South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 78

| Noteup | LawCite

Santam Insurance Ltd v Ferguson (941/85) [1985] ZASCA 78; [1985] 2 All SA 591 (A) (12 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

SANTAM INSURANCE LTD Appellant

en

MARGARET JANE FERGUSON Respondent

Coram: RABIE HR, JANSEN, JOUBERT, CILLIÉ et GROSSKOPF ARR

Verhoor: 20 Augustus 1985

Gelewer: 12 September 1985

UITSPRAAK

JOUBERT AR:

/Die

2

Die respondente is die weduwee van Richard Henry

Wilson Ferguson (die "oorledene") wat gedood is in 'n

botsing wat op 21 Maart 1981 plaasgevind het tussen die

motorvoertuig wat hy bestuur het en 'n ander motorvoertuig

waarvan die appellant die versekeraar in terme van die

voorskrifte van Wet 56 van 1972 is. As afhanklike van

die oorledene het sy as eiseres in die Kaap die Goeie

Hoop provinsiale Afdeling 'n aksie teen die appellant as

verweerder ingestel waarkragtens sy betaling van R33 255-00

skadevergoeding geëis het waarvan R495-OO vir begrafnís=

koste en die balans van R32 760-00 ten opsigte van die

verlies van haar reg op onderhoud is. In die Nadere

/Besonderhede......

3
Besonderhede tot haar Uiteensetting van Eis het sy
beweer dat die oorledene tydens sy lewe te Dorpstraat 82,
Kaapstad, die besighexd van duikklopwerk vir eie rekehing
oor 'n tydperk van ongeveer 20 jaar voor sy dood beoefen
het. Sy het ook beweer dat die oorledene nie 'n lisensie
van die toepaslike owerheid gehad het om sodanige besig=
heid aldaar te dryf nie. Die kern van die appellant se
verweer ís te vind in paragraaf 6 van sy Verweerskrif
waarvan die relevante gedeelte soos volg lees:

"---------- pleit Verweerder as volg:

(a) Die oorledene het te alle saaklike tye voor
sy dood op 'n vaste besigheidsperseel te
Dorpstraat 82, Kaapstad, duikklopwerk as
'n bedryf beoefen;

/(b).........

4

(b)Die oorledene het, teenstrydig met die
bepalings van Item 54 van die Eerste Bylae
tot Ordonnansie 15 van 1953, sodaníge
bedryf beoefen sonder dat hy daarvoor
geregistreer of gelisensieer was;
(c)Die beoefening deur die oorledene van die
gemelde bedryf was derhalwe onwettig en
contra bonos mores en Eiseres se eis vir
verlies aan onderhoud uit inkomste wat die
oorledene aldus verdien het, is gevolglik
regtens onafdwingbaar."

In paragraaf 3(b) van die Voorverhoor-notule het die
partye ooreengekom dat die begrafniskoste R495-OO bedra.
Verder het hulle in paragraaf 3 (d) daarvan soos volg
ooreengekom:

"During his lifetime the deceased worked as
a panelbeater for his own account at 82
Dorp Street, Cape Town. He had never taken
out a licence as required by Ordinance 15 of
1953, nor did the exemption referred to in the

/applicable

5

applicable item of the Ordinance, namely
54, apply to the deceased, in that he was
not an occupant of a factory as described in
Section 3 of the Factories, Machinery and
Building Act, Act 22 of 1941."

Art 3 van Ordonnansie 15 van 1953 (K), soos gewysig ,
verorden die volgende:

"Niemand mag 'n besigheid dryf nie tensy hy
in besit is van 'n registrasiesertifikaat en

'n lisensie wat kragtens hierdie ordonnansie
aan hom uitgereik is."

Volgens art 1 word die woord "besigheid" omskryf as
"'n handelsbesigheid of beroep in die eerste bylae van
hierdie ordonnansie vermeld."
Item 54 in die Eerste Bylae tot híerdie Ordonnansie
vermeld onder "werkswinkel " o.a. "duikklopwerk. "

/Volgens
6
Volgens art 21(1) pleeg 'n persoon 'n misdryf wat 'n

bepaling van hierdíe Ordonnansie oortree of versuim om

daaraan te voldoen. By skuldigbevinding daaraan kan

boete van hoogtens R200-00 of gevangenisstraf vir 'n

tydperk van hoogtens 6 rnaande of albei opgelê word.

Toe die verhoor van die saak op 24 November 1983

voor VOS R 'n aanvang geneem het, is aangekondig dat

die partye ooreengekom het dat die quantum van die

skadevergoeding vir die verlies van die respondente se

reg op onderhoud R20 000-00 bedra. Volgens die oor=

konde van díe verhoor het advokaat Omar namens die

respondente die geskilpunt tussen die partye soos

volg omlyn:

/"MR OMAR .........

7

"MR OMAR: My Lord the issue then is narrowed
to the defence raised by defendant in para=
graph 6 of its plea my Lord.

VOS J: That is the unlawfulness of the
business ?
MR OMAR: That is correct my Lord. - - - - "
Na aanhoor van getuienis en argumente het VOS R die
respondente se eise van :

(a)R495-00 begrafniskoste en
(b) R20 000-00 skadevergoeding vir verlies
van onderhoud,

met koste toegestaan. Met verlof van die hof a quo
kom die appellant nou in hoër beroep na hierdie Hof
teen die verlening van R20 000-00 skadevergoedíng vir
verlies van onderhoud met koste.

8

Wanneer 'n persoon in terme van art 4 van

Ordonnansie 15 van 1953 (K) (die "Ordonnansie" ) aansoek

doen om 'n registrasiesertifikaat en lisensie ten aansien

van 'n besigheid wat hy binne die regsgebied van 'n plaas-

like owerheid wil uitoefen, is laasgenoemde verplig vol=

gens art 5 om 'n verslag te verkry van sy mediese gesond=

heidsbeampte of gesondheidsinspekteur oor die geskiktheid,

vanuit die aspek van gesondheid gesien, van die perseel

waar die besigheid gedryf gaan word. Bowendien word 'n

plaaslike owerheid verplig deur art 6 (3) van die

Ordonnansie om 'n aansoek om 'n registrasiesertifikaat

te weier indien na sy mening o.a. -

"(e) .........

9

"(e) die besigheidsperseel nie geskik is vir
die doeleindes van die voorgenome besig=
heid nie, hetsy met betrekking tot ver=
eistes wat by wet ten opsigte van gesond=
heid voorgeskryf word of met betrekking tot
die grootte, aard, konstruksie, beligting,
ventilasie, akkommodasie of in enige ander
opsig, met inbegrip van die afwesigheid of
ontoereikendheid van maatreëls vir -

(i) beskerming teen knaagdiere, ongedierte

en vliegbesmetting, of

(ii) die versekering, deur middel van brand=
blusuitrusting, nooduitgange of ander=
sins, van die veiligheid van die publiek
en werknemers in die geval van brand;

(f)

(g) geen voorsiening nie of ontoereikende

voorsiening gemaak is of sal word om enige
oorlas te voorkom wat kan ontstaan as gevolg
van rook, stof, dampe, gasse, reuke of
geraas of trillings wat 'n besigheid kan
afgee of veroorsaak of waarskynlik sal afgee
of veroorsaak, of om die gesondheid en
veiligheid van die publiek en werknemers te
verseker;

/(h)

10

(h) die ligging of omgewing van die besigheids=
perseel ongeskik is vir die aard van die
voorgenome besigheid as gevolg van òf
brandgevaar òf toestande in verband rnet
verkeerbeheer of parkering of die voor=
siening van water, elektriese krag of
sanitasie;

(i) die voorgenome besigheid nadelig sal wees
vir die godsdienstige, opvoedkundige,
gesondheids-, woon-, handels-, kulturele
of ander geriewe van die omgewing, - - - "

Na my mening is dit duidelik in die lig van sy

aangehaalde bepalings dat die Ordonnansie nie suiwer

fiskale wetgewing is nie. Die verbod om die besigheid

van duikklopwerk binne die regsgebied van 'n plaaslike

owerheid sonder lisensie te dryf, is ook nie 'n kleurlose

statutêr verbode aktiwiteit nie aangesien oortreding van

/die ........
11

die verbod strafbaar as 'n misdryf is, soos hierbo vermeld.

Dit is verder duidelik dat baie belangrike oorwegings van

publieke belang met betrekking tot gesondheid, veiligheid,

brandgevaar en die woongeriewe van die omgewing 'n belang=

rike rol speel by die uitreiking van 'n lisensie aan 'n

duikklopper. Dit volg dan dat waar die besigheid van

duikklopwerk sonder lisensie plaasvind die gevolge van

so 'n besigheid nie regsgeldig is nie en dat die inkomste

wat daardeur verkry word nie-regmatige inkomste is volgens

die beslissing van hierdie Hof in Dhlamini en 'n Ander v

Protea Assurance Co Ltd, 1974(4) SA 906 (A) per RUMPFF

AR op bl.917:

/"Na ......

12

"Na my mening het die Wetgewer beoog dat
daar geen handeldryf mag plaasvind deur 'n
marskramer sonder lisensie nie. Om dit wel
te doen is nie alleen strafbaar nie, maar,
weens belangrike oorwegings van publieke
beleid, behoort die gevolge van so 'n handel=
dryf ook nie regsgeldig te wees nie.

Na my mening was die inkomste van die eerste
appellante dus nie-regmatige inkomste."

In hierdie dictum slaan die verwysing na die "eerste

appellante" op die marskramer wat vrugte by die spoorweg=

stasie. en hoof poskantoor te Johannesburg oor 'n tydperk

van 20 jaar sonder 'n marskramerslisensie verkoop het.

Sy is beseer in 'n motorbotsing en het skadevergoeding

geëis van die derdeparty-versekeraar van dxe motorvoertuig

wat met haar gebots het.

/Volgens .......

13

Volgens die onbetwiste getuienis blyk dit

dat die perseel te Dorpstraat 82, Kaapstad, geleë is

in 'n gebied wat volgens die stadsaanlegskema die afgelope

25 jaar vir residensiele doeleindes gesoneer is. Die

lokaal wat die oorledene op die perseel as werkswinkel

vir die beoefening van sy besigheid as duikklopper gebruik

het, het nie meer bestaan toe die verhoor voor die hof a quo

plaasgevind het nie. Dit was gelee op 'n stukkie grond

van 8 meter by 4 meter. Volgens die respondente se

getuienis was dit eintlik 'n hok wat vier mure van sinkplaat

met 'n sinkdak gehad het. Sy het ook beweer dat net die

muur aan die straatkant van sinkplaat was terwyl die ander

drie mure van baksteen was. Die broer van die oorledene

/het .......
14

het getuig dat die werkswinkel eintlik 'n afdak was wat

voorheen 'n garage was wat gedurende 1974/1975 afgebrand

het. Volgens die onbetwiste getuienís van die munisi=

pale beamptes wat vir die appellant getuig het, het die

lokaal potensieel 'n ernstige brandgevaar ingehou weens

die tipe spuitstowwe wat aangewend is deur die oorledene

asook weens die afwesigheid van brandwerende mure.

Bowendien sou die plaaslike owerheid vanuit 'n gesondheids=

oogpunt glad nie die lokaal vir die beoefening van duik=

klopwerk as 'n besigheid goedgekeur het nie. Die verhoor=

hofl het tereg hieroor die volgende bevinding gemaak wat

nie in hierdie Hof bevraagteken is nie, te wete :

/"His .........

15

"His activities constituted a potential fire
hazard because the premises were not suf—
ficiently fire-resistant. Also, from a
health point of view he could not have
obtained a licence because of defects in
the premises. In short, he was operating
illegally and would probably not have been
able to legalize his activities."

In die onderhawige geval is die posisie dan dat
die oorledene te alle relevante tye voor sy dood die
besigheid van duikklopwerk sonder lisensie te Dorpstraat
82, Kaapstad, beoefen het onder omstandighede waar hy
nie 'n lisensie sou kon bekom het nie. Die beoefening
van sy besigheid van duikklopwerk aldaar was nie alleen
onwettig nie maar volgens die beslissing van hierdie Hof
in die Dhlamini-saak was die inkomste wat hy daardeur

/verkry

16

verkry het nie-regmatige inkomste. Bowendien kon die

plaaslike owerheid enige oomblik sy onwettige beoefening

van die besigheid van duikklopwerk aldaar verbied het.

Die oorledene het te alle relevante tye

tot sy dood as broodwinner vir die respondente as sy

wettige eggenote onderhou uit sy nie-regmatige inkomste

Die vraag voor hierdie Hof is of die respondente as af=

hanklike se eis om skadevergoeding vir die verlies van

haar reg op onderhoud wat deur die dood van die oorledene

teweeggebring is, beïnvloed word deur die feit dat die

oorledene haar uit sy nie-regmatige inkomste onderhou

het. Dit is na my mening onteenseglik so dat die

/berekening ......

17

berekening van die quantum van haar skadevergoeding
noodwendig gebaseer moet word op die nie-regmatige
inkomste wat die oorledene as broodwinner uit die
onwettige beoefening van sy ongelisensieerde besigheid
van duikklopwerk verdien het. Tereg het ADDLESON R
dieselfde standpunt ingeneem oor 'n soortgelyke vraag
wat in Booysen v Shield Insurance Co Ltd, 1980(3) SA
1211 (SECLD) te sprake gekom het deur soos volg te
beslis op bl. 121 A:

"That degree of 'illegality' seems to me
to hit the dependant as well as the
injured person and to preclude the de=
pendant from relying on the illegal
income as a basis for compensation."

/Die ........

18

Die hof a quo het derhalwe fouteer om die

bedrag van R20 000-00 skadevergoeding aan die respon=

dente toe te ken aangesien dit gebaseer is op die nie-

regmatige inkomste van die oorledene as broodwinner.

Daar is nog 'n aspek van die appèl waarmee ek

moet handel. Ek het reeds aangetoon op watter basis

die respondente se eis aan die hof a quo voorgelê is

betreffende die aard van die enigste geskilpunt tussen

die partye waaroor daar uitsluitsel gegee moes word

Streng gesproke moes die respondente se advokaat in

hierdie Hof sy betoog gerig het slegs ten aansien van

daardie geskilpunt op die basis soos dit aan die hof a quo

/omlyn .......

19

omlyn is. Sien A J Shepherd (Edms).Bpk v Santam,
1985(1) SA 399 (A) op bl. 415 B-E. Advokaat Uijs
het in hierdie Hof betoog dat die oorledene nie uit=
sluitlik sy inkomste uit die onwettige beoefening van
sy ongelisensieerde besigheid van duikklopwerk te" Dorp=
Straat 82, Kaapstad, verkry het nie. Hy het betoog dat
die oorledene ook elders op ander persele duikklopwerk
verrig het. Dit blyk uit die oorkonde dat John Ferguson,
die broer van die oorledene, in sy hoofgetuienis oor
hierdie aspek soos volg getuig het:

"Now do you know whether he did all his work
at 82 Dorp Street? - - - - Sometimes he do
it on the people's premises.

/I ........

20

I see. Do you know of . . .
VOS J: Just a minute, and some work at people's

premises? - - - Ja.

That is at the client as it were, at the

client's premises? - - - Yes.

Yes?
MR OMAR: Do you have examples of such persons,

do you know? - - - There is a garage,
Nova Car Sales and there is one place
in Woodstock that I do not know the
address of.

A private person, or a garage, or a
shop or . . ? - - - It was a garage.
Mechanic garage.

VOS J: Nova Car Sales, were those - it sounds
like people selling cars? - - - Yes.
And a garage in Woodstock? - - - Ja, I
do not know what the address is. "

Streng gesproke was hierdie getuienis ontoelaatbaar. In
ieder. geval het geen kruisondervraging daaroor plaasge=
vind nie en die aangeleentheid is nooit as 'n geskilpunt
behoorlik ondersoek en uitgepluis nie omdat dit nie in

/geskil

21

geskil was nie. Dit was nie bekend of die persele

van ander persone waar die oorledene duikklopwerk sou

verrig het daarvoor gelisensieerd was of nie. Daar

is derhalwe geen feitebasis aan die hand waarvan hierdie

Hof nou kan ingaan om te probeer vasstel wat die omvang

van die ínkomste was wat die oorledene op 'n regmatige

wyse sou verdien het nie.

In die lig van die voorgaande volg dit

dat die appèl met koste slaag

/Die ........

22

Die bevel van die hof a quo word in die

mate gewysig dat absolusie van die instansie met koste

verleen word ten aansien van haar eis van R20 000-00

met koste.

C P JOUBERT AR

RABIE HR)

JANSEN AR)
Stem saam
CILLIÊ AR)

GROSSKOPF AR)