South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 21

| Noteup | LawCite

S v Paige and Another (80/1985) [1986] ZASCA 21 (20 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 80/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

In die saak tussen:

DESMOND PAIGE Eerste Appellant

JOHN WILLIAMS Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: RABIE HR, HOEXTER, BOTHA, VAN HEERDEN

ARR et NESTADT WN AR

VERHOORDATUM: 20 MAART 1986
LEWERINGSDATUM: 26 MAART 1986

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-
Hierdie appèl het betrekking op die vonnisse
wat die twee appellante opgelê is deur WILLIAMSON R in
die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, nadat
hulle skuldig bevind is aan verkragting. Verlof om
teen die vonnisse te appelleer is deur WILLIAMSON R ge=
weier, maar is daarna aan die appellante toegestaan ten
gevolge van 'n versoekskrif wat hulle aan die HOOFREGTER
gerig het.

Die vonnisse waarom dit gaan, is soos volg:

Eerste appellant: 15 jaar gevangenisstraf

en 7 houe lyfstraf met
'n rottang.

Tweede appellant: 12 jaar gevangenisstraf

en 7 houe lyfstraf met 'n
rottang.

Na die oordeel van hierdie Hof is elk van die
vonnisse, vanweë die toevoeging van die lyfstraf tot
die gevangenisstraf, opsigtelik buitensporig: dit is
hedendaags ongehoord dat die oplegging van lyfstraf ge=
koppel word aan 'n tydperk van gevangenisstraf wat so lank

/is ...

3.

is as 15 of 12 jaar. Die rede daarvoor lê voor die
hand: die toediening van lyfstraf gepaard met so 'n
lang termyn gevangenisstraf dien geen aanvaarbare doel
nie. In soverre dit beoog kon gewees het as blote
vergelding, is dit nie 'n vorm van vergelding wat goed=
gekeur kan word nie.

Die Verhoorregter het tydens vonnisoplegging
gesê dat hy die huidige saak beskou as 'n gepaste een
vir die oplegging van lyfstraf, maar het nie sy siens=
wyse verder toegelig nie. Vermoedelik was dit ge=
baseer op die verswarende omstandighede wat met die
verkragting gepaard gegaan het. Dat daar erge ver=
swarende omstandighede aanwesig was, is gewis: dit
was 'n bende-verkragting waaraan ses jong mans deelgeneem
het; daar was twee slagoffers, waarvan een 'n meisie
van net 15 jaar oud was; die optrede van die misdadigers
was gewelddadig en het die toediening van meswonde inge=
sluit; en benewens die verkragting is die slagoffers ook

/onderwerp ...

4.

onderwerp aan ander weersinwekkende vorms van onsede=
like aanranding. Dit is onnodig om op die besonder=
hede in te gaan. Dit is genoeg om te sê dat die ver=
swarende omstandighede, hoe erg ook al, nogtans nie die
toevoeging van lyfstraf tot die lang termyne van ge=
vangenisstraf wat opgelê is, regverdig nie.

Uit die notule van die verrigtinge voor
WILLIAMSON R, toe aansoek gedoen is om verlof om te
appelleer, blyk die volgende. Die advokaat van die
eerste appellant het, met verwysing na S v Tsoku 1976
(4) SA 6
(T), die submissie voorgedra dat lyfstraf nie
met lang tronkstraf gekombineer behoort te word nie.
Daarop het die Verhoorregter teenoor die advokaat die
volgende opmerking gemaak:

"Well, you may be interested in 1926 the
Appellate Division confirmed a sentence
of life imprisonment and 12 lashes on a
man for rape."

Die geleerde Regter se opmerking was, met alle eerbied,

/misplaas ...

5.

misplaas. Die saak wat hy waarskynlik in gedagte
gehad het, is R v Laubscher 1926 AD 276. Uit die
uitspraak van INNES HR in daardie saak blyk dit wel
(op 279) dat die Regter van eerste instansie die von=
nis opgelê het wat genoem word, maar terselfdertyd is
dit duidelik dat die Appèlhof slegs te doen gehad het
met 'n aansoek om verlof om te appelleer wat die skuldig=
bevinding betref, en dat die behoorlikheid of onbehoor=
likheid van die opgelegde vonnis hoegenaamd nie in
oorweging geneem is nie. Dit is dus onjuis om te
kenne te gee dat die Appèlhof die genoemde vonnis be=
kragtig het. Afgesien daarvan, kan daar geen sin in
wees om vandag die gepastheid van 'n besondere vorm van
vonnis te bepaal deur te steun op 'n vonnis wat bykans
60 jaar gelede gevel is, sonder om die ontwikkeling in
verband met straftoemeting wat sedertdien plaasgevind
het, in oënskou te neem nie. Wat dit betref, kan
daar geen twyfel bestaan nie dat in al die Afdelings

/van ...

6.

van die Hooggeregshof dit al oor 'n tydperk van baie
jare lank as aksiomaties aanvaar word, en tereg, dat
dit ongewens is om lyfstraf te koppel aan 'n lang ter=
myn van gevangenisstraf. Daar kan meningsverskille
bestaan oor wat 'n "lang" termyn van gevangenisstraf
in hierdie samehang behels, maar in die huidige saak
is dit onnodig om daaroor te besin. Sekerlik is dit
ondenkbaar dat 12 of 15 jaar gevangenisstraf nie as 'n
lang tydperk van gevangenisstraf beskou word nie.

Gevolglik was die oplegging van lyfstraf in
die geval van beide die appellante onbehoorlik, en
moet daardie gedeeltes van hulle vonnisse tersyde ge=
stel word.

Ten aansien van die tydperke van gevangenis=
straf wat die appellante opgelê is, is daar - heeltemal
tereg - namens albei van hulle in hierdie Hof toegegee
dat daar geen rede bestaan om dit te verander nie.

/Die ...

7.

Die appèl slaag in dié mate dat die lyf=
straf wat elk van die appellante opgelê is, tersyde
gestel word; die tydperke van gevangenisstraf wat
elk van hulle opgelê is, bly van krag.

A.S. BOTHA AR

RABIE HR

HOEXTER AR
STEM SAAM
VAN HEERDEN AR

NESTADT WN AR