South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 147

| Noteup | LawCite

S v Koker (247/86) [1986] ZASCA 147 (28 November 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


247/86
/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

KENNETH JAGERS EN ATTIE DE KOKER APPELLANTE

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : VILJOEN, GROSSKOPF, ARR et GALGUT, WAR

VERHOORDATUM : 18 NOVEMBER 1986 LEWERINGSDATUM : 28 NOVEMBER 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die/

2. Die twee appellante het saam met drie
ander op 'n aanklag van moord tereggestaan voor 'n
regter en assessore in die Witwatersrandse Plaas-
like Afdeling. Die appellante was beskuldigdes 3
en 5 (na wie ek hierna sal verwys as sulks) in die
verhoorhof. Die ander beskuldigdes wat saam met
hulle tereggestaan het was Dan Vincent Fortune (be-

skuldigde 1), Isaac Stanley Paulsen (beskuldigde 2)

en Hilton Howe (beskuldigde 4). Al vyf van hulle is

skuldig bevlnd.. In geeneen van die gevalle is ver-

sagtende omstandighede bevihd nie en al vyf is gevolg-

lik ter dood veroordeel. Met verlof deur die verhoor-

regter verleen kom die appellante nou in hoër beroep

teen die bevinding dat daar geen versagtende omstan-

dighede/.....

3. dighede bestaan nle en die gevolglike doodvonnis.

Die verhoorhof het bevind dat in die nag
van 10/11 Augustus 1984 die vyf beskuldigdes wat
gevangenes in sel B12 in die Diepkloofgevangenis,
Johannesburg, was vir Billy Jacobs, 'n selgenoot van
hulle, vermoor het deur hom te verwurg. Al die ge-
vangenes in die genoemde sel was veroordeeldes, maar

aangesien hulle verhoorafwagtend was op verdere aan-

klagte, is hulle volgens regulasies nie toegelaat om

uit te gaan en te gaan werk nie. Hulle moes hulle

slegs besig hou met skoonmaaktakies in die sel self.

Wie wat moes doen in hlerdie verband moes hulle self

organiseer. Die sel was bestem om 36 gevangenes te

huisves wat twee-twee op stapelbedde moes slaap maar

op die/

4.

op die betrokke datum was daar nie minder as 43 ge-
vangenes in die sel nie. Aan die een punt van die
sel was 'n bad- en 'n toilet-afskorting. Uitgang uit
die sel is verleen deur 'n deur in die toilet-afskorting.
Aan die buitekant van die sel is 'n spasie wat bekend

staan as die stoep. Die beddens was 'n klein afstand

van mekaar. As hulle links-om genommer word vanaf

die deur van die toilet-area dan is bedde 9 en 10 teen-

oor mekaar in die verste hoeke van die sel vanaf die

toilet-area.

Op die oggend van 11 Augustus 1984 is die liggaam van die oorledene deur gevangenls-beamptes in die toilet-afskorting onder 'n kombers gevind en is die polisie ontbied. Die oorsaak van die dood was

verwurglng/
5. verwurging. 'n Ondersoek is op tou gesit as gevolg
waarvan die vyf beskuldigdes aangekla is en voor

die hof verskyn het.

Met die oog op die betoë namens die
appellante wat, kort gestel, gegrond is op hulle

jeugdlge ouderdom saamgeneem met die intrlges van

die bendelewe en die beinvloedlng en vreesaanjaging

van die kant van beskuldigdes 1 en 2 - toestande

waarin hulle beweerdelik deur omstandighede vasge-

vang is en waarvan hulle die slagoffers geword het

is dlt nodig dat ek kortliks na die getuienis op

die meriete verwys.

Twee van die appellante se selmaats op

hierdie betrokke datum, Moses de Beer en Faried Khan,

het/

6.

het vir die Staat getuig. Volgens hulle getuienls
blyk dit dat die oorledene en beskuldigde 1 tegelyker-tyd op 9 Augustus tot daardie sel toegelaat is. Beskuldigde 1 en die oorledene het op 9 Augustus skyn-baar op 'n goeie voet met mekaar verkeer maar op 10 Augustus het sake verander. Die oorledene het by die twee getuies geslaap waar bedde 3 en 4 teenmekaar ge-stoot was. Beskuldigde 1 het die eerste nag, die nag van 9 Augustus op die grond geslaap op 'n matras langshulle bedde. Die volgende dag, 10 Augustus, het hy 'n slaapplek gekry by bedde 7 en 8.

Op die middag van 10 Augustus, nadat die sel gesluit is, het beskuldigdes 4 en 5 na die bedde gekom waar die oorledene, Moses de Beer en Faried Khan

sou/
7. sou slaap daardie aand. Beskuldigde 4 dring toe

daarop aan dat hulle (4 en 5) met die oorledene wou

praat met die doel om 'n ou geskil uit die weg te

ruim en vriende te maak. Dit blyk dat die ou geskil
'n gebeurtenis was wat in die ou Fort-gevangenis af-

gespeel het. Van 4 en 5 se vriende is daar in die

gevangenis vermoor. Die oorledene was 'n verdagte in

die moord en is inderdaad ook aangekla maar is on-

skuldig bevind en ontslaan. Oorledene se antwoord

op die aandrang was om aan te bied om op die volgende

dag met hulle te gesels om die geskil ult die weg te

ruim of vir 'n verplasing na 'n ander sel te vra. Be-

skuldigdes 4 en 5 is toe na bed 10, die bed waar be-

skuldlgde 2 geslaap het. Om bedde 10 en 11 was daar

'n kombers gespan. Dit is nie duidelik of die doel

was/

8.

was om privaatheid te verseker of om die lig uit te
hou nie. Daarna het beskuldigde 1 na die oorledene gekom en hom meegedeel dat "daardie mense" (blykbaar 4 en 5) daarop aandring dat daar op daardie dag klaar gepraat word en dat hulle nie bereid was om tot die volgende dag te wag nie. Oorledene het toe opgestaan en na beskuldlgde 2 se bed gegaan. Terwyl die gesprek daar aan die gang was het die oorledene vir Moses de Beer geskree om vir hulle Sweet Aid koeldrank—poeier aan te maak en die koeldrank na hulle te brlng. Toe de Beer daar kom vind hy dat beskuldigdes 1 en 2 op bed 10 sit en beskuldigdes 3, 4 en 5 op bed 11. Oor-ledene het tussen die twee bedde gestaan. Moses is terug na hulle bed toe. Na 'n ruk het die oorledene

ook/
9. ook daarheen teruggekom. Die klok het daarna gelul.

Sommige het gaan slaap. Ander was nog wakker.

Beskuldlgdes 1 en 3 het op 'n stadium verby

hulle bedde geloop na die toilet-area. die lig in

die sel wat veronderstel was om heel nag te brand

het toe uitgegaan. Moses het die afleiding gedoen

dat die lig, waarvan die skakelaar bereik kon word

deur 'n arm deur die venster te steek, deur of beskul-

digde 1 of beskuldigde 3 afgeskakel is. Beskuldigde

1 het eerste weer langs hulle bed verby geloop, ge-

volg kort daarna deur beskuldigde 3, in die rigting

van beskuldigde 2 se bed. Beskuldlgde 1 het weer

na hulle bed gekom en die oorledene meegedeel dat

"daardie mense" wou klaar praat en nle wou wag tot

die/

10.

die volgende dag nie. Moses het die geleentheid te

baat geneem om vir beskuldigde 1 te vra waarom hulle die llg afgeskakel het en het hom daarop gewys dat hulle gestraf kon word "vir 3 maaltye" met ander woorde dat hulle drie maaltye nie sou ontvang nie. Beskuldig-de 1 se antwoord aan Moses was dat hy te veel weet. Die oorledene het geweier om nog 'n slag met die be-skuldigdes in gesprek te tree daardie aand. Beskuldig-de 1 is terug na beskuldigde 2 se bed. Oorledene het op hulle bed bly sit. Beskuldigde 1 het kort daarna weer na hulle teruggekeer en vir Moses beveel om hom te volg na die ander beskuldigdes. Hulle wou met hom praat. Moses het gehoorsaam en, daar aangekom, vind hy vir 1 en 2 met lemme in hulle hande. Hulle deel

hom/

11.

hom mee dat hulle vir die oorledene gaan doodmaak
en as Moses skree sal hulle vir hom ook dood. Moses word toe gelas om by 2 se bed in te klim en te slaap. Hy het, soos gelas, in die bed ingeklim.

Beskuldigdes 2 tot 5 het daarna in die rigting van die oorledene geloop. Beskuldigde 1 het hulle kort daarna gevolg. By die oorledene aangekom het beskúldigde 2 vir die oorledene gevra: "Wil jy kom of moet ons jou met krag wegvat?" Oorledene spring op om van hulle weg te kom maar 2 pak hom om die lyf van agter en hou hom vas. Beskuldigde 4 haal 'n krep-verband ult sy sak tevoorskyn en probeer dit om die oorledene se nek kry. Die oorledene sien dit en skop vir beskuldigde 4 weg. Op hierdie stadium kom be-

skuldigde/

12.

skuldigde 1 by en trek die oorledene se voete onder
hom uit sodat hy op sy maag te lande kom. Beskuldigde
1 hou sy voete vas terwyl 2 bo-op hom sit. Beskuldig-
de 4 slaag daarin om die verband om die oorledene se

nek te kry en beskuldigdes 3 en 5 trek die verband

styf deur aan die punte te trek terwyl hulle met

hulle voete teen die oorledene se nek vastrap. Be-

skuldigde 4 het aan die kant van beskuldigde 5 gehelp.

Oorledene het een maal geskree maar daarna

was dit stil. Na ongeveer tlen minute het beskuldigde

1 gesê: "Die vark is nou klaar dood." Beskuldigde

4 het die verband afgehaal en al vyf het die oor-

ledene in die toilet-area gedra en 'n kombers oor hom

gegool. Daarna het die ligte aangegaan. Beskuldlgde 1 het

die/
13. die oorledene se sak waarin sigarette, tabak, seep,
tandepaste en -borsel en ander persoonlike goedere
was geneem en hlerdie goedere is by bed 11 onder al
vyf verdeel. Die beskuldigdes het daarna gaan slaap.

Die volgende oggend, nadat die gevangenes
van die sel op die stoep opgestel is om getel te word,

het die gevangenisowerhede bewus geword van wat daar

gebeur het en het beskuldigde 1 en ene David Phillips

vir beskuldigdes 2 - 5 uitgewys as persone wat aan-

dadig sou gewees het aan die moord. Hierdie maneuver,

het die hof a quo bevind, was 'n voorafbeplande set wat

gesmee is sodat beskuldigde 1 se getuienis dan deur

die Staat aangebied sou word en hy sulke swak getule-

nis sou gee dat 'n hof nie daarop kon staatmaak nie

en/
14. en genoodsaak sou wees om beskuldigdes 2 - 5 on-

skuldig te bevind en be ontslaan.

Beskuldigde 1 en Phillips het dan ook in
getuienis, nle wat hulle vir die Staat gelewer het
nie, maar vir die verdediging, probeer om die hof

a quo te verwar deur in getuienls aan te voer dat

die betrokke gevangenis-beampte, sers Sedumedi, wat

op die toneel gekom het die volgende oggend, bewus

was daarvan dat die oorledene aan die "Fast Gun"-bende

behoort en dat die lede van hierdie bende die vyande

was van die "Spalding" en die "Viking"-bendes en dat

hy dadelik besluit het dat die skuldiges lede van

laasgenoemde bendes moes wees. Al waarin, voigens

hulle, Sedumedi belang gestel het, was om te weet

wie/
15. wie "Spaldings" en "Vikings" was, met die gevolg dat

beskuldigdes 2 - 5 uitgewys is deur beskuldigde 1

en Phillips. Die plan wat so vooraf gesmee is, het

toe, ongelukklg vir al die beskuldigdes, nie geslaag

nie. Die Staat het, vanweë die bereidheid van Moses

de Beer en Farled Khan om , ondanks dreigemente, ge-

tuienis vir die Staat te lewer, dit nie nodig gevind

om op die getuienis van beskuldigde 1 staat te maak

nie. Hoewel sowel beskuldigde 1 en Phillips as al

die ander beskuldigdes hierdie verdigsel as deel van

hulle verdediging aangebled het met daarby die weer-

gawe dat hulle niks van die hele moord weet nie, omdat

hulle rustig en vas geslaap het, het hulle die hof

a quo nie beindruk nie.

Almal/

16. Almal van hulle het getuienis ter versag-

ting gelewer. Behalwe beskuidigde 1 het almal nou
aandadigheld in 'n mindere of meerdere mate erken.
Beskuldigde 1 het nog steeds volgehou dat hy nie

deelgeneem het nie. Volgens hom was beskuldigde 2
die leier en aanstigter. Hy was wel wakker, sê hy, en

het die oorledene gehoor skree en het ook gedeel in

die buit wat uit die oorledene se sakkie gekom het, maar

hy was glad nie op die toneel waar die oorledene gedood

is nie. Ook volgens die ander beskuldigdes se getuie-

nis het beskuldigde 1 geen aandeel in die moord gehad

nie. Ook ander persone het namens hulle getuig waar-

onder 'n dame, ene mev Baisoukis, wat namens die

Katolieke kerk vrywillige sosiale werk in die dorp-

gebiede/
17. gebiede doen en wat heelwat ervaring het van bende-
bedrywlghede in die gebiede. In die loop van haar
werk het sy bewus geword van die oorledene se repu-

tasie. Volgens haar was dit algemeen bekend dat

die oorledene besonder bedrywig was in bende-stroop-

togte, in die Mandrax-smokkelbedryf en het hy die

gemeenskap en van sy mede- en ander bendelede ge-

terroriseer sodat almal hom gevrees het. Een van sy

groot konkurrente was ene Pinky Cooper vlr wie hy

by geleentheid in die maag gesteek het en wie se seun

hy geskiet het. Daar was 'n vae suggestie dat die

beskuldigdes hulle opdrag van buite die gevangenis

gekry het om die oorledene om die lewe te bring - h

opdrag waarin Pinky Cooper 'n rol sou gespeel het.

'n Ander/

18.

'n Ander omstandigheid waarop gesteun is in die hof a quo,is dat die twee appellante, wat jonk en vat-baar vlr beinvloeding was, of deur beskuldigde 1 of beskuldigde 2 beinvloed en moontlik bedreig is. Op die eienaardige verswyging van beskuldigde 1 se aan-deel in die gebeure is gewys en daar is aangevoer dat die hof a quo 'n afleiding moes maak dat hy die ander beskuldigdes gelhtlmideer het.

Die terughoudendheid van die ander be-skuldigdes om vir beskuldigde 1 te betrek, het die verhoorregter beskryf as die algemene deler in die getuienis van beskuldigdes 2 - 5 wat, ondanks hulle plegtige verklaring dat hulle geloofbare getuienis sou gee ter versagting, nogtans 'n hele boel leuens

weer/
19. weer verkondig het. Wat die motief was vir hulle beskermlng van beskuldigde 1 kon slegs maar gegis word, meen die hof, wat geen afleiding of bevinding in dié verband kon maak nie. Dat daar bendes buite die gevangenis was wat vir die beskuldigdes in daar-die sel opdrag gegee het om die oorledene om die lewe te bring, het die hof verwerp. Direkte getuienis in die verband is min en hoofsaaklik wasig, sê die hof. Dít is waar dat bendes sowel binne as buite die ge-vangenis bedrywig is maar sel B12 was 'n geslote sel vir alle praktiese doeleindes. Die aangehoudenes in daardie sel werk nie en kom nie in aanraking met die ander gevangenes nie. Hoe enige hoofstruktuur sy gesag binne hierdie sel B12 kon laat geld, kon die

hof/

20. hof nie begryp nie. Die hof het ook ander aspekte

uitgelig waarom hierdie argument nie kon staande bly

nie. Billy Jacobs was 'n gevaarlike boef buite die

gevangenis en was baie duidelik verantwoordelik vir

die dood van vrlende van die beskuldlgdes in die ou

Fort. Natuurlik sal daardle daad die gevolg hê dat
ander boewe, en dit is wat, na die hof se oordeel die

beskuldlgdes is, wraakgevoelens sal hê en soos hulle

dit sagkens uitgedruk het, mekaar "nie verstaan nie."

Die oorledene het onverwags op die Donderdagmiddag in

die sel opgedaag - dit wil sê, so begryp ek die hof

se redenering, kon die beskuldigdes nie voor dle

tyd enigiets teen hom beplan of opdragte om hom te

likwideer, van elders, binne of buite die gevangenis

ontvang/
21 . ontvang nie. Vir beskuldigde 4 was dit 'n groot ver-

rassing toe hy vir Billy Makiet (soos hulle die oor-
ledene genoem het) in die sel gewaar en toe beskuldig-
de 5, wat nie Donderdag in die sel was nie, van die
hof kom op die Vrydag het beskuldlgde 4 vir beskuldigde

5 ingelig dat Billy Makiet nou saam met hulle in die

sel was. Die hof wys daarop dat dit beskuldigdes 4 en

5 was wat ook eerste met hom gepraat het oor hoe hulle

mekaar nou moet verstaan. Dit klink nie,meen die hof,

na enige vorm van bevel van bo, van een of ander be-

stuur buite daardie sel of binne daardie sel, wanneer

die paar baaiese feite in aanmerklng geneem word nie.

Die uitspraak ten aansien van versagting gaan soos

volg voort:

"Die suggesties wat gevolglik voor ons geplaas is betreffende sogenaamde invloede van bendes

van/

22.

van bo af, is in hierdle geval onbestaan-baar, en kan nle aanvaar word nie. Maar, dat hulie bende-ingesteldheid natuurlik
'n rol speel ly geen twyfel nie. Natuurlik is dit so dat Billy Makiet van hulle makkers, bendelede vermoor het in die Fort, dat hulle ander dinge teen hom hou en dat dlt spruit uit hulie bende-bedrywlg-hede. Daaroor bestaan daar nie twyfel nie, en dit is die beginpunt van enige rasionele analise van wat eintiik hier aan die gang is .

In hierdie opsig wil ek net weer verwys na die getuienis van Mej Balsoukis wat reeds hoofgetuienis gegee het en weer kom getuig het, maar veral in haar hoof-getuienis waarna sy verwys het na hierdie persone as jeugdiges, wat nie werk nie, wat 'n boewebestaan voer; wat veg en moor en met dwelms tekere gaan.

In die geval van iedere een van die be-skuldigdes, blyk dit uit hulle eie ge-tuienis ook. Ons het gevolglik hier te doen met mense wat van daardie kaliber is, en wat báie bereid en gereed sal wees om wraak te neem, en dat hierdie

bendegevoelens/...

23.

bendegevoelens wat bestaan iets in die
agtergrond is, maar nie moet gesien word, in hierdie besondere geval, as 'n bevel om op te tree of om nou juis te moor nie."

Die geheel-beeld, sê die hof, is duidelik van 'n vorm van 'n kangaroehof wat gehou is nadat Billy Makiet opgemerk is in daardie sel - iets wat begin het by 4 en 5 en heelwaarskynlik bale gou gesprei het na hulle vriende 1, 2 en 3 want toe Billy Makiet gevra is om na bêd 10 te kom was al vyf daar. Klaarblyklik het 1 en 2 die leiding ge-neem maar almal was deelnemers. Daar is die dood-vonnls gevel en daarna deur almal uitgevoer.

Die hof het geen twyfel gehad dat al 5 die beskuldigdes blaamwaardig is ten volle vir die moord nie.

Die/

24.

Die jeugdige ouderdom van beskuldigdes 3 en 5 is

besonderlik oorweeg deur die hof en in hierdie ver-

band is hierdie oorweging soos volg in die uitspraak

behandel:

"Nr 3 en 5 is in hulle vroeë twintigs nou, en was in die omgewing van 20 toe die moord gepleeg was. Indien dit 'n geval gewees het waar 'n moord gepleeg is deur hulle twee, of met hulle deelname, en dit iets is wat op die ingewing van die oomblik gebeur het, dan sou hulle jeug 'n baie groot rol ge-speel het op hierdie stadium. Die voort-varendheid van die jeug is inderdaad in die kern van die denke oor verminderde strafwaardigheid van jongmense.

Op dieselfde basis is die deliberate en sorgvuldige beplanning van moorddadige optrede deur jongmense iets wat nie ver-sagtend is nie, bloot uit die oogpunt van jeug nie. Hier is ons geheel en al te-vrede dat as gevolg van hulle bendelewe buite die tronk, wat 'n boewelewe was, 'n

gewelddadige een, waar hulle hier vir

ons/

25.

ons beskryf het, al drie van hulle, hoedat

hulle van tyd tot tyd in die buitelewe geveg het en geskiet het, en tekere gegaan het en soaan, dat hierdie optrede binne die tronk niks vreemds is vir hulle nie, niks om voor terug te deins nie, en dat hierdie slegs in die patroon en in lyn lê met hulle lewens en denke daarvoor. Dat, in hierdie geval dit nie 'n versoeking is wat skielik gekom het, en dat die jeug, as gevolg van sy jeugdigheid moeillkheid het om te weer-staan of as gevolg van sy jeug voortvarend daarin verder gaan nie. Dit is die soort van optrede waaraan hulle gewoond is en in hier-die besondere instansie het hulle deliberaat deelgeneem en besluit toe hulle as lede van hierdie kangeroehof nle tevrede gestel is met die oorledene se standpunt nie, dat daar 'n einde aan hom gemaak moet word."

Daar is nog een poging aangewend deur be-

skuldigde 3 om die hof a quo te oortuig dat hy eindelik
dle volle waarheid sou vertel. By die aansoek-om-verlof-
om-te-appelleer-stadium is daar 'n aansoek namens hom

gerig/

26.

gerig dat die hof hom nog 'n geleentheid moet gee om
getuienis af te lê. Hierdle relaas sou dan wees dat beskuldigde 1, en nie beskuldlgde 2 soos hy voorheen gesê het nie, hom sou gedreig het om met die moord te help anders sou hy self gedood word. Ene Dawid Seekoei sou hom dan staaf in hierdle nuwe getuienis. Hierdie aansoek het die hof, wat dwarsdeur die ver-hoor besonder lankmoedlg was, heeltemal tereg geweier. Teen hierdle weiering is daar geen hoër beroep nie.

In hierdie Hof is daar namens beskuldigde 3 nie gesteun op beinvloeding of opdragte van bulte die gevangenis nie. die betoog was beperk tot die faktore van jeugdigheid saam met beinvloeding en vrees wat veral deur beskuldigde 1 ingeboesem sou gewees het.

Die/
27. Die verhoorhof het gefouteer en misgetas, is aan-

gevoer om siegs die voortvarendheid van die jeug

in ag te neem by die oorweging van jeugdigheld as
'n versagtende omstandigheid,aldan nie en na te

laat om die ander eienskappe van 'n jeugdige soos

byvoorbeeld sy onvolwassenheld, sy gevolgllke gebrek

aan oordeel, gebrek aan lewenservaring, onrypheid en

vatbaarheld vir beinvloeding te oorweeg. Soos ek

die uitspraak lees, het die verhoorhof juis hierdie

ander eienskappe wat gewoonlik in 'n jeugdige aan-

getref word, in ag geneem deur te oorweeg hoe swaar

dlt in hulle geval weeg. Die slotsom waartoe die

hof gekom het, is dat hierdie ander eienskappe ver-

dlskonteer is deur die soort lewe wat hulle gelei het.

Die/
28. Die hof het dit beslis nie oor die hoof gesien
nie. Dit is verder aangevoer dat die hof verkeer-

delik die bevinding dat daar geen versagtende om-

standighede bestaan nie, gemotiveer het op grond

van getuienis wat die hof klaarblyklik self verwerp het.

In hierdie verband is veral gesteun op die verwerping

van die getuienis dat hulle uitgewys is omdat Sedumedi

alleen "Spaldings" en "Vikings" uitgewys wou hê omdat

hy dan kwansuis bewus sou gewees het van die vyandig-

heid tussen die "Fast Guns", aan welke bende die oor-

ledene behoort het en die "Spaldings" en die "Vikings", waar-

aan o a beskuldigdes 3 en 5 sou behoort het. Dat

beskuldigdes 3 en 5 in hierdie verband leuens vertel

is duidelik maar dit is net so duidelik dat hulle

wel/

29.

wel aan bendes behoort het en dit was gemene saak

dat die moord op gevangenes in die Fort-gevangenis,
waarby die oorledene nou betrokke was, 'n bende-smaak

gehad het. Beskuldigdes 4 en 5 skyn die nouste ge-

moeid te gewees het maar beskuldigde 3 het nooit

aangevoer dat hy nle met die ander beskuldigdes

hlerdie sienswyse gedeel het nie. Beskuldigde 3 het

'n besondere aktlewe rol in die verrigtinge geneem.

Hy was saam met die ander daar by bedde 10 en 11

waar die doodvonnis ultgespreek is. Hy is saam met

beskuldigde 1 toe die lig afgeskakel is. Hy het aan

die een kant van die verband waarmee die oorledene

verwurg is, getrek. Hy het gehelp om die liggaam na

die toilet te dra en hy het saam met die ander in

die/

30.
die goed van die oorledene gedeel. Dit is waar
dat hy een van dlé was wat beskuldigde 1 se aan-

deel verswyg het maar van die feit alleen kan nie
'n afleiding gedoen word dat hy dit uit vrees vir

beskuldigde 1 gedoen het nie. Soos die verhoor-

regter gesê het, mens kan alleen maar gis wat huile

motief was waarom hulle so opgetree het, maar aan-

gesien beskuldigde 3 soveel leuens vertel het, is

daar geen aanvaarbare getuienis waarvan so 'n aflei-

ding gedoen kan word nie.

Die argumente wat in die belang van beskul-

digde 5 aangevoer is, het hoofsaaklik ooreengestem

met dié wat ten behoewe van beskuldigde 3 voorge-

dra is. Sy aandeel in die gebeure was nog groter

as/
31. as dié van beskuldigde 3. Dit is, so is af te lei, hy wat saam met beskuldigde 4 die inisiatief geneem het om die hele optrede teen die oorledene aan die gang te sit. Dit is aan hom wat die mededeling deur beskuldigde 4 gemaak is dat Billy Makiet in die sel is. Dit is hy wat saam met beskuldigde 4 eerste vir die oorledene genader het met die versoek dat die ou moeillkheid wat voortgespruit het uit gebeure in die Fort-gevangenis uit die wêreld gemaak moet word. Soos blyk uit die getuienis van Faried Khan het hy 'n belangrike aandeel gehad in die verwurging van die oorledene. Hy het gehelp om die liggaam na die toilet te dra en het saam met die ander gedeel in die buit.

Ek/

32.

Ek het al die argumente wat namens die

appellante aangevoer is, sorgvuldig oorweeg. Die appellante se advokate het my egter nie oortuig dat die verhoorhof enige aspek oor die hoof gesien het of enige aangeleentheid te hoog aangeslaan het nie.

Gevolglik word die appèlle van beide appellante van die hand gewys.

APPèLREGTER

GROSSKOPF, AR)
GALGUT, WAR) stem saam