South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 68
| Noteup
| LawCite
Senator Versekeringsmaatskappy Bpk. v Sibeko (136/1984) [1985] ZASCA 68 (3 September 1985)
Download original files |
Saak No. 136/1984
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant
teen
SOHO JOHANNES SIBEKO
Respondent
CORAM:
RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, HOEXTER
et VAN HEERDEN, ARR
VERHOORDATUM: 19 AUGUSTUS 1985
LEWERINGSDATUM: 3 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN, AR ...
2.
VAN HEERDEN, AR:
Op 18 November 1978 was die appellant 'n passasier
in 'n bakkie wat deur
ene Mahlangu in die distrik van Bal-
four bestuur is. Die bakkie het
omgeslaan en die appel-
lant het liggaamlike beserings opgedoen. Later het
hy
in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling 'n aksie vir
skadevergoeding
ingestel teen die appellant wat die ver-
sekeraar van die voertuig ingevolge
die bepalings van Wet
5 6 van 1972 was. Die partye het ooreengekom dat
die
respondent skade ten bedrae van Rl2 000 gely het en uit-
eindelik was
daar slegs twee geskilpunte. Die eerste
was of die ongeluk te wyte was aan
die nalatigheid van
Mahlangu, en die tweede of die respondent binne die
raam-
werk van art 23 (b), gelees met art 22 (1) (a), van die
genoemde Wet
in die bakkie vervoer is in die loop van sy
diens as werknemer van die
eienaar daarvan, of alterna-
tiewelik in die loop van laasgenoemde se
besigheid. (Hier
dien gemeld te word dat die ongeluk plaasgevind het
voor-
/dat ...
3.
dat artikels 22 en 23 deur Wet 23 van 1980 gewysig
is.
Ek verwys dus na die artikels soos hulle voor die wysíg-
ing
gelees het.)
Die verhoorhof het ten aansien van altwee geskil-
punte ten gunste van die
respondent beslis. Derhalwe
is die appellant op 30 Maart 1982 gelas om die
som van
R12 000 en gedingskoste aan die respondent te betaal.
In hierdie Hof het die appellant se advokaat uit-
druklik die verweer met betrekking tot die eerste geskil-
punt prysgegee. Dit is gevolglik onnodig om enigiets
oor die aspek van
nalatigheid te sê.
Ten tyde van die ongeluk was die respondent in
diens van 'n firma bekend
as Grootvlei Garage wat die
eienaar van die genoemde bakkie was.
(Gerieflikheids-
halwe gebruik ek die firmanaam ter aanduiding van
die
betrokke reghebbende.) Die respondent was 'n werknemer
in die
werkswinkel wat onder beheer was van 'n voorman,
Van der Merwe. Die respondent was egter nie net in die
/werkswinkel ...
4.
werkswinkel arbeidsaam nie. By meer as een geleentheid
het hy naamlik 'n
trekker van Grootvlei Garage na 'n skou
bestuur.
Die respondent en sy mede- Swart werknemers het
ook in tye van drukte in
opdrag van Van der Merweoortyd
gewerk. Daarvoor is hulle addisioneel deur die
firma
vergoed. In November 1978 is ene Meyer as bestuurder
van Grootvlei
Garage aangestel. Hy getuig dat hy aan
die werktuigkundiges opdrag gegee het
dat geen werk oor
naweke verríg moes word nie. Dit is nie duidelik
of
die opdrag voor die ongeluk gegee is nie. Indien wel,
het Meyer nie
díe Swart werknemers van sy besluit ver-
wittig nie en was die
respondent nie daarvan bewus nie.
Op 'n stadium voor 18 November is 'n addisionele
werktuigkundige,
Odendaal, deur Grootvlei Garage in diens
geneem. Volgens Van der Merwe het
Odendaal reeds voor
die ongeluk by die firma begin werk, terwyl Meyer
getuig
dat Odendaal eers twee dae later diens aanvaar het. Die
/botsing ...
5.
botsing tussen die twee weergawes is egter nie van enige
betekenis nie.
Wat belangrik is, is dat Van der Merwe
op Vrydag, 17 November, vir die
respondent en ander Swart
werknemers van Grootvlei Garage aangesê het
dat hulle die
volgende dag oortyd moes werk. Hulle moes naamlik
na
Groblersdal gaan om met die vervoer van Odendaal se huis-
raad na sy
nuwe woning behulpsaam te wees.
Die Saterdagoggend het Van der Merwe, Odendaal,
die respondent en die
ander werkneraers toe van Balfour na
Groblersdal gereis. Twee van die drie
voertuie waarvan
hulle gebruik gemaak het, het aan Grootvlei Garage
behoort
In Groblersdal het hulle die huisraad op die voertuie ge-
laai.
Dit was gedurende die terugreis dat die bakkie
omgeslaan het en die eiser
beseer is.
Grootvlei Garage was nie verplig om op enige wyse
bystand in verband met
die vervoer van Odendaal se huis-
raad te verskaf nie. Op versoek van Van der
Merwe het
Meyer nietemin ingestem dat die twee voertuie vir daardie
/doel ...
6.
doel gebruik kon word. Van der Merwe het egter nie
teen-
oor Meyer gemeld dat hy van voorneme was om van die Swart
werknemers
se arbeid gebruik te maak nie. Hy het derhalwe
nie spesifieke magtiging gehad
om namens Grootvlei Garage
die werknemers opdrag te gee om die Saterdag
oortyd te werk
nie. Dit kan ook aanvaar word dat in die algemeen Van
der
Merwe se gesag tot die bedrywighede van die werkswinkel be-
perk
was.
Die verhoorhof het bevind dat die respondent wel
in die loop van sy
diens as werknemer van Grootvlei Garage
in die bakkie vervoer is. Die
grondslag van dié bevind-
ing kan soos volg saamgevat word: Van der
Merwe het nie
vis-á-vis Grootvlei Garage die bevoegdheid gehad
om die
werknemers die reedsgenoemde opdrag te gee nie. Aan die
frase "in
die loop van sy diens" in art 23 (b) (iiiï van
Wet 56 van 1972 moet
egter 'n wye vertolking ten gunste
van 'n eíser gegee word. So
'n vertolking bring mee dat
'n werknemer wel in die loop van sy diens vervoer word in-
dien hy ter
uitvoering van 'n bevel van sy voorman in die
voertuig is en hy
redelikerwyseglo dat hy verplig is om
/die ....
7.
die bevel te gehoorsaam. In casu is die respondent in
die bakkie
vervoer omdat hy 'n opdrag van Van der Merwe
uitgevoer het. Daardie
opdrag was nie opsigtelik van
die besigheid van Grootvlei Garage verwyderd
nie, en
die respondent was dus geregtig om te aanvaar dat Van
der Merwe we
1 bevoeg was om die opdrag aan hom te gee.
Die verhoorhof was klaarblyklik van mening dat
omdat Van der Merwe 'n
ongemagtigde opdrag gegee het die
respondent nie ter nakoming van 'n
kontraktuele verpligting
gehandel het nie. Hoewel dit nie in soveel woorde
uitge-
spel is nie, was die kern van áie hof se bevinding dat
die
respondent nietemin in die loop van sy diens vervoer is
omdat hy
redelikerwyse geglo het dat hy sodanige verplig-
ting nakom. Soos hieronder
sal blyk, was die respondent
na my mening wel kontraktueel verplig om Van der
Merwe
se opdrag uit te voer. Dit is dus streng gesproke on-
nodig om die
hof se benadering verder in oënskou te
neem. Ek vind dit egter moeilik
om in te sien hoe, as
/'n ...
8.
'n kwessie van vertolking van art 23 (b) (iii), die rede-
likheid
van 'n verkeerde indruk van 'n werknemer beslissend
kan wees by die vraag of
hy in die loop van sy diens ver-
voer is. Indien 'n werknemer-passasier bv
ter uitvoering
van 'n vermeende skriftelike opdrag van sy werkgewer
han-
del, maar die handtekening vervals is, kan die redelik-
heid van
sy indruk dat die opdrag van sy werkgewer afkom-
stig is tog nie in
sigself tot gevolg hê dat hy in die
loop van sy diens vervoer word
nie.
Wat ook al die trefwydte van die frase onder be-
spreking mag wees,
is dit duidelik dat 'n werknemer in
die loop van sy diens vervoer word indien
hy 'n reis
meemaak ter uitvoering van 'n kontraktuele verpligting en
daar
nie afgewyk word nie van instruksies wat op die na-
koming van die
verpligting van toepassing is. Vgl
Leemhuis and Sons v Havenga 19 38
TPD 524, en Ngubetole
v Administrator, Cape and Another
1975 (3) SA 1 (A).
In die onderhawige geval is daar geen sprake van
sodanige
afwyking nie, en indien die respondent ter nakoming van
/sy ..........
9.
sy dienskontrak opgetree het, is hy dus wel in die loop
van sy diens as
werknemer van die eienaar van die bakkie
(Grootvlei Garage) vervoer.
Indien 'n werknemer ingevolge 'n dienskontrak op-
dragte van 'n
tussenpersoon soos 'n voorman moet uítvoer,
is sy verpligtinge nie
noodwendig afhanklik van áie tus-
senpersoon se magtiging om
bepaalde opdragte te gee nie.
Gestel 'n kontrak bepaal dat wanneer hy daartoe
aangesê
word deur 'n voorrnan die werknemer handelinge A, B, C
of
D moet verrig. In so h geval is die werknemer klaar-
blyklik teenoor sy
werkgewer verplig om elke sodanige op-
drag uit te voer. 'n Instruksie van
die werkgewer, waar-
van die werknemer onbewus is en waarvolgens die
voorman
slegs opdragte met betrekking tot A, B of C rnag gee, wysig
nie
die werkriemer se verpligtinge (en sy ooreenstemmende
regte) nie. Daarom kom
die werknemer wel 'n kontraktuele
verpligting na indien hy in opdrag van die
voorman handel-
ing D verrigl Die feit dat Van der Merwe nie gemagtig
/was ...
10.
was om die meermaal genoemde opdrag te gee nie, bring
dus nie sonder meer
mee dat uitvoering daarvan nie na-
koming van 'n diensverpligting deur die
respondent gekon-
stitueer het nie.
In die lig van die getuienis kan aanvaar word
dat die respondent nooit
meegedeel is presies wat sy
pligte as werknemer van Grootvlei Garage behels
het nie.
Van der Merwe getuig dat hy en die Swart werknemers voor-
heen by
"Ford" gewerk het en dat hulle toe saam by Groot-
vlei Garage in diens getree
het. Daarna, sê hy, het hy
"maar altyd vir hulle opdragte gegee en
hulle het maar
net gedoen wat ek sê." Grootvlei Garage het dus
nie
die respondent se pligte uitgestippel nie maar dit aan
Van der Merwe
oorgelaat om dié op 'n ad hoc basis te be-
paal. Gevolglik het
laasgenoemde se opdragte inhoud
aan die respondent se onomskrewe kontraktuele
verplig-
tinge gegee.
Soos die appellant se advokaat egter tereg betoog
/het ...
11.
het, was die respondent nie vanweë sy dienskontrak ver-
plig om enige
opdrag van Van der Merwe, wat ook al die
aard daarvan, na te kom nie. Die
respondent moes immers
aan Grootvlei Garage, en nie aan Van der Merwe of
enige
ander persoon nie, diens lewer. Gevolglik was dit in-
begrepe dat hy
uitvoering moes gee slegs aan opdragte
wat met die bedrywighede van Grootvlei
Garage verband
hou. Indien hy dus in opdrag van Van der Merwe dié
se
huis sou verf, sou die respondent nie in nakoming van 'n
kontraktuele
verpligting voortspruitende uit sy dienskon-
trak handel nie.
Soos reeds genoem, is die respondent deur Van
der Merwe aangesê om
die Saterdag oortyd te werk en be-
hulpsaam te wees met die vervoer van die
nuwe werktuig-
kundige se meubels. Indien Meyer reeds voor die onge-
luk
vir die werktuigkundiges gesê het dat geen oortyd oor
naweke gewerk
moes word nie, was die respondent nie daar-
van bewus nie. Die doel waarvoor
oortyd gewerk moes
/word ......
12.
word, het na my mening wel in verband met die bedrywig-
hede van Grootvlei
Garage, en meer bepaald die werks-
winkel daarvan, gestaan, Odendaal is deur
Grootvlei
Garage in diens geneem en ten einde sy werksaamhede
as
werktuigkundige te verrig, moes hy hom in Balfour of die
omgewing
daarvan vestig en moes sy huisraad na sy nuwe
woning vervoer word. Dit sou
dan ook geensins vreemd
gewees het nie indien Grootvlei Garage onderneem het
om
die koste van die trek te betaal of om op 'n ander wyse
by die vervoer
van die huisraad betrokke te wees. Inder-
daad is geen sodanige onderneming
aan Odendaal gegee nie,
maar dit bring nie mee dat daar nie 'n duidelike
verband
tussen die vervoer en die bedrywighede van Grootvlei
Garage
bestaan het nie. Anders gestel, het Van der
Merwe se opdrag nie los van
bedoelde bedrywighede gestaan
nie.
Ek bevind derhalwe dat die respondent wel ter
uitvoering van 'n
kontraktuele verpligting gehandel het en
/daarom ...
13.
daarom in die loop van sy diens vervoer is. Gevolglik
is dit onnodig om na
te gaan of die respondent ook in
die loop van Grootvlei Garage se besigheid
vervoer is.
Die appèl word met koste afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
RABIE, HR
JANSEN, AR
STEM SAAM
JOUBERT, AR
HOEXTER, AR