South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 16
| Noteup
| LawCite
S v Mabhani (172/85) [1986] ZASCA 16 (17 March 1986)
Download original files |
172/85
JONAS VUYANI MABHANI
EN
DIE STAAT
172/85
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
JONAS VUYANI MABHANI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, BOSHOFF, ARR et
NESTADT, Wn AR
VERHOOR: 3 Maart 1986
GELEWER: 17 Maart
1986
UITSPRAAK
NESTADT, Wn AR
Die appellant is as beskuldigde
2, saam met
beskuldigde 1, in die Witwatarsrandse Plaaslike Afdeling
aan
2
aan moord (met versagtende omstandighede) skuldig
bevind.
Hulle is elkeen tot twaalf jaar gevangenisstraf
gevonnis.
Appellant is ook op klagte 2 aan roof skuldig bevind.
Ten
opsigte van hierdie misdaad is hy 'n verdere een jaar
gevang-
enisstraf opgelê. Dit is gelas dat sy twee vonnisse
saam-
lopend uitgedien moet word. Hy kom tans in hoër beroep
teen sy
skuldigbevinding aan moord nadat die nodige verlof
hom deur die verhoorhof
toegestaan is. Die aansoek om ook
teen die skuldigbevinding aan roof te
appelleer is geweier
en hierdie aspek van die saak is nie verder gevoer
nie.
Die volgende blyk uit die getuienis. Om onge-
veer 9.30 uur op die
aand van 14 Julie 1984 het die oorle-
dene Ganda Mokushana, 'n 26 jarige
Swartman, in die veld
naby
3
naby die Vosloorus Stadium in die distrik van Boksburg
in
'n voorval met beskuldigde 1, wat deur appellant vergesel is,
betrokke
geraak. Gedurende die loop daarvan is hy weder-
regtelik aangerand, meer
besonderlik deur die toediening
van twee steekwonde. Een was 'n 2 cm.
steekwond aan die
linker nekwortel en die ander 'n 3 cm. steekwond net bo
die
tepellyn. Laasgenoemde het blykbaar die eerste gedeelte
van sy aorta
deurgesteek en dit het tot inwendige bloed-
ing gelei. As gevolg hiervan is
hy oorlede.
Die vraag wat beslis moet word, is of die be-
vinding van die
verhoorhof dat appellant saam met be-
skuldigde 1 aan die moord deelgeneem
het, korrek is al
dan nie. Die antwoord hang af van watter rol, indien
enige
4
enige, hy, ten opsigte van oorledene se dood,
gespeel
het. In dié verband is 'n sekere Benjamin Ramashala
se
getuienis, namens die Staat, van belang. Hy het te
kenne gegee dat hy
in die veld gestap het toe hy oor-
ledene, beskuldigde 1 en n derde persoon
ongeveer 10 m
voor hom opgemerk het. Hy het nie gesien hoe
oorledene
aangerand of gesteek is nie. Hy het egter gewaar dat
be-
skuldigde 1 en die ander persoon hom aan weerskante van sy
bo-arms
gehou het en dat elkeen in besit van 'n mes was.
Oorledene, wie se bors
bebloed was, het geworstel om hom
te bevry, maar kon nie. In 'n stadium het
die derde persoon
oorledene gelos. Hy het die getuie genader, nog
steeds
met 'n mes in sy hand, en R22,00 kontant uit sy hempsak ge-
vat
5
vat. Dit is op dié wyse dat hy beroof
is.
Kort gestel, appellant se getuienis was dat hy
en beskuldigde 1 op pad
huistoe van 'n smokkelkroeg die
oorledene in die veld teëgekom het. 'n
Woordewisseling
het tussen oorledene en beskuldigde 1 ontstaan.
Die
oorledene het 'n mes uitgehaal. Beskuldigde 1 het ook 'n
mes te
voorskyn gebring en oorledene daarmee gesteek. Ap-
pellant het gepoog om
beskuldigde 1 weg te trek maar hy
het weer na oorledene (dws. vir 'n tweede
keer) gesteek al-
hoewel hy onseker is of hy hom getref het. Appellant
het
daarin geslaag om beskuldigde 1 se arm te gryp en
op sy voorstel is hulle toe
weg. Hy het ontken dat hy
Ramashala beroof het. Trouens, hy het hom glad nie
die
aand
6
aand gesien nie. Hy het geen mes besit nie. Ek moet
meld dat
beskuldigde 1 in sy getuienis ontken het dat
hy in enige voorval met
oorledene betrokke was maar dit is
onnodig om verder hieroor uit te
brei.
Dit is voor die hand liggend dat, op sy relaas,
appellant glad nie
in die aanval op oorledene betrokke was
nie; inteendeel het hy dit probeer
verhoed. Op hierdie
basis het hy geen deelname aan die moord gehad nie.
Die
verhoorhof het egter Ramashala se getuienis aanvaar en, by
implikasie
appellant s'n, waar dit daarmee gebots het, ver-
werp. Dit het 'n bevinding
behels dat beskuldigde 1 se
makker appellant was. Op grondslag van hierdie
geloof-
waardigheidsgevolgtrekking is dit verder beslis dat, al
word
7
word dit aanvaar dat beskuldigde 1 eerder as
appellant
oorledene daadwerklik gesteek het, hy daarvoor verant-
woordelik
is deurdat hulle twee ter uitvoering van 'n ge-
meenskaplike oogmerk om hom
te vermoor, opgetree het.
Die eerste vraag wat oorweging verg, is die
kor-
rektheid al dan nie van die geloofwaardigheidsbevinding.
Namens
appellant is dit deur mnr Schutte op verskeie gron-
de aangeval. Dit
is beklemtoon dat Ramashala 'n enkele
ooggetuie was. Dit is aan die hand
gedoen dat sy ge-
tuienis in verskeie opsigte vir kritiek vatbaar is
en
meer in besonder in die volgende opsigte. Hy was onder
die invloed van
drank en besig. om van die polisie te vlug;
aanvanklik het hy getuig dat
terwyl hy op pad was, hy
gesien
8
gesien het hoe oorledene gesteek is, maar later
het hy
homself gekorregeer deur te erken dat hy nie enige steke-
ry in
werklikheid gesien het nie; hy het aangeneem dat
dit appellant is wat aan die
voorval deelgeneem het aan-
gesien hy die appellant "vandag in die hof sien";
op grond
van sy vorige kennis van beskuldigde 1 het hy hom as een
van die
aanvallers herken maar tog kon hy nie sê of beskuldigde
1 'n blanke of
'n swarte was nie; ongeag dat hy beweer dat
die gebied goed verlig is, neem
hy aan dat die slagoffer
swart was bloot omdat dit 'n swart gebied is; dit is
on-
waarskynlik dat hy die aanvallers gelate sou genader het
met 'n
houding van "let what is going to happen, happen".
In die lig hiervan is
aangevoer dat sy getuienis onbe-
troubaar .....
9
troubaar was. Stawing vir appellant se relaas was,
so
is dit verder betoog, die getuienis van Johanna Ngwenya,
wat ook deur
die Staat geroep is. Sy het in haar hoof-
getuienis erken dat toe appellant
dieselfde aand direk
na die voorval dit aan haar gerapporteer het, hy
gesê
het dat hy beskuldigde 1 se aanval op oorledene probeer
keer
het. Dit strook met sy weergawe en dien as weer-
legging van 'n aantyging van
'n onlangse versinsel. Deur
geen gewig hieraan te verleen nie, sou die hof a
quo ge-
fouteer het. Selfs was die bevinding dat
appellant
Ramashala beroof het geregverdig, het die verhoorhof
hom
wanvoorgelig deur daarvan af te lei dat die aanval op die
oorledene
ook daarop gemik was om hom te beroof (en der-
halwe
10
halwe dat die appellant aan die aanval op hom
deelgeneem
het).
Ek kan met hierdie betoog nie saam stem nie.
Heelwat
van die kritiek wat teen Ramashala ge-opper word,
val weg as dit in ag geneem
word dat appellant self hom
op die toneel van die misdaad geplaas het. Met
ander
woorde, identiteit is hier nie in geskil nie. Die per-
soon wat
volgens Ramashala saam met beskuldigde 1 was,
kon slegs appellant gewees het
soos appellant in kruis-
ondervraging erken het. Wat op die toneel gebeur
het, is
die eerste struikelblok wat teen appellant staan, dat
hy
noodwendig gebonde is aan die bevinding dat hy Ramashala
beroof het.
Dit bring mee dat laasgenoemde se weergawe
aanvaar
11
aanvaar moet word. Na my mening geld dit nie net
ten
opsigte van die gebeure tussen Ramashala en appellant nie,
maar ook
ten opsigte van oorledene. Die voorval kan nie
in aparte afdelings geskei
word nie. Op hierdie benadering
volg dit dat appellant 'n mes gehad het en
dat hy oorledene
beetgehad het in die omstandighede soos alreeds
beskryf.
In iedere geval, al is die heroorweging van die
botsende relase
oor hoe oorledene gesteek is geregverdig,
kan ons met die verhoorhof se
feitebevinding in dié ver-
band nie ingryp nie. Alhoewel die
verhoorregter niê
uitdruklik meld dat Ramashala 'n enkele ooggetuie is
of
dat die versigtigheidsreel toegepas moet word nie, is
dit duidelik dat
hy dit moes besef het. Hy sê dat hy deur
hom
12
hom beïndruk is. Die getuienis van 'n enkele
ooggetuie
hoef nie sonder gebreke te wees nie (S v Sauls &
Others,
1981(3) SA 172 (A) te 180). Sy toegewing dat hy die werk-
like
stekery nie gesien het nie is, in 'n mate, 'n waarborg
van sy eerlikheid. Die
beligting en sy afstand van be-
skuldigde 1 en appellant was sodanig dat sy
waarnemings-
vermoëns nie te betwyfel is nie. Alhoewel hy erken
dat
hy sterk drank die aand gedrink het, ontken hy dat dit
hom
beïnvloed het. Daar bestaan geen rede om dit te ver-
werp nie.
Daar
is verskeie swakhede in appellant se ge-
tuienis. Ek noem enkele voorbeelde
daarvan. Ex hypo-
thesi is sy ontkenning dat hy Ramashala beroof het
vals.
Dit
13
Dit is aan beskuldigde 1 namens hom gestel dat hulle
vroeër
die aand die oorledene teëgekom het en dat beskuldigde
1
in 'n voorval met hom betrokke geraak het. In sy ge-
tuienis, egter, verklaar
hy dat hy nie weet of dit die-
selfde persoon was al dan nie. Appellant se
weergawe
van die verslag aan Ngwenya was dat beskuldigde 1 beweer
het dat
hy 'n persoon beseer het. Dit moet vergelyk word
met wat aan beskuldigde 1
gestel is toe hy namens appel-
lant kruisondervra is, naamlik, dat hy erken
het dat hy
iemand gedood het. In sy artikel 115 pleitverduideliking
beweer
die appellant dat hy nie die voorval aan die polisie
gerapporteer het nie
(iets wat op sigself teen sy weergawe
tel) omdat hy vir sy lewe gevrees het
nadat beskuldigde 1
hom
14
hom gedreig het. In sy getuienis egter, beweer hy slegs
dat
hy vir beskuldigde 1 bang was; hy kon die rede daar-
voor nie verduidelik nie
behalwe dat hy gehoor het dat
beskuldigde 1 "an evil man" is. In
kruisondervraging van
beskuldigde 1 is dit namens appellant gestel dat toe
hy
hom probeer keer, hy (beskuldigde 1) hom met 'n mes ge-
dreig het en
dat hy (appellant) Ngwenya daarvan vertel het.
Hierdie aantygings is nog aan
Ngwenya gestel nbg in appel-
lant se eie getuienis beweer. Hy het net getuig
dat toe
beskuldigde 1 oorledene gesteek het, hy geskrik het. Dit
is
onnodig om uitsluitsel te gee oor appellant se vorige
ooreenstemmende
verklaring aan Ngwenya. Al word dit aan-
vaar, veral inagnemend dat dit deur
die Staat gelei is,
dra
15
dra dit, myns insiens, geen gewig nie. Non
constat dat
dit nie 'n vroeëre versinsel was nie. Bygevolg kan
geen
beswaar gemaak word teen die verhoorhof se versuim om dit
in die guns
van appellant te neem nie. Wat die beweeg-
rede vir die aanval op oorledene
betref, is daar veel te
sê vir die bevinding dat dit roof was. Selfs al
word dit
aangeneem dat dit nie bewys is nie, sodat geen motief vir
die
stekery daargestel is nie, is ek tevrede dat (inagge-
nome bogemelde
oorwegings en, sonder om oor die hoof te
sien dat dit nie nodig is dat
appellant se getuienis ge-
glo moet word nie maar slegs dat dit redelik
moontlik moet
wees) Ramashala se getuienis van die betrokke aand se
ge-
beure korrek deur die verhoorhof aanvaar is.
Die
16
Die tweede en oorblywende vraag is of, op so-
danige
getuienis, die enigste redelike afleiding is dat
appellant en beskuldigde 1
kragtens n gemeenskaplike oog-
merk opgetree het. Dit ontstaan omdat, luidens
Ramashala
se weergawe, dit nie gesê kan word wie die noodlottige
wond
toegedien het nie en of appellant oorledene inderdaad ge-
steek het.
Daar was geen bewering dat daar bloed aan
appellant se mes was nie. In die
lig hiervan moet die
saak benader word op die basis dat dit beskuldigde 1
was
wat oorledene gesteek het. Selfs op hierdie veronderstel-
ling is ek
die mening toegedaan dat die vraag bevestigend
beantwoord moet word. Wat die
Staat wel bewys het, is
onder andere die volgende. Appellant moes bewus
gewees
het
17
het dat beskuldigde 1, met wie hy die aand saam geloop
het,
in besit van 'n mes was en dat hy oorledene gesteek
het. Hy het ook met 'n
mes gewapen, oorledene aan sy
een arm beetgehad en met hom geworstel. Hierdie
feite
het prima facie aangedui dat appellant, met die nodige
opset, hom
met beskuldigde 1 se aanval op die oorledene
vereenselwig het en aan sodanige
aanval deelgeneem het.
Deur valslik te beweer dat hy gepoog het om
beskuldigde 1
te keer, het appellant versuim om vir sy optrede teenoor
die
oorledene 'n verduideliking te verskaf. In die af-
wesigheid daarvan het
bogemelde bewys afdoende geword.
Om saam te vat, ek is tevrede dat die verhoorhof
se bevinding dat die
Staat daarin geslaag het om te bewys
dat
18
dat appellant aan moord skuldig is, korrek is.
Bygevolg
word die appèl afgewys.
H NESTADT, Wn AR
JOUBERT, AR )
BOSHOFF, AR ) Stem saam