South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 3
| Noteup
| LawCite
S v Jafta (211/84) [1985] ZASCA 3 (27 March 1985)
Download original files |
Saaknommer: 211/84
WHN
JOSEPH JAFTA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
JOSEPH JAFTA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT et TRENGOVE ARR et GALGUT Wn AR
Verhoor: 14 Maart 1985
Gelewer: 27 Maart 1985
UITSPRAAK
JOUBERT AR.
Die ..............
2
Die appellant, 'n 27 jarige Swartman, is as
beskuldigde 1 saam met David Seboke as
beskuldigde 2 in die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling deur 'n hof
bestaande
uit L.C. STEYN R. en twee assessore skuldig bevind aan moord
met
versagtende omstandighede toe hulle op Woensdag 2 Maart
1983 die oorledene
Jack Gobe in die A Medium Gevangenis,
Goedemoed, in die distrik van
Rouxville, vermoor het.
Die verhoorregter het sy statutêre diskresie
uitgeoefen en
die appellant ter dood veroordeel. Beskuldigde 2 is
'n
gevangenisstraf van 12½ jaar opgelê. Met verlof
ingevolge
art 316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977 kom
die
appellant na hierdie Hof in hoër beroep teen die
doodvonnis.
/Uit
3
Uit die aanvaarde getuienis en bevindings van
die verhoorhof blyk o.a. die volgende aangaande die ter=
saaklike agtergrond en omstandighede wat op die pleging
van die moord betrekking het. Die appellant en beskuldigde
2 is lede van die 28-bende wat berug is daarvoor dat sy
lede op geweldadige wyse geld en tabak afneem van gevangenes
wat nie lede van die 28-bende is nie. Die 28-bende bestaan
uit twee vleuels, nl. 'n bloedlyn en 'n privaatlyn. Die
bloedlyn bestaan op sy beurt uit 'n 1ste afdeling wat deur
offisiere saamgestel word wat die volgende range in volgorde van belangrik=
heid het, nl. judge, generaal, kolonel, kaptein 1 (draadloos
en mapaingt (Germiston). Die range van judge, generaal en
kolonel was vakant ten tyde van die pleging van die moord
/Daar .......
4
Daar is geen 2de afdeling in die bloedlyn nie terwyl die
3e afdeling saamgestel is uit 'n kaptein 1, kaptein 2,
sersant 1, sersant 2 en die gewone soldate. Beskuldigde 2
was na bewering 'n soldaat. Om bevordering na die lste
afdeling van die bloedlyn en opwaarts daarin te kry, moet
die kandidaat iemand wat nie aan die 28-bende behoort nie
aanrand deur bloed te trek. Soldate gebruik bekers en nie
messe of skerpgemaakte voorwerpe nie om dit te doen. Die
privaatlyn van die 28-bende bestaan uit twee afdelings
Die lste afdeling word saamgestel deur offisiere wat die
volgende range in volgorde van belangrikheid het, nl
goewerneur, inspector, sekretaris (mabalang , mogoensi),
magistraat, dokter en landdros. Butana Human was die
/inspector ..........
5
inspector en op die stadium toe die moord
gepleeg is,
het hy die hoogste rang in die lste afdeling van
die
privaatlyn gehad. Die 2de afdeling bestaan uit Goliath
1 en 2, Masilwa
1 en 2 en uit probations of lighties.
Hulle is die "wyfies" of
vroumense van die offisiere in
die lste afdelings van die 28-bende. Die
"wyfies" tree
nie geweldadig op nie en word deur die ander lede
van die
28-bende beskerm. Die appellant het daarop aanspraak
gemaak dat hy
'n probation is en dat hy die "wyfie" van
Butana Human was.
Laasgenoemde het dit ontken en beweer
dat die appellant 'n magistraat was.
Die getuie Jafta Ras
het ook ontken dat die appellant 'n "wyfie"
was en het beweer
dat hy 'n hoë rang gehad het maar hy weet nie wat nie.
Die
oorledene was 'n lid van die Big Five-bende en 'n "wyfie".
/Die
6
Die lede van die Big Five-bende is ongewild onder die
gevangenes omdat hulle nuus aan lede van die gevangenis=
diens verstrek. Hulle verdedig hulself deur vuishoue en
skoppe te gee. Die oorledene het slegs een aand in sel
5 geslaap. Hy is toe oorgeplaas na sel 4 wat langs sel 5
is. Hy het in sel 4 die vier nagte voordat hy vermoor is,
geslaap. Die appellant, beskuldigde 2 en die oorledene
was lede van die perdestalspan. Die oorledene het as 'n
ystersmid (blacksmith) by die perdestalle gewerk. Sondag=
middag 27 Februarie 1983 was die appellant, beskuldigde 2
en die oorledene in hul onderskeie selle toe daar by die
kerkdiens moeilikheid tussen lede van die Big Five-bende
en 'n lid van die 28-bende ontstaan het. Woensdagmiddag
/2 Maart.........
7
2 Maart 1983 het die gevangenes vir hul middagete
na
die eetsaal by die perdestalle gegaan. Die appellant
het langs Butana
Human gesit terwyl beskuldigde 2 daar
naby gesit het. Die appellant het
skielik opgestaan,
gevolg deur beskuldigde 2, en in die rigting beweeg
waar
die oorledene gesit het. Die appellant het eerste die
oorledene begin
steek met 'n skerpgemaakte lepel. Be=
skuldigde 2 het sy voorbeeld met sy
skerpgemaakte lepel
gevolg. Hulle het toe die oorledene om die beurt
gesteek.
Pandemonium het losgebars en die gevangenes het in wanorde
uit
die eetsaal gevlug. Die oorledene wat weerloos was,
het geskree en gehuil. Hy
het daarin geslaag om by die
ysterdeur uit te kruip terwyl die appellant en
beskuldigde 2
steeds met hul steekhoue volgehou het. Hy het buitekant op
/die
8
die gras neergeval. Lede van die gevangenisdiens het
die appellant en beskuldigde 2 ontwapen en aangehou totdat
kaptein {destyds luitenant) Potgieter met sy bakkie opgedaag
het. Die oorledene het gesterf terwyl hy per ambulans na
Aliwal-Noord se hospitaal vervoer is. Volgens die mediese
getuienis het die oorledene elf steekwonde en een snywond
gehad. Drie van die steekwonde was penetrerend van aard
maar die noodlottige een het tot in sy hart gepenetreer.
Die verhoorhof het bevind dat die appellant en beskuldigde
2 in hul aanval op die oorledene met 'n gemeenskaplike doel
opgetree het met die opset om hom te dood, dat hulle sodanige
aanval met dolus eventualis verrig het, dat dit onwaar=
skynlik is dat hulle die aanval in opdrag van Butana Human
/uitgevoer .......
9
uitgevoer het en dat die beweerde dwang wat Butana Human
op hul sou uitgeoefen het om die aanval te pleeg as vals
verwerp moes word. Ek moet daarop wys dat volgens die
appellant se gewysigde pleitverduideliking het Butana Human
aan hom 'n mes oorhandig met die uitdruklike opdrag om Vi
lid van die Big Five-bende daarmee te steek sodat die
appellant vanaf 'n probation na 'n soldaat bevorder kon word;
en dat beskuldigde 2 as 'n "escort" moes toesien dat die
appellant sy opdrag uitvoer. (Band 4 van die oorkonde
bl 366-367). Dit was hierdie beweerde dwang wat die
verhoorhof verwerp het. Die verhoorregter het die be=
vinding van die verhoorhof hieroor soos volg
gestel:
/"Die............
10
"Die getuienis van die twee beskuldigdes ten opsigte van
die beweerde dwang deur Butana Human word na volledige
oorweging verwerp as vals." (Band 9 van die oorkonde
bl 808). Deur hierdie bevinding het die verhoorhof
by implikasie die getuienis van Butana Human dat hy nooit
sodanige opdrag aan die appellant gegee het nie klaarblyklik
aanvaar. Dit wil ook voorkom asof die verhoorhof deur sy
bevinding by implikasie die getuienis van Butana Human
aanvaar het dat volgens die wette van die 28-bende kan
'n probation net in die privaatlyn bevorder word en kan
hy nie oorklim na die bloedlyn om 'n soldaat te word nie
Die verhoorhof het egter geen uitdruklike bevinding gemaak
of die appellant slegs 'n probation of 'n magistraat in
/die .........
11
die privaatlyn van die 28-bende was nie.
In sy uitspraak oor die meriete het die
verhoorregter die volgende
opmerking gemaak:
"Die Hof het ook oorweging daaraan geskenk of
afgesien van die geopperde
verweer van dwang,
daar nie tog wel dwang deur middel van die
28-bende se
aktiwiteite op die beskuldigdes
uitgeoefen is nie. Die moontlikheid
van
dwang en invloed deur die 28-bende vir die
noodlottige gebeure is dan
ook nie buite
redelike twyfel uitgesluit nie, maar is dit
duidelik dat dit
nie van so 'n direkte en
dwingende aard was dat die beskuldigdes dit
nie
redelikerwyse kon weerstaan nie."
(Band 9 van die oorkonde bl 808-810).
Hoe die 28-bende se aktiwiteite dwang en invloed op die
appellant en
beskuldigde 2 uitgeoefen het om die moord te
pleeg, word ongelukkig nie deur
die verhoorregter verduidelik
/nie .........
12
nie. Hy vermeld ook nie die feite-basis waarop dit
gebaseer is nie.
Hierdie opmerking is van groot belang
wanneer daar gelet word op die basis
waarop die verhoorhof
versagtende omstandighede bevind het, soos ek sal
aantoon.
Die appellant en beskuldigde 2 het nie getuienis
afgelê of aangevoer
om versagtende omstandighede aan te
toon nie. Soos vermeld, het die
verhoorhof versagtende
omstandighede ten aansien van die appellant en
beskuldigde
2 bevind. Hierdie Hof het die advokate versoek om by
die
aanhoor van hierdie appèl betoë te lewer oor die vraag
of die
verhoorhof se bevinding dat daar versagtende omstandig=
hede was geregverdig
kan word. Sodanige betoë is wel
gelewer.
/Wat
13
Wat versagtende omstandighede betref, het die
verhoorhof in die eerste plek verwys na die lae opvoed=
ingspeil en ongesofistikeerdheid van die beskuldigdes
Die appellant het geen skoolopleiding gehad nie en het
vir 'n konstruksiemaatskappy as 'n arbeider gewerk voordat
hy na die gevangenis verwys is. Die verhoorhof het
bevind dat dit nie 'n versagtingsgrond is nie "maar sal
dit v.erder oorweging geniet saam met die faktor van dwang
Tweedens is verwys na die feit dat die
beskuldigdes dolus eventualis gehad het maar die verhoor=
hof bevind dat die aard van die aanval sodanig was dat dit
nie hier van toepassing as 'n versagtingsgrond kon wees nie
/Die ..........
14
Die verhoorregter gaan dan voort soos volg:
"Derdens is die kwessie van dwang as 'n ver=
sagtende omstandigheid
geopper en dit is
ook duidelik volgens die gewysdes dat as
aan sekere
faktore beantwoord word, dwang
wel 'n versagtende omstandigheid kan
wees.
Op die getuienis as geheel is dit vir hierdie
Hof duidelik dat in
Goedemoed Gevangenis,
op die waarskynlikhede, daar 'n bende-
subkultuur
was waarin vir die bende-lede die
wette van hul bende streng geldend was.
Op
die getuienis is dit verder op die waarskyn=
likhede bewys dat die
noodlottige gebeure van
die Woensdag in direkte verband staan met
die
gebeure van die Sondagmiddag voorgaande, toe
die Big Five's vir die
28-bendelede geskop het
Dit was dan ook die stelling wat beskuldigde
1
volgens die getuienis aan kaptein Potgieter
gemaak het net na die
gebeure: 'Omdat hulle
ons Sondag geskop het1. 'Ons', in die
breë
verband van bende."
/Die ..........
15
Die verhoorhof het hier misgetas deur te beweer dat dit
bewys is dat daar 'n direkte verband tussen die gebeure
van Sondagmiddag 27 Februarie 1983 en die pleging van die
moord was. Ek het reeds daarop gewys dat volgens die
aanvaarde getuienis die appellant en beskuldigde 2 in sel
5 en die oorledene langsaan in sel 4 die betrokke Sondagmiddag
was. Dit was bowendien nooit die appellant se verdediging
dat daar enige verband tussen die gebeure van die Sondag=
middag en die pleging van die moord was nie. Die appellant
se saak was dat hy die oorledene in opdrag van Butana Human
gesteek het ten einde bevorder te word vanaf 'n probation
in die privaatlyn na 'n soldaat in die bloedlyn, soos ek
reeds aangetoon het. Hierdie verweer is tereg deur die
/verhoorhof .........
16
verhoorhof se uitspraak oor die meriete as vals verwerp.
Die stelling wat
appellant se advokaat in kruisondervraging
aan kaptein Potgieter gemaak het,
is nie deur laasgenoemde
bevestig nie. Bowendien het die appellant nooit so
getuig
nie. Dit is 'n verdere mistasting deur die verhoorhof.
Die verhoorhof stel dan die vraag "of op die waar=
skynlikhede
hierdie 'n sporadiese optrede deur beskuldigde
1 en 2 was of 'n optrede in
bendeverband ?" Die antwoord
wat die verhoorhof hierop gee, is soos volg:
"Die Hof is van mening dat die waarskynlikhede
eerder is dat die optrede
was in uitvoering
van bende-opdragte. Veral waar die beskuldigdes
geen
persoonlike twis met die oorledene gehad het
nie en ook nie eers persoonlik
deur die Big Five
Bende op die Sondag aangerand is nie."
/Hierdie
17
Hierdie bevinding van die verhoorhof het nooit met die
volgende aspekte rekening gehou nie, nl.
1. Volgens die getuienis van Butana Human was die 28-bende
onaktief ten tyde van die tydperk toe die moord gepleeg
is terwyl die appellant die teendeel beweer het. Die
verhoorhof het nooit 'n bevinding ten opsigte van hierdie
botsende getuienis gemaak nie maar die volgende omstandighede wat
gemene saak was ondersteun die standpunte van Butana
Human nl
(i) die aantal hoë range in die eerste afdeling van die
bloedlyn van die 28-bende wat vakant was, soos ek
reeds vermeld het, en
(ii) die 28-bendelede het nie streng volgens sy wette
geleef nie soos blyk uit die feit dat hulle gedobbel
het. /2. Volgens
18
2. Volgens Butana Human het die appellant en
beskuldigde 2
op hul eie inisiatief opgetree toe hulle die oorledene
aangerand en vermoor het. Dit word ondersteun deur die
volgende omstandighede nl.
i) daar was nooit 'n kringsit van die 28-bende om 'n
opdrag te gee om die oorledene aan te rand en te
dood nie en daar was nooit twee "escorts" aangestel
om toe te sien dat die appellant so 'n opdrag uitvoer
nie sodat daar geen sprake kon wees dat die appellant
en beskuldigde 2 se optrede teenoor die oorledene in
uitvoering van bende-opdragte was nie
(ii) dit was gemene saak dat die appellant sowel as die
oorledene dobbelaars was en op die waarskynlikhede
is dit moontlik dat hulle met mekaar kon gedobbel
19
het (veral waar hulle beide aan die perdestalspan
verbonde was) sodat daar 'n twis tussen hulle kon
ontstaan het.
Dit is derhalwe duidelik dat die verhoorhof ernstig
misgetas het om te bevind dat volgens die waarskynlikhede
was die appellant en beskuldigde 2 se optrede in uitvoering
van bende-opdragte.
Die verhoorhof formuleer sy bevinding aangaande
versagtende omstandighede soos volg:
Na ewewigtige oorweging het die Hof nieteenstaande
die feit van die
beskuldigdes se leuenagtige
weergawes en hulle versuim om nou te
getuig
ten opsigte van hoe hulle subjektief beïnvloed
was op die
feite wat wel bewys is, bevind dat
die verdediging hom wel van die bewyslas
gekwyt
het en bewys het dat die bende-kultuur die
/beskuldigdes ....
20
beskuldigdes se optrede wesenlik beínvloed
het en dat dit die
gruweldaad van die beskuldigdes
in die oë van regdenkende lede van die
publiek
ook minder laakbaar maak en as sodanig 'n versag=
tende
omstandigheid daarstel volgens die gesag=
hebbende gewysdes van die Appelhof
waarna hierdie
hof verwys is, en so 'n bevinding word gemaak."
Hierdie bevinding van die verhoorhof waarop die
aanwesigheid van versagtende omstandighede gebaseer word,
is nie op 'n feitebasis gebaseer nie maar is suiwer spekulatief
van aard. Dit kom neer op 'n baie ernstige mistasting.
Afgesien van die
feit dat dit nie 'n bendemoord in die
uitvoering van bende-opdragte was nie,
soos ek reeds
aangetoon het, is daar geen feite om as basis te dien
vir
die bevinding dat die appellant vanweë dwang (hetsy
fisies hetsy
psigies) of beïnvloeding van die 28-bende
/die
21
die moord gepleeg het nie. Bowendien het die appellant
nie alleen vrywillig lid van die 28-bende geword nie
maar hy was ook by sy toetrede tot die 28-bende bewus
daarvan dat soldate van die 28-bende ander gevangenes
met bekers slaan en aanrand om tabak en geld by hulle
af te neem. Volgens appellant se eie getuienis het
sersant van der Merwe, wat baie van hom gehou het, hom
die Woensdagoggend gevra om saam met hom na sy huis te
gaan vir die middagete. Die appellant het dit afgewys
en die oorledene etenstyd vermoor
Dit is duidelik dat die verhoorhof se bevinding
ten opsigte van die
aanwesigheid van versagtende omstandig=
hede nie geregverdig kan word nie.
Die korrekte
/bevinding
22
bevinding moes gewees het dat daar geen versagtende
omstandighede is wat die appellant en beskuldigde 2
betref nie. Volgens die voorskrifte van die Straf=
proseswet 51 van 1977 (die Wet) kon die Staat egter
nie aansoek doen om teen hierdie bevinding van die
verhoorhof ten opsigte van versagtende omstandighede te
appelleer nie. Hierdie Hof het dan ook geen bevoegdheid
om hom in te meng met die verhoorhof se bevinding dat
versagtende omstandighede aanwesig was nie, soos blyk uit
die uitspraak van hierdie Hof in S v Mako en Andere,
1984(3) SA 677 (A). Dit is 'n beleidsaspek wat by die
wetgewer berus. Die feit dat daar egter geen versagtende
omstandighede in werklikheid in die onderhawige geval
/aanwesig........
23
aanwesig is nie is wel van belang wanneer die uitoefening
van die verhoorregter se statutêre diskresie om die appellant
die doodvonnis op te lê, in oënskou geneem word. Die
appèl is immers gerig teen die oplegging van die doodvonnis
In die onderhawige geval het die verhoorregter,
na die bevinding van die verhoorhof dat daar versagtende
omstandighede is, in terme van art 277(2) van die Wet 'n
statutêre diskresie om 'n ander vonnis as die doodvonnis
op te lê. Die verhoorregter kon toe 'n breër spectrum
feite en omstandighede in ag neem as by die bevinding of
versagtende omstandighede aanwesig was of nie. Vergelyk
S v Mathebula and Another, 1978(2) SA 607 (A) op bl 613
A-C. Wat sy vorige veroordelings betref, is die
/appellant .....
24
appellant in 1975 skuldig bevind aan gewone aanranding met
'n kierie.
Daarna is hy twee keer skuldig bevind aan
aanranding met die opset om ernstig
te beseer met 'n mes.
In 1978 is hy 7 jaar gevangenisstraf
opgelê vir strafbare
manslag waarby 'n mes betrokke was. Hierdie vonnis
sou
op 21 Julie 1983 verstryk het. Die verhoorregter het
hiermee rekening
gehou en was twyfelagtig of die appellant
sou hervorm deur die oplegging van
gevangenisstraf. As
die appellant se persoonlike omstandighede, tesame
met
die mate van versagting wat daar bevind is, opgeweeg word
teen die
afskuwelike misdaad wat ten aanskou van ander
gevangenes by hul middagete op
'n wrede en genadelose
wyse teenoor die weerlose oorledene gepleeg is, dan is
die
doodvonnis wat opgelê is glad nie onvanpas nie.
/Die ......
25
Die appèl teen die doodvonnis word afgewys
C P JOUBERT AR.
TRENGOVE AR. stem saam.