South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 27

| Noteup | LawCite

Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (3) (245/83) [1985] ZASCA 27 (21 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK

en

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK Appellant

en

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE Respondent

Coram: KOTZÉ, TRENGOVE, CILLIÉ, BOTHA, ARR et VIVIER, Wn AR

Verhoor: 13 Maart 1985

Gelewer: 21 Mei 1985

UITSPRAAK

KOTZÉ, AR :

Na oorweging van my ampsbroeder VIVIER se

uitspraak /2

-2-

uitspraak, waartoe ek die voordeel van insae gehad het,

het ek tot die besluit gekom dat ek nie kan saamstem dat

die appèl slaag nie. In die besonder kan ek, met eerbied.

my nie vereenselwig met die bevindinge van my ampsbroeder

dat dit nie blyk

"uit die eiser se getuienis-in-hoof
dat enige van verweerder se araptenare
uitdruklik"

aan die eiser gesê het dat niemand in die betrokke gebied

meer as R360,00 per hektaar sou kry nie en dat die Verhoor-

regter

"se kritiek teen die getuienis van
Lategan en Becker nie geregverdig is
nie, en dat hy gevolglik onvoldoende

gewig /3

-3-

gewig aan hulle getuienis geheg het."

Of skoon 'n appèl soos die onderhawige, wat af hang
van feite, 'n herverhoor van die geskilpunt verg, het hierdie
Hof reeds kere sonder tal benadruk dat van 'n verhoorhof se
evaluasie van mondelinge getuienis slegs in uitsonderlike
gevalle afgewyk word. Hierdie is, na my mening, nie een
van die betreklike seldsame sake waar omstandighede soos
dié na verwys in Parkes v Parkes, 1921 AD 69 op 75 i f
of ander faktore daarop dui dat die Verhoorhof 'n foutiewe
konklusie bereik het nie. Met inagneming van die geheel-
beeld van die getuienis is ek geensins oortuig dat die Hof
a quo fouteer het in sy bevinding nie en ek sal trag om
die redes vir my siening so kort as moontlik te stel.

Die /4

-4-

Die betoog wat voor ons aangevoer is ter onder-

steuning van die stelling dat die eiser se getuienis ge-

durende hoof-ondervraging nie pertinent aandui dat

voorstelling gemaak is dat R360,00 per hektaar die hoogste

prys is wat dle verweerder aan boere in die betrokke gebied

sou betaal nie en dat die eiser se getuienis niks meer

as 'n ongeregverdigde afleiding is van wat deur die verweer-

ders se verteenwoordigers op die vergadering gesê is,

berus, na my mening, op 'n verkeerde begrip van onderver-

melde passasie in sy getuienis en veral in gedeeltes (a),

(b) en (c) deur my met emfase aangedui;

"Nou goed mnr. van der Merwe nou vertel
vir Sy Edele wat daar bespreek is op

die /5

-5-

die vergadering, gaan maar stadig
en vertel sover u kan onthou? -- Ons
het toe in mnr. Willie Lategan se
kantoor bymekaar gekom en hy het
langs, hy het agter die lessenaar
gesit en ek het begin deur te sê
ons is nie hier met 'n magsvertoon
nie, ons kon baie meer gewees het
maar ons agt verteenwoordig die per-
sone wat die petisie geteken het
asook ander boere op die Vlakte.
En ek het hom gesê dat ons ontevrede
is dat ons nie gelyke behandeling
kry nie want daar is nou al persone
wat kontrakte aangegaan het soveel as
R400 per hektaar. Hy het my soort
van in die rede geval en die gesprek
oorgeneem en gesê dat hy besef dat in
1976 was daar onreëlmatighede met sy
agente, sy sogenaamde agente in die
veld maar (a) Generaal Mining het
nou besluit op 'n vergadering om ons
almal R360 per hektaar aan te bied
en die aanbieding is finaal en daarby
gesê dat ons die R360 per hektaar is

sonder /6

-6-

sonder verbruikersindeks U Edele, en
hulle wil graag 'n verlenging hê van
twee jaar met 'n verhoging van prospek-
teergelde en ons het nou 'n keuse om
die RI50 per hektaar plus verbruikers-
indeks te aanvaar en dit so te hou
of die nuwe kontrak van R360 per hektaar
te aanvaar. Op daardie stadium, ek
weet nie wie dit was nie, ek neem
aan dit was mnr. Wierenga, het hom
gevra hoe 'n lang tyd is ons gegun
om oor hierdie aanbod te besin, en
hy het gesê 'n maand tot ses weke.
Ek en mnr Marius Buning is daarna uit
die vergadering en met 'n rekenaars-
masjientjie gaan rofweg uitwerk as
die verbruikersindeks plus-minus
12% is oor die sewe jaar wat sal ons
voordele aan hierdie nuwe aanbod wees
en ons het na 'n rukkie teruggekom en ek
het gesê manne dit lyk my ons "score"
omtrent R40 per hektaar. (b) En_
toe vra ek vir mnr. Lategan, julle
bied ons nou R360 per hektaar aan, nou
wat van die ouens wat julle dan R400

per /7

7
per hektaar aangebied het? Toe sê
hy vir my, daardie manne moet ons nou
nie mee hare kloof nie, hulle is maar
net 'n paar, maar die ander mense sal op
die R360 kontrak vas staan.
HOF: Het juile toe aangeneem, lyk dit
vir my, dat hulle beleid op daardie
stadium was om nie meer te betaal as
R360 nie? -- Dit is reg. Op nog 'n
vraag wat ek hom persoonlik gevra
het, is en wat nou van die manne wat
nog nie geteken het nie, verwysende
na ons byeenkoms gedurende Januarie
1978 waar hy my gevra het om daardie
mense, die Groothofs, die Van der Walt,
mnr Van der Walt, mnr. Van Baalen en
andere te vra om te teken. Ekskuus,
U Edele, ek het hom gevra wat nou van
die persone wat nou nog nie geteken
het nie, verwysende na daardie manne
want hy was bewus daarvan dat ek in
1978 by hom gewees het oor 'nsekere
opsie van 'n sekere J.J. Boshoff,en
hy het gesê hierdie manne gaan nou
huil en ons gaan hulle forseer om te

teken /8
teken en toe het hy ook vir ons gevra
om die ander manne, verwysende na die
R150 per hektaar kontrakte, te oorreed
om ook die nuwe aanbod te aanvaar want
hulle wil graag General Mining 'n ver-
lenging hê van 2 jaar want daar was
'n bietjie probleme met die mynbedrywig-
hede op daardie stadium. Ons het
toe opgestaan en ons het tee gedrink
en ons was gelukkig en tevrede dat
ons nou met ordentlike mense te doen
het en ons het nou 'n goeie "deal" ge-
doen, ons het dan ook behalwe van die
R400 per hektaar manne is ons darem nou
die R360, ons het darem nou bygekom!
En toe vra ek hom, toe ons opstaan,
by sy tafel, Willie, ek het hom op sy
voornaam genoem want ek ken hom, kan
jy alles wat jy nou hier gesê het op
skrif stel? Toe sê hy man, ons is
'n groot maatskappy, en moenie my so
'n "stupid" vraag vra nie. Julle
kan ons vertrou. En ons is daar weg.
MNR GOLDSTEIN: (c) En wat het u toe
geglo van hierdie R360, mnr. Van der
Merwe? -- Ek het vas geglo dat niemand

meer /9

-9-

meer as R360 per hektaar op die vlakte
sal kry nie.

Nou was daar enige twyfel in u
gemoed daaroor? -- Geen twyfel nie. "

Mnr Cohen het aangevoer dat die verwysing na "die ander

mense" in (b) van die aangehaalde gedeelte klaarblyklik

slegs betrekking het op die lede van die R150,00 groep

wat nie by die vergadering teenwoordig was nie. Die hele gesprek,

so het hy betoog, was beperk tot diegene wat reeds benoemings-

kontrakte gesluit het. Dit is hoofsaaklik met hierdie

konstruksie van die eiser se getuienis wat ek nie saam

stem nie. Die verwysing na "ons almal" en "ons" in (a}

slaan weliswaar slegs op die eienaars aan wie R150,00 per

hektaar betaalbaar was aangesien die keuse om die bestaande

ooreenkomste /10

-10-

ooreenkomste te behou of die nuwe kontrakte te aanvaar

tot hulle beperk was. Maar reeds in (b) stel die eiser

'n vraag wat wyer strek as die R150,00 groep nl.

"die ouens wat julle ... R400,00 per
hektaar aangebied het"

En die antwoord word selfs wyer as dit gestel:

"die ander mense sal op die R360,00
vas staan."

Nog die strekking van die vraag nóg die alledaagse betekenis

van die woordgebruik regverdig 'n beperking van "die ander

mense" tot die R150,00 groep. Die "ander mense" verwys,

myns insiens, na al die ander mense in die gebied. Dat

dit /11

-11-

dit so is en dat die gesprek oor 'n breë basis beweeg het

blyk verder uit die eiser se vraag ten aansien van

"die manne wat nog nie geteken het nie"

d w s "die historiese weieraars" waarna telkemale in die

getuienis verwys word. 'n Verdere en baie belangrike

oorweging wat 1ig werp op wat by die vergadering gebeur

het, is dat die eiser

"vas geglo het dat niemand meer as
R360,oo per hektaar op die vlakte
sal kry nie"

en dat hy

"in (sy) gemoed geen twyfel daaroor"

gehad /12

-12-

gehad het nie (Vgl (c). Steeds gedurende hoof-ondervraging

word die eiser gevra of hy sou geteken het, indien hy geweet

het dat meer as R400,00 aangebied sou word. Sy antwoord

is onbestaanbaar met die betoog dat hy 'n blote afleiding

gemaak het:

"Dan sal ek ... nie geteken het nie ...
want die versekering is daar duidelik
op die vergadering genoem dat niemand
meer as R 360,00 per hektaar sal kry
nie. "

Mnr. Cohen het laasgenoemde antwoord as 'n nagedagte ( "af-

terthought") bestempel - 'n onaanvaarbare standpunt tensy

die eiser se geloofwaardigheid (wat, soos later sal blyk,

bo verdenking staan) 'n bevinding van oneerlikheid regverdig.

Bostaande /13

-13-

Bostaande oorwegings dui onteenseglik daarop dat 'n stelling

dat die eiser 'n ongeregverdigde afleiding gemaak het op 'n

wanbegrip van sy getuienis berus. Op die keper bekyk bevestig

die eiser se getuienis gedurende hoof-ondervraging duidelik

dat die beweerde wanvoorstelling wel gedoen is en die wesentlike

vraag wat uiteindelik oorweeg staan te word is of die eiser se getuienis

aanvaar behoort te word en of hy die bewyslas in hierdie verband op

oorwig van waarskynlikhede gekwyt het al dan nie. Alvorens

ek van die wesentlike inhoud van die eiser se getuienis

afstap, behoort vermeld te word dat hy aan deurtastende

kruis-ondervraging onderwerp is en op 'n stadium toegegee

het dat daar by die vergadering van 3 Julie nie 'n wanvoor-

stelling gemaak is nie maar slegs

-14-

'n voorspelling van die toekoms"

Toe die eiser onmiddellik hierna gevra is waaruit dit bestaan

het, het hy as volg geantwoord

"Daar is aan ons gesê of besluit of
wat hy ookal gedoen het, dat niemand
meer as R360 op die Springbokvlakte of
die Settlers gebied, wat ons dit ookal
noem, sal aangebied word nie en daar-
die aanbod is nou finaal."

Kort hierna is enige moontlike misverstand in perspektief

gestel deur vrae wat die Verhoorregter gestel het:

"HOF: Maar u het ook gesê mnr. Van
der Merwe in u getuienis, is dit dan
nie reg nie, dit het gegaan ook dat
niemand ... (getuie tussenbeide) —

Niemand /15

-15-

Niemand sal meer kry nie, dit is reg,
dit het oor die R150 'n hektaar gegaan,
die aanbod is aan ons gemaak, R360 'n
hektaar en dit is finaal, niemand
sal meer kry nie.

Nee maar het hy nie gesê op 'n stadium dat die R360 sal ook geld vir
die persone bykomstig tot ... (getuie
tussenbeide) — Ja tot die vergadering,
die mense wat nie daar is nie, wat
nog op die plase is met die R150 per
hektaar.

Nee maar luister nou, ek wil nie
hê dat ons later moet 'n misverstand
daaroor kry nie, want die R360 sal
nou geld vir julle wat vir R150 geteken
het? -- Dit is korrek en vir al die
ander mense op die Vlakte wat nog
nie geteken het nie."

Ek kan dus nie akkoord gaan met die stelling dat die eiser

se getuienis die beweerde wanvoorstelling nie bevestig nie.

Die /16

-16-

Die Verhoorregter, wat per slot van rekening gedrenk was

in die verhooratmosfeer en die unieke voordele geniet het

wat die beoordelaar van feite in die reël beskore is, se

bevinding is, na my oordeel, nie 'n bevinding waarvan hierdie

Hof met reg kan afwyk nie. Hierdie oorwegings vereis

verder dat die Regter a quo se ondervermelde indruk met

hoë ontsag bejeën word:

"Die eiser het getuig dat hy uitdruklik
en spesifiek die versekering van mnr.
Lategan gekry het dat nie meer as
R360,00 betaal sal word nie. Na
lang en herhaalde ondervraging het hy
egter sy getuienis ietwat verander deur
te sê dat hy afgelei het van wat daar
gesê is dat daar nie meer betaal
sal word nie. Dit sou hy afgelei
het van die bewering dat die ander

'gaan /17

-17-

'gaan nog huil'. Na my oordeel is
dit so dat 'n behoorlike insig in die
kruisverhoor toon dat die eiser uit
bloot 'n toestand van desperaatheid die
verandering gedoen het in die getuienis
wat hy afgelê het. Die desperaatheid
het oënskynlik ontstaan uit die gevoel
wat by hom was dat mnr. Cohen nie
die antwoorde dat daar uitdruklike
waarborge was wou aanvaar nie. Die
begrippe van wat gesê is, voorstellings,
beloftes en indrukke het mekaar vinnig
afgewissel en ek het die indruk
dat deur die druk van die omstandighede
die eiser nie verstandelik vinnig
genoeg kon by bly by die vrae nie."

Voorts, soos blyk uit my ampsbroeder VIVIER se

uitspraak, het beide Wierenga en Pretorius (ofskoon in ander

woorde en in verskillende volgorde) getuig dat Lategan

versekering gegee het dat niemand meer as R360,00 sou

kry /18

-18-

kry nie. Wierenga, wat MYBURGH, R beindruk het as in

"alle opsigte bevredigend", het getuig dat nadat Lategan

gesê het die boere wat nog nie geteken het nie "sal huil",

hy in antwoord op die direkte vraag

"sal u meer as R360,00 gee vir enigeen
op die vlakte?"

die uitdruklike antwoord gegee het dat

"niemand gaan meer as R360,00 kry nie"

Pretorius , wie se getuienis volgens MYBURGH, R "moeilik

gekritiseer (kan) word", se relaas is as volg

" ... die vraag was ook daar gevra

weer, /19

-19-

weer, sal niemand in die toekoms
meer as R360,00 'n hektaar kry nie en
ons het die indruk gekry, daar is vir
ons gesê nee R360,00 is die maksimum
wat ons kan betaal."

In wese en indien in ag geneem word dat getuienis

na verloop van meer as drie jaar gelewer is en dat verskille

te wagte moet wees, stem die getuienis van die eiser,

Wierénga en Pretorius ooreen. Dat laasgenoemde twee se

belange grotendeels met dié van die eiser ooreenstem is

duidelik en kon MYBURGH, R skaars oor die hoof gesien het

Hierdie faktor beklemtoon hy weliswaar nie maar sy versuim

om dit te doen kan nie tot gevolg hê dat sy indrukke van

die getuies se geloofwaardigheid buite rekening gelaat

word nie.

Ek /20

-20-

Ek gaan nou oor tot my ampsbroeder VIVIER se

bevinding dat MYBURGH, R nie voldoende gevolg aan die

getuienis van Lategan en Becker geheg het nie en meld die

redes waarom ek nie met sy standpunt akkoord gaan nie

Wat Lategan betref was die bevinding dat hy

"vaag en glibberig was ... (en) nie
'n gunstige indruk gemaak het nie."

Voor MYBURGH, R en ook voor ons is daar verwys na 'n aantal

"onbevredigende aspekte" van Lategan se getuienis. Som-

mige hiervan het meer om die lyf as ander maar ek vind dit

onnodig om daarmee in besonderhede te handel aangesien

ek, na deurlees van Lategan se getuienis in sy geheel,

sterk /21

-21-

sterk onder die indruk gekom het dat sy getuienis ex facie

die oorkonde onbevredigend is. Ek volstaan met 'n enkele

oovallende voorbeeld;

Lategan het getuig dat hy op 3 Julie 1979, toe hy versoek

het dat daar nie "meer hare gekloof" word oor die R400,00

groep nie, nie in gedagte gehad het dat gemelde groep

selfs 'n hoër aanbod in die omtrek van R420,00 mag ontvang

nie. As hy dit in gedagte sou gehad het, dan sou sy op~

trede teenoor die R150,00 groep op "misleiding" neergekom

het. Die kruisondervraer het hierna aan hom gevra

" Ja ! Maar jou hele punt is jy het nie
geweet ten tye van die vergadering
dat u die R400,00 mense gaan verhoog,

dit /22

-22-

dit is wat u nou onder eed vir Sy
Edele vertel?

Sy antwoord lui:

'Dit is reeds besluit ons gaan hulle
nie verhoog nie."

Laasgenoemde antwoord word nie deur Becker en Linning in

hulle getuienis bevestig nie en bots inderdaad met 'n memo-

randum wat Becker veertien dae voor die vergadering van

3 Julie aan Linning gerig het, waarin 'n strategie voorgestel

word dat onderhandelinge met die R400,00 groep agterweë

gehou word tot na daar met die R150,00 groep heronderhandel

is en waarvan Lategan kennis gedra het. Die relevante

deel van die memorandum lui:

"2. Dit /23

-23-

"2. Dit moet in gedagte gehou word dat indien
ons nou moet onderhandel met die 'R400,00
per hektaar - eienaars', naamlik die
wat op u skedule verskyn, dit wil sê
Cleverdon, Krinsky, Kriegler en andere,
die nuwe prys vir 'n verlenging van
1980 tot 1981/2, minstens in die
orde van R420,00 en na R500 per hektaar
sal wees.

3. Die probleem word voorsíen dat in die
1980/81 jaar daar prospekteerkontrakte
met ongeveer 75 ander eienaars, oor

'n gebied groot 21800 hektaar, sal verval.
Hierdie eienaars het nog teen R150,00
plus V.I.P. in 1975/76 geteken.
Teen 'n gemiddelde styging van ongeveer
75% in die V.I.P. vanaf 1975/76 tot
1980/81, bring dit hul uitkoopprys op
'n bedrag van gemiddels ongeveer R260
per hektaar. Dus 21800 ha x R260 =
R5 668 000.

4. Sou ons dus nou in 1979 met die onge-
veer 8 "R400 - eienaars", 'wie saam 'n
gebied het groot 3197 hektaar, her-
onderhandelings aanknoop teen R 420 per •

hektaar /24

-24-

hektaar, dan sal ons beslis vir die
21 800 hektaar ook moet heronderhandel
teen minstens R420 PLUS in 1980/81.
Sodoende sal ons 'n groot verlies ly
in die sin van prys voorsprong',
verder inagneming van die feit dat 75
eienaars ons beslis sal verwys na die
Cleverdon en ander onderhandelings,
wat op daardie tydstip wel publiek bekend
sal wees.

5. Dit word voorgestel dat ons nou reeds
in 1979 begin om met die R150 -
eienaars' te heronderhandel, ...."

Lategan se erkenning dat verswyging van 'n moontlike hoër

bedrag op misleiding sou neerkom, kan nie uit die weg

geruim word deur in sy guns te aanvaar dat hy moontlik in

gedagte gehad het dat die saak weens 'n verandering van

strategie tydelik uitgestel word nie. In die lig van

bostaande is Lategan se getuienis dat hy nie "in gedagte

gehad /25

-25-

gehad het" dat 'n hoer aanbod aan die R400,00 groep gerig

mag word nie, net nie aanvaarbaar nie en met die oog op so

ernstige leemte in sy getuienis, is ek geensins oortuig

dat MYBURGH, R verkeerdelik tot die konklusie gekom het

dat Lategan nie 'n bevredigende getuie was nie.

Sover dit Becker se getuienis betref,is ek

insgelyks van oordeel dat daar nie, op appèl, met die Regter

a quo se kritiese benadering iiout gevind kan word nie

MYBURGH, R verwys in sy uitspraak na 'n gesprek wat 'Becker

met die eiser se vader gevoer het, bevind dat die gesprek

"'n blote versinsel is ... en (dat
dit ... ietwat van 'n duister, 'n
donker wolk, oor sy getuienis"

trek /26

-26-

trek. My ampsbroeder VIVIER meld in sy uitspraak die

strekking van die gesprek en spreek die rnening uit dat dit

'n natuurlikeen te verwagte uitlating is in die omstandighede

waaroor Becker getuig het. Indien ek suiwer op die ge-

skrewe oorkonde moes oordeel, sou ek geneë wees om te beslis

dat die Regter a quo hierdie faset oorbeklemtoon het.

Maar daar bestaan nietemin 'n mate van twyfel oor Becker se

eerlikheid in hierdie verband: hy het verklaar dat hy aan

die voorval gedink het toe die eiser op 25 en 26 Oktober 1982

getuig het maar dat hy dit eers op 3 November 1982 aan die

verweerder se regsverteenwoordigers gemeld het

"want daar was velerlei ander bespre-
kinge en ek het dit nie nodig geag

op /27

-27-

op daardie stadium om dit te genoem
het nie."

Steeds gedagtig aan die besonder gunstige geleentheid

wat 'n verhoorregter geniet by die vasstelling van geloof-

waardigheid, is ek geensins oortuig dat Becker se getuienis

verkeerd deur MYBURGH, R aangeslaan is nie.

My ampsbroeder VIVIER heg baie waarde aan Linning

se getuienis en ag sy verklaring dat die beweerde wan-

voorstelling nie gemaak is, en nie gemaak kon gewees het

nie, as 'n gewigtige verklaring. Met die sienswyse dat hy 'n

geloofwaardige getuie is, kan daar, met eerbied, nie fout

gevind word nie - hy word in der waarheid deur MYBURGH, R

beskryf as

"'n....... /28

-28-

"'n baie versigtige getuie en duidelik
'n hoogs intelligente persoon."

Maar met betrekking tot sy getuienis dat die wanvoorstelling

nie gemaak was of nie gemaak kon gewees het nie, het ek 'n

mate van twyfel. Gedurende hoof-ondervraging is die vraag

aan hom gestel

"was daar van die verweerder se kant
enige voorstel op enige stadium aan
die boere gemaak dat in die toekoms
sal niemand meer as R360,00 per hek-
taar in die Settlers-gebied betaal
word vir mineraleregte nie?"

Die antwoord was nie 'n besliste ontkenning nie en behels

'n argumentum a priori:
" Ek ......../29

-29-

"Ek dink nie die verweerder het ooit
so 'n belofte gemaak aan enige groep mense
op enige stadium nie. Dit sou heeltemal
ons besigheid se vaardighede of in elk
geval ons besigheidsvoordele benadeel
om so 'n belofte te maak want ons neem
soveel prospekteerkontrakte op oor
die hele land en meestal kry ons niks
nie so ons moet ons daarteen beskerm,
ons kan nie wanneer ons 'n klomp geld
gespandeer het en wanneer almal weet
dat ons wel 'n vonds gemaak het, op
daardie stadium ons verbind dat almal
nou die hoogste prys kan kry want
op daardie stadium skiet die pryse
natuurlik geweldig op vir die mense
wat nog 'n belowende stuk grond het
maar nog nie dit verbind het nie."

My indruk, met die deurlees van Linning se getuienis, is

dat hy nie rondborstig wou erken dat die klagte van die

eiser en sy makkers by die vergadering op 3 JUlie 1979

dat /30

-30-

dat die versekering van "gelyke behandeling" van al die

eienaars verbreek is, nie prominent gefigureer het nie,

Aanvanklik, gedurende hoofondervraging, was sy weergawe

dat dit bloot 'n petisie was of

"daar nie 'n bietjie meer uitbetaal"

kon word nie. Gedurende sy vroeë kruisondervraging was

sy getuienis dat daar

"nie sprake oor die pryse op die Vlakte
en daardie soort van ding (was) nie,
daar was net daardie korswil-navraag
oor die mense wat nou nog weier."

Hy het vir 'n geruime tyd volhard met die standpunt dat daar
nie sprake was van enige onregverdige behandeling nie, die
boere het komsoebat en daar was net 'n pleidooi dat
"ons........./31

-31-

"ons pryse tog maar moet bietjie opsit

... al wat hulle daar kom vra is
sonder rede ... kom hulle net sê, as-
seblief, groot mynmaatskappy, gee vir
ons nou meer geld want die jong boere
is gou teen die toue."

Later, egter, het Linning sekere toegewings gemaak wat nie

strook met bovermelde getuienis nie:

"Die redes wat hulle in gedagte gehad
het, die boere, is nou klaarblyklik
die soos uiteengesit in die aanvanklike
brief en die petisie wat die vergader-
ing voorafgegaan het? -- Dit is
korrek.

U sê dit is korrek. Nou ons
weet dus meneer dat van die boere se
kant beskou, die boere daar was omdat
hulle gevoel het hulle is verontreg
vanweë die redes uiteengesit in daar-
die brief en petisie en ons weet
dat van u kant beskou u geweet het dat

ten /32

-32-

ten minste 'van die boere wel daardie
mening toegedaan was en dat hulle
dit as die rede vir die vergadering
beskou, korrek? — Dit is korrek."

(Die brief en petisie waarna verwys word is die prokureurs-
brief met aanhangsel van 12 Junie 1979 waarin dit gestel
word dat daar "afgewyk" is van die versekering dat "alle
eienaars" R150,00 per hektaar betaal sou word en dat dit 'n
syfer is wat "vasstaan") . Linning het ook, tot 'n mate,
aan die einde van die kruisondervraging sekere toegewings
gemaak dat daar wel 'n vraag gevra kon gewees het dat niemand
meer as R360,00 sou kry nie maar hy het volhard in sy
ontkenning datdie bevestigende antwoord betrekking kon gehad
het op persone wat nie lede van die R360,00 groep was nie.

Die /33

-33-

Die betrokke deel van die oorkonde lui

"U sien mnr Wierenga getuig dat hy net
een vraag op daardie vergadering gevra
het en die vraag wat hy gevra het was
na aanleiding van die antwoord 'hulle
gaan nog huil' en die vraag wat hy
gevra het was 'Dus niemand sal meer
as R360 kry nie?' waarop dit beves-
tigend beantwoord is deur mnr. Lategan

— As daar gepraat is van niemand
dan was dit beperk tot daardie spesi-
fieke groep waarmee ons onderhandel
het. Dit het nie betrekking gehad
op enige wyer groep of wyer gebied
nie.

Kon daar gepraat gewees het van
'niemand'? 'Niemand sou meer kry
nie', in enige konteks? — Nie in
enige konteks nie.

Maar gee u nou aan Sy Edele te
kenne dat u elke woord op daardie ver-
gadering gehoor het en elke woord kan
onthou wat daar gesê is? -- Ek het

reeds /34

-34-

reeds erken dat ek nie elke woord in
volgorde kan onthou nie.

Nou wil ek weer vir u vra: was
die woorde gebruik, niemand kry meer
nie? -- Dit was nie in enige konteks
gebruik nie.

Was daardie woorde gebruik?
Net op hulleself, niemand kry meer nie?
-- Ek kan dit nie onthou dat sulke
woorde gebesig was nie.

Kon dit gebesig gewees het sonder
dat u dit gehoor het? — Slegs binne
die konteks van daardie groep.

Maar u kan die woorde glad nie
onthou nie, in elk geval? -- Dit is kor-
rek.

So u kan nie gaan betwis dat mnr.
Wierenga wel daardie vraag gevra het
nie? -- Ek kan nie betwis dat hy so
'n vraag gevra het nie.

En u kan nie betwis wat die ant-
woord daarop was nie? -- Ek kan betwis
dat dit nie 'n oop antwoord was nie.

Maar /35

-35-

Maar meneer as u nie kan betwis
dat die vraag gevra is nie, u sê u kan
nie onthou of dit toegelig is nie,
hoe kan u dit betwis? -- Omdat daar
sekere beginsels is wat ons toepas
in die opneem van opsies en die sluit
van prospekteerkontrakte en dit
was een van die redes hoekom ek by
die vergadering was om te kyk of daar
iets gebeur wat ons basies bind tot
iets waartoe ons nie gebind wil wees
nie.

Ja u sê daar behoort nie normaal-
weg wanvoorstellings gemaak te word
nie, daarom is dit nie gemaak nie? Is
dit wat dit op neerkom? -- Ek sê wanvoor-
stellings sal nie opsetlik of nalatig-
lik deur ons organisasie gemaak word
nie.

Behalwe vir hierdie rede is daar
geen ander rede op grond waarvan u kan
betwis dat daardie vraag gevra sou ge-
wees het en dat die antwoord daarop ge-
gee is soos wat mnr., Wierenga getuig het?
Is dit korrek? -- Herhaal dit net

asseblief? /36

-36-

asseblief?

Behalwe vir die rede wat u sopas
genoem het, is daar geen ander gronde
waarop u kan betwis dat die antwoord
op daardie vraag gegee is soos mnr.
Wierénga getuig nie?

HOF: Ja hy weet nou nie presies hoe
mnr Wierenga getuig het nie; stel
dit aan hom wat mnr. Wierenga gesê het,
anders, die getuie weet nou mos nie
presies wat die mnr. Wierenga gesê
het nie.
MNR. MARITZ: Mnr. Wierenga se ge-
tuienis was dat hy die vraag gevra
het na aanleiding van die 'huil'
antwoord en sy vraag was 'Dus niemand
sal meer as R360 kry nie, dit is nou
julle prys?' En die antwoord was be-
vestigend. Nou u het reeds gesê u
kan nie betwis dat die vraag gevra
is nie, nou stel ek dit aan u klaar-
blyklik, behalwe die rede wat u nou
genoem het, kan u nie op enige ander
gronde betwis dat daardie antwoord be-
vestigend gegee is nie. Is dit reg?

Die /37

-37-

— Die antwoord is bevestigend ...
laat ek myself hier net herstel
asseblief: die antwoord kon so gelui
het.
Ja.
HOF: U meen die antwoord kon so glui het
om te sê dat niemand gaan meer as
R360 kry nie? — Dit is korrek maar
die bedoeling daarvan was natuurlik
die groep met wie ons daar onderhandel
het. Hulle, niemand was ten opsigte
van daardie groep ten alle tye.

MNR MARITZ: Met die bedoeling klaar-
blyklik is in 'n man se kop. Boere
bedoel een ding en mnr. Lategan bedoel
'n ander ding en u bedoel weer 'n derde
ding nie waar nie? — Ek weet nie of
ons hierso van drie dinge praat nie.
HOF: Kyk laat ons die ding nou probeer
tog uitsorteer: eers aanvanklik,
het mnr. Van der Merwe in sy getuienis
gese dat daar is positief gesê op
daardie stadium niemand gaan meer as
R360 per hektaar kry nie. Toe onder
lang kruisverhoor het hy dit verander,

toe /38

-38-

toe het hy gesê hulle het dit nie
spesifiek gesê nie, hy het dit maar
afgelei van die feit dat hulle gesê
het die mense gaan huil maar mnr.
Wierenga, as my geheue reg is, het
gesê hy is die man wat die vraag gevra
het ten aansien van die weieraars, of
hulle nou gaan meer kry, en toe was
die antwoord nee, hulle sal nie meer
kry as R360 nie. Is dit korrek,
dit is die getuienis wat voor my is?
MNR.. MARITZ: Mag dit u behaag.
HOF: Lyk dit nie vir u dat hierdie
mense was ter sprake, die weieraars, en
die hele doel was om te verseker dat
ander mense nie meer kry as hulle nie
en hulle het toe versekering daar gekry
dat daardie mense sal nie meer kry
as wat hulle kry nie, R360 nie? -- Dit
was nooit tot vandag toe was dit vir
my enigsins duidelik of het ek die ver-
moede gehad dat die doel van daardie
vergaderings was om 'n versekering
te kry dat ander mense buiten daardie
groep nie meer sal kry nie. Die
ander mense buite daardie groep,

die /39

-39-

die onderhandelinge het nie.oor hulle
gegaan nie, hulle was later ingegooi
by wyse van 'n ligte gesprek en dit
kon toe, kon daar sulke woorde ge-
besig gewees het soos mnr. Wierenga
beweer maar ek kan dit glad nie onthou
nie.
MNR. MARITZ: Nou of dit nou volgens
u in 'n ligte gesprek was of nie,
vrae is gevra en die antwoorde is
gegee en in die lig van die antwoorde
wat gegee is, kon die boere daaronder
sekere dinge verstaan, of dit nou
volgens u in 'n ligte luim gegee is
of nie, die boere het daaronder iets
verstaan. Die vraag word nie verniet
gegee, gevra en 'n antwoord word nie
verniet daarop gegee nie, nie waar nie?
-- Indien so 'n vraag gevra was en so 'n
antwoord daarna sou plaasgevind het,
dan aanvaar ek dat die boere iets daar-
onder verstaan het, dit is korrek.

En die antwoorde wat gegee is sou
klaarblyklik vir die boere van belang
gewees het met betrekking tot die aspek

of /40

-40-

of hulle nou wil teken of nie, anders
sou hulle nooit die vrae gevra het
nie! -- Ek glo nie en ek dink daardie
vraag was meer uit nuuskierigheid gevra."

Linning se getuienis, alhoewel geloofwaardig, dra in die

lig van bostaande oorwegings na my mening nie voldoende

oortuigingskrag om die eiser se getuienis ten effekte dat

die verweerder se amptenare wel die beweerde wanvoorstelling

gemaak het, effektief te weerspreek nie,

Laasgenoemde gevolgtrekking word gestaaf deur

gewigt.ige waarskynlikheid nl dat dit 'n onbetwiste feit is

dat die vergadering van 3 Julie 1979 aangevra is en plaas-

gevind het as gevolg van die ontevredenheid van die Rl50,00

groep boere. In die "petisie" wat onder dekking van die

brief /41

-41-

brief van 12 Junie 1979 aan verweerder se besturende direkteur

gerig is, word daar gekla dat daar "afgewyk" is van die

versekering dat "alle eienaars" Rl50,00 per hektaar betaal

sou word en dat dit 'n syfer is wat "vasstaan". Dit is

op hierdie grond wat die vergadering aangevra is. Dat

'n versekering van "gelyke behandeling" op aangedring sou

word is uiters waarskynlik. En waar die vergadering in 'n

gemoedelike atmosfeer ten einde geloop het, is dit in 'n

hoë mate waarskynlik dat die versekering inderdaad gegee

is en dat die boere verkry het wat hulle begeer het. Hier-

die waarskynlikheid ontleen verder steun uit 'n toegewing

van Linning, gedurende kruis-ondervraging, dat voor die

vergadering reeds aan hom gesê is dat

"hulle /42

-42-

"hulle glo dat daar 'n onderneming
aan hulle gegee was dat gelyke be-
handeling sal plaasvind."

Soos reeds vermeld beskou ek hierdie as 'n gewigtige waar-

skynlikheid wat die waarskynlikhéid dat Linning, wat 'n

wakende oog moes hou dat opsies binne redelike perke bly,

op 3 Julie nie sou terugsit nie terwyl Lategan ondernemings

ten opsigte van toekomstige pryse maak, oorskadu,

Laasgenoemde is per slot van rekening die verweerder se

mynregtebestuurdër wat as woordvoerder opgetree het en wat

meer seggenskap oor geldelike sake sou hê as die raadgewende

senior geoloog.

My gevolgtrekking is dus dat MYBURGH, R tereg

beslis ./43

-43-

beslis het dat eiser op oorwig van waarskynlikheid bewys

het dat 'n wanvoorstelling van verweerder se gemoedstoestand

deur sy amptenare gemaak was dat R360,00 per hektaar, met

uitsondering slegs van die R400,00 groep, die hoogste

prys is wat die verweerder hoegenaamd in die Settlers gebied

sou aanbied en dat dit tot sluiting van die ooreenkomste

gelei het.

Ten slotte handel ek kortliks met die verwere
dat die eiser sy reg van kansellasie verloor het a g v
afstanddoening of estoppel. Die gronde waarop die verweerder
sigself beroep is as volg:

(a) Gedurende April 1980 en Mei 1982 het die eiser
prospekteergelde van die verweerder aanvaar.

(b) OP /44

-44-

(b) Op 5 Junie en 14 Augustus 1980 onderskeidelik

het die eiser, met volle kennis van sy regte.
die benoemingsooreenkomste notarieël verly en
geregistreer.

(c) Verweerder het tot 17 Maart 1981, met die eiser

se volle kennis en toestemming, voortgegaan om

sy regte ooreenkomstig die ooreenkomste uit te
oefen,

Afstanddoening wat (a) betref: Die aanvaarding van die

prospekteergelde gedurende April 1980 het, soos Lategan

geredelik toegegee het, betrekking gehad op die oorspronklike

(1976) ooreenkomste. Die aangevraagde regshulp. het slegs

betrekking op die wysigingsooreenkomste aangegaan gedurende

Julie 1979 /45

-45-

Julie 1979, verly op 5 Junie 1980 en geregistreer op 14

Augustus 1980. Gevolglik het die aanvaarding waarop die

verweerder sigself beroep geen toepassing in die onderhawige

geding nie. Die kansellasie het op 17 Maart 1981 plaasgevind

en het die aanvaarding van die prospekteergelde gedurende

Mei 1982 voorafgegaan. Toe was die opsegging van die

wysigingsooreenkomste deur die eiser reeds 'n voldonge feit.

Eiser se optrede gedurende Mei 1982 kon regtens nie gemelde

opsegging ongedaan maak nie.

Afstanddoening wat (b) betref: By afstanddoening moet dit

"duidelik blyk dat die betrokke persoon
opgetree het met behoorlike kennis
van sy regte en dat sy optrede teen-

strydig /46

-46-

strydig is met die voortbestaan van
sodanige regte of met die bedoeling
om hulle af te dwing."

(Per CORBETT, Wn AR in Borstlap v Spangenburg en andere,
1974(3) S A 695 (A) op 704 F-H). Die eiser het getuig,
en dit is onbetwis, dat hy verlyding en registrasie nie
belet het nie omdat hy vas geglo het 'n onderhoud gereël
sou word met dr. Wim de Villiers en dat die aangeleentheid
in der minne geskik sou word. Toe verlyding en registrasie
plaasgevind het was die eiser nie bewus daarvan nie.
Volgens die getuienis van die eiser en Kuschke (die eiser
se oorspronklike prokureur), welke getuienis MYBURGH, R
aanvaar het, is dit duidelik dat al die wesentlike feite
en die omvang van die eiser se regte gedurende 1980 nie

aan /47

-47-

aan die eiser bekend was nie. Dit is onbetwis dat die eiser

eers vroeg in 1981 uitgevind het dat Groothof 'n aanbod van

R500,00 per hektaar ontvang het en dat hy slegs:

1. Ongeveer 'n week voor die aanvang van die geding

{op 25 Oktober 1982) verneem het dat R480,00 per
hektaar aangebied is aan sekere boere.

2. Op 25 Oktober 1982 vasgestel het dat Lategan,

Becker en Linning reeds ten tye van die vergadering

op 3 Júlie 1979 bewus was daarvan dat R420,00
plus verbruikersprysindeks aan die R400,00 groep

namens die verweerder aangebied sou word.

3. Aan die begin van 1981 van prokureur Martin Brink

verneem /48

-48-

verneem het dat daar reeds voor die vergadering

(nl gedurende 1978) R500,00 per hektaar aan

Groothof aangebied is.

4. Gedurende Januarie of Februarie 1980 vasgestel

het dat van sekere van die "historiese weieraars"

opsies verkry is teen "R750,00 en meer" per hektaar

Bovermelde feite maak 'n belangrike deel uit van

die eiser se skuldoorsaak en sy gebrek aan kennis daarvan

gedurende Junie en Augustus 1980 verhinder 'n bevinding

dat hy afstand gedoen het van sy regte des te meer waar

Kuschke getuig het dat hy en die eiser

"nooit ooit ... die kwessie van kansel-

lasie /49

-49-

lasie of terugtrede uit die kontrak
bespreek (het) nie."

Dit was, luidens die eiser se getuienis, eers aan die begin

van 1981 dat prokureur Martin Brink hom geadviseer het en dat

hy vasgestel het dat 'n reg van kansellasie tot sy beskikking

was.

Afstanddoening wat (c) betref: Verweerder het geen getuienis

hoegenaamd aangebied om die bewyslas in hierdie verband

te kwyt nie. Slegs die eiser het hiermee gehandel. Sy

getuienis was dat prospekteerwerk op sy grond deur verweerder

reeds ongeveer teen die middel van Maart 1979 ten einde

geloop het.

Die /50

-50-

Die verweer van estoppel berus op die bewering

dat die verweerder, as gevolg van die optrede van die eiser

soos in (a), (b) en (c) uiteengesit, daartoe oorgehaal

is om tot sy nadeel op te tree. Hierdie verweer kan nie

slaag nie en wel op die eenvoudige grond dat op Lategan

se eie getuienis geen bewys gelewer is dat die verweerder

enigsins anders sou opgetree het indien die eiser nie soos

beweer opgetree het nie. Eiser se optrede het dié van die

verweerder nie beinvloed nie soos blyk uit ondervermelde

uittreksel uit Lategan se kruis-ondervraging:

"Daar is by julle geen twyfel hoegenaamd
dat julle 'n goeie saak het, is ek reg?
-- Dit is korrek.

Dat hierdie klagtes ongegrond

is /51

-51-

is? — Korrek
En dat julle hoegenaamd nie die
klagtes gaan probeer tegemoetkom nie?
-- Dit is korrek.
Is ek reg? -- Dit is korrek.
Goed en daarna meneer, in die krono-
logiese verloop van sake, het daar 'n
vergadering plaasgevind? -- Dit is
korrek.
Is dit korrek? En die vergader-
ing is hoegenaamd nie belê om die boere
tegemoet te kom nie. -- Nee dit is
om 'n proposisie aan hulle te stel.
Ja maar dit is nie belê omrede
julle enige twyfel gehad het oor die
ongegrondheid van hulle klagtesnie.
— Ja. ...
En julle het gevoel dat die klagtes
in die brief van 12 Maart 1980 hoef
julle nie eers ernstig op te neem nie,
eintlik, nie waar nie? -- Dit is korrek
so.
Julle gaan die klagtes en die
ongegronde aantygings met hand en
tand beveg natuurlik? -- Maar dit is so.

Julle /52

-52-

Julle gaan nie hierdie klagtes
julle van stryk af laat sit nie, nie
waar nie? -- Dit is so.
Korrek. Nou dit staan vas nè dat
julle nie bereid was om enigsins 'n
samesprekeing te reël tussen die boere
en dr. Wim de Villiers? -- Dit is so.
Dit was nie die moeite werd nie?
Nie waar nie? -- Dit is korrek.
Nou in Maart van 1981 het daar
toe die kansellasiebrief gekom nie
waar nie? -- Dit is korrek.

Onthou u dit? -- Ek onthou ja.

En julle houding omtrent hierdie
kansellasie was dieselfde as julle
houding vantevore? -- Dit is korrek.
Dat 'n mens dit nie eers ernstig
hoef op te neem nie? -- Dit is korrek.
Hoef te beskou nie nè? Jy beveg
dit hand en tand maar daar is nie die
minste kans dat hierdie mense enigsins
enige skade aan julle kan doen nie?
-- Dit is korrek, dit was 'n bindende
kontrak.
Ja, jy het gehoor die prokureurs
het vir mnr. Van der Merwe gesê hy

het /53

-53-

het nie 'n kat
korrek.

kans nie? -- Dit is

En dit was julle houding deurgaans?

-- Dit is korrek.

So julle het nie toegelaat dat kansel-
lasie julle enigsins van stryk af bring

nie? -- Dit is korrek ons het dit nie

beskou as 'n kansellasie nie.

Ja julle het dit as ongeldig beskou
en julle het opgetree asof daar nooit

'n kansellasie was nie? -- Beslis.

Stem u saam? -- Dit is so.

Nou as die kansellasie gekom het meneer,
gestel dit het in Februarie 1981 gekom in
plaas van Maart, dan sou julle dit ook met
minagting bejeën het? -- Beslis so.

As dit gekom het ses maande vantevore, sou
julle dit ook met minagting bejeën het? — Korrek.

En 'n jaar vantevore en twee jaar vantevore?

-- Ons het 'n bindende kontrak gehad.

Ja en julle sou nie die kansellasie enigsins
as belangrik beskou het ten opsigte van die uit-
voering van julle planne nie? -- Dit is so.

Want dit is 'n belangrike kansellasie?

-- Korrek.

Right. . . /54

-54-

Right. So die kansellasie, wanneer
ookal hy kom, het geen invloed hoege-
naamd op die uitvoering van julle
regte en julle planne nie? -- Dit is so."

Die appèl word met koste afgewys, insluitende

die koste van twee advokate

APPELREGTER
CILLIÉ, AR ) stem saam