South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 48

| Noteup | LawCite

S v Schoba (460/84) [1985] ZASCA 48 (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


D M SCHOBA

EN

DIE STAAT

460/84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

DUMISANE MILLION SCHOBA Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

CORAM: JANSEN, VAN HEERDEN et GROSSKOPF, ARR

VERHOOR: 10 Mei 1985

GELEWER:

UITSPRAAK

GROSSKOPF, A R

Die appellant is saam met ene Mofokeng in die

Transvaalse Westelike Rondgang Plaaslike Afdeling aangekla

van moord (klagte 1); poging tot moord (klagte 2) en

aanranding ........
2
aanranding met die opset om ernstig te beseer (klagtes

3 en 4). Al hierdie klagtes het gespruit uit gebeure

op Saterdagaand 6 Augustus 1983 by die huis van ene

Magongwa in die Khuma-lokasie naby Klerksdorp. Albei

beskuldigdes het onskuldig gepleit op alle aanklagtes

Na 'n verhoor voor HUMAN, W R, wat sonder assessore gesit

het, is die appellant skuldig bevind aan moord en, op

die tweede klagte, aan aanranding met die opset om ernstig

te beseer. Hy is onskuldig bevind op die derde en

vierde klagtes. Mofokeng is onskuldig bevind op die

eerste twee klagtes, maar is op elk van klagtes 3 en 4

skuldig bevind aan gewone aanranding. Nadat geen

versagtende omstandighede bevind is ten opsigte van die

moordklagte ............

3

moordklagte nie is die appellant ter dood veroordeel

Op die tweede klagte is hy gevonnis tot ses maande ge-

vangenisstraf, wat natuurlik slegs in werking sal kan

tree indien die doodvonnis om een of ander rede nie vol-

trek word nie. Met die nodige verlof kom die appellant

nou in hoër beroep teen sy skuldigbevindinge en vonnisse.

Die staatsgetuienis teen die appellant kan kort-

liks soos volg opgesom word, Op die betrokke aand om

ongeveer 10.30 was die huisbaas se drie volwasse kinders

Julia, Merriam en Charles (die oorledene) by die huis.

Ook teenwoordig was Johannes Mamadi, Julia se vryer.

Die appellant het by die kombuisdeur ingekom en aan

Julia, wat toe in die kombuis was, gevra waar sy vrou was

Hy ......

4
Hy het kwaad en aggressief voorgekom. Volgens die

getuienis van Julia, Merriam en Johannes was die appel-

lant 'n volkome vreemdeling. Julia het aan hom gesê

dat sy vrou nie daar was nie. Nie een van die ge-

tuies het 'n wapen by hom gesien nie. Die appellant

het toe vertrek.

Na die appellant se vertrek het Johannes, Merriam

en die oorledene, wat tot dusver in die voorhuis gesit

het, na die kombuis gegaan om hierdie vreemde gebeurtenis

met Julia t'e bespreek. Terwyl hulle daar was, het

twee verdere kuiergaste opgedaag. Hulle was die staats-

getuies William Mabovu en Stephen Mlota. Almal was

nog besig om in die kombuis te gesels toe die kombuis-

deur ........

5
deur oopgestoot word en die appellant weer binnekom.

Hierdie keer was hy gewapen met 'n mes en was Mofokeng

saam met hom. Mofokeng het 'n hamer in sy hand gehad,

maar het nie die kombuis binnegekom nie. Die appel-

lant het weer eens gevra waar sy vrou was. Volgens

Johannes het die oorledene, wat naby die deur gestaan

het; geantwoord dat die appellant reeds vantevore daar

was en gesê was dat sy vrou nie daar was nie. Ander

getuies meld nie dat die oorledene iets gesê het nie.

Almal stem egter saam dat die appellant feitlik onmiddel

lik ná sy aankoms die kers op die kombuistafel uitgedoof

het en 'n steekbeweging na die oorledene gemaak het.

Hoewel al die ooggetuies nie gesien het dat die oorledene

inderdaad ........
6
inderdaad getref is nie het dit wel gebeur. Dit is

gemene saak dat hierdie steekwond die oorledene se ribbe-

kas gepenetreer en sy hart binnegedring het, en daardeur

sy dood veroqrsaak het.

Nadat die appellant die oorledene gesteek het.

het die ander persone in die kombuis uitmekaar gespat.

Dit is nie nodig om elkeen se bewegings in detail te be-

skryf nie, en ek skets gevolglik die gebeure in breë

trekke.

Johannes Mamadi het getuig dat iemand hom in die

harwar agter in sy nek gesteek het. Hierdie aanranding

is die grondslag van die tweede aanklag. Volgens Jo-

hannes Mamadi het hy, nadat hy gesteek was, deur 'n venster

gespring ........

7
gespring en weggehardloop, gevolg deur die appellant.

Na 'n rukkie het die appellant tou opgegooi en teruggekeer

William Mabovu het getuig dat hy eers by die

kombuisdeur probeer uitgaan het, maar dat Mofokeng hom

daar met die hamer op sy kop geslaan het (klagte 3).

William het toe teruggespring en deur 'n venster uitge-

gaan.

Julia het onmiddellik na die aanranding op die

oorledene by 'n venster uitgeklim en hulp gaan ontbied.

By die bure waar sy gaan aanklop het, het sy 'n flits ge-

leen. Op pad terug huis toe het sy die appellant en

Mofokeng teengekom terwyl hulle besig was om die toneel

te verlaat. Mofokeng was ontevrede daaroor dat Julia

die lig in hul gesigte geskyn het en het Julia met die

hamer ......
8
hamer geslaan (klagte 4).

Op daardie tydstip het verskeie mense, insluiten-

de die staatsgetuies Stephen en William, die appellant

en Mofokeng begin jaag. Mofokeng is in die toilet van

'n nabygeleë huis gevind en na die huis van Makgongwa

teruggebring. Die appellant het ontsnap, maar het

later uit eie beweging na die huis teruggekeer.

Hier het Merriam hom aangerand en hom beveel om te bly.

Die polisie het kort daarna opgedaag. Die oorledene

is per ambulans na die hospitaal verwyder maar was reeds

dood by sy aankoms.

Die appellant se weergawe van wat by die huis van

Makgongwa plaasgevind het, verskil heelwat van die staats-

getuies s'n. Daarbenewens gee hy 'n relaas van wat

gebeur .......

9
gebeur het voordat hy daardie huis besoek het. Vol-

gens sy getuienis het hy in Johannesburg gewerk. Sy

vrou was in Klerksdorp met 'n siek kind wat kort vantevore

uit die hospitaal daar ontslaan was. Sy het in die

Khuma-lokasie gewoon by Mofokeng se vriendin. Op

die betrokke Saterdag het die appellant sy.vrou en kind

gaan besoek. Hy het haar tuis gevind en haar geld

gegee vir haar terugreis met die kind na hul tuiste by

Taung. Daarna het die appellant en sy vrou 'n ent

gaan stap. Gedurende die wandeling het die appellant

sy vrou aangespreek omdat dit vir hom gelyk het dat sy

gedrink was. Sy het onmiddellik omgedraai en wegge-

hardloop.

Die appellant het haar laat begaan en het terug-

gekeer .........

10

gekeer na die huis van Mofokeng se vriendin. Daar het

hy Mofokeng téengekom wat hy toe vir die eerste keer ont-

moet het. Hulle het oor die appellant se vrou gepraat

Mofokeng het hom vertel van haar bedrywighede in die Khuma-

lokasie, en hulle is saam weg om haar te soek. By 'n

nabygeleë huis het hulle haar in owerspel betrap. Sy

het egter weer weggehardloop.

Volgens sy getuienis was die appellant toe nie

alleen ontnugter nie maar ook geldloos. Hy het dus

vir Mofokeng gevra om hom te wys waar sy skoonsuster,

Poppie, woon sodat hy geld by haar kon kry om terug te

gaan Johannesburg toe. Mofokeng het hom na die Mak-

gongwas's se huis geneem. Die appellant het aan die

kombuisdeur geklop. Poppie het oopgemaak. Die ap-

pellant ...........

11

pellant het haar van sy moeilikhede vertel. Sy het

gesê dat sy by ander mense in die huis vir hom sou gaan

geld leen, en die vertrek verlaat. Die appellant het

in die kombuis agtergebly.

Poppie het nie teruggekeer nie, maar 'n spul vreem-

delinge (insluitende die staatsgetuie Johannes Mamadi)

het die kombuis binnegekom en die appellant aangerand.

Die appellant se enigste uitweg was om sy mes uit te haal

en rond en bont te steek. Hierdeur het hy sy aanval-

lers verdryf en hom in staat gestel om die kombuisdeur

oop te maak en te ontsnap. Later het hy weer terug-

gekeer om redes wat nie baie duidelik of oortuigend uit

sy getuienis blyk nie.

Mofokeng het ook getuig. In sy getuienis

staaf .........
12

staaf hy die appellant oor hul ontmoeting, hul soektog na

die appellant se vrou, haar owerspel en die appellant se ver-

soek om na Poppie geneem te word. Mofokeng het getuig dat

hy die huis uitgewys het waar Poppie gewoon het en dat hy ge-

sien het dat die appellant aan die deur klop, maar dat hy self

'n toilet opgesoek het en nie weet wat by die huis gebeur

het nie. Hy het egter die geraas van die bakleiery in

die huis gehoor en gesien hoe die appellant weghardloop.

Mense het uit die huis gekom en vir hom (Mofokeng) geslaan

en verplig om te bly totdat die polisie gekom het. Hy

het nie daardie aand 'n hamer besit of gebruik nie.

Die verhoorhof het die getuienis van die staats-

getuies aanvaar en dié van die appellant en Mofokeng ver-

werp. Ek kom later hierop terug. Die hof het ver-

der ..........
13
der bevind dat die staat nie bewys het dat die appellant

en Mofokeng 'n gemeenskaplike doel gehad het om moord of

aanranding te pleeg nie. Hulle is dus skuldig bevind

slegs ten opsigte van die dade wat elk afsonderlik gepleeg

het, soos blyk uit die skuldigbevindinge wat ek by die

aanvang van hierdie uitspraak uiteengesit het. Die

appellant het geen verdere getuienis gelewer of "aangebied

met betrekking tot versagtende omstandighede nie, en die

hof het bevind dat daar géén aanwesig was nie. Die ap-

pellant is gevolglik, soos reeds gemeld, ter dood veroor-

deel .

Die eerste punt wat op appèl aangevoer is, is

dat die verhoorregter se besluit om die saak sonder die

bystand van assessore te verhoor, en sy oplegging van die

doodvonnis .........

14

doodvonnis wat daarop gevolg het, onreëlmatig was. In
hierdie verband bepaal artikel 145 (2) van die Strafproses-
wet, 51 van 1977 ("die Wet") soos volg (insoverre dit ter
sake is):

(2) Waar 'n prokureur-generaal 'n beskuldigde
voor 'n hoër hof laat teregstaan -
(a) vir verhoor en die beskuldigde on-

skuldig pleit;

kan die voorsittende regter hoogstens
twee assessore oproep orn hom by die ver-
hoor by te staan: Met dien verstande dat
waar die misdryf ten opsigte waarvan die
beskuldigde verhoor word, 'n misdryf is
ten opsigte waarvan die doodvonnis 'n
geoorloofde vonnis is, die voorsittende
regter, indien hy van oordeel is dat,
in geval van 'n skuldigbevinding en met
inagneming van die omstandighede van
die geval, die doodvonnis opgelê kan
word of opgelê moet word, twee asses-
sore moet oproep om hom by te staan."

Kragtens .............
15

Kragtens die voorbehoudsbepaling in hierdie sub-

artikel moet die voorsittende regter, ten einde te be-

sluit of hy assessore moet oproep, voor die aanvang van

die verhoor 'n oordeel vorm oor die vraag: kan of moet

die doodvonnis in hierdie saak opgelê word? Klaar-

blyklik gaan dit nie hier oor teoretiese moontlikhede nie,

anders sou 'n regter verplig wees om in alle gevalle waar

die doodvonnis volgens wet opgelê kan word,assessore op

te roep om hom by te staan, en dit word nie deur die sub-

artikel vereis nie. Sien S v Chaane en Andere 1978(2)

SA 891 (A) op bladsy 894 H tot 895 A; S v Dyantyi 1983 (3)

SA 532 (A) op bladsy 533 D-E. Die verpligting om as-

sessore op te roep ontstaan eers wanneer die regter van

oordeel is, "met inagneming van die omstandighede van die

geval ............

16

geval", dat die doodvonnis by skudigbevinding opgelê kan

word. Dit volg dus dat 'n regter by die verhoor van

beskuldigde op 'n aanklag ten opsigte waarvan die doodvon-

nis 'n bevoegde vonnis sou wees, eers 'n besluit moet neem

oor die vraag of die omstandighede van die geval sodanig

is dat daar meer as 'n teoretiese moontlikheid is dat die

doodvonnis by skuldigbevinding opgelê sal word. Wan-

neer hy besluit dat dit wel so 'n geval is, moet hy as-

sessore oproep om hom by te staan (Chaane se saak supra;

op bladsy 895 A-B).

Die Wet skryf nie voor hoe die verhoorregter in-

ligting kan bekom oor die omstandighede van die geval ten

einde hom in staat te stel om hierdie besluit te neem nie

In die eerste plek is daar natuurlik die dokumënte wat díen

om ..........
17

om die beskuldigde in te lig omtrent die aanklag teen hom

By 'n summiere verhoor sou daar egter gewoonlik slegs 'n

akte van beskuldiging wees saam met 'n "opsomming van die

wesentlike feite in die saak, wat, na die mening van die

prokureur-generaal, nodig is om die beskuldigde in te lig

aangaande die bewerings teen hom" (artikel 144 (3) ía)

van die Wet) asook 'n lys van die beoogde staatsgetuies

(ibid). Die bewerings in hierdie dokumente behoort

'n aanduiding te gee van wat die staat gaan probeer bewys,

maar is van geen hulp by die bepaling van die staat se

vooruitsigte om daarin te slaag nie. Daarbenewens is

hierdie dokumente nie daarop ingestel om inligting te

verskaf wat bloot op vonnis slaan nie. Hierdie doku-

mente sou dus selde voldoende inligting verskaf om 'n regter

in .............

18

in staat te stel om te oordeel of die oplegging van die

doodvonnis iets meer as 'n teoretiese moontlikheid is.

Waar die verhoor deur 'n voorlopige ondersoek voorafgegaan

is, sou die oorkonde hiervan waarskynlik aan die regter

voorgelê kan word. Selfs dit sou egter nie noodwendig

voldoende inligting tot sy beskikking stel nie. Ek

hoef egter nie verder hierop in te gaan nie aangesien

voorlopige ondersoeke deesdae baie selde voorkom en ons

in die onderhawige geval met 'n summiere verhoor te doen

het.

Aangesien 'n verhoorregter baie selde uit die

formele dokumentasie genoeg inligting kan bekom om hom in

staat te stel om te besluit of assessore nodig sou wees,

het...........

19

het die gebruik ontstaan om die prokureur-generaal (of
sy verteenwoordiger) se mening hieromtrent te vra en ge-
wig daaraan te heg. Hierdie praktyk is goedgekeur
deur hierdie.hof in Dyantyi se saak (supra) waarin die vol-
gende gesê word op bladsy 533 F-H:

"Accompanying the indictment there was a
statement of substantial facts as re-
quired by s 143(3) (a) of Act 51 of 1977,
but its contents, though perhaps adequate
to inform the appellant of the state's
allegations against him did not, I con-
sider, proclaim the grossness of the
crime sufficiently to alert the trial
Judge to the possibility of the impo-
sition of the death sentence in case
there should follow a conviction for
murder. In a matter such as the present
one those responsible for the preparation
of the prosecution should give anxious
scrutiny to the evidence proposed to
be led by the State with a view to the

giving

20

giving of timeous advance notice to the
presiding Judge, either by the member of
the Attorney-General's staff who reads
the docket before the criminal rol1 is
prepared, or by counsel prosecuting at
the trial, that the case merits the
summoning of assessors."

Hoewel die verhoorregter dus in die praktyk ver~
plig is om in 'n mate op die prokureur-generaal of 'n lid
van sy personeel staat te maak, beteken dit nie dat hy een-
voudig sy verantwoordelikhede behoort te delegeer nie.
In laaste instansie is dit die verhoorregter wat die be-
trokke "oordeel" moet vorm, en die opinie van die proku-
reur-generaal is slegs materiaal wat die verhoorregter
saam met ander gegewens tot sy beskikking vir daardie doel
kan gebruik. Ek meen dus dat S v Wesi 1979(4) SA 1041

(B)............
21

(B) 'n te passiewe rol aan die verhoorregter toedeel

deur aan te dui dat 'n verhoorregter geregtig is " om

heeltemal te reken op die Prokureur-generaal wanneer daar

oor assessore besluit word"(op bl. 1042 G) selfs waar die

prokureur-generaal se opinie dat assessore nie benodig word

nie uit sy blote stilswye afgelei word (op bl. 1043 B).

In die onderhawige geval was die omstandighede

soortgelyk as in Dyantyi se saak (supra). Die op-

somming van wesentlike feite ingevolge artikel 144(3) van

die Wet het nie met enige sekerheid.op die afwesigheid van

versagtende omstandighede gedui nie, en daar benewens was dit.

natuurlik onmoontlik vir die verhoorregtér om te weet hoe

sterk die staat se getuienis oor enige besondere punt was.

Uit die oorkonde blyk dit dat die verhoorregter aan die

begin...........

22

begin van die saak die aanklaer uitdruklik gevra het of

assessore benodig was, en dat die aanklaer nee gesê het

In die lig van bogemelde gewysdes kan daar onder

hierdie omstandighede skaars betoog word dat die verhoor-

regter 'n onreëlmatigheid gepleeg het , hetsy deur te be-

sluit dat dit nie nodig was om assessore op te roep nie,

hetsy deur na afloop van die verhoor die doodvonnis op

te lê hoewel hy nie die bystand van assessore gehad het nie

Mnr Nel, wat namens die appellant opgetree het,

het dan ook nie betoog dat dit die verhoorregter was wat

'n onreëlmatigheid gepleeg het nie. Sy betoog was dat

die aanklaer skuldig was aan growwe pligsversuim deurdat

die opinie wat hy teenoor die verhoorregter uitgespreek

het ...........

23

het, nie op versigtige oorweging van die beskikbare getuie-

nis, soos vereis in die passasie uit Dyantyi se saak wat

ek hierbo aangehaal het, gegrond was nie. Dit was

hierdie pligsversuim wat volgens sy betoog op 'n onreël-

matigheid in die verrigtinge neergekom het.

By die beoordeling van hierdie betoog sal ek

veronderstel dat daar wel omstandighede mag wees waar 'n

aanklaer se versuim om die verhoorregter behoorlik in te

lig omtrent die noodsaaklikheid dat assessore bygebring

word, as 'n onreëlmatigheid in die verrigtinge aangemerk

kan word. Vergelyk in hierdie verband SvXaba 1983(3)

SA 717 (A) op bll. 728 D tot 729 A. Voordat hierdie

hof egter tot die gevolgtrekking sou kon kom dat die aan-

klaer skuldig was aan pligsversuim in hierdie opsig sou

die .................

24

die nodige feite waaruit so 'n afleiding gemaak kan word

voor die hof moet wees, indien nie in die oorkonde van

die saak nie, dan by wyse van 'n spesiale aantekening

ingevolge artikel 317 van die Wet, of op enige ander

geoorloofde manier. In die onderhawige geval is die

enigste relevante inligting wat in hierdie verband aan ons

beskikbaar is, die volgende uittreksels uit die advokate

se betoë in die hof a quo oor versagtende omstandighede

Nadat die verdedigingsadvokaat geargumenteer het, het

die aanklaer sy betoog soos volg begin:

"U Edele, die Staat het 'n mening uitgegooi
dat daar wel versagting kon wees. Wat

die ............
25

die Staat beïnvloed het deur om daardie
mening uit te gooi is die verklaring
wat die beskuldigde gemaak het aan die
polisie wat op daardie stadium ontoelaat-
baar is, wat die Staat beïnvloed het."

'n Kort rukkie láter verskyn die volgende:

"HOF: Ek sien aan die begin van die saak
het ek u persoonlik gevra of daar as-
sessore benodig word vir hierdie saak en u
het vir my gesê nee.

MNR. MACADAM: Korrek, op daardie stadium
was ek beïnvloed deur hierdie verklaring
wat beskuldigde gemaak het aan die polisie
wat die saak verklarend was, ontoelaatbaar,
ek kon dit nie voor die Hof voorlê nie,
wat hy gemaak het, dat die beskuldigde
nadat hy skuldig bevind is aan die misdryf
wel getuig het en daardie omstandighede
vir die Hof geskets het."

Die aanklaer het sy betoog afgesluit deur te sê
"dat die probleem in die onderhawige geval is dat beskul-
digde die Hof nie in sy vertroue geneem het nie."

In ..............

26
In repliek het die advokaat vir die verdediging
dit duidelik gemaak dat hy dieselfde mening as die aan-
klaer gehuldig het. Hierdie passasie lui soos volg:

"Wat die kwessie van assessore betref,

ek en my Geleerde Vriend het dit bespreek.

Ons was albei van mening op die getuienis

tot my en tot sy beskikking dat dit nie

'n saak sou wees waar die doodvonnis

moontlik kon opgelê word nie vir die rede

dat die beskuldigde na sy vrou gesoek het;

dat hy. haar gekry het by 'n ander man;

en dat hy toe haar sou gaan soek het by

daardie huis. Beskuldigde 2 het hom daar

gaan uitwys en hy het daar aangekom

om te soek na die vrou en toe het daar 'n

bakleiery ontstaan. Ons het nie geweet

dat dit so sal verloop dat beskuldigde

se getuienis totaal verwerp sal word nie."

Die posisie is dus dat, volgens wat die advokate
aan die verhoorhof vertel het, hulle albei van mening was
dat die appellant aanvaarbare getuienis sou lewer wat dui-

delik ........
27

delik sou anntoon dat daar versagtende omstandighede was.

Die probleem het ontstaan deurdat die appellant en Mofokeng

by die verhoor 'n ander weergawe verstrek het as wat die

advokate verwag het en dat daardie weergawe verwerp is.

Daar is dus niks voor hierdie hof om selfs 'n suspisie

te wek dat die aanklaer nie alle feite tot sy beskikking

versigtig oorweeg het voordat hy die hof ingelig het dat

assessore syns insiens nie benodig sou wees nie. On-

der hiérdie omstandighede kan daar na my mening geen sprake

daarvan wees dat die aanklaer se optrede onreëlmatig was

nie .

Namens die appellant is verder betoog dat die

aanklaer hom in h tweede opsig aan pligsversuim skuldig

gemaak het en dat dif ook op 'n onreëlmatigheid in die ver-

rigtinge .........

28

rigtinge neergekom het. Die beweerde pligsversuim het

daaruit bestaan, aldus is betoog, dat die aanklaer nie die

getuieverklarings van staatsgetuies aan die hof en die ver-

dediging beskikbaar gestel het nie hoewel die getuies se

getuienis klaarblyklík afgewyk het van hul verklarings.

Vergelyk S v Xaba (supra) . . Die enigste materiaal waar-

uit daar gepoog word om die afleiding te rnaak dat daar so-

danige afwykings was, is verskille tussen die staatsge-

tuienis aan die een kant en, aan die ander kant, die op-

somming van wesentlike feite ingevolge artikel 144(3).

Hierdie verskille was egter na my mening onbelangrik, en

is trouens nie eers geopper gedurende die kruisverhoor van

die staatsgetuies nie. Ook in hierdie opsig kan 'n mens,

na .............
29

na my mening, nie die afleiding maak dat daar pligsversuim
aan die kant van die aanklaer was nie. Mnr Nel het ook
nie nie die argument voor ons ernstig op hierdie beweerde-onreël-
matigheid gesteun nie.

Wat dié meriete van die skuldigbevindinge en
vonnïsse betref, het Mnr Nel eerstens betoog dat die ver-
hoorhof gefouteer het deur die getuienis namens die staat
te aanvaar en dié namens die verdediging te verwerp.
Ten opsigte van die staatsgetuies het die hof soos volg
bevind:

"Nou wat hierdie staatsgetuies betref
moet ek sê dat ek vir 'n lang tyd nie beter
en meer impressiewe getuies gesien het nie.
Daar mag klein verskille in hul getuienis
wees oor wat die twee beskuldigdes na
hierdie gebeure gedoen het, ofhulle by die

hek ..........
30

hek uitgehardloop het of uitgeloop het
maar dit is van mindere belang want die
persone het hulle buite gesien op verskil-
lende stadiums. Dit doen gèèn afbreuk aan
hul getuienis nie. Johannes het my veral
beindruk as 'n baie bekwame en uiters eerlike
getuie. William Mabovu was ook 'n uit-
stekende getuie en ek is oortuig daarvan
dat sy getuienis absoluut die waarheid
is sowel as die getuienis van Merriam
en Julia."

By die deurlees van die getuienis het ek ook die
indruk gekry dat die staatsgetuies, wat op verskillende tye
op die toneel gekom het en uit verskillende oogpunte die
gebeure waargeneem het, 'n besondere samehangende en oor-
tuigende geheelbeeld geskilder het. Die "klein ver-
skille" waarna die regter a quo verwys, was wel aanwesig en
is beklemtoon deur Mnr Nel in sy betoog. Ek gaan egter
akkoord met die regter a quo se beskouing dat hierdie ver-

skille

31

skille van mindere belang was en geen afbreuk aan die ge-
tuienis doen nie.

Die getuienis van appellant en Mofokeng is deur
die verhoorregter soos volg beoordeel:

"Nou die getuienis van die twee beskul-
dígdes is deurspek van leuens. Hulle is
die twee grootste leuenaars wat ek vir
'n lang tyd teegekom het. Ek glo nie 'n
enkele woord van hulle getuienis nie."

Hierdie onvleiende bevindinge berus hoofsaaklik
op onwaarskynlikhede in die verdedigingsaak. weer eens
meen ek dat die verhoorhof se bevinding ten volle geregver-
dig word deur die oorkonde. Na my mening bestaan daar
dus geen gronde waarop die verhoorhof se beoordeling van
die getuie se relatiewe betroubaarheid en geloofwaardig-

heid

32

heid aangeveg kan word nie. Dit volg dan ook dat die

appellant se skuldigbevindinge myns insiens gehandhaaf

moet word.

Ten slotte is daar betoog dat die verhoorhof se

bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie,

tersyde gestel behoort te word. In hierdie verband

het Mnr Nel die hof se stelling dat "nie 'n enkele woord"

van die beskúldigdes se getuienis geglo kan word nie as

hiperbool probeer afmaak, en betoog dat daar uit die hof

se aanmerkings gedurende die argument oor versagtende om-

standighede afgelei kan word dat die beskuldigdes se on

betwiste getuienis oor wat díe moord voorafgegaan het,

wel geglo was. 'n Mens moet natuurlik versigtig wees

om ........
33

om 'n verhoorregter se stellings gedurende argument, wat

gemaak word om kommentaar te ontlok en soms onversigtig

geformuleer word, nie te verhef tot oorwoë gevolgtrekkings

gelykstaande aan bevíndínge ín sy uitspraak nie. Hoe

dit ook al sy, selfs aanvaar 'n mens dat die verhoorhof

die eerste deel van die appellant se getuienis geglo het ,

bied dit myns insiens geen regverdiging om die hof se be-

vinding ten opsigte van versagtende omstandighede omver

te werp nie. Die bewese feite sou dan wees dat die

appellant sy vrou in owerspel betrap het; dat hy om een

of ander onverklaarde rede na haar qaan soek het by áie

oorledene se woonplek; dat, nadat Julia hom vertel het

dat sy vrou nie daar was nie, hy weggegaan het en terugge-

keer ........
34

keer het met 'n wapen in sy hand en 'n gewapende metgesel

aan sy sy; en dat hy uiteindelik sonder aanleiding áie

oorledene doodgesteek het. Die verhoorhof kan myns

insiens nie verkwalik word vir 'n bevinding dat daar geen

versagtende omstandighede uit hierdie feite-kompleks blyk

nie, en die appellant, op wie die bewyslas gerus het,

het niks anders aan die hof voorgedra wat as versagtend

aangemerk kan word nie. Ek meen dus dat die verhoor-

hof se bevinding dat daar geen versagtende ornstandighede

was nie, onaanvegbaar is.

Geen betoog is gelewer ten opsigte van die vonnis

vir aanranding met die opset om ernstig te beseer nie, en

dit moet myns insiens ook bekragtig word.

Bygevolg ........

35

Bygevolg word die appël van die hand gewys, en

die skuldigbevindinge en vonnisse bekragtig.

E M GROSSKOPF, AR
JANSEN, AR
VAN HEERDEN, AR

Stem saam