South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 94
| Noteup
| LawCite
S v Shaw (237/84) [1985] ZASCA 94 (24 September 1985)
Download original files |
SAAK N0. 237/84
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèlAFDELING)
In die saak tussen:
PRESTON SHAW APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: TRENGOVE, BOTHA ARR et NICHOLAS Wnde AR
VERHOOR: 6 SEPTEMBER 1985
GELEWER: 24 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
TRENGOVE, AR:
Die appellant is op 2 September 1983 in
die/ ............
2.
die streekhof vir die Streeksafdeling Oos-Kaap, gehou
te Gelvandale, skuldig bevind aan verkragting en ge-
vonnis tot drie jaar gevangenisstraf. Die hof het
bevind dat hy op Sondagaand, 12 Junie 1983, in 'n
toiletgebou op die terrein van die Frank Joubert-
laerskool te Schauderville 'n vroulike persoon, ene
Everil Florist (die klaagster), verkrag het. Die
appellant was destyds 23 jaar oud en die klaagster
21 jaar. Nadat sy appèl na die Oos-Kaapse Afdeling
misluk het, kom die appellant nou met verlof van hier-
die hof - verleen kragtens die bepalings van artikel
316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet, 51 van 1977 -
in hoër beroep teen sy skuldigbevinding. Afgesien
van/ .............
3.
van die klaagster se getuienis, het die Staat nie
oor enige ander
direkte getuienis van die beweerde
verkragting beskik nie. Soos ek weldra sal
aantoon,
het die Staat egter op sekere bykomstige
omstandigheids-
getuienis gesteun ter stawing van die klaagster se
relaas.
Die appellant het reeds by die aanvanklike
verrigtinge ingevolge artikel 122A
van die Straf-
proseswet te kenne gegee dat hoewel hy die betrokke
aand
intiem met die klaagster verkeer het, met haar
instemming, hy haar nie
aangerand of vleeslike ge-
meenskap met haar gehad het nie. By sy verhoor
het
hy hiermee volhard. Die streeklanddros het die klaag-
ster se weergawe
van die gebeure dié betrokke aand
aanvaar/
4.
aanvaar en die appellant se getuienis daaromtrent
as onwaar verwerp. Die kernvraag in hierdie appèl
is of die streeklanddros met sy evaluering van die
klaagster se getuienis en sy benadering tot die
appellant se weergawe van die gebeure gefouteer het,
al dan nie. Gesien die strekking van die argumente
wat in hierdie hof aangevoer is, is dit nodig om
betreklik breedvoerig na die getuienis te verwys.
Die strekking van die klaagster se ge-
tuienis is soos volg. Die klaagster en haar vriendin,
die staatsgetuie Jennifer Coltman, het die betrokke
Sondagaand na die Waldorf Restaurant gegaan en 'n
tydlank daar vertoef. Die klaagster het die appellant
daar/........
5.
daar opgemerk. Sy het hom destyds slegs in die
verbygaan geken, hulle het in dieselfde buurt gewoon,
maar hulle was nie persoonlik bevriend nie. Die
klaagster het met haar kruisondervraging ontken dat
sy ooit voorheen met die appellant uitgegaan het en
selfs op meer as een geleentheid geslagsomgang met
hom sou gehad het. Sy het verder ook ontken dat
die appellant in die restaurant by hulle sou aangesluit
het en dat sy sou ingestem het dat hy haar later na
haar huis kon vergesel. Hoe dit ook al sy, die
klaagster en haar vriendin het later vanaf die
Waldorf Restaurant vir 'n wyle na 'n verpleegsters-
tehuis gegaan en toe hulle daar vertrek, was hulle
van/ ............
van plan om huis toe te gaan. Terwyl hulle op
pad daarheen in Newalstraat loop, het die appellant
skielik en heel onverwags van agter gekom en die
klaagster aan haar nek beetgegryp. Hy het Jennifer
aangesê om aan te loop. Die klaagster het haar
toe gevra om eerder saam met haar te gaan maar
Jennifer het nie aan haar versoek gehoor gegee nie
want, soos die klaagster dit gestel het, "Preston
het 'n klip opgetel en toe sê hy sy moet aangaan. "
Jennifer het toe in 'n systraat, Alkannastraat, af-
gedraai en die klaagster het haar die aand nie weer
gesien nie. Die appellant het daarop aangedring
dat die klaagster met hom moes saamgaan. Toe sy
onwillig/ ...........
6.
7.
onwillig was om die appellant te vergesel, wou hy
haar eers gooi met die klip wat hy opgetel het,
maar sy het hom afgeweer. Daarna het hy die klaag-
ster se kop afgedruk en haar gedwing om saam met hom
te gaan. Op 'n vraag of dit dan nie by haar opgekom
het om vir Jennifer te skreeu om hulp nie, het die
klaagster gesê dat al wat sy vir Jennifer gevra het,
was om saam met haar te gaan.
Die klaagster het toe onder dwang saam
met die appellant gegaan. Dit was ongeveer 21h20.
Hulle is vanaf Newalstraat, met Jamesonweg langs, na
die appellant se huis. Gevra of sy nie op pad daarheen
om hulp geskreeu het nie, het die klaagster geantwoord
"Toe/.......
8.
"Toe ons daar oor die veld kom toe kom daar 'n oom
Ave Road af. Ek het die oom gevra om my te help
en Preston het my getrek en die oom het net eenkeer
gekyk en aangeloop, met die gevolg die mense wat
daar by daardie winkel gestaan het by die Casino se
kant is Preston se vriende en dit sou nie gebaat
het om hulle te vra nie want hulle sou geen notisie
geneem het nie, want dit is sy vriende."
Toe hulle by sy huis aankom, het die
appellant die klaagster in die agterplaas ingetrek.
Terwyl hulle daar was, het iemand in die huis die
agterdeur oopgemaak en toe die klaagster om hulp
vra, is die deur as't ware in haar gesig toegemaak
Die/ ...........
9.
Die appellant wou daar in die agterplaas gemeenskap
met die klaagster gehad het, maar hy het van plan
verander omdat, soos sy dit gestel het, "ek het te
veel geraas gemaak en aangegaan." Die klaagster het
ontken dat sy sou gesê het dat sy nie daar gemeenskap
wou hê nie omdat sy bang was dat die mense in die
huis hulle sou sien. Van daar af het die appellant
weer met haar in Jamesonweg afgestap. Dit blyk dat
die huise aan weerskante van Jamesonweg na aan die
straat geleë is en dat die ligte in etlike van hierdie
huise nog aan was. Toe die klaagster gevra is waarom
sy nie by dié geleentheid om hulp geroep het nie, was
haar antwoord: "Ek het nie geskreeu nie, die rede
hoekom/.........
10.
hoekom ek nie geskreeu het nie, hoe kan ek skreeu as
hy my - hy hou my nog vas nê, met die gevolg Preston
hy het 'n wraak teen my gehad want hy hou my vas en
elke beweging wat ek maak dan skop hy my teen my bene
En Preston gryp my, dan loop ek 'n bietjie verder en
ek ruk onder hom uit, dan skop hy my of hy tel 'n
klip op om my te gooi , ek moet nou my eie liggaam
beseer om hom tevrede te stel. "
Die klaagster het voorts getuig dat
toe hulle by die Frank Joubert-laerskool kom, het
die appellant haar op die skoolterrein ingetrek en
na die latrines geneem. Daar het hy haar op 'n
sementblad neergegooi, haar skoene uitgetrek, haar
bloes/ .......
bloes, kouse en damesbroekie afgeruk en, in weerwil
van haar verset en gespartel, vleeslike gemeenskap
met haar gehad. Die appellant wou daarna ook nog
die klaagster se romp aftrek maar sy het gesê dat sy
dit self sou doen, en hy het toe vir 'n oomblik sy
greep op haar verslap. Sy het toe losgeruk, opge-
spring, op vlug geslaan en by 'n huis in Jamesonweg
om hulp gaan aanklop. Op weg daarheen het sy twee
keer gestruikel en geval, en ook teen 'n draad om-
heining vasgehardloop. In dié proses het sy 'n hele
aantal skraapmerke en soortgelyke beserings opgedoen
Met haar kruisondervraging het die klaagster baie
beslis ontken dat sy ingestem het dat die appellant
gemeenskap/.......
11.
12.
gemeenskap met haar kon hê. Sy het ook ontken dat
hulle enige mansstemme in die rigting van die latrines
hoor nader het en dat dit die rede sou wees waarom
sy so skielik daar weggehardloop het. Die klaagster
het voorts getuig dat toe sy by die huis in Jamesonweg
aanklop, het 'n vrou die deur oopgemaak. Sy het haar
nie geken nie. Dit het later geblyk dat dit die
staatsgetuie, mev Moniera Daniels, was. Die klaag-
ster het in die huis ingehardloop tot in die slaap-
kamer. Sy het gesê dat sy op daardie stadium so
gehuil het en so ontsteld was dat sy nie behoorlik
aan mev Daniels kon verduidelik wat haar oorgekom
het nie. Die appellant het kort op haar hakke
daar/........
13.
daar aangekom. Hy het toe aan mev Daniels ver-
duidelik dat "ons twee het saamgeloop en toe kom
daar ouens en toe hardloop ek (d i die klaagster)
weg vir die ouens." Volgens die klaagster het sy
die bewering terstond ontken en aan mev Daniels gesê
"daar het nie ouens ons gejaag nie, ek het onder hom
uitgehardloop want hy het my verkrag . " Mev Daniels
sou die appellant toe gestuur het om die klaagster
se klere te gaan haal. Hy is daar weg en die klaag-
ster het hom daarna nie weer gesien nie. Nadat mev
Daniels die klaagster 'n T-hempie gegee het om aan te
trek omdat sy net in 'n romp geklee was, is sy na
haar tante, mev Martha Plaatjies, wat ook in daardie
omgewing /.........
14
omgewing gewoon het. Die volgende dag, Maandag, 13
Junie
1983, het die appellant se ma die klaagster
se skoene en sykouse na haar huis
gebring maar haar
bloes en onderklere het sy nooit weer teruggekry
nie.
Die klaagster was om een of ander rede nie deur 'n
distriksgeneesheer
ondersoek nie. Sy was wel die
Maandagoggend deur 'n private geneesheer
ondersoek
maar die besonderhede van sy bevindings is nie in
getuienis aan
die hof voorgelê nie. Voordat ek
van die klaagster se getuienis afstap,
wys ek net
in die verbygaan daarop dat sy in haar hoofgetuienis
geen woord
gerep het oor die gebeure by die appellant
se huis nie. Dit het eers
gedurende haar kruis-
ondervraging/ ....
15.
ondervraging aan die lig gekom dat die appellant
haar soontoe geneem het voordat hulle na die skool-
terrein is.
Ek kom vervolgens by mej Jennifer
Coltman se getuienis. Sy het bevestig dat sy en
die klaagster die betrokke Sondagaand saam by die
Waldorf Restaurant was. Hulle het teen ongeveer
20h00 daar aangekom en 'n hele tyd daar vertoef. Die
appellant was ook daar maar hy het nie op enige stadium
by hulle aangesluit of in hulle geselskap verkeer nie.
Sy en die klaagster was deurentyd saam en as die
appellant, soos beweer is, aan die klaagster sou
voorgestel het dat hy haar huis toe sou vergesel,
sou/......
16.
sou sy beslis daarvan geweet het. Volgens mej
Coltman het dit nooit gebeur nie. Sy het ook
ontken dat sy, die klaagster, die appellant en
ene Ronald Haaker ooit saam, op sosiale vlak, uit-
gegaan het. Sy het verder bevestig dat sy en die
klaagster vanaf die Waldorf Restaurant eers by n ver-
pleegsterstehuis aangegaan het voordat hulle teen on-
geveer 21h30 huiswaarts gekeer het. Toe hulle naby
die hoek van Newal- en Alkannastraat kom, het sy
skielik die appellant vlak agter hulle gewaar. Hy
het die klaagster toe om die nek gevat en aan mej
Coltman gesê sy moet aanstap. Die klaagster vra
haar toe om saam met haar te gaan, maar sy wou
liewer/......
liewer in Alkannastraat afdraai omdat dit 'n korter
pad huis toe was. Mej Coltman het, met haar
kruisondervraging, te kenne gegee dat sy geensins
die indruk gekry het dat die klaagster onwillig of
ontevrede was om saam met die appellant te gaan nie
Daar het niks buitengewoon of kommerwekkend gebeur
nie en sy het geen rede gehad om te dink dat die
klaagster in gevaar verkeer nie. Dit is ook in-
siggewend dat mej Coltman geen melding daarvan
gemaak het nie dat die appellant 'n klip sou op-
getel het toe hy haar aangesê het om op haar eie
aan te stap.
Die volgende staatsgetuie, mev
Moniera/......
17.
Moniera Daniels, het getuig oor die voorval by haar
huis in Jamesonweg toe die klaagster teen ongeveer
22h45 die betrokke Sondagaand daar om hulp aange-
klop het. Sy was reeds in die bed toe sy skielik
'n stampery aan die voordeur hoor. Sy het daarheen
gegaan en toe sy die voordeur oopsluit, storm 'n
vreemde vrou die huis binne tot in haar slaapkamer
Dit was die klaagster. Sy het gehuil en was klaar-
blyklik baie ontsteld. Sy het aanhoudend aan mev
Daniels gesê "aunty bel net my pa asseblief om my
te kom haal, asseblief aunty bel my pa, bel my pa
ek wil my pa hê." Hoewel die klaagster haar die
telefoonnommer gegee het, kon sy om een of ander
rede/......
18.
rede nie na haar huis deurkom nie. Mev Daniels
het gesê dat sy so uit die veld geslaan was dat sy
moontlik 'n verkeerde nommer geskakel het. Na 'n
tweede probeerslag het sy maar haar pogings laat
vaar. Toe sy weer kyk, staan daar 'n vreemde man
op die drumpel van die voordeur. Dit was die
appellant. Op 'n vraag van mev Daniels oor wat hier
aan die gang is, antwoord die appellant "... dit was
nie nodig vir die meisie om hier in mevrou se huis
in te hardloop nie, want ons twee het gevry agter
die skool en toe sien sy 'n bondel manne kom aan en
toe hardloop sy nou weg...." Volgens mev Daniels
het die klaagster nie op hierdie mededeling ge-
reageer/........
19.
20.
reageer nie. Sy het nie by dié geleentheid of
in enige ander stadium, aan mev Daniels gesê dat
die appelXant haar verkrag het nie. Sy het net
herhaal "bel my pa om my te kom haal , bel my pa."
Die appellant het toe heeltemal spontaan gesê dat
hy moet stap want die klaagster se skoene is nog by
die skool. Mev Daniels het hom nie opdrag gegee
om die klaagster se klere te gaan haal nie. Nadat
hy vertrek het, het mev Daniels die klaagster
rooi bloes gegee om aan te trek en sy is toe ook
daar weg.
Die laaste staatsgetuie was mev Martha
Plaatjies, die klaagster se tante. Sy het getuig
dat/..........
21.
dat die klaagster om ongeveer 22h45 die betrokke
Sondagaand by haar huis aangekom het. Sy het net
romp en 'n T-hempie aangehad, sy was kaalvoet en
sy het onbedaarlik gehuil. Volgens dié getuie was
die klaagster se lyf vol krapmerke. Hiermee is die
opsomming van die getuienis wat namens die Staat
aangebied is , afgehandel
Die strekking van die appellant se
getuienis is soos volg. Hy was die betrokke Sondag-
aand by die Waldorf Restaurant en het die klaagster
en haar vriendin, Jennifer Coltman, ook daar gesien
Hulle het gesit en bier drink. Hy het hulle albei
baie goed geken. Trouens, hoewel hy nooit 'n vaste
verhouding/ .......
22.
verhouding met die klaagster gehad het nie, het hy
voorheen reeds met haar uitgegaan, intiem met haar
verkeer, en selfs by drie of vier geleenthede, by
sy huis, met haar gemeenskap gehad. In alle geval, hy
het dié aand 'n rukkie by hulle gaan sit en gesels.
In 'n stadium toe hy en die klaagster alleen was -
Jennifer het vir 'n oomblik bf na die toilet bf die
kroeg gegaan - het hy gesê dat hy haar graag later
huis toe wou vergesel. Sy het niks daarop gesê nie,
en net geglimlag. Die appellant is om ongeveer 22h00
van die restaurant af weg. Toe hy buite kom, gewaar
hy die klaagster en Jennifer aan die oorkant van die
straat. Hy wou by hulle aansluit en het na die klaag-
ster geroep, maar hy is toe verhinder deur iemand
wat/ .........
23.
wat hom iets wou meedeel. Enkele oomblikke later
is hy toe tog agter hulle aan, en het hulle naby
die hoek van Newal- en Alkannastraat ingehaal. Vol-
gens die appellant het die klaagster en Jennifer nie
eers by die verpleegsterstehuis aangegaan nie. Toe
hy by die klaagster kom, het hy sy hand om haar nek
gesit, en haar gesê om saam met hom te gaan. Sy het
dit heeltemal gewilliglik gedoen. Jennifer het in
Alkannastraat afgedraai en hy en die klaagster het
verder in Newalstraat aangestap. Hy het ontken dat
die klaagster vir Jennifer gevra het om liewer saam
met haar (die klaagster) te gaan.
Die appellant en die klaagster is toe
na/.......
na die appellant se ouerhuis by 4 2 Jamesonweg.
Hy het haar na die agterplaas geneem en daar met
haar gevry. Hy wou ook met haar gemeenskap hê maar
sy was skrikkerig dat die huismense hulle sou sien
Soos die appellant dit gestel het "Toe wil ek met
haar 'sex' hê in ons agter 'yard' en toe sê sy nee
sy wil nie daar nie 'because' my ma hulle slaap in
die agter kamer en die lig het nog gebrand want die
mense was nog wakker gewees." Die appellant stel
toe voor dat hulle na die kerkterrein gaan maar die
klaagster het gemeen dat dit nie 'n geskikte plek is
om te vry nie. Hulle loop toe weer met Jamesonweg
langs tot by die skoolterrein Hulle het deur die
draad/ ..........
24.
25.
draad geklim en na die toiletgebou gegaan. Een van
die toilette was toevallig oop. Die appellant het
sy baadjie op die sementvloer neergegooi en die
klaagster het op sy voorstel daarop gaan lê. Die
appellant het toe vir 'n hele tyd lank met haar gevry
maar hy kon nie 'n ereksie kry nie. Hy het naderhand
bo-op die klaagster gelê. Sy broek was afgetrek tot
by sy knieë. Die klaagster se bolyf was kaal, haar
romp was opgetrek, hy het reeds haar damesbroekie
heeltemal afgetrek, en sy het ook nie meer haar skoene
aangehad nie. Op daardie oomblik hoor hulle skielik
mansstemme nader. Dit het geklink asof hulle baie
naby was. Volgens die appellant het voetgangers
dikwels/.......
26.
dikwels die skoolterrein as 'n kortpad van een "rand"
na 'n ander gebruik. Toe hulle die stemme hoor, het
die appellant vir die klaagster gesê sy moet wag en
stil bly, hy gaan net loer wie dit is. Terwyl hy
nog besig was om sy broek op te trek, het die klaagster
opgespring en weggehardloop. Sy het haar bloes,
skoene en onderklere daar gelos. Die appellant het
beskryf hoe die klaagster, in die hardloop, geval het,
hoe sy haar teen die draad vasgeloop het, en by mev
Daniels se huis gaan aanklop het. Die appellant het
gesê dat die klaagster heeltemal gewillig was dat hy
intiem met haar verkeer. Hy het egter ontken dat
hy inderdaad gemeenskap met haar gehad het
Die/........
27.
Die appellant het agter die klaag-
ster aangegaan tot by mev Daniels se huis. Hy
het nie ingegaan nie maar by die voordeur met mev
Daniels gepraat. Die klaagster het in 'n kamer op
'n kooi gesit en huil. Die appellant vertel toe aan
mev Daniels wat gebeur het. Sy getuienis in dié
verband is soos volg: "Ek het gesê ek en Evril het
gevry daar agter in die skool 'yard'. Ek het net
kortliks vir haar gesê ons het gevry agter in die
skool 'yard' en daar het ouens op ons afgekom en toe
het sy net begin hardloop." Hierna het die appellant
heeltemal spontaan gesê dat die klaagster se skoene
en haar goed nog op die skoolterrein is, dat hy dit
gaan/ .......
28.
gaan haal, en dat hy haar huis toe sou neem sodra hy
terugkom. Hy is terug na die skoolterrein maar het
net die klaagster se skoene en kouse daar gekry. Oor
wat onmiddellik hierna gebeur het, het die appellant
in sy hoofgetuienis te kenne gegee dat toe hy terug-
kom by mev Daniels se huis, met die skoene en kouse,
hy gevind het dat die klaagster reeds weg is. Met
sy kruisondervraging het hy aanvanklik gesê dat mev
Daniels hom meegedeel het dat die klaagster reeds
huis toe is maar na verdere ondervraging het hy erken
dat hy nie weer by mev Daniels se huis aangegaan het
nie en dat hy in dié opsig 'n leuen vertel het. Hy
het toe verduidelik dat hy vanaf die skoolterrein na
sy/......
29.
sy verloofde gegaan het waar hy die nag deurgebring
het. Op pad daarheen het hy die skoene en kouse
versteek. Hy is die volgende oggend teen ongeveer
06h00, met die kouse en skoene, na sy huis waar hy
verneem het dat die polisie reeds daar was op soek
na hom. Hy het die skoene en kouse toe aan sy ma
gegee en haar versoek om dit na die klaagster te neem,
Die enigste ander getuie namens die
verdediging was die appellant se ma, mev Shirley
Shaw. Sy het getuig dat sy die betrokke Sondagaand
reeds vanaf 18h00 by die huis was. Sy, haar man,
hulle dogter en dié se vriend, en twee jonger kinders
het die aand na 'n videoband op hulle televisiestel
gekyk./.......
30.
gekyk. Hulle het eers om ongeveer 23h30 gaan
slaap. Volgens mev Shaw het daar dié aand niks
buitengewoon by hulle huis gebeur nie en sy het ook
niks abnormaal gehoor nie. Sy het ook gesê dat die
agterplaas 'n betreklike klein oppervlakte het. Hier-
mee is die opsomming van die getuienis by die verhoor
afgehandel.
Teen hierdie agtergrond kan die kern-
vraag in hierdie appèl nou ondersoek word, naamlik,
of die verhoorhof gefouteer het met sy evaluering
van die getuienis. Soos uit die ontleding van die
getuienis hierbo blyk, was daar, wat die verkragting
self betref, 'n regstreekse botsing tussen die getuienis
van/.........
31.
van die klaagster en dié van die appellant. Sy het
getuig dat hy in die toilet op die skoolterrein met
haar gemeenskap gehad het en dat dit teen haar sin
geskied het; hy het albei hierdie aantygings ontken
Die landdros het heeltemal tereg as uitgangspunt aan-
vaar dat die staatsaak ten opsigte van die beweerde ver-
kragting, as sodanig, op die enkele getuienis van die
klaagster berus en dat die sogenaamde versigtigheidsreëls
by die beoordeling daarvan in ag geneem behoort te
word. Derhalwe het die landdros homself gewaarsku
om versigtig te wees met sy hantering van die klaagster
se getuienis. Maar, dit is uiteraard nie op sigself
voldoende/........
32.
voldoende nie. Dit moet ook duidelik blyk dat die
hof die getuienis inderdaad met die nodige omsigtigheid
benader het. In S v Avon Bottle Store (Pty) Ltd. and
Others,1963(2) S A 389 (A) op 393H - 394H, het Botha, AR
in verband met die versigtigheidsreël ten opsigte van
medepligtiges se getuienis, dit so gestel: "What is
necessary is that the judicial officer, who is also the
trier of fact, should demonstrate by his treatment of
the evidence ... that he has in fact heeded the warning."
Na my oordeel het die landdros, ten spyte van die waar-
skuwing aan homself, nie die klaagster se getuienis met
voldoende versigtigheid geëvalueer nie
Wat die toepassing van die versigtig-
heidsreël in 'n geval soos die onderhawige betref,
volstaan/.......
volstaan ek met 'n verwysing na die volgende ge-
wysdes. In S v Artman
and Another 1968(3) S A
339 (A) op 341 A - C, het Holmes AR ten
opsigte
van die getuienis van 'n enkelgetuie gesê:
"That fact, however, does not require the
existence of implicatory
corroboration:
indeed, in that event she would not be a
single witness.
What was required was that
her testimony should be clear ánd
satisfactory
in all material respects; see R v Mokoena,
1956 (3)
S.A. 81 (A.D.) at pp. 85-6. The
trial Court unanimously found that her
evi-
dence passed this test. I would add that,
while there is always need
for caution in
such cases, the ultimate requirement is proof
beyond
reasonable doubt; and courts must
guard against their reasoning tending
to
become stifled by formalism. In other words,
the exercise of caution
must not be allowed
to displace the exercise of common sense;...."
En in S v Sauls and Qthers 1981(3) S A 172 (A) op
180 E - G/ . . . .
33.
34.
180 E - G het Diemont AR dit so gestel:
"There is no rule of thumb test or formula
to apply when it comes to a
consideration
of the credibility of the single witness
(see the remarks of
Rumpff JA in S v Webber
1971 (3) SA 754 (A) at 758). The
trial
Judge wil1 weigh his evidence, will consider
its merits and demerits
and, having done so,
will decide whether it is trustworthy and
whether,
despite the fact that there are
shortcomings or defects or contradictions
in
the testimony, he is satisfied that the
truth has been told. The
cautionary rule
referred to by De Villiers JP in 1932 may be
a guide to a
right decision but it does not
mean
'that the appeal must succeed if any
criticism,
however slender, of the witnesses' evidence
were well founded'
(per Schreiner JA in R v Nhlapo (AD 10 November
1952) quoted in
R v Bellingham 1955 (2) SA 566
(A) at 569). It has been said more than
once
that the exercise of caution must not be allowed
to displace the
exercise of common sense."
Die/.........
35.
Die vraag wat dus in die onderhawige geval onder-
soek moet word, is of
die klaagster se getuienis
in elke materiële opsig wesentlik bevredigend
is.
En hier moet ek net byvoeg dat die getuienis in dié
sin as
bevredigend beskou kan word al sou dit vir 'n mate van kritiek vatbaar mag
wees.
Daar is nog 'n verdere kompliserende
faktor en dit is dat die getuienis
van die klaagster
(as enkelgetuie) op alle wesentlike punte
weerspreek
word deur die appellant se weergawe van die gebeure.
Hierdie
hof het in S v Guess 1976 (4) S A 715 op 718H - 719A
met goedkeuring
verwys na die volgende passasie in die
uitspraak R v Singh 1975 (1) S
A 227 (N) waar Leon R
op/
op bl. 228 verduidelik hoe 'n feitekonflik van hier-
die aard benader
behoort te word:
"Because this is not the first time that one
has been faced on appeal with
this kind of
situation, it would perhaps be wise to re-
peat once again
how a court ought to approach
a criminal case on fact where there is a
con-
flict of fact between the evidence of the
State witnesses and that of
an accused. It
is quite impermissible to approach such a
case thus:
because the court is satisfied
as to the reliability and the credibility
of
the State witnesses that, therefore, the
defence witnesses, including
the accused must
be rejected. The proper approach in a case
such as this
is for the court to apply its
mind not only to the merits and demerits
of
the State and defence witnesses but also to
the probabilities of the
case. It is only
after so applying its mind that a court would
be
justified in reaching a conclusion as to
whether the guilt of an accused has
been es-
tablished beyond reasonable doubt. The best
indication/ ...
36.
37.
indication that a court has applied its mind
in the proper
manner in the above-mentioned
examples is to be found in its reasons
for
judgment including its reasons for the accep-
tance and the rejection
of the respective wit-
nesses."
Ek kom nou by die verhoorhof se evaluering
van die getuienis. Die hof het
baie sterk en defini-
tiewe bevindings aangaande die geloofwaardigheid
van
die klaagster, mej Coltman en die appellant gemaak.
Die klaagster het
'n besonder gunstige indruk op die
hof gemaak nieteenstaande "enkele
swakhede" in haar
getuienis wat egter, na die oordeel van die hof,
nie
haar geloofwaardigheid aangetas het nie. Mej Coltman
het die hof
eweneens beïndruk as 'n eerlike en geloof-
waardige/
38.
waardige getuie. Daarenteen het die appellant 'n
swak indruk op die hof
gemaak. Die hof het bevind
dat hy homself talle kere weerspreek het, dat
sy
getuienis deurspek was met onwaarskynlikhede, en dat
hy met sy
kruisondervraging met tye totaal ontwykend
was. Na oorweging van die
getuienis, en met inag-
neming van die waarskynlikhede soos hy dit gesien
het,
kom die landdros dan tot die volgende slotsom:
"Die Hof huiwer hoegenaamd vir geen oomblik
in die lig van die swak
getuienis gelewer
deur die beskuldigde, die talle weersprekings
in sy
weergawe, die hoogsonwaarskynlikhede in
sy weergawe met betrekking waarom
klaagster
sou weghardloop, dat beskuldigde se relaas net
nie moontlik
redelik waar kan wees wanneer dit
opgeweeg word teenoor die sterk en
indruk-
wekkende getuienis gelewer deur die klaagster
soos/
39.
soos wesenlik gerugsteun in die omringende
omstandighede
rondom die verkragting deur
Jennifer en haar toestand wat sy in
verkeer
het toe sy by mev Daniels kom en bevind by-
gevolg dat die Staat
bo redelike twyfel be-
wys het dat beskuldigde inderdaad opgetree
het
teenoor die klaagster soos sy getuig
het en haar verkrag het."
Ek aanvaar dat die klaagster die verhoor-
hof gunstig beïndruk het
deur die manier waarop sy ge-
tuig het. Dit volg egter nie dat haar getuienis
dus
ook in alle wesentlike opsigte betroubaar is nie.
Trouens, ek sal
weldra aantoon dat dit inderdaad nie
die geval is nie. Die landdros het die
appellant se
getuienis op 'n hele aantal punte gekritiseer
waarvan
sommige, na my oordeel, eintlik oor beuselagtighede
gegaan het. Ek
stem nietemin saam dat die appellant
in/
40.
in sekere opsigte 'n uiters onbevredigende getuie was
en dat hy 'n aantal deursigtige leuens vertel het,
naamlik: (a) oor sy verhouding in die verlede met
die klaagster en met mej Coltman; (b) oor die afspraak
wat hy in die restaurant met die klaagster sou gemaak
het toe mej Coltman afwesig sou gewees het; (c) oor
die vraag of hy feitlik gelyktydig met die klaagster
en mej Coltman die restaurant verlaat het; en (d) oor
die vraag of hy vir 'n tweede keer by mev Daniels se
huis aangegaan het. Aangaande punte (a), (b) en (c)
is die appellant se getuienis weerspreek deur beide
die klaagster en mej Coltman, en wat punt (d) betref,
het hy self erken dat hy nie die waarheid gepraat het
nie/......
41.
nie. Maar, oor 'n hele aantal wesentlike aspekte,
is dit weer die appellant se getuienis, eerder as
die klaagster s'n, wat deur die getuienis van mej
Coltman en mev Daniels, asook deur die waarskynlikhede,
onderskraag word.
Daar is, eerstens, die insident naby
die hoek van Newal- en Alkannastraat. Dit is met die
oog op die latere gebeure belangrik om vas te stel of
die klaagster reeds by dié geleentheid geforseer is om
saam met die appellant te gaan, soos sy getuig het,
en of sy gewilliglik saamgegaan het, soos die appellant
beweer het. Op hierdie punt steun mej Coltman se ge-
tuienis eerder die appellant se relaas van die insident
as/......
42.
as die klaagster s'n. Volgens mej Coltman het
daar niks gebeur wat haar
enigsins verontrus het
nie. Sy het hoegenaamd geen rede gehad om te
dink
dat die appellant die klaagster dwing om saam met
hom te gaan en dat
sy onwillig was om dit te doen
nie. Volgens mej Coltman het die appellant ook
nie
by dié geleentheid 'n dreigende houding teenoor haar of
die
appellant ingeneem nie. Die klaagster het selfs
erken dat sy nie teenoor mej
Coltman orn hulp geroep
het nie. En dit is ook uiters onwaarskynlik dat
mej
Coltman haar vriendin in die steek sou gelaat het, of
nie onmiddellik
hulp sou ontbied het nie, as sy hoege-
naamd onder die indruk was dat die
klaagster in gevaar
verkeer./
43.
verkeer. Na my oordeel werp mej Coltman se getuienis
ernstige bedenkinge op die klaagster se aantyging dat
sy gedwing is om saam met die appellant te gaan.
Daar is 'n verdere oorweging wat, na my
oordeel, die klaagster se weergawe van die voorval
onwaarskynlik maak. As die appellant haar as't ware
weggesleep het met die gedagte om selfs teen haar wil
met haar gemeenskap te hê, is dit hoogs onwaarskynlik
dat hy haar na sy huis sou geneem het. Dit kan aan-
vaar word dat hy geweet het dat sy huismense tuis is
en hy sou seer sekerlik besef het dat dit uiters
riskant sou wees om die klaagster in die agterplaas,
in die onmiddellike omgewing van die huis, te verkrag
Die/ ........
44.
Die feit dat hy die klaagster na sy huis toe geneem
het dui eerder daarop
dat sy gewillig was om saam
met hom te gaan. Die klaagster se weergawe
van
wat in die agterplaas sou gebeur het, klink ook vir
my onwerklik,
veral in die lig van mev Shaw se ge-
tuienis wat nie deur die verhoorhof
verwerp is nie.
Ek verwys na haar getuienis dat sy en haar gesin die
hele
Sondagaand by die huis was en dat daar tot haar
wete niks ongewoons gebeur
het nie. Met die oog
hierop vind ek dit moeilik om die klaagster se
be-
skrywing van die insident by die kombuisdeur, en haar
stelling dat die
appellant haar weggeneem het omdat
sy "te veel geraas gemaak en aangegaan"
het,te aanvaar
Na/
45.
Na my oordeel is die appellant se stelling dat die
klaagster nie daar gemeenskap wou gehad het nie om-
dat sy skrikkerig was dat die huismense dit sou agter-
kom, nie so onwaarskynlik dat dit as onaanvaarbaar
verwerp behoort te word nie
Wat die werklike gebeure in die toilet-
gebou op die skoolterrein betref, is daar net die
klaagster se woord teenoor dié van die appellant.
Daar is hoegenaamd geen objektiewe feite waarvan
die afleiding gemaak kan word dat die appellant ge-
meenskap met die klaagster gehad het en dat dit teen
haar wil geskied het nie. Die klaagster het te
kenne gegee dat die appellant haar ontklee het en
gemeenskap/.......
46.
gemeenskap met haar gehad het in weerwil van haar
verset. Dit is in dié verband insiggewend dat
daar geen getuienis is dat die klaagster enige be-
serings opgedoen het wat tipies van so 'n soort ver-
kragting sou wees nie en dat daar insgelyks geen ge-
tuienis is dat die appellant enige krapmerke of soort-
gelyke letsels opgedoen het wat aan verset deur die
klaagster geknoop kan word nie. Dit egter daar ge-
laat. Die feit dat die klaagster in 'n half naakte
toestand daar weggevlug het en by 'n vreemde huis orn
hulp gaan aanklop het, is op sigself beskou ongetwyfeld
'n sterk faktor in die staatsaak. Dit is immers wat
'n mens sou verwag van 'n vrou wat skielik oorrompel en
verkrag/.......
47.
verkrag is. Maar in die onderhawige geval het die
klaagster op daardie stadium reeds ongeveer twee uur
in die appellant se geselskap verkeer. Hulle het
gedurende daardie tyd eers met Jamesonweg opgestap
en toe weer afgestap. In die omstandighede is dit
vir my vreemd, en ook moeilik om te aanvaar, dat dit
in die toilet was wat sy vir die eerste keer die ge-
leentheid gekry het om uit die appellant se greep te
ontsnap. Na my oordeel kan daar volgens die getuie-
nis ook 'n ander rede wees waarom die klaagster so
skielik weggehardloop het, naamlik, dat hulle mans-
stemme hoor nader het - soos die appellant getuig het -
en dat sy toe paniekbevange geraak het omdat sy bang
was/.....
48.
was dat die mans vir die appellant en vir haar, in
'n half naakte toestand, in die toilet sou betrap.
Dit is ook betekenisvol dat die appellant agter die
klaagster aangegaan het tot hy mev Daniels se huis
Ek kom vervolgens by die landdros se
bevinding dat die klaagster se getuienis gerugsteun
word deur mev Daniels "wat die aangeleenthede betref
rondom die verkragting." Die landdros meld in dié
verband dat mev Daniels bevestig het dat die klaagster
in 'n geskokte en bykans histeriese toestand by haar
aangekom het. Maar dit was gemene saak. Dit stem
wesentlik ooreen met die appellant se beskrywing van
die toestand waarin hy die klaagster by mev Daniels
aangetref/ .......
49.
aangetref het. In elk geval, die toestand waarin
die klaagster inderdaad
verkeer het, dui daarop
dat sy kort vantevore een of ander
ontstellende
ondervinding gehad het. Dit is sekerlik te rym met
haar
bewering dat sy verkrag was. Maar, daarenteen,
is dit ook nie onversoenbaar
met die appellant se
verduideliking nie. Dit mag wees dat die feit dat
die
klaagster, in haar vlug, twee keer hard geval het,
teen 'n draad
vasgehardloop het, en beserings opgedoen
het ook tot haar ontsteltenis
bygedra het.
Soos uit die getuienis hierbo blyk,
het
mev Daniels die klaagster op twee punte weerspreek,
naamlik (a) dat die
klaagster aan haar sou gesê het
dat/
50.
dat sy weggehardloop het omrede die beskuldigde haar
verkrag het, en (b) dat mev Daniels die appellant
sou aangesê het om die klaagster se klere by die
skoolterrein te gaan haal. Die landdros verwys na
hierdie teenstrydighede en hy sê dat hy mev Daniels
se getuienis in hierdie verband aanvaar. Hy bevind
nietemin dat die teenstrydighede nie die klaagster
se geloofwaardigheid nadelig raak nie omdat sy waar-
skynlik vanweë die geskokte toestand waarin sy verkeer
het 'n bona fide fout begaan het. Na my oordeel is dit
'n ernstige mistasting. Dit gaan hier eintlik nie oor
die vraag of die klaagster haar vergis het oor wat
sy en mev Daniels gesê het nie. Dit gaan eerder
oor/.......
51.
oor die betroubaarheid van die klaagster se getuienis
teenoor dié van die appellant. As sy inderdaad ver-
krag was, sou 'n mens verwag dat sy die appellant se
verduideliking oor waarom sy weggehardloop het daar
en dan sou betwis het. Die landdros het mev Daniels
se getuienis aanvaar dat sy dit nie betwis het nie.
Die afleiding wat dus van haar stilswye gemaak kan word,
is dat daar 'n sterk waarskynlikheid is dat die appellant
se verduideliking waar is en dat die klaagster nie ver-
krag was soos sy by die verhoor te kenne gegee het nie
Die ander weerspreking het nie veel om die lyf nie
Die klaagster kon maar misgis het oor die vraag of
mev Daniels die appellant aangesê het om die klere
te/.......
52.
te gaan haal en of hy spontaan aangebied het om dit
te doen. Wat wel van belang is, is dat mev Daniels
die appellant se getuienis op hierdie punt bevestig,
Om saam te vat. Na my oordeel het
die verhoorhof die betroubaarheid en die geloofwaar-
digheid van die klaagster te hoog aangeslaan. Die
hof moes bevind het dat haar getuienis nie in alle
wesentlike opsigte bevredigend is nie en dat die
Staat nie bo alle redelike twyfel bewys het dat die
appellant haar verkrag het nie.
Die bevel van die hof is derhalwe soos
volg: Die appèl slaag en die skuldigbevinding en
vonnis word ter syde gestel.
BOTHA, AR ) TRENGOVE, AR
) Stem saam
NICHOLAS Wnde AR)