South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 148

| Noteup | LawCite

S v Kavandara (394/86) [1986] ZASCA 148 (28 November 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


394/86

/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ALFONS KAVANDARA APPELLANT

en
DIE STAAT RESPONDENT
Coram : VILJOEN, GROSSKOPF, ARR et

NESTADT, WAR

Verhoordatum : 24 NOVEMBER 1986 Leweringsdatum : 28 NOVEMBER 1986

UITSPRAAK ,

VILJOEN, AR

Met/

2
Met verlof van die verhoorregter a quo kom die appellant in hoër beroep teen die dis-kresionêre doodvonnis wat hom opgelê is vir twee moorde waaraan hy skuldig bevind is. Die dis-kresie is uitgeoefen ingevolge s a (l)(a) saam-gelees met s a (2) van a 277 van Wet 57 van 1977 nadat die verhoorhof bevind het dat daar 'n redelike moontllk-heid bestaan dat, toe hy die misdade gepleeg het, hy onder die ouderdom van 18 jaar kon gewees het. Dit sou meer bevredigend gewees het as die hof a quo 'n besliste bevinding gemaak het van die ouderdom van die appellant maar soos ek die deskundige getuienis en die uitspraak vertolk, het die hof, alhoewel dit die versigtige weg gekies het om nie 'n positiewe be-vinding te maak dat die

appellant/

3
appellant ten tye van die pleeg van die oortredings oor die ouderdom van 18 jaar was nie en dit as 'n redelike moontlikheid dat hy jonger as 18 jaar was, geag het, tog nie gemeen dat hy veel jonger was nle maar alleen dat hy moontlik aan die jonger kant van die grens van agtlen jaar was.
Die appellant het saam met 'n ander jong man, ene Albert Kuihiza ("Albert") voor die hof a quo op 'n aanklag van die moord op Ernst Merero ("Merero") en Festus Tjivikua ("Tjivikua") verskyn. Albert is as begunstiger skuldig bevind. Merero was 'n middel-jarige sakeman en Tjivikua was 'n afgetrede onderwyser. Die twee, was groot vriende. Op die oggend van 20 Februarle 1985 het Merero en Tjivikua met Merero

se/
4.
se Toyota bakkie van Windhoek na Karibib gereis
waar Merero grafstene moes gaan haal. Op pad het
hulle vir die appellant en Albert langs die pad,
naby Okahandja, teëgekom waar hulle te voet ge-
loop het. Hulle waa op pad na Arandis naby Swakop-
mund. Merero het hulle 'n geleentheid gebied om
saam te ry. Die appellant het 'n plastiese sak waarin
sy klere was, by hom gehad. In die sak was ook 'n 9 mm
Baretta pistool volledig met magasyn en patrone wat
hy van 'n polisieman, die minnaar van sy suster, ge-

steel het.

Op 'n stadium het die bakkie langs die pad

stilgehou en het almal uit- of afgeklim om te urineer.
Op hierdie plek is sowel Merero as Tjivikua deur die
appellant met die vuurwapen wat hy by hom gehad het

doodgeskiet/

5.
doodgeskiet. Verskeie skote is op elkeen gevuur. Appellant en Albert het die liggame van die pad gesleep en agter 'n bos laat lê waar die appellant hulle op 27 Februarie 1985 aan die polisie uitgewys het. Ongeveer 11 km van daardie toneel het die appellant en sy mede-beskuldigde 'n gat langs die
pad aan die polisle uitgewys waarin hulle sekere persoonllke besittings van die oorledenes weggegooi het. Tussen die goedere van Merero was daar ook 'n vuurwapen wat die appellant aan iemand anders ver-koop het. Die vuurwapen waarmee die oorledenes ge-skiet is, is deur 'n halfbroer van die appellant in sy hut begrawe waar die polisie daarop beslag gelê het. Van die traliewerk van die bakkie en matte in

die/
6. die bakkie het die appellant en sy maat ook ontslae
geraak op 'n eensame plek in die veld. Die appellant
het die bakkie self probeer verkoop maar voor hy

daarin geslaag het is hulle gearresteer.

Oor wat werklik op die toneel gebeur het,

het die Staat die getuienis van Manfred Kandorozu,
die halfbroer van die appellant, aangebied. Aan

hom het die appellant vertel wat gebeur het.Manfred se
getuienis is egter met versigtigheid bejeën want.
die hof het bevind dat dit in 'n aantal opsigte nie
bevredigend is nie. die appellant se getuienis dat
hy in noodweer opgetree het, 'n verweer wat verskil

het van 'n verklaring wat hy na sy inhegtenlsneming
afgelê het, is deur die hof verwerp, omdat dit nie

bestaanbaar/
7. bestaanbaar was met die mediese getuienis nie.
Die hof het bevind dat die enigste redelike af-leiding wat die hof kon maak was dat die appellant die oorledenes gedood het om hulle van die bakkie en ander eiendom te beroof wat hy dan ook gedoen het. Die hof het tot die gevolgtrekking geraak dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant, toe hy die oorledenes geskiet het, die regstreekse opset gehad het om huile te dood. Bewys hiervan is die skoot in die kop van Merero. Die indruk wat die hof gekry het was dat solank daar beweging aan die kant van die oorledenes was die beskuldigde nog geskiet het.

In die uitoefening van die hof se dis-kresie is daar soos volg geredeneer. Ten opsigte

van/.....
8. van die motief waarmee die appellant die oorledene

gedood het, het die hof bevind dat hy opgetree het

vir persoonlike gewin ten einde die besittings van

die oorledenes te bekom. Om dit te bewerkstellig
het die appellant op koelbloedige wyse die oorle-
denes geskiet en hulle so permanent buite aksie
gestel. Elkeen van die oorledenes is dan ook meer

as een keer geskiet. Merero het drie skote ontvang

en Tjivikua minstens twee. Op geen stadium het die

appellant eise aan die oorledenes gestel nie maar

het hy, toe die geleentheid sig voordoen, albei aan-

geval en hulle summier doodgemaak. Dit was nie 'n

geval waar die geweld wat aangewend was om teenstand,
wat ontstaan het, uit te skakel nie. Die oorledenes

was/
9. was eenvoudig nie 'n kans gegun om enige teenstand

te bied nie. Die twee oorledenes was vir die appellante twee
vreemdelinge wat goedhartig genoeg was om vir hom
en sy maat 'n geleentheid na Karibib aan te bied.
Daar was geen provokasie of enige ander omstandig-
heid wat emosies opgewek het wat, vanweë die appel-

lant se jeugdigheid en onervarenheid, hom beweeg het

om die oorledenes te dood nie.

Die hof a quo het die proefbeampte se ver-

slag waarin die geskiedenis oor sy agtergrond en

opvoeding uiteengesit is, deeglik oorweeg. Volgens

die proefbeampte het die negatiewe invloed van sy

onstabiele kinderjare impulsiewe optrede aan sy kant

en 'n versugting om gou ryk te word tot gevolg gehad.

In/
10.

In soverre as wat impulsiwiteit 'n rol mag gespeel het, sou dit verstaanbaar wees indien hy in die om-standighede waarin hy hom bevind het skielike teen-stand sou ondervind. Dit was nie die geval nie. Die optrede van die appellant dui vir die hof op koele berekendheid van 'n persoon wat weet wat hy wil doen en sy planne tot volvoering brlng. Die appellant se optrede voor en na die moorde was rasio-neel en planmatig.

Wat sy versugting om gou ryk te word betref sou, om dit ten koste van ander se iewens te laat botvier,eerder 'n verswarende as 'n versagtende faktor wees. Te oordeel na die pogings wat hy aangewend het om sy spore uit te wis was daar ook nie, soos aangevoer

is/
11.

is, 'n onvermoë aan sy kant om tussen reg en verkeerd te onderskei nie.
Sy jeugdigheid, sê die hof, is 'n sterk faktor in sy guns. Ten opsigte van 'n beskuldigde onder die ouderdom van 18 jaar, soos hier die geval is, het die wetgewer die blote feit daarvan, en as alleenstaande, as 'n versagtende omstandigheld ver-klaar, meen die hof, en wys daarop dat die howe selfs die jeugdige bo 18 jaar anders behandel as die vol-wasse en geestelik rype persoon. Die hof verwys dan na etlike sake, o a S v Lehnberg en 'n Ander 1975(4) 5A 553(A), waarin die uitdrukking inherente boosheid ge-bruik is, en S v Mapatsi 1976(4) SA 721 (A) en S v Ceaser 1977(2) SA 348 (A) waarin die begrip inherente boos-

held/
12. held verder toegelig is. Die hof se benadering

was dat hoewel die appellant die misdaad uit in-

herente boosheid gepleeg het, dit nie die feit van

sy jeugdigheid uitskakel nie maar dat saam daarmee

steeds al die faktore en omstandighede oorweeg moet
word om by 'n gepaste straf uit te kom. Wat die
wyse van uitvoering van die moorde betref meen die

hof dat dit 'n baie ernstige, selfs 'n uiterste geval

is. Die motief waarmee die moorde gepleeg is en

die wyse waarop dit uitgevoer is laat geen twyfel

dat die appellant berekend en koelbloedig opgetree

het nle en dat emosie of provokasie geen roi gespeel

het nie.

Die hof het die persoonllkheid en agter-

grond/
13. grond van die appellant in ag geneem. Sy optrede

in die getuiebank het nie die indruk by die hof
gewek dat hy oor 'n onder die gemiddelde intelligen-

sie beskik nie en gelet op die leidende rol wat hy

gespeel het en sy voorkoms was hy na die hof se
oordeel nie 'n onrype tienderjarige nie. Die hof
het gemeen, soos ek die uitspraak lees, dat die
moontlikheid dat 'n langtermyn-gevangenisstraf re-
habiliterend op die appellant kon inwerk, nie 'n
oorweging was wat onder die omstandighede gewig

dra nie. Ek verwys na die volgende passasie

in die uitspraak:

"Die/

14.
"Die moontlikheid dat langtermyn-gevangenisstraf rehabiliterend ten opsigte van die beskuldigde mag in-werk of nie, kan ek, en sou niemand met sekerheid kan sê nie."
Namens die appellant is betoog dat die

hof a quo nie sy'diskresie behoorlik uitgeoefen het
nie omdat die hof nie oorweeg het of 'n lang tydperk
van gevangenlsstraf met behoorlike opleiding en
dissipline nle tot hervorming of rehabilitasie

sal lei nie. Dit is veral 'n deurslaggewende faktor

by jeugdiges, is daar met 'n beroep na S v Letsolo

1970(3) SA 476(A) op 478 A - B; S v Matthee 1971(3)
SA 769 (A) op 771 A - E; S v K en 'n Ander 1972(2)

SA 898 (A) op 902 A - B en S v V 1972 (3) SA 611 (A),

aangevoer. Daar is toegegee dat die moontlikheld van rehabilitas

nie/

15 . nie noodwendig die doodvonnis uitsluit nie, maar,

is betoog, die verhoorhof moet deurentyd die moont-

likheid in gedagte hou by oorweging van vonnis en
'n versuim om dit te doen is 'n mistasting of dwaling
wat hierdie hof sal regverdig om in te gryp.

Ek stem nie met die betoog saam nie. Klaar-

blyklik was die verhoorhof van oordeel dat die erna

van die oortreding en die wyse waarop dit gepleeg

is,die oorweging van die jeugdigheid van die appel-

lant oordonder het. Kyk S v Mooi 1985(1) SA 625(A)

op 631A.

In die saak S v Petrus 1969(4) SA 85 (A) het

hierdie Hof die uitspraak in die saak SvVan der Berg

1968(3) SA 250 (A) waarin beslis is dat die gruwelike

wyse/
16. wyse waarop die oortreding gepleeg is, nie die
moontlikheid van versagtende omstandighede uit-

sluit nie, bespreek en verklaar. Op 95H - 96B
van Petrus se saak sê a r Rumpff:

"Om vas te stel of daar versagtende om-standighede is of nie, spreek dit m i vanself dat die feite van die misdaad sowel as die moontlike omstandighede wat as versagting sou kon dien oorweeg moet word. Die erns of afskuwelikheid van die misdaad, as sodanig, kan nie die moontlikheid van versagtende om-standlghede uitsluit nie. En ek dink nie iemand sal dit ooit wil beweer nie. Wat wel kan gebeur is dat wanneer die versagtende omstandighede oorweeg word in die lig van die feite van die misdaad, 'n Verhoorhof sou kon bevind dat die beweerde omstan-dighede in die besondere geval nie volgens sy mening as versagting kan geid nie. So sou 'n jeugdige van 17 jaar oud, wat reeds werk en betreklik volwasse is, en wat sy oom en tante verglftig om 'n groot som geld in die

hande/

17.

hande te kry, hom miskien tevergeefs mag beroep op sy jeugdigheid as sodanig, sonder meer. In hierdie lig moet ook gelees word wat verskyn in S v Mohlobane, 1969(1) S A 561 (AA) te bl 568, waar melding gemaak word van die noodsaaklikheld om die agter-grond van 'n jeugdige te ondersoek met die oog op sy graad van volwassenheid. Die bedoeling van wat daar staan, is nie om te beweer dat die hoogs laakbare aard van 'n misdaad die bestaan van versagtende om-standighede per se uitsluit nie, maar dat al die feite van 'n misdaad so kan wees dat 'n Verhoorhof sou kon besluit dat 'n spe-
siale ondersoek in verband met die jeugdige se graad van volwassenheid onnodig is en dat sy jeugdigheid (en dus moontlike ver-betering) nie as versagting kan dien nie."
Die beeld wat a r Rumpff gebruik het

illustreer die hopeloosheid van die appellant om,
in die omstandighede van hierdie saak, met sukses
te steun op sy jeugdigheld. Die appellant was

nie/
18. nie 'n lewensonervare en onrype jeugdige nie.

Soos die hof a quo tereg daarop gewys het, was
daar nle omstandighede soos provokasie of 'n
ander soortgelyke emosie of dronkenskap wat sy
gemoed kon affekteer nie. Hy het vir persoonlike
gewin twee mense koelbloedig en met berekende
planmatigheid vermoor. Dit was 'n wreedaardige en

snode daad, die verwytbaarheid waarvan nie deur sy

jeugdigheid verminder is nie.

Die appèl word van die hand gewys.

APPèLREGTER

GROSSKOPF AR)
) - stem saam NESTADT WAR)