South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 134

| Noteup | LawCite

S v Mbatha and Others (79/86) [1986] ZASCA 134; [1987] 1 All SA 426 (A) (27 November 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 79/86 WHN

MATHEWS MBATHA Appellant No 1
MSHIYENE MIYA Appellant No 2

ZACHARIA_ SONDLANE Appellant No 3
ERNEST NZUNZWA Appellant No 4
SAMUEL MPHILENI SHEZI Appellant No 5
JACKSON SOLLY Appellant No 6
ERIC NKOSI Appellant No 7

en

DIE STAAT Respondent

JOUBERT AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

MATHEWS MBATHA Appellant No 1
MSHIYENI MIYA Appellant No 2

ZACHARIA SONDLANE Appellant No 3

ERNEST NZUNZWA Appellant No 4

SAMUEL MPHILENI SHEZI Appellant No 5

JACKSON SOLLY Appellant No 6

ERIC NKOSI Appellant No 7

en

DIE STAAT Respondent

Coram: JANSEN, JOUBERT, SMALBERGER ARR et

BOSHOFF, NESTADT Wn ARR. Datum van Verhoor: 13 November 1986

Datum van Uitspraak: 27 November 1986

UITSPRAAK

JOUBERT AR :

/Appellante

2

Appellante nos 1 tot 7 is as beskuldigdes nos 1 tot 7 respektiewelik in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor McCREATH R en twee assessore op twee aanklagte aangekla. Die eerste aanklag is dat hulle op 16 Februarie 1984 die oorledene Carlos Alberto Gomes Cesar in die distrik Westonaria vermoor het. Die tweede aanklag is dat hulle op dieselfde datum en plek die oorledene met verswarende omstandighede beroof het. Hulle het almal onskuldig gepleit. Hulle is verhoor. Slegs appellante nos 4, 5 en 6 is skuldig bevind aan moord en omdat geen versagtende omstandighede bevind is nie is hulle die verpligte doodvonnisse opgelê.

/Die

3

Die ander appellante is onskuldig bevind en ontslaan op die moord-aanklag. Wat die tweede aanklag betref, is al die appellante, behalwe appellant no 6, skuldig bevind aan poging om te roof met verswarende omstandighede waarvoor hulle gevangenisstrawwe opgelê is. Appellant no 6 is skuldig bevind aan roof met verswarende omstan= dighede waarvoor hy gevangenisstraf opgelê is. Met verlof van die verhoorregter kom die appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof soos volg:

1. Appellante nos 1 tot 5 inklusief en appellant no 7 appelleer teen hul skuldigbevindings aan poging tot roof met verswarende omstandighede terwyl appellant no 6

/teen

4

teen sy skuldigbevinding aan roof met verswarende

omstandighede appelleer. Daar is geen appelle teen

hul opgelegde vonnisse in hierdie verband nie.
2. Appellante nos 4, 5 en 6 appelleer teen hul skuldig=

bevindings aan moord sonder versagtende omstandighede

en hul opgelegde doodvonnisse.

Die onbetwiste feite is dat die oorledene,

'n Portugees, die bestuurder was van die Madeira Pish

and Chips-winkel in Dovetonstraat, Westonaria, wat

naby 'n mynkampong en 'n treinspoor gelee is. Die

klante van die winkel is hoofsaaklik swartpersone.

Die ingang van die winkel kan deur 'n roldeur afgesluit

word. Vanaf die ingang word 'n klein voorportaal betree

van waar een persoon op 'n keer deur 'n rotasiedeur toegang

/tot

5

tot die binnekant van die winkel kan verkry. Die
aand van 16 Februarie 1984 is die lyk van die oorledene
op die vloer in die binnekant van die winkel gevind.

In die voorportaal was 'n bloedplas van waar bloed=

spatsels tot by die lyk van die oorledene gevind is.
Volgens die nadoodse ondersoek wat op 21 Februarie 1984

op die lyk van die oorledene deur 'n distriksgeneesheer

gedoen is, het die oorledene drie skietwonde van voor

opgedoen. Een koeël het sy linkervoorarm deurboor.

'n Tweede koeël se ingang was aan die regterborskas

en dit het deur die sternum en regterlong gegaan tot

waar dit onder die vel by 'n rugwerwel tot stilstand

gekom het. 'n Derde koeël het die linkerborskas

deurboor. Enige van die twee skietwonde in die

/borskas

6

borskas kon die oorledene se dood veroorsaak het.

Die Staat het geen ooggetuies geroep om te-
getuig hoe die oorledene op 16 Februarie 1984 vermoor

is nie. Gevolglik het die Staat se saak oor die
pleeg van die moord en die roof hoofsaaklik op die

skriftelike bekentenisse wat die sewe appellante aan

kaptein Thoms (die bevelvoerder van Westonaria se

speurtak) as vrederegter afgelê het asook op die

uitwysings wat hulle by die toneel van die misdaad

aan kaptein Thoms gemaak het, berus. In die

verhoorhof het die verdediging die toelaatbaarheid

van die bekentenisse en die uitwysings (wat deureen=

gestrengel met die bekentenisse was) betwis

op

7

op grond daarvan dat die polisie te Westonaria fisiese marteling en mishandeling van en dreigemente teenoor die appellante sou toegepas het. Verder is daar 'n beroep gedoen op sekere onreëlmatighede wat by die afneem van die bekentenisse asook by die uitwysings sou gebeur het. Daar is ook aangevoer dat tydens die uitwysings die appel= lante gedwing is om op die toneel van die misdaad vir die neem van foto's te poseer. Gesien die noue verband tussen die aflê van die bekentenisse en xxx xxx xxx die uitwysings was die bewyslas op die Staat om bo redelike twyfel aan te toon dat die bekentenisse en die uitwysings vrywillig en ongedwonge sonder onbehoorlike beïnvloeding deur die appellante

/gemaak

8

gemaak is. Dit het 'n verhoor binne 'n verhoor geverg

waarna dit eenparig deur die verhoorhof bevind is dat die Staat hom van hierdie bewyslas gekwyt het sodat die beken= tenisse en getuienis oor die uitwysings toelaatbaar is.

Adv. Berlowitz wat namens appellante nos 4 en 5 in hierdie Hof verskyn het, het nie in die verhoorhof opgetree nie. Hy het getrag om buite sy skriftelike betoogshoofde aan te voer dat die polisie die appellante fisies aangerand het en hulle sodoende gedwing het om skriftelike bekentenisse af te lê en uitwysings te doen. Die verhoorhof het die relevante getuienis oor hierdie

/aangeleentheid

9

aangeleentheid baie deeglik ondersoek. Dit het ook baie sterk geloofwaardigheidsbevindings teen die appellante en ten gunste van die betrokke polisie getuies gemaak. Die Staat het ook dokumentêre getuienis aangebied van inskrywings in die voorvalleboek van Brixton se aanklag= kantoor toe appellante nos 6 en 7 op 19 Junie 1984 aan speurder-adjudant Steyn, die ondersoekbeampte, oorhandig is en hulle weer dieselfde middag terugbesorg is sonder dat hulle enige klagtes van beweerde aanrandings laat aanteken het. Getuienis oor die tydsduur van 'n reis per motor vanaf Brixton se aanklagkantoor na Westonaria se polisiestasie en vanaf laasgenoemde terug na Brixton se aanklagkantoor is voor die verhoorhof geplaas.

/Verder

10

Verder is die tydstippe toe kaptein Thoms die skriftelike
bekentenisse geneem het en die uitwysings waargeneem het
ook opgeteken en as getuienis voorgelê. Dieselfde soort
dokumentêre getuienis is aangebied wat die ander appellante
betref. Die verhoorhof het na my oordeel tereg bevind

dat hierdie dokumentêre getuienis die getuienis van die

betrokke polisie getuies ondersteun dat daar geen aanrandings

deur hulle op die appellante gepleeg is nie. Adv.

Berlowitz was nie in staat om aan te toon in watter opsigte

die verhoorhof fouteer het of misgetas het in sy bevinding

dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante

nie fisies aangerand is soos hulle beweer het nie. Daar

is geen meriete hoegenaamd in hierdie betoog van adv.

/Berlowitz ....

11

Berlowitz nie. Ek is derhalwe van oordeel dat dit
geen doel sou dien om die betrokke getuienis in besonder=
hede of by wyse van opsomming aan te stip nie.

Adv. Munks wat namens appellante nos 1,2,3,6 en 7 verskyn het, het betoog dat daar deur die betrokke polisie onbehoorlike invloed (wat geen verband hou met direkte fisiese aanranding nie) op die appellante uit= geoefen is om hul skriftelike bekentenisse te maak en uitwysings te doen. Hierdie betoog gaan egter nie op nie omdat daar in die onderhawige geval geen feite-basis gevind kan word om te dien vir die afleiding van

'n dergelike onbehoorlike beïnvloeding nie. Die blote feit dat verdagte persone in aanhouding deur die polisie

/die
12

die stap neem om skriftelike bekentenisse te maak is op sigself 'n neutrale faktor en kan nie sonder meer dien as grondslag vir 'n afleiding van 'n derglike on= behoorlike beïnvloeding nie. Bekentenisse wat verdagte persone in aanhouding deur die polisie maak, kan vrywillig of onvrywillig gemaak word afhangende die omstandighede van die betrokke geval.

Die swaartepunt van die aanval namens die appellante in hierdie Hof is juis gerig teen die buiten= gewone omstandighede wat betrekking het op die afneem van die bekentenisse en die plaasvind van die uitwysings.

/Die

13

Die buitengewone omstandighede het onbevredigende
aspekte wat meebring dat daar onreëlmatighede is wat
die bekentenisse en die uitwysings ontoelaatbaar as
getuienis maak - aldus die betoog deur adv. Munks
waarmee adv. Berlowitz hom vereenselwig het. Same=
vattend kom die onreëlmatighede in hooftrekke op die
volgende neer. Soos reeds vermeld, is kaptein Thoms
die bevelvoerder van Westonaria se speurtak onder wie

se bevel die ondersoek in die onderhawige geval plaas=

gevind het. Hy was aktief betrokke by daardie ondersoek

waarvan hy persoonlik kennis gedra het. Hy was op hoogte

daarvan hoe die ondersoek verloop het sodat hy nie 'n

onpartydige en onafhanklike persoon was nie. Sy

/en
14

en ondersoekbeampte Steyn se kantore is langs mekaar op die eerste verdieping van die polisiestasie te Westonaria gelee. Hulle was albei aktief betrokke by die ondersoek in die onderhawige geval. Dit is eienaardig dat al sewe appellante spontaan bereid was om voor kaptein Thoms bekentenisse af te lê en uitwysings te doen. Bowendien is die uitwysings deur die polisie geprogrammeer. Die tolk Mthani wat as sodanig opgetree het by die afneem van al die appellante se bekentenisse asook by hul uitwysings is 'n speurder-sersant wat te Westonaria gestasioneer is. Ofskoon die fotograaf Streicher 'n speurdersersant van die vinger= afdrukkantoor te Randfontein is, het hy op 16 Februarie

/1984 die
15

1984 die misdaadtoneel besoek en daar foto's geneem. Hy is gebruik by die uitwysings deur al die appellante. Die polisiestasie te Westonaria is langs die landdroshof geleë. Daar moes in die omstandighede eerder van 'n landdros as 'n onpartydige persoon gebruik gemaak gewees het om die bekentenisse af te neem.

Kaptein Thoms het verduidelik dat hy te Westonaria aan die hoof van 'n span van 20 speurders staan. Vir elke saak wat by hulle aangemeld word, word 'n dossier geopen. Hy werk gemiddeld met 400 na 450 sake se dossiere per maand. Ernstige misdade word onder sy persoonlike toesig ondersoek en hy gee in die dossiere opdragte

/aan

16

aan die ondersoekbeampte wat gedoen moet word. Gewoonlik was adjudant-offisier Steyn die ondersoekbeampte in ernstige misdade. Elke maand kom die dossiere na hom sodat hy kennis kan neem hoe die ondersoeke verloop. Die aand van 16 Februarie 1984 het hy sowel as Steyn die misdaad= toneel besoek. Die amptelike fotograaf Streicher is ontbied om foto's te neem. Hy het Steyn as ondersoek= beampte in hierdie saak aangewys. Behalwe vir wat hulle op die misdaadtoneel gesien het, die verslag van die nadoodse ondersoek op die lyk van die oorledene en die ballistiese verslae het die polisie geen inligting oor die pleeg van die moord en die roof gehad nie. Trouens volgens Steyn het die ondersoek basies tot stilstand

/gekom

16 (a)

gekom en is die dossier van die saak op 'n stadium deur kaptein Thoms as onopgespoor afgesluit. Ongeveer
'n maand na die nadoodse ondersoek plaasgevind het, het 'n baie belangrike deurbraak plaasgevind toe majoor Kruger (die tak bevelvoerder van die moord-en roofafdeling te Krugersdorp) vir kaptein Thoms gebel het dat hy gearres= teerde persone het wat moontlik betrokke is by misdaad in Westonaria gepleeg. Hy het toe opdrag aan Steyn gegee om te gaan ondersoek instel. In kruisondervra= ging het kaptein Thdms hom hieroor soos volg uitgelaat (band 2 p 169-170):

"Toe die beskuldigdes na my toe gebring was u Edele was dit op daardie stadium die enigste

/inligting

17

inligting waarvan ek bewus gewees het wat bestaan het om die saak behoorlik op te los. Ek het nie geweet wat verder sou uitkom tydens ondersoek nie, maar ek was tevrede dat hierdie verklarings wat aan my gemaak was betrekking het op die saak wat by ons van toepassing was."

In kruisondervraging is dit aan kaptein Thoms gestel dat hy die appellante eerder na 'n landdros moes geneem het om hul verklarings af te lê. Hierop het hy soos volg geantwoord:

"Ek is 'n offisier, ek is 'n vrederegter. Daar is nêrens in die wet, behalwe die kritiek wat in die howe uitkom dat ek nie 'n verklaring mag vat nie. Ek is 'n mede ondersoekbeampte in die saak en ek het dit as my plig beskou toe die man na my toe gebring was om die verklaring te neem of die uitwysings te laat doen."

(Band 2 bl. 178). Hy het ook daarop gewys dat „daar is nie 'n verbod op

18

die neem van 'n verklaring deur my as offisier nie". (Band 2 bl. 201).
In hierdie Hof is namens die appellante aangevoer dat die verhoorhof fouteer het om te bevind dat die Staat hom van die bewyslas, soos neergelê in art. 217(l)(a) van die Strafproseswet No 51 van 1977, bo redelike twyfel gekwyt het as sou die appellante hul bekentenisse vrywillig en ongedwonge sonder onbehoorlike beïnvloeding gedoen het omdat daar onreëlmatighede was o.a. deurdat kaptein Thoms die bevelvoerder was van Westonaria se speurtak onder wie se bevel die ondersoek in die onderhawige saak plaasgevind het.

/Dit

19

Dit is onteenseglik so dat 217(1)(a) aan kaptein Thoms as 'n vrederegter 'n wye en onbeperkte statutêre bevoegdheid verleen om bekentenisse af te neem wat op die pleeg van 'n misdaad betrekking het. Geen hof het die bevoegdheid om 'n vrederegter sy statutêre be= voegdheid te ontneem of te ontsê nie. Dit kan der= halwe nooit gesê word dat die uitoefening deur kaptein Thoms van sy statutêre bevoegdheid om bekentenisse af te neem per se onreëlmatig is nie. In S v Mbele 1981(2) SA 738(A) het KOTZÉ AR hom op bl 743 C-G soos volg uitgelaat:

/"Alhoewel

20

"Alhoewel daar aanvaar kan word dat Van der Linde ex officio op die tersaaklike tyd 'n
vrederegter vir die doeleindes van art 217 van Wet 51 van 1977 was, is ek van oordeel dat daar, uit hoofde van onreelmatighede wat met die aan= wysings en meegaande verklarings gepaard gegaan het, redelike twyfel bestaan of die appellant vrywillig opgetree het en dat bew. D nie as ge= tuienis aangebied of toegelaat moes gewees het nie. Die onreelmatighede waarna ek verwys sluit o.a. in die volharding in en verontagsaming deur die polisie, ondanks die herhaalde afkeuring daarvan deur hierdie en ander Howe, van die ongewenste praktyk dat n offisier verbonde aan die ondersoekeenheid optree (vgl. S v. Mdluli and Others 1972(2) SA 839(A) te 840H-841C); die gebruikmaking van 'n tolk betrokke in die ondersoek en verbonde aan sodanige eenheid (vlg. S v. Dhlamini and Another 1971(1) SA 807(A) te 815 A; S v. Lebea 1975(4) SA 337(W); Van der Linde se vooraf verkreë kennis aangaande die tersaaklike plekke wat by die aanwysing van belang was - - - -"

(My emfase).

/uit

21

Uit die voorgaande is dit duidelik dat die onderstreepte
woorde te ver gaan en dat daar geen juridiese grondslag bestaan

die vermelde besware as onreëlmatighede te bestempel nie.

Die wetgewer ontsê nie 'n offisier wat aan 'n ondersoek=

eenheid verbonde is die bevoegdheid om bekentenisse af te

neem nie. Regtens is hy bevoeg om dit te doen en die howe

kan hom nie dit ontneem nie. Die howe het geen bevoegdheid

om toelaatbaarheidsvereistes vir bekentenisse deur offisiere

as vrederegters afgeneem te stel wat nie deur art 217 (l)(a)

voorgeskryf is nie. Bogenoemde dictum is blykbaar met

instemming sonder enige kritiese ontleding aangehaal in

S v. Magwaza 1985(3) SA 29 (A) op bl. 37 G-I. Na my

oordeel is die korrekte benadering van hierdie

/aangeleentheid

22

aangeleentheid uiteengesit deur HEFER Wn AR in S v. Khoza en Andere 1984(1)SA 57(A) op bl. 59 E-60A soos volg:

"Die 'onreëlmatighede' wat te berde gebring is, sluit in die afneem van bekentenisse deur vrederegters in die persone van polisieoffisiere en, in een geval, deur die ondersoekbeampte, die gebruik van polisiemanne as tolke en die optrede van landdroste (wat ek later meer breedvoerig sal beskryf) by die afneem daarvan. Ons is verwys na 'n aantal gewysdes waarin sulke 'on= reëlmatighede' veroordeel is en bekentenisse, in die lig daarvan, ontoelaatbaar bevind is. Dit moet egter steeds beklemtoon word dat die primêre vraag by die beoordeling van die toe= laatbaarheid van enige bekentenis is of dit volgens die voorskrifte van art 217(1) van die Strafproseswet. 51 van 1977 gemaak is, dws vrywillig, ongedwonge en sonder onbehoorlike beïnvloeding. (S v Radebe and Another 1968 (4) SA 410 (A) op 419 A-B.) Die veroor= deling deur die Howe van praktyke soos dié

/waarna

23

waarna so pas verwys is, moet nie gesien word as die daarstelling van toelaatbaarheidsver= eistes ander as of benewens dié van art 217(1) nie. Telkens wanneer 'n bekentenis in die lig daarvan uitgesluit is, is immers duidelik aan= gedui dat dit geskied het omdat dit, in die omstandighede van die bepaalde saak, twyfel laat ontstaan het of die bekentenis vrywillig gemaak is (vgl S v Mbele 1981 (2) SA 738 (A) op 743 C-G; S v Mofokeng and Another 1968 (4) SA 852 (W) op 858 A-B), aangesien so 'n

'onreëlmatigheid' slegs een van die faktore is wat, saam met al die ander beskikbare inligting, gebruik word om te oordeel of die bekentenis in ooreenstemming met die vereistes van art 217 (1) gemaak is ( S v Mahlala and Others 1967 (2) SA 401 (W) op 404 A-B; S v Mazibuko and Others 1978 (4) SA 563 (A) op 568 G-H). "

In die lig van die voorgaande is dit gerade om die modus operandi van kaptein Thoms by die afneem

/van

24

van die bekentenisse en uitvoer van die uitwysings in
hooftrekke na te gaan. Hy het elke appellant
afsonderlik in sy kantoor te woord gestaan met behulp van die tolk Mthani
wat geensins aan die ondersoek van die saak deelgeneem
het nie en ook nie die misdaadtoneel die aand van

16 Februarie 1984 besoek het nie. Mthani het bevestig

dat kaptein Thoms aan elke appellant gevra het of hy 'n

verklaring voor 'n landdros wou maak en dat elke appellant

gewillig en bereid was om 'n verklaring aan kaptein Thoms

te maak. In kruisondervraging het kaptein Thoms ver=

duidelik dat hy basies nie 'n beskuldigde ondervra nie.

Hy vra 'n beskuldigde wat na hom gebring word of hy iets

wil sê van die misdaad waarvan hy verdink word.

/As
25

As 'n beskuldige bevestigend antwoord dan gaan hy voort om 'n verklaring af te neem. As "n beskuldigde ont= kennend sou antwoord dan word geen verklaring afgeneem nie. Indien 'n beskuldigde verklaar dat hy by die misdaadtoneel wil gaan uitwys dan neem hy hom daarheen. Die beskuldigde moet dan die roete aandui wat hulle in die motorvoertuig ry terwyl die fotograaf Streicher in sy eie motorvoertuig hulle volg. By die misdaadtoneel het hy 'n beskuldigde in die teenwoordigheid van Streicher gewaarsku dat hy nie verplig is om iets te sê of te doen nie. Elke appellant was gewaarsku dat indien hy uit= wysings doen Streicher dit sou fctografeer en dat dit as getuienis teen die betrokke appellant gebruik kon word.

/Op

26

Op 19 Junie 1984 het hy afsonderlik van appellante 6 en 7 bekentenisse geneem. Elkeen se bekentenis is onderbreek om uitwysings te gaan doen. Hy het die tydstip van vertrek en die tydstip van hervatting van die bekentenis en wanneer dit vcltooi is op elkeen se bekentenis aangeteken. Dit het hy ook op 21 Junie 1984 met die bekentenisse van appellante 1 en 2 gedoen. Op 27 Junie 1984 is die prosedure ietwat gewysig wat appellante 5, 4 en 3 betref omdat hulle individueel eers geneem is om uitwysings te gaan doen omdat Streicher ongesteld gevoel het. Daarna het elkeen na mekaar sy bekentenis, voor kaptein Thoms afgelê en is die relevante tydstippe daarop aangeteken.

/Na

27

Na my oordeel het die verhoorhof tereg tot die beskouing geraak nie alleen dat die appellante se ge= tuienis tydens die verhoor binne 'n verhoor bo redelike twyfel as leuenagtig verwerp moes word nie maar ook "that if regard is had to the background circumstances, there are not factors which warrant a feeling of un= easiness as to whether there had been some inducement of some or other nature prior to the statements being made". Dit is belangrik om te vermeld dat dit nie in hierdie Hof gesuggereer is dat die polisie die in= houd van die bekentenisse gefabriseer het nie. Na my oordeel het die Staat wel bo redelike twyfel bewys dat

/die

28

die bekentenisse vrywillig, ongedwonge en sonder on= behoorlike beïnvloeding deur die appellante gemaak is en dat hulle derhalwe toelaatbaar as getuienis is. Dit geld ook vir die uitwysings wat hulle gemaak het.

As daar dan gelet word op die toelaatbare getuienis dan volg dit dat appellante nos 1 en 5 in= klusief asook appellant no 7 tereg skuldig bevind is aan poging tot roof met verswarende omstandighede terwyl appellant no 6 tereg skuldig bevind is aan roof met ver= swarende omstandighede. Hul alibi's is tereg deur die verhoorhof bo redelike twyfel verwerp.

Ek behandel vervolgens die skuldigbevindinge

van appellante nos 4, 5 en 6 aan moord.

/Volgens
29

Volgens appellant no 5 se bekentenis het hy saam met die ander appellante vanaf Soweto in appellant no 3 se Kombina. die misdaadtoneel gereis. Op pad daarheen het appellant no 2 aan hom 'n vuurwapen oor= handig. By hul aankoms het hulle uit die Kombi geklim en in twee groepe verdeel. Hulle het gewag totdat die winkel toemaak. Hulle het gegaan met die doel om te roof. Hy skets die verdere gebeure soos volg in sy

bekentenis (Bewysstuk K1) :

"Ek was in die groep wat by die spoor gewag het. Toe ek sien die kafee maak toe, het ek na die groep op die stoep gegaan.

Jackson sê toe ek moet gou maak want die kafee gaan toe maak. Ek het vinnig vorentoe beweeg na die deur waar die ander groep my gevolg het.

/Die

30

Die deur was half toe, ek het onder die deur gekruip en die vuurwapen uit my linkerkant van my hemp gehaal en dit op die Portugees gerig. Ek sê toe, 'do not move, I want money'. Die Portugees het sy hande opgelig en iets in Portugees gesê.
Hý het plus minus 3 passe agteruit getree en sy vuurwapen uitgehaal. Die Portugees het twee skote op my gevuur. Dit was mis. Jackson het langs my gestaan en sê, 'Slaan Mphileni, slaan Mphileni'.
Ek het toe gesien dat ek in lewensgevaar verkeer. Ek het toe een skoot op hom gevuur, ek weet nie of dit raak was. Ek het 'n tweede skoot gevuur en het hom getref tussen die bors en die maag. Ek het 'n derde skoot op hom gevuur. Ek weet nie waar ek hom getref het. Hy het toe geval. Die Portugees het opgestaan en by die tralies ingehardloop. Ek het weer op hom gevuur. Hy het toe geval binne die winkel. Jackson het agter hom ingeloop.

Ons is toe terug na die Kombi en het vir Jackson gewag. Ek het gedink dat Jackson sy eie koers gevat het en die drywer gevra om te ry voor ons gevang word.

/Ons

31

Ons is toe na Zacharia se huis.

Ons het niks gekry by die winkel.

Ek het nie eers geweet dat Jackson die Portugees

se wapen gevat het. Die vuurwapen waarmee ek

die Portugees geskiet het, het ek aan Miya terug

besorg.

Dit is al. Soos ek die winkel gewys het, het

dit gebeur."

Na my oordeel het die verhoorhof appellant no 5 tereg

skuldig bevind aan moord met dolus directus as opsetvorm.
Hy het voortgegaan om die derde skoot na die oorledene te

skiet nadat hy laasgenoemde reeds met die tweede skoot

getref het. Wat meer is, hy het voortgegaan om na die

oorledene te skiet selfs nadat die oorledene geval, op=

gestaan en weggehardloop het. Dit was geen geval

waar appellant no 5 in "lewensgevaar" verkeer het aangesien

hy die gewapende aggressor was wat die winkel wederregtelik

/betree
32

betree het. Wat versagtende omstandighede betref, is in hierdie Hof betoog dat appellant no 5 paniekbevange was maar daar is geen feite-basis wat daarvoor kan dien nie. Sy skuldigbevinding aan moord sonder versagtende omstandig= hede en die opgelegde doodvonnis bly staan.

Volgens appellant no 6 se bekentenis (Bewys= stuk L1 ) het die gebeure by die winkel na hul aankoms met die Kombi soos volg verloop:

"Ons al sewe het uit die Kombi geklim wat ons ver van die winkel gebêre het en na die winkel gegaan. Die eienaar van die Kombi, Zacharia, het gesê dat ons die winkel moet gaan beroof. Ons het toe ingestem.

Toe ons by die winkel kom het Mphileni 'n vuur= wapen uitgehaal en dit op die Witman gerig.

/Die
33

Die Witman het ook syne uitgehaal. Mphileni het op hom gevuur en die Witman, wie terug= gedwing was, het geval waar ek gewys het. Ek het die Witman se vuurwapen gevat. Die Witman het opgestaan en by die ysterhekke ingehardloop terwyl Mphileni weer op hom geskiet het. Ek het nie getel hoeveel nie. Ek het ook hierdie plek uitgewys. Ons het by die deur bly staan. Mphileni het hom agtervolg en ek het gesien toe die Witman neerval. Ek wys hierdie plek ook uit. Ons het toe weggehardloop soos ek uitgewys het. Ons het niks gevat behalwe die vuurwapen. Dit is al wat ek te sê het. Ons was nie gedrink nie. Ons is toe terug na Soweto."

Dit is duidelik uit appellant no 6 se be=

kentenis dat hy en die ander appellante na die misdaad=

toneel gegaan het met 'n gemeenskaplike doel (common purpose) nl. om die winkel te beroof. Dit was eintlik gemene saak

/wat
34

wat die appellante betref soos dit uit hul onderskeie

bekentenisse blyk. Roof is diefstal wat deur middel van ge=
weld,of bedreiging van geweld, teenoor 'n slagoffer gepleeg

word ten einde die slagoffer minstens tydelik weerloos

te maak deur sy weerstand uit te skakel sodat hy nie in

staat is om sy goed te verdedignieofsodathyhom.daarby

berus dat sy goed gesteel word (Vgl. S v. Moloto 1982 (1)

SA 844 (A) op bl. 850 B-C). Appellant no 6 het aanskou

hoe appellant no 5 by die betreding van die winkel 'n vuur=

wapen uithaal en dit op die oorledene rig. Adv. Munks

het met 'n beroep op S v. Magwaza (supra) op bl. 41 C-H

aangevoer dat die verhoorhof fouteer het om te bevind dat

appellant no 6 dolus eventualis as opsetvorm gehad het

/omdat
35

omdat die Staat nie bo redelike twyfel bewys het nie
dat appellant no 6 subjektief daarvan bewus was dat
appellant no 5 'n gelaaide vuurwapen gehad het toe laas=
genoemde die vuurwapen in die winkel te voorskyn gebring
het. Volgens die betoog kon appellant no 6 nie, en het
hy inderdaad nie, subjektief die moontlikheid voorsien

dat die oorledene deur die gebruikmaking van die vuurwapen

gedood kon word nie. M.a.w. die verhoorhof het fouteer'

om te bevind dat appellant no 6 dolus eventualis as

opsetvorm gehad het.

Dit verg 'n ondersoek van hierdie Hof se beslissing

in S v. Magwaza supra, oor hierdie aangeleentheid. Magwaza

en sy vriend Sipho (wat 'n vuurwapen gehad het) het afgespreek

/om
36

om 'n winkel te beroof. Hulle het saam na die winkel in Durban gegaan. In die winkel het Sipho die winkeleienaar met sy vuurwapen gedreig om sy geld te oorhandig. 'n Skoot is deur Sipho gevuur en die winkeleienaar is noodlottig gewond. 'n Verhoorhof bestaande uit THIRION R en twee assessore van die plaaslike afdeling Durban en Kus het die ongewapende Magwaza o.a. skuldig bevind aan moord. Wat dolus eventualis as sy opsetvorm betref, is bevind dat Magwaza kennis gedra het van die vuurwapen in Sipho se besit, dat hy geweet het dit in die roof gebruik sou word en dat hy voorsien het dat iemand tydens die roof doodge= skiet sou kon word, maar roekeloos ten aansien van so 'n

/moontlikheid ....

37

moontlikheid gestaan het. Sodanige roekeloosheid het

ook sy versuim om te verseker dat die vuurwapen nie gelaai
was nie behels („Nevertheless the accused participated

in the robbery reckless whether death resulted. Such

recklessness consisted in part in his failure to ensure

that the firearm was not loaded and also in his very

participation in the robbery attempt when the commission

of an act of violence with fatal consequence was a distinct

possibility)",(op bl. 40 G). By appèl na hierdie Hof

is beslis dat 'n versuim van hierdie aard nie subjektiewe

kennis aan die kant van Magwaza dat die vuurwapen gelaai

was, kanvervang nie. Omdat die Staat nie bewys het dat

/Magwaza

38

Magwaza daarvan bewus was dat Sipho se vuurwapen gelaai is nie het hierdie Hof bevind dat Magwaza nie die dood van die winkeleienaar voorsien het nie. Gevolglik is Magwaza se skuldigbevinding aan moord deur hierdie Hof tersyde gestel. Ek mag daarop wys dat hierdie Hof nie rekening gehou het met die beslissing in S v. Nkwenja en 'n Ander 1985(2) SA 560 (A) om aandag te skenk aan die vraag of Magwaza nie dalk aan strafbare manslag skuldig was nie. Die relevante gedeelte van HOEXTER AR se uitspraak in Sv. Magwaza, supra, op bl 41 C-G lees soos volg:

"In my view the conclusions reached by the trial Court that the appellant knew that his confederate (a) was in possession of a firearm

/and .

39

and (b) might use it in execution of the robbery, are unassailable. But robbery is sometimes. successfúlly accomplished by threaten= ing the victim by brandishing an unloaded fire= arm. The crucial question is whether when the two intruders entered the shop the appellant knew as a fact that his confederate's firearm was loaded. It is not clear to me that the trial Court was prepared to make such a finding against the appellant. The trial Court found that the appellant's recklessness as to whether or not death might ensue in the course of the robbery consisted in part of the appellant's 'failure to ensure that the firearm was not loaded'. Such an omission on the appellant's part might well be censurable but it cannot, I think, serve as a substitute for his actual subjective knowledge. Although in my view it is not improbable that the appellant knew that the firearm in question was loaded, it seems to me that the meagre evidence of Thandi Zungu and Bongani as to what the appellant con= fided in them, taken together with the rather

/sketchy

40
sketchy observations of Mrs Momplé and Flora Mthimkulu, cannot sustain, as the only rea= sonable inference, that the appellant knew that the firearm in the possession of his confederate was loaded. If the appellant lacked such know= ledge then it must remain a matter for mere speculation whether subjectively the appellant foresaw the possibility of the deceased's death in the execution of the robbery."

Na my mening maak hierdie passasie dit by implikasie duidelik dat die

omstandigheid dat so 'n socius criminis nie subjektief
kennis gedra het van die feit dat die dader se vuurwapen
gelaai was nie,glad nie túisgebring moet word onder sy
onverskilligheid of the slagoffer gedood kon word of nie.
Wat die passasie egter nie duidelik maak nie is of dit 'n

/voorvereiste

41

voorvereiste vir dolus eventualis as opsetvorm is
dat 'n socius criminis subjektief kennis moes gedra het
van die feit dat die dader se vuurwapen gelaai was. Ons
reg stel subjektiewe kennis aan die kant van 'n socius

criminis dat die dader se vuurwapen gelaai is of dat

sy mes skerp is nie as 'n voorvereiste vir dolus eventualis

as opsetvorm nie. Daar is geen regsnorm of regs=

beginsel wat sodanige subjektiewe kennis as 'n voor=

vereiste vir dolus eventualis stel nie, soos McCREATH R

tereg in die onderhawige saak beslis het na aanleiding

van vermelde passasie :

/"I am

42

"I am of the view that it was not intended by the learned Judge of Appeal to elevate his statement in this respect from what was required to be proved on the facts of that case to a principle in law that the State is required, in all cases, to prove beyond a reasonable doubt that an accused knew that the firearm in the possession of a confederate was loaded, or to advance evidence which would sustain as the only reasonable inference that an accused did have such knowledge." (Band 9 bl. 910).

Die feit dat 'n socius criminis nie subjektief kennis
gedra het van die omstandigheid dat die dader se vuur=
wapen gelaai is nie of dat sy mes nie skerp is nie kan
wel relevant wees by oorweging van die vraag of die

socius criminis die moontlikheid subjektief voorsien

het dat die dader se aanwending van die vuurwapen in

/die

43

die pleeg van die roof op die dood van die slagoffer mag uitloop, as een van die fasette van dolus eventualis as opsetvorm. Dit is bloot 'n feite-kwessie en nie 'n regsreël nie wat relevant is by die oorweging van voor= sienbaarheid as 'n faset van dolus eventualis. In die onderhawige geval het die 7 appellante die gemeenskaplike doel gehad om die winkel te gaan beróof. Roof hou vir die rowers gevare in nie alleen by die konfrontasie met die slagoffer wat self gewapen mag wees nie - veral waar sy winkel naby "n mynkampong geleë is en sy klante hoof= saaklik Swart persone is - maar ook om 'n veilige wegkom van die misdaadtoneel te verseker. Appellant. no 6

/het

44

het op die misdaadtoneel gebly nadat appellant no 5 sy

vuurwapen op die oorledene gerig het en skote afgevuur

het totdat die oorledene finaal geval het. Hy het toe eers

van die misdaadtoneel weggehardloop. Na my oordeel
het die verhoorhof in die omstandighede tereg bevind
dat hy dolus eventualis as opsetvorm gehad het en dat
hy skuldig aan moord is. Wat versagtende omstandig=
hede betref, het adv. Munks aangevoer dat die verhoor=
hof nie rekening gehou het met die stadium toe appellant
no 6 van die vuurwapen bewus geword het nie. Na my

oordeel is daar geen meriete in hierdie betoog nie en

verloor dit uit die oog dat appellant no 6 op die mis=

daadtoneel gebly het totdat die oorledene finaal geval het.

/In

45

In die lig van al die aanvaarbare getuienis teen appellant no 6 het die verhoorhof geen mistasting of ander onreëlmatigheid begaan nie en sy bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is nie,is nie van so 'n aard dat dit nie redelik daartoe kon gekom het nie. Sy skuldigbevinding aan moord sonder versagtende om= standighede en die opgelegde doodvonnis bly staan. Appellant no 4 vermeld in sy bekentenis breedvoerig die beplanning van die roof, hoe appellant no 6 'n vuurwapen aan appellant no 5 oorhandig het, hul

reis na die misdaadtoneel en wat daar gebeur het. Hy

skets dit soos volg in sy bekentenis (Bewysstuk J1 ):

/"Dit
46

"Dit was gedurende Februarie 1984 toe kom Jackson daar aan. Hy vra my of ek nie geld soek nie. Ek antwoord, 'ja, ek soek geld'.

Ek vra hom waar hy die geld sal krý. Hy sê toe dat daar 'n winkel op Westonaria is wat baie geld het. Ek vra hom toe hoe ons gaan maak om daar te kom. Hy sê dat hy my sal wys hoe om daar te kom.

Ons ry toe na Zacharia se huis waar ons ander mans gekry het. Ons het by Zacharia se huis gepraat oor wat ons gaan doen en hoe ons die winkel gaan beroof.

Jackson wys toe 'n vuurwapen en oorhandig dit

toe aan Mphileni. Ons vertrek toe na Westonaria

Jackson wys toe die kafee uit en sê: Dit is die plek'. Zacharia het stadig verby gery om die winkel en ons het gaan parkeer soos ek gewys het.

Ons stap toe almal na die winkel. Dit is die winkel wat ek uitgewys het.

Toe ons daar kom het ons gesien dit is nog oop. Ek was by die groep wie by die hoek van die winkel gestaan het. Jackson het toe na die kafee geloop en sigarette gekoop. Hy kom toe

/vinnig

47

vinnig na my en sê hulle maak nou toe, ons moet gereed wees. Mphileni het na die kafee gehaas en hy was gevolg deur Jackson, gevolg deur die res van die groep.

Toe ons by die deur kom was die deur halfpad toe. Mphileni en Jackson het onderdeur geklim. Mphileni het die vuurwapen in sy hand gehad. (Hy wys links) en rig dit op die Portugees en sê iets aan hom.

Die Portugees het agteruit getree en sy hande in die lug gehou. Ek hoor toe Mphileni skiet toe op die Portugees. Ek was by die deur en toe hardloop ek weg terug na die Kombi. Later terwyl ek hardloop het ek nog skote gehoor. Ek kan nie sê hoeveel nie.

Wat ek nog gesien het was toe die Portugees geval het na hy geskiet was. Ek het al die plekke uitgewys.

Ek het saamgegaan net om geld te kry maar nie om die man daar dood te maak nie."

Hier het ons die posisie dat appellant no 4 voor sy

vertrek vanaf Soweto na die misdaadtoneel bewus was

/van

48

van die feit dat appellant no 5 in besit van 'n vuur= wapen was. Weliswaar vermeld hy nie dat hy bewus daarvan was dat dit 'n gelaaide vuurwapen was nie, net soos dit die geval met appellant no 6 is. Ook hier geld die opmerkings wat ek reeds gemaak het oor die passasie uit S v.Magwaza, supra, oor sy gebrek aan subjektiewe kennis van die feit dat die vuurwapen gelaai was. Hy het hom vereenselwig met die roof op die oorledene, hy was by die deur van die winkel, hy het gesien en hoor hoe appellant no 5 die oorledene skiet en hy het nog skote gehoor toe hy weghardloop. Dit is insiggewend dat hy die oorledene sien val het nadat

/hy

49

hy geskiet is. Na my oordeel het die verhoorhof tereg bevind dat hy dolus eventualis as opsetvorm gehad het deurdat hy subjektief die moontlikheid voorsien het dat appellant no 5 die vuurvapen kon gebruik om die oorledene noodlottig te beseer en dat hy hom daarmee versoen het om op die misdaadtoneel by die winkeldeur te bly sodat hy selfs gesien het hoe die oorledene val. Deur sy weghardloop het hy hom nie distansieer van die roof nie maar na die Kombi gegaan sodat hy saam met die ander appellante die misdaadtoneel kon verlaat. Na my oordeel het die verhoorhof appellant no 4 tereg skuldig bevind aan moord. Wat versagtende omstandighede betref, is dit in die verhoorhof aangevoer

/dat

50

dat appellant no 4 'n mindere aandeel aan die moord gehad het. Die verhoorhof het hiermee rekening gehou maar met inagneming van die feite soos in sy bekentenis vervat, eenparig bevind dat dit nie sy morele verwytbaarheid verminder nie. Die bewyslas was op appellant no 4 om op n oorwig van waarskynlikhede die bestaan van versagtende omstandighede te bewys. Hierdie Hof se jurisdiksie is beperk wat 'n bevinding van geen versagtende omstandighede deur 'n verhoorhof betref. Hier kan daar na my oordeel nie gesê word nie dat die verhoorhof in sy bevinding van geen versagtende om= standighede 'n mistasting of ander onreelmatigheid begaan het nie. Dit kan ook nie gesê word in die

/lig

51

lig van die toelaatbare getuienis dat die verhoorhof nie redelikerwyse daartoe kon gekom het nie. Dit volg dat die opgelegde doodvonnis bly staan.

Die resultaat is soos volg:

1.Die appelle van appellante nos 1, 2, 3, 4, 5 en 7 teen hul skuldigbevindings aan poging tot roof met verswarende omstandighede word afgewys.
2.Die appèl van appellant no 6 teen sy skuldigbe= vinding aan roof met verswarende omstandighede word afgewys.
3.Die appelle van appellante nos 4, 5 en 6 teen hul skuldigbevindings aan moord sonder versag= tende omstandighede en hul doodvonnisse word afgewys.

C. P. JOUBERT AR. JANSEN AR) SMALBERGER AR) BOSHOFF Wn AR) Stem saam.