South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 52

| Noteup | LawCite

S v Moloantoa (70/85) [1985] ZASCA 52 (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ELIJAH MOLOANTOA Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR

Verhoor: 24 Mei 1985

Gelewer: 29 Mei 1985

UITSPRAAK

CILLIé, AR :

Teen ongeveer nege-uur op Saterdagaand, 10
Maart 1984, het die appellant sy ma in die voorkamer van
haar huis met 'n handbyl doodgeslaan. Hy is sowat vyf

maande .... / 2

2
maande later in die Transvaalse Afdeling van die Hooggeregs-
hof (Westelike Rondgang) skuldig bevind aan moord sonder ver-
sagtende omstandighede. Hy is gevolglik ter dood veroor-
deel. Met verlof van hierdie Hof kom hy nou in hoër beroep
teen die verhoorhof se beslissing dat daar geen versagtende
omstandighede was nie en teen die straf wat hom opgelê is.

Die vernaamste feite van die saak kan kortliks
soos volg saamgevat word. Die oorledene het in die distrik
van Oberholzer op Khutsong naby Carletonville gewoon in 'n
huis wat haar oorlede man vir haar laat bou het. Daar naby
is ook vier sinkhutte vir die appellant en sy drie broers
opgerig. Die appellant het nie in sy hut langs sy ma se
huis gewoon nie; hy het sy intrek geneem by sy minnares wat

op die perseel van haar werkgewer in Carletonville gewoon het.

Daar ...... / 3

3
Daar was blykbaar nog van die appellant se meubels in die hut.
Op die betrokke aand het hy by sy ma gaan kuier. Hy is eers
na sy hut toe en vind daar dat sy ma dít aan vreemdelínge ver-
huur het. Hy gaan toe na die huis toe om die aangeleentheid
met sy ma te bespreek. Sy het besoekers gehad en hulle het
om die eetkamertafel gesit en gesels. Twee van die gaste,
Mateu Chambale en Albino Mashaba, het later by die verhoor

getuig. Volgens dié twee se getuienis het 'n woordewisselling

tussen ma en seun ontstaan. Die appellant het sy ma uitge-
vloek en onder andere gesê dat sy 'n prostituut was en sy huis
aan 'n prostituut verhuur het. Die twee getuies het volgehou
dat die ma nie gedurende die stryery gevloek het nie; sy het
wel haar optrede ten opsigte van die verhuring geregverdig.

Naderhand het die appellant uitgestap by die deur wat na die

kombuis .... / 4
4
kombuis lei maar dadelik weer teruggekom met 'n handbyl in
sy hand. Hy het gesê:

"Ma, jy is 'n prostituut. Vandag gaan ek jou
doodmaak."

Hy het toe die byl in albei hande geneem en sy ma wat nog op
haar stoel gesit het, oor die kop geslaan. Sy het op die
vloer geval en hy het haar nog 'n hou teen die kop toegedien.
Sy het, soos bevestig deur 'n nadoodse ondersoek, feitlik on-
middellik gesterf as gevolg van skedelbreuk en breinbloeding.
Die appellant het hom na die aanval uit die voete gemaak maar
homself die volgende dag aan die polisie oorgegee. Hy het
ook 'n bekentenis afgelê.

Die aangeleentheid wat hierdie Hof moet onder-
soek, is of, in die lig van die toepaslike toets, die verhoorhof

verkeerdelik beslis het dat daar geen

versagtende .... / 5

5
versagtende omstandighede was nie. Die eerste pmstandigheid
wat oorweeg moet word, is soos volg in die appellant se pe-
tisie om verlof om te appelleer, uiteengesit: "dat hy deur
gemoedsbeweging en toorn geestelik beïnvloed was om die misdryf
te begaan, wat die blaamwaardigheid daarvan verminder."
Die toorn sou ontstaan het as gevolg van provokasie deur die
oorledene; daar is betoog dat hy deur die woordetwis met sy
ma buite homself van woede geraak het.

In hierdie verband is die eerste vraag of

die appellant se woede en die beïnvloedíng daarvan werklik so
groot was dat hy homself en sy dade glad nie of slegs met
moeite kon beheer. Die vraag is aan die twee genoemde staats-
getuies gestel. Chambale het geantwoord:

"Wel, ek het nie opgelet dat hy baie kwaad was nie,
want hy het ook 'n bietjie geglimlag terwyl hy so

gevloek .... / 6
6
gevloek het."
Mashaba so antwoord op die vraag was:

"Ek sal nie sê hy was baie kwaad gewees nie ...
hy het ook gelag intussentyd, dit is hoekom
ek sê hy was nie kwaad nie."

Uit hierdie antwoorde kan afgelei word dat die appellant die
felheid van sy woede oordryf het.

Met betrekking tot die moontlike provokasie

deur die oorledene is dit, eerstens, nie duidelik hoe sy ma
hom sou uitgetart het nie. Volgens die getuies het hy haar
liederlik uitgevloek terwyl sy nooit teruggevloek het nie.
Ten tweede was die oorledene se optrede ten opsigte van die

verhuring van appellant se hut billik en haar houding blyk-
baar bedaard.

Die appellant het verskeíe redes vir sy toorn

genoem .... / 7

7
genoem. Hier volg sommige van hulle. Hy sê sy ma het met
hom geraas omdat hy die mense wat in sy hut gewoon het,gepla
het. Dit word nie deur die getuies bevestig nie. 'n Ander
uitlating was die volgende:

"Wat my eintlik kwaad gemaak het was toe my moeder
vir my gesê het daardie mense help haar met hierdie
R20, dat hulle betaal haar, want ek het toe vir
haar gesê dit is vir my baie verbasend want al
hierdie jare leef ek saam met haar en wanneer ek
my salaris ontvang gee ek vir u ook geld. Nou
beskou u my as 'n vreemdeling bo hierdie mense wat
van Lesotho af kom ... Ja, dit is wat my baie
kwaad gemaak het."

Hy sê egter ook:

"Maar ek het baie kwaad geword toe my moeder vir
my daardie tyd van die aand gesê het ek moet my
goedjies daar gaan pak en die perseel onmiddellik
verlaat."

Hierdie insidente het almal voorgekom, volgens sy getuienis,

voordat .... / 8

8

voordat hy na die kombuis toe gegaan het. Hy het getuig dat
hy nie kombuis toe gegaan het met die doel om die byl vir 'n
aanval te gaan haal nie, maar dat hy van plan was om die huis

te verlaat. Hy verklaar:

"Maar by die kombuis aangekom toe ek hierdie byl
langs die stoof sien en toe dink ek weer terug en
toe word ek baie kwaad. Ek neem toe die byl en
ek gaan terug."

Die appellant se getuienis oor wanneer en hoe

sy onbedwonge woede ontstaan het is onoortuigend. Die vol-
gende twee verwante aangeleenthede moet nie uit die oog verloor
word nie. Ten eerste het die appellant geweet dat sy ma sy
hut verhuur; hy verklaar dat hy en sy ma inderdaad ooreenge-
kom het dat, aangesien hy op die dorp slaap, sy die hut aan
mense kon verhuur. Ten tweede sê hy dat toe hy in die kombuis

kom .... / 9
9
kom en hy weer aan alles gedink het, sy "kop donker" geword

het of alles voor hom "donker" geword het en hy nie wis hoekom

hy die byl opgetel het nie. Sy aandag is daarop gevestig

dat hy in sy bekentenis drie dae na die moord geen melding

van sy kop wat "donker" geword het, gemaak het nie. Sy ver-

duideliking was dat toe hy láter in die tronkselle oor die

aangeleentheid gedink het, hy nie kon begryp waarom hy sy ma

doodgeslaan het nie; toe het hy afgelei dat sy kop "donker"

moes geword het. My mening is dat hierdie ontembare woede',

indien dit ooit voorgekom het, nie regverdigbaar is nie en

nie kan dien as 'n omstandigheid wat die appellant se morele

blaam enigsins kan verminder nie.

Die tweede versagtende omstandigheid wat aan

die Hof voorgehou is, is dat dit 'n impulsiewe doodsí.ag was

wat ..... / 10.

10

wat die appellant nie vooraf beplan het nie. Daar is welis-

waar geen direkte getuienis van enige beplanning nie maar die

daad was klaarblyklik nie impulsief nie. Nadat die groot
woede hom sou oorval het, het hy die byl gevat en sy slagoffer
in 'n ander kamer gaan opsoek. Volgens die getuies sê hy vir
haar dat sy 'n prostituut ís en dat hy haar nou gaan doodmaak.
Daar was vir hom genoeg tyd en geleentheid om van so 'n gruwel-
daad af te sien al het die begeerte om haar te vermoor hom
dan ook in die kombuis eers oorval. Na my mening kan hierdie
omstandighede nie versagtend wees nie.

Ten slotte moet die omstandighede wat reeds

behandel is en al die ander aangeleenthede in die saak wat
op moontlike versagting mag dui, saam in oënskou geneem word

om vas te stel of daar nie inderdaad tog versagtende omstandig-

hede .... / 11

11

hede bestaan het wat die appellant beïnvloed het en wat sy

morele blaam mag verminder nie. Na oorweging van die ge-

heelbeeld is ek egter oortuig dat die verhoorhof se bevinding

dat daar geen versagtende omstandighede was nie, korrek is

Hierdie Hof kan derhalwe nie ingryp nie en die appèl kan nie

slaag nie.

Die appèl word afgewys.

P.M. CILLIé, AR

HOEXTER AR )

stem saam
VAN HEERDEN AR )