South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 26

| Noteup | LawCite

Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (2) (245/83) [1985] ZASCA 26 (21 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No. 245/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK Appellant

en

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE Respondent

CORAM: KOTZe, TRENGOVE, CILLIe, BOTHA ARR

et VIVIER WN AR

VERHOORDATUM: 13 MAART 1985

LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1985

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-
Ek het die voordeel daarvan gehad om die uit=
sprake te lees van my kollegas KOTZé en VIVIER. Ek
stem saam met my kollega KOTZe dat die appèl afgewys
moet word. Ek stem ook in elke opsig saam met die be=
redenering wat in sy uitspraak uiteengesit word ter onder=
steuning van sy gevolgtrekking. In my gedágtegang is
daar egter 'n paar bykomstige redes waarom ek met eerbied
verskil van die beredenering wat vervat is in die uit=
spraak van my kollega VIVIER, en wat ek my verplig voel
om kortliks te vermeld. Hierdie redes moet gelees word
as aansluitend by wat reeds gesê is in die uitspraak van
my kollega KOTZé.

My kollega VIVIER se beoordeling van die eiser
se getuienis en sy gepaardgaande kritiek op die Verhoor=
regter se beskouing daarvan is na my mening nie te rym
met wat in die oorkonde verskyn nie. 'n Bestudering
van die eiser se getuienis soos dit in die oorkonde

/verskyn ...

3.

verskyn, laat by my geen twyfel nie dat die eiser van
begin tot einde deurgaans hom beroep het op twee afson=
derlike dinge wat Lategan gesê het: eerstens, 'n uit=
druklike versekering wat hy gegee het dat niemand in
die betrokke gebied meer as R360 per ha sou kry nie, en
tweedens, 'n uitlating wat hy gemaak het dat "die Hol-
landers" (dié boere wat geweier het om te teken) nog
sou huil. Dit is in die samehang van laasgenoemde
uitlating dat die eiser gesê het dat hy die afleiding
gemaak het dat niemand meer as R360 per ha sou kry nie.
Hy het dit nie gesê asof hy daardeur sy vorige getuie=
nis oor die uitdruklike versekering van Lategan ver=
ander het nie; die oorkonde toon duidelik aan dat die
eiser ná sy getuienis oor die afleiding wat hy gemaak het
van die uitlating dat die Hollanders nog sou huil, weer
eens in ondubbelsinnige en onomwonde terme bevestig het dat
Lategan óók die uitdruklike versekering gegee het dat
niemand meer as R360 sou kry nie. In soverre dit blyk

/dat . . .

4.

dat die eiser in 'n mate verward geraak het tussen Late=
gan se uitdruklike versekering en sy uitlating oor die
Hollanders en die afleiding wat hy van laasgenoemde ge=
maak het, toon 'n bestudering van die oorkonde aan dat
die Verhoorregter se hantering van hierdie aspek van
sy getuienis ten volle geregverdig was. Aan die hand
van die oorkonde kan ek gevolglik met eerbied nie saam=
stem met my kollega VIVIER se kritiek dat dit vir
die Verhoorregter nie genoeg was om te bevind dat die
eiser "eerlik en opreg" was nie en dat hy eintlik moes
oorweeg het of die eiser nie onder 'n wanindruk was van
wat gesê is nie. Wat Lategan se uitdruklike versekering
betref, is daar in die eiser se getuienis, soos gestaaf
deur die getuienis van Wierenga en Pretorius, geen ruimte
vir 'n bevinding van 'n "wanindruk" nie, en gevolglik is
die Verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings van die
uiterste belang. In die oorkonde is daar geen gronde te

/vind ...

5.

vind om te dink dat die Verhoorregter in sy beoordeling
van die eerlikheid van die eiser en sy getuies gefouteer
het nie. Wat betref Lategan se uitlating oor die Hol=
landers wat nog sou huil, kan ek nie met my kollega
VIVIER saamstem dat die eiser nie geregverdig was om
daaruit af te lei dat niemand meer as R360 sou ontvang
nie. Dié afleiding strook nie alleen met die uitdruk=
like versekering wat gegee is nie, maar ook met die hele
agtergrond en oogmerk van die vergadering, gesien uit die
oogpunt van die eiser en sy mede-boere, soos ook bekend
was aan die verweerder se amptenare. Die korrektheid
van die eiser se afleiding word bowendien gestaaf deur
die treffende onvermoë van die verweerder se amptenare,
Lategan en Linning, om in hulle getuienis 'n bevredigende
verklaring te gee van wat deur die betrokke uitlating
bedoel was. Lategan se getuienis was dat hy gesê het
"van die Hollanders sal nog huil", en hy het voorgegee
dat hy in werklikheid net één "Hollander" in gedagte

/gehad ...

6.

gehad het, ene Dykema, in wie se grond die verweerder
nie belang gestel het nie. Lategan se getuienis in
hierdie verband, soos dit voorkom in die oorkonde (vol
5 pp 405-9) is onbevredigend en onaanvaarbaar. Linning
het volstrek geweier om toe te gee wat klaarblyklik on=
vermydelik was, naamlik dat die woord "huil" daarop
gedui het dat iets nadeligs die betrokke mense sou tref.
Sy getuienis in hierdie verband, soos dit voorkom in die
oorkonde (vol 7 pp 579-584) is ewe-eens onbevredigend en
onaanvaarbaar. Dit is na my oordeel duidelik dat die
verweerder se getuies doelbewus, maar onsuksesvol, pro=
beer wegskram het van die feit dat Lategan se uitlating
bedoel was om die betekenis te dra wat die eiser daaruit
afgelei het.
My kollega VIVIER se sienswyse van die verweer=
der se getuies Lategan, Linning en Becker, en sy gepaard=
gaande kritiek op die Verhoorregter se beskouing van
hulle getuienis, is na my mening ook nie te rym met díe

/inhoud ....

7
inhoud van die oorkonde nie. Dit blyk reeds uit wat.
in my kollega KOTZe se uitspraak vervat is, waarby ek
net die volgende opmerkings wil voeg. Wat Lategan
betref, het die Verhoorregter in sy uitspraak slegs by
wyse van voorbeeld twee punte van kritiek genoem ter
toeligting van sy ongunstige indruk van Lategan as 'n
getuie. Dié twee punte word genoem in die uitspraak
van my kollega VIVIER en een daarvan word volledig be=
handel in die uitspraak van my kollega KOTZé. Dit
is egter geensins die enigste geldige gronde van kri=
tiek teen Lategan se getuienis nie. Die Verhoorregter
sê in sy uitspraak dat die eiser se advokaat 'n hele aan=
tal onbevredigende aspekte van Lategan se getuienis op=
gesom het en dat hy met die meeste van die advokaat
se submissies saamstem. Daardie submissies is voor
hierdie Hof herhaal, en aan die hand van 'n bestudering
van die oorkonde stem ek, soos die Verhoorregter, met
die meeste daarvan saam. My kollega VIVIER bevind

/dat ...

8
dat die punte van kritiek óf nie geregverdig óf nie
wesenlik is nie. Ek stem met eerbied nie daarmee
saam nie. Ek volstaan met die gevolgtrekking dat 'n
bestudering van die oorkonde ten duidelikste aantoon
dat die Verhoorregter ten volle geregverdig was om
Lategan se getuienis as onaanvaarbaar te verwerp. Ins=
gelyks is die verwerping van Becker se getuienis na my
mening ook onaanvegbaar. Wat Linning betref, het die
Verhoorregter gesê sy getuienis "neem die direkte punt
nie veel verder nie". Klaarblyklik het die Verhoor=
regter hier verwys na die feit dat Linning nie posítief
kon betwis dat Lategan wel die woorde gebesig het waar=
van die eiser en sy getuies getuig het nie en dat hy
maar net sy eie, subjektiewe vertolking van sulke woorde
verstrek het. In daardie opsigte was die Verhoorregter
se opmerking 'n geregverdigde beskouing van die effek van
Linning se getuienis.

Ten slotte wil ek verwys na my kollega VIVIER

/se ...

9.

se beskouing van die waarskynlikhede teen die eiser se
weergawe van die gebeure op die vergadering van 3 Julie
1979. Kortliks kom dit daarop neer dat dit onwaarskyn=
lik is, enersyds, dat die eiser en sy groepie kon gedink
het dat pryse in die toekoms dieselfde sou bly en dat
dit binne die vermoë van die verweerder was om 'n onder=
neming in dié verband te gee, veral in die lig van die
verweerder se brief van 18 April 1979, en, andersyds,
dat die verweerder se amptenare inderdaad so 'n onder=
neming sou gegee het, veral in die lig van die feit dat
hulle geweet het dat hoër pryse in die toekoms betaal
sou moes word en dat die eiser en sy mede-boere daarvan
te hore sou kom.

Waarskynlikhede kan natuurlik nie in isolasie
beoordeel word, bloot aan die hand van objektiewe maat=
stawwe nie. Die waardebepaling van waarskynlikhede hang
ten nouste saam met die aard en inhoud van die getuienis
wat dienaangaande afgelê word deur die persone wat by

/die ...

10.
die tersaaklike gebeure betrokke was.

Wat die eiser en sy mede-boere betref, moet
eerstens in ag geneem word wat die hele agtergrond en
die oogmerk was van die vergadering, uit hulle oogpunt
gesien. Dit is reeds in die uitspraak van my kollega
KOTZe behandel. Tweedens moet daarop gelet word dat
die eiser pertinent onder kruisondervraging geneem is
oor die inhoud van die verweerder se brief van 18 April
1979 en die uitwerking daarvan op die boere se bereid=
willigheid om weer 'n versekering te aanvaar oor geen
hoër pryse in die toekoms nie. Die eiser het voet by
stuk gehou dat hulle so 'n versekering wou gehad het en
dat hulle dit aanvaar het toe dit gegee is. In die
loop van sy getuienis het die eiser verduidelik dat dit
nou die tweede keer was dat die kwessie van gelyke be=
handeling ter sprake gekom het en dat hulle nou met die
top bestuur van die verweerder te doen gehad het - hulle
was "in die leeu se bek". Daarby moet in gedagte gehou

/word ...

11.

word dat die vorige versekering reeds 3 jaar vantevore -
gegee is,deur iemand wat maar net 'n beampte in die veld
was, en in 'n stadium toe die hele projek nog maar in sy
begin-stadium was. ' Intussen was daar heelwat verdere
verwikkelinge en sou dit nie onredelik gewees het van
die boere om te aanvaar dat die posisie so verander het
dat die top bestuur in staat was om op daardie tydstip
te bepaal wat die maksimum-pryse is wat daarna betaal
sou word en om 'n versekering te gee in hierdie verband
nie.

Wat die verweerder se amptenare betref, is dit
belangrik om ter aanvang daarop te wys dat die wanvoor=
stellings waaroor dit hier gaan van 'n besondere aard is.

Dit is nie valse stellings van bestaande feite nie, maar

stellings van dinge wat in die toekoms sou gebeur. Regs=
geleerdes weet dat iemand wat 'n voorspelling van 'n toe=
komstige gebeurtenis maak terwyl hy nie self die waar=
heid van sy voorspelling glo nie, skuldig is aan 'n wan=

/voorstelling ...

12.

voorstelling ten aansien van sy eie gemoedstoestand.
Ek wil my voorstel dat daar weinig leke is wat bewus
is van hierdie subtiele regsbenadering, en dat daar be=
sigheidsmense is wat bespiegelings oor die toekomstige
verloop van sake as geoorloofde besigheidstaktiek sal
beskou waaraan geen regsgevolge vasgeknoop kan word nie.
Om te bepaal wat die houding van die verweerder se amp=
tenare in hierdie verband was, is dit nodig om 'n paar
aspekte van hulle optrede in oënskou te neem.

Daar kan na my mening geen twyfel wees dat
die verweerder se amptenare die vergadering benader het
met die opset van geheimhouding van die vooruitsig dat
hoër pryse in die toekoms aan ander boere betaal sou
moes word nie. Dit was die hele strategie wat voort=
gespruit het uit die memoranda wat voor die vergadering
opgestel is. Ten tyde van die vergadering was dit in

die hoogste mate waarskynlik, eerstens, dat indien daar

'n verlenging van die kontrakte van die R400 - boere verkry

/sou .. .

13.

sou word, aan hulle meer as R400 betaal sou moes word,
en tweedens, dat daar aan ander boere, insluitende een
"Hollander" (Groothof), nog meer betaal sou moes word
om kontrakte van hulle te verkry. Ten spyte van ken=
nis van hierdie vooruitsigte, stel Lategan dit aan die
boere dat hulle nie moet kibbel oor die R400-mense nie
en dat (van) di'e Hollanders nog gaan huil. Beide van
hierdie stellings was klaarblyklik, op hulle minste,
halwe waarhede; die ander, versweë helfte, was onwaar,
En in beide opsigte het Lategan getuienis afgelê wat
vérwerp moet word: dat die verlenging van die R400-
mense se kontrakte nie meer in die prentjie was nie, en
dat hy aan net één Hollander gedink het. Hieruit is
Vï erg nadelige afleiding teen die verweerder se hele
saak geregverdig.

Die trefkrag van die voorgaande oorwegings

i
is dat dit lei tot die onvermydelike gevolgtrekking dat

Lategan nie geskroom het om bewustelik op 'n oneerlike

/wyse ...

14.

wyse die boere te mislei ten einde hulle instemming met
'n bédrag van R360 te verkry nie. Dit synde die posisie,
kan ek geen onwaarskynlikheid daarin bespeur dat Lategan
een stappie verder sou gegaan het en aan die boere die
uitdruklike versekering sou gegee het (wat alreeds by
implikasie opgesluit was in sy halwe waarhede) dat nie=
mand anders daarna meer as R360 sou kry nie.

Die feit dat aan die eiser en sy groepie tyd
gegun is om hulle posisie te oorweeg, doen geen afbreuk
aan die voorgaande oorwegings nie, omdat daar geen
aanduiding is dat daar in daardie tydjie iets verder sou
gebeur wat die boere die ware toedrag van sake sou laat
agterkom het nie. Dat hulle uiteindelik tog sou hoor
dat ander boere inderdaad meer gekry het, het Lategan
klaarblyklik nie gehinder nie, soos blyk uit sy oneer=
like optrede waarna ek reeds verwys het. Die afleiding
is geregverdig dat die verweerder se amptenare se houding
was dat as die boere eers die verlengingskontrakte onder=

/teken ...

15.

teken het, hulle maar later kon kla omdat ander boere
meer gekry het, maar dat daar geen nadelige regsgevolge
vir die verweerder daaruit sou kon voortspruit nie.

Ek stem dus saam met die bevel gemaak deur my
kollega KOTZe.

A.S. BOTHA AR

CILLIe AR STEM SAAM