South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 53

| Noteup | LawCite

Alpha Enterprises v Maugene Engineering Services (Pty) Ltd. (306/82) [1985] ZASCA 53 (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NO. 306/82

/ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING

In die saak tussen

ALPHA ENTERPRISES APPELLANT

en

MAUGENE ENGINEERING SERVICES (PTY) LTD. RESPONDENT

CORAM: TRENGOVE, HOEXTER et HEFER ARR

VERHOOR: 2 MEI 1985

GELEWER: 29 MEI 1985

UÏTSPRAAK

TRENGOVE, AR:

Die/ ............

2.
Die appellant, Alpha Enterprises, is 'n

vennootskap bestaande uit mnr C J C Bezuidenhout en

sy seun, mnr A J Bezuidenhout. Gedurende of ongeveer

Augustus 1978 het die appellant 'n kersmaakmasjien van

die respondent gekoop vir 'n bedrag van R5 000. Soos

later meer volledxg sal blyk, het die appellant van die

staanspoor af probleme met die werking van hierdie masjien

ondervind. As gevolg hiervan het die respondent die

masjien teen die einde van November 1978 teruggeneem

en is die kontrak tussen die partye toe beëindig.

Sowat ses maande later het Bezuidenhout sr. die re-

spondent ín die Transvaalse Provinsiale Afdeling aan-

gespreek vir die betaling van skadevergoeding ten bedrae

van/ .........

3.
van R21 538,61 (hierdie bedrag is later gewysig) op

grond van beweerde kontrakbreuk. Gedurende die

verloop van die verhoor het die vennootskap, ingevolge

'n wysiging van die pleitskrifte, vir Bezuidenhout, as

eiser, vervang. Met die aanvang van die verhoor op

17 April 1980 was daar, volgens die pleitskrifte, drie

basiese geskilpunte tussen die partye. Die appellant

moes bewys: (a) dat dit 'n uitdruklike, alternatiewelik,

'n stilswyende beding van die ooreenkoms tussen die partye

was dat die masjien geskik sou wees vir die doel waarvoor

dit aangêkoop is, naamlik, die vervaardiging van kerse

vir verkoop in die groot- en kleinhandel; (b) dat die

masjien nie hiervoor geskik was nie; en (c) dat die

appellant/ ..........

4.

appellant as gevolg van die kontrakbreuk skade gely

het en wat die omvang daarvan was. Wat laasgenoemde

geskilpunt betref het die partye gedurende die verloop

van die verhoor ooreengekom dat as die hof sou

bevind dat die appellant op skadevergoeding geregtig

is, die quantum daarvan R6 788.61 sou bedra. Na 'n

lang en uitgerekte verhoor het die verhoorregter op 26

Junie 1982 uitspraak gelewer. Hy het bevind dat die

omstrede stilswyende beding wel deel van die ooreenkoms

tussen die partye was, maar dat die appellant nie daarin

geslaag het nie om op 'n oorwig van waarskynlikhede te

bewys dat die masjien "inherent defektief" was. Hy het

gevolglik absolusïe van die instansie, met koste, ten

gunste/.............

5.
gunste van die respondent toegestaan. Die appellant

kom nou teen die uitspraak en die bevel van die verhoorhof

in hoër beroep. Daar is ook 'n teen-appèl. Dit is

gerig teen die afwysing deur die hof van 'n aansoek namens

die respondent dat die kostebevel teen die appellant

die koste van twee advokate insluit.

Die geskil tussen die partye was wesentlik 'n

feitegeskil. Die appellant se saak was gegrpnd op die

getuienis van sy twee vennote, Bezuidenhout sr, en

Bezuidenhout jr. Die respondent het in hoofsaak ge-

steun op die getuienis van die volgende getuies, naamlik.

mnr Eugene Cummings, 'n dírekteur en werknemer van die

respondent, mnr D N Oberholzer, ook een van die respondent

se/.....

6.

se werknemers, en mnr Ismail Adam, "die eienaar" van

Silvertex (Edms) Beperk ("Silvertex"), 'n maatskappy wat

kerse vervaardig. Dit is geleë om op hierdie stadium

te verwys na die verhoorregter se bevindings aangaande

die geloofwaardigheid van voormelde getuies en die

indruk wat hulle, as getuies, op hom gemaak het. Hy

verwys eers na die Bezuidenhouts, hy sê dat in die algemeen

het hulle hom "nie ongunstig beïndruk nie". Wat Bezuidenhout

sr. betref, sê die verhoorregter dat hy geneig was "om

die saak van die eiser in 'n te gunstige lig te probeer stel",

dat hy dikwels gepraat het "sonder om te dink wat hy sê"

en "sonder om na die vraag te luister", maar dat dít nie

sonder meer 'n aanduiding is "dat hy 'n oneerlike getuie

was nie". Daarteenoor het die verhoorregter Cummings

se/.......

7.
se getuienis skerp gekritiseer. Hy bevind dat sy

getuienis in verskeie opsigte onbevredigend is, dat

dit in sekere bepaalde gevalle heeltemal onwaar is en

deur die feite weerspreek word, en dat Cummings in een

geval 'n totaal ongeregverdigde en ongegronde bewering"

teen Be2uidenhout sr. gemaak het. Wat Oberholzer se

getuienis betref, bevind die verhoorregter dat daar geen

ernstige kritiek teen hom ingebring kan word nie "behalwe

om te sê dat hy nie 'n hoogsontwikkelde persoon is nie en

dat hy klaarblyklik geen affektasies van enige aard het

nie". Die verhoorregter bevínd dan ook dat daar geen

rede is om te aanvaar dat Oberholzer die hof "op aandrang

van mnr Cummings of enigiemand anders opsetlik met

onwaarhede/.......
8.
onwaarhede probeer mislei het nie, hoe te goeder trou

ook al". Die verhoorregter se kommentaar oor Adam

wat o a as deskundige op die gebied van die vervaardiging

van kerse getuig het, ís soos volg: "As deskundige is

Adam klaarblyklik waardeloos en op die ander aspekte

waaroor hy getuig het, was hy in soveel opsigte onbetrou-

baar en ongeloofwaardig dat mnr Zeiss (wat destyds namens

die respondent opgetree het) eintlik verplig was om van sy

getuienis afstand te doen en ek is van oordeel dat mnr

Zeiss dit tereg gedoen het". Dít wat betref die ver-

hoorregter se bevindings aangaande die geloofwaardigheid

van die getuies. Ek kom later weer daarop terug.

Ek verwys vervolgens na die agtergrond van
die/ .......

9.
die dispuut tussen die partye en die gebeure wat

daar.toe aanleiding gegee het. Dit is nie nodig om die

getuienis van elkeen van die getuies hieromtrent in be-

sonderhede te ontleed nie want daar is heelwat oor-

vleueling en baie van die feite is tans óf gemene saak

òf nie meer omstrede nie. Waar dit egter nie die geval

is nie, sal daar vanselfsprekend na die weergawes van

die onderskeie getuies verwys word.

Bezuidenhout sr. was vir baie jare lank by die

Suid-Afrikaanse Spoorwee in diens waar hy as tegnikus

opgelei is. Hy het gedurende hierdie tyd die Gevorderde

Tegniese Sertifikaat II (met masjienontwerp en wiskunde

as vakke) verwerf en homself ook bekwaam om diesel-

lokomotiewe,/.......

10

lokomotiewe, elektroniese en meganies, na te sien

en te evalueer. Bezuidenhout jr. is ook 'n opgeleide

tegnikus. Hy is by die Suid-Afrikaanse Lugdiens as

gekwalifiseerde ambagsman en lugvaart—tegnikus (meganies)

opgelei. Teen die begin van 1978 het Bezuidenhout sr.

en sy seun besluit om met 'n onderneming te begin om huis-

houdelike kerse te vervaardig en te bemark. Hulle het

'n geskikte perseel op Hartswater in die Noord Kaap in

die hande gekry en na heelwat navrae het hulle verneem

dat hulle moontlik 'n kersmaakmasjien by die respondent

kon kry. Die respondent se werksplaas was in Silverton,

naby Pretoria, geleë. Bezuidenhout sr. en sy seun is

gevolglik gedurende Mei of Junie 1978 - daar is heelwat

onsekerheid/........

11.

onsekerheid oor die juiste datum - na Silverton waar hulle

toe met Cummings oor die aankoop van 'n kersmaakmasjien

onderhandel het.

Cummings is 'n gekwalifiseerde passer en draaier

Ten tyde van die verhoor was hy reeds 14 jaar lank in

diens van die respondent. AanvankMk het hy te kenne

gegee dat hy slegs ten opsigte van sy salaris as werk-

nemer 'n finansiële belang in die respondent gehad het.

Maar met sy kruisondervraging moes hy, baie teësinnig,

toegee dat hy ook 'n direkteur en aandeelhouer van die

respondent was. Sy broer, mnr Maurice Cummings, was

die bestudende direkteur en beherende aandeelhouer.

Dit was egter Cummings, en nie sy broer nie, wat die

respondent/.......

12

respondent verteenwoordig het in al die onderhandelings

met die Bezuidenhouts omtrent die aankoop van die kers-

maakmasjien en die daaropvolgende probleme.

Ten tyde van die Bezuidenhouts se eerste

besoek aan die respondent se werksplaas het hulle aan

Cummings verduidelik dat hulle van voorneme was om

kerse te vervaardig en te bemark en dat hulle met

die oog daarop 'n kersmaakrnas jien wou aankoop. Cummings

het 2 of 3 kersmaakmasjiene wat in die respondent se

werkswinkel in aanbou was aan hulle uitgewys en gesê

dat die masjiene deur die firma Silvertex bestel is

Cummings het ook te kenne gegee dat hy reeds een kers-

maakmasjien vir Silvertex gebou het. Dit was egter 'n

halwe/........

13

halwe waarheid want volgens Oberholzer het Silvertex

sy eie gietstukke en suierstange vervaardig. Die

firrna het slegs "die karkasse" by die respondent bestel

Cummings het ook aan die Bezuidenhouts 'n volledige

stel planne (of tekenxnge) van hierdie tipe kersmaak-

masjien getoon. Dit het by die verhoor geblyk dat

hierdie planne nie die oorspronklike planne was nie,

maar deur 'n tekenaar afgeteken is van 'n ingevoerde

masjien wat deur Silvertex aangekoop is. Hoe

dit ook sy, die Bezuidenhouts was baie gretig om

so 'n masjien te koop en Cummings het toe ingestem

om van die masjiene wat in aanbou was die eerste

voltooide masjien aan hulle vir R5 000 te verkoop.

0p/..............

Op daar .die stadium kon hy egter nie aan hulle 'n

vaste afleweringsdatum gee nie. Maar om sake te

bespoedig, het die Bezuidenhouts onderneem om self

die gietstukke en suierstange van die masjien in te

sit. Cummings het aan hulle verduidelik hoe dit

gedoen moes word. Dit is blykbaar 'n betreklik

eenvoudige prosedure. Volgens die Bezuidenhouts

was die koop reeds by hierdie geleentheid mondeling

beklink. Hulle het, weliswaar, nie in hulle ge-

tuienis spesifiek verwys na enige uitdruklike waar-

borg wat Cunïïnings aan hulle sou gegee het nie, maar

die hele strekking daarvan is dat Cummings présies

geweet het waarvoor hulle die masjien wou hê en dat

hy/.............
14.

hy te kenne gegee het dat dit vir daardie doel geskik

sou wees. Cummings het aanvanklik ontken dat die

partye reeds met die Bezuidenhouts se eerste besoek

'n vaste ooreenkoms aangegaan het, maar hy het later

in 'n mate teruggekrabbel. Hy het toegegee dat die

partye wel by die eerste geleentheid 'n mondelinge

ooreenkoms aangegaan het maar gesê dat die terme van

die waarborg eers op 30 Augustus 1978 gefinaliseer

xs .

Dit blyk uit die getuienis dat díe

Bezuidenhouts na hulle eerste ontmoeting met Cummings

heelwat druk op hom uitgeoefen het om die masjien

so spoedig moontlik te voltooi aangesien hulle baie

gretig/.......
15

16.

gretig was om met die produksie van kerse te begin.

Op 30 Augustus 1978 is wat beskryf word as "die karkas"

van die masjien saam met 480 stange aan die Bezuidenhouts

by die respondent se werkplaas in Silverton gelewer.

By dié geleentheid het Bezuidenhout sr. op 'n skriftelike

waarborg aangedring. . In opdrag van Cummings is 'n

faktuur met die volgende besonderhede toe namens die

respondent uitgereik en aan Bezuidenhout sr. oorhandig,

naamlik:

"1 Only candle mould machine R5 000,00

Model 1978 New

Sales Tax No. 801100806013

Alpha Enterprises *

* Moulds still to be supplied + 480 rods

payment in full to be made 14

days from when moulds have

been collected
We guarantee that this machine

will/

17.

will work efficiently and any
malfunction will be rectified
by ourselves.
M 480 moulds & rods to be

fitted by Mr Bezuidenhout himself (20
Hierdie faktuur is deur Cummings, namens die respondent,
en deur 'n mev C Forsyth, 'n destydse dírekteur en
werknemer van die respondent, as getuie, onderteken.
Die respondent het toe op 19 September 1978 200 giet-
stukke, 480 suiers en 480 sluitmoertjies aan die
appellarvt gelewer, en die balans van die gietstukke,
naamlik 200, die volgende dag. Daarmee was die
lewering van die kersmaakmasjien afgehandel.

Die partye het met mekaar verskil oor die
strekking van die skriftelike waarborg. Soos ek
Bezuidenhout sr. se getuienis verstaan, sou dit dien

as/
18.
as skriftelike bevestiging van die reeds bestaande

mondelinge ooreenkoms en die daarby inbegrepe stil-

swyende beding. Hy het ook gesê dat die waarborg

op die kersmaakmasjien as 'n geheel betrekking gehad

het. Cummings het aanvanklik te kenne gegee, soos

reeds vermeld is, dat daar voor 30 Augustus 1978 geen

vaste ooreenkoms hoegenaamd tussen die partye was

nie. En wat die waarborg betref, het hy beweer

dat dit slegs ten opsigte van die karkas gegee is en

nie ten opsigte van die kersmaakmasjien as 'n geheel

nie. Hy het egter, met sy kruisondervraging, toegegee

dat so 'n waarborg feitlik geen beskerming aan die

appellant sou verleen nie omdat dit wesentlik sou

beteken/ .........

19.

beteken dat al wat gewaarborg word, is dat die

onderste plaat van die karkas vryelik op en af kon

beweeg. Ek kan my nie voorstel dat die Bezuidenhouts

ooit met so 'n beperkte waarborg tevrede sou gewees

het nie. Cummings het ook verduidelik dat hy nooit

'n waarborg ten opsigte van die masjien as 'n geheel sou

gegee het nie omdat hy nie geweet het of the Bezuiden-

houts die gietstukke en die suierstange met die nodige

vaardigheid sou kon insit nie. Dit is na my oordeel

niks meer as 'n spitsvondige argument nie want die

Besuidenhouts sou vanselfsprekend nie gedek word deur

die waarborg waarop hulle aanspraak maak, as hulle

nie die gietstukke en die suierstange behoorlik

geïnstalleer/.........

geïnstalleer het nie. Na my oordeel het die ver-

hoorregter tereg die Bezuidenhouts se getuienis

aangaande die strekking van die ooreenkoms en die

waarborg aanvaar en Cummings se relaas daaromtrent

as onaanneemlik verwerp. Die respondent se advokaat

het geredelik toegegee dat hy nie met oortuiging kon

betoog dat die verhoorregter in dié opsig gefouteer

het nie. Om saam te vat. Die appellant het, na

my mening, op "n oorwig van waarskynlikhede bewys dat

dit 'n beding van die ooreenkoms tussen die partye

was dat die kersmaakmasjien as 'n geheel geskik sou

wees vir die doel waarvoor hulle dit aangekoop het en

dat dit doeltreffend sou funksioneer.

Ek/........
20

21

Ek kom vervolgens by die tweede basiese

geskilpunt, naamlik, of die kersmaakmasjien doel

treffend gefunksioneer het en geskik was vir die

doel waarvoor dit aangekoop is. Met die oog hierop

ag ek dit gerade om iets te sê oór die kersmaakproses

en die ontwerp van die masjien. Die kersmaakproses

behels die giet van gesmelte kerswas in 'n gietstuk waar

dit toegelaat word om te stol. Daarna word die

gestolde was - in die vorm van 'n kers - weer uit die

gietstuk verwyder. In die proses neem die was

uiteraard die vorm van die gietstuk aan. Dit is die

basis waarop die onderhawige masjien ontwerp is.

Die enigste verskil is dat dit ontwerp is vir

kommersiële/ ........

22

kommersiële gebruik sodat 'n groot aantal kerse,

naamlik 480, gelyktydig in die kortste moontlike tyd

vervaardig kan word, Die stolproses van die was

in die 480 gietstukke word met behulp van 'n verkoel-

stelsel versnel en die verwydering van die gestolde

was uit die gietstukke word vergemaklik deur al die

kerse gelyktydig uit die gietstukke te druk.

Die verkoelstelsel bestaan uit 'n verseelde

metaaltenk waarin die 480 gietstukke geïnstalleer word

Elke gietstuk Cn gegote sagtemetaal buis) word van bo-

af deur 'n gat ín die boonste plaat (deksel) van die

tenk geplaas. 'n Riffie om die boonste punt van die

gietstuk pas presies in 'n uitkeping in die gat in die

deksel/.........

deksel. Die gegroefde onderpunt van die gietstuk

gaan op sy beurt deur 'n gat in die onderste plaat

(bodem) van die tenk sodat dit met 'n moer, wat op die

onderpunt pas, in die gat vasgeskroef kan word.

Deur digtingsmateriaal vooraf om die punte van die

gietstuk aan te bring, en die moer vas te draai, word

die gietstuk stewig in die deksel en bodem van die

tenk vasgetrek en, word al die gietstukke behoorlik

op hierdie wyse geïnstalleer, vorm die tenk met die

gietstukke 'n waterdigte geheel waarin water, selfs

onder druk, vryelik kan sirkuleer totdat die gesmelte

was in die gietstukke stolpunt bereik.

Wanneer daardie punt bereik is, moet die

gevormde/..........
23

24

gevormde kerse uit die gietstukke gedruk word. Vir

daardie doel is 'n suier (in die vorm van die bo-punt

van 'n kers) in elke gietstuk aangebring. Elke

suier is geheg aan 'n stang van ongeveer dieselfde

lengte as die gietstuk wat deur 'n gat in die onderpunt

van die gietstuk kan beweeg. Die onderpunt van die

stang word deur middel van sg sluitplaat, geheg aan

'n plaat (die sg onderste plaat) wat op en af in die

raamwerk van die masjien kan beweeg sodat, wanneer

die onderste plaat opgeskuif word, word die suier

deur die stang in die gietstuk opgedruk. Is daar

dan 'n gevormde kers in die gietstuk word dit op

hierdie wyse na bo uitgedruk en, omdat al die stange

onder/............

25.

onder aan dieselfde plaat geheg is, word al 480

kerse gelyktydig uitgedruk deur eenvoudig die plaat

boontoe te beweeg. Vir die gemaklike beweging van

die plaat, is 'n stelsel wurmasse en keëlratte voorsien

sodat die plaat op en af beweeg kan word deur eenvoudig

'n wiel aan die kant van die masjien te draai.

Prakties gesproke, werk die masjien dan soos

volg: Deur die wiel aan die kant van die masjien te

draai, word die suiers na die onderpunte van die giet

stukke afgetrek. Gesmelte was word van bo-af in die

gietstukke gegiet. Dit vloei in al die gietstukke af

waar dit afkoel en stol. Die wiel word weer gedraai,

die suiers word in die gietstukke opgedruk en al 4 80

kerse/..............

26.

kerse word boontoe uit die masjien gedruk en beland

dan uiteindelik in rakke (staalplate waarin gate in

lyn met die bo-punte van die gietstukke aangebring is)

vanwaar dit verwyder en verpak kan word.

Na ontvangs van die laaste 200 gietstukke

op 20 September 1978 het die Bezuidenhouts dadelik begin

om die gietstukke en die suierstange in die masjien te

installeer. Hulle het gesê dat hulle dit gedoen het

presies soos Cummings aan hulle verduidelik het. Dit

geld ook vir die aanwending van die digtingsmateriaal

ten einde die masjien behoorlik waterdig te maak.

Daarna het hulle die masjien getoets om vas te stel

of dit inderdaad waterdig was. Dit het toe geblyk,

so/.............

27.

so het hulle gesê, dat daar 'n lekplek, by die watertenk,

aan die voorkant van die masjien was, en dat daar ook

lekplekke in 'n aansienlike aantal van die gíetstukke

was. Hulle het die lekplekke na hulle beste vermoë

probeer verseël maar hulle kon nie volkome daarin

slaag nie. Hulle het nogtans verskeie gietsels kerse

gemaak maar ook dít was nie 'n sukses nie. 'n Groot

aantal van die kerse, ongeveer 67 500, was om verskeie

redes nie van bemarkbare gehalte nie. Een van die

probleme was dat lugblasies in die kerse gevorm het

omdat die gietstukke nie waterdig was nie. Bezuidenhout

sr. het Cummings toe gebel in verband met die probleme

wat hulle met die masjien ondervind en hy het toe op 9

Oktober/.............

28

Oktober 1978 'n vragmotor na Hartswater gestuur en

die masjien is toe teruggeneem na die respondent se

werksplaas. Dis is gemene saak dat die respondent

die vervoerkoste van Hartswater na Pretoria en weer

terug na Hartswater, 'n afstand van altesaam 2 000 km,

sou dra. Die Bezuidenhouts het 'n dag of wat later

daar opgedaag. Die masjien was van 9 Oktober tot

15 Novernber 1978 in die werkswinkel . Dit is gemene

saak dat herstelwerk gedurende hierdie tydperk aan

die masjien gedoen is en dat die Bezuidenhouts daarmee

gehelp het. Maar wat die presiese aard en omvang van

die werk betref, verskil die getuienis van die Bezuidenhouts

in baie opsigte van Cummings se weergawe. In die lig

van/..............

29

van . die verloop van sake nadat die werk op ongeveer

15 November voltooi is, is dit nie nodig om in besonder-

hede op al die punte van verskil in te gaan nie en ek

verwys dus net in hooftrekke daarna.

Die Bezuidenhouts het, eerstens, getuig dat

hulle o m by Cummings gekla het oor 'n lekplek in die

metaaltenk, en dat dit toe by die werkswinkel reggemaak

is. Cummings het ontken dat so 'n klagte aan hom gemaak

is of dat enige herstelwerk hoegenaamd aan die tenk gedoen

is. Dit lyk vir my baie onwaarskynlik dat die Bezuidenhouts

sou getuig het dat daar herstelwerk aan die tenk gedoen is

as dit in der waarheid nie die geval was nie. Dit is

gemene saak dat daar wel 'n klagte oor die gietstukke

was/..........

30

was, maar ook in hierdie geval verskil die partye oor

die strekking van die klagte, die aard en omvang van

die herstelwerk wat na aanleiding daarvan gedoen is,

en die vraag of die Bezuidenhouts onderneem het om die

koste van die herstelwerk te dra. Op elkeen van hierdie

punte is Cummings se getuienis uiters onbevredigend en

in sommige opsigte ook klaarblyklik onwaar. Die

Bezuidenhouts het getuig dat daar lekplekke in 'n aan-

sienlike getal van die gietstukke was en dat hulle by

Cummings daaroor gekla het. Hulle het gesê dat hulle

by die werkswinkel gehelp het met die toets van die

gietstukke en dat van die 203 gietstukke wat hulle by

een geleentheid getoets, het, net 3 volkome waterdig

was/............

31

was. Hulle het ook getuig dat waar dit doenlik

was, is die gaatjies in die gietstukke aan die

buitekant gesoldeer deur een van Cummings se werk-

nemers, maar in die grootste gros van die gevalle

was daar so baie gaatjies dat die betrokke gietstukke

heeltemal oorgegiet moes word. Wat die Bezuidenhouts

betref, was daar hoegenaamd geen sprake dat hulle die

koste daarvan sou dra nie. Cummings het die Bezuídenhouts

se getuienis in verband met die gietstukke op feitlik

elke punt betwis. Dit is duidelik dat hy vasbeslote

was om die blaam vir die toestand van die gietstukke

op die Bezuidenhouts te plaas en dat hy met die oog

daarop bereid was om enigiets te sê en self die

rnees/............

32

mees blatante onwaarhede kwyt te raak. Hy het erken

dat die gietstukke vervang is, maar hy het te kenne

gegee dat dit nodig was omdat hy gevind het dat on-

geveer 15 tot 20 van die gietstukke aan die onderkant

beskadig was. Dit was duidelik, so het Cummings gesê,

dat die Bezuidenhouts te veel krag gebruik het met die

vasskroef van hierdie besondere gietstukke en dat hulle

gevolglik beskadig is. Volgens Cummings het hy aan

die Bezuidenhouts gesê dat dit beter sou wees om al

480 gietstukke te vervang en het hulle toe ingestem

om die koste daarvan te dra. Die koste sou, volgens

Cummings, op 'n tydbasis van R15 per uur bereken word.

Hy het erken dat die koste van die oorgiet van die

480/.............

33

480 gietstukke, op hierdie basis bereken, ongeveer

R4 000 sou bedra. Ek kan nie voorstel dat die Bezuiden-

houts ooit sou ingestem het om die koste te dra voor-

dat hulle nie eers elke gietstuk ondersoek het en

tevrede was dat hulle dit beskadig het nie. Dit

het egter nooit gebeur nie. Hoe dit ook sy, Cummings

het erken áat hy nooit die Bezuidenhouts aangespreek het

vir betaling van hierdie koste nie. Hy het beweer dat

'n werkkaart uitgemaak was vir die werk en dat dit mev

Forsyth se verantwoordelikheid was om op grond van die

gegewens daarin vervat 'n rekening aan die Bezuídenhouts

te stuur. Hierdie getuienis is, soos die verhoorregter

gesê het, van alle waarheid ontbloot. Volgens mev

Forsyth/...............

34.

Forsyth was daar nie so 'n werkkaart nie en is sy nooit

deur Cummings of enigiemand anders aangesê om 'n rekening

aan die Bezuidenhouts te stuur nie. Cummings het ook

die Bezuidenhouts se bewering dat die gaatjies in 'n

aantal van die gietstukke gesoldeer is, ontken. En

toe die Bezuidenhouts een van hierdie gietstukke (Bew. 3)

aan die hof voorlê,het Cummings, soos die verhoorregter

tereg bevind het, "'n totaal ongeregverdigde en onge-

gronde bewering gemaak (het) dat mnr Bezuidenhout

bewysstuk 3 sou vervals het en op 'n bedrieglike wyse

aan die Hof kom voorhou het as 'n gietstuk wat uit

die masjien gekom het terwyl dit inderdaad nie die

geval was nie." Om saam te vat. Soos hierbo vermeld,

sou/...............

35.

sou die respondent die vervoerkoste van die masjien

vanaf Hartswater na Pretoria, en weer terug na Hartswater,

dra. Dit is ook, na my oordeel, duidelik uit die

getuienis dat die respondent die koste om die gietstukke

te repareer of te vervang self sou dra. Ek is heeltemal

seker dat die respondent nie gewillig sou gewees het

om dit te doen as die Bezuidenhouts se klagtes nie ge-

grond was nie. Ek het miskien onnodig lank oor die

getuienis in verband met die gebreke in die gietstukke

uitgewei, maar ek het dit gedoen om aan. te toon dat

Cummings nie geskroom het om die waarheid te verdraai

indien hy dit raadsaam geag het nie.

Daar was ook nog die volgende geskilpunte

oor/...........

36.

oor wat by dié geleentheid by die werksplaas sou ge-

beur het. Die Bezuidenhouts het gesê dat toe die masjien

weer inmekaargesit en aan 'n waterdruk toets onderwerp is,

het die tenk gebars en dat heelwat van die werk toe weer

oorgedoen moes word; Cummings het ontken dat die tenk

gebars het. Die Bezuidenhouts het ook gesê dat die

koeëllaers op voorstel van Bezuidenhout sr.,, en met in-

stemining van Cummings, met drukkers vervang is, maar ook

dít het Cummings ontken. Die Bezuidenhouts het ook

gesê dat 'n elektriese boor by dié geleentheid gebruik

is om die stange vas te bout, terwyl Cummings en Oberholzer

dit ontken het. En ten slotte, Bezuidenhout sr. het getuig

dat Cummings ingestem het tot sy voorstel dat in stede van

gebruik/...............

37

gebruik te maak van die sluitplaat hulle eerder die

suierstange aan die onderste plaat van die masjien

moet vasbout en dat hy vir hierdie doel 480 moertjies

aan hulle verskaf het. Cummings het ontken dat hy tot

so 'n voorstel ingestem het en dat hy die moertjies ver-

skaf het.

Dit is gemene saak dat die werk aan die

masjien - wat die presiese aard en omvang daarvan ook

al mag gewees het - teen ongeveer 15 November tot die

tevredenheid van die Bezuidenhouts voltooi is. 'n

Waterdruktoets het getoon dat daar geen lekplekke meer

was nie, en meganies het die masjien ook behoorlik

gefunksioneer. Al wat hulle nie by die werkswinkel

kon/.........

38

kon vasstel nie, omdat die nodige fasiliteite ontbreek

het, was of die masjien behoorlik kerse kon vervaardig

Die masjien is op 15 November 1978 op

Hartswater afgelewer. Die Bezuidenhouts het feitlik

onmiddellik begin om die masjien gereed te maak sodat

hulle weer kerse kon giët. Hulle het gesê dat hulle

die sluitplaat verwyder het en die suierstange aan die

onderdele plaat vasgebout het soos hulle, na bewering,

met Cummings afgespreek het. Dit het hulle ongeveer

5 dae genesm ora hierdie werk te voltooi. Soos ek netnou

sal aantoon, het Cummings ten sterkste ontken dat die

suierstange reeds ten tyde van sy besoek aan die onderste

plaat vasgeheg was. Hoe dit ook sy, nadat die masjien

gereedgemaak/.............

39.

gereedgemaak was, het die Bezuidenhouts weer kerse probeer

maak en weer het hulle probleme met die masjien onder-

vind. Die masjien kon nie die kerse uit die gietstukke

druk nie. Hulle het dadelik met Cummings in verbinding

getree. Hy en Oberholzer het toe om ongeveer lOhOO

een Maandagoggend teen die einde van November 1978 op

Hartswater aangekom om ondersoek in te stel na die

werking van die masjien.

Daar is heelwat botsende getuienis oor wat

by dié geleentheid gebeur het. Die Bezuidenhouts het

getuig dat toe Cummings en Oberholzer daar opdaag het

die kerse nog steeds in die masjien vasgesit. Bezuiden-

hout jr. het toe 'n domkrag êrens gaan leen waarmee

hulle/.............

40

hulle toe die onderste plaat opgedruk het en die

kerse uitgeforseer het. Cummings het ontken dat

daar enige kerse in die gietstukke was. Oberholzer

was onseker oor wat die posisie in verband met die

kerse was. Na my mening is dit baie waarskynlik dat

die kerse nog in die gietstukke vasgesit het want dit

was immers die rede waarom Cummings ontbied is.

Cummings het ook ontken dat die sluitplaat

reeds op daardie stadium verwyder was en dat die

suierstange aan die onderste plaat vasgebout was. Hy

het gesê dat hierdie verandering aangebring is ná sy

besoek aan Hartswater en dat dit waarskynlik die

oorsaak van die probleme was wat die Bezuidenhouts

na/...........

41

na sy vertrek met die masjien ondervind het. Wat

Cummings egter níe bevredigend kon verduídelik nie

was waarom die respondent se prokureur, in 'n brief

gedateer 30 Maart 1979, aan appellant se prokureur

geskryf het.dat Cummings tydens die onderhawige be-

soek aan Hartswater gevind het dat "the ejectors and

moulds had been incorrectly fitted by your client."

Oberholzer het aanvanklik gesê dat die sluitpláat ten

tyde van die besoek nog in die masjien was, máar met

sy kruisondervraging was hy nie heeltemal so seker nie

Hy het toe gesê dat hy nie spesifiek daaraan aandag

gegee het nie, maar as die sluitplaat reeds verwyder

was, sou hy dit opgelet het. Na my oordeel is die

Bezuidenhouts/...........

42.

Bezuidenhouts se getuienis op hierdie punt meer

waarskynlik as Cummings s'n. Ek aanvaar dat Cummings

kort vantevore, op Silverton, hulle voorstel aanvaar

het dat die sluitplaat verwyder word en die suier-

stange aan die onderste plaat vasgebout word. Ek

dink nie dat die Bezuidenhouts so 'n verandering op

eie houtjie sou aanbring nie. Dit is ook waarskyn-

lik dat toe die masjien na Hartswater teruggebring

is, hulle dadelik sou begin om die verandering aan

te bring. Hulle het gesê dat dit ongeveer 5 dae

in beslag geneem het. Dit was nie betwis nie. Soos

ek netnou sal aantoon, het die Bezuidenhouts onmiddellik

na Cummings se vertrek, weer kerse probeer maak en

weer/...............

43.

weer binne 'n dag of wat met Cummings in verbinding

getree. Hulle sou nie binne hierdie kort tydperk

die verandering aan die masjien kon aanbring nie.

En dan is daar ook nog die prokureur se brief wat die

Bezuidenhouts se relaas bevestig.

Cummings en Oberholzer het gesê dat al

fout wat hulle met die masjien kon vind was dat

daar 'n bout by een van die klampe in die masjien

effens losgedraai was en dat dit die belyning van

die masjien nadelig geaffekteer het. Bezuidenhout

sou te kenne gegee het dat hy die bout losgedraai

het omdat dit die masjien makliker laat werk het.

Nadat die belyning herstel is en die bout weer vasgedraai

is,/...............

44.

is, het die masjien, so het hulle gesê, weer be-

hoorlik gefunksioneer. Volgens Cummings en Ober.holzer

is daar toe 4 of 5 gietsels kerse gemaak sonder dat

enige probleem met die masjien ondervind is. Die

Bezuidenhouts het dit ontken. Hulle het gesê dat

daar nie voldoende tyd was om meer as een gietsel

kerse te maak nie omdat Cummings haastig was om weer

na Silverton te vertrek, en dat hulle gesukkel het

om hierdie een gietsel kerse uit te druk. Die Bezuiden-

houts kon nie 'n bevredigende verduideliking gee waarom

hulle daarmee genoeë geneem het dat Cummings vertrek

hoewel die masjien nog nie doeltreffend gefunksioneer

het nie. Dit is egter gemene saak dat Cuminings

ongeveer/..............

45

ongeveer 16h00 van Hartswater af weg is en dat die

respondent die uitgawesin verband met hierdie besoek

gedra het.

Net na Cummings se vertrek het die Bezuiden-

houts weer 'n gietsel kerse probeer maak, maar hulle

het nog steeds gesukkel om die kerse uit die gietstukke

te kry. Hulle het toe besef dat hulle nie met die

masjien kerse sal kan vervaardig teen 'n tempo wat

ekonomies lonend sou wees nie. Bezuidenhout het

toe 'n dag of wat later weer met Cummings in verbinding

getree en hom meegedeel dat daar nog steeds probleme

met die uitdruk van die kerse is. Cummings het daar-

op te kenne gegee dat hulle maar die koop moet

kanselleer/............

46

kanselleer en dat hy die masjien as skroot gaan

afskryf. Cummings beweer dat hy by daardie geleent-

heid aan Bezuidenhout sr. te kenne gegee het dat hy

die transaksie wil kanselleer en dat laasgenoemde

daartoe íngestem het. Op 29 November 1978 het

Cummings 'n voertuig na Hartswater gestuur en die

masjxen is toe teruggeneem na Silverton. Die respon-

dent het die vervoerkoste gedra. Volgens Cummings

het hy toe vir die eerste keer agtergekom dat die

sluitplaat verwyder is en die suierstange aan die

onderste plaat vasgebout is. Die Bezuidenhouts

het die volgende dag by Silverton opgedaag en die

masjien sien staan op 'n perseel oorkant die verweerder

se /.............

47

se werksplaas. Daar is getuienis dat Silvertex

daarna die masjien gekoop het, en self nuwe giet-

stukke en die suierstange daarvoor gemaak het.

Teen hierdie agtergrond kom ek uiteindelik

by die kernvraag in hierdie appèl, naamlik, of die

verhoorregter gefouteer het deur te bevind dat die

Bezuidenhouts hulle nie van die bewyslas gekwyt het

nie. Die verhoorregter het, soos reeds vermeld is,

absolusie van die instansie toegestaan omdat die

appellant na sy mening nie daarin geslaag het om te

bewys dat daar "enige spesifieke defek" in die masjien

was nie. Die eintlike vraag is of die appellant

bewys het dat die masjien nie behoorlik gefunksioneer

het/...........

48

het en nie geskik was vir die doel waarvoor dit aan-

gekoop is nie. Ek is van mening dat die Bezuidenhouts

hulle wel van die bewyslas in dié opsig gekwyt het.

Ek het op grond van die volgende oorwegings tot hier-

die slotsom gekom:

(a) Dit is duidelik dat Cummings geen deskundige op

die gebied van die bou van kersmaakmasjiene was nie.

Hy het feitlik geen ondervinding daarvan gehad toe

hy die masjien vir die appellant gebou het nie. Hy

het wel op daardie tydstip die karkas van so 'n masjien

vir Silvertex gebou maar hulle het self díe gietstukke

en die suierstange vir daardie masjien en ook dié wat

hulle later by die respondent gekoop het, vervaardig

Die/............

49

Die masjien wat aan die appellant verskaf is, wás

die eerste, en blykbaar ook die enigste, een wat

Cummings in sy geheel gebou het. En ons weet dat

feitlik al die gietstukke daarna vervang moes word om-

dat hulle nie waterdig was nie.

(b) 'n Ander insiggewende faktor is dat die respondent

voor die voet al die onkoste en uitgawes in verband met

die herstelwerk aan die masjien gedra het. Dit was

nie 'n onaansienlike bedrag nie. Cummings het die

koste van die herstelwerk gedurende die tydperk 9

Oktober tot 15 November 1978 bereken op ongeveer R4 000

En hierby moet vervoerkoste van ongeveer 3 000 km en

die onkoste van Cummings en Oberholzer se besoek aan

Hartswater/............

50.

Hartswater gedurende November 1978 bygevoeg word.

'n Mens sou 'n ander houding verwag het as die respon-

dent gereken het dat probleme wat díe Bezuidenhouts

met die masjien ondervind het nie sy verantwoordelik-

heid is nie. Cummings het ook nooit voor die kansellasie

van die kontrak vir die Bezuidenhouts verwyt dat dit

hulle skuld is dat die masjien probleme gee nie.

c) 'n Derde faktor wat teen die respondent tel is

Cummings se onbevredigende getuienis en die blatante

onwaarhede waaraan hy hom skuldig gemaak het. Ek het

reeds daarna verwys en hoef nie weer daarop in te

gaan nie

(d) Die verhoorregter het bevind dat die probleem wat

die Bezuidenhouts uiteindelik met die masjien ondervind

het/............

51.

het waarskynlik gewyt kan word aan oorsake waarvoor

díe respondent nie verantwoordelikheid hoef te aanvaar

nie. Hy het na drie sulke oorsake verwys. Die

eerste en belangrikste hiervan is die verwydering van

die sluitplaat en die vasbout van die suierstange aan

die onderste plaat van die masjien. Hy sê dat as

hierdie verandering aangebring is na Cummings se be-

soek aan Hartswater "kon dít waarskynlik die oorsaak

van die probleem wees." Ek kan nie met hierdie be-

skouing saamstem nie. Dit kan nie met sekerheid gesê

word dat hierdie verandering die werking van die

masjien nadelig geaffekteer het nie. Maar wat die

posisie in dié verband ook al mag wees, die Bezuidenhouts

het/.........

het na my oordeel, soos hierbo vermeld, op 'n oorwig.

van waarskynlikheid bewys dat Cummings op Silverton

ingestem het tot die verandering en dat dit reeds

voor sy besoek aangebring was. Ek mag in dié ver-

band ook net daarop wys dat die verhoorregter geen

melding maak nie van die brxef waarin die respondent

se prokureur te kenne gee dat die Bezuidenhouts die

veranderings reeds voor Cummings se besoek aangebring

het. Die verhoorregter sê verder dat dit ewe waar-

skynlik is "dat die oorsaak van die probleem kon ge-

wees het dat die was nie op die korrekte temperatuur

wastoe dit uitgestoot of toe daar gepoog is orn dit

uit te stoot nie." Ek kan ook nie hiermee saamstem

nie./.......
52

53.

nie. Daar is, na my oordeel, geen feitlike grond-
slag om te vermoed dat dít die oorsaak van die
Bezuidenhouts se probleem was nie. Toe hulle aan-
vanklik ongeveer 50 kartonne bemarkbare kerse ver-
vaardig het, het hulle geen wesentlike probleme onder-
vind om die kerse uit die masjien te druk nie en het
hulle dit klaarblyklik teen die korrekte temperatuur
gedoen. Daar is geen getuienis dat hulle in November-
maand die prosedure in dié verband enigsins gewysig het
nie. Die verhoorregter sê, in die derde plek, dat die
vervanging van die koeëllaers moontlik 'n nadelige uit-
werking op die funksionering van die masjien gehad het
en dat dit onmoontlik is "om te bevind wie die waarheid

praat/........

54.

praat ten opsigte van die vraag of dit met die goed-

keuring en instemming van Cummings geskied het al

dan nie." Na my mening is dit uiters onwaarskynlik

dat die Bezuidenhouts uit eie beweging en sonder

Cummings se goedkeuring en instemming die koeëllaers sou

vervang het. In die lig hiervan, en veral die onbe-

vredigende aard van Cummings se getuienis moes die

verhoorregter, na my mening, sy getuienis aangaande

hierdie insident verwerp het, en die Bezuidenhouts

se weergawe aanvaar het.

(e) Ten slotte, die Bezuidenhouts was deurgaans

gretig om met hulle projek voort te gaan en dit is

duidelik dat hulle nie die kontrak sou beëindig

het/.......

55

het as die masjien bevredigend gefunksioneer het

nie.

Om saam te vat. Hoewel dit nie

moontlik is om presies vas te stel wat die fout

met die masjien was nie, het die appellant, na my

mening, nietemin op 'n oorwig van waarskynlikheid

bewys dat dit vanweë een of ander gebrek nie doel-

treffend gefunksioneer het nie en nie aan die doel

waarvoor dit aangekoop was, beantwoord het nie

Soos reeds 'vermeld is die quantum van appellant se

skade by ooreenkoms vasgestel op R6 788,61.

In die omstandighede verval die teen-appèl

Die resultaat is dus dat:

Die/.........

56.

Die appèl slaag met koste. Die bevel van die hof

a quo word ter syde gestel en vervang deur die volgende

bevel "Vonnis ten gunste van die eiser ten bedrae

van R6 788,61 met koste."

TRENGOVE, AR

HOEXTER, AR )

) STEM SAAM

)
HEFER, AR )