South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 57
| Noteup
| LawCite
S v Mokoena and Another (75/85) [1985] ZASCA 57 (30 May 1985)
Download original files |
DANIEL MOKOENA
EERSTE APPELLANT TWEEDE APPELLANT
JOSEPH MQKOENA
en
DIE STAAT
RESPONDENT
J J F HEFER AR
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
DANIEL MOKOENA EERSTE APPELLANT
JOSEPH MOKOENA TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT . RESPONDENT
CORAM : KOTZé, MILLER, CILLIé, VILJOEN et HEFER, ARR
AANGEHOOR : 23 MEI 1985
GELEWER : 30 Mei 1985
UITSPRAAK
HEFER, AR
In hierdie uitspraak word na die appellante
verwys........2
2.
verwys as beskuldigde No 2 en 3 onderskeidelik. Saam
met
twee ander het hulle in die hof a quo voor 'n regter
en assessore verskyn op
'n aanklag van moord (klagte 1)
en van roof met verswarende omstandighede
(klagte 2).
Hulle mede-beskuldigdes is vrygespreek maar beskuldigde
No 3
is op beide kiagtes skuldig bevind ,en beskuldigde
No 2 op klagte 2. Oor die
vraag of daar versagtende
omstandighede ten opsigte van klagte 1 was, was die
ver-
hoorhof verdeeld. Die assessore het bevind dat daar nie
was nie en,
hoewel die voorsittende regter van hulle ver-
skil het, het die
bevínding van die meerderheid gegeld
rnet die gevolg dat beskuldigde
No 3 die doodstraf opgelê
is op klagte 1. Op klagte 2 is hy tot 15
jaar,en beskul-
digde 3
3.
digde No 2 tot 5 jaar gevangenisstraf veroordeel. Met
die nodige verlof, kom beskuldigde No 3 nou in hoër be-
roep teen die bevinding dat daar nie versagtende omstan-
dighede was nie, en beskuldigde No 2 appelleer, op sy
beurt, teen die vonnis wat hom opgelê is.
Klagte 1 het voortgespruit uit die moord
op Josíah Mahlango wat die aand van 9 Apríl 1980 in sy
huis in Vosloorus naby Boksburg deur ene Vincent Lekhanya
doodgeskiet is. Dit was gemene saak by die verhoor dat
beskuldigde No 3, tot die mate wat later sal blyk, by die
moord betrokke was. Dit was ook gemene saak dat Lekhan-
ja en beskuldigde No 3 op 12 Mei 1980 vir Celia Mokone in
haar ..........4
4.
haar huis in Daveyton, distrik Benoni, van R900 in kon-
tant beroof het. Dit het aanleiding gegee tot klagte 2.
Beskuldidges No 1 en 2 het getuig hoe dit
gekom het dat hierdie misdade gepleeg is. Hulle getuie-
nis dek nie in alle opsigte dieselfde veld nie maar, op-
sommenderwys, het hulle die volgende verhaal vertel: Die
oorledene het 'n verhouding met beskuldidge No 2 se vrou
gehad. Beskuldigde 'No 2 het besluit om die hulp van
bende, bekend as die "Russians", in te roep om die oorle-
dene te waarsku om die verhouding te staak. Vincent
Lekhanya was die leier van die "Russians" maar beskuldig-
de No 2 het hom nie geken nie en ook nie geweet hoe om
met die bende in aanraking te kom nie. . Hy het sy nood
teenoor ........
5.
teenoor beskuldigde No 1 bekla en 'n paar dae later
het
laasgenoemde hom in 'n winkel naby die Daveyton-stasie
aan Lekhanya voorgestel. Daar het beskuldigde No 2 ín
beskuldigde No 3 se teenwoordigheid vir Lekhanya vertel
van die probleme wat hy met die oorledene gehad het. Lek-
hanya het homself bereid verklaar om die oorledene te gaan
waarsku maar hy wou R400 vir sy dienste gehad het.
Twee of drie dae later het beskuldidge No
2 die gevraagde bedrag aan Lekhanya betaal en dit is afge-
spreek dat die waarskuwing dieselfde aand tot die oorle-
dene gerig BOU word; Lekhanya en beskuldigde No 3 sou
dit gaan doen en beskuldigde No 1 sou saamgaan om hulle
die oorledene se huis te wys. Lekhanya en beskuldigdes
No ...........6
6.
beskuldigdes No 1 en 3 het per huurmotor soontoe vertrek
Beskuldigde No 2 het nie saamgegaan nie. By die oorle-
dene se huis aangekom, het beskuldigde No 1 by die huur-
motor gewag terwyl Lekhanya en beskuldigde No 3 na die
huis is. Daar het Lekhanya die oorledene summier dood-
geskiet. Beskuldigde No 1 het die nuus die volgende dag
aan beskuldigde No 2 oorgedra.
Beskulidgde No 2 se vrou was 'n ampsdraer
van die United Burial Society. Ongeveer 'n week na die
oorledene se dood het beskuldigde No 2 toevallíg weer vir
Lekhanya en beskuldigde No 3 op Daveyton-stasie raakge-
loop. Tot sy ontsteltenis moes hy toe verneem dat Lek-
hanya intussen uitgevind het van sy vrou se verbintenis
met ...........7
7.
met die begrafnis-genootskap. Lekhanya was onder die
indruk dat 'n groot bedrag van die genootskap se fondse
by beskuldigde No 2 se huis gehou is en wou dit hê . Die
geld was inderdaad nie daar nie maar beskuldigde No 2
het geweet dat hy kon vasstel waar dit gehou word en,
gedagtig aan die lot wat die oorledene te beurt geval
het, het hy, uit vrees vir sy eie lewe, onderneem om Lek-
hanya te laat weet waar dit gesvind kon word. Later het
hy Celia Mokone se adres deur beskuldigde No 1 aan Lek-
hanya gestuur. Kort daarna het láasgenoemde en beskul-
digde No 3 een aand by Mokone se huis opgedaag en haar
van R900 beroof.
Die verhoorhof het bevind dat nog beskul-
digde .........8
8.
digde No 1 nòg beskuldigde No 2 bewus was van Lekhanya
se voorneme om die oorledene leed aan te doen; hulle
was beide onder die indruk dat hy die oorledene slegs
sou waarsku om sy verhouding met beskuldigde No 2 se vrou
te staak. Hulle is gevolglik onskuldig bevind op klagte
1. Beskuldigde No 1, so is bevind, was ook nie bewus
van die doel waarmee hy Celia Mokone se adres aan Lekhan-
ya oorgedra het nié. Vandaar sy onskuldigbevinding op
klagte 2. Beskuldigde No 2 was egter terdeë bewus van
lekhanya se voorneme om Mokone te beroof toe hy laasge-
noemde se adres aan hom gestuur het. Daarom is hy skul-
dig bevind op klagte 2.
Beskuldigde No 3 het skuldig gepleit op
klagte 9
9.
klagte 2 en , op klagte 1, aan moord met versagtende
om-
standighede. Voor skuldigbevinding het hy nie getuig
nie. 'n
Bekentenis wat hy na sy arrestasie aan 'n land-
dros gemaak het en waarin hy
'n verhaal vertel het wat
in breë trekke ooreengekom het, maar tog in
wesenlike
opsigte (waarna later verwys sal word) verskil het
van
beskuldigde No 1 en 2 se weergawe, is deur die verhoor-
hof toegelaat.
Ten aansien daarvan het die geleerde
regter in sy uitspraak opgemerk:
"Onder hierdie omstandighede moet die ge-
tuienis van beskuldigdes nr 1 en
2 wat
deur kruisverhoor getoets was by die be-
oordeling van beskuldigde
nr 3 se weer-
gawe meer gewig dra, en verkies word bo
die bekentenis van
beskuldigde nr 3 waar
daar 'n botsing bestaan en die saak sal op
daardie
grondslag benader word."
Met 10
10
Met betrekking tot klagte 1 was die strek-
king van beskuldigde No 3 se bekentenis dat Lekhanya hom
versoek het om met hom saam te gaan na die oorledene se
huis en belowe het om hom te vergoed. Hoewel hy bewus
was van Lekhanya se voornerae om die oorledene te vermoor,
het hy saamgegaan. In sy teenwoordigheid is die oorle-
dene geskiet en na die voorval het Lekhanya hom met R500
vergoed.
Die verhoorhof se bevinding betreffende
beskuldigde No 3 se betrokkenheid by die moord, is soos
volg genotuleer:
"Behalwe om morele steun en sy teen-
woordigheid aan Lekhanya te
verleen,
het hy geen físiese handelxng verrig
om 11
11
om die dood van die oorledene te ver-
oorsaak nie. Deur sy
teenwoordigheid
en sy gesindheid het hy egter hom met
die handelxnge van
Lekhanya vereensel-
wig maar daardie gesindheid het nie op
sigself die
dood van die oorledene ver-
oorsaak nie. Dit kom voor asof Mnr
Nel
(beskuldigde No 3 se advokaat) korrek is
in sy betoog dat wat die
eerste aanklag
betref daar slegs bewys is dat beskuldide
nr 3 as 'n
medepligtige opgetree het en nie
as 'n mededader nie, en ons bevind
dienoor-
eenkomstig."
Ek handel nie op hierdie stadíum met be-
skuldigde No 3 se
betrokkenhexd by die roof waarop klagte
2 betrekking het nie. Soos reeds
opgemerk, het hy skuldig
gepleit op daardie klagte. Boonop het hy sy
aandadig-
heid aan die roof in sy bekentenis beken en sy
skuldigbe-
vinding op klagte 2 was onvermydelik. Dit is nie verder
ter 12
12.
ter sake nie. Sy weergawe van wat aanleiding gegee het
tot die roof , is egter wel ter sprake, soos aanstons sal
blyk
Teen hierdie agtergrond gaan ek nou oor
tot die bespreking van die vraag na die moontlike bestaan
van versagtende omstandighede ten opsigte van klagte 1.
Soos reeds 'opgemerk, het beskuldigde No 3
voor skuldigbevinding nie getuienís afgelê nie. Na skul-
digbevinding het hy egter wel getuig. Sy getuienis was
dat hy Lekhanya ongeveer vyftien maande voor die moord leer
ken het en gaandeweg goed met hom bevriend geraak het. Tot
op daardie stadium het beskuldigde No 3 'n voorbeeldige lewe
gely; hy het 'n vaste werk gehad em met die gereg het hy
nooit 13
13.
nooit gebots nie. Dit het hom opgeval dat Lekhanya,
hoewel hy nie gewerk het nie, blykbaar nooit 'n tekort aan
geld gehad het nie. By navraag het Lekhanya toe aan hom
openbaar dat hy 'n misdaad-bestaan gevoer het en sy geld
met rooftogte verdien het. Sy uitnodiging aan beskuldig
de No 3 om ook daaraan mee te doen het aanvanklik nie by-
val gevind nie maar toe beskuldigde No 3 teen die einde
van 1979 'n geldtekort ondervind het, het hy ingewillig
om met Lekhanya saam te werk. Niks het egter gebeur tot
ongeveer Maart van die volgende jaar nie toe cbeskuldigde
No 1 hom genader taet en van beskuldigde No 2 se huweliks-
probleme vertel het en ook gesê het dat beskuldigde No 2
hom (beskuldigde Mo 1) gevra het om "mense te kry wat daardie
man 14
14
man kan vermoor". Die volgende dag het hy en Lekhanya
vir beskuldigde No 2 op Daveyton-stasie ontmoet. Daarvan-
daan is hulle na beskuldígde No 2 se huis waar laasgenoem-
de bevestig het wat beskuldigde No 1 vantevore gesê het(d i
dat hy iemand gesoek het om die man te vermoor wat met sy
vrou gelol het). Volgens beskuldigde No 3 is toe gereël
dat die besoek aan die oorledene die volgende aand sou plaas-
vind, wat dan ook gebeur het. Sy getuienis was dat hy,
Lekhanya en beskuldigde No 1 per huurmotor na die oorle-
dene se huis is; dat beskuldigde No 1 die oorledene in die
huis uitgewys het; dat Lekhanya die oorledene toe geskíet
het; en dat hy, Lekhanya en beskuldigde No 1 toe na be-
skuldigde No 2 se huis is waar beskúldigde No 1 díe huis
binnegegaan 15
15.
binnegegaan en met Rl 000 uitgekom waarvan beskuldigde
No 3 R500 gekry het.
Voorts het hy getuig dat beskuldigde
No 1 hom later weer genader het en gevra het om beskul-
digde No 2 op Daveyton-stasie te ontmoet in verband met
geld van die begrafnis-genootskap. Hulle (blykbaar
hy en Lekhanya) het beskuldigde No 2 ontmoet en is deur
beskuldigde No 2 meegedeel dat hy hulle na 'n sekere
huis sou neem waar hulle "geld daar van die Burial So~
ciety moes gaan vat want hy was tevrede met die werk
wat ons gedoen het. So gee hy nog daardie geld aan
ons". Die aand van die roof, so het hy getuig, is
hy, Lekhanya en beskuldigde No 1 na die betrokke huis
Celia 16
16
Celia Mokone is daar van R900 beroof waarvan hy
(beskuldigde No 3) R350 ontvang het.
In hierdie hof het beskuldigde
No 3 se advokaat aangevoer (soos wat hy in dié hof
a quo gedoen het) dat beskuldigde No 3 deur Lekhan-
ya beïnvloed is om deel te hê aan die moord en dat
dit , saam met die feit dat beskuldigde No 3 se mede-
pligtigheid beperk was tot sy blote teenwoordig-
heid sonder enige aktiewe optrede, voldoende was om
'n positiewe bevinding van die bestaan van versagtende
omstandighede te regverdig. Hierdie betoog is
soos volg deur die verhoorregter behandel:
"By 17
17.
"By die beoordeling van die feite en om-
standighede, is ons van oordeel
dat die
feite nie op die oorwig van waarskynlik-
hede aantoon dat Lekhanya
'n wesenlike,
daadwerklike of positiewe invloed op be-
skuldigde nr 3
uitgeoefen het nie. As daar
enige sodanige beïnvloeding was, dan
was
dit nie van so 'n aard dat die beskuldig-
de se eie
wilsbesluite in 'n ernstige mate
daardeur beïnvloed was nie. Ons is
van
oordeel dat daar geen omstandighede was
wat op die oorwig van
waarskynlikhede aan-
toon dat enige wesenlike faktore direk op
die
beskuldigde se geestesvermoëns inge-
werk het wat sy optrede in die
oë van 'n
redelike mens minder laakbaar gemaak het
nie.
Ten opsigte van die vraag of die
beskuldigde se medepligtigheid in
die
onderhawige omstandighede as 'n versag-
tende omstandigheid
aangemerk moet word,
is dié Hof verdeel. My Assessore het tot
die
gevolgtrekking gekom dat, in afwesigheid
van ander faktore wat gesamentlik
met die
beskuldigde se deelname aan die misdaad 'n
rol ..........18
18.
rol speel en as versagting in ag geneem
kan word, medepligtigheid op
sigself geen
versagtende omstandighede daarstel nie.
Daar moet feite
teenwoordig wees wat op
sy geestestoestand ingewerk het en wat
sy optrede
daarom moreel minder afkeurings-
waardig maak.
Ek, as dié
minderheid, is van oor-
deel dat die feite aantoon dat beskuldig- .
de nr
3 hom te alle tye met die optrede
van Lekhanya vereenselwig het. Die
feite
toon ook aan dat hy op geen stadíum inge-
willig het om self
eníge fisiese daad te
verrig wat tot die dood van die
oorledene
aanleiding sou gee nie. Die feite toon
slegs aan dat beskuldigde
nr 3 vir gelde-
like voordeel 'n meeloper van Lekhanya was.
Daar was geen
afspraak dat hy enige han-
deling teenoor die oorledene sou verrig nie.
Sy
aandadigheid bestaan daarín dat hy hom
vereenselwig het rnet die
optrede van Lekhan-
ya en morele steun deur sy teenwoordigheid
aan
Lekhanya verleen het. By die pleging.
van die daad self het hy, na my
oordeel, geen
handeling verrig wat daarop dui dat hyself
die...19
19
die dood van die oorledene sou of wou ver-
oorsaak nie.
Hierdie optrede as blote
meeloper is 'n feit wat, na my oordeel,
die
morele laakbaarheid van die beskuldig-
de se optrede verminder. As
sodanig
is ek van oordeel dat daardie feit, beoor-
deel in die
omstandighede van hierdie saak,
wel 'n versagtende omstandigheid daarstel
-
Die meerderheid van die Hof se
bevinding is die bevinding van die
Hof."
Beskuldigde No 3 se advokaat het aangevoer
dat die verhoorhof fouteer het
in sy bevindings ten op-
sigte van die invloed wat Lekhanya op beskuldigde No
3
sou gehad het. Ek stem egter nie saam nie. Ten grond-
slag van die
betoog in hierdie verband, lê die aanvaarding
van die getuíenis
wat beskuldigde No 3 ter versagting af-
gelê het. Daaroor het die
verhoorhof hom, eienaardig
genoeg . 20
20
genoeg, nie pertinent uitgelaat nie. Tekens van verwer-
ping van bepaalde gedeeltes van beskuldigde No 3 se ge-
tuienis kom wel in die uitspraak oor versagtende omstan-
dighede voor, maar oor die algemene indruk wat sy getuie-
nis, en wat hy as getuie, op die hof gemaak het, is daar
algehele swye. Die gevolg is dat hierdie hof, sonder veel
hulp van die verhoorhof, tot die beste van sy vermoë self
moet oordeel oor die aanvaarbaarheid van beskuldigde No 3
se getuienis.
Word die getuienis as geheel beskou , val
dit dadelik op dat beskuldigde No 3 op wesenlike aspekte
van dié saak weerspreek is deur getuies wat die verhoor-
hof uiters gunstig beïndruk het. Daar was bv die oorledene
se 21
21
se jong seun wat deur die geleerde regter bestempel is
as 'n "intelligente knapie wat 'n besondere gunstige in-
druk op ons gemaak het. Vir 'n kind van sy ouderdom het
hy besonder goeie getuienis afgelê " Sy getuie-
nis dat hy twee persone na die skietery op sy vader van
die huis sien weghardloop het, het die verhoorhof tot die
bevinding genoop dat beskuldigde No 3 se bewering dat be-
skuldigde No 1 saam met hom en Lekhanya by die huis was
en saam met hulle weggehardloop het, nie waar was nie.
Daar was Celia Mokone en haar dogter wat beskuldigde No
3 se bewering dat beskuldigde No 1 teenwoordig was tydens
die roof tot bevrediging van die verhoorhof weerlê het.
En daar was beskuldigde No 2 wat die hof ook gunstig
beïndruk 22
22
beïndruk het en wat beskuldigde No 3 se bewerings in
verskeie opsigte weerspreek het. Wat ek veral van be-
lang vind betreffende beskuldigde No 2 se getuienis, is
die verhoorhof se positiewe bevinding dat hy nie (soos
beskuldigde No 3 beweer het) vir Lekhanya versoek het om
die oorledene te dood nie. Wat presíes sy versoek aan
Lekhanya was, was ongetwyfeld die belangrikste vraag waar-
oor die verhoorhof moes beslis met betrekking tot beskul-
digde No 2 se betrokkenheid by klagte 1 van die beslis-
sing van daardie vraag het sy skuld of onskuld afgehang.
En die verhoorhof het positief bevind dat die versoek slegs
was om die oorledene te waarsku. Daardie bevinding is 'n
sterk aanduiding van die indruk wat beskuldigde No 2 op
die 23
23
die verhoorhof gemaak het.
Die. feit dat beskuldigde No 3 deur sulke
getuies op wesenlike aspekte weerspreek is regverdig op
sigself natuurlik nie 'n gevolgtrekking dat sy getuienis
ter versagting onaanvaarbaar is nie. Dit kan ook nie
uit die oog verloor word nie dat die verhoorhof die ge-
tuienis van die betrokke getuies beoordeel het op 'n sta-
dium toe slegs beskuldigde No 3 se bekentenis voor die
hof was. Hulle getuienis is gevolglik nie opgeweeg teen
sy beëdigde teenspraak wat eers na skuldigbevinding gekom
het nie. Maar, om klaarblyklike redes, moet die weerspre-
kings aansienlike gewig dra.
'n Tweede faktor wat opvallend is by die
nalees 24
24
nalees van die getuienis, is dat die rede wat beskuldigde
No 3 self aangevoer het vir ay betrokkenheid by die moord,
eintlik sy vrees vir Lekhanya en laasgenoemde se bende
was. Hoewel hy homself bereid verklaar het om aan Lek-
hanya se rooftogte deel te neem, was hy nie gewillig (so
het hy getuig) om by moord betrokke te raak nie; hy kon
Lekhanya se versoek om hom na die voorgenome slagoffer te
vergesel egter nie weier nie want, sou hy weier en sou
lekhanya gearresteer word, sou die vinger na hom (beskuli-
digde No 3) gewys word as die verklikker. Hierdie ge-
tuienis het die verhoorhof blykbaar nie beïndruk nie en
dit beïndruk my ook nie.
Volgens die beskikbare getuienis was be-
skuldigde 25
25
skuldigde No 3 en Lekhanya nie alleen feitlik voortdurend
in mekaar se geselskap nie, maar is beskuldigde No 3 tel
kens bygeroep wanneer Lekhanya 'n besluit moes neem. Vol-
gens beskuldigde No 2 se weergawe van die eerste gesprek
wat hy met Lekhanya op Daveyton-stasie gehad het, het Lek-
hanya nie ingewillig om sy dienste beskikbaar te stel voor-
dat beskuldigde No 3 nadergeroep en by die bespreking be-
trek is nie. Toe die geld 'n paar dae later oorhandig
is, was beskuldigde No 3 weer by. En weer was hy op die
toneel toe beskuldigde No 2 gekonfronteer is oor die be-
grafnis-genootskap se geld. Boonop het hy later aktief
aan die roof ook deelgeneem en, soos die geleerde regter
tereg opgemerk het, het hy nooit sy deelname aan daardie
misdaad 26
26
misdaad probeer verduidelik nië.
Die beeld wat hierdie getuienis van beskul-
digde No 3 skep is geensins dié van 'n ondergeskikte hand-
langer of 'n vreesbevange lakei nie.
Volgens beskuldigde No 3 se eie getuienis
het Lekhanya, toe hy aanvanklik deur beskuldigde No 1 ge-
nader is, saam met laasgenoemde na beskuldigde No 3 se
huis gekom en hom volledig ingelig oor beskuldigde No 2
se versoek en oor wat daartoe aanleiding gegee het. Daar-
vandaan is hy saam na beskuldigde No 2 se huis waar die
versoek bevestig is. Hierdie bewering is natuurlik deur
beskuldigde No 2 ontken maar volgens beskuldigde No 3 se
eie beskrywing van sy optrede bevestig dit die opmerking
wat 27
27.
wat ek so pas gemaak het. Sy bekentenis gaan nog verder
Daarin het hy te kenne gegee dat beskuldigde No 1 hom
aanvanklik genader het; dat hy saam met beskuldigde
No 1 na beskuldigde No 2 se huis is en dat hy eers daar-
na na Daveyton toe is om Lekhanya te "gaan haal". In-
dien dit is wat werklik gebeur het en dit verder in gedag-
te gehou word dat sy bewering was dat beskuldigdes No 1
en 2 beide versoek het dat die oorledene gedood moes word,
verval die hele basis van sy getuienis oor sy beweerde
vrees.
Die blote feit dat sy getuienis op so 'n
wesenlike aspek strydig is met die inhoud van sy bekente-
nis verskaf op sigself reeds voldoende grond vir bedenkings
oor 28
28
oor sy geloofwaardigheid. En asof dit nie genoeg is
nie, het hy nog die weerspreking probeer verduidelik op
wyse wat niemand tot eer kan strek nie. Hy het nl te
kenne gegee dat sy weergawe in die bekentenis foutief was
en dat hy daarna tydens sy maandelange aanhouding genoeg
tyd vir behoorlike nadenke gehad het en toe het die waar-
heid tot hom deurgedring. Dit bring die vraag by my op
of die waarheid wat tot hom deurgedring het nie juis was
dat hy ten alle koste 'n ander weergawe sou moes vind as
dié wat hy in die bekentenis verskaf het nie.
Beskuldigde No 3 se bewerings oor sy vrees
vir Lekhanya en Lekhanya se bende bring boonop 'n wesen-
like verdere vraag na vore. Sy vrees, so het hy beweer,
het 29
29
het voortgespruit uit die feit dat hy saam met Lekhan-
ya betrokke sou raak by moord. Deurgaans het hy dan
ook gekonstateer dat hy geweet het dat die doel van die
besoek aan die oorledene was om hom te dood. Gedagtig
aan beskuldigde No 2 se getuienis en die verhoorhof se
bevinding dat die versoek aan Lekhanya nie was om die
oorledene te dood nie, en aan die feit dat beskuldigde
No 3, selfs volgens sy eie getuienis, teenwoordig was
toe beskuldigde No 2 aanvanklik met Lekhanya gepraat het,
ontstaan die vraag hoe dit dan gekom het dat Lekhanya
besluit het om moord te pleeg en dat beskuldigde No 3
bewus was van sy voorneme om dit te doen. Die enigste
denkbare afleiding is dat daar besprekings tussen Lekhanya
en 30
30
en beskuldigde No 3 moes gewees het waarvan laasgenoemde
die verhoorhof nie vertel het nie. Dat hy die verhoor-
ho£ selfs op die stadium toe versagtende omstandighede
ter sprake was (die implikasies waarvan ongetwyfeld aan
hom bekend was) nog nie volkome in sy vertroue geneem
het nie, doen sy geloofwaardigheid geen goed nie.
Moontlik in die besef dat hy kwalik op be-
skuldigde No 3 se beweerde vrees kon staatmaak, het sy
advokaat aangevoer dat die sg beïnvloeding 'n ander vorm
aangeneem het. Lekhanya , so het die betoog gelui, het
beskuldigde No 3 op subtiele wyse die misdaadwêreld binne-
gelei bv deur sy vriendskap te wen, hom gul te trakteer
en hom te laat verstaan dat geld op ander maniere verdien
kan 31
31
kan word as deur daarvoor te werk. Lekhanya se beweer-
de manier van optrede vind wel 'n basis in die getuienis
(beskuldigde No 3 s'n) maar die effek daarvan soos deur
die advokaat aan ons voorgehou, is blote bespiegeling. Ek
is bereid om te aanvaar dat beskuldigde No 3 'n gewone wet-
getroue persoon was wat sy dagtaak verrig en sy familie
onderhou het totdat hy met Lekhanya deurmekaar geraak het
Maar daar is geen aanduiding in die getuienis dat hy 'n
swakkeling was wat Lekhanya nie kon weerstaan nie of dat
hy nie met ope oë dië pad van 'n misdadiger betree het nie
Nog minder is daar aanduidings dat die faktore waarna so
pas verwys is, enigsins 'n rol gespeel het by die moord
Beskuldigde No 3 self het hom nooit daarop probeer beroep
nie 32
32
nie. Daarom stem ek met die verhoorhof se gevolgtrek-
king saam dat Lekhanya se sg beïnvloeding nie bewys is
nie. Ek stem ook saam dat die graad van beskuldigde
No 3 se medepligtigheid die enigste faktor was wat oor-
weeg moes word by die vraag na versagtende omstandighede
Soos reeds opgemerk, het die assessore,
as die meerderheid van die hof , tot die gevolgtrekking
gekom dat daardie faktor nie voldoende was om 'n bevin-
ding te regverdig dat die moord onder versagtende omstan-
dighede gepleeg is nie. Anders as beskuldigde No 3
se advokaat, vertolk ek hulle redenasie nie as aandui-
dend van 'n sienswyse dat medepligtigheid nie op sigself
nie maar slegs in samehang met ander versagtende faktore
as 33
33.
as versagting kan dien nie, Die geleerde regter se
weergawe van hulle siening kon duideliker en meer spesi-
fiek geformuleer gewees het maar, soos ek dit verstaan,
wou hy slegs te kenne gee dat die assessore van mening
was dat die feit dat beskuldigde No 3 slegs op die basis
van sy medepligtigheid aan die moord skuldig bevind is,
teen die agtergrond van al die omstandighede van die saak
beoordeel moes word. En daarmee kan nie fout gevind word
nie. By die beoordeling van die vraag na versagtende om-
standighede kan natuurlik niks, hoe gering ookal, buite
rekening gelaat word nie solank dit van so 'n aard is dat
die beskuldigde se morele verwytbaarheid , hetsy op sig-
self of in samestand met ander dergelike faktore
daardeur 34
34.
daardeur verminder kan word (R v Fundakubi and
Others
1948(3) S A 810 (A) op p 818). Maar geen enkele fak-
tore kan in isolasie
van die algemene omstandighede van
die geval beoordeel word nie;
beskonkenheid van die be-
skuldigde of die feit dat hy nie direkte opset
gehad het
om te moor nie is bv albei faktore wat as versagtend aan-
gemerk
kan word, maar of dit daadwerklik versagtend aan-
gewend raoet word,
word beoordeel aan die hand van al die
omringende omstandighede (vgl 5 v
Ndhlovu (2) 1965(4) S A
692 (A) op p 695; S v Mohlobane 1969 (1) S
A 561 (A) op
p 568). Dieselfde geld vir die feit dat die beskuldig-
de
niks meer as 'n medepligtige was nie. (R v Kgolane
and
Others 1960(1) P H HllO; S v Sauls and Others
1981(3)
S A 172 (A) op p 185; S v Smith and Others 1984(1) S A
583 35
35
583 (A) op p 617. Ek vind niks in S v Dikgale 1965(1)
S A 209 (A) op p 214 of in die uitspraak van WESSELS AR
S v Smith (supra) op p 596 wat op 'n ander benadering
dui nie). Ek meen dus nie dat die assessore 'n basiese
mistasting begaan het soos beskuldigde No 3 se advokaat
aangevoer het nie.
Origens meen ek nie dat die assessore se
bevinding so onredelik is dat inmenging daarmee gereg-
verdig is nie (S v Nell 1968(2} S A 576 (A) op p 580)
Dit is waar dat dié mate van medepligtige betrokkenheid
van wesenlike beláng is (S v X 1974(1) S A 344 R A D
'op p 348 ) en dat beskuldigde No 3 nie aktief deelge-
neem het aan die moord nie. Die verhoorhof het tereg
bevind 36
36
bevind dat "behalwe om morele steun en sy teenwoordigheid
aan Lekhanya te verleen, het hy geen fisiese handeling
verrig om die dood van die oorledene te veroorsaak nie".
Sy bereidwilligheid om teenwoordig te wees moet egter nie
onderskat word nie; vir Lekhanya self was dit blykbaar
belangrik genoeg om betaling van 'n aansienlike vergoeding
te regverdig. Dit is begryplik want vir geweldenaars
soos hy is dit dikwels belangrik om 'n meeloper of twee
te hê met die oog daarop om 'n slagoffer tweemaal te laat
dink om hom te verset. Die feit dat beskuldigde No 3
nie meer aktief was by die finale doodslag nie imponeer
my ook nie juis nie : toe eenmaal besluit is dat die oor-
ledene doodgeskiet sou word, was dit onvermydelik (waar
daar 36
37
daar blykbaar net een wapen beskikbaar was) dat een van
sy aanvallers die wapen sou hanteer en beskuldigde No 3
was miskien net gelukkig dat die keuse nie op hom geval
het nie. Origens het hy hom volkome vereenselwig met
Lekhanya se optrede, vir niks meer of vir niks minder nie
as sy persoonlike geldelike gewin en die feit dat dit nie
sy vinger was wat die sneller getrek het nie, maak sy op-
trede, myns insiens, geensins minder laakbaar nie. Daar
om is ek van oordeel dat die assessore se bevinding moet
bly staan.
Ten slotte is daar beskuldidge No 2 se
appèl teen sy vonnis op klagte 2. Ek is nie van voor-
neme om breedvoerig daarop uit te wei nie. Sy advokaat
kon 38
38.
kon ons op geen mistasting wys nie en die opgelegde von-
nis is nie so buitensporig swaar dat inmenging gereg-
verdig is nie.
Die appèlle van beide appellante word
gevolglik afgewys.
J J F HEFER, AR
KOTZé, AR. )
MILLER, AR. )
STEM SAAM.
CILLIé, AR. )
VILJOEN,AR. )