellant was, en die stuk dekenlap en die
oorrok (bewysstuk ), wat sy uitgeken het as komende
van die appellant se ouerhuis, haar vermoede versterk het
en in sekerheid omskep het, sou nogtans verwag word dat
sy reeds in haar oorspronklike verklaring die appellant
sou betrek het, want die bykomende faktore wat die seker=
heid by haar sou laat ontstaan het, was toe reeds aan
haar bekend. Dit is dus te betwyfel of enige vermoede
wat sy miskien gehad het deur hierdie faktore versterk is,
In elk geval bestaan daar die gevaar dat 'n verkeerde
afleiding gemaak kon word van die aanwesigheid van die
dekenlap ën oorrok op die misdaadstoneel, want daar is geen
getuienis om aan te dui wanneer hulle in Ous se besit
gekom /.......................
6
gekom het nie. Dit kon die dag van haar dood gewees
het, of etlike maande vantevore, want Lea Lameyer (junior)
het vier of vyf maande voor Ous se dood die oorrok laas
in 'n hangkas in die appellant se ouerhuis gesien,
Wat die fiets betref, het Rachel Albertus nie
in haar oorspronklike verklaring die fiets as dié van
die appellant se oom uitgeken nie. Dit het sy eers later
gedoen in dieselfde verklaring waarin sy die appellant
beskuldig het as synde die persoon wat sy by die watervoor
gesien het. Daardie verklaring was jare later gemaak,
skynbaar na die appellant se arrestasie, en toe daar reeds
gerugte omtrent sy betrokkenheid in omloop was. Rachel
Albertus was nooit juis vriendelik gesind teenoor die
appellant nie, en die versoeking moes dus groot gewees het
om /.....................
7.
om willekeurig of onwillekeurig hom as die . "skuldige"
uit te wys. Na my mening kan daar geen peil getrek
word op haar betroubaarheid nie (en moontlik ook nie op
haar eerlikheid nie), en moes haar getuienis gevolglik
geheel en al buite rekening gelaat gewees het vir
sover. dit betrekking het op die uitkenning van die
appellant.
Wat Joseph Snyders se getuienis betref, is ek
bereid om te aanvaar dat daar wel 'n ontmoeting tussen
hom en die appellant te Stikland was soos deur hom getuig,
en dat die appellant se ontkenning tot die teendeël vals
is. Ek beskou dit egter as hoogs onwaarskynlik dat die
appellant so spontaan teenoor hom sou erken het dat hy vir
Ous doodgemaak het. Dit is gemene saak dat toe hulle
jonger /..................
8
jonger was hulle baie met mekaar baklei het, en dat die
appellant voorheen vir Snyders se neef ernstig aangerand
het. Ofskoon hulle ten tyde van die ontmoeting te
Stikland nie vyandig gesind was teenoor mekaar nie, was
hulle ook nie met mekaar goed bevriend nie. Bowendien
het hulle (afgesien van die vorige Saterdag} vir mekaar
vir lank nie gesien nie. Etlike dae vantevore het die
appellant vir Snyders op Bellville-stasie opsetlik probeer
vermy (aldus Snyders). Sy beweerde spontane erkenning
teenoor Snyders te Stikland is, myns insiens, eënvoudig
nie te rym. met hierdie omstandighede nie. En waarom sou
die appellant, wat op daardie tydstip amper as 'n voort=
vlugtige beskou kon word, vir Snyders inlig aangaande sy
werk- en woonomgewing wat tot sy moontlike latere opsporing
kon /.....................
9
kon lei? Snyders was immers nie die soort persoon
op wie se swye daar peil getrek kon word nie.
Afgesien hiervan was Snyders nie in alle opsigte 'n
oortuigende getuie nie.
Die moontlikheid dat iets deur die appellant
aan Snyders gesê is wat op 'n misverstand uitgeloop het,
kan nie uitgesluit word nie as in ag geneem word die
onwaarskynlikheid dat die appellant sou erken het dat hy
Ous doodgemaak het. Die appellant kon, byvoorbeeld,
toe Snyders by hom verneem het waarom die polisie hom
soek, gesê het "Bok, hulle sê ek het die vrou doodgemaak"
en nie "Bok, ek het die vrou doodgemaak" soos deur Snyders
getuig nie. Die verhoorhof het nooit die moontlikheid van
so 'n misverstand oorweeg nie. Die vraag ontstaan waarom
die /...................
10
die appellant valslik die ontmoeting ontken as daar net
'n
misverstand was. In S v Mtsweni 1985(1) SA-590 (A)
op 594 B is daar
gesê dat: "By die beoordeling van
leuenagtige getuienis deur 'n
beskuldigde moet daar; onder
meer, gelet word op:
(a) Die aard, omvang en wesenlikheid van die
leuens, en of hulle noodwendig op 'n
skuldbesef dui.
(b) Die beskuldigde se ouderdom, ontwikkelings=
peil, kulturele en maatskaplike agtergrond
en stand in soverre hulle 'n verduideliking
vir sy leuens kan bied.
(c) Moontlike redes waarom mense hulle tot leuens
wend, byvoorbeeld omdat in 'n gegewe geval
'n leuen meer aanneemlik as die waarheid
mag klink.
(d) Die neiging wat by sommige mense mag ont=
staan om die waarheid te ontken uit vrees
dat hulle by 'n misdaad betrek gaan word, of
omdat hulle vrees dat erkenning van hulle
betrokkenheid by 'n voorval of misdaad, hoe
gering ook al, gevare inhou van 'n afleiding
van deelname en skuld buite verhouding tot
die waarheid."
Die /
11
Die appellant kon moontlik gevrees het dat 'n
nadelige afleiding teen hom gemaak sou word as hy 'n
ontmoeting wat uitgeloop het op 'n gesprek oor Ous se
dood erken het. Dit bied 'n verduideliking waarom hy sou
wegskram van enige ontmoeting op Stikland.
Die onwaarskynlikheid dat die appellant teenoor
Snyders onomwonde sou erken het dat hy Ous doodgemaak
het, bly egter oorheersend, en op grond daarvan behoort
Snyders se getuienis aangaande die beweerde erkenning nie
aanvaar te gewees het nie. Met die beoordeling van hierdie
onwaarskynlikheid is hierdie Hof nie in 'n minder gunstige
posisie as die Verhoorhof nie.
Soos reeds genoem, as die getuienis van Rachel
Albertus en Joseph Snyders buite rekening gelaat word, is
daar /..........................
12
daar nie voldoende getuienis om 'n skuldigbevinding
te regverdig nie. Die enigste Oorblywende getuienis van
noemenswaardige belang is die van Lea Lameyer (junior).
Haar getuienis is vatbaar vir grondige kritiek.
Daarbenewens word dit, wat die belangrikste aspekte
daarvan betref, nie deur enige ander getuienis gestaaf
nie. Haar getuienis dat die matras meer as 'n maand later
nog nat of klam van die bloed was, is onoortuigend. Haar
beskrywing van die vreemde trui wat sy in die huis gevind
het, kom nie ooreen met Anna Matalla se beskrywing van
die trui wat Ous die betrokke Saterdag aangehad het nie.
Die mediese getuienis dui daarop dat Ous omtrent doodge=
bloei het. Gevolglik moes daar baie bloed gewees het op
die plek waar sy doodgemaak is. Nogtans is daar geen
getuienis /..........................
13
getuienis dat met latére ondersoek daar enige
tekens
van bloed in die appellant se ouerhuis gevind is nie.
Skrapsels wat
geneem is van die verf wat die beweerde
bloed op die muur sou bedek het, het
nie 'n positiewe
uitslag gelewer nie. Dit is onwaarskynlik dat
die
appellant, waar daar andersins versigtig deur hom te
werke gegaan is,
sou hy die skuldige gewees het, nie ook
van die bebloede lappe, trui en
matras sou probeer het om
ontslae te raak nie. Bowendien, sou hy die risiko
geloop
het om Tokkie by hom te laat kom slaap as daar duidelike,
tekens
van bloed en bebloede artikels in die huis te
bespeur was wat agterdog sou
wek en 'n verduideliking van
hom sou verg?
Dat daar aansienlike suspisie bestaan dat die
appellant Ous se dood veroorsaak het, is nie te betwyfel
nie /
14
nie. Dit word versterk deur sy onbevredigende en
leuenagtige getuienis en sy latere agterdogtige gedrag,
Daar is egter te veel twyfelagtighede en 'n gebrek aan
oortuigende feitebasis om die gevolgtrekking dat die
appellant aandadig was aan Ous se dood as die enigste
redelike afleiding te regverdig. Gevolglik ontbreek
die nodige bewys van sy skuld bo alle redelike twyfel
Na my mening moet die appèl slaag, en die
skuldigbeyinding en vonnis ter syde gestel word.
J W SMALBERGER
WAARNEMENDE APPeLREGTER
KOTZé, AR - stem saam