South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 145
| Noteup
| LawCite
Krugger v Roux (246/85/av) [1986] ZASCA 145 (28 November 1986)
Download original files |
246/85/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
Q KRUGER, bygestaan deur J B
KRUGER Appellant
en
P J H LE ROUX Respondent
CORAM: VILJOEN, BOTHA, GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR en BOSHOFF, Wn AR
VERHOOR: 11 November 1986
GELEWER: 28 November 1986
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
Appèl is in hierdie saak aangeteken teen 'n verklarende bevel wat in die Kaapse Waterhof verleen is. Om die ver-
loop
2
loop van die appèl verstaanbaar te maak, is dit nodig om
eers die agtergrond te skets. Die partye by die verhoor in
die waterhof was
die applikant, Le Roux, en die eerste res-pondent, Kruger. Laasgenoemde is
gesiteer in sy persoonlike hoedanigheid
asook in sy hoedanigheid as die vader en
natuur-like voog van sy minderjarige seun, en ek sal gerieflikheids-halwe verwys
na Krugef
sr., Kruger jr. of na die Krugers ge-samentlik.
In sy aansoek tot die waterhof soos finaal gewysig, het die applikant beweer dat hy, Kruger sr. en Kruger jr. al drie oewereienaars is aan 'n openbare stroom naby villiers-dorp (wat in die getuienis die Hugenootstroom genoem is); dat daar in of ongeveer 1941 'n mondelinge ooreenkoms aange-
gaan ..
3 gaan is tussen die partye se voorgangers in titel
waarkrag-tens die water in die stroom verdeel is en voorsiening ge-maak is vir
die onttrekking van water op Kruger jr. se grond en die leiding daarvan oor
sodanige grond by wyse van 'n
serwituutsloot; dat die Krugers bewus was van
die bestaan van die gemelde ooreenkoms toe hulle hul grond gekoop het en
transport daarvan
geneem het; en dat die applikant gevolg-lik geregtig is om die
ooreenkoms teen hulle af te dwing. In die alternatief het die applikant
beweer
dat, toe die Krugers transport van hul grond geneem het, applikant en sy
voorgangers in titel reeds 'n tydperk van meer as
dertig jaar lank onafgebroke
nec clam nec vi nec precario die water benut het op die manier
uiteengesit in die beweerde ooreenkoms, en
gevolglik
4 gevolglik die reg tot sodanige benutting by wyse van
ver-jaring verkry het. Die aansoek het voortgegaan deur aan te dui dat die
applikant se beweerde regte deur die Krugers be-twis word. Op grond van die
bogemelde bewerings het die applikant 'n bevel geëis
wat verklaar dat hy en
sy opvolgers in titel geregtig is op die gemelde regte van onttrekking en
waterleiding; wat die Krugers verbied
om in te meng met die uitoefening van
hierdie regte; wat die Krugers verbied om enige water uit die stroom te onttrek
gedurende die
applikant se beweerde waterbeurte; wat die Krugers gelas om die
appli-kant en sy opvolgers in titel toegang tot hul grond te verleen
ten einde
die gemelde regte uit te oefen; dat hierdie bevel ingevolge art. 51 van die
Waterwet, no. 54 van 1956, teen
die
5 die titelbewyse van die' partye geregistreer word; en wat
die Krugers gelas om applikant se gedingskoste te betaal. In 'n verdere
alternatiewe eis het die applikant 'n verdeling van die water in die gemelde
stroom ingevolge art. 40(b) van die Waterwet, met bypassende
regshulp,
aangevra.
In hul verweerskrif het die Krugers erken dat hulle oewereienaars
aan die stroom is, maar nie erken dat die ap-plikant 'n oewereienaar
is nie, en
in elk geval beweer dat die stroom 'n private stroom is. Al die applikant se
be-werings aangaande die ooreenkoms, die
Krugers se kennis daar-van en die
verkryging van regte deur verjaring, is ontken. Wat die applikant se
alternatiewe eis om 'n verdeling
inge-volge art 40(b) van die Waterwet betref,
het die Krugers
aangevoer
5 A aangevoer dat die stroom binne 'n staatswaterbeheergebied
val en dat die waterhof gevolglik nie jurisdiksie ingevolge
die Waterwet het
om die water te verdeel nie. Die Krugers het gevolglik gevra dat die applikant
se aansoek van die hand gewys word
met koste.
Die
6
Die saak het op verhoor in die waterhof voor BURGER
R
gedien. By die aanvang van die verrigtinge is die hof ver-
soek om as voorlopige punt te beslis of die betrokke stroom
'n openbare
stroom is. Hierdie versoek word soos volg weer-
gegee op bl. 328 F-H van die uitspraak van die hof, wat ge-
rapporteer is as Le Roux v Kruger 1986 (1) SA 327 (K):
"By die aanvang van die verhoor van die aansoek het die partye by ooreenkoms ver-soek dat die Hof eers sal beslis of die betrokke stroom 'n openbare stroom is of nie. Die Hof is verder deur die eiser se advokaat meegedeel dat indien hierdie geskil beslis word, die partye moontlik op die ander geskilpunte kon ooreenkom en/of 'n beslissing van die Minister van Waterwese kon aanvra. Geen vordering kon egter met die beslegting van die geskil gemaak word voordat daar nie beslis is of die gemelde stroom 'n openbare stroom is of nie. Die respondent se advokaat het hier-die mededelings bevestig."
Getuienis
7
Getuienis en argument oor hierdie geskilpunt is
aangebied, en die hof het
uiteindelik die volgende bevel
gemaak (op bl. 346 G van die verslag):
"Dit word dus verklaar dat die Hugenoot-stroom oor die betrokke gedeeltes 'n openbare stroom is. Die eerste respon-dent word gelas om die gedingskoste ten opsigte van hierdie geskilpunt te betaal."
Die Krugers kom nou in hoër beroep teen hierdie
bevel.
Voordat die appèl aangehoor is, is die partye se advokate versoek om te oorweeg of die waterhof se bevel aan appèl onderhewig is. Art. 49(1) van die Waterwet bepaal, met irrelevante uitsonderings, dat enige party by verrigtinge voor 'n waterhof waarin daardie hof 'n finale uitspraak gegee het, teen bedoelde uitspraak by hierdie hof appèl kan aanteken.
Albei
8 Albei partye se advokate het toegegee dat die bevinding dat die
Hugenootstroom 'n openbare stroom is, nie 'n finale uitspraak was
nie, en dus
nie aan appèl onderhewig is nie. Hierdie bevinding was van bloot
voorlopige belang in die geding en is, soos blyk
uit die bogemelde aanhaling uit
die uitspraak, beskou as slegs 'n voorspel tot die voortsetting van die verhoor
of tot 'n skikking
van sommige geskilpunte. Inderdaad is geen skikking bereik
nie, en by die verhoor van die appèl het albei partye hul voorneme
be-vestig om met die verhoor voor die waterhof voort te gaan ten einde hul
substantiewe eise (of sommige daarvan) te pro-beer afdwing.
Hoewel die hof se
bevinding omtrent die aard van die stroom 'n uitwerking sou hê op die
voortsetting van
die
9 die verhoor, was die partye nie ad idem oor wat die presiese uitwerking sou wees nie, en is dit trouens onseker wie uit-eindelik deur hierdie bevinding bevoordeel sal word - 'n aspek waarby ek later weer kom. Uit hoofde van die voorgaande het die advokate myns insiens gelyk gehad in hul houding dat die gemelde bevinding nie appellabel is nie. Sien Heyman v Yorkshire Insurance Co. Ltd 1964 (1) SA 487 (A); Botha v A A Mutual Insurance Association Ltd and Another 1968 (4) SA 485 (A) en Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A).
Mnr Beckley, wat namens die appellant voor hierdie hof opgetree het, het egter betoog dat die waterhof se koste-bevel aan appèl onderhewig is. Daar is niks in die bevel
self
10 self wat aandui dat die kostebevel nie as 'n finale bevel beskou
was deur die geleerde regter a guo nie. Dit blyk ook dat hierdie nie 'n
geval was waar die hof per incuriam 'n kostebevel verleen het sonder dat
die partye 'n geleentheid gehad het om die hof daaroor toe te spreek nie. Indien
dit die geval
was, sou die waterhof self die bevel kon wysig - sien Firestone
South Africa (Pty) Ltd v Genticuro AG 1977 (4) SA 298 (A) op bl. 307 G-H -
maar waar die bevel verleen is nadat die partye wel argument oor koste gelewer
het, is
'n kostebevel "as immutable ... as any final judgment or order" (onderhewig aan irrelevante uitsonderings - ibid bl. 307 H-308 A).
Die vraag is dan of die kostebevel beskou moet word
as
11
as 'n "finale uitspraak" vir die doeleindes van art. 49(1) van die Waterwet. Hierdie uitdrukking, en soortgelyke uitdrukkings en begrippe in ons gemene reg en wettereg, het in die verlede aanleiding gegee tot heelwat bespreking en meningsverskil. Die jongste gesag, waarin verwys word na vroeëre bronne, is Du Toit v Ackerman 1962 (2) SA 581 (A) ('n saak spesifiek oor art. 49(1) van die Waterwet); South Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty) Ltd 1977 (3) SA 534 (A);enSmit v Oosthuizen 1979 (3) SA 1079 (A).
In die South Cape Corporation saak het CORBETT AR (wat die hof se uitspraak gelewer het) die volgende passasie van SCHRZINER AR in Pretoria Garrison Institutes v Danish Variety
Products
12 Products (Pty) Ltd 1948 (1) SA 839 (A) op bl.
870 met goed-
keuring aangehaal:
"... a preparatory or procedural order is a simple interlocutory order and there-fore not appealable unless it is such as to 'dispose of any issue or any por-tion of the issue in the main action or suit' or, which amounts, I think, to the same thing, unless it 'irreparably anti-cipates or precludes some of the relief which would or might be given at the hearing'".
As 'n mens hierdie toets op die kostebevel toepas
blyk dit dat dit 'n finale uitwerking gehad het op een van
die geskilpunte voor die hof, t.w. wie aanspreeklik sou
wees vir die gedingskoste t.o.v. die beslegting van hierdie
voorlopige geskilpunt. Wat ook al in die res van die verhoor mag plaasvind sou nie kon afdoen aan die appellant
se aanspreeklikheid vir hierdie deel van die koste nie.
Daar
13
Daar kan dus met reg gesê word, meen ek,
dat die kostebe-
vel beskik het oor 'n deel van een van die geskilpunte
by
die verhoor, en dat dit die appellant onherstelbaar uitge-
sluit het
van 'n deel van die regshulp wat hy in die ver-
rigtinge aangevra het. In beginsel meen ek dus dat die:
kostebevel wel
appelleerbaar is. Hierdie gevolgtrekking
is ook in ooreenstemming met sekere vroeëre gewýsdes
t.w.
Warner v Reid and Others 1907 TS 306 en Erasmus v Daly &
Co
1912 TPD 465, waarna verwys word in Du Toit v Ackerman (supra)
op bl. 588 D.
Die vraag of kostebevele appelleerbaar is, is selde
in ons regspraak behandel aangesien daar baie jare lank
wetteregtelike ordening was ten opsigte van appelle teen koste-
bevele
14 bevele (sien byv. art. 20(2)(b) van die Wet op die Hoogge-
regshof, no. 59 van 1959, soos oorspronklik gepromulgeer,
art. 80(b) van
die Magistraatshoven. Wet no. 32 van 1917 en
art. 83 (b) van die Wet op
Landdroshowe, no. 32 van 1944).
Trouens, in Du Toit v Ackerman
(supra) het die hof beslis
dat 'n kostebevel van die waterhof getref
word deur art.
20(2)(b) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959
(soos die artikel destyds gelui het), en dat die bevel ge-
volglik slegs
appelleerbaar was met verlof van die waterhof.
Daar kon, met eerbied gesê, getwyfel word of hierdie gevolg-
trekking korrek was. Soos reeds gemeld, bepaal art. 49(1) van
die Waterwet dat, met irrelevante uitsonderings, "enige party
by verrigtings voor 'n waterhof waarin daardie hof 'n finale
uitspraak gegee het, teen bedoelde uitspraak by die Appel-
afdeling
15
afdeling van die Hooggeregshof appèl (kan) aanteken".
Die
gesaghebbende Engelse teks lui:
"... any party to proceedings before a water court in which such court has given a finál judgment may appeal against such judgment ..."
Op die oog af word hierdeur n onbeperkte reg van appèl teen
finale uitsprake van die waterhof verleen, onderhewig slegs
aan uitsonderings wat tans nie ter sake is nie. Art.
49(2) bepaal dan:
"So 'n appèl word voortgesit asof dit 'n appèl teen 'n uitspraak van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof ... was, en al die bepalings van toepassing met be-trekking tot 'n appèl teen so 'n uitspraak is mutatis mutandis ten opsigte van
'n appèl kragtens hierdie artikel van toe-passing."
Ek
16 Ek sou graag die woord "voortgesit" in hierdie passasie be-klemtoon. Die Engelse teks is "... such appeal shall be prosecuted as if it were an appeal ..." (onderstreping aan-gebring).
Die uitdrukking "voortsetting van 'n appel" of "pro-secution of an appeal" is bekend in ons regspraak, en slaan op die prosesregtelike stappe wat gedoen moet word om 'n ap-pèl verhoor te kry. Sien byv. R v Bruyns 16 SC 378, Jackson v Smith 1928 TPA 580 en Vermeulen v Vermeulen 1939 OPA 199. Soos blyk uit gemelde beslissings kan daar in bepaalde samehange twyfel bestaan oor watter stappe inge-sluit word in die voortsetting van 'n appèl, soos byv. of kennisgewïng van appèl daaronder val. Hoe dit ook al sy,
bepalings
17
bepalings oor die voortsetting van 'n appèl kan myns
insiens
eers ter sprake kom indien 'n appellant 'n geldige appèl
het
om voort te sit, en die vraag of hy hoegenaamd 'n reg van
appèl
het sou dus nie normaalweg beantwoord word aan die
hand van bepalings oor die
voortsetting van 'n appèl nie.
Dit wil dan ook blyk dat art. 49
onderskei tussen die reg
van appèl,wat verleen word deur art. 49(1), en die prose-
dure waarvolgens die appèl voor die Appèlhof gebring word,
waarvoor voorsiening gemaak word in art. 49(2).
In Du Toit v Ackerman (supra) word die volgende gesê
op bl. 588 D-F:
"Wat die kostebevel betref, het die res-pondent se advokaat toegegee dat dit, volgens sekere beslissings wat hy genoem
het
18
het, o.a. Warner v Reid and Others, 1907 T.S. 306, en Erasmus v Daly & Co., 1912 T.P.D. 465, 'n finale bevel is. Maar al is dit 'n finale bevel dan sou die reg van appèl volgens art. 49 (2) van die Waterwet, gelees met art. 20 (2) (b) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959, onderworpe wees aan die verlof van die Waterhof. Eersgenoemde artikel bepaal nl. dat al die bepalings betreffende
'n appèl teen 'n uitspraak van 'n Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof, mutatis mutandis op 'n appèl kragtens daardie ar-tikel van toepassing is, en volgens laas-genoemde artikel is by 'n appèl teen 'n be-vel wat slegs betrekking het op koste wat regtens by die diskresie van die Hof berus, verlof van daardie Hof 'n vereiste. Hier
is geen sodanige verlof gevra of verleen nie. Die appèl teen die kostebevel as sulks, is daarom nie ontvanklik nie, en die beswaar daarteen word gehandhaaf."
Dit wil voorkom dat die hof moontlik in hierdie pas-
sasie uit die oog verloor het dat art. 49 (2) van die Water-
wet
19
wet te doen het met die voortsetting van 'n appèl eerder as met die reg tot appèl. Hoe dit ook al sy, die Wet op die Hooggeregshof is sedertdien ingrypend gewysig, veral deur Wet 105 van 1982. Art. 20(2)(b), waarna in bogenoemde pas-sasie verwys word, bestaan nie meer in sy destydse vorm nie. Tans word daar nie meer afsonderlik voorsiening gemaak vir ap-pëlle teen kostebevele nie en bepaal art. 20(4) dat daar geen appèl hoegenaamd teen enige uitspraak of bevel in 'n Provinsiale of Plaaslike Afdeling in siviele sake is sonder die verlof van die hof a guo of die Appèlhof nie. Watter regverdiging daar ook al mag gewees het om die destydse art. 20(2)(b) van die Wet op die Hooggeregshof saam te lees met art. 49(2) van die Waterwet en tot die gevolgtrekking te kom dat 'n kostebevel van
van
20
van 'n waterhof slegs met die verlof van daardie hof
appeleer-
baar is, meen ek dat daar tans geen regverdiging is om die reg van
appèl wat deur art. 49(1) van die Waterwet verleen word
te negeer deur
dit onderhewig te lees aan art. 20(4) van die Wet op die Hooggeregshof,
waarkragtens daar geen appèl sonder
ver-lof is nie. Na my mening verskaf
die prosesregtelike bepalings van art. 49(2) van die Waterwet sekerlik geen
sodanige regver-diging
nie. Ek meen dus dat alle finale uitsprake van 'n
water-hof, insluitende finale kostebevele, aan appèl onderhewig is na die
Appèlhof sonder dat verlof van enige hof verkry hoef te word.
Ek behandel vervolgens die meriete van die kostebe-vel. Die appellant het in sy argument veronderstel dat die hof se bevinding oor die aard van die stroom korrek was,
maar
21
maar betoog dat die kostebevel teen sy kliënt desnietemin aanvegbaar is. Dit is geykte reg dat 'n kostebevel binne die diskresie van die verhoorhof val en dat dit nie op appèl verstoor sal word tensy die diskresie nie behoorlik uitgeoefen is nie. In die onderhawige geval is geen redes verstrek waarom die Krugers met die koste beswaar is nie, en geen rede lê voor die hand nie. Weliswaar het die applikant in die hof a quo beweer dat die stroom 'n openbare stroom is, en het die Krugers dit betwis. Tot daardie mate kan daar miskien gesê word dat die applikant sukses behaal het ten opsigte van hierdie geskilpunt. Die verhoor het egter nog lank om te loop, en in argument voor ons het Mnr Kuhn, wat namens die applikant a quo (respondent in
hierdie
22
hierdie hof) verskyn het, toegegee dat sy oorwinning moont-lik soortgelyk aan dié van Pyrrhus mag blyk te wees. Soos hy die saak ingesien het, het die hof se bevinding dit vir hom moeilik of onmoontlik gemaak om te slaag in sy eise ge-baseer op 'n ooreenkoms of verjaring. Wat sy eis om ver-deling van die water betref, sou die. Krugers se beroep op die bepalings ten opsigte van Staatswaterbeheer-gebiede moontlik die waterhof se jurisdiksie uitskakel (sien art. 62 van die Waterwet). Die posisie mag dus bereik word dat die applikant a quo aan die einde van die saak geen regs-hulp ontvang nie, en dat dit juis die openbare aard van die stroom mag wees wat bydra tot sy mislukking. Natuurlik is daar ook baie ander moontlikhede, maar die punt wat ek wil
beklemtoon
23
beklemtoon is dat die uiteindelike sukses of mislukking van die partye, en die uitwerking van die hof se bevinding op sodanige sukses of mislukking, tans onbepaalbaar is. Onder hierdie omstandighede was dit na my mening ongewens om 'n finale kostebevel te verleen. Waar die hof geen redes vir sy bevel gegee het nie, kan ek alleen aflei dat hy nie besef het dat die voorlopige bevinding oor die aard van die stroom nog nie as 'n oorwinning vir een of ander party aangemerk kan word nie. Ek meen dus dat ons geregtig is om die kostebevel te wysig deur te gelas dat die koste van die betrokke ge-skilpunt voorbehou word vir beslissing aan die einde van die saak.
Ten slotte is daar die koste van appèl. Die appèl
was
24
was in hoofsaak gerig teen 'n bevinding wat nie appelabel was nie, en die sukses wat die appellant behaal het, geld net met betfekking tot die kostebevel, wat eintlik van onderge-skikte belang is. Daarbenewens is die appellant se sukses selfs op hierdie gebied maar beperk: geen bevel in sy guns word verleen nie, maar hy behou die kans om so 'n bevel aan die einde van die verhoor te verwerf. Onder hierdie om-standighede meen ek dat reg sal geskied as elke party gelas word om sy eie koste van appèl te betaal. Die bevel van hierdie hof is:
a) Die appèl teen paragraaf 1 van die be-vel van die Kaapse Waterhof(d.w.s. die paragraaf wat verklaar dat die Hugenootstroom 'n openbare stroom is) word van die rol ge-skrap.
b)
25
b) Die appèl teen paragraaf 2 van gemelde
bevel
(d.w.s. diekostebevel) slaag en word vervang met die
volgende:
"Dat die gedingskoste ten opsigte van hierdie geskilpunt voorbehou word vir beslissing aan die einde van die geding."
c) Elke party sal sy eie koste van appèl dra.
E M GROSSKOPF, AR
VILJOEN, AR ) BOTHA, AR ) SMALBERGER, AR ) Stem saam
BOSHOPF, WnAR )