South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 19

| Noteup | LawCite

S v Shaik (315/1985) [1986] ZASCA 19 (20 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 315/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

In die saak tussen:
FAROUK SHAIK Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, HEFER et SMALBERGER ARR
VERHOORDATUM: 7 MAART 1986
LEWERINGSDATUM: 20 MAART 1986

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.
BOTHA AR:-

Die appellant, as beskuldigde 2, is saam met
drie ander beskuldigdes skuldig bevind aan moord deur
CURLEWIS R en assessore in die Rondgaande Hof op Wit=
bank. Ten opsigte van die appellant se drie mede-
beskuldigdes het die Verhoorhof bevind dat daar ver=
sagtende omstandighede aanwesig was. Elk van hulle
is gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. In die geval
van die appellant het die Verhoorhof bevind dat daar
geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Ge=
volglik is hy ter dood veroordeel. Die Verhoorregter
het aan hom verlof toegestaan om na hierdie Hof in
hoër beroep te kom teen die doodvonnis wat hom opgelê
is.

Die spil waarom hierdie appèl draai, is die
vraag waarom die Verhoorhof 'n onderskeid gemaak het
tussen die drie ander beskuldigdes en die appellant ten
aansien van die bevindings aangaande versagtende

/omstandighede ...

3.

omstandighede. Die beperkte omvang van 'n ondersoek
na hierdie vraag maak dit onnodig om in besonderhede
op die getuienis wat voor die Verhoorhof was in te
gaan. Dit is slegs nodig om kortliks te verwys na
die getuienis wat betrekking het op die genoemde vraag,
in soverre dit lig werp op die Verhoorhof se benadering.

Die appellant en sy drie mede-beskuldigdes
(ek verwys hierna na die vier van hulle gesamentlik as
die beskuldigdes) sowel as die oorledene in die saak
was gevangenes wat ten tyde van die moord in een sel
opgesluit was, tesame met 'n klomp ander gevangenes.
Die oorledene is vermoor in 'n klein, afgeslote gedeelte
van die sel, waarna ek sal verwys as die toilet, terwyl
hy en die beskuldigdes alleen daarin aanwesig was, agter
'n toe deur.

Die Verhoorhof het bevind dat die beskuldigdes
lede was van die tronkbende bekend as "26" en dat die
oorledene 'n lid was van die sogenaamde "Big Five" bende.

/Daar ...

4.

Daar was getuienis dat hierdie twee bendes vyandigge=
sind is teenoor mekaar. Dit is duidelik dat die
Verhoorhof aanvaar het dat hierdie vyandiggesindheid
'n wesentlike rol gespeel het by die moord.

In die geval van die appellant se drie mede-
beskuldigdes het die Verhoorhof bevind dat hulle "sol=
date" was in die 26 bende. Versagtende omstandighede
is in hulle geval bevind op grondslag van die bestaan
van die bendestelsel in die tronk, die druk waaraan
bendelede onderhewig is, en in die algemeen die soge=
naamde "sub-kultuur" wat daarmee saamhang.

In die geval van die appellant het die Verhoor=
hof bevind dat hy 'n sogenaamde "regter" was in die 26
bende. Hierdie bevinding het berus op die enkele ge=
tuienis van ene Tulani Ndlela, self 'n tronkvoël, wat as
'n getuie namens beskuldigde 1 geroep is. Nie een van
die appellant se mede-beskuldigdes het getuienis afge=
lê nie. Die appellant het wel, maar die Verhoorhof het

/sy ...

5.

sy getuienis as vals verwerp. Ek kom weldra terug op
Ndlela se getuienis.

Die Verhoorhof het egter nie die onderskeid
wat hy gemaak het tussen die appellant en sy mede-
beskuldigdes met betrekking tot versagtende omstandig=
hede bloot gebaseer op die feit dat die appellant 'n
"regter" was nie. Die Verhoorhof het baie verder ge=
gaan, soos blyk uit die volgende bevinding in die Ver=
hoorregter se uitspraak:

"No. 2 accused was the judge. He was the
senior person there. He went in and pro=
nounced his verdict and for all we know he
might have stood looking out of the window,
or the door, having done what he had to do
and leaving the other work to no. 1, 3 and 4."

Hieruit is dit duidelik dat die Verhoorhof bevind het
dat dit die appellant was wat die oorledene "veroordeel"
het, en dus dat dit hy was wat in effek die opdrag of
die bevel gegee het dat die oorledene doodgemaak moes
word.

/In ...

6.

In die getuienis soek 'n mens tevergeefs na 'n
feitlike grondslag vir hierdie bevinding van die Ver=
hoorhof. Om nou terug te kom op Ndlela se getuienis:
hy was nie 'n lid van die 26 bende nie, maar "kaptein"
van nog 'n ander bende, bekend as "28". Kortliks het
hy soos volg getuig: hy "ken" die appellant as 'n
"regter" in die 26 bende; soos hy dit gestel het, "wat
my aanbetref" is dit die hoogste rang in die 26 bende;
'n "soldaat" in daardie bende moet die opdrag van 'n
"regter" uitvoer; op die betrokke dag het die appellant
aan hom gesê, voordat hy en die ander beskuldigdes saam
met ander gevangenes in 'n sel toegesluit is, dat hy 'n
"Big Five" gaan vermoor; op 'n vraag of 'n opdrag van ,
die appellant aan 'n lid van die 26 bende om met die
moord te help, uitgevoer sou moes word, het hy geant=
woord: "Ek sal nie vir daardie mense kan getuig nie."
Hierdie getuienis regverdig hoegenaamd nie 'n afleiding
dat dit inderdaad in opdrag of op bevel van die appellant

/was ...

7.

was dat die oorledene vermoor is nie. Dit is ewe
goed moontlik dat al die beskuldigdes eenvoudig ge=
samentlik besluit het om die moord te pleeg.

Dieselfde oorwegings geld ten opsigte van die
twee Staatsgetuies wat geroep is om te getuig oor wat
in die sel gebeur het, Matthews Jele en Petrus Mokoena.
Die oorledene het tussen hulle twee gelê en slaap.
Volgens Jele het beskuldigde 1 na die oorledene gekom
en hom aangesê om hom aan te trek en saam met hom (be=
skuldigde 1) te gaan. Beskuldigde 1 het toe na die
toilet geloop en die oorledene het hom gevolg. Die
ander beskuldigdes (insluitende die appellant) het
agter hulle aan geloop na die toilet. Almal is in
die toilet in en die deur is toegemaak. Volgens
Mokoena het die appellant aanvanklik langs die deur
van die sel gelê en slaap. Die lede van die 26 bende,
wat in 'n groep elders in die sel gelê het, het toe
daarop aanspraak gemaak dat die appellant hulle "broer"

/is ...

8.

is en dat hulle met hom wou slaap. Daarna het be=

skuldigde 1 die oorledene kom roep en die twee van
hulle is saam na die toilet. Volgens Mokoena was die
ander beskuldigdes (insluitende die appellant) toe al =
reeds in die toilet. Hy het nie gesien dat hulle
daar ingaan nie; hy het net gesien dat al vier die
beskuldigdes saam daaruit gekom het, na die moord.
Die getuienis van Jele en Mokoena bevat hoegenaamd
geen suggestie dat die appellant enige opdragte of
bevele uitgereik het of selfs 'n leidende aandeel gehad
het in die bewerkstelliging van die moord nie.

Na my oordeel was die bevinding van die Ver=
hoorhof wat ek hierbo aangehaal het, aangaande die rol
wat die appellant sou gespeel het by die pleeg van die
moord, gevolglik nie geregverdig nie. Dit het berus
op blote bespiegeling en was dus 'n mistasting.

Aangesien dit duidelik is dat die Verhoorhof
se genoemde bevinding die enigste grondslag was waarop

/die ...
9.

die Verhoorhof die appellant se posisie ten opsigte van
versagtende omstandighede verskillend beoordeel het van
dié van die ander beskuldigdes, volg dit vanself dat
die onderskeid wat die Verhoorhof tussen hulle gemaak
het, verkeerd was en nie staande gehou kan word nie.
Dit volg verder vanself dat die faktore wat die Verhoor=
hof as versagtend in aanmerking geneem het ten opsigte
van die appellant se mede-beskuldigdes, ook deur die
Verhoorhof ten gunste van die appellant aangewend be=
hoort te gewees het. Die bevinding dat daar in die
appellant se geval geen versagtende omstandighede aan=
wesig was nie, word dus tersyde gestel en vervang met 'n
bevinding dat daar in sy geval ook versagtende omstandig=
hede aanwesig was.

Na my mening behoort die appellant dieselfde
vonnis opgelê te word as wat die Verhoorregter die ander
beskuldigdes opgelê het, naamlik 15 jaar gevangenisstraf.

/Die ...

10.

Die appèl slaag. Die doodvonnis wat die
appellant opgelê is, word tersyde gestel en vervang
deur 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf.

A.S. BOTHA AR

HEFER AR

STEM SAAM

SMALBERGER AR