South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 69

| Noteup | LawCite

S v Radebe en 'n Ander (87/85) [1985] ZASCA 69 (5 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


SAMSON RADEBE EERSTE APPELLANT

MATTHEWS MOLOLEKO TWEEDE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

SAMSON RADEBE EERSTE APPELLANT

MATTHEWS MOLOLEKO TWEEDE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : JOUBERT, CILLIé et HEFER, ARR

AANGEHOOR : 30 AUGUSTUS 1985.

GELEWER : 5 SEPTEMBER 1985.

UITSPRAAK

HEFER, AR :

Die appellante appelleer met verlof van

die
2.
die Hof a quo teen die doodvonnis wat hulle opgelê is

weens hulle skuldigbevinding aan moord. Die enigste

vraag is of die verhoorhof se bevinding dat daar geen

versagtende omstandighede was nie staande moet bly.

Dit was gemene saak by die verhoor dat

die oorledene die dag voor die Sondag waarop hy self

gedood is, op een of ander onbekende wyse deel gehad

het aan die besering van ene Sporty - appellant No 1

se oudste broer en 'n oom van appellant No 2. Sondag-

oggend het Sporty beswyk aan sy beserings. Dieselfde

dag nog het sy íiamilie 'n byeenkoms gehou waarop besluit

is dat Sporty se dood gewreek moes word. Beide appel-

lante het aangebied om as wrekers op te tree. Vroeër reeds

die .......

3.

die môre het eerste appellant en twee ander persone op

soek na die oorledene by laasgenoemde se huis opgedaag

Hy was egter nie tuis nie. Om ongeveer 4 uur die mid-

dag het die appellante en 'n derde persoon weer by die

huis opgedaag. Tweede appellant was gewapen met 'n byl

en sy twee metgeselle elkeen met 'n mes. Tweede appel-

lant het terstond begin om al die vensters yan die

huis stukkend te kap. Daarna het hy die agterdeur plat-

geslaan en op daardie wyse toegang tot die huis verkry.

Die oorledene is deur eerste appellant en die derde per-

soon in 'n hangkas opgespoor waar hy weggekruip het, en

doodgesteek.

Voorafgaande weergawe ís die een wat.die

verhoorhof 4
4.
verhoorhof aanvaar het. Dit is saamgestel uit die ge-

tuienis van die staatsgetuies en brokkies van die appel-

lante se getuienis. Eerste appellant se weergawe dat

hy die middag na die oorledene se huis is bloot om te

soek na 'n horlosie wat aan Sporty behoort het en dat

tweede appellant die oorledene gedood het terwyl hy

(eerste appellant) nog aan die voordeur staan en klop

het, is verwerp. Dieselfde lot het tweede appellant

se getuienis te beurt geval dat hulle na die oorledene

se huis is om hom aan te rand (maar nie te dood nie)

en dat dit die derde persoon was wat hom gedood het

terwyl die appellante elders in die huis besig was om

na hom te soek.

Na .......

5.

Na skuldigbevinding en die verwerping

van hulle getuienis het die appellante nie getuienis

aangebied met die oog op die bewys van versagtende om-

standighede nie'. Wat dit betref, was die verhoorhof

(en is hierdie Hof tans) dus aangewese op die ander be-

skikbare getuíenis en die afleidings wat dit regverdig.

Eerste appellant se advokaat het die feit

dat die oorledene uit weerwraak gedood is as versagtende

faktor aan ons voorgehou. Haar betoog dat die verhoor-

hof fouteer het in sy bevinding dat daardie faktor nie

"in sigself 'n versagtende omstandigheid is nie" , kan na-

tuurlik nie aanvaar word nie. 'n Geïsoleerde faktor

soos wraak kan nooit op sigself as versagtende omstan-

digheid 6

6.

digheid aangemerk word nie; of dit is en of dit nie

is nie word beoordeel aan die hand van al die omstan-

dighede van elke besondere saak. Daarom het die advo-

kaat ook gepoog om ons te oorreed dat Sporty se dood

en die familie-byeenkoms wat daarop gevolg het waar

gemoedere hoog sou geloop het, so 'n uitwerking op eerste

appellant gehad dat hy bykans buite homself van woede

was toe hy die oorledene opgesoek het. Die eerste pro-

bleem met hierdie betoog is dat dit op blote spekulasíe

berus. Soos vantevore aangedui, het die appellante

nie getuienis met die oog op die bewys van versagtende

omstandighede aangebied nie en oor die uitwerking wat

sy broer se dood op hom gehad het, kan slegs gegis word

Die .......7

7.

Die verhoorhof se bevinding in daardie verband is soos

volg genoteer:

"Daar word geen van die feite soos be-
vind deur die Hof deur enige van julle
advokate bevraagteken nie vir die doel-
eindes van versagting nié. Ek het dit
volledig behandel en dit is duidelik dat
hier 'n deliberate sameswering gewees het
om 'n ander persoon te gaan dood. Die
blote feit dat daar 'n motief bestaan om
dit te doen is in sigself nie 'n versag-
tende omstandigheid nie. Dit is nie
asof dit 'n geval gewees het waar julle
daar gewees het waar die man dood is en
daar 'n opwelling by julle gekom het en
daar en dan in daardie gees en toestand
die man wat hom beseer het aanval en
dood nie.

Nadat die besoek van die oggend
afgelê is om te gaan soek na die hor-
sie en die skoene, toe die persoon klaar
blyklik alreeds dood is, het julle saam

met .......8

8.
met ander persone gaan sit en beraad-
slaag oor wat om te doen. Daar, de-
liberaat en beredeneerd, is besluit
dat hierdie persoon moet doodgemaak
word. En julle het op deliberate
en beplande en berekende wyse ge-
gaan na sy huis ten einde juis dit
te vermag, en daar het julle inge-
breek met die doel om' hom te moor
en ook toe hdm inderdaad doodgemaak."

Eerste appellant se advokaat kon geen mistasting hierin
uitwys nie en niks wat sy aangevoer het, oortuig my dat
die verhoorhof fouteer het in sy bevinding dat daar nie
versagtende omstandighede was nie.

Wat vir die eerste appellant geld, geld

grotendeels ook vir tweede appellant. Sy advokaat het
aangevoer dat die verhoorhof se bevíndíng dat die oorle-
dene met direkte opset gedood is, foutief is. Ek stem

nie .........9

9.

nie saam nie. Al die getuienis dui, inteendeel, daarop

dat die bevinding korrek was. Die feit dat derde ap-

pellant nie self deelgeneem het aan die werklike dood-

slag van die oorledene nie - 'n faktor waarop ons ook

gewys is - kan, in al die omstandighede, klaarblyklik

nie as versagting dien nie. Ook in sy geval bestaan

daar geen rede vir inmenging met die Hof se bevinding

dat daar nie versagtende omstandighede was nie

Die appèl word afgewys.

J J F HEFER,AR

JOUBERT, AR. )
STEM SAAM.
CILLIé , AR. )