South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 49
| Noteup
| LawCite
S v Twala en 'n Ander (68/85) [1985] ZASCA 49 (29 May 1985)
Download original files |
JOHN TWALA lste Appellant
JOSEPH MAHLALELA 2de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPËLAFDELING)
In
die saak tussen:
JOHN TWALA 1 ste Appellant
JOSEPH
MAHLALELA 2 de Appellant
en "
DIE STAAT Respondent
Coram: KOTZÉ, JOUBERT, CILL.TÉ, VAN HEERDEN, ARR
et
NICHOLAS, Wn AR
Verhoor: 21 Mei 1985
Gelewer: 29 Mei 1985
UITSPRAAK
KOTZÉ, AR :
DE VILLIERS, R het in die Oos- en Suid-Oostelike
Rondgang /2
-2-
Rondgang Plaaslike Afdeling 'n dubbele doodvonnis aan die
twee appellante opgelê nadat hy en twee assessore hulle
skuldig bevind het aan die moord sonder versagtende omstan-
dighede op 23 Desember 1982 te Kanyamazane (distrik Nelspruit)
van Chiles Mawela (die oorledene) en aan roof met verswarende
omstandighede (soos omskryf in art 1 van die Strafproseswet
51 van 1977 ) . Laasgenoemde oortreding het betrekking
op geweldpleging teenoor die oorledene by dieselfde geleent-
heid as die moord wat daarop gerig was om o a 'n Isuzu bakkie en
ongeveer R3 000,00 van hom te steel. Hierdie appèl, met ver-
lof van hierdie Hof, is beperk tot die doodvonnis vir die
roof. (Dit is onnodig om 'n derde aanklag dat die twee appel-
lante, ook op dieselfde geleentheid, vir Regina Shakwane verkrag
het /3
-3-
het en wat die Verhoorhof nie aan die een of ander appellant
kon tuisbring nie, te bespreek).
Die relevante bewese feite val binne 'n klein
bestek. Die twee appellante was op die betrokke geleent-
heid, na donker, saam op 'n rooftog uit. Die eerste appellant
was, tot die wete van die tweede appellant, in besit van
'n groot mes bekend as 'n "jungle knif e" . Albei was dit
eens dat hierdie wapen gebruik sou word om die voorgenome
roofaanvalle tot uitvoer te bring. Die oorledene en 'n
vriendin, bovermelde Regina Shakwane, het intussen in eers-
genoemde se Isuzu bakkie (waarin daar ongeveer R3 000,00
van oorledene se geld was) rondgery. Die oorledene het
stilgehou en uitgeklim om sy blaas leeg te laat loop.
Met /4
-4-
Met sy terugkoms by die bakkie het die twee appellante
daarop afgekom. Een van hulle het 'n geleentheid gevra
om lokasie toe te gaan. Die oorledene het ingewillig.
Net toe hy in die bakkie wou klim, het een van áie appellante.
(waarskynlik die eerste appellant) hom met die mes gesteek.
Hulle het die oorledene (minstens gewond en moontlik reeds ster—
wende of dood) van die bakkie en geld beroof en het hom daarna
in die Krokodilrivier gegooi waar sy lyk op 27 Desember 1982
gevind is terwyl dit op die water gedryf het. Die lyk
was in 'n toestand van ontbinding en daar kon nie met seker-
heid vasgesfcél word of die steekwond of verdrinking die
oorsaak van dood was nie. Dat dit die een of die ander
was, staan buite redelike twyfel vas.
Na /5
-5-
Na aanhoor van betoë met betrekking tot straf-
toemeting vir die aanklagte van roof het die Regter a quo
hom as volg uitgelaat:
"Wat beide beskuldigdes betref, is
daar aangevoer dat die Hof moet
waak
om die feite wat te make het met
die dood van die oorledene in
aan-
merking te neem by die bepaling van
'n gepaste vonnis op die roof
klagte.
Die Hof neem in aanmerking dat beide
die beskuldigdes die
oorledene aangeval
het, hom geen kans gegee het om die
geld oor te gee
nie, of op 'n ander
wyse aan hulle eise te voldoen nie
en is hy aangerand
op 'n ernstige wyse.
Die Hof probeer wegdink die feit dat
hy dood
is. Die wyse waarop die
roof gepleeg is, is van so 'n ernstige
aard dat
dié Hof van mening is dat
die enigste gepaste vonnis een van
die
uiterste vonnis is, naamlik die
doodstraf."
Voor /6
-6-
Voor ons is betoog dat die Verhoorregter sy statu-
têre diskresie om ingevolge art 277(1}(c)(i) van die Straf-
proseswet die uiterste vonnis op te lê, foutiewelik uitge-
oefen het. Die gronde waarop die appellante se advokate
hulle beroep het, kan as volg gegroepeer word:
(a) Deur te bevind dat die oorledene op 'n ernstige
wyse beseer is, het die Verhoorregter 'n mistasting
begaan aangesien die aard van die besering weens
die toestand van ontbinding van die lyk nie
vasgestel kon word nie.
(b) Die jeugdigheid van die appellante (22 jaar in
die geval van die eerste appellant en 20 jaar
in /7
— 7 —
in die geval van die tweede appellant) en die moont-
likheid van rehabilitasie het nie oorweging by
die straftoemeting geniet nie.
(c) Wat die tweede appellant betref, het die Verhoor-
regter nie daarop ag geslaan dat die eerste
appellant die leidende rol in die pleeg van die
misdade geneem het en dat die tweede appellant
onder sy beïnvloeding gestaan het.
(d) Die Verhoorregter het fouteer deur slegs die dood
van die oorledene en nie ook die aanranding op hom
weg te dink nie aangesien "die aanranding juis
die faktor is wat die moordklag konstitueer en
juis een van die faktore is wat die roof in
besonder /8
-8-
besonder beswaar".
Ek behandel gemelde gronde agtereenvolgens.
Wat (a) betref is dit so dat áie getuienis wat
by die verhoor afgelê is, nie die aard van die oorledene
se beserings aandui nie. Maar wat wel duidelik is, is
dat die geweldpleging van so 'n aard was dat dit die oorledene
se weerstand uitgeskakel het: na die steekwond toegedien
is het die oorledene geen verder rol in die tragedie gespeel
nie en is hy met gemak na die rivier geneem en daarin ge-
dompel.
Met betrekking tot (b) is dit geensins duidelik
dat die gemelde faktore nie oorweging geniet het nie.
Die /9
-9-
Die Verhoorregter verwys weliswaar nie na die
appellantë
se ouderdomme en hul vooruitsigte op rehabilitasie nie.
Dit is egter byna vanselfsprekend dat die gevestigde ge-
bruik om aandag aan hierdie elementêre straftoemetings-
bestanddele te skenk nagevolg sou gewees het.
Wat (c) betref is daar geen grond vir differensiasie
tussen die twee appellante nie. Hulle het voorbedagtelik
en gesamentlik 'n rooftog onderneem, die gebruik van 'n
lewensgevaarlike wapen voorsien en die tweede appellant
het in sy getuienis geredelik toegegee dat hy die eerste
appellant "uit (sy) eie vrye wil" vergesel het om te gaan
roof .
Die /10
-10-
Die stelling in (d) berus op 'n verkeerde opvatting.
'n Aaneengeskakelde reeks gebeurtenisse het in die onderhawige
saak daartoe gelei dat die appellante skuldig bevind is
aan moord sowel as roof. Die wese van laasgenoemde
misdaad is diefstal gepleeg deur middel van geweld (S v
Moloto, 1982(1) S A 844 (A) op 850 A-B). Die geweld-'
pleging waardeur die diefstal voltrek word kan van
so 'n aard wees dat dit die slagoffer tydelik (ibid
850 B-C) of permanent deur hom te dood (S v Mooí, 1985(1)
S A 625 (A) op 631 H-I) weerloos stel. Indien dit 'n
geval is waar die slagoffer gedood word en aldus permanent
weerloos gestel word, is dit van belang dat die doodsver-
oorsaking nie twee keer in aanmerking geneem word by straf-
toemeting /11
-11-
toemeting nie. Die strafoplegger moet duplisering van
vonnisse vermy ívgl Mooi se saak, supra, op 631 i f).
Dit bring mee dat daar 'n onderskeid getrek moet word tussen
die doodsveroorsaking wat 'n element is van moord en die
geweldpleging wat 'n bestanddeel van roof is. Maar dit
beteken nie dat die lewensgevaarlikheid van die geweldple-
gxng nie in ag geneem behoort te word by die bepaling van
die straf vir die roof níe. Dit bly altyd 'n relevante
oorweging. In hierdie verband kan daar opnuut met goeie
gevolg verwys word na die ondervermelde gedeelte van die
passasie uit die uitspraak van VAN HEERDEN, AR (toe nog
Wn AR) in S v Sedick soos aangehaal in S v Witbooi, 1982(1)
S A 30 (A) op 35:
Die /12
-12-
"Die Verhoorregter was klaarblyklik,
geregtig om die aard van die
aanranding
en die gevolglike dood van die oorledene
as verswarende
ornstandighede te beskou.
Daarna moes hy egter in die uitoefen-
ing van sy
diskresie, en met inagne-
ming van die feit dat die uiterste
vonnis reeds
op die moordklag opgelê
is, besluit het of die doodstraf
ook op die
roofklag gevel moes word.
Dit kom my voor dat dit die Verhoorregter
nie
helder voor die gees gestaan het
nie dat een van die omstandighede
wat die
roof besonder beswaar het,
juis die gevolg was wat die moord
gekonstitueer
het en ten aansien
waarvan die doodstraf verpligtend
opgelê is: S
v Kubheka 1979 (2)
PH H100. Soos opgemerk in S v
Mathebula
and Another 1978 (2) SA 607 (A) te'
613D, betreffende
'n geval waarin die-
selfde gebeure 'n moord en 'n roof
daargestel het (
en die doodstraf
op beide die moord- en roofklag op-
gelê is ):
'... these crimes must, for
purposes ./13
-13-
purposes of conviction and pu-
nishment, be regarded as
separate
and distinct. Extreme care was
therefore required in the
exercise
of the discretionary power to
avoid any duplacation of
punish-
ment in passing sentence on
count 3 '(die roofklag)'
for
otherwise it could result in
the appellants being twice sen-
tenced
to death for precisely
the same aggravating or non-
extenuating
circumstances.
Toe hierdie Hof in bedoelde saak self
'n gepaste vonnis op
die roofklag
oorweeg het, is die feit dat 'n persoon
tydens die betrokke
roof vermoor is,
weggedink ten einde 'n duplisering
van vonnisse te
vermy.
Ons is nie versoek nie om die
riglyne neergelê in die
Mathebula-
saak in heroorweging te neem. Soos
ek die uitspraak
verstaan, moet in 'n
geval soos die onderhawige by oorweging
van 'n
gepaste straf op die roofklag
sover doenlik die noodlottige gevolg
van /14
-14-
van die aanranding - die dood van die oorledene - buite rekening gelaat
word,
maar kan en behoort nog steeds ag
geslaan te word op die geweld wat
ge-
bruik is en veral op die feit dat dit
lewensgevaarlik van aard
was."
Aan die einde van die slotsin hierbo kan die woorde "en dat
hy uitgekakel was", na my mening, met vrug bygevoeg word.
Soos reeds hierbo aangedui is dit nie moontlik om,
op die aangevoerde getuienis, uit te maak of die diefstal ten uitvoere
gebring is as gevolg van die oorledene se tydelike of permanente weer-
loosstelling nie. Hierdie onsekerheid is, vanweë die be-
nadering van die Verhoorregter, nie 'n kompliserende faktor
nie: hy het terdeë voor oë gehou dat die geweldpleging
met die mes die oorledene se dood kon veroorsaak het.
Vir /15
-15-
Vir die geval dat dit so was het hy dit as moontlikheid
weggedink soos blyk uit die uitspraak insake straftoemeting
vir die roof hierbo aangehaal. Die doodstráf vir die roof
het hy opgelê vanweë "die wyse waarop die roof gepleeg is"
en vanweë die ernstige aard daarvan. 'n Meswond met 'n ge-
vaarlike wapen het immers die oorledene se weerstand uitge-
skakel en deur dit in ag te neem het die Verhoorregter geen-
sins sy statutêre diskresie verkeerd uitgeoefen nie.
Die appèl word afgewys.
APPÉLREGTER
JOUBERT, AR )
CILLIÉ, AR )
stem saam
VAN HEERDEN, AR)
NICHOLAS, Wn AR)