South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 38
| Noteup
| LawCite
S v Talane (40/86) [1986] ZASCA 38 (27 March 1986)
Download original files |
BARNEY TALANE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak
tussen:
BARNEY TALANE Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram: Jansen, Boshoff, ARR et Galgut, Wn
AR
Verhoor: 14 Maart 1986
Gelewer: 27 Maart 1986
U I T S P R A A K
Boshoff, AR :
Die appellant is as beskuldigde 3 saam
met....../2
-2-
met twee ander beskuldigdes deur Curlewis R en twee
assessore in die
rondgaande hof op Witbank op 'n aanklag
van moord, aanklag 1, twee aanklagte
van roof met ver-
swarende omstandighede, aanklagte 2 en 3, en een
aan-
klag van poging tot diefstal, aanklag 4, skuldig bevind.
Op die
moordaanklag is daar geen versagtende omstandighede
gevind nie en die
doodstraf is gevolglik opgelê. Op
die twee roofaanklagte is hy gevonnis
tot 15 jaar gevange-
nisstraf op elkeen van die aanklagte welke
gevangenis-
straf beveel is om saam te loop. Op die poging tot
diefstal is
hy gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf.
Die appellant kom nou met die nodige verlof
in hoër beroep teen die
skuldigbevindinge en die vonnisse
wat /3
-3-
wat opgelê is. Ten opsigte van die
skuldigbevindinge
betoog mnr Bräsler namens die appellant, dat daar
nie
genoegsame en toelaatbare getuienis voor die hof geplaas
is om die
appellant met die pleeg van die misdade te
verbind nie. Die staat het hom
beroep op 'n bekentenis
wat die appellant in die vroeë ure van die
oggend na
die pleeg van die beweerde misdade voor 'n polisie-
offisier,
kaptein Visser, sou gedoen het om die appellant
met die pleeg van die misdade
te verbind en mnr Bräsler
het aangevoer dat die staat nie bewys het dat
die beken-
tenis vrywillig en ongedwonge gedoen is nie. In die
alternatief
betoog hy dat indien die appellant wel
op die toneel was toe die twee misdade
van roof en die
misdaad /4
-4-
misdaad van poging tot diefstal gepleeg is, die
staat
nie bewys het dat hy enigsins betrokke was by die
pleeg van die
moord nie. Ten opsigte van die gevangenis-
strawwe wat opgelê is,betoog
hy dat die strawwe wat vir
die roof opgelê is onredelik swaar en
onvanpas is en
dat die straf wat vir die poging tot diefstal
opgelê
is nie geregverdig is nie omdat die skuldigbevinding
op
daardie aanklag in wese neerkom op 'n verdubbeling
van die aanklagte van
roof.
Die vier aanklagte spruit uit die volgende
omstandighede. Op 5 Julie 1984,
omtrent 20h30, was
Fitos Taklas, die oorledene in die saak saam met
'n
vriend Antonio Maia, in sy winkel in Del Judor besig
om /5
-5-
om die gêld in die laaie van twee kasregisters te
tel
en die laaie in die kluis te sit voordat hulle twee na
die oorledene
se huis sou gaan. Maia het agter die
toonbank gestaan en wag vir die
oorledene om klaar te
maak. Op daardie oomblik het twee swart mans, 'n korte
en
'n lange die winkel binnegekom en die voordeur agter
hulle half
toegestoot. Die korte, wat lateraan as
beskuldigde 1 uitgeken is het 'n
donkerbril op gehad en
die lange, wat lateraan as beskuldigde 2 uitgeken
is,
het 'n balaklawa wat opgerol was, opgehad. Die twee
van hulle het
onder mekaar gepraat van sigarette en die
indruk geskep dat hulle gewone
klante was. Hulle
het toe skielik die bevel gegee dat die oorledene en
Maia /6
-6-
Maia hulle hande moet opsteek en elkeen het 'n vuurwapen
op hulle
gerig. Toe Maia beskuldigde 2 vra wat hy wil
hê, het hy sy balaklawa
afgerol en geantwoord dat hy
geld wil hê. Maia en dié oorledene
het hulle hande
opgesteek en hulle twee is beveel om na die
agterste
gedeelte van die winkel te beweeg. Beskuldigde 1
het vir die
oorledene en beskuldigde 2 vir Maia gevolg.
Terwyl hulle na die agterste
gedeelte geloop het, het
'n derde persoon die winkel binnegekom. Hy het
die
voordeur heeltemal toegemaak en het 'n stuk elektriese
koord by hom
gehad. Terwyl beskuldigdes 1 en 2 hulle
wapens op die oorledene en Maia gerig
gehad het, het
hierdie derde swartman hulle twee se hande en voete
daarmee /7
-7-
daarmee vasgebind en daarna hulle aan mekaar
vasgebind.
Hulle wou weet waar die oorledene se vuurwapen is.
Hy het
ontken dat hy enige vuurwapen het. Die derde
swartman het gesê dat hy
geld wil hê en het die oorledene
en Maia se sakke deursoek en hulle
portefeuljes en
goue horlosies van hulle afgeneem. Maia het ongeveer
R490
en sy portefeulje gehad en sy horlosie was ongeveer
R450 werd. Hy het ook die
sleutels van Maia se paneelwa
wat voor die winkel gestaan het van Maia
afgeneem.
Die twee beskuldigdes en die derde swartman het hulle
self
gehelp met sigarette, biltong en ook met die
bonus obligasies en geld wat die
oorledene in sy kluis
gehad het. Hulle het ongeveer R500 uit die kluis
geneem /8
-8-
geneem. Na hulle hulleself gehelp het in die winkel
het beskuldigde
2 met die vuurwapen op hulle gerig
teruggekeer na waar die oorledene en Maia
was. Daarna
het hy weer agteruit terugbeweeg na die voordeur
met die
vuurwapen nog altyd gerig op die oorledene en
Maia. Die rowers is toe by die
voordeur uit. In
die tussentyd het die oorledene en Maia daarin geslaag
om
hulleself los te maak. Hulle het na die voorste
gedeelte van die winkel
gegaan en gesien dat die drie
rowers in Maia se paneelwa klim. Die derde
swartman
was agter die stuurwiel en het probeer om die voertuig
aan die
gang te kry. Beskuldigde 2 het voor langs
hom gesit en beskuldigde 1 het
agter in die paneelwa
gesit /9
-9-
gesit. Maia het vir die oorledene gevra waar sy
vuurwapen is maar
hy het geantwoord dat hy Maia nie gaan
sê nie omdat hy self die
skietwerk wil doen. Die oor-
ledene het met sy vuurwapen deur die voordeur na
die
rowers in die paneelwa geskiet. Die skoot het
die
aanskakelingsmeganisme van die paneelwa vernietig en
dit het
veroorsaak dat die rowers uit die paneelwa pad-
gegee het. Beskuldigde 1 het
in 'n suidelike rigting
en beskuldigde 2 en die derde swartman het in 'n
noordelike
rigting gehardloop. Die oorledene het stadig na die
voordeur
beweeg en voordat hy die deur kon oopmaak
het beskuldigde 1 omgedraai om ook
in 'n noordelike
rigting te hardloop. Sodoende het hy voor die voordeur
van /10
-10-
van die winkel verby gehardloop. Die oorledene het
toe gehuiwer om
die deur oop te maak, maar nadat hy verby
is het hy uitgegaan, in sy rigting
beweeg en skote
op hom afgevuur ondanks Maia se waarskuwing om nie
uit te
gaan nie aangesien die rowers gewapen was.
Maia het toe ook uitgegaan om te
sien waar die oorledene
heengaan. Die oorledene het tot die einde van
die
voorkant van die gebou gegaan en daar skote afgevuur.
Maia het hom
teruggeroep en net toe hy omdraai het Maia
twee skote gehoor. Die een het die
paal op die sypad
voor die winkel getref en die ander een het die
oorledene
agter in die rug getref en uiteindelik sy dood veroorsaak.
Maia
het sy vuurwapen opgetel en gevind dat dit leeg is.
Hy het tot die einde van
die voorkant van die gebou geloop
en. /11
-11-
en gemerk dat 'n persoon aankom. Maia het toe vir die oor-
ledene in die
winkel ingesleep ingeval hy miskien nie
dood was nie om te voorkom dat hyself
en die oorledene
doodgemaak word. Maia het met die oorledene se
vuur-
wapen en ook gewapen met 'n ysterpyp agter in die winkel
gewag vir
die rowers om terug te keer. Daarna het
twee blankes opgedaag en die polisie
ontbied.
Aanklag 1 het betrekking op die dood van die
oorledene, aanklagte 2 en 3
het onderskeidelik betrek-
king op die roof wat op die oorledene en Maia
gepleeg
is en aanklag 4 het betrekking op die poging om die
paneelwa te
steel.
Beskuldigde ../12
-12-
Beskuldigde 1 is verbind met die
misdade
deurdat sy vingerafdruk op die onderkant van die kas-
register se
laai gekry is. Hy is ook dieselfde nag
kort daarna ongeveer 1 kilometer van
die winkel af gekry
met 'n koeëlwond in die maag. Beskuldigde 2 is
verbind
met die misdade deurdat sy vingerafdruk op 'n pakkie
gesteelde
sigarette gevind is. Luitenant van Antwerpen
wat verbonde is aan die speurtak
van die Suid-Afrikaanse
Polisie,woon ongeveer 150 meter van die winkel
af.
Hy het die skote hoor val by die winkel en gaan ondersoek
instel. Hy
het 'n papiersak met geld, bonusobligasies
en die betrokke pakkie sigarette
voor die winkel opgetel.
Maia het beskuldigde 2 ook op 'n uitkenningsparade
uit-
geken /13
-13-
geken as een van die rowers.
Die eerste vraag wat beantwoord moet word
is of die staat bewys het dat
die appellant die derde
swartman is wat die aand een van die rowers was.
Met die toedoen van Luitenant van Antwerpen
het die polisie gou
toegeslaan. Luitenant Venter het
die ondersoek van die saak waargeneem. Hy
het aan
speurder-adjudantoffisier Kgotsoko opdrag gegee om 'n
sekere
verdagte persoon te soek. Adjudantoffisier
Kgotsoko het nog dieselfde nag by
die huis van die
appellant in die ou lokasie gaan observasie hou en
hom
die volgende oggend tussen OOhOO en OlhOO, toe hy
huis /14
-14-
huis toe kom, gearresteer en polisiestasie toe geneem.
Luitenant
Venter het hom ondervra oor die gebeure die vorige
aand.
Reëlings is daarna tussen OlhOO en 02h00 met
kaptein Visser van die
uniformtak van die Polisie op
Witbank getref om 'n verklaring te kom afneem.
Kaptein
Visser was tuis en van diens af en het niks van die
feite van die
saak geweet nie. Trouens hy het ook niks
met die ondersoek van die saak te
doen gehad nie. Hy
het om 03h00 'n verklaring van die appellant
afgeneem
en was bygestaan deur Jeremiah Mahlangu, 'n sersant in
die
uniformtak van die Polisie op Witbank wat as tolk op-
getree het. Die
verklaring lui as volg:-
"Op 84.7.5 tussen 16h30 en 17h00 het
Solly /15
-15-
Solly Ngale en sy maat my gevra om
saam te gaan om iewers geld te
gaan
haal. Op genoemde datum en ongeveer
19h00 het ons drie die Ou
Lokasie
verlaat en na Del Judor te Witbank
gegaan. Ons het in die
winkel
ingegaan net voordat ons die winkel
binnegegaan het, het Solly en
sy maat
aan my gesê dat ons die Blankes in
die winkel moet vasmaak.
Daar was
twee witmans in die winkel. Solly
en sy maat het elkeen 'n
vuurwapen
gehad en dit op die twee witmans
gerig. Ek het die twee witmans
met
'n stuk draad vasgebind. Solly
het toe geld in die winkel
gevat.
Ons het aldrie uitgeloop uit
die winkel. Terwyl ons buite
die
winkel was het een van die blankes
op ons begin skiet. Ons het
aldrie
weg gehardloop.
Ek weet nie wat van my maats
geword het
nie.
Toe ek by my huis kom kry ek
die polisie daar wie aan my
gesê
het dat Solly geskiet was. Die polisie
het my na die polisie
stasie gebring."
Die /16
-16-
Die verklaring plaas die appellant op die toneel
van
die misdade en die Solly Ngale na wie in die ver-
klaring verwys word, is
klaarblyklik beskuldigde 1.
Mnr Bräsler wat ook in die verhoorhof vir
die appellant
verskyn het, het beswaar gemaak teen die toelaatbaarheid
van
die verklaring met die gevolg dat daar eers 'n ver-
hoor was om vas te stel
of die verklaring vrywillig
en ongedwonge deur die appellant gemaak is. Dit
was
deur die partye aanvaar dat die bewyslas op die staat
gerus het om dit
te bewys.
Die staat se saak kortliks was dat luitenant
Venter vir die appellant van
adjudantoffisier Kgotsoko
ontvang het en in die teenwoordigheid van luitenant
van
Antwerpen /17
-17-
Antwerpen en konstabel Steenkamp begin ondervra
het.
Die appellant het 'n verklaring gemaak wat as getuienis
ontoelaatbaar
sou wees. Luitenant Venter het toe
verneem of hy bereid sou wees om die
verklaring voor 'n
landdros of 'n vrederegter af te lê. Toe hy sy
bereid-
willigheid te kenne gegee het en daar nie 'n landdros
beskikbaar
was nie is reëlings getref met kaptein Visser
om die verklaring te kom
afneem. Daar was geen dwang
op die appellant uitgeoefen nie en daar was ook
geen
beloftes aan hom gemaak om hom te beweeg om die verklaring
voor
kaptein Visser te maak nie. Beide luitenant Venter
en konstabel Steenkamp het
ontken dat hulle die appellant
enigsins aangerand het. Luitenant Venter het
ook ontken
dat /18
-18-
dat hy aan die appellant gesê het wat hy voor kaptein
Visser
moet verklaar.
Kaptein Visser wat ook 'n vrederegter is het
getuig dat hy aan die
appellant verduidelik het dat hy
nie 'n landdros is nie maar as
polisieoffisier 'n vrede-
regter is en ook verklarings mag afneem. Indien
die
appellant sy verklaring voor 'n landdros wil aflê kan
dit gedoen
word. Volgens kaptein Visser wou die
appellant 'n verklaring aflê en
was hy bereid om dit voor
hom te doen. Kaptein Visser het al die
voorlopige
vrae wat op die vorm wat gebruik word vir die afneem
van
bekentenisse, aan die appellant gestel en sy ant-
woorde aangeteken. Die vorm
toon dat hy ontkennend
geantwoord.. /19
-19-
geantwoord het op die vrae of enige dwang op hom
uit-
geoefen is om 'n verklaring te maak, of hy deur enige
persoon
aangemoedig of beïnvloed is om 'n verklaring
te maak, of hy deur
enigiemand aangerand of gedreig
is en of hy deur enigeen (die polisie
ingesluit) met
geweld of aanranding gedreig is as hy nie die
verklaring
sou maak nie. Die vorm toon verder dat hy
bevestigend
geantwoord het op die vrae, of hy besef dat hy niks het
om te
vrees nie en met vrymoedigheid kan praat, en of
hy die waarskuwing begryp wat
aan hom gegee is. Volgens
die vorm is die waarskuwing wat aan hom gegee is
dat hy
nie verplig is om enige verklaring hoegenaamd te maak
nie en dat as
hy 'n verklaring sou maak dit neergeskryf
sal /20
-20-
sal word en later teen hom as
getuienis gebruik kan word.
Sersant Mahlangu het getuig dat hy alles
getolk het wat tussen kaptein
Visser en die appellant
plaasgevind het. Volgens hom het kaptein visser
die
vorm voor hom gehad en die appellant se naam gevra. Hy
het toe vir hom
gevra om te verduidelik wat gebeur het.
Die verklaring is op 6 Julie 1984
afgeneem en sersant
Mahlangu moes op 29 Mei 1985 met die verhoor
getuig
wat met die afneem van die verklaring alles gebeur het.
Hy het nie
soos kaptein Visser die verklaring voor hom
gehad nie en was ook nie so direk
betrokke by die saak
dat hy noodwendig noukeurig sou onthou het
watter
vrae kaptein Visser aan appellant gevra het nie.
Die /21
-21-
Die appellant het self getuienis afgelê
en
verduidelik hoe dit gekom het dat hy 'n verklaring by
kaptein Visser
gaan aflê het. Adjudantoffisier Kgotsoko
het hom arresteer en vertel
dat sy broer (Solly Ngale
is appellant se tante se seun) geskiet is en in die
hos-
pitaal lê. Hulle wou weet met wie hy saam was toe hy
geskiet is
en gedink dat hy miskien aan appellant sou
vertel. Hy is na die polisiestasie
geneem waar hy die
ondersoekbeampte en nog twee ander polisiemanne
aange-
tref het. Hulle wou van hom weet waar hy die vorige
aand was. Toe
hy sê dat hy in Ackerville,(die swart woongebied waar hy woon)was, het
hulle gesê hy lieg
en dat hy die waarheid moet vertel. Hulle het
hom
begin /22
-22-
begin slaan en beweer dat hy saam met Solly en Jafta
(beskuldigde
2) was. Hy het op een stadium beweer dat
daar nie net twee wit polisiemanne
saam met die ondersoek-
beampte (luitenant Venter) was nie maar baie.
Daarna
het hy weer konsekwent verwys net na luitenant van Ant-
werpen en
konstabel Steenkamp, wat hy in die hof uitge-
wys het, as die twee witmans
wat saam met die ondersoek-
beampte was toe hy ondervra is. Hy het die name
van
twee persone, Rusipo en JC, genoem met wie hy "saamloop"
en hulle het
hom toe na die huise van hierdie twee persone
geneem en alleen in die huise
ingegaan en nie aan hom
gesê wat daar gebeur het nie. Daarna is hulle
na sy
ouerhuis en het dit deursoek. Met hulle terugkeer
by /23
-23-
by die polisiestasie het hulle hom
beskuldig dat hy
lieg en nie saam met Rusipo was nie omdat Rusipo
dit
ontken. Hulle het hom weer aangerand en beveel om te
praat. Hy wou
weet wat hy moet sê omdat hy niks ge-
weet het nie. Hulle het hom
vertel dat hy, Solly en
Jafta 'n blankeman geskiet het en gesê hy moet
saamwerk.
Solly is geskiet en dit is moontlik dat hy kan sterf.
Jafta is
nie daar nie en die hof kan hom (appellant)
'n tou gee. Hy moet erken dat hy
in die twee beskuldigdes
(Solly en Jafta) se geselskap was en dat hy die
mense
daar vasgebind het. As hy dit doen sal hy 'n ligter
straf kry. Die
ondersoekbeampte het toe 'n pen en
papier geneem en die verklaring wat
appellant moet maak
uitgeskryf /24
-24-
uitgeskryf. Die appellant is Afrikaans magtig en het
self die
verklaring oorgelees. Daarna is appellant
na 'n ander kantoor geneem. Die
ondersoekbeampte het
aan hom gesê om nie moeilikheid te soek nie en aan
die
blankeman te gaan vertel wat hy aan hom gesê het. Die
blankeman
(kaptein Visser) het aan hom gesê dat hy ge-
slaap het en dat hulle hom
wakker gemaak het sodat hy
(appellant) 'n verklaring moet maak en hy moet nie
sy
tyd mors nie. Hy het besluit om 'n verklaring te
maak aangesien die
blankemans hom weer sou aangerand
het. Hy was nie vooraf vrae gevra deur
kaptein Visser
nie en sersant Mahlanga het nie getolk nie want hy was
self
Afrikaans magtig. Hy het aan kaptein Visser
alles /25
-25-
alles vertel wat hy gesê is deur die
ondersoekbeampte
om te vertel.
Die aanrandings wat luitenant Venter, luitenant
van Antwerpen en konstabel
Steenkamp op hom sou gepleeg
het om hom te kry om te praat was heel anders as
die
soort aanrandings wat deur mnr Brasler aan luitenant
Venter en
konstabel Steenkamp gestel was.
Die appellant het ook sekere bewerings gemaak
wat nie
aan laasgenoemde twee getuies gestel is nie, soos bv
dat luitenant
Venter 'n verklaring uitgeskryf het wat
hy moes oorlees en herhaal aan
kaptein Visser.
Die verhoorhof het bevind dat kaptein Visser,
luitenant......./26
-26-
luitenent Venter en konstabel Steenkamp goeie getuies
was en die waarheid
vertel het en dat die appellant
'n hopelose getuie was wat 'n klomp leuens
aan die hof
vertel het. Die hof het gevolglik bevind dat die ver-
klaring
vrywillig en ongedwonge deur appellant aan
kaptein Visser gemaak is. Hierdie
hof kan in die lig
van die aard van die getuienis wat uit die lees van
die
oorkondes blyk, nie enige fout vind met die verhoorhof
se bevinding
nie.
Mnr Bräsler het egter 'n verdere punt geopper
ten opsigte van die
bekentenis. Toe die toelaatbaar-
heid van die verklaring wat voor kaptein
Visser afgelê is
te berde gebring is het die verhoorregter beslis
dat
die /27
-27-
die aangeleentheid met 'n verhoor binne die verhoor
afgehandel
moet word. Hy het nie sy bevoegdheid
kragtens artikel 145(4)(b) van die
Strafproseswet
(51 van 1977) uitgeoefen nie en dus voortgegaan om
die
aangeleentheid.met die twee assessore te verhoor.
Nadat kaptein Visser
getuig het oor die voorlopige
vrae wat hy aan die appellant gestel het en sy
antwoorde
daarop het hy die vorm waarop hy die appellant se
verklaring
afgeneem het, geïdentifiseer en by die hof
ingehandig. Hy is gevra om
die verklaring aan die
hof uit te lees wat hy toe gedoen het. Mnr
Brasler
het toentertyd geen besware teen hierdie prosedure
geopper nie. Hy
betoog egter nou voor hierdie hof dat
die ../27(a)
-27(a)-
die verhoorhof
onreëlmatig opgetree het deur die verklaring
te laat inhandig en uitlees
voordat daar beslis is
oor die toelaatbaarheid daarvan. As steun vir
hierdie
betopg beroep hy hom op die saak van S v Gaba 1985(4)
SA
734 (A). Volgens hom was die appellant benadeel om-
dat die
verhoorregter saam met die assessore gesit het
en die inhoud van die
verklaring nie op daardie stadium
aan hulle geopenbaar moes gewees het nie.
Op bladsy
749H-I verklaar Viljoen AR as volg:-
"The practice followed by some Courts
(see, for instance, S v Mahlala
and
Others 1967 (2) SA 401 (W) at 403B)
not to have regard to
the contents
of the confession before the issue
referred to has been
decided, seems,
therefore, to be a salutary one
because.. /28
-28-
because there is always the danger
that if this is not done the
accused
may be prejudiced in some way or
another, particularly when the
presi-
ding Judge does not, in terms of
s 145 (4) (b) of Act 51 of
1977,
deem it necessary, in the interests
of justice, to sit alone."
Op bladsy 750F-H som die geleerde regter die
posisie as volg op:-
"To sum up, therefore, I consider
that the learned Judge
prematurely
and irregularly received evidence
of the contents of the
confession;
and that such irregularity entailed
at least potential
prejudice for
the appellant. But potential pre-
judice is not enough for
success
on appeal. The final question to
be decided in this regard is
not
whether the learned trial Judge
committed /29
-29-
committed an irregularity which
might have led to a failure of
justice;
it is whether a failure of justice
has in fact resulted from the
learned
Judge's ruling. See s 322(1)(a) of
Criminal Procedure Act 51 of
1977.
The test is whether the appellant
was prejudiced. See R v
Sassin
1919 AD 485 at 487; R v Rose 1937
AD 467 at
475-477."
Wat die onderhawige saak betref is dit nodig
en gepas om ook te verwys na
die saak S v Lebone
1965(2) SA 837 (A) waar Rumpff AR op bladsye
841H
tot 842C as volg verklaar het:-
"Die geskilpunt in die onderhawige
saak was of voldoen is aan die
be-
palings van art. 244 (1) van die
Strafkode en of die appellant die
bekentenis /29(a)
-29(a)-
bekentenis vrywillig en sonder onbe-
hoorlike beïnvloeding
afgelê het.
Vir die doeleindes van daardie onder-
soek is die
waarheid van die inhoud
van die verklaring in die algemeen
gesproke
irrelevant en geen verhoorhof
sal toelaat dat 'n aanklaer probeer om
te
bewys dat die inhoud waar is nie,
'n bewyslas wat hy juis probeer
kwyt
deur die bekentenis toegelaat te kry.
Kruisverhoor van 'n beskuldigde
deur
die Staatsaanklaer oor die waarheid
van die inhoud van die bekentenis
is
derhalwe, in die algemeen gesproke,
nie tersaaklik nie en sal nie
toege-
laat word nie. Anders is die geval
egter wanneer die beskuldigde
self
beweer dat die inhoud van sy bekentenis
vals is en deur die Polisie
ingegee
is.en hierdie feit gebruik word as
deel van sy saak dat hy deur
die Polisie
gedwing is om 'n verklaring te maak.
In so 'n geval moet die
aanklaer die reg
hê om die beskuldigde onder kruisver-
hoor te neem
oor die inhoud van
die bekentenis om aan te toon dat
die /29 (b)
-29(b)-
die beskuldigde self die bron van
die inhoud is en nie die Polisie
nie,
soos deur die beskuldigde be-
weer. Die kruisverhoor word dan ge-
doen met
die doel om die geloofwaar-
digheid van die beskuldigde aan te
tas, 'n
relevante onderwerp, en nie
om te bewys dat die inhoud waar
is nie. Die
inhoud van 'n bekentenis
kan dus relevant word, in sekere
omstandighede,
in verband met die
vraag of die verklaring vrywillig
afgelê is en
dan sal kruisverhoor
oor die inhoud toegelaat word sover
dit deur die
omstandighede gereg-
verdig is.
Soos /30
-30-
Soos uit die feite blyk het ons in die onder-
hawige saak juis die
geval waar die appellant beweer
dat die verklaring vals is en dat hy deur die
polisie
gedwing was om wat hulle aan hom voorgesê het aan
kaptein
Visser te vertel. Die staatsaanklaer was dus
geregtig om, soos hy wel gedoen
het, die appellant oor
die inhoud van die verklaring te kruisvra. Hy het
bv
ontken dat hy aan kaptein Visser gesê het waar hy,
Solly en Solly
se maat geld sou gaan haal het. Vol-
gens hom het hy die plek Del Judor glad
nie eers geken
nie. Hy kon nie verklaar hoedat dit gekom het dat
kaptein
Visser, wat self niks van die pleeg van die
misdade geweet het nie, die
pleknaam Del Judor in die
verklaring.: /31
-31-
verklaring kon ingeluit het nie. Die inhoud van die
verklaring sou
dus in alle geval aan die hof bekend
gemaak gewees het voor die beslissing
oor die toelaat-
baarheid daarvan. Die kruisverhoor oor die inhoud
van die
verklaring was bedoel om die appellant se geloof-
waardigheid ten opsigte van
die maak van die verklaring
aan te tas en dit was nodig en baie belangrik dat
dit
ten aanhore van die assessore plaasvind sodat hulle
ingevolge die
bepalings van artikel 145(4)(a) van die
Strafproseswet (51 van 1977) kon
deelneem aan die
beslissing oor die vraag of getuienis van die
bekentenis
gedoen deur hom as getuienis teen hom toelaatbaar is.
As ons dus hier 'n geval van 'n
onreënmatigheid.../32
-32-
onreëlmatigheid het deurdat die inhoud van die
verklaring ontydig aan
die hof bekend gemaak is dan
weens die aard van die saak en die omstandighede
van
die geval was daar hoegenaamd geen nadeel nie. Die
staatsaanklaer was
heeltemal geregverdig om die inhoud
van die verklaring te gebruik om die
appellant se geloof-
waardigheid ten opsigte van die maak van die
verklaring
aan te val en dit wel in die aanwesigheid van
die
assessore.
Ons het dus die posisie dat die verklaring
as getuienis teen die appellant
toelaatbaar is en dat
dit toon dat hy die derde swartman was wat saam
met
beskuldigdes 1 en 2 die oorledene en Maia in die winkel
beroof /33
-33-
beroof het en met die paneelwa
probeer wegkom het.
Die vraag is nou of hy skuldig is aan die moord
op die oorledene. Die
getuienis wat voor die verhoorhof
geplaas is regverdig die onweerstaanbare
afleiding
dat die twee beskuldigdes en die appellant op die
betrokke aand
ten uitvoering van 'n vooraf gereëlde
plan na die winkel gegaan het met
twee vuurwapens en
'n stuk elektriese koord. Die twee beskuldigdes
moes
eerste die winkel ingaan met die twee vuurwapens en
die oorledene en
Maia daarmee dwing om hulle hande
op te steek en hulle dan onder dekking van
die vuurwapens
na die agterste gedeelte van die winkel neem.
Appellant
moes dan inkom met die stuk elektriese koord en hulle
twee /34
-34-
twee vasGind en buite aksie stel sodat hulle die
oor-
ledene en Maia kan beroof en goed uit die winkel kan
neem. Daarna het
hulle probeer wegkom met die buit in
die paneelwa met die appellant agter die
stuurwiel.
Hierdie onderneming waarin hulle die slagoffers met
vuurwapens
moes bedreig en inderdaad bedreig het , het
vir die drie deelnemers inherente
gevaarmoontlikhede in-
gehou wat hulle moes besef het en bereid moes wees
om
te aanvaar en te oorkom om met die onderneming te slaag.
Die
gevaarmoontlikhede het daaruit bestaan dat die '
slagoffers gewapen mag wees
en weerstand mag bied wat
oorkom sal moet word, dat hulle geweld sal moet
gebruik
om te voorkom dat hulle self liggaamlik beseer word, geweld
sal /35
-35-
sal moet gebruik as hulle slagoffers
hulle na die ge-
beure sal wil arresteer of probeer arresteer of dat
hulle
geweld sal moet gebruik om hulle slagoffers te verhinder
om hulle te
agtervolg na die gebeure indien hulle sou
probeer om weg te kom. Hulle het
twee vuurwapens
by hulle gehad om die onderneming mee uit te voer en
dit
is redelik om te aanvaar dat hulle bereid was om indien
nodig die
vuurwapens te gebruik indien enige van die
genoemde moontlikhede sou opduik.
Indien 'n slagoffer
dus gedood word om enige van hierdie gevare af te
wend
is dit 'n moontlikheid wat deur die drie deelnemers
voorsien was in
die uitvoering van die roof en het hulle
hul met daardie moontlikheid
versoen. Die persoon wat die
slagoffer....../36
-36-
slagoffer doodskiet is duidelik skuldig aan
moord.
Die ander twee deelnemers sal dan elk ook skuldig
wees aan moord
omdat hulle verbind word met die daad
wat die dood veroorsaak en hulle ook
die nodige opset
in die vorm van dolus eventualis het; vgl S v
Williams
en 'n ander 1980(1) SA 60 (A) op bladsye 62 tot
63A-C,
en S v Maxaba 1981(1) SA 1148 (A) op bladsye 1155E
tot
1156A.
Die vraag is nou of daar in die onderhawige
saak bo redelike twyfel bevind
kan word dat die appellant
voorsien het wat uiteindelik gebeur het en die
nodige
opset /37
-37-
opset gehad het om hom van moord
te kan skuldig bevind.
Die verhoorhof het met hierdie aspek van die saak
as
volg gehandel:-
"Then when the deceasêd comes out, a
brave man, what happens? They
are
in danger of being caught; they are
in danger of being identified,
so
one of them shoots and he shoots
to kill and he killed the
deceased.
Now in a matter of this nature it
is of no significance to the
Court
who pulled the trigger. The law
is perfectly clear. When
three
people go out armed with guns to
rob, there is only one inference
to
be drawn and that is that they propose
to use those guns to kill if
necessary.
They had a common purpose. Common
purpose ends at some time. Of
course
it does. But it did not end when
the three left the shop; it did
not
end when the three got into the
bakkie /38
-38-
bakkie; it did not end when the three
jumped out of the bakkie and it
did
not end when they fled; it was known
to them when they started that
one
or other of them would shoot (with
possible fatal consequences) if
they
were pursued and this is not affected
that one first went one way and
the
other two the other. There is not
the slightest doubt that ALL OF
THEM
ARE GUILTY OF MURDER."
Dit is nodig om weer kortliks te verwys na
die gebeure nadat die oorledene
'n skoot deur die voordeur
van die winkel in die paneelwa geskiet het. Die
drie
rowers het weggevlug. Beskuldigde 1 het in 'n suidelike
rigting
gehardloop en beskuldigde 2 en die appellant in
'n noordelike rigting.
Beskuldigde 1 het na 'n klein
endjie omgespring en ook in 'n noordelike
rigting gegaan
agter /39
-39-
agter dfe ander twee aan en sodoende voor die voordeur
verby
beweeg. Die oorledene het by die voordeur uit-
gegaan en vinnig in die
rigting van die vlugtende be-
skuldigde 1 geloop en skote op hom afgevuur. In
die
proses het hy sy pistool leeg geskiet en beskuldigde 1.
in die maag
gewond. Daar is geen getuienis waar
beskuldigde 2 en die appellant op daardie
stadium was
nie en hoe ver beskuldigde 1 weg was toe hy in die maag
gewond
is nie. Wat wel uit die getuienis blyk,is dat
nadat die oorledene sy pistool
leeg geskiet het Maia
by die voordeur uit is en vir die oorledene
teruggeroep
het. Terwyl die oorledene omdraai is hy in die rug
geskiet.
Die enigste afleiding wat gemaak kan word is
dat /40
-40-
dat beskuldigde 1 vir die oorledene doodgeskiet
het.
Die oorledene was nie van plan om enige
van die rowers te arresteer nie
maar hy het klaar-
blyklik probeer om van hulle te skiet en sodoende
te
verhinder dat hulle wegkom.
Die feite van die saak toon egter dat die oor-
ledene sy pistool reeds
leeggeskiet gehad het en dat hy
nie meer van plan was om enige van die rowers
te verhinder
om weg te kom nie. Maia het hom ook teruggeroep en
hy het
gehoor daaraan gegee. Dit sou onregverdig
wees /41
-41-
wees om op die getuienis bo redelike twyfel te
bevind
dat die rowers voorsien het en beoog het dat die oorledene
ook nog
in so 'n geval geskiet en buite aksie gestel
moet word. Die skote wat
beskuldigde 1 toe op die
oorledene afgevuur het toe sy mededaders in alle
waar-
skynlikheid alreeds ver en buite gevaar was en hyself
ook buite
gevaar was van agtervolging deur die oorledene,
kan nie bo redelike twyfel
bevind word te geval het
binne die grense van wat die appellant voorsien het
en
hom mee versoen het nie. Die verhoorhof het gevolglik
gefouteer om
appellant aan die moord op oorledene
skuldig te bevind
Mnr Bräsler het betoog dat die strawwe wat
vir /42
-42-
vir die twee aanklagte van roof opgelê is uitermatig
swaar
is. Hy het in hoofsaak aangevoer dat die ver-
hoorregter die appellant se
vorige veroordelings oor-
beklemtoon het. Die appellant het inderdaad "h
lang
reeks vorige veroordelings. Sy misdadige loopbaan
het so lank terug
as 16 Oktober 1967 begin toe hy aan
huisbraak met die opset om te steel en
diefstal skuldig
bevind is. Hy het 5 vorige veroordelings waarby ge-
weld
betrokke was. In 3 van die vorige veroordelings
is hy aan aanranding met die
opset om ernstige leed te
berokken skuldig bevind en dit blyk dat hy
onderskeidelik
messe en 'n byl gebruik het. In die onderhawige saak
is hy
heelwat ouer as sy twee mededaders wat feitlik
nog /43
-43-
nog op skool is. Die verhoorregter het tereg teen hom
in aanmerking geneem
dat hy as die ouere en meer ervare
misdadiger op die waarskynlikhede die
leiding geneem het
met die beplanning en uitvoering van die rooftog
met
die vuurwapens die aand. Mnr Brasler het nie betoog
dat die
verhoorregter enige mistasting gepleeg het of
hom oor enige iets waningelig
het nie. Die roof is
gepleeg met vuurwapens en die oorledene en Maia
is
bedreig met ernstige liggaamlike besering en die verhoor-
hof het tereg
bevind dat daar verswarende omstandighede
aanwesig was by die pleeg van die
roof.
Hierdie hof is dus nie oortuig dat daar gronde
bestaan om met die straf
wat die verhoorregter opgelê
het /44
-44-
het in te gryp nie.
Mnr Bräsler het ten slotte aangevoer dat die
skuldigbevinding ten
opsigte van die poging tot diefstal
in die omstandighede van hierdie saak
neerkom op 'n
verdubbeling van die skuldigbevinding aan roof. Hy
baseer
hierdie betoog op die getuienis dat toe die
appellant vir Maia beroof hy ook
die sleutels van die
paneelwa geneem het. Volgens hom het hy Maia van
die
sleutels beroof om sodoende hom ook van die paneelwa
te beroof.
Mnr Brasler moet dus op die feite van hierdie
saak dus gelyk gegee word
dat daar wel 'n verdubbeling
van .../45
-45-
van aanklagte was. Die verhoorhof moes die appellant
dus nie op
die aanklag van poging tot diefstal skuldig
bevind het nie.
Die eindresultaat is dus as volg:
1) Die appèl slaag:
(a) teen die skuldigbevinding aan
moord
op aanklag 1 en die doodstraf wat
opgelê is word tersyde
gestel.
(b) teen die skuldigbevinding aan poging
tot diefstal op aanklag 4 en die
ge-
vangenisstraf van 6 jaar word tersyde
gestel.
2) Die appèl teen die skuldigbevindings aan roof
op aanklagte 2 en 3 en teen die straf wat op-
gelê is op aanklagte 2 en 3 word van die hand
gewys.
APPÉLREGTER
JANSEN AR)
stem saam
GALGUT Wn AR)