South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 142
| Noteup
| LawCite
S v Adams (68/85) [1986] ZASCA 142 (28 November 1986)
Download original files |
Saak Nommer 68/85
E du P. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING) In die saak tussen:
EVA ADAMS
Appellante
en
DIE STAAT Respondent
Coram: RABIE HR, JANSEN, JOUBERT, TRENGOVE et BOTHA ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
20 November 1986. 28 November 1986
UITSPRAAK RABIE HR:
Appellante, 'n 43-jarige vrou, is in die Pro-
vinsiale/
2
vinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur Rose-Innes R en twee assessore daaraan skuldig bevind dat sy op 14 Januarie 1986 ene Hendrik Pedro (hierna "die oorledene" genoem) vermoor het. Die hof het bevind dat daar versagtende omstandighede aanwesig was en appellante is tot 6 jaar ge-vangenisstraf veroordeel. Sy appelleer met die toestemming van die verhoorregter teen die skuldigbevinding en straf.
By die verhoor was dit gemene saak dat appellante die oorledene op die betrokke dag gedood het toe sy hom in die agterplaas van haar woning in Didistraat, Scottsdene, in die distrik Belville, met 'n knipmes in die hart gesteek het. Haar advokaat, mnr Munnik, het die hof by die aanvang van die verhoor meegedeel dat appellante se ver-weer is dat sy ten tyde van die gebeure ontoerekeningsvat-
baar/
3
baar was. Appellante erken, het hy gesê, dat sy in staat was om tussen reg en verkeerd te onderskei, maar sy ontken dat sy die vermoë gehad het om haar optrede te beheer. Hy het verder gesê dat die verweer daarop gegrond is dat appellante aan epilepsie ly en dat sy 'n epileptiese per-soonlikheid het. Iemand met so 'n persoonlikheid, het hy gesê, het nie die vermoë wat 'n "normale mens" het om homself te beheer nie, veral nie waar daar "provokasie" is of wanneer hy sterk drank gedrink het nie.
Die verhoor het plaasgevind nadat appellante tevore ingevolge die bepalings van art. 77(1) en art. 78(2) van die Strafproseswet No. 51 van 1977 vir 30 dae in Valkenberg Hospitaal vir observasie aangehou was. Aan die einde van dié tydperk het drie psigiaters ingevolge die be-
palings/
4
palings van art. 79 van die gemelde wet 'n verslag oor
haar
geestestoestand opgestel. In dié verslag, wat die een-
parige
mening van die psigiaters (t.w. Dr M B Magner, Dr
M Quail en Dr K Berge)
bevat het, word appellante se geestes-
toestand soos volg beskryf:
"1. Clinical Diagnosis: NOT MENTALLY ILL
EPILEPSY
PERSONALITY PROBLEMS 2. She is not certifiable in terms of the Mental Health Act.
She is fit to stand trial in terms of Section 77(1). She has the capacity to appreciate the wrongfulness of the act in question. At the time of the alleged offences she was able to act in accordance with this knowledge."
In die verslag word ook die volgende in verband met appellante
gesê:
"She has a rural family background. She apparently developed normally but received no
formal/
5
formal schooling. Due to the nature of her lifestyle only recent collateral social backgroun information could be obtained. She has been receiving a disability grant. She sustained a head injury in a motor vehicle accident 8 years ago. For the past 6 years she has suffered epileptic fits. She has not complied regularly with treatment. However at the time period of the alleged offence she had been receiving her medication. She reported abuse of alcohol in the past.
During observation she was physically well. She gave a clear, detailed, sequential account of events in relation to the alleged offences. According to the information available it appears that she did not suffer an epileptic fit in temporal relationship to these events. She reported a strong emotional reaction in relation to these events. There was no evidence of major psychiatric illness. Her intelligence on psychometric testing was within normal range. She showed adequate judgemental capacities. There was evidence of personality problems. It was reported that she became easily angered however during her observation period she was able to contain her emotions and deal with them in an appropriate manner."
Twee/
6 Twee van die gemelde drie psigiaters het by die verhoor getuienis afgele. Een van hulle (Dr M B Magner, wat deur die Staat as getuie opgeroep is) het gebly by die mening wat in die verslag aangaande appellante uitgespreek is, terwyl die ander een (Dr K Berge, wat ten behoewe van appellante getuig het) sy vroeëre mening gewysig het. Besonderhede hieroor word later gegee. Ek verwys eers kortliks na die getuienis oor wat daar op die betrokke dag gebeur het.
Die oorledene (wat ongeveer 35 jaar oud was) het die dag - dit was 'n Saterdag - om ongeveer 12-uur saam met George Adams (24 jaar oud) na appellante se huis toe gegaan. Laasgenoemde (na wie ek kortweg as "George" sal verwys) was die Staat se eerste getuie. Hy het by
appellante/
7 appellante ingewoon. Volgens hom het hulle na appellante se
huis toe gegaan om 'n mes te kry wat aan die oorledene behoort het.
Die
oorledene het die mes die vorige Dinsdag aan hom (George) geleen, en Anneline
Lewis (wat, saam met haar man, ook by appellante
gewoon het en na wie ek hierna
as "Anneline" sal verwýs) het weer die mes by hom, George, geneem. Toe
George en die oorledene
nou in appellante se agterplaas kom, het George na
Anneline geroep en aan haar gesê om die mes te bring. Appellante het
daarna,
volgens George, met die mes - wat oop was - in haar hand by die
kom-buisdeur uitgekom en gevra: "Wie se mes is dit?" George het geantwoord
dat
dit die oorledene se mes is. Appellante het toe gevloek, na die oorledene toe
gestap en hom met die mes in die bors gesteek.
Daarna het sy teruggestap na
die
huis/
8
huis toe. Volgens George was appellante onder die invloed van drank. Hy self,
het hy gesê, het ook heelwat gedrink voor hy by
appellante se huis gekom
het, en die oorledene het ook baie gedrink.
Dit is in kruisondervraging aan
George gestel dat appellante kwaad was toe sy na hom en die oorledene toe gestap
het omdat sy gesien
het dat die oorledene 'n "button" in haar agterplaas rook;
dat sy die oorledene en George aangesê het om uit haar agterplaas
uit pad
te gee; dat die oorledene haar toe op 'n lelike, plat manier gesê het om
nie so gaande te raak oor haar agterplaas
nie; dat die oorledene toe "die mes"
uit sy broeksak gehaal het, en dat sy dít toe uit sy hand gegryp het, dit
oopgemaak het
en hom daarmee gesteek het'. George het al hierdie stellings wat
daar aan
hom/
10
hom gemaak is, ontken.
Die verhoorhof het bevind dat George
onder die invloed van drank was en dat hy 'n swak getuie was. Sy getuienis dat
appellante die
mes by haar gehad het toe sy by die huis uitgekom het, is gesteun
deur dié van Anneline, hoewel laasgenoemde getuig het dat
die mes nie oop
was nie maar eers later deur appellante oopgemaak is nadat sy by die oorledene
gekom het en hom gevloek het. Anneline
se getuienis in hierdie verband is deur
die verhoorhof as die waarheid beskou. Sy het getuig dat die oorledene haar die
mes gevra
het; dat sy toe die mes, wat in haar mandjie in die kombuis was, gaan
haal het, maar dat appellante toe by haar gekom het, die mes
uit haar hand
geneem het en na
buite/
10 buite gestap het daarmee. Toe appellante buite kom, het
Anneline verder getuig, het sy gevra: "Wie se mes is dit?". George het
geantwoord dat dit die oorledene se mes is en dat hy dit kom haal het.
Appellante het toe gevloek, die mes oopgemaak en die oorledene
gesteek. Volgens
Anneline het George en die oorledene nie gerook terwyl hulle in appellante se
agterplaas was nie.
Appellante se getuienis oor hoe dit gekom het dat sy die oorledene gesteek het, was soos volg. Sy het die oggend by 'n vriendin gekuier en, toe sy weer by haar huis kom, "toe staan George Adams en die oorledene onder my perskeboom met 'n bottelkop en rook. Die oorledene het die bottelkop in sy hand gehad." (Skynbaar word 'n "button" met 'n bottelkop gerook). Sy het toe gesê dat sy nie sulke
dinge/
11
dinge toelaat nie en dat hulle moet loop, waarop die oorleden in lelike, plat taal aan haar gesê het om nie so te kere te gaan oor haar "yard" nie. Net nadat hy dit gesê het, het hy vir George gesê, "hel, ou Georgie, nou moet ek my 'button' mors,"en daarop het hy sy hand in sy sak gesteek en 'n mes daaruit gehaal. Sy het toe die mes uit sy hand gegryp. Sy het dit vinnig oopgemaak en hom "'n harde hou" daarmee gesteek. (Dit blyk dat die mes die vyfde rib deurgesny het en tot in die hart deurgedring het.) In antwoord op die vraag van haar advokaat oor waarom sy die die oorledene gesteek het nadat sy die mes by hom afgeneem het, het sy gesê: "Want ek het bang, kwaad geword." Sy het in hierdie verband ook gesê dat iemand wat, soos sy later verneem het,
'n/
12
'n polisieman was, haar ná die voorval gevra het waarom sy die oorledene gesteek het en dat sy toe geantwoord het: "... ek het hom gesteek, want hulle het gerook in my 'yard' in." In kruisondervraging het sy, in antwoord op die vraag waarom sy die oorledene gesteek het, ook gesê dat sy "ge-skrik" het "want die mes was die bedoeling vir my gewees." Met hierdie antwoord het sy blykbaar te kenne gegee dat sy gedink het dat die oorledene haar wou aanrand, want toe sy daarna gevra is, "Toe wou jy hom seermaak?", was haar antwoord: "Ja, want hy wil dan vir my seermaak. Hy haal dan die mes uit vir my om te steek." In antwoord op verdere vrae het sy gesê: "Ek het so geskrik, meneer, dat ek nie nog kan gedink het ek moet dit nie doen nie", en ook: "Daar
was/
13
was nie iets dat ek nie weet wat ek gedoen het nie. Ek was nie dronk
nie, ek het ook nie siek gevoel nie. Ek het dit gedoen van die
kwaad, dit wat ek
die oorledene gesteek het." Sy het ook gesê dat sy hom nie wou dood nie.
In heronder-vraging het sy gesê
dat "die kwaad" haar "onnoselik" gemaak
het en dat sy "nie nog 'n gedagte gehad het nie, dit het te vinnig gegaan."
Ek moet ook byvoeg dat appellante getuig het dat sy op die betrokke dag nie sterk drank gedrink het nie. Die getuies wat haar dié dag gesien het, het egter (met die uitsondering van George) getuig dat sy na hulle mening onder die invloed van drank was.
Wat betref appellante se getuienis oor hoe dit
gekom/
14
gekom het dat sy die oorledene gesteek het, wys ek ten
slotte daarop dat sy op 17 Januarie 1984, d.w.s. 3 dae
ná die
insident, 'n verklaring ingevolge art. 115 van die
Strafproseswet gemaak het waarin sy gesê het dat sy die
oorledene gesteek het omdat hy haar "sou gesteek hét."
Die verklaring lui: "Ek het oorledene in my agterplaas ge-
kry. Hy en
ander persone het pille gerook. Ek het hom
toe geskel en gesê hy moet uit. Oorledene sê ek is harde-
gat, ek sê toe ek is want dit is my grond. Oorledene wil
my toe aanrand en haal toe sy mes uit om my te steek.
Ek gryp toe die mes by oorledene en steek hom een keer in
sy bors. Ek het hom gesteek omdat hy my sou gesteek het.
Ek het nie bedoel om oorledene te dood nie."
Ek/
15
Ek kom nou by die getuienis van dr Berge en dr Magner. Soos ek reeds hierbo gesê het, het dr Berge by die verhoor afgewyk van die mening wat hy in die verslag (hierbo genoem) onderskryf het. Hy het nl. getuig dat hy nog steeds van mening is dat appellante besef het dat sy 'n verkeerde ding doen toe sy die oorledene gesteek het, maar dat hy nou nie meer daarvan oortuig is dat sy ooreenkomstig daardie besef kon gehandel het nie. Dit is moontlik, en selfs waarskynlik, het hy getuig, dat haar optrede bloot "reflexive", en dus "involuntary", was. 'n Handeling is "reflexive", het hy gesê, as dit verrig word "without voluntary thought coming into it." Uit sy getuienis blyk dat twee dinge hom beweeg het om sy oorspronklike mening
te/...
16
te wysig. Die eerste is, het hy gesê, dat hy
gedurende die tyd toe appellante onder observasie was nie geweet het dat "any
alcohol
was involved" nie, en die tweede is dat dit wil voorkom asof daar groter
"provocation" was as wat hy oor-spronklik gemeen het. Wat
hierdie "provocation"
betref, het hy verwys na die getuienis van appellante "that she was in a
situation where she had acted to defend
herself,or
so it appears ". Aanvanklik, het hy getuig, "she didn't
describe the provocation as being particularly severe." Met verwysing na appellante se getuienis oor wat gebeur het op die oomblik toe sy die oorledene gesteek het, het hy gesê: "... if you listen to the accused's description
of/
17
of what actually happened at the time of the offence, she is aware of the fact that what she did was wrong and she knows that she shouldn't have done it, and she can't explain why she did it."
Dr Magner, soos reeds gesê, het in sy mening, aoos in die verslag vermeld, volhard. Met betrekking tot die redes (hierbo genoem) waarom dr Berge van mening verander het, het dr Magner gesê dat die vraag "whether or not alcohol was used at the time of the alleged offence .... is the only factor that we were unaware of at the time", en dat dit ná die aanhoor van haar ge-tuienis nog nie duidelik was of, of in welke mate,
alkohol/
18
alkohol 'n rol gespeel het by die pleeg van die
misdaad
nie. Hy bly daarvan oortuig, het hy gesê, dat appellante
in staat was om besluite te neem en om haar handelinge
te beheer. Hy het verder gesê dat die getuienis na
sy mening toon dat appellante se handelinge doelgerig
was en dat haar aanval op die oorledene nie onwillekeurige
handeling was nie. Ek haal aan uit sy getuienis:
"In this particular case, as the evidence is before us it appears to - at the time of the report and again now, that there was purposeful goal-directed behaviour. She described, as indicated in the Report, that there were emotions of anger and fear and the response - there was a response to this and this was a purposeful response and it could not be described and I do not consider that it was outside that of somebody of average - within normal limits. In other words, it was not abnormal behaviour and she was able to make a decision - I think it was
said/
19
said that she could not make a quick decision
this morning but I think she made a decision
which was purposeful and determined by the
circumstances she found herself in. It was not an
involuntary act. "
Die verhoorhof het die getuienis van dr Magner aanvaar en bevind dat die
getuienis oor appellante se optrede tydens die voorval steun
bied vir sy mening
dat appellante se handelinge doelbewus en doelgerig was en nie, soos deur dr
Berge beweer, onwillekeurig nie.
Na my mening is daar geen gronde waarop
bevind kan word dat die verhoorhof fouteer het deur dr Magner se mening te
aanvaar nie. Inteendeel,
ek twyfel nie dat die verhoorhof se bevinding korrek is
nie. dr Berge se redes vir die wysiging van sy opinie is, in die lig van
die
ge-
tuienis/
20
tuienis oor die gebeure op die betrokke dag, nie oortuigend nie. Wat
die kwessie van provokasie betref, het daar nie by die verhoor
feite aan die lig
gekom waarvan die psigiaters vroeër onbewus was nie. Dr Berge sê,
soos hierbo aangedui, dat appellante
aanvanklik nie die provokasie "as being
particular severe" beskryf het nie, en dan koppel hy dit met haar getuienis dat,
soos hy
dit stel, "she was in a situation where she had acted to defend herself,
or so it appears ....". Appellante se getuienis dat sy haarself
moes (of wou)
verdedig, is deur die verhoorhof verwerp. Volgens die hof se bevinding het sy
die mes by haar gehad toe sy by die huis
uitgekom het en het sy dit nie, soos sy
beweer het, by die oorledene afgeneem om te keer dat hy
haar/
21
haar aanrand nie. Dit is duidelik dat indien appellante se getuienis dat sy haarself moes (of wou) verdedig tereg deur die verhoorhof verwerp is, dr Berge verkeerdelik op daardie getuienis gesteun het toe hy ay oorspronklike mening gewysig het. Maar verder, al sou 'n mens die aangeleentheid net volgens appellante se eie getuienis beoordeel, dan blyk dit na my mening nog steeds baie duidelik dat toe sy die mes, nadat sy dit by die oorledene afgeneem het, oopgemaak en die oorledene daarmee gesteek het, sy doelbewus en doelgerig opgetree het, en dat haar handeling nie onwillekeurig was nie. Met betrekking tot die getuienis dat appellante die betrokke dag gedrink het en die feit dat dr Serge daarop gesteun het toe hy sy oorspronklike mening gewysig het,
moet/
22
moet aanvaar word dat appellante nie aan die drie psigiaters vertel
het dat sy sterk drank gedrink het nie. Die vraag is egter, soos
dr Magner
gesê het, hoeveel sy gedrink het en welke rol dit by haar optrede gespeel
het.
Ek het hierbo daarop gewys dat dr Berge in ver-band met die kwessie van "provocation" en die getuienis dat appellante sterk drank gedrink het, gesê het dat "she is aware of the fact that what she did was wrong and she knows that she shouldn't have done it, and she can't explain why she did it." Ek vind dit moeilik om te begryp hoe hy kon gesê het dat "she can't explain why she did it." Appellante het immers in die loop van haar getuienis in antwoord op vrae verklaar waarom sy die oorledene gesteek
het/
23 het. Sy het hom gesteek, het sy gesê, "want ek het bang,
kwaad geword." En ook: " ... ek het hom gesteek, want hulle het
gerook in my
'yard'" in, en: "Daar was nie iets dat ek nie weet wat ek gedoen het nie. Ek was
nie dronk nie, en ek het ook nie siek
gevoel nie. Ek het dit gedoen van die
kwaad, dit wat ek die oorledene gesteek het." Hierdie antwoorde toon nie net dat
sy geweet
het wat sy doen het nie, maar ook dat sy die oorledene gesteek het
omdat sy dit wou gedoen het. Dit blyk ook duidelik uit die antwoord
wat sy gegee
het (reeds hierbo genoem) toe sy ge-vra is of sy die oorledene wou seergemaak
het. Haar antwoord was: "Ja, want hy wil
dan vir my seermaak." Hierdie antwoord
toon nie net dat sy geweet het wat sy doen
nie/
24
nie. Dit toon ook dat, toe sy die oorledene gesteek het, dit 'n
handeling was wat sy wou verrig, en nie 'n handeling waarvan sy haar
nie kon
weerhou het nie.
Uit hoofde van die voorgaande meen ek dat nié bevind
kan word dat die verhoorhof fouteer het toe dit be-slis het dat appellante
by
die pleeg van die misdaad toe-rekeningsvatbaar was nie. Die verhoorhof het
bevind, soos hierbo gesê,
dat appellante die mes waarmee sy die
oorledene gesteek het by haar gehad het toe sy uit die huis uitgekom het. Mnr
Munnik het, heel tereg, te kenne gegee dat, indien dit 'n korrekte
bevinding was, hy nie kon betoog dat appellante verkeerdelik aan moord
skuldig
bevind is nie. (Die hof het
bevind/
25 bevind dat daar opset in die vorm van dolus eventualis
was.) Hy het egter betoog dat die hof se bevinding ver-keerd was en dat dit
nie appellante se getuienis dat sy die mes by die oorledene
afgeneem het, moes
verwerp het nie. As haar getuienis as moontlik waar aanvaar is, het hy be-toog,
kon sy hoogstens aan strafbare
manslag skuldig bevind gewees het. Ek is nie
voornemens om die getuienis oor hierdie aangeleentheid te bespreek nie en vind
dit vol-doende
om te se dat daar na my mening nie gronde is waarop bevind kan
word dat die hof fouteer het nie. Ek moet daarop wys dat die verhoorhof
in sy
uitspraak ook sê dat selfs indien appellante se getuienis oor die mes en
die omstandig-hede waarin sy die oorledene gesteek
het, aanvaar sou word, dit
"weinig verskil" aan die saak sou maak. Ek vind my
ook/
26
ook nie bereid om te sê dat hierdie mening van die hof ver-keerd
is nie. Appellante het, volgens haar getuienis, die mes by
die oorledene
afgeneem. As dit so is, het sy daarna in geen gevaar verkeer nie. Sy het egter
die mes oopgemaak en voortgegaan om
die oorledene in die bors te steek. Dit was
'n harde steekhou. Die mes het, soos reeds gesê, 'n rib deurgesny en tot
in die
hart deurgedring. In hierdie omstandighede sou ek dit moeilik vind om te
sê dat die verhoorhof in sy siening van die saak fou,teer
het.
Daar is geen betoog voor ons gelewer aangaande die straf wat appellante opgelê is nie.
Uit hoofde van al die voorgaande word die appél
afgewys.
JANSEN AR
JOUBERT AR
Stem saam
TRENGOVE AR
P J RABIE
BOTHA AR
HOOFREGTER.