South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 37

| Noteup | LawCite

S v Williams en 'n Ander (57/85) [1985] ZASCA 37 (24 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPÉLAFDELING

In die saak tussen:
ALEX WILLIAMS
Eerste Appellant


JOHANNES GOLIATH
Tweede Appellant

en

DIE STAAT
Respondent

Coram: JOUBERT, HOEXTER et GROSSKOPF ARR
Verhoor:
17 Mei 1985


Gelewer:
24 Mei 1985

UITSPRAAK

JOUBERT AR :

/Op...

2

Op 13 Februarie 1984 is nege beskuldigdes

in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling voor 'n hof be=

staande uit SMALBERGER R en twee assessore op verskeie

aanklagte aangekla. Appellant 1 was beskuldigde 1 terwyl

appellant 2 beskuldige 4 was. Aanklag 1 is dat die be=

skuldigdes op 28 November 1982 vir David Steenberg (die

"oorledene" ) in die St Albans Gevangenis in die distrik

van Port Elizabeth vermoor het. Die beskuldigdes het

onskuldig op hierdie aanklag gepleit. Die ander aanklagte

is nie ter sake vir doeleindes van hierdie appèl nie. Die

beskuldigdes is verhoor en die appellante is skuldig bevind

op aanklag 1 aan moord sonder versagtende omstandighede

/Hulle.......
3

Hulle is gevolglik die verpligte doodvonnis opgelê.
Met verlof ingevolge art 316(8 ) (c ) (ii) van die Strafproses=
wet 51 van 1977 kom die appellante na hierdie Hof in hoër beroep teen
hul doodvonnisse.

Uit die aanvaarde getuienis en bevindings

van die verhoorhof blyk kortliks die volgende aangaande die
tersaáklike agtergrond en omstandighede wat op die pleging
van die moord betrekking het. Die moordtoneel is sel 2
seksie D 1 in die maksimum sekuriteits-afdeling van St Albans
Gevangenis waarin ongeveer 40 gevangenes aangehou is.
Sommige gevangenes het behoort aan die 26- en 28-bendes
terwyl diegene wat aan geen-bendes behoort het nie bekend

/was

4

was as Fransmanne. Die oorledene en sommige van die

Staatsgetuies het aan die 28-bende behoort, die appellante

het aan die 26-bende behoort en sommige van die beskuldigdes

was Fransmanne. Die bendelede het deurmekaar met nie-

bendelede in die sel geslaap. Die bendes het nie wet-

geslaan nie, d.w.s. hulle het nie hul bendewette streng

toegepas nie. Geen kringsitting het die pleging van die

moord voorafgegaan nie. Die moord was nie 'n bendemoord

nie. Dit was 'n private aangeleentheid wat die appellante

betref. Die oorledene en die Staatsgetuie Albert Muller

was deur die gevangenisowerheid as huisbase in die sel

aangestel. Hulle was eintlik opsieners om toe te sien

/dat .........

5
dat die gevangenes die sel skoon en netjies hou. Hulle

moes ook toesig hou oor die gedrag van die gevangenes in

die sel. Saans word die ligte afgesit in die slaap=

gedeelte van die sel maar die badkamer se ligte bly brand

terwyl die gangligte in die sel skyn.

Sondagoggend 28 November 1982 omstreeks

4 vm het die oorledene na die badkamer gegaan en terug—

gekeer na sy slaapplek waar hy 'n zol gerook het. Appellant

no 2 het hom geroep om by hom en appellant no 1 te kom sit.

Die oorledene het dit gedoen en op aandrang van appellant

no 2 het hy tussen die appellante gelê met sy skouers teen

die muur. Hulle het vir mekaar gefluister. Skielik

/gryp ......
6
gryp appellant no 2 na die oorledene en appellant no 1

steek die oorledene met 'n knipmes (Bewysstuk 1) wat in

'n geel stoflap toegedraai was. Die oorledene het op=

gespring en na die kaste teen die muur wat teenoor die

badkamer is , gehardloop. Die oorledene was ongewapend

Appellant no 1 het hom agtervolg. Op daardie stadium

het bewaarder Anthony die ligte van die sel aangeskakel.

Die oorledene se bolyf was bebloed. Toe appellant no 1

verby Albert Muller hardloop het hy hom in sy arm gesteek.

Terwyl die oorledene met sy rug teen die kaste staan, het

appellant no 1 hom in sy nek gesteek. Baie van die ander

gevangenes het na die badkamer gevlug. Albert Muller het

'n kombers oor appellant no 1 se kop en skouers gegooi en

/hom..........
7

hom op die vloer neergegooi. Die ander gevangenes wou

egter nie vir Albert Muller help nie en appellant no 1

het daarin geslaag om die kombers af te gooi en weer op te

staan. Appellant no 2 het skoene na Albert Muller gegooi

en laasgenoemde het met 'n stuk glas van 'n gebreekte selvenster

na die badkamer gevlug. Die oorledene het ook na die bad-.

kamer probeer vlug maar digby die badkamer se deur het

appellant no 2 hom gevang en op die vloer neergegooi.

Appellant no 2 het die knipmes van appellant no 1 gekry en

die oorledene verskeie steke op sy rug toegedien terwyl

sommige van die beskuldigdes die oorledene vasgehou het

Appellant no 2 het hulle beveel om die oorledene op sy

rug te draai en toe het hy hom verskeie kere op sy nek

/en...........

8

en bors gesteek. Hulle het die oorledene gelos.

Laasgenoemde het opgestaan en na die middel van die slaap=

gedeelte van die sel geslinger waar hy op sy maag geval het

Appellant no 1 het die knipmes van appellant no 2 gekry en

die oorledene omgedraai en verskeie kere op sy bors en nek

gesteek. Die oorledene het weer opgestaan maar appellant

no 1 het hom getrap en teen die muur laat val. Appellant

no 1 het die oorledene weer gesteek waar hy lê. Daarna

is appellant no 1 na die badkamer en toe hy terugkeer na

die slaapgedeelte van die sel het hy die oorledene weer

gesteek terwyl die gevangenisbeamptes buite die sel dit

aanskou. Appellant no 1 het die knipmes by 'n selvenster

uitgegooi. Nadat die seldeure oopgesluit is en die

/gevangenisbeamptes..........

9
gevangenisbeamptes die sel betree het, het die appellante

hul kaartjies aan adjudant Barnard oorhandig. Sommige

van die ander beskuldigdes het dit ook gedoen. Volgens

die getuienis van die distriksgeneesheer dr Tucker wat 'n

lykskouing op die oorledene gedoen het, het die oorledene

8 wonde opgedoen wat deur 'n skerp voorwerp toegedien is.'

Sedert hy sy loopbaan gedurende 1947 as distriksgeneesheer

begin het, is dit die wreedste en ergste geval van aan=

randing wat hy teengekom het. Die oorledene is oorlede

as gevolg van menigvuldige steekwonde van die nek, slagaar,

lugpyp, longe en hart. 'n Hele aantal van die steekwonde

was indívidueel potensieël noodlottig.

/Die..........

10

Die bewyslas rus op die appellante om
die bestaan van versagtende omstandighede ten tyde van die
pleging van die moord op 'n oorwig van waarskynlikhede te
bewys. Daar moet 'n feitebasis wees waarvan die aan=
wesigheid van versagtende omstandighede afgelei kan word.
Namens die appellante is verskeie submissies gemaak,
bv dat dit nie 'n beplande aanval op die oorledene was nie
en dat daar 'n mate van provokasie was, maar geen feitebasis
ondersteun die submissies nie. Indien die appellante enige
persoonlike griewe teen die oorledene gehad het, kon hulle
dit geopper het teenoor die gevangenisbeamptes. Hulle
kon dit direk aan adjudant Barnard meegedeel het maar hulle

het dit nooit gedoen nie.

/Na

11

Na my oordeel het die verhoorhof by sy

bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is nie
geensins 'n mistasting of 'n ander onreëlmatigheid begaan
nie. Bowendien in die lig van al die aanvaarbare getuienis
kan dit na my oordeel nie gesê word nie dat die verhoorhof
nie redelikerwyse tot sy bevinding kon gekom het nie.

Die appelle teen die doodvonnisse word
afgewys.

C.P.JOUBERT, AR

HOEXTER, AR }
Stem saam.
GROSSKOPF, AR }