South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 109

| Noteup | LawCite

S v Wilson (92/85) [1986] ZASCA 109 (26 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


JOHANNES WILSON

en

DIE STAAT

SMALBERGER, AR:-

92/85

N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

JOHANNES WILSON Appellant
en
DIE STAAT

CORAM: JOUBERT, BOTHA, et SMALBERGER, ARR
VERHOORDATUM: 15 SEPTEMBER 1986 LEWERINGSDATUM: 26 SEPTEMBER 1986

UITSPRAAK

SMALBERGER, AR:-

Die appellant is in die landdroshof, Johannesburg,

skuldig bevind aan twee klagtes van oortreding van artikel 2(a)

van Wet 41 van 1971 - onderskeidelik handeldryf in 7 tablette

bevattende /
2 bevattende metakaloon (klagte 1), en handeldryf in 112 gram

dagga (klagte 2). Op die eerste aanklag is hy tot 5 jaar

gevangenisstraf gevonnis (die minimum voorgeskrewe vonnis),

en op die tweede aanklag tot 1 jaar gevangenisstraf, waarvan
9 maande gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is. Die
Transvaalse Provinsiale Afdeling het sy appèl teen sy skuldig=
bevindings afgewys (hy het nie teen sy vonnisse geappelleer
nie), so ook sy aansoek om verlof om na hierdie Hof appèl aan

te teken. Hy kom nou in hoër beroep na hierdie Hof nadat die

nodige verlof daartoe deur hierdie Hof aan hom verleen is.

Daar is wyd uiteenlopende weergawes van die gebeure

wat aanleiding gegee het tot die appellant se vervolging.

Die betrokke gebeure het op 14 November 1982 plaasgevind by

die huis op Eldoradopark waar die appellant destyds woonagtig

was /
3 was. Ek is nie van voorneme om die getuienis breedvoerig uiteen te sit nie, en sal my beperk tot die vernaamste feite van die verskillende weergawes.
Die Staat se saak het berus op die getuienis van twee polisiemanne, sersant Dick en konstabel Jonas. Volgens hulle het Jonas, wat as 'n lokvink opgetree het, op die betrokke dag na die appellant se huis gegaan. Hy was in besit van 'n tien-randnoot wat Dick aan hom gegee het nadat hy die nommers daarvan neergeskryf het. Op Jonas se versoek het die appellant een Mandrax tablet en 'n klein hoeveelheid dagga in 'n koevert aan hom verkoop. (Ek sal gerieflikheidshalwe voortgaan om na die stowwe waarop die getuienis en die klagtes betrekking het, te verwys as Mandrax en dagga ondanks die feit dat dit op appèl in geskil is of hulle behoorlik as sulks bewys was - iets

waarna /
4 waarna ek later sal terugkeer.) Jonas het met die tien-randnoot daarvoor betaal. Nadat hy die huis verlaat het, het Jonas 'n teken aan Dick, wat in die nabyheid was, gegee. Onder leiding van Dick het 'n aantal polisiemanne, insluitende Jonas, die appellant se huis binnegegaan. Jonas het die appellant uitgewys as die persoon wat die Mandrax tablet en dagga aan hom verkoop het. Die appellant is deur Dick uitge= vra oor die tien-randnoot waarmee Jonas betaal het. Hy het 'n bondel banknote te voorskyn gebring en dit aan Dick oorhandig. Die boonste tien-randnoot se nommer het ooreengestem met dié van die noot wat Dick vroeër aan Jonas gegee het. Van die appellant is verneem of hy oor nog Mandrax tablette en dagga beskik. Hy het 'n plek in die hoofslaapkamer uitgewys, maar niks is daar gevind nie. Die hele huis is deurgesoek, maar

dit /
5 dit het niks opgelewer nie. Dick is toe deur die appellant aangesê om te gaan kyk in 'n ou voertuig wat buitekant gestaan het. In die voertuig is daar 'n hoeveelheid dagga en ses Mandrax tablette gevind. Die Mandrax tablette was goed ver= steek, en sou waarskynlik nie gevind gewees het nie as die appellant nie die wegsteekplek uitgewys het nie. Die dagga was in koeverte opgemaak wat soortgelyk was aan dié waarin die dagga aan Jonas verkoop is. Jonas was nie aanwesig toe die appellant die bondel banknote in die huis aan Dick oor= handig het nie, ook nie tydens die uitwysing en ontdekking van die Mandrax tablette en dagga in die voertuig nie. Beide Dick en Jonas het getuig dat die voertuig tekens getoon het dat dit lank buite gestaan het, en dat dit op die oog af nie in 'n bruikbare toestand was nie. Dit het nie nommerplate

gehad /
6 gehad nie en ook nie, volgens Dick, 'n battery nie.
Tydens die verloop van die Staatsaak is daar, met die toestemming van die appellant se regsverteenwoordiger, 'n verklaring deur luitenant Gerald James Squier ingehandig, oënskynlik na aanleiding van die bepalings van artikel 212(4)(a) van die Strafproseswet, 51 van 1977 (die Wet). Die strekking van die verklaring was om aan te toon dat die Mandrax tablet wat aan Jonas verkoop is, en die ses Mandrax tablette wat in die voertuig gevind is, metakaloon bevat; insgelyks dat die dagga wat verkoop is, asook diè wat in die voertuig gevind is, wel dagga of cannabis is. Ek keer later terug na die vraag of daar voldoen is aan die voorvereistes vir die toelaatbaarheid van Squier se verklaring.

Die /
7 Die appellant het ontken dat hy 'n Mandrax tablet of enige dagga aan Jonas verkoop het. Hy erken dat 'n aantal polisiemanne by sy huis opgedaag het, o.a. Dick en Jonas, maar beweer dat hulle daar gekom het in verband met 'n beweerde roofsaak waarby sy broer betrokke was, en waarby hulle hom blykbaar ook wou betrek. Qmdat hulle gesê het dat hulle na geld soek (blykbaar in verband met die roof), het hy 'n bondel banknote, wat aan hom behoort het, te voorskyn gebring, en aan Dick oorhandig. (Vir hier= die onverklaarbare optrede aan sy kant kon hy geen bevredigende verduideliking gee nie.) Die geld is aan hcm teruggegee. Daama is daar vir die eerste keer melding gemaak van "die pille en die dagga". Die appellant het, volgens hom, alle kennis daarvan ontken. Hy ontken ver= der dat hy enige uitwysings in die huis gedoen het, of dat hy Dick aangesê het om in die voertuig vir Mandrax tablette en dagga te soek. So ook ontken hy dat hy aan Dick uitgewys het

waar /
8 waar daar Mandrax tablêtte in die voertuig versteek was. Hy het ook nie gesien dat daar dagga en Mandrax tablette in die voertuig gevind word nie. Volgens die appellant het die voertuig aan 'n vriend van sy broer behoort, en is dit die vorige aand op die perseel gelaat weens 'n tekort aan brandstof. Die appellant het beweer dat die voertuig volkome padwaardig was.

Die verhoorlanddros het die getuienis van Dick en Jonas aanvaar, en dié van die appellant verwerp. By die verhoor was dit nie in geskil nie dat Squier se verklaring betrekking gehad het op die Mandrax tablette en dagga wat deur die appellant verkoop is, en in die voertuig versteek was, en dat dit voldoen het aan die voorvereistes vir toelaatbaarheid wat deur artikel 212(4)(a) van die Wet gestel word. Bygevolg

is die /

9

is die appellant op albei klagtes skuldig bevind. Voor die Hof a quo is daar vir die eerste keer betoog dat vanweë sekere tekortkominge in die verklaring dit nie kragtens artikel 212(4)(a) by blote voorlegging toelaatbaar was nie, en dus nie as prima facie-bewys kon dien van die feite daarin uiteengesit nie. Die betoog het egter nie geslaag nie.
Dr Yutar se betoog namens die appellant in hierdie Hof kan as volg saamgevat word:-

1) Daar is geen toelaatbare getuienis dat die
betrokke Mandrax tablette metakaloon bevat
het nie, of dat die beweerde dagga wel
dagga (cannabis) is nie;

2) Dat beide Dick en Jonas enkelgetuies was
ten opsigte van wesenlike aspekte van die
Staat se saak, dat hulle getuienis nie voldoen
het aan die vereistes wat vir 'n enkelgetuie
gestel word nie, en dat hulle getuienis
gevolglik nie bo dié van die appellant aanvaar
moes gewees het nie;

3) Dat /

10

3)Dat die Staat se nalate om van die ander polisiemanne wat tydens die polisie- optrede by die appellant se huis aanwesig was as getuies te roep 'n nadelige afleiding teen die Staat regverdig;
4)Al word daar aanvaar dat die appellant die voertuig waarin die ses Mandrax tablette en

'n hoeveelheid dagga gevind is, uitgewys het, het die verhoorlanddros fouteer deur die afleiding te maak dat die appellant in die betrokke tablette en dagga handel gedryf het.

Dit is nie nodig om by die laaste drie betoë lank
stil te staan nie. Die verhoorlanddros was deurgaans daarvan
bewus dat Dick en Jonas ten opsigte van wesenlike aspekte van
hulle getuienis enkelgetuies was, en dat Jonas boonop 'n lok=
vink was, 'n situasie wat sy eie besondere gevare inhou. Hy
het hulle getuienis met die nodige omsigtigheid benader wat
die omstandighede vereis het. Hy het sterk geloofwaardigheids=

bevindings /

11

bevindings ten opsigte van Dick en Jonas gemaak - veral ten opsigte van Dick. Hy het bevind dat die appellant as 'n getuie "nie 'n slegte indruk op die hof gemaak (het) nie." In 'n omvattende uitspraak het hy egter die waarskynlikhede noukeurig ontleed en oorweeg. Aan die hand van die sterk getuienis teen die appellant, die waarskynlikhede ten gunste van die Staat se saak en die onwaarskynlikhede in die appellant se weergawe van die gebeure, het hy tot die slotsom gekom dat die appellant se getuienis nie redelik moontlik waar kon wees . nie. Gevolglik het hy dit as vals verwerp.

Ondanks sorgvuldige oorweging van die betoë aan ons voorgelê, bestaan daar geen rede om van die verhoorlanddros se feite - en geloofwaardigheidsbevindings te verskil nie. Veral Dick blyk 'n openhartige en betroubare getuie te gewees het.

Ofskoon /

12
Ofskoon daar enkele verskille tussen sy getuienis en die van Jonas is, is hulle nie wesenlik van aard nie. Dick en Jonas staaf mekaar in belangrike opsigte. Die verhoorlanddros het, myns insiens, alle tersaaklike waarskynlikhede en onwaarskyn= likhede in oënskou geneem. Soos deur hom bevind, begunstig die waarskynlikhede die Staat se saak. Daar kan geen sprake daarvan wees dat Dick en Jonas fouteer het in hulle getuienis nie. Óf hulle vertel die waarheid, óf hulle het saamgesweer om valse getuienis aan die verhoorhof op te dis. In die lig van die getuienis in die geheel is laasgenoemde moontlikheid ondenkbaar. Dat die appellant se weergawe van die gebeure onwaarskynlik (en selfs vergesog) is, ly geen twyfel nie. Daar word volledig met hierdie onwaarskynlikhede in die uitsprake van die verhoorlanddros en die Hof a quo gehandel, en dit sou

geen /

13

geen doel dien om dit te herhaal nie.

Daar is op die saak S v Teixeira 1980(3) SA 755 (A) gesteun vir die betoog dat die Staat se versuim om van die ander polisiemanne wat op die toneel was as getuies te roep die af= leiding regverdig dat hulle nie die getuienis van Dick en Jonas sou ondersteun het nie. Al word daar aanvaar dat van die ander polisiemanne beskikbaar was om te getuig, gaan hierdie betoog nie op nie. In Teixeira se saak het die Staat se saak op die getuienis van 'n enkelgetuie berus. 'n Verdere getuie, wat die enkelgetuie se getuienis in 'n wesenlike opsig sou kon gestaaf het, was beskikbaar maar sy getuienis is nie aangebied nie. Dit het tot die gevolgtrekking gelei dat "In my opinion, the failure of the State to call Tshabalala to testify as a witness

justifies /

14
justifies the inference that in counsel's opinion his evidence might possibly give rise to contradictions which could reflect adversely on Sarah's credibility and reliability as a witness" (per WESSELS, AR, op 764 B). Gevolglik was daar bevind dat die enkelgetuie se getuienis nie genoegsaam was om 'n skuldigbevinding te regverdig nie.
Afgesien van die feit dat ons hier nie net met 'n enkelgetuie te doen het nie, wat Teixeira se saak op die feite van die onderhawige onderskei, is die beslissing in Teixeira se saak klaarblyklik gegrond op die besondere feite en omstandig= hede van daardie saak. In s v Kelly 1980(3) SA 301 (A) op 310 E is daar deur DIEMONT, AR, gesê: "I am not aware of any rule of practice which compels the State to call witnesses, whether or not they be considered crucial to the prosecution.

in /
15 In my view the discretion of the State is unfettered in its choice of witnesses ....." Die versuim aan die kant van die Staat om 'n beskikbare getuie te roep, regverdig dus nie sonder meer 'n nadelige afleiding nie. Of so 'n afleiding ge= regverdig is of nie, sal afhang van die bepaalde feite en omstandighede van elke afsonderlike geval. In die onder= hawige geval was die Staat tevrede om sy saak te laat rus op die getuienis van twee getuies. Hulle gesamentlike getuienis het 'n sterk saak teen die appellant uitgemaak. Die versuim om van die ander polisiemanne as getuies te roep regverdig geensins die afleiding, in hierdie saak, dat hulle nie geroep was nie omdat hulle nie Dick en Jonas se getuienis sou ondersteun het nie.

As die /

16
As die getuienis van Dick en Jonas tereg deur die verhoorlanddros aanvaar is, wat na my mening wel die geval is, is die afleiding onafwendbaar dat die appellant ook handel gedryf het in die Mandrax tablette en dagga wat in die voertuig gevind is. Hierdie afleiding, synde die enigste redelike afleiding, volg o.a. op die ooreenkoms tussen die Mandrax tablet en dagga aan Jonas verkoop en dié in die voertuig gevind; die uitwysings wat deur die appellant gedoen is, veral die wat uiteindelik gelei het tot die opsporing van die Mandrax tablette in die voertuig (wat onteenseglik op kennis van die Mandrax tablette en dagga aan die kant van die appellant dui); en die appellant se leuenagtige getuienis aangaande die toestand van die voertuig en wanneer dit op die perseel aangekom het.

As bewys /

17

As bewys daarvan dat die Mandrax tablette metakaloon
bevat, en die dagga wel dagga (cannabis) is, het die Staat op
Squier se verklaring, wat na bewering ingevolge die bepalings
van artikel 212 (4)(a) van die Wet afgelê is, gesteun.

Artikel 212 (4)(a) van die Wet lui soos volg:-

"Wanneer 'n feit wat bepaal is deur 'n ondersoek of proses wat bedrewenheid in biologie, skeikunde, natuurkunde, sterrekunde, aardrykskunde,anatomie,

'n vertakking van patologie of in toksikologie of in die identifisering van vinger- of palmafdrukke vereis, by strafregtelike verrigtinge by die geskilpunt relevant is of mag word, is 'n dokument wat voorgee 'n beëdigde verklaring te wees deur 'n

persoon wat in daardie beëdigde verklaring beweer dat hy in diens is van die Staat of van 'n provin= siale administrasie of in diens is van of verbonde is aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing of 'n universiteit in die Republiek of 'n ander liggaam wat vir die doeleindes van hierdie subartikel deur die Staatspresident by proklamasie in die Staatskoerant aangewys is, en dat hy bedoelde feit deur middel van so 'n ondersoek of proses

bepaal /

18

bepaal het, by blote voorlegging daarvan by sulke verrigtinge prima facie-bewys van daardie feit: Met dien verstande dat die persoon wat bedoelde beëdigde verklaring kan aflê, in 'n geval waarin bedrewenheid in skeikunde, anatomie of patologie vereis word, 'n sertifikaat in plaas van bedoelde beëdigde verklaring kan uitreik, in welke geval die bepalings van hierdie paragraaf mutatis mutandis met betrekking tot so 'n sertifikaat van toepassing is."

Die dokument wat voorgee Squier se verklaring te
wees, en wat by ooreenkoms tydens die verhoor ingehandig is,
beslaan drie bladsye. Regs bo op die eerste bladsy verskyn
'n verwysingsnommer "LAB 5572/1982" tesame met 'n MR-nommer

"KLIPTOWN : MR 324/11/82". Daarna verskyn die opskrif

"Beëdigde Verklaring", en dan die volgende:

"GERALD JAMES SQUIER verklaar onder eed en ingevolge Art. 212/4(a) Wet 51/77:

1. Ek is /

19
1. Ek is 'n luitenant in die Suid-Afrikaanse Polisie, verbonde aan die Forensiesewetenskap-Laboratorium, Pretoria en is in diens van die Republiek van Suid-Afrika.
2. Ek is in besit van 'n B. Pharm.-graad toegeken deur Rhodes Universiteit, 'n Hons. B.Sc.-graad asook 'n M.Sc.-graad in farmakologie verwerf aan die Potchefstroomse Universiteit. Ek is geregistreer as 'n apteker by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, lid van die Suid-Afrikaanse Far= makologiese Vereniging en lid van die Suid-Afrikaanse Akaedemie vir Farmaseutiese Weten= skappe. Ek het 8 jaar ondervinding van skei= kundige ontledings.
3.Dat ek op 1982-11-18 vier (4) koeverte, elk
verseël met amptelike polisieseel nr. 1414, per hand van nr. W71011F s/sersant A.G.Dick, ontvang het. Die koeverte was afsonderlik gemerk "SAP 13c/151/82, Kliptown MR 324-11-82" en onderskeidelik gemerk

'Koevert 1 ' - bevattende een wit tablet;

'Koevert 2 ' - bevattende ses wit tablette;

'Koevert 3 ' - bevattende 'n hoeveelheid plant= materiaal; en

'Koevert 4 ' - bevattende 'n hoeveelheid plant= materiaal.

4. Dat ek /

20

4. Dat ek versoek was om die bewysstukke te
ondersoek ten einde vas te stel of dit enige
stowwe bevat soos gelys in die Bylae van Wet
41/71.

5. Dat ek die bewysstukke ondersoek het en gevind
het dat die plantmateriaal van bewysstukke '3'
en '4' Cannabis is en dat die tablette van
bewysstukke '1' en '2' metakaloon bevat.
Cannabis en metakaloon is beide gelys in Deel I
van die Bylae van Wet 41/71."

Die bladsy is onderaan geparafeer, blykbaar deur Squier.

Die tweede bladsy, wat met 'n "2" genommer is, het
regs bo dieselfde verwysings- en MR-nommers as die vorige
bladsye. Daarna verskyn die volgende:

"6. Dat bovermelde resultate behaal is op 'n wyse wat bedrewenheid in biologie, chemie en tok= sikologie vereis."

Bladsy twee volg klaarblyklik op die eerste bladsy, en is deel

van dieselfde verklaring. Na paragraaf 6 op bladsy twee verskyn

die /
21 die handtekening van Squier. Regs onder op dieselfde bladsy kom die stempelafdruk van die Suid-Afrikaanse Polisie se forensiesewetenskap-laboratorium voor met die datum 1982-11-23. Geen beëdiging verskyn op óf die eerste of die tweede bladsy nie.
Die volgende bladsy (waarna ek gerieflikheidshalwe sal verwys as die derde bladsy) is nie genommer nie. Regs bo verskyn weer dieselfde verwysings- en MR-nommers as in die geval van die eerste twee bladsye. Links bo verskyn die

opskrif "Bylae (1)" en daarna die volgende:-

"Verklaring kragtens die bepalings van Art. 213

Wet 51/1977.

1. Ek verklaar hiermee dat hierdie verklaring na

my beste wete en oortuiging waar is, en dat ek hierdie verklaring maak met die wete dat, as dit as getuienis voorgelê word, ek vervolg sal kan word indien ek daarin opsetlik iets verklaar wat ek weet vals is, of wat ek nie glo waar is nie.

2. Ek /

22

2. Ek het hierdie verklaring gelees voordat ek dit onderteken het. Ek is vertroud met die inhoud van die verklaring en begryp dit. Ek het geen beswaar teen die aflegging van die voorgeskrewe eed. Ek beskou die voorgeskrewe eed as bindend vir my gewéte."

Dan volg die handtekening van Squier. Onder sy handtekening
verskyn die sertifikaat, verklaring van beëdiging en handtekening
van die kommissaris van ede, ene Kruger. Regs onder kom
dieselfdestempelafdruk voor as op bladsy twee, met dieselfde
datum, 1982-11-23

Namens die appellant is daar aangevoer dat die
verklaring nie aan die vereistes van artikel 212(4)(a) van die
Wet voldoen nie aangesien daar nie noodwendig afgelei kon word

dat die derde bladsy deel uitmaak van dieselfde dokument

waarvan die eerste twee bladsye deel is nie. Sou daar nie

bevind kan word dat die drie bladsye deel uitmaak van een
23 dokument nie, is dit gemene saak dat Squier se verklaring nie voldoen aan die vereistes van artikel 212(4)(a) nie, en gevolglik nie toelaatbaar is nie. Dit is egter ook gemene saak dat as al drie bladsye deel vorm van dieselfde dokument, synde Squier se verklaring, die verklaring aan die vereistes van artikel 212(4)(a) voldoen en as prima facie-bewys dien van die feite daarin uiteengesit.
Na my mening is die enigste redelike afleiding wat in die onderhawige geval gemaak kan word dat ons hier te doen het met 'n enkele dokument bestaande uit drie bladsye, en nie met twee aparte dokumente nie. Ek is tot hierdie gevolgtrekking genoop aan die hand van die volgende oorwegings. Die drie bladsye is met die ooreenstemming van die appellant se regsver= teenwoordiger ingehandig as synde een dokument. Ofskoon dit

nie die /

24
nie die appellant die reg ontneem om die punt wat tans oor= weging geniet, te opper nie, dui dit daarop dat dit by die verhoor as een dokument beskou en aanvaar is. Dieselfde verwysings- en MR-nommers kom op al drie die bladsye voor. Op die tweede en derde bladsye kom dieselfde afdrukstempel en datums voor. Op bladsy een verskyn die opskrif "Beëdigde Verklaring" en daarna die aanhef "GERALD JAMES SQUIER verklaar
onder eed " Squier se verklaring was dus veronderstel
om 'n beëdigde verklaring te wees. Daar kom egter geen beëdig= ing op die eerste twee bladsye voor nie, maar wel op die derde bladsy. Dit, tesame met die faktore reeds genoem, is sterk aanduidend daarvan dat die derde bladsy op die eerste twee bladsye volg, en deel uitmaak van dieselfde verklaring. Daar= benewens het die derde bladsy die opskrif "Bylae 1(1)". Dit

dui /

25
dui daarop dat die derde bladsy nie bedoel is om 'n selfstandige bestaan te hê nie, maar deel vorm van 'n ander bladsy of dokument. Voorts word daar in paragrawe 1 en 2 van die derde bladsy telkens na "hierdie verklaring" of "die verklaring" verwys. Die derde bladsy bevat nie 'n verklaring nie, maar die eerste twee bladsye wel. In die geheel beskou volg die derde bladsy dus logieser= wys op die vorige twee. Te oordeel na die verwysings- en MR-nommers daarop, het die derde bladsy klaarblyklik betrekking op die onderhawige saak, en waarskynlik ook op 'n natuurwetenskap= like ondersoek. Daar is geen getuienis aanduidend van enige ander sodanige ondersoek wat in verband met die saak geskied het nie afgesien van dié waarna bladsye een en twee verwys. Dit is dus onwaarskynlik dat enige ander verklaring betreffende

'n natuurwetenskaplike ondersoek ten opsigte van die saak bestaan

waaraan /

26
waaraan die derde bladsy gekoppel kan word. Alles dui dus daarop dat dit aan bladsye een en twee gekoppel moet word.
Die verwysing op die derde bladsy na artikel 213 van die Wet skep verwarring. Artikels 212(4) (a) en 213 het betrekking op verskillende fasette van die Wet. Soos uit die bewoording daarvan blyk, handel artikel 212(4)(a) met feite wat deur bedrewenheid in verskillende natuurwetenskaplike rigtings bepaal is, welke feite dan by strafregtelike verrig= tinge by wyse van 'n beëdigde verklaring voorgelê kan word, en by sodanige voorlegging prima facie-bewys van die betrokke feite daar stel. Artikel 213 handel op sy beurt met die toelaatbaar= heid van 'n skriftelike verklaring, wat met instemming van die verdediging as getuienis voorgelê en toegelaat word nadat sekere voorvereistes nagekom word (en in sekere gevalle selfs waar

die /

27

die voorvereistes nie nagekom word nie - sien artikel 213(3)).
Daar is dus twee verskillende prosedures wat betrekking het op
verskillende feitlike situasies met verskillende bewysregtelike
gevolge. 'n Verwysing in 'n enkele verklaring na albei artikels,
ofskoon dit verwarring skep, is egter versoenbaar. Dit kan
die tweërlei doel dien dat die betrokke verklaring dan kragtens
of artikel 212(4)(a) of artikel 213 voorgelê kan word, mits dit
aan die vereistes van albei voldoen. Artikel 213 sluit nie
noodwendig 'n verklaring (gemaak deur iemand met die nodige
kennis, ervaring of opleiding), wat natuurwetenskaplike feite=
bevindings en gevolgtrekkings bevat, uit nie.

Ofskoon daar in die onderhawige saak by wyse van
afleiding bevind kan word dat al drie bladsye deel vorm van

Squier se verklaring, is dit 'n onbevredigende toedrag van sake

dat /

28
dat verklarings onder artikel 212(4)(a) op hierdie onbeholpe wyse opgestel word. Daar word blykbaar van 'n standaard bylae (die derde bladsy) gebruik gemaak wat dan aangeheg word aan die verklaring wat betrekking het op die ondersoek wat in die betrokke geval gedoen is. Hierdie prosedure, tesame met die verwysing na artikel 213, waar dit nie beoog word om van daardie artikel gebruik te maak nie, skep onnodige onduidelikheid en verwarring. Die verklaring behoort 'n duidelike en logiese eenheid te vorm. Die beëdiging wat ooreenkomstig artikel 212(4)(a) benodig word behoort na die feitlike bevindings wat uiteengesit is, te volg, soos gewoonweg die geval is met 'n beëdigde verklaring, en behoort nie op 'n heeltemal afsonderlike bladsy voor te kom nie (tensy natuurlik die feitlike bevindings tot onderaan die vorige bladsy strek). Artikel 212(4)(a)

29
doen inbreuk op die normale manier van bewyslewering, en daar moet toegesien word dat die nodige vereistes noukeurig, duidelik en ondubbelsinnig nagekom word. Gebeur dit nie, kan dit tot gevolg hê, soos wel die geval was in die ongerapporteerde saak S v Liesering en 'n Ander (T P A, 25 November 1983) waarna ons verwys is (die feite waarvan ietwat van dié van die onderhawige geval verskil), dat daar onduidelikheid of onsekerheid ontstaan oor waaruit die verklaring presies bestaan, of waarop al die dele daarvan betrekking het. Dit kan tot uitsluiting van die verklaring lei (soos in Liesering se saak die geval was), met die gevolg dat geregtigheid nie geskied nie.

Dit word nie betwis nie dat indien die verhoorlanddros geregtig was om die getuienis van Dick en Jonas bo dié van die appellant te aanvaar, en die beëdigde verklaring van Squier al

drie /

30

drie bladsye omvat het, en dus aan die vereistes van artikel 212(4)(a) van die Wet voldoen het, die verklaring betrekking het op die Mandrax tablette en dagga wat van die appellant afkomstig is. Gevolglik is die nodige bewys gelewer dat die appellant in Mandrax tablette bevattende metakaloon en dagga handel gedryf het.

Die appèl word afgewys.

J W SMALBERGER APPeLREGTER