South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 29

| Noteup | LawCite

S v Andrews (463/85) [1985] ZASCA 29 (23 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


CPD 463/84
CHRISTOPHER ANDREWS
APPELLANT

en
DIE STAAT
RESPONDENT

HEFER, A R.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

CHRISTOPHER ANDREWS ... APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : TRENGOVE, HEFER, ARR, et NICHOLAS, Wrn AR,

AANGEHOOR : 13 MEI 1985.

GELEWER : 23 MEI 1985.

UITSPRAAK

HEFER, AR :

Die appellant is skuldig bevind in die

hof........2

2.

hof a quo aan moord (klagte 2) en op drie klagtes van

roof (klagtes 1,4 en 5). Op klagte 1 het die verhoor-

hof bevind dat hy ene Buchanan op 30 Julie 1983 in Clare-

mont van sekere besittings beroof het; op klagte 2 dat

hy ene Herrer op 7 Augustus 1983 in Rondebosch vermoor

het en dat hy op dieselfde datum en plek die oorledene

(klagte 5) en ene Coote (klagte 4} van sekere besittings

beroof het. Wat die moordklag betref, is bevind dat

daar geen versagtende omstandighede was nie en die dood-

vonnis is gevolglik opgelê . Dieselfde vonnis is ook

opgelê op klagte 4 ,en op klagte 1 en 5 is die appellant

onderskeidelik tot 7 en tot 20 jaar gevangenisstraf ver-

oordeel. Met die nodige verlof kom hy nou in hoër beroep

teen........3

3.

teen die skuldigbevindings en vonnisse

In 'n saak soos dié waarin geen beginsel

of die toepassing daarvan in gedrang is nie en dit bloot

gaan oor die vraag of die verhoorhof tot die korrekte

feitelike slotsom gekom het, vind ek dit onnodig om 'n

uiteensetting van die getuienis te gee te meer daar appel-

lant se advokaat ons na geen opsig verwys het waarin die

verhoorregter se uiteensetting wesenlik verkeerd is nie

Ek vind dit ook nie nodig om die (in menigte opsigte on -

smaaklike) getuienis breedvoerig te bespreek nie,

Betreffende die skuldigbevindings is die

enigste vraag of appellant se advokaat daarin geslaag

het om hierdie hof te oortuig dat die verhoorhof tot 'n

verkeerde 4

4.

verkeerde gevolgtrekking gekom het. Myns insiens het

hy nie. Wat klagte 1 betref, het appellant se advokaat

toegegee dat appellant se getuienis aangaande sy besit

van Buchanan se pistool tereg verwerp is. Hy het ook

toegegee dat daar geen verduideliking is vir die besering

wat Buchanan opgedoen het en vir die feit dat sy beursie

die dag na die voorval in sy buurman se tuin gevind is,

behalwe dié wat deur Buchanan self verskaf is nie. Daar-

dié feite verleen sterk steun aan Buchanan se weergawe

van die gebeure. Origens is die rede waarom Buchanan,

volgens appellant se advokaat, die waarheid sou verberg

deeglik deur die verhoorhof oorweeg en verwerp, en ek

het geen rede om van die verhoorhof te verskil nie. Die

betoog 5

5.

betoog dat die gebeure in die oorledene en Coote se

huis in Rondebosch beoordeel moet word aan die hand van

appellant se getuienis gaan ook nie op nie. Weereens

is ek nie van voorneme om appellant se getuienis in be-

sonderhede te bespreek nie. Dit is deurspek met vol-

slae onwaarskynlikhede en opsigtelike leuens en die ver-

hoorhof het dit tereg verwerp. En hoewel die Staat se

saak in hierdie opsig hoofsaaklik op omstandigheidsge-

tuienis berus, is ek hoegenaamd nie oortuig dat die ver-

hoorhof se gevolgtrekkings in enige wesenlike opsig nie

korrek is nie. Die appèl teen die skuldigbevinding kan-

dus nie slaag nie

Wat betref die bevinding dat die moord

nie.....6

6.

nie met versagtende omstandighede gepaard gegaan het

nie, beïndruk die faktore waarop appellant se advokaat

staatgemaak het as versagting, my geensins nie. Nie

alleen is daar geen feitebasis daarvoor in die getuie-

nis nie maar, selfs al sou daar so 'n basis gewees het,

word appellant se morele skuld nie daardeur geraak nie.

En, ten slotte, wat die vonnisse op die

ander klagtes betref, kan ek slegs opmerk dat appellant

se advokaat niks gesê het wat my oortuig het dat die

geleerde verhoorregter sy diskresie nie behoorlik uit-

geoefen het nie.

Die appèl word derhalwe afgewys

J J F HEFER, AR.

TRENGOVE, AR.
NICHOLAS, Wrn AR.