South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 31
| Noteup
| LawCite
S v Arendse (51/85) [1985] ZASCA 31 (24 May 1985)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
RUDEON
ARENDSE Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: RABIE, HR CILLIé, AR et GALGUT, Wn AR
Verhoor: 10 Mei 1985
Gelewer: 24 Mei 1985
UITSPRAAK
CILLIé, AR :
Hierdie saak is buitengewoon, veral ten
opsigte van die verloop van die
verhoor asook die lewens-
wyse, die optrede en die getuíenis van die
persone wat
daarby ........ /2
2
daarby betrokke was. By die aanvang ván die verhopr het
die
appellant op 'n aanklag van moord onskuldig gepleit en
alle aanspreeklikheid
of skuld met betrekking tot die oor-
ledene se dood ontken; na sy
skuldígbevinding aan moord
het hy in die ondersoek na die bestaan van
versagtende
omstandighede erken. dat hy vir die dood van die oorlede-
ne
verantwoordelik was. Die verhoorhof het sy getuienis
dat hy nie by die dood
van die oorledene betrokke was nie
sowel as sy latere getuienis dat hy die
oorledene uit nood-
weer doodgeskiet het, as onwaar verwerp. Nogtans het
die
verhoorhof bevind dat daar 'n versagtende omstandigheid was,
naamlik
dat die appellant aangedryf was deur sy gevoel vir
sy minnares, Johanna
Anthony. Die verhoorregter het, des-
nieteenstaande, in die uitvoering van sy vrye oordeel
besluit .... ./ 3
3
besluit dat hy die doodvonnis moes oplê. Dit het hy
dan ook
gedoen. Teen hierdie vonnis kom die appellant
nou in hoër beroep.
Sy appèl sou slaag indien hierdie Hof be-
vind dat die opgelegde vonnis so onvanpas is dat geen hof
redelikerwys
so'n vonnis in die besondere omstandighede
sou opgelê het nie. Derhalwe
moet hierdie Hof, net soos
die verhoorregter moes gedoen het, al die
relevante ge-
tuienis en omstandighede met betrekking tot 'n
gepaste
vonnis in oënskou neem. Ten eerste word aandag geskenk
aan
die betrokke persone.
Die appellant en Johanna het albei los-
bandige lewens gelei. Ten tyd van
die verhoor was hy
25 jaar oud en het hy reeds vier kinders gehad wat hy by
vier .... /4
4
vier verskillende meisies verwek het. Johanna wat toe
ongeveer 23
jaar oud was, was kinderloos. Hulle het
'n tydlank 'n verhouding gehad en het saamgewoon. 'n Paar
maande voor die
moord is hulle uitmekaar uit. Vogens
hom het hy haar gevra om minder te drink
maar sy wou nie
luister nie en hy is toe weg. Die getuienis toon dat
sy 'n
strawwe drinker was. Sy beweer aan die ander kant
dat hy haar een aand so
ernstig aangerand het dat haar
werkgeefster haar ontslaan en hulle van die
perseel af-
gejaag het. Hoe dit ook sy, hy het sy intrek by 'n se-
kere
Anne Reagan geneem en sy het by Marinda. Samuels
gaan woon. In die huis van
Marinda se moeder is 'n bed
vir hulle, dit is vir Johanna en Miranda saam, in
die
kombuis geplaas. By die verhoor het dit uitgekom.dat
Marinda .... / 5
5
Marinda sestien jaar oud was, dat sy 'n vaste kêrel gehad
het en dat sy reeds die moeder was van 'n baba van vier
maande.
Op die Donderdagaand voor die moord het
Johanna saam met drie kennisse by die oorledene gaan
kuier. Hy was 'n
Swartman en het gewerk by 'n piekniek-
plek in Idasvallei, Stellenbosch. Sy
verblyfplek was
ongeveer 400 meter van Marinda se ouerhuis af; dit
blyk
nie uit die getuíenis of Johanna hom vantevore geken het
nie.
Oor wat die aand gebeur het, het sy soos volg
getuig:
"Toe het ons maar net bier gedrink en gesels
en toe het my vriende mos nou
vir ons alleen
gelaat, toe loop hulle en ek het agtergebly
daar tot die
volgende oggend toe."
Onderwyl .... / 6
6
Onderwyl, so teen 20h30 die aand, het die appellant by
Johanna se nuwe blyplek opgedaag. Marinda het aan hom
vertel dat Johanna die oorledene gaan besoek het, Hy
het vertrek
Die volgende oggend, dit was Vrydag 12
Augustus 1983, het die appellant weer sy opwagting by
Marinda se huis
gemaak maar Johanna was reeds na haar
werk toe. Volgens Marinda is die
appellant per motor
daar weg. Omdat sy nuuskierig was en reeds onraad
ge-
merk het, het sy buitentoe gegaan om te kyk waarheen
hy ry. Haar
getuienis was dat sy bo-op 'n stilstaande
motor moes klim om tussen die bome
en blare deur te kon
sien wat aangaan. Sy het verklaar dat sy self gesien
het hoe dat die appellant ry tot waar diê oorledene voor
die .... / 7
7
die hekkie van die piekniekplek besig was om met 'n be-
sem te vee,
en hoe dat hy die oorledene daar platgeskiet
het. Die geringe twyfel wat daar
by die verhoorhof was
oor die juistheid van Marinda se getuienis en of sy
wel
kon sien wat sy sê dat sy gesien het, is nie meer van
belang nie
want die appellant het toe hy,"met die onder-
soek na versagtende
omstandighede, die tweede keer ín die
getuiebank was, toegegee dat hy
na die oorledene se woon-
plek gegaan en hom daar doodgeskiet het. Die
oorledene
se lyk is later dieselfde dag gevind; die oorsaak van sy
dood
was 'n koeëlwond in sy linkerborskas.
Toe Johanna die aand tuiskom het Marinda
haar van die gebeurde vertel.
Later het die appellant
daar opgedaag en 'n hewige, woeste stryery het tussen die
voorroalige .... / 8
8
voormalige minnaars ontstaan. Johanna was skynbaar
onder die invloed
van drank. Hulle is by die kombuis-
deur uit en die straat in; daar is die
stryery in die
openbaar voortgesit. Die twee het onder andere die
volgende
kwytgeraak. Sy het uitgeskree dat hy 'n
moordenaar is en daaraan toegevoeg:
"Jy kan sommer vir
my ook nou kom vrekmaak. " Van sy kant af sou
gekom
het: "Jy is die tweede een wat ek gaan doodmaak." Hy
het haar opk
daarvan beskuldig dat sy 'n "kafferjintoe"
was; dit is skynbaar die
skelwoord vir 'n Kleurling-
prostituut wat met 'n Swartman gemeenskap
hou.
Die appellant is nie dadelik in hegtenis
geneem .... / 9
9
geneem nie en twee aande later het hy weer aan Johanna
se deur
geklop. Sy sê dat dít gereent het en dat sy
vir hom jammer was
en daarom het sy hom laat binnekom.
Hy het gaan sit op die bed waar sy en
Marinda gelê het.
Hulle het gesels en hy het onder andere vir haar
gesê:
"Dit is deur jou dat ek daardie man doodgemaak het."
Dit het
sy ontken. Hy het ook sy liefde aan haar be-
tuig en gesê dat, as hy
eendag uit die tronk uitkom, sy
nog sy "meisie" sou wees. Later het hy gevra
of hy nie
maar daar by haar kon slaap nie aangesien dit die volgende
dag
haar verjaarsdag sou wees. Sy het toe vir hulle op
die vloer 'n bed opgemaak
en daar het hulle saamgeslaap.
Die volgende oggend het sy vroeg werk toe
gegaan. Kort
na haar vertrek moes hy vinnig die plek verlaat omdat die
polisie .... /10
10
polisie op sy spoor was. Hy is sowat tien dae later in
hegtenis
geneem.
Dit is onnodig om die besonderhede met be-
trekking tot die verloop van die verhoor te herhaal; die
enigste
aangeleentheid wat nou oorweeg moet word, is die
straf. Dit was die
verhoorregter se taak om al die re-
levante getuienis en omstandighede saam
in oënskou te neem
en dan 'n gepaste straf te bepaal met inagneming van
die
bekende riglyne ten opsigte van die aard van die misdaad,
die
omstandighede van die oortreder en die houding van die
gemeenskap. In hierdie
besondere geval was die beslissing
van die verhoorhof dat daar wel 'n
versagtende omstandigheid
was, van besondere belang; dit het beteken dat die
ver-
hoorregter nie verplig was om die doodvonnis op te lê nie
maar .... / 11
11
maar ook nie gebonde was om dit nie te doen nie. In
hierdie verband
sê die verhoorregter oor die hof se be-
vinding;
"dit is sodanig dat dit versagting uitmaak.
Soos ek sê, dit is
skraal maar dit is daar."
Namens die appellant is in hierdie Hof
aangevoer dat die verhoorregter in sy oorweging van en
uitspraak oor die
vonnis te veel nadruk gelê het op die
verhoorhof se bevinding van die
enkele versagtende omstan-
digheid en, toe die belangrikheid van daardie
omstandigheid
by die oorweging van ander gewigtige omstandighede
vermin-
der of selfs verdwyn het, hy nie die geheelbeeld van al,
die
omstandighede in oënskou geneem het nie. Na my mening
is hierdie betoog
gegrond op. 'n foutíewe beskouing van die
volgende passasie in die verhoorregter se uitspraak.
"In .... / 12
12
"In die omstandighede van hierdie saak waar
die Hof versagtende
omstandighede gevind het,
het die Hof 'n diskresie om òf die
doodvonnis
òf gevangenisstraf op te lê en die besluit om
die
een of die ander op te lê is 'n uiters be-
langrike besluit en dit moet
lank en ernstig
oorweeg word. Alle faktore moet behoorlike
oorweging
geniet en ek het dit gedoen. Die
belangrikste faktor is natuurlik die
versagting
wat bevind is, naamlik die feit dat die be-
skuldigde uit
jaloesie opgetree het. By die
beskuldigde was dit 'n dryfveer met
gewig.
Sy advokaat het aan die hand gedoen dat dit
nie 'n buitengewone
dryfveer is nie, met ander
woorde dit is 'n verstaanbare faktor. Tot 'n
mate is die advokaat korrek, maar daar is vorms
en grade van jaloesie en
die oorsake daarvoor
en elke geval moet volgens sy eie omstandig-
hede
beoordeel word. Die omstandighede moet
ook as geheel oorweeg word om die
beskuldigde
se morele skuld vas te stel. In hierdie ge-
val is die
volledige beeld, soos ek alreeds
aangedui het, dié van 'n jaloerse man
wat jaloers
is op sy vierde nooi terwyl hy alreeds met sy
vyfde nooi
saamleef. Gevolglik is sy morele
skuld na ray oordeel aansienlik, of anders
gestel,
die meegevoel wat daar vir hom bestaan is maar
dun."
Dit..... /13
13
Dit ly geen twyfel nie dat die verhoorhof
se besluit oor die bestaan van
'n versagtende omstandig-
heid 'n besonder belangrike faktor by die oorweging
van
vonnis was en die verhoorregter het dit tereg as sulks be-
skou. Dat
hy dit deel gemaak het van die geheelbeeld
waarna hy moes kyk, kan nie
betwyfel of bevraagteken word
nie. Trouens, hy verklaar in die aangehaalde
passasie
tweekeer dat hy al die feite in oënskou geneem het. Na
my
mening is dit duidelik dat hy die aangeleentheid saam
mét die ander
feite oorweeg het en nie te min gewig daar-
aan gegee het nie. Terloops,dit
kan ook nie gesê word,
soos betoog is, dat hy te veel gewig aan die
erns van die
misdaad verleen het nie. Die verhoorregter noem in die
aangehaalde passasie van die aangeleenthede wat hy in
oënskou .... / 14
14
oënskou geneem het; die volgende kan daaraan toegevoeg
word. Die
appellant was nie 'n toonbeeld van getrouheid
nie; by een geleentheid het hy
getuig dat hy die verhou-
ding met Johanna beïndig het, by 'n ander dat
hy haar al-
tyd sou bemin, en by 'n derde dat hy haar en Anne
Reagan
tegelyk as minnaresse wou hê. Hy toon geen tekens dat
hy 'n
vaste verhouding met enige vrou in stand wou hou nie.
Toe hy tydens sy
verhoor getuig het, het hy beweer dat hy
nie sou omgegee het as Johanna by
ander mans rondkuier nie
Hierdie feite tesame met sy leuenagtige getuienis
werp
ernstige twyfel op sy latere beweerde jaloesie met betrek-
king tot
Johanna. Daar is verder nog die feit dat hy
geen ondersoek ingestel het of
die oorledene bewustelik
in sy slaai gekrap het nie; skynbaar het hy sonder om
die ...... / 15
15
die waarheid van die aangeleentheid,.of die oorledene se
skuld vas te
stel, na hom toe gegaan en hom doodgeskiet.
Die appellant het in sy getuienis
oor die
bestaan van versagtende omstandighede verklaar dat hy,
voordat hy
die oorledene doodgeskiet het, by sy huis dagga
gemeng met Mandraxpoeier
gerook het en dat hy ten tyde van
die skietvoorval onder die invloed van
hierdie dwelmmiddels
was. Die verhoorhof het hierdie getuienis as vals
verwerp
en die aangeleentheid is tereg nie in hierdie Hof opgehaal
riie.
Verder het die verhoorregter ook met reg die appel-
lant se vorige
veroordelings buite rekening gelaat.
By oorweging van al die getuienis en veral
die genoemde aangeleenthede is
ek daarvan oortuig dat die
verhoorregter geen mistastings begaan het nie, die
relevante .... / 16
16
relevante aangeleenthede korrek teen mekaar opgeweeg het
en 'n vonnis opgelê het wat in al die omstandighede gepas
is en een is waarmee hierdie Hof nie behoort in te meng
nie. Die appèl kan derhalwe nie slaag nie
Die appèl word afgewys.
P.M. CILLIe, AR
RABIE, HR )
stem saam
GALGUT, Wn AR )