South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 34

| Noteup | LawCite

Kahn v Volschenk (189/84) [1986] ZASCA 34; [1986] 2 All SA 300 (A) (26 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 189/84

WHN

STANLEY BERNARD KAHN Appellant

en

ISAK JOHANNES VOLSCHENK Respondent

JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

STANLEY BERNARD KAHN Appellant
en

ISAK JOHANNES VOLSCHENK Respondent

Coram: JOUBERT, TRENGOVE, BOTHA, VAN HEERDEN ARR
et GALGUT Wn AR

Datum van Verhoor: 10 Maart 1986
Datum van Uitspraak: 26 Maart 1986

U_I_T_S_P_R_A_A_K
JOUBERT, AR :

/Die

2

Die appellant het as applikant 'n aansoek
in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling teen die
respondent as eerste respondent en die klerk van die
landdroshof te Bellville as tweede respondent aanhangig
gemaak vir 'n verklarende bevel dat hy geregtig is op die
teruggawe van 30 verdedigingsbonusobligasies wat in die
. besit van die tweede respondent was. Laasgenoemde het
nie die aansoek bestry nie. Die eerste respondent
het wel die aansoek bestry op die grondslag dat die
verdedigingsbonusobligasies aan hom behoort en dat hy
op hul oorhandiging deur die tweede respondent geregtig
is. Op 23 Mei 1984 het MARAIS Wn R, met wie BAKER R
saamgestem het, die appellant se aansoek afgewys met

/koste

3

koste en gelas dat die tweede respondent die ver=
dedigingsbonusobligasies aan die eerste respondent
moes oorhandig. Op 25 Mei 1984 het die hof a quo
verlof aan die appellant verleen om teen sy uitspraak

in hoër beroep na hierdie Hof te kom terwyl die koste

van die aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer

vir beslissing deur hierdie Hof voorbehou is.

Die Bellville Poskantoor het op 20 November
1981 30 verdedigingsbonusobligasies kragtens die Skatkis -
en Ouditwet 66 van 1975 en die voorwaardes gepubliseer
in Staatskoerant 5693 by Goewermentskennisgewing 1409
van 26 Augustus 1977 aan die respondent uitgereik. Die

/voorwaardes

4

voorwaardes is van tyd tot tyd gewysig en vervang.
Die relevante voorwaardes is gepubliseer in Staats=
koerant 6871 by Goewermentskennisgewing 372 van 29
Februarie 1980. Elkeen van hierdie verdedigings=
bonusobligasies het 100 eenhede, 'n gesigswaarde van
R500 en 'n reeks van 100 nommers. Hulle is vir 'n
onbepaalde termyn uitgereik maar hulle is te eniger
tyd na verloop van 1 jaar vanaf hul datum van uitreiking
aflosbaar by enige poskantoor wat poswisselbesigheid
doen behoudens sekere uitsonderingsgevalle wat nie vir
doeleindes van hierdie appèl ter sake is nie. Bowen=
dien is hulle as toonderdokumente uitgereik deurdat

/hulle

5

hulle uitdruklik vermeld om aan toonder betaalbaar
te wees. Hul verhandelbaarheid en oordraagbaarheid
as toonderdokumente kan egter opgehef word deur Gedeelte
A op hul keersye in te vul. Gedeelte A lui soos volg:

"Hierdie obligasie kan omskep word in 'n
NIE-VERHANDELBARE en NIE-OORDRAAGBARE
dokument deur hierdie GEDEELTE A in te vul.
NAAM VAN BESITTER IDENTITEITS NO "

Dit was gemene saak dat die respondent nie Gedeelte A op
die keersye van sy verdedigingsbonusobligasies ingevul

het nie en dat hulle derhalwe toonderdokumente was solank

hulle in sy besit was. Deurdat hulle nie aan die

Wisselwet 34 van 1964 se omskrywings van 'n wissel (art 2

(1)), 'n tjek (art l (xi)) en 'n promesse (art 87 (1))

/voldoen

6

voldoen nie was dit verder gemene saak dat hierdie Wet
se voorskrifte nie ten opsigte van hulle geld nie en
dat die gemene reg op hulle van toepassing is.

Volgens die onbetwiste feite was die
respondent wat te Bellville woonagtig was vanaf 17
Januarie 1982 tot 19 Februarie 1982 op 'n sake-besoek
in Johannesburg. Tydens sy afwesigheid is daar by
sy woning ingebreek en is sy 30 verdedigingsbonus=
obligasies gesteel. Dit het hy ontdek by sy terug=
keer op 19 Februarie 1982. Hy het die inbraak en
diefstal by die polisie aangemeld. Die polisie het
op 23 April 1982 beslag gelê op die 30 verdedigings=
bonusobligasies wat in die besit van die appellant was.

/Op

7

OP 15 Junie 1982 is Volschenk jnr, die respondent se
seun, aan die inbraak en diefstal in die streekhof te
Parow skuldig bevind. Die appellant beweer dat hy
op Vrydag 22 Januarie en Maandag 25 Januarie 1982 die
30 verdedigingsbonusobligasies as toonderdokumente vir
R12 000 van Volschenk jnr bona fide gekoop het en dat
hy derhalwe geregtig is op hul teruggawe deur die tweede
respondent. Ek sal straks handel met die appellant
se getuienis oor die omstandighede waaronder en die wyse
waarop hy die 30 verdedigingsbonusobligasies van
Volschenk jnr gekoop het en besit daarvan verkry het.

/Soos
8

Soos vermeld, beroep die respondent hom
op sy eiendomsreg in sy aanspraak op teruggawe aan hom
van die 30 verdedigingsbonusobligasies. Die eerste
vraag wat ontstaan, is of 'n eienaar van staatsobligasies
betaalbaar aan toonder, soos die 30 verdedigingsbonus=
obligasies in die onderhawige geval, hulle met sy
rei vindicatio kan vindiseer van 'n bona fide koper
wat hulle van 'n dief of mala fide besitter bekom het.

Die uitgangspunt van die Romeinse reg was dat
'n eienaar met 'n rei vindicatio sy saak in die algemeen
kon opeis van wie ook al wat in besit of beheer daarvan was.

/Die

9

Die verweerder word tot restitusie van die saak ver=
oordeel tensy hy met sukses een of ander eksepsie kon
teenwerp, soos bv. exceptio rei venditae ac traditae,
exceptio rei judicatae, exceptio praescriptionis D 6.1.9,
D 21.3.1 pr of tensy hy hom met sukses op 'n jus retentionis
kon beroep. Die algemene opeisbaarheid van 'n saak met
die eienaar se rei vindicatio word uitgedruk deur die
adagium: ubi rem meam invenio ibi v.indico, D 44.7.25 pr,
Cod. 3.32.23. Hierdie Romeinsregtelike grondbeginsel
is deur die Romeins-Hollandse reg oorgeneem sodat 'n
eienaar sy saak in die algemeen kon vindiseer van wie
ook al in besit of beheer daarvan is sonder om 'n bona
fide koper daarvan vir sy koopprys te vergoed. Kyk:

/de Groot

10

de Groot (1583-1645) 2.3.4 et 5; A Matthaeus (1601-1654)
Paroemia Septima nr 17; Wassenaar (1589-1664) Practyck
Judisieel, cap 9 nr 4; Van Leeuwen (1626-1682) R.H.R.
2.7.4, C.F. 1.2.11.3; Huber, H.R. 2.32.14; Voet
(1647-1713) 4.3.3, 6.1.7 et 22; Schorer (1717-1800) ad
Gr 2.3.5; Van Zurck, Codex Batavus, s.v. goederen
nr 1; Van der Keessel (1738-1816) ad Gr 1.9.10 et
2.3.5. Daar was sekere erkende uitsonderingsgevalle
wat hoofsaaklik van die inheemse Germaanse of Hollandse
reg afkomstig was waar 'n eienaar nie sy saak kon vindiseer
nie bv. waar dit op 'n vrye markt verkoop is. Waar 'n
eienaar sy roerende saak aan iemand toevertrou om dit
vir hom in bewaring te hou of waar hy dit aan iemand

/leen

11

leen en die vertroueling of lener sou dit verkoop of
in pand gee, het die Germaanse reg die beginsel "Jy
moet jou vertroue soek waar jy dit gelaat het" gehand=
haaf sodat die eienaar nie sy roerende saak van die
bona fide koper of die pandhouer kon vindiseer sonder
om die koopprys of die pandskuld, na gelang die geval,
te betaal nie. Hierdie beginsel van die Germaanse
reg steek sy kop uit by Groenewegen (1616-1652) ad
Inst 4.1.16 nr 3 en Van Leeuwen R.H.R. 4.13.4. Dog
Van Leeuwen C.F. 1.4.7.15 betwis tereg die korrektheid
hiervan as geldende reg vir Provinsie Holland en Wes-
Friesland.

/In
12

In die 17e en 18e eeu het die State
Generaal, die State (wetgewers) van die Provinsies,
die stede en selfs die Nederlandse Oos- Indiese Kompanjie
op groot skaal as skuldenaars geld van die publiek geleen
deur staats- of owerheidsobligasies aan hul skuldeisers
uit te reik. Hierdie openbare obligasies is bekend in
die regsliteratuur as nomina publica, obligatien op 't
lands, obligatien, rente-brieven, actiones, cautiones.
Hulle was meestal toonderdokumente vir 'n onbetaalde
termyn wat aan toonder dezes briefs betaalbaar was

sonder vermelding van die skuldeiser of eienaar se naam.
Rente was op die obligasieskuld jaarliks by die skuldenaar
se rekenkamer (comptoir) of kantore teen voorlegging van
die openbare obligasie aan die toonder daarvan betaalbaar.

/In

In die praktyk het dit dikwels gebeur dat die eienaar

sy openbare obligasie aan 'n familielid, vriend of agent

oorhandig om die rente vir hom in te vorder wanneer dit

betaalbaar word. 'n Probleem het ontstaan indien die

toevertroude persoon egter sonder magtiging en kennis
van die eienaar dit aan 'n bona fide koper verkoop of dit
aan 'n bona fide pandhouer as sekuriteit vir 'n geld=

lening gee. Waar dit gebeur het, het veral twee begin=

sels van die Romeinse reg aanvanklik baie stremmend op die
oordraagbaarheid . en verhandelbaarheid van openbare obligasies
ingewerk, naamlik: Nemo plus juris in alium transferre
potest quam ipse haberet (D 50.17.54) en Id, quod
nostrum est, sine facto nostro ad alium transferre non
potest (D 50.17.11). Daarbenewens was die vraag

/of
14

of die ëienaar van 'n openbare obligasie betaalbaar aan
toonder se rei vindicatio ingeperk moes word of nie.

In Provinsie Seeland het die State van
Seeland as wetgewer in sy Placaat van 31 Mei 1679 (3
G.P.B. 598-599) verorden dat eienaars van staats=
obligasies deur Provinsie Seeland uitgereik moes toesien
aan wie hulle hul toonderobligasies toevertrou want
indien die vertroueling die toonderobligasies sou ver=
vreem aan 'n bona fide koper of pandhouer kon die
eienaars hul toonderobligasies alleen vindiseer van die
bona fide koper of pandhouer deur die koopprys of

/pandskuld

15

pandskuld aan laasgenoemde te betaal. Deur die
Ampliatie van 25 September 1695 (4 G.P.B. 1055) het
die State van Seeland hierdie verordening uitgebrei
t.o.v. alle openbare obligasies betaalbaar aan toonder
wat uitgereik is „ten laste van eenige Steden, Colle=
gien, Societyten of andere Corpora, binne dese Provinsie
gehoorende."

Die reg wat in Provinsie Holland en Wes-
Friesland gegeld het, is vir ons van besondere belang
omdat dit in Suid-Afrika as die Romeins-Hollandse reg
geld. Soos ek reeds vermeld het, is die Romeins=
regtelike grondbeginsel oorgeneem sodat 'n eienaar sy
saak in die algemeen kon vindiseer van wie ook al in

/besit

15 (a)

besit daarvan was sonder om 'n bona fide besitter vir
waarde te vergoed vir die koopprys of die pandskuld na
gelang van die geval. Die erkende uitsonderingsge=
valle hierop wat van die inheemse of Hollandse reg
afkomstig was, het nie op staatsobllgasies betaalbaar
aan toonder betrekking gehad nie. Die State as
wetgewer van die Provinsie Holland en Wes-Friesland het,
anders as in Provinsie Seeland, nie ingegryp om die
vindikasie van openbare toonderobligasies in te perk
waar hulle deur 'n vertroueling of tussenganger van die
eienaar aan 'n bona fide koper of pandhouer vervreem
is nie. Sodanige inperking kon in die afwesigheid
van wetgewing slegs deur die Hollandse regsgeleerdes

/en

15(b)

en/of die Hollandse regspraak as 'n ontwikkeling van
die reg bewerkstellig word.

Die bydrae van die Hollandse regsgeleerdes
in hierdie verband was niksbeduidend. Baie van hulle,
soos o.a. Voet (1647-1713), het die aangeleentheid
glad nie behandel nie. Groenewegen ad Ins 4.1.16
nr 3 wou met 'n beroep op die Costume van Antwerpen tit
58 art 5 en Neostadius se Decisien 85 die eienaar se
rei vindicatio t.o.v. enige saak van hom wat hy aan
'n vertroueling toevertrou het, beperk waar die vertroueling
dit aan 'n bona fide koper of pandhouer vervreem het.
Van Leeuwen C.F. 1.4.7.15 het hierdie standpunt van
Groenewegen betwis en daarop gewys dat die Costume van

/Antwerpen ...

15(c)

Antwerpen geen eksterritoriale werking gehad het nie.

In C.F. 1.4.7.17 wys Van Leeuwen verder daarop dat

Neostadius se Decisien 85 ook nie vir Groenewegen onder=

steun nie. Wat vir ons van belang is, is dat van
Leeuwen voortgaan om te verwys na 'n beslissing van die
Hooge Raad van April 1652 met betrekking tot die hand=
hawing van 'n eienaar van 'n staatsobligasie se rei
vindicatio teen 'n bona fide pandhouer. Volgens
Barber 6 MacFadyen se vertaling stel hy dit soos
volg:

"But the contrary was decided by the same
Supreme Senate of Holland, among other
matters, in the month of April, 1652,
confirming the judgment of the Provincial

/Court

15(d)

Court, in the case of Johan Van Leeuwen, magistrate
of the town of Leiden, as Curator appointed in the
estate of Jan Wiingaert the elder, against Catharina
van Toorn-vlied, widow of Dirck Leqertsz van Campen;
in which case, when a certain Geertruida Buys, a
trader at Leyden, had been entrusted by the said
Johannis van Wijngaerden, at that time living at
Maestricht, with the duty of collecting, in the
name of the province of Holland, certain annual
rents, accruing to it from the Station at Leyden,
and for that purpose the principal bonds had been
delivered to the said Geertruida, she, pretending
that they belonged to her in her own right, pledged
them to the said Theodorus van Campen for a certain
sum of florins, paid to her; not long after this
was done, she surrendered her estate, and the case
was left to be fought out between the true owner of
the bonds, Johannis de Wijngaerden, and Theodorus
van Campen, the pledge creditor; the former con=
tending that the act of the said Geertruida, being
outside her mandate, could not in the least prejudice
the true owner of the bonds, the latter that he had
contracted with the producer of the same bona fide,,
and for good consideration. The Senate declared
the said bonds freed from the burden of the pledge,
as being created over another's property, reserving

/to
15(e)

to the said Theodorus van Campen only the right
of bringing an action against the said Geertruida."

Van der Keessel ad Gr. 2.3.5. verwys ook na
hierdie belangrike beslissing van die Hooge Raad.

Die Hooge Raad was die hoogste tribunaal van
Provinsie Holland en Wes-Friesland asook van Provinsie
Seeland. Wat Provinsie Holland en Wes-Friesland betref,
kan ons na aanleiding van die beslissing van die Hooge
Raad van April 1652 wat 'n beslissing van die Hof van
Holland bevestig het, met veiligheid aflei dat daar
gedurende die 17e eeu in Provinsie Holland en Wes-
Friesland geen perke op 'n eienaar van 'n staatsobligasie
se rei vindicatio was nie om dit te vindiseer van wie ook al
in besit daarvan was. Vanselfsprekend kon hy dit van

/'n
15(f)

'n dief of 'n ander mala fide besitter vindiseer maar
hy kon dit ook vindiseer van 'n bona fide besitter sonder
om laasgenoemde vir die koopprys of pandskuld, na gelang
die geval, te vergoed.

Op 18 Maart 1661 het die State van Holland
en Wes-Friesland 'n Ordonnansie uitgereik (2 G.P.B. 2639)
waarin daar gewaarsku is dat daar voortaan geen „arresten"
(geregtelike beslaglegging) op staatsobligasies by die
„ontfangers" (belastinggaarders) van rekenkamers
(comptoiren) gedoen kon word nie. Daar is geen
onderskeid tussen staatsobligasies betaalbaar aan
toonder en staatsobligasies betaalbaar aan order gemaak nie.

/Op

15(g)

Op 25 Februarie 1683 kry ons 'n Resolusie (4 G.P.B. 451)
waarvolgens die State van Holland en Wes-Friesland 'n
wysiging aanbring ten aansien van die "Waerschouwinge"
van 18 Maart 1661 wat andersins bly geld. Die wysiging
het geskied na aanleiding van „veele Requesten, waer
by verscheyden Persoonen klaagden, dat haer Administra=
teurs of Voogden, of andere ongequalificeerde Luyden
hare Obligatien of Rentebrieven, staende of loopende
ten laste van haer Ed. Groot Mog. Comptoiren, met
onrecht ende ter quader trouwen hadden verkocht,
veralieneert of verassigneert aen Persoonen, soo
binnen als buyten dese Provincie, versoeckende ten dien
eynde Mandament, uyt krachte van dewelcke de voorsz

/Rentebrieven

15 (h)

Rentebrieven ende Obligatien, onder de respective
Ontfangers mochten werden genomen in arrest, om daer
door Jurisdictie te fonderen, en deselve alsoo wederom
machtigh te werden, doch dat deselve medebekendt was
haer Ed. Groot Mog. Resolutie van date den achttienden
Maert sestien hondert een en sestigh, waerby gelast
en vast-gesteldt was, dat de voorsz respective Ontfangers
geen Arresten op Obligatien of Rente-brieven, noch oock
de Interessen van de selve, ten haren Comptoire staende,
souden vermogen aen te nemen; dat sy oock meenden dat
haer Ed. Groot Mog. ihtententie niet en was geweest, om
l

yemandt die zijn eygen Obligatien of Rente-brieven

ontstolen, of ter'guader trouwe verduystert en ontvreemt

waren, te belotten de voorschreve sijne eygene Obligatien,
/Rente-brieven,

15(i)

Rente-brieven, ofte Penningen daer inne begrepen, te
arresteren, Jurisdictie te fonderen, en de Houders
van dien, in cas van reivindicatie te convenieren, maer
dat de voorsz Waerschouwinge alleenlijck reflecteerde
op saecken daer den Crediteur de Obligatien of Rente-
brieven, en Interessen van dien, van sijnen Debiteur
soude mogen trachten te arresteren, om daer aen sijne
personele of particuliere schuldt te konnen verhalen - - - "

(My onderstreping).
Die klaers se beswaar teen die Ordonnansie van 18 Maart

1661 was dat dit die eienaars wie se staatsobligasies

deur administrateurs, voogde of ander onbevoegde persone
vervreem is, verhinder het om deur geregtelike beslag=

legging jurisdiksie te vestig en hul staatsobligasies

terug te kry (om daer door Jurisdictie te fonderen,

/en
15(j)

en dezelve alsoo wederom machtigh te werden). Die
klaers het ook beweer dat dit nooit die wetgewer se
bedoeling was om die eienaars van staatsobligasies wat
gesteel is of ter kwade trou vervreem is, te belet om
geregtelike beslaglegging te doen ten einde jurisdiksie
- te vestig en hul staatsobligasies van die houers daarvan
te vindiseer nie. Die wetgewer het die gevraagde ver=
ligting aan die klaers verleen wat 'n verandering of
wysiging van die Ordonnasie van 18 Maart 1661 was wat
andersins bly geld het, naamlik :

„Waer gedelibereert zijnde, is goedt gevonden
en verstaen, dat eenige Administrateurs,
Vooghden ofte andere ongequalificeerde
Persoonen, Obligatien of Rente-brieven,

/staende
15(k)

staende of loopende ten laste van haer

Ed. Groot Mog. Comptoiren, met onrecht

of ter quader trouwe hebbende verkocht,

veralieneert of verassigneert, by Man=

dament van den gemelden Hove, of by
beveelen van den Gerechten inde respective
Steden, arresten sullen mogen werden
verleendt, ten sulcken effecte, dat door
die voorsz arresten en jurisdictie vanden
Rechter, door welckers bevel de voorsz

arresten zijn verleent, sal werden gefondeert,

en de voorsz reivindicatie mogen werden
geintroduceert, des dat aflossinge op de
Comptoiren van't Gemeene Landt werdende
gedaen, de respective Ontfangers de aflos=
singe van de voorsz Obligatien, niet tegen=
staende de voorsz arresten sullen vermogen
te doen, sonder dat syluyden, of het Gemeene
Landt daer over aenspraeckelijck sullen zijn,
of eenige schade of nadeel daerby sullen
hebben te lijden of te dragen - - - "
(My onderstreping).

Van der Keessel ad Gr. 2.3.5 (soos deur Gonin vertaal)
laat hom soos volg uit oor hierdie Resolusie van 25

Februarie 1683 :

/" Dit

15(1)

„Dit blyk verder duidelik uit die resolusie
van 25 Februarie 1683 dat die State van
Holland dieselfde standpunt goedgekeur
het en van oordeel was dat die rei
vindicatio van skuldbriewe van Holland
wat deur ongemagtigdes aan 'n derde
oorgedra is, in die reg van Holland
erkenning verkry het; hierdeur het hulle
in hierdie opsig 'n vroeëre bepaling gewysig
(Resolusie van 18 Maart 1661 (Gr. Pl. B 2
p. 2639)) en toegelaat dat daar op sulke
skuldbriewe met die oog op 'n rei vindicatio
by die openbare ontvangers (belastinggaarders)
geregtelik beslag gelê kan word."

Die eerste deel van hierdie passasie is miskien vatbaar

vir die kritiek dat Van der Keessel meer in die Resolusie

van 25 Februarie 1683 lees as wat daarin vermeld word.

Die wetgewer het die geregtelike beslaglegging op staats=

obligasies by die rekenkamers van die belastinggaarders

/gemagtig

15 (m)

gemagtig sodat die eienaars van staatsobligasies wat

deur administrateurs, voogde of ander onbevoegde persone

ter kwade trou vervreem is jurisdiksie kon vestig en hul

rei vindicatio kon instel. Daardeur het die wetgewer
hom geensins ingelaat met die substantiewe reg om te
verorden in welke gevalle 'n rei vindicatio ingestel kon
word nie. Die wetgewer het ook nie sy goedkeuring
verleen aan welke gevalle 'n rei vindicatio ingestel kon
word nie.

In die 18e eeu het Hollandse skrywers soos
Boel in sy aantekeninge op Loenius se Decisien &
Observatien, casus 50; Van den Berg, Nederlands Advysboek,

2e deel cons. 68 en Lybrechts (1758), Redenerend
Vertoog over 't Notaris Ampt, 2e deel 6e druk, 1780,

/hoofstuk
15(n)
hoofstuk 33 nr. 3 presies dieselfde verkondig oor die
vindikasie van staatsobligasies. Lybrechts stel
dit soos volg:

„Is by Sententie, zo van den Hove, Hogen
Rade in Holland, mitsgaders by den Raad van
Staten Generaal geconfirmeert; dat Obligatien
op 't Land, schoon aan Toonder houdende,
vindicatie of wedereigening subject zyn,
te weten; als de Houders daar aan ter quader
trouwe gekomen zyn, of dat de Voogden der
onmondigen Pupillen, Obligatien, zonder
consent van den Rechter, hebben veraliëneert
of vervreemd."

In die lig van die beslissing van die Hooge Raad in April
1652 sou dit meer korrek gewees het om te beweer het
dat daar geen perke op 'n eienaar van 'n openbare toonder=
obligasie was om dit van wie ook al te vindiseer nie.
Van der Keessel ad Gr. 2.3.5 het hom tereg op die suiwer
Romeinsregtelike standpunt gestel. Hy verkondig, soos

/deur.....

15 (o)

deur Gonin vertaal, die volgende:

„Uit dieselfde beginsels sou ek opmaak dat
hierdie rei vindicatio volgens die beginsels
van die reg van Holland allesins van toepassing
is in die geval van daardie openbare skuldbriewe
van Holland wat niemand se naam op hulle dra nie,
of wat uitdruklik iedereen wat dit vertoon (,die
Toonder') as skuldeiser erken, en ook in die ge=
val van daardie buitelandse openbare skuldbriewe
wat teenswoordig die meeste voorkom en wat geen
naam van 'n skuldeiser dra nie (,obligatien in
blanco'); want indien hulle deur 'n lasnemer,
voog of kurator of 'n ander sonder die bevoegdheid
om te vervreem, verkoop of verpand sou word, kan
ook hulle sonder terugbetaling van die koopsom
van enige besitter teruggevorder word; dit blyk
nie alleen uit die argument van die genoemde
gewysde en van die resolusie van die State nie,
maar ook uit die reg wat, soos ons aangetoon het,
op alle roerende sake van toepassing is. En dis
geen beswaar dat daardie skuldbriewe op Toonder
hierdie byskrif skynbaar juis aan die bedoeling
dank dat hulle nie d.m.v. rei vindicatio op=
vorderbaar moet wees nie; want dit wil my voorkom
asof daar 'n ander rede daarvoor bestaan t.w. dat
die openbare ontvangers (aan wie daar voorheen
deur die skuldeisers kennis gegee kon word dat

/betaling

15(p)

betaling moes geskied) vry van aanspreeklikheid
sou wees, indien hulle aan enige toonder van
sodanige skuldbriewe op die betaaltyd sou betaal
het; dit word ook deur die feit bevestig dat
die State van Holland by geleentheid 'n skuld
aangegaan het met skuldbewyse wat nie aan rei
vindicatio onderhewig sou wees nie (,obligatien
vrij van reclame') terwyl hulle juis daardeur
aangedui het dat ander skuldbriewe wat nie op
daardie voorwaarde tot stand gekom het nie
stellig d.m.v. rei vindicatio gevorder kan
word."

Dit is van belang om na te gaan hoe die Hooge Raad, as

die hoogste tribunaal van Provinsie Holland en Wes-

Friesland asook van Provinsie Seeland, en die Hollandse

regsgeleerdes die probleem opgelos het. In hierdie
opsig het VAN BYNKERSHOEK, die beroemde Hollandse regter
en regsgeleerde, wat vanaf 1704 Raadsheer en vanaf 1724

President van die Hooge Raad tot sy dood in 1743 was 'n

enorme bydrae gelewer.

/In

16

In 1 Observationes Tumultuariae 1222
het ons die geval waar Sempronia 'n openbare obligasie
vir 1500 floryne van die State Generaal gehad het wat sy
aan haar aanverwant Maevius by wie sy ingewoon het, oor=
handig het om die rente daarop vir haar te in. Toe
Maevius in armoede verval, het hy die obligasie aan Titius
verkoop aan wie dit op 23 Maart 1711 oorhandig is.
Maevius sterf insolvent. Sempronia vindiseer haar
obligasie van Titius. Sy verklaar onder eed dat die
obligasie met haar geld bekom is en dat dit sonder haar
wete en wil aan Titius oorgedra is. Die Hof van
Holland veroordeel Titius om die obligasie met rente vanaf
litis contestatio aan Sempronia terug te besorg. Titius
appelleer na die Hooge Raad. Een van die vrae wat

/geopper ......

17

geopper is, is of daar ruimte vir 'n rei vindicatio is
waar obligasies „stonden op een naam of aan toonder."
Anders as voorheen word obligasies tans so uitgereik.
Dergelike obligasies kan tereg van 'n dief of 'n besitter
ter kwade trou gevindiseer word. Die vraag is egter
of dit van 'n bona fide besitter uit hoofde van koop,
soos Titius, gevindiseer kan word. Al die Raadshere
behalwe VAN BYNKERSHOEK was van mening dat in Provinsie
Holland alle obligasies „op een open naam of anders"
altyd gevindiseer kon word nadat eiendomsreg bewys is.
VAN BYNKERSHOEK het dit ontken en die minderheidsopvatting
gehuldig dat die vindikasie regtens nie gehandhaaf kon
word nie. Want hier is die obligasie tereg oorgedra

/deur

18

deur die persoon wat skuldeiser is en die skuldeiser is
die toonder en niemand anders nie (nam ecce recte cedit
cautione, qui creditor est, creditor autem est den
thoonder, neque alius). Die State Generaal het belowe
om aan hom te betaal en hulle betaal ook tereg aan hom
terwyl hy tereg volgens sy eie reg oordra. Die ses=
sionaris het geen plig om te ondersoek of die oordraer
m.b.t. die State Generaal die werklike skuldeiser

(verus creditor) is nie. Hy kan ook nie weet wie in
die eerste plek geld aan die State Generaal geleen het
nie aangesien sy naam immers weggelaat is. Hierdie
soort obligasies is soos in Frankryk billets paiable
au porteur. Dit maak nie saak of die oordraer skuldeiser
van die State Generaal m.b.t. Sempronia is nie indien hy

/dit
19

dit m.b.t. die skuldenaar is. Dit is

voldoende vir die sessionaris. Die plig van die

skuldenaar is om aan hom te betaal en aan niemand anders

nie. (Ordines ei promittunt se soluturos, et ei quoque

recte solvunt, qua propter et is recte jure suo cedit.
Cessionaris nihil habet, quod quaerat, an qui cedit,

respectu Ordinum sit verus creditor, neque ipse potest

scire, quis primo pecuniam crediderit Ordinibus, omisso
quippe nomine. Esse huiusmodi cautiones ut in Gallia
billets paiable au porteur. Nec referre, an qui cedit,

creditor sit Ordinum respectu Semproniae, si enim sit
respectu debitoris. Sufficere id cessionario. Debitoris
quippe esse solvere, nec cujusquam alterius). Volgens
VAN BYNKERSHOEK is die reg anders indien die obligasie

/die
20

die naam van 'n bepaalde persoon as skuldeiser bevat
„of aan den wettigen houder of toonder" gerig is. Want
dan is dit die plig van die sessionaris om behoorlik
ondersoek in te stel of die sedent 'n erfgenaam van die
eerste skuldeiser is, en of die obligasie op 'n ander
wyse aan die sedent toekom, d.i. „of den transportant
is wettigen houder of toonder," soseer dat daardie
obligasie regtens aan hom toekom. Die meerderheids=
beslissing van die Hooge Raad op 20 Maart 1716 was om
die uitspraak van die Hof van Holland te bevestig.

In 1 Observationes Tumultuariae 1694 was
die feite kortliks soos volg. Titius wat twee obligasies
van die State van Holland by die rekenkamer te Dordrecht

/gekoop
21

gekoop het, het hulle aan sy broer Maevius wat te

Dordrecht gewoon het, oorhandig sodat hy die jaarlikse

rente daarop kon in en dit aan Titius te Haarlem stuur.

Maevius wat in armoede verval het, het geld van Sempronius

geleen en hierdie obligasies aan hom in pand gegee. By

sy dood was Maevius se boedel insolvent. Titius het die

obligasies in die hof van Schepenen te Dordrecht van

Sempronius gevindiseer. Nadat die eed aan Titius

opgelê is dat dit sy obligasies was waaroor die geskil

gaan en dat hy hulle vir geen ander doel aan sy broer
Maevius oorhandig het as om die rente te in nie, het
die hof van Schepenen op 27 September 1714 ten gunste

van Titius uitspraak gegee. Die Hof van Holland het

/egter ....
22

egter in hoër beroep op 30 Julie 1717 teen Titius beslis.
Titius het toe na die Hooge Raad geappelleer. Die
eerste vraag was of Titius sy eiendomsreg bewys het en
die Hooge Raad was van oordeel dat Titius dit behoorlik
bewys het. Dog 'n ander vraag het die Hooge Raad besig
gehou, naamlik of 'n rei vindicatio ontvanklik is, „ten
respecte van obligatiën, die op een open naam waren,
of op thoonder deses, of op N N, gelijk dese twee waren,
en of den houder van sodanige olbigatiën niet kon
disponeren by verkoping of verpanding." Die Hooge
Raad het hom immers vroeër met hierdie vraag besig gehou,

soos vermeld in no 1222, in welke geval ten gunste van
die rei vindicatio beslis is terwyl VAN BYNKERSHOEK

/alleen

23

alleen afgewyk het. En so het die Hooge Raad nou ook

beslis. Al die Raadshere, behalwe VAN BYNKERSHOEK
en 'n ander Raadsheer, het ten gunste van die uitspraak
van die hof van Schepenen te Dordrecht beslis wat op

12 Desember 1720 bevestig is. VAN BYNKERSHOEK sluit
dan soos volg af: „Behalwe vir daardie oorwegings wat
ek in no 1222 aangevoer het, verklaar ek nou ,dat immers
een houder van een wisselbrief, in blanco geëndosseert,
daarvan eigenaar was, en dat men alle daarvoor hield,
selfs in cas subject, dat men met een transport in blanco
den eigendom kon verifieren'. Ek is ook nie daarvan
bewus dat die reg tussen twee privaat persone anders is
as tussen 'n privaat persoon en die Staat nie. Dog teen
'n diepingewortelde opvatting redeneer 'n mens tevergeefs."

(My vertaling).

/Dog
24

Dog VAN BYNKERSHOEK se stryd teen die
vindikasie van openbare toonderobligasies van 'n bona
fide koper of pandhouer was nie tevergeefs nie. Dit
blyk uit die ommekeer wat die Hooge Raad gemaak het soos
beskryf deur PAUW in 3 Observationes Tumultuariae Novae
1383 wat soos volg lui:

Curatores Societatis Eoae in statione
Amstelodamensi 8 Maj. 1759 duabus expositis
cautionibus professi se debere Mettae Kanae
aut latori literarum (of toonder dezes) bis
quater mille florenos. Has cautiones Jacobus
Mettae filius et heres, qui habitabat in pago
Oudbeijerlandensi, Amstelodami deposuit apud
amicum quemdam suum ut annuas earum usuras
exigeret. Amicus ille ad angustias, ut videtur,
redactus, a Titio pecuniam mutuam sumit, proque
ea pigneri ponit eas cautiones. Cum Jacobus
obiisset diem supremum, tutores quos dederat
liberis suis, edocti cautiones istas esse penes
Titium, eas ab ipso vindicant apud judices
Amstelodamenses. Ait ibi Titius paratum se

/eas

25

eas tutoribus expromere modo sibi restituant pecuniam
pro qua eae pignori erant positae, et 31 Mart. 1774
secumdum eum pronunciant illi judices, et ex appella-
tione Curia 8 Jul. 1775. Appellatum est ad Senatum
Supremum et sic quaesitum num earum cautionum nomine
vindicatio competeret, etiam non restituta pecunia
pro qua fuerant oppigneratae. Unus Senator id
affirmabat; has enim cautiones insciente domino dolo
malo a depositario alienatas,dominoque tum ex jure
Romano tum patrio integrum esse res suas vindicare
a quocumque possessore, etiam non restituto posses-
sori pretio, Grot. Introd. lib. 2 c.3 S 11.
Ceteri vero omnes negabant, et recte, si quid judico,
ei jurisprudentiae locum esse in eiusmodi cautionibus
de quibus hic agebatur. Si enim ita concepta cautio,
ut etiam solvi possit possessori, den toonder, is
qui cautionem possidet pro vero creditore habetur,
etiamsi non probet de cessione sibi facta; verus
enim creditor, ex ipsa cautionis formula, per
cessionem delegationemque in possessorem transtulisse
videtur omne jus obligationis, et sic respectu tertii
qui in bona fide versatur possessor ille pro vero
creditore habendus, adeo ut tuto ab eo emi et pignori
accipi possint ejusmodi cautioness. Nec est quid hic
objicias ex D. 50, 17, 11 id quod nostrum est sine
facto nostro ad alium transferri non posse; ubi enim
verus creditor consentit cautionem ita concipi,

/reapse

26

reapse mentem suam arguit, velle se, etiamsi de
legitime facta cessione non constet, jus crediti in
possessorem transire. Sane si forte quid inde
incommodi emergat, est quod sibi imputet creditor,
qui maluit ita cautionem exponi quo facilius et sine
sumtu suo eam in alium posset transferre; emtori
vero aut creditori pigneratitio qui in bona fide
versantur nihil quidquam potest imputari. Sed
nolo haec latius persequi; quidquid enim hujus est
argumenti prolixe excussit Bijnkershoek., tum in
Quaest, jur. priv. 1. 2 c. 11, tum praecipue, et
quod magis accommodatum est ad speciem praesentem,
in Observ. Tum. t. 5 n. 1222 et tom. 7 n. 1694.
Igitur 15 Apr. 1777 probatae fuerunt priores
sententiae.

My vertaling daarvan is soos volg:

„Die Bestuurders van die Nederlandse Oos-Indiese
Kompanjie te Amsterdam het op 8 Mei 1759 in twee
uitgereikte obligasies verklaar dat hulle aan Metta
Kana of toonder dezes twee maal 4 000 floryne
verskuldig is. Jacobus, die seun en erfgenaam
van Metta wat in Oudbeijerland woonagtig was, het
hierdie twee obligasies te Amsterdam by 'n vriend

/gedeponeer

27

gedeponeer om die jaarlikse rente daarop te in.
Toe daardie vriend in armoede verval het, soos
dit blyk, het hy geld van Titius geleen en daarvoor
hierdie obligasies in pand gegee. Toe Jacobus sterf,
het die voogde wat hy vir sy kinders benoem het,
verneem dat daardie obligasies by Titius is. Hulle
het die obligasies van hom in die hof van Schepenen
te Amsterdam gevindiseer. Titius het verklaar dat
hy bereid was om hulle aan die voogde te laat toekom
mits hulle aan hom die geldsom betaal waarvoor hulle
verpand is. Op 31 Maart 1774 het die hof van
Schepenen ten gunste van Titius beslis en so ook die
Hof van Holland in hoër beroep op 8 Julie 1775.
Daar is na die Hooge Raad geappelleer. Die vraag
was of op grond van daardie obligasies 'n rei
vindicatio ontvanklik is selfs sonder om die
skuld waarvoor hulle verpand is te betaal. Een
Raadsheer het dit bevestig want hierdie obligasies
was sonder die medewete van die eienaar bedrieglik
deur die depositarius vervreem en die eienaar kon
volgens die Romeinse reg sowel as die vaderlandse reg
sy sake ongeskonde vindiseer van watter besitter ook
al selfs sonder om aan die besitter die koopprys te
vergoed (de Groot 2.3.11). Die ander Raadshere
het egter tereg ( soos ek dit oordeel) ontken
dat daardie regswetenskap plek het in daardie soort

/obligasies

28

obligasies waaroor dit hier handel. Want indien
die obligasie so bewoord is sodat betaal kan word
aan die besitter, den toonder, word hy wat die
obligasie besit as die werklike skuldeiser (verus
creditor) beskou ofskoon hy nie die sessie bewys
wat aan hom gemaak is nie. Want die werklike
skuldeiser (verus creditor) volgens die formule
van die obligasie self word beskou om deur sessie
en delegasie al die reg van die obligasie aan die
besitter oor te gedra het en dus m.b.t. 'n derde
wat ter goeie trou is, moet daardie besitter as
werklike skuldeiser beskou word sodat derglike
obligasies in veiligheid van hom gekoop kan word
of in pand ontvang kan word. D 50.17.11 kan nie
hierteen teengewerp word nie nl. dat dit wat ons
s'n is sonder ons handeling nie aan 'n ander oorge=
dra kan word nie. Want waar die werklike skuld=
eiser ingestem het dat 'n obligasie so bewoord
word dit inderdaad sy bedoeling bewys dat hy wil dat
die reg van skuldeiser op die besitter oorgaan of =
skoon dit nie vasstaan dat 'n wettige sessie gedoen
is nie. gekerlik indien enige verlies daaruit
sou opduik, moet dit die skuldeiser toegereken
word wat gewil het dat die obligasie op so 'n wyse
opgestel word dat hy dit makliker en sonder sy

/koste

29

koste aan 'n ander persoon oorgedra kan word.
Aan die werklike koper of die pandskuldeiser
wat ter goeie trou is, kan niks toegereken
word nie. Dog ek wil hierdie aangeleentheid
nie verder voer nie. Want elke moontlikheid
van hierdie argument het Van Bynkershoek vol=
ledig ondersoek nie alleen in sy Quaestiones
Juris Privati lib. 2 cap. 11 nie maar ook
in Observationes Tumultuariae nrs 1222
en 1694. Daarom is die vorige uitsprake
op 15 April 1777 deur die Hooge Raad
goedgekeur."

Uit die voorgaande blyk dit dat die Romeins-
Hollandse reg aan die einde van die 18e eeu as gevolg van
die beslissing van die Hooge Raad op 15 April 1777 hom
op die standpunt gestel het dat die vindikasie van open=
bare toonderdokumente beperk is en nie ontvanklik
teen 'n bona fide houer vir waarde is nie. Hierdie

/standpunt

29 (a)

standpunt begunstig en bevorder die handelsverkeer

sodat die moeilikheid om nate gaan wie die eienaar
van 'n openbare toonderobligasie is wat iemand te goeie
trou koop of in pand neem uitgeskakel word. Dit
vergemaklik die oordraagbaarheid en verhandelbaarheid
van openbare toonderobligasies. Hierdie standpunt
sluit ook aan by

/die

30
die gevolgtrekking waartoe die Kaapse hof in Woodhead,
Plant & Co v Gunn, (1894) 11. S.C. 4 geraak het.
Met die oog op die voorgaande is dit nie nodig om op die
ratio decidendi van DE VILLIERS HR in te gaan nie.
Ek gaan nou daartoe oor om vas te stel of
die appellant 'n bona fide houer van die 30 verdedigings=
bonusobligasies is of nie. Om dit te kan doen, moet
daar gelet word op die omstandighede waaronder hy houer
daarvan geword het.

Die appellant het in Kaapstad o.a. "a
Bonus Bond checking service which deals with finding
prizes for clients" as 'n besigheid beoefen. Hy koop

/ook ....
31

ook op 'n klein skaal uitgereikte verdedigingsbonus=
obligasies teen 'n korting. Na aanleiding van 'n
advertensie van sy besigheid het Volschenk jnr hom
in sy kantoor op Vrydag 22 Januarie 1982 besoek met die
doel om die 30 verdedigingsbonusobligasies met 'n totale
gesigswaarde van Rl5 000 vir R12 000 te verkoop. Dit
was die eerste keer dat iemand met soveel verdedigings=
bonusobligasies met so 'n groot gesigswaarde na die
appellant gekom het om hulle te verkoop. Volschenk
jnr was 'n vreemdeling vir hom. Volschenk jnr
was 'n jongman, goedgekleed en welgemanierd. Daar
was niks omtrent Volschenk jnr wat die appellant se
agterdog gewek het nie. Hy het dit dan ook nie

/nodig

32

nodig geag om Volschenk jnr se adres of sy werksadres
te verneem nie. Hy het Volschenk jnr ook nie gevra
hoe hy die verdedigingsbonusobligasies bekom het nie.
Dit het nooit by hom opgekom om Volschenk jnr te vra of
die verdedigingsbonusobligasies gesteel was nie. Hy
het ook nie die polisie gebel nie. Ek mag tussen hakies
meld dat dit nïks sou opgelewer het nie omdat die diefstal
toe nog nie deur die respondent ontdek en aangemeld is nie.
Die appellant het wel vir Volschenk jnr gevra waarom hy
die verdedigingsbonusobligasies van die hand wou sit.
Volschenk jnr se antwoord was dat hy die geld nodig gehad het
en dat hy beter met die geld kon doen. Die appellant

/het

33

het Volschenk jnr gevra om hom na Barclays Bank te ver=
gesel. Hy het 'n paar van die verdedigingsbonusobligasies
van Volschenk jnr geneem wat in die gang gewag het terwyl
die appellant die bankbestuurder ene Bricknell gaan spreek
het. Hy het die paar verdedigingsbonusobligasies aan Bricknell
getoon wat hulle teen die lig gehou het en vasgestel het
dat hulle watermerke gehad het en nie vervals was nie.
Hulle was ook verhandelbaar en oordraagbaar omdat Gedeelte
A op hul keersye blanko was. Volgens Bricknell kon
die appellant hulle koop. Die appellant het nie
vir Bricknell meegedeel hoeveel verdedigingsbonusobligasies
Volschenk jnr aangebied het om te verkoop nie. Hy het geen=
sins met Bricknell die moontlikheid of hulle dalk gesteel is,

/bespreek

34

bespreek nie. Dit was eers nadat hy en Volsckenk jnr
weg is van Barclays Bank dat hy die moontlikheid oorweeg
het dat die verdedigingsbonusobligasies dalk gesteel
mag wees. Dit het hom genoop om ene Reinders, die
bestuurder van die bonusobligasie-kantoor in Pretoria
te telefoneer en te verneem of daar enige verslag van
gesteelde verdedigingsbonusobligasies wat deur Bellville
Poskantoor uitgereik is, ontvang is. Die antwoord was
negatief. Die appellant het toe aan Volschenk jnr
'n tjek vir R4 000 getrek op Jenanne Farm (Pty) Ltd. (waarin hy 'n belar
gehad het) Rl 000 in kontant oorhandig. volschenk jnr het die
30 verdedigingsbonusobligasies by die appellant gelaat
wat hom 'n ontvangsbewys daarvoor gegee het. Maandag

/25 Januarie

35

25 Januarie 1982 het Volschenk jnr sy opwagting by
die appellant se kantoor gemaak. Die appellant het
toe twee tjeks van R4 500 en R2 500 getrek op Jenanne
Farm (Pty) Ltd aan hom oorhandig en hom versoek om
die tjek van R4 500 tot Vrydag terug te hou.
Die toets of die appellant bona fide of
mala fide was toe hy die verdedigingsbonusobligasies
van Volschenk jnr gekoop het, is subjektief en nie
objektief nie. Dit is vir doeleindes van hierdie
uitspraak nie nodig om uit te maak of daar 'n bewyslas
op die appellant rus om aan te toon dat hy bona fide
was en of daar 'n bewyslas op die respondent is om aan
te toon dat die appellant mala fide was nie. Daar

/is

36

is geen getuienis dat die appellant inderdaad geweet

het dat die verdedigingsbonusobligasies gesteel is nie.

Die omstandighede waaronder hy hulle gekoop het, was

sodanig dat hy nie eens suspisie gehad het dat hulle

dalk gesteel is nie. Hy het slegs die teoretiese moontlikheid

oorweeg dat hulle dalk gesteel mag wees. Hierdie
moontlikheid was wat die appellant betref uit die weg
geruim nadat hy Reinders getelefoneer het. Na my
oordeel word die bona fides van die appellant by die
koop van die verdedigingsbonusobligasies duidelik op
'n oorwig van waarskynlikhede daargestel. Dit volg dat
die appèl slaag.

/Die

37 - 54
Die volgende bevele word verleen:

1. Die appèl slaag met koste wat die koste van twee
advokate insluit.
2. Die respondent word gelas om die koste van die
aansoek om verlof om te appelleer, te betaal.

3. Die bevel van die hof a quo word deur die
volgende bevel gewysig en vervang :

"The application is granted with costs and
the second respondent is ordered to deliver
the Bonds to the applicant."

C. P. JOUBERT AR.

TRENGOVE AR)

BOTHA AR)

Stem saam.
VAN HEERDEN AR)

GALGUT Wn AR)