South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 80
| Noteup
| LawCite
S v Nhlapo (96/85) [1985] ZASCA 80 (13 September 1985)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
MOSES NHLAPO Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT AR, CILLIé, et GALGUT, Wn ARR
Verhoor: 6 September 1985
Gelewer: 13 september 1985
UITSPRAAK
CILLIé, Wn AR :
Die appellant het saam met ene Abram Tlake, hierna
die tweede beskuldigde genoem, in die Rondgaande Afdeling van die
Hooggeregshof, Oranje Vrystaat, tereggestaan op 'n aanklag van
huisbraak .... / 2
2
huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende
om-
standighede. Op 10 Desember 1984 is hulle albei skuldig bevind
soos
aangekla. Die verhoorregter het in die uitoefening van sy
diskresie en soos
gemagtig deur art 277(1 )(a) en (c) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, die
appellant die doodvonnis opgelê
Die tweede beskuldigde is gevonnis tot
twintig jaar gevangenis-
straf. Die verhoorhof het aan die appellant verlof
toegestaan
om teen sy straf te appelleer
"op die volgende gronde,
(a) dat die verhoorregter sy diskresie verkeerdelik
of onredelik uitgeoefen het deur die doodstraf
op te lê, en(b) dat die verhoorregter te min gewig geheg het aan
die persoonlike omstandighede van die appellant."
Die tweede beskuldigde kom nie in hoër beroep nie.
Die aanvaarde en wesenlike feite van die saak kan
soos volg saamgevat
word. Die misdaad is op Maandagaand, 20
Februarie .... / 3
3
Februarie, 1984, gepleeg by die huis van die 72
jarige mev I de
Wet van Petrus Steyn; mev De Wet het alleen in die huis
gewoon.
Die appellant en die tweede beskuldigde het op die betrokke
aand
'n sirkusterrein op die dorp besoek. Omdat hulle nie genoeg
geld
gehad het om vir hulle toegang tot die vertoning te betaal nie,
moes
hulle huis toe gaan. Op pad terug, teen ongeveer nege-uur,
het hulle besluit
om by die huis van mev De Wet. in te breek.
Die verhoorregter het op goeie
gronde bevind dát hulle saam be-
sluit en opgetree het en dat die een
nie die ander gedwing of be-
ïnvloed het nie; hulle was mededaders. Die
verhoorhof het ook
nie aanvaar dat hulle geglo het dat daar niemand in die
huis teen-
woordig was nie. Volgens die hof se bevinding was hulle
oogmerk
om in te breek, te steel en, indien nodig, te beroof. Hulle
het
toegang tot die huis verkry deur die ruit van 'n venster te
verwyder .... / 4
4
verwyder en in te kiim. Hulle het die huis
deursoek. Mev
De Wet het wakker geword en het van haar bed af opgestaan net
toe
hulle die slaapkamer binnekom. Hulle het haar aangeval en op die
vloer
neergegooi. Daar het die een haar vasgedruk terwyl die
ander na geld gesoek
het. Op een tydstip het die twee omgeruil.
Sy het geworstel en wou, volgens
hulle, nie stilbly nie. Daar-
om het albei haar met 'n mes gesteek en haar
verskeie wonde, waar-
van party ernstig was, toegedien. Die verhoorhof kon
nie vasstel
wie se mes dit was en wie die ernstige wonde veroorsaak het
nie.
Hulle soekery het R190 opgelewer en daarmee is hulle uiteindelik
weg.
Hulle het mev De Wet beseerd, bloeiend en bewusteloos op
haar slaapkamervloer
gelaat; die deur van die kamer het hulle
van buite gesluit. Voordat hulle die
huis verlaat het, het hul-
le die telefoondraad afgesny. Mev De Wet is eers Woensdagoggend
gevind .... / 5
5
gevind. Op dieselfde dag het die appellant en die tweede be-
skuldigde
saam Petrus Steyn verlaat. Hulle is dae later in
Sasolburg in hegtenis
geneem.
Hierdie feite toon onteenseglik dat die misdaad in
verswarende
omstandighede gepleeg is. Hoe ernstig die misdaad
beskou word, blyk onder
meer uit die feit dat die Wetgewer in so
'n geval die verhoorregter die mag
verleen om, na sy goeddunke,
die doodstraf op te lê. Daar hoef nie
verder uitgebrei te word
oor die ernstigheid van die misdaad nie. Wat die
ondersoek na
'n gepaste vonnis betref moet aandag verder geskenk word aan
die
belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van
die
oortreder, dit is die appellant.
Met betrekking tot die belange van die gemeenskap
wys die verhoorregter
daarop dat aanvalle op bejaarde en weerlose
mense .... /6
6
mense in hulle wonings in sy provinsie aan die toeneem is, dat
bejaardes
vreesbevange is en dat dit die hof se plig is om boos-
doeners af te skrik.
Hy sê van hierdie geval:
"'n Lang periode van gevangenis sal na my mening nie die
mate van afskrikking verleen of teweegbring wat die feite
van hierdie saak verg nie en dit sal nie die beskerming waar-
op die gemeenskap geregtig is, teen 'n persoon soos beskuldigde
1 aan hom verleen nie. 'n Lang termyn van gevangenisstraf sal
tot gevolg hê dat beskuldigde 1 op 'n later stadium weer toe-
gelaat sal word tot die samelewing en dan sal hy waarskynlik
nog gevaarliker wees vir die samelewing as wat hy was toe
hierdie misdaad gepleeg is."
Dit is ongetwyfeld waar dat die misdryf 'n
besonder
ernstige een is en dat die gemeenskap met reg sou kon aandring
dat
die straf sodanig moet wees dat dit ander boosdoeners waarskynlik
sal
afskrik en inwoners mag beveilig. Nogtans, by die toemeting
van 'n gepaste
straf moet hierdie sake opgeweeg word teen die be-
lange van die persoon wat gestraf moet word. In hierdie verband
het ..... /7
7
het die verhoorregter as strafoplegger, myns insiens, te veel ge-
wig
aan die gemeenskapsbelang en te min aan die appellant se om-
standighede
gegee, soos ek nou sal aantoon.
In 'n bespreking van die appellant se persoonlike
aangeleenthede is sy
misdaadloopbaan soos volg deur die verhoor-
regter opgesom:
"Op 15 Januarie 1979 is hy skuldig bevind aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal. Hy is gevonnis inge-
volge artikel 294 van Wet 51 van 1977 tot vyf houe met 'n
ligte rottang. Op 24 April 1980 is hy skuldig bevind aan
huisbraak met die opset om te steel en diefstal en gevonnis
tot sewe houe met 'n ligte rottang. In beide gevalle was in-
gebreek by 'n woning. Op 17 Junie 1980 is hy skuldig bevind
aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Weer
het hy by 'n woning ingebreek. Hierdie keer is hy gevonnis
tot vyf houe met 'n ligte rottang. Op 21 Julie 1980 is be-
veel dat beskuldigde 1 na 'n verbeteringskool gestuur word
waar hy was tot 1982. Op 15 Februarie 1983 is hy skuldig
bevind op twee klagte van huisbraak met die opset om te steel
en diefstal. In die tweede geval is ingebreek by 'n besig-
heidsperseel. Hy is op elke klag gevonnis tot twaalf maande
gevangenisstraf, waarvan ses maande gevangenisstraf
voorwaardelik .... / 8
8
voorwaardelik opgeskort is vir drie jaar. Op die nag van
19-20 Februarie 1984, dit wil sê die nag voor die misdaad
waarvan hy nou skuldig bevind is, het hy weer huisbraak met
die opset om te steel en diefstal gepleeg en is toe gevonnis
tot twaalf maande gevangenisstraf en die opgeskorte vonnisse
is in werking gestel . "
Die volgende aangeleenthede
dien in verband met
hierdie straflys gemeld te word. Ten eerste, die
appellant is
vir die eerste keer as gevolg van 'n skuldigbevinding gestraf
toe
hy nog nie veertien jaar oud was nie. Die misdaad wat hier be-
handel
word, het hy gepleeg toe hy, op enkele weke na, 19 jaar oud
was. Sy loopbaan
as misdadiger het skaars vyf jaar geduur en
van daardie tydperk het hy
ongeveer twee jaar in 'n verbeteringskool
deurgebring. Ten tweede, dit blyk
nie uit hierdie lys van vorige
oortredings asof die appellant tevore alreeds
enige misdaad ge-
pleeg het wat geweldadig was of waarby daar enige
verswarende om-
standighede teenwoordig was nie. Ten derde, behalwe vir sy
verblyf .... / 9
9
verblyf as jong seun in 'n verbeteringskool, het hy nog nie 'n
swaar en lang straf moes uitdien waar hy kon toon of hy vir her-
vorming
vatbaar is nie. Met betrekking tot hierdie aangeleentheid
sê die
verhoorregter in sy uitspraak oor die vonnis die volgende:
"Betreffende die moontlikheid van hervorming, is ek van
mening dat dit 'n baie geringe moontlikheid is. Beskuldigde
1 se geskiedenis van misdaad waartydens hy reeds behandeling
ontvang het by 'n verbeteringskool, toon myns insiens eerder
dat ons hier te doen het met 'n persoon wat 'n misdadiger-
loopbaan doelbewus ingeslaan het. Ek sien baie min kans op
hervorming van hom deur 'n lang termyn van gevangenisstraf."
Sonder om oornoukeurig te wees, moet ek tog
daarop
wys dat die verhoorregter nie alle moontlikheid van
hervorming
uitsluit nie. Dit kan ook nie in hierdie geval gedoen word
nie;
daar kan nie sonder meer aanvaar word dat hy reeds so 'n
geharde
misdadiger geword het dat daar geen moontlikheid van
hervorming
bestaan nie. Hy is nog nie 'n volgroeide man nie en 'n lang
tydperk .... / 10
10
tydperk van gevangenisstraf mag wel goeie gevolge hê, selfs in
'n
geval soos hierdie waar die verhoorregter tot die gevolgtrekking
gekom
het dat die appellant uit inherente boosheid opgetree het.
Die regter
sê onder andere:
"Beskuldigde 1 se jeugdigheid word gevolglik as 'n ver-
sagtende omstandigheid uitgeskakel deur die feit dat hy uit
inherente boosheid opgetree het."
Daar is egter niks om aan te toon dat die
"inherente boosheid"
die appellant se jeugdigheid as 'n faktor by moontlike
hervorming
uitskakel nie.
Na oorweging van al die aangeleenthede genoem,
het
ek tot die gevolgtrekking gekom dat die verhoorregter gefouteer
het in
die uitoefening van sy diskresie by die bepaling van die
vonnis, veral met
betrekking tot die gewig wat aan die appellant
se persoonlike omstandighede gegee moes word. Hierdie Hof is
derhalwe .... / 11
11
derhalwe by magte om in te meng en die opgelegde vonnis ter syde
te stel.
Die advokate het hierdie Hof versoek om, indien 'n
vervangende vonnis opgelê moet word, self te bepaal wat die von-
nis moet wees. Namens die appellant is betoog dat die vonnisse
van die twee oortreders dieselfde moes gewees het. By gebrek
aan enige betoog oor die gepastheid van die tweede beskuldigde
se straf, word daardie aangeleentheid by die bepaling van die
appellant se straf buite rekening gelaat. Na oorweging van al
die relevante getuienis en omstandighede asook die bestaande rig-
lyne by strafoplegging, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat
die verhoorregter nie die doodvonnis moes opgelê het nie en dat
twintig jaar gevangenisstraf 'n gepaste straf vir die appellant
sou wees.
Die .... / 12
12
Die Hof se bevel is:
1. Die appèl slaag en die appellant se vonnis word tersyde
gestel.
2. In die plek van die tersydegestelde vonnis word twintig
jaar gevangenisstraf opgelê.
P M CILLIé, Wn AR
JOUBERT, AR )
stem saam
GALGUT, Wn AR )