South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 67

| Noteup | LawCite

S v Phillips (83/85) [1985] ZASCA 67 (2 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

MOEGAMAT TAPE PHILLIPS Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: CILLIé, HEFER et GROSSKOPF, ARR

Verhoor: 23 Augustus 1985

Gelewer: 2 September 1985

UITSPRAAK

CILLIé, AR :

Die appellant kom in hoër beroep teen die
straf wat hom in die Kaapse Hooggeregshof opgelê is na sy

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

die ....../2

2
die vonnis was vyf-en-twintig jaar gevangenisstraf. Hy is
terselfdertyd ook aan die onwettige besit van 'n vuurwapen
skuldig bevind en tot 'n verdere twee jaar gevonnis. Teen
die laasgenoemde straf wat met die eersgenoemde saamloop, word
nie geappelleer nie en dit hoef nie weer vermeld te word nie.

Die moord het in die volgende omstandighede
plaasgevind. Teen ongeveer halfeen op Nuwejaarsoggend, 1982,
het die oorledene, 'n jong Kleurlingmeisie van vyftien jaar oud,
saam met 'n vriendin en 'n jongman in Rywood Walk, Hanoverpark,
gestap. Hulle het die aand by 'n gemeenskaplike vriendin in
díe omgewing gekuier en het besluít om by 'n nabygeleë wínkel-
tjie versnaperings te gaan koop. Die winkeltjie was gesluit
en hulle was op pad terug. Toe hulle reeds so na aan hulle

gasvrou se woonstel was dat sy hulle van 'n balkon af kon sien,

het ...... /3

3
het hulle die appellant teegekom. Hy was alleen en tot 'n mate
onder die invloed van sterk drank. Dit is nie duidelik of
hulle mekaar geken het en, indien wel, hoe goed nie. pie
appellant wou hulle kwansuis 'n gelukkige Nuwejaar toewens. Die
jongman het die appellant se hand geskud maar die twee meisies
wou niks met hom te doen gehad het nie en het aangestap.
Getuienis oor vuil taal wat toe gebesig sou gewees het en van
woorde van die jongman wat die appellant onder die indruk sou ge-
bring het dat hy met 'n vuurwapen bedreig gaan word, is tereg
deur die Verhoorhof by sy beslissings buite rekening gelaat.
Wat wel gebeur het, is dat die appellant hom vererg het oor die
meisies se gedrag en gesê het:

"Weet jy (of julle) nie dat ek jou (of julle) kan vrek

skiet nie?"

Hy ...... /4
4
Hy het 'n rewolwer te voorskyn gehaal en die eerste skoot afge-

skiet. Die jongman en die twee meisies het plat op die grond

geval; geeneen van hulle is raak geskiet nie. Toe hulle weer

opspring en weghardloop het die appellant die rewolwer in die

rigting van die oorledene gehou en die tweede skoot afgeskiet

Die oorledene was sowat drie-en-dertig meter van die appellant

af; sy is getref, het neergeval en het gesterf. Hy het weg-

gehardloop.

Namens die appellant word nie beweer dat daar

enige mistasting of onreëlmatighede ten opsigte van die straf
of die strafoplegging plaasgevind het nie; die betoog was dat
hierdie Hof moet ingryp en die straf verlig omdat die 25 jaar
gevangenisstraf so onvanpas is dat dit deur geen hof redeliker-
wyse opgelê sou word nie. Dit is dus nodig om die hele

aangeleentheid .... / 5
5
aangeleentheid en al die tersaaklike feite te ondersoek met

inagneming van die aard van die misdaad; die otnstandighede van

die appellant as pleger van die misdaad en die eise van die

samelewing.

Moord is een van die ernstigste misdade in die

strafreg. Slegs waar daar versagtende omstandighede in 'n
geval soos hierdie teenwoordig is, is die doodstraf nie die enig-
ste vonnis nie; selfs waar sodanige omstandighede bestaan mag 'n
verhoorregter nog in die uitoefening van sy diskresie in 'n ge-
paste geval 'n moordenaar ter dood veroordeel. In hierdie ge-
val het die appellant 'n onskuldige jongdogter wie se optrede
in alle opsigte korrek en prysenswaardig was, koelbloedig en
sonder rede doodgeskiet en vermoor. Die Verhoorhof het bevind
dat daar versagtende omstandighede, naamlik die inname van

drank .... / 5

6
drank, en die gebrek aan sowel beplanning as dolus directus,
by die misdryf teenwoordig was. Dit was, terloops, die
tweede moord wat die appellant gepleeg het.

Wat die appellant self betref is dit nie nodig om
verder na sy optrede by die pleging van die misdaad te verwys
nie. Omtrent sy verlede het die Verhoorhof tereg opgemerk:

"Sy rekord is skrikwekkend."

Sy volledige lys van oortredings word aangehaal omdat dit in
hierdie besondere deel van die ondersoek sowel as die volgende
van belang is. Die datum van die oortreding word eers aange-
gee, daarna die aard van die oortreding en dan die straf wat op-
gelê is:

22-09-67. Aanranding met die doel om ernstig te beseer; hy

het 'n mes gebruik en die slagoofer was 'n jong Kleur-
lingman. Straf: Ses houe met 'n ligte rottang.

18-02-68. Aanranding met die doel om ernstig te beseer; hy

het..... /7

7

het 'n swaard gebruik en die slagoffer was 'n Kleur-

lingman. Straf: 60 dae gevangenisstraf.

21-11-68
Roof van 'n armhorlosie en geld; hy het sy slagoffer,
'n Kleurlingman, met die geskoende voet geskop.
Straf: sewe houe met ligte rottang.

16-02-70
(1) Besit van dagga vir eie gebruik. Straf: R5
of 15 dae gevangenisstraf.
(2) Verset teen arrestasie. Straf: 6 houe met
rottang.

15-05-70. Roof van 'n geldsak met R75-23 daarin. Sy slagoffer
was 'n Blanke man. Straf: 2 jaar gevangenisstraf.

21-07-70

Besit van dagga vir eie gebruik. Straf: R100 of
100 dae gevangenisstraf en 50 dae gevangenisstraf.


15-09-70
Sodomie met 'n Kleurlingman. Straf: 6 maande ge-

vangenisstraf.

29-10-70
Moord met 'n mes. Die slagoffer was 'n Kleurlingseun
van 17 jaar oud. Straf: 7 jaar gevangenisstraf.


11-01-7
Die appellant word onvoorwaardelik vrygelaat.

18-01-80
Twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig
te beseer. By die straftoemeting is die twee

aanklagte .... / 8

11

miskien een of drie of vyf jaar minder nie. Hoewel leiding by
soortgelyke sake gesoek kan word is dit nie raadsaam om die
strawwe slaafs na te volg nie; die getuienis en omstandighede
in dergelike sake is selde, indien ooit, presies soos dié in die
saak wat behandel word. Dit is genoeg om in hierdie geval te
sê dat, na oorweging van al die relevante getuienis en omstandig-
hede, ek tot die slotsom gekom het dat die Verhoorhof 'n gepaste
vonnis opgelê het. Die appèl kan derhalwe nie slaag nie.
Die appèl word afgewys-

P.M. CILLIé, AR

HEFER, AR )

stem saam
GROSSKOPF, AR )