South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 39

| Noteup | LawCite

S v Oktober (41/86) [1986] ZASCA 39 (27 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


11

CHRISTIAAN OKTOBER 1 ste Appellant
FAKIR VAN DER WESTHUIZEN 2 de Appellant
ABDULLA SATARIEN 3 de Appellant
PIETER HERMANUS 4 de Appellant

DIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPÉLAFDELING)

In die saak tussen:

CHRISTIAAN OKTOBER 1ste Appellant

(no 1 beskuldigde)

FAKIR VAN DER WESTUIZEN 2de Appellant

(no 4 beskuldigde)

ABDULLA SATARIEN 3de Appellant
(no 3 beskuldigde)

PIETER HERMANUS 4de Appellant

(no 2 beskuldigde)

en

DIE STAAT Respondent

Coram: Joubert, Trengove et Boshoff, ARR
Verhoor: 11 Maart 1986

Gelewer: 27 Maart 1986

UITSPRAAK
BOSHOFF AR:

Die vier appellante Christiaan Oktober,

Pieter /2

-2-

Pieter Hermanus, Abdulla Satarien en Fakey van der Wes-
thuizen onderskeidelik nommers 1,2,3 en 4 beskuldigdes

in die verhoorhof, is in die Kaap die Goeie Hoop Pro-
vinsiale Afdeling deur Baker R en twee assessore aan

die moord op Herman Hendricks skuldig bevind. In die
geval van no 1 beskuldigde het die verhoorhof geen ver-
sagtende omstandighede gevind nie en die doodstraf opgelê.
In die geval van die ander beskuldigdes is versagtende
omstandighede gevind en hulle is onderskeidelik gevonnis
tot 15, 7 en 17 jaar gevangenisstraf.

Die verweer van elk van die beskuldigdes was

'n alibi. Nadat die verwere verwerp is en die saak

afgehandel /3

-3-
afgehandel is het nos 1, 3 en 4 beskuldigdes aansoek
gedoen om verlof om te appelleer en ook om verlof om
verdere getuienis te lei insluitende die getuienis van
no 2 beskuldigde wat toe 'n beëdigde verklaring gemaak
het dat hy wel op die toneel van die moord was. Die

verhoorhof het die aansoek om verdere getuienis te lei
toegestaan en die getuienis van no 2 beskuldigde, Johan

Steenberg, Abie Hofman, Anthony Breda en Alfred Pietersen

is toe gelei om te toon dat hulle by die moord betrokke
was en nie nos 1, 3 en 4 beskuldigdes nie. Na die ge-

tuienis gelei is het die verhoorhof die aansoek om verlof
om te appelleer geweier.

Die vier beskuldigdes het daarna 'n versoekskrif

aan /4

-4-

aan die Hoofregter gerig en nos 1, 3 en 4 is toegelaat
om teen hulle skuldigbevindings en vonnisse te appelleer
en no 2 beskuldigde is toegelaat om teen sy vonnis te

appelleer.

Die omstandighede waaronder Herman Hendricks,

hierna die oorledene genoem, vermoor is, is feitlik

gemene saak. Sover dit nos 1, 3 en 4 beskuldigdes

betref gaan die appèl slegs oor die identiteit van die

oorledene se moordenaars. Namens hulle is betoog dat

die staat nie bewys het dat hulle enigsins by die moord

betrokke was nie.

Voordat na die getuienis van die individuele

getuies /5
-5-

getuies gekyk word, is dit nodig om eers te verwys na
die agtergrond van die saak en die omstandighede wat
gelei het tot die pleeg van die moord.

Die kleurlingdorp Roodewal by Worcester word

geteister deur twee jeugbendes bekend as die Born Free
Kids (BFK) en die Cape Town Scorpions (CTS). Elkeen

van hierdie twee bendes het sy territoriale gebied en

lede van die een bende durf hom nie in die gebied van
die ander bende waag nie. Die haat en vyandigheid

teenoor mekaar is fel en daar word gereeld aanrandings
op mekaar gepleeg. Selfs hulle ouers moet dit ontgeld.
Hulle huise word aangeval en met klippe bestook. Die
oor en weer bakleiery is soms so hewig dat lewens

verloor /6

-6-

verloor word. Dit word ook nie geduld dat lede van
een bende oorstap na die ander bende toe nie; met hulle
moet afgereken word. Hulle word selfs met die dood ge-
dreig. Dit gebeur soms dat lede van 'n bende uit 'n
gebied moet verhuis omdat dit vir hulle te gevaarlik

is om te naby aan die gebied waar die invloed van die ander bende geld, te woon.

Die vier beskuldigdes is almal lede van die

CTS. No 1 beskuldigde was 'n lid van die BFK en het

in 1981 'n lid van die CTS geword met die gevolg dat die

lede van die BFK gedreig het om sy lewe te neem.

Op Saterdag 4 Desember 1982 het lede van die

BFK /7

-7-
BFK vir Grate Fielies, 'n lid van die CTS, doodgekap.
Op Woensdag 8 Desember met sy begrafnis het 'n aantal
CTS lede 'n besluit geneem om wraak te neem en dit ook
aan die BFK te doen.

Die lede van die CTS weet waar die lede van
die BFK gewoonlik in hulle eie gebied bymekaar kom.

Een van hierdie plekke is op die hoek van Marais- en

Daniëlstraat. Die oorledene, 'n 16 jarige, is nie 'n
lid van enige bende nie maar is gewoonlik daar naby

die plek waar die BFK lede bymekaar kom. Daardie
Woensdag tussen 21h00 en 22h00 het 'n groepie lede van
die BFK, wat die staatsgetuies ingesluit het, saam

met die oorledene op die hoek van Marais- en Daniëlstraat

gesit /8

-8-

gesit en dagga rook en na die musiek van 'n bandspeler
geluister toe 'n groepie lede van die CTS skielik daar
op hulle afgestorm het. Hulle was swaar gewapen;
een van hulle het 'n panga gehad. Die lede van die
BFK het opgespring en gevlug maar die oorledene was te
stadig en het in die slag gebly. Hy is deur 'n paar lede
van die CTS vermoor. Die distriksgeneesheer wat die
regsgeneeskundige lykskouing waargeneem het, het bevind
dat baie ernstige geweld gebruik is om die ernstige

beserings op die oorledene se liggaam te veroorsaak.

Hy het na die liggaam verwys as 'n erg vernielde liggaam.
Die oorsaak van dood was veelvuldige beserings met uit-
gebreide breinbeserings en subdurale bloeding. Volgens

die /9

-9-

die distriksgeneesheer is die lang snywonde by sommige
met onderliggende frakture waarskynlik deur 'n swaar
voorwerp met 'n skerp rand veroorsaak. Daar is ook
wonde wat met 'n stomp voorwerp soos 'n stok of piksteel
veroorsaak kon gewees het. Verder is daar ook wonde
wat met 'n swaar skerp voorwerp veroorsaak kon gewees
het. Daar is ook steekwonde aan die liggaam.

Dit is nou nodig om te kyk na die getuienis

waarop die staat steun om die vier beskuldigdes te ver-
bind met die pleeg van die moord.

Harry King wat 17 jaar oud is en standerd 3
op skool gehaal het, het getuig dat hy saam met ander

BFK-lede /10

-10-

BFK-lede op die hoek van Marais- en Daniëlstraat rond-

gestaan het en dagga gerook het terwyl hulle na musiek

geluister het. Die musiek was ietwat luid met die

gevolg dat hulle nie die CTS-lede in Daniëlstraat hoor

aankom het nie. Ongeveer 15 CTS-lede het toe op hulle

afgestorm met pangas, pikstele, stokke en ander wapens.

King en sy maats het gevlug en die oorledene wat 'n

klein endjie van hulle naby 'n lamppaal gesit het,

het te laat opgespring om weg te kom. Hy het sowat 6

treë gevorder toe hy met 'n klip raakgegooi is en neerge-

val het. Toe hy val is hy deur die aanvallers aangerand.
Dit het tussen twee straatligte gebeur en volgens King

kon hy die vier beskuldigdes duidelik in die lig van

die /11

-11-
die straatligte aan hulle gesigte herken. Hy en sy
maats het in Maraisstraat afgehardloop en 'n endjie weg
van die oorledene af gestaan en kyk wat met die oorledene
gebeur totdat die vier beskuldigdes en die ander CTS-lede
weer weg is. King ken die beskuldigdes aan hulle by-
name, no 1 beskuldigde ken hy as Muskiet en het 4 jaar
gelede saam met hom sokker gespeel. Nos 2 en 3 beskul-
digdes ken hy onderskeidelik as Myrtle en Abdul en was
5 jaar gelede saam met hulle op skool. No 4 beskuldigde
ken hy as Fakey. Fakey het ook sokker gespeel en het
soms by King se broer gekuier. Volgens King het no 1
beskuldigde die oorledene met 'n panga geslaan en no 4
beskuldigde het 'n piksteel by hom gehad.

King /12

-12-
King is die enigste staatsgetuie wat no 4
beskuldigde op die toneel plaas. Hy was 'n swak getuie
en het homself dikwels weerspreek. Die verhoorregter
verwys in sy uitspraak na onbevredigdende aspekte in
sy getuienis maar bevind hom andersins 'n betroubare en
geloofwaardige getuie. Wat egter van groot belang is,
is dat hy op 30 Desember 1982 aan die polisie 'n beëdigde
verklaring gemaak het. Die tersaaklike gedeelte van
die verklaring lui as volg:-

"Ek het toe gesien dat daar skielik
agt CTS-bendelede op ons afkom. Ek
het Muskiet, Abdul, Marthal en Fakey
herken. Hulle het pangas, grawe en
messe gehad en ons het almal wegge-
hardloop toe hulle op ons afstorm.

Die /13

-13-

Die CTS- bendelede het die
oorledene gevang toe hy ook wil weg-
hardloop. Ek het nie gesien wat
hulle verder met die oorledene gedoen
het nie want ek het weggehardloop.
Ek het later teruggegaan toe alles
stil was en ek het toe gesien dat die
oorledene ernstig aangerand was."

Hierdie verklaring strook nie met wat hy in
die hof gesê het hy gesien het nadat hy weggehardloop

het nie. Hy meld ook nie die piksteel wat no 4 beskul-
digde sou gehad het nie. Toe hy 'n geleentheid gegee
is om te verduidelik waarom sy getuienis afwyk van sy
verklaring, kon hy eintlik nie 'n verduideliking gee nie.

Daniël Stevens is 17 jaar oud en het standerd

5 gemaak op skool. Sy getuienis strook met die van

King /14
-14-

King hoedat die CTS-lede op hulle afgestorm het daar

waar hulle op die hoek van Marais- en Daniëlstraat was;

hoedat hulle self in Maraisstraat af gevlug het en hoedat

die oorledene met 'n klip gegooi is en geval het. Hy

het vanaf die anderkant van Maraisstraat gestaan en

kyk hoedat die oorledene aangerand is. Hy het gesien

toe nos 1, 2 en 3 beskuldigdes gevolg deur ander om die

hoek in Maraisstraat inkom. No 1 beskuldigde was voor

met 'n lang mes wat 'n panga skyn te wees. Hy was gevolg

deur no 3 en no 2 beskuldigdes digby hom. Hy het nie

opgelet watter soort wapens hulle by hulle gehad het nie.

Hy het gesien dat no 1 beskuldigde die oorledene aanrand
met die panga. Hy het ook gesien dat hy aangerand

word /15

-15-

word met 'n graaf en 'n piksteel maar hy weet nie wie die
oorledene daarmee geslaan het nie. Hy ken no 1 beskuldig-
de as Muskiet en het hom geleer ken toe hy in Rhodestraat
gewoon het. Hy het hom vir omtrent drie maande geken.
Hy het gesien dat hy die aand 'n maroonsweetpak met

geelstrepe langs die kant af aangehad het. Hy ken

no 2 beskuldigde as Myrtle. Hy het op een stadium

in Whitestraat skuins voor Stevens gewoon. Hy ken

no 3 beskuldigde as Abdulla vandat hy in die "flatse"

woon. Met die bakleiery tussen die twee bendes het hy

hom ook geleer ken.

Volgens die verhoorregter het Stevens 'n goeie
indruk op die hof gemaak. Nadat hy na sekere aspekte
van /16

-16-

van sy getuienis verwys het, het hy afgesluit dat volgens
die verhoorhof se mening min kritiek teen hom geopper
kan word. "Hy was beslis in sy antwoorde, redelik
intelligent en het in geen wesenlike aspek van die
saak fouteer nie, in die sin dat hy homself weerspreek

het. Ondanks 'n lang en deurtastende kruisondervraging

het hy sy storie volgehou. Hy het vir ons geloof-

waardig en betroubaar voorgekom."

Dit is namens die beskuldigdes aangevoer dat

Stevens getuienis gefabriseer het en dat hy ook leuens
vertel het. Die verhoorhof het aandag gegee aan hierdie
soort van kritiek teen Stevens se getuienis en bevind

dat daar wel sekere botsings was tussen sy getuienis en

die .../17

-17-

die van ander getuies en dat dit eintlik op onbelangrike
punte was. Ons is nie bereid om te bevind dat die ver-

hoorhóf om hierdie rede Stevens se getuienis moes ver-

werp het nie.

Willem Snyders is 16 jaar oud. Hy het die

CTS-lede gesien toe hulle om die hoek van Maraisstraat

in storm. Volgens hom was hulle ongeveer agt persone

en het geskree "Up, vang hulle". Hy het nie saam
met die ander BFK-lede in Maraisstraat af gevlug nie

maar wel in die teenoorgestelde rigting en naby die

plek waar oorledene aangerand is, agter 'n boompie op

sy hurke gesit en wegkruip. Hy skat die distansie

vanaf die plek van aanranding tot waar hy agter die

boompie /18

-18-

boompie was tussen 20 tot 25 treë. Hy kon vandaar
af sien wat met die oorledene gebeur. Hy het vir
Muskiet, Myrtle en Dulla, d w s nos 1, 2 en 3 beskuldigdes
herken onder die CTS-lede. No 1 beskuldigde het 'n
panga by hom gehad en die oorledene daarmee geslaan.
Die ander het hom ook aangerand maar hy kan nie presies
sê waarmee nie. Terwyl die aanranding nog aan die
gang was, het no 2 beskuldigde met 'n graaf na Snyders
se kant toe gekom. Snyders het toe die veld in gevlug.

Snyders het vir no 1 beskuldigde vir 6 of 7

maande lank geken voor die gebeure die aand. Hy het

geweet dat hy voorheen 'n lid van die BFK was en daarna
lid van die CTS geword het. Hy het hom ook op 'n vorige

geleentheid /19

-19-

geleentheid gesien toe die CTS-lede by die winkel was
en vandaar af na 'n ander plek gegaan het waar hy gesteek
is. Snyders weet dat hy links is en het gesien dat hy
die oorledene met sy linkerhand kap met die panga.
Hy hct ook gesien dat no 1 beskuldigde 'n swartsweetpak

met geelstrepe aangehad het.

Snyders het vir no 2 beskuldigde geken. Voor-

dat Snyders 'n lid van die BPK geword het, het hy in

die L-blok by die "flatse" gewoon en no 2 beskuldigde

was toe 'n vriend van Snyders se broer gewees en het hom

daar besoek. Dit het gebeur twee of drie jaar voor die

voorval die aand. Snyders het 'n goeie geleentheid

gehad om hom die aand te herken toe hy Snyders met die

graaf /20

-20-

graaf gejaag het.

Snyders het no 3 beskuldigde ook goed geken.
Hy het hom vanaf 1975 of 1976 geken toe Snyders en sy
mense by die "flatse" begin woon het. No 3 beskuldigde
het baie keer daar saam met hom gespeel. Dit blyk egter
nie dat Snyders hom die aand aan sy gesig herken het

nie want hy sê dat hy hom aan sy stem herken het toe
hy een van die CTS-lede was wat geskree het toe hulle

om die hoek aangestorm gekom het.

Sy getuienis is namens die beskuldigdes in

hierdie hof aangeval omdat dit na bewering teenstrydig

is met die getuienis van die ander getuies en in sekere

opsigte /21

-21-

opsigte gefabriseerde getuienis is. Daar was inderdaad

sekere gedeeltes van sy getuienis wat nie heeltemal
ooreenstem met die van die ander staatsgetuies nie.
Die verhoorhof was heeltemal bewus van hierdie kritiek
teen sy getuienis en het verwys daarna. Volgens die
verhoorhof het hy die indruk geskep dat hy taamlik

onnosel is maar desondanks 'n samehangende relaas van die

gebeure die aand gegee het. Sy beskrywing van die aard

van die aanranding het gestrook met die wonde wat op
die oorledene gekry is. Die verhoorhof het nie enige
waarde geheg aan die kritiek dat hy onder die toestande
wat die aand geheers het die broek van no 1 beskuldigde
se sweetpak as swart met geelstrepe beskryf het terwyl
die /22

-22-

die ander getuies dit as maroon met geelstrepe beskryf

het nie. Die verhoorhof het verwys na die kritiek
dat Snyders nie no 3 beskuldigde behoorlik en betroubaar
aan sy stem kon herken het nie maar aanvaar dat hy aan
die begin van sy getuienis gesê het dat hy vir no 3

beskuldigde daar op die toneel gesien het. Die feit
bly egter staan dat Snyders inderdaad in sy getuienis
gesê het dat hy no 3 beskuldigde die aand aan sy stem

herken het toe dit aan hom gestel is dat hy lanklaas

vir no 3 beskuldigde gesien het of iets met hom te doen

gehad het.

Abie Steenberg was nie 'n geslaagde getuie nie.

Hy ly nie alleen aan 'n spraakgebrek nie maar het ook

moeilik /23

-23-

moeilik gekommunikeer met die staatsaanklaer en die
hof. Baie van sy antwoorde was onhoorbaar en die wat
hoorbaar was, het nie gestrook met die verklaring wat
hy aan die polisie sou gemaak het nie. Van hom het die
verhoorhof gesê dat hy liewer uitgelos kan word. Dit
was onseker of hy nie kon praat nie, weens een of ander
spraakgebrek en of hy nie wou praat nie weens vrees of
wat ook al.

Edlin Titus het ook die CTS-lede om die hoek

sien aanstorm en saam met sowat vyf ander BFK-lede

in Maraisstraat af gevlug. Hy en van die ander lede

het aan die oorkant van Maraisstraat gestaan en kyk wat

met oorledene gebeur. Volgens hom was no 1 beskuldigde

heel /24

-24-

heel voor toe die CTS-lede om die hoek kom. Titus
was toe al 'n jaar lank 'n lid van die BFK en het geweet
dat no 1 beskuldigde voorheen 'n BPK-lid was en dat

die BFK-lede hom wou seermaak omdat hy 'n lid van die

CTS geword het. Hy het hom ten tye van die moord

ongeveer agt maande lank geken. Hy was teenwoordig

een aand toeno 1 beskuldigde een van Titus se vriende

probeer steek het. Volgens hom het hy gesien dat no l

beskuldigde 'n maroonsweetpak met geelstrepe aan het.

Hy het gesien dat die oorledene met 'n panga en 'n piksteel

geslaan word en ook gesteek word. Hy kan egter nie

sê wie hom met die piksteel geslaan het nie of wie

hom gesteek het nie. Van die vier beskuldigdes het

hy /25

-25-

hy afgesien van no 1 beskuldigde ook vir no 4 beskuldigde

geken maar hy sê nie dat hy hom op die toneel gesien
het nie.

Namens die beskuldigdes is dieselfde soort
kritiek teen sy getuienis gelewer as wat teen die getuienis
van die ander staatsgetuies gelewer is. Die verhoor-
hof was bewus van die kritiek teen Titus se getuienis
en het daarmee gehandel in sy uitspraak. Titus het
nietemin die verhoorhof beïndruk as 'n intelligente
getuie wat 'n samehangende weergawe van die gebeure
die betrokke aand gegee het.

Titus was die laaste getuie wat die staat

geroep /26

-26-

geroep het en die staatsaanklaer het toe sy saak gesluit.

Namens no 4 beskuldigde is vir sy ontslag
gevra op die grond dat daar geen getuienis voor die hof
was dat hy die moord gepleeg het nie en ook dat daar geen
getuienis was op grond waarvan 'n redelike man hom sou

kon skuldig bevind nie. Die verhoorhof was van oordeel

dat daar wel getuienis voor die hof was wat hom verbind

het met die moord en die aansoek van die hand gewys.

Nos 1, 2 en 3 beskuldigdes het elk self
getuienis afgelê om hulle alibis te steun maar no 4
beskulidgde het sy saak gesluit sonder om self getuienis
af te lê.

No 1 /27

-27-
No 1 beskuldigde wat 19 jaar oud was het getuig
dat hy eers in BFK-gebied gewoon het en 'n lid van die
BFK was. In 1981 het hy verhuis en lid van die CTS
geword. Daarna het die BFK-lede hom as verraaier
beskou en vele kere al na hom gesoek om hom dood te
maak maar hy was nog altyd te rats vir hulle. Die groot
rede waarom hulle hom wil doodmaak is dat hy hulle
leiers ken en weet waar hulle altyd wegkruip. Hierdie
kennis is gevaarlik vir hulle want hulle weet no 1 be-
skuldigde kan enige tyd die oorsaak wees dat hulle uit-
geroei word. Hy ontken egter dat hy 'n leier onder die
CTS is. Volgens hom is Abie Hofman die leier. In
vorige sake van aanrandings en saakbeskadiging het die

BFK-lede /28

-28-

BFK-lede altyd die skuld op no 1 beskuldigde probeer

plaas maar nooit daarin kon slaag nie want hy het altyd

losgekom. Die getuies in die onderhawige saak het egter
nog nie vantevore teen hom getuienis afgelê nie.

Op Woensdag 8 Desember 1982 was hy saam met
sowat 200 ander mense op Grate Fielies se begrafnis.
Na die begrafnis was daar ongeveer 20 CTS-lede wat

kwaad was oor wat die BFK-lede aan Grate Fielies gedoen

het en hulle het toe besluit om sommer dadelik met

hulle te gaan baklei. Toe die besluit geneem is was

Abie Hofman die leier van die CTS teenwoordig. Daarna

het hulle omtrent 20 BFK-lede in Wentzelstraat teëgekom

en met hulle baklei. Hulle is deur die BFK-lede

verjaag /29

-29-
verjaag en niemand is beseer nie. Die CTS-lede het
besluit dat die BFK-lede te gevaarlik vir hulle was en
het toe teruggegaan na hulle eie gebied. No 1 beskuldig-
de het sy vrymeisie omtrent 18h30 ontmoet en sy en hy
het die hele aand daar naby sy woonplek in die straat

soos gewoonlik gestaan en gesels tot tussen 22h30 en 23h00.
Terwyl hy daar so gestaan en gesels het,het CTS lede
daar verby gekom en gesê hulle het 'n BFK-lid doodgekap.
Een van hulle was Ivan Claassen, hy het 'n panga by hom
gehad. Daar was lede wat 'n piksteel, 'n graaf en dolke
gehad het. No 1 beskuldigde was bang dat die BFK sou
kom wraakneem en hom daar met sy vrymeisie sou vind
en het toe besluit om haar na haar huis te neem.

Hy /30

-30-

Hy het getuig dat hy 'n swart sweetpak dra met
geellyne langs die kant af. Hy het ook 'n maroon
sweetpak met witstrepe langs die kant af maar hy het
nie die aand sy sweetpak aangehad nie. Hy ontken dat
hy betrokke was by die moord op die oorledene.

Na sy in hegtenisname het hy o a vir no 2
beskuldigde in die gevangenis teëgekom en hom gevra
of hy enigiets van die moord op die oorledene weet en
hy het ontkennend geantwoord. Dit kan natuurlik nie
die waarheid wees nie want no 2 beskuldigde erken
nou sy betrokkenheid.

No 1 beskuldigde het erken dat hy 'n panga

soms /30(a)

-30(a)-
soms gebruik as hy baklei. Hy leen 'n panga altyd by
sy vriende. Hy het self nie een nie.

Die verhoorhof het kritiek uitgespreek teen
sy getuienis in die algemeen en hom as 'n ontwykende
en skelm getuie beskryf. Hy het 'n baie swak indruk
op die hof gemaak. Die verhoorhof het hom ook ver-
kwalik dat hy nie sy vrymeisie as getuie geroep het om
sy alibi te steun nie. Die verhoorhof was van mening

dat die verskoning daarvan nie 'n goeie verskoning was

nie.

No 2 beskuldigde, wat toe 18 jaar oud was,
het getuig dat hy by die begrafnis van Grate Fielies

was /31

-31-

was. Na die begrafnis het hy ander klere gaan aantrek

en na die winkel gegaan waar hy teen die muur gestaan

het om sy tyd te verwyl. Terwyl hy daar gestaan het,

het 'n ou vriend van hom, ene Pieter Leenders daar met
sy motorkar verby gekom en gevra of hy nie met hom wil

saamry na Bredasdorp en daarna na Struisbaai om vis te

gaan haal nie. Hy is toe saam en het die volgende

oggend eers weer teruggekom na Worcester. Hy het

Leenders as getuie geroep om sy alibi te steun. Die
alibi is op goeie gronde tereg deur die verhoorhof ver-

werp want soos reeds gemeld het no 2 beskuldigde na sy
skuldigbevinding 'n beëdigde verklaring gemaak en getuienis
in die hof afgelê dat hy wel by die moord op die oorledene

aanwesig /32

-32-

aanwesig was. HY appelleer nie teen sy skuldigbevinding
nie.

No 3 beskuldigde wat toe 17 jaar oud was en
op skool tot standerd 5 gevorder het, het getuig dat hy
by die firma Rainbow Chickens gewerk het en op die
betrokke dag nie by die begrafnis van Grate Fielies
was nie. Toe hy die dag klaar gewerk het, het hy
ongeveer 14h45 by die huis aangekom, ander klere aangetrek,
gewas en geëet. Vandaar is hy na die O-blok waar hy
vir sy vrymeisie gaan kuier het. Om 20h00 het hy
teruggekeer huis toe en na ete het hy 'n boek geneem
en op die kooi gaan lê en lees. Om 21h02 het 'n televisie-
program onder die naam van "Die Smokkelaars" begin en

hy /33

-33-

hy, sy moeder en bure met die van van Pang het saam na

die program gekyk. Na die program, ongeveer 21h50,

het hy gaan slaap.

Sy moeder Ysa Satarien het getuienis afgelê

en sy alibi gesteun. Hulle was noukeurig gekruisvra
oor die verskillende televisieprogramme en die verhoor-
hof het die indruk gevorm dat hulle hulle getuienis
vooraf voorberei het. Tog vind die hof dat daar

botsings in hulle getuienis was.

Hoe dit ookal sy, dit was nodig vir die verhoor-
hof om in die lig van al die getuienis te bepaal of
daar 'n redelike moontlikheid bestaan het dat die alibi

getuienis /34

-34-

getuienis waar is. As daar so 'n moontlikheid is, is

daar dan 'n soortgelyke moontlikheid dat no 3 beskuldigde

onskuldig is. (Kyk R v Biya 1952(4) SA 512 A op bladsy

521.) Dit geld natuurlik ook vir die alibi van no 1

beskuldigde.

Op al die getuienis wat voor die verhoorhof

en daarna voor die verhoorregter geplaas is, is dit
duidelik dat die staatsgetuies dit reg het dat die oor-

ledene met 'n panga, graaf en piksteel geslaan is en ook
met 'n mes gesteek is. Trouens die wonde op die oorledene
se liggaam het getoon dat sulke wapens gebruik kon gewees
het. Die probleem by hierdie soort saak is om vas te

stel wat presies gebeur het en wie die wapens op die

oorledene /35
-35-

oorledene gebruik het. Daar is soveel faktore wat die
taak van die verhoorhof bemoeilik om die betroubaarheid
en geloofwaardigheid van die getuies te oordeel. Die
getuies is almal jeugdiges wat in die loop van die aand
dagga gerook het, wat geringe skoolopleiding gehad het.
'n dialek wat neerkom op 'n geradbraakte afrikaans praat

en,in die meeste gevalle hulle nie behoorlik kan uitdruk

nie. Hulle praat dus nie altyd duidelik en akkuraat

nie. Dit op sigself gee aanleiding tot vrae wat nie

verstaan word nie en weer op hulle beurt tot verdere

vrae lei; uiteindelik is dit vir die verhoorhof nodig

om die koring van die kaf te skei en ook om betoë aan

te hoor van kritiek teen teenstrydige en swak getuienis.

Wat /36

-36-

Wat die posisie nie makliker maak nie is die feit dat
hierdie getuies na 'n verloop van ongeveer 9 maande
noukeurig moet verslag doen oor wat gebeur het in die
nag onder straatligte in omstandighede waar hulle skielik
oorval word, daar paniek heers, mense vlug en rond-
skarrel, die toneel gedurig verander en skuif, en iemand
uiteindelik op 'n gewelddadige wyse vermoor word; om-
standighede wat nie juis gunstig of bevorderlik is vir
akkurate waarneming nie. Daar is dan nie alleen ruimte
vir foutiewe of gebrekkige waarnemeing nie maar ook die
versoeking bewustelik of onbewustelik vanweë die vyandig-
heid en vooroordeel wat daar heers teen die opposisie
bende om van sy lede wat aan die waarnemers bekend is,

uit /37

-37-

uit te ken as persone wat definitief aan die aanval
deelgeneem het al bestaan daar nie heeltemal sekerheid
daaromtrent nie. Waarteen gewaak moet word is dus
die gevaar dat onskuldige bekendes beskuldig word vir
dade gepleeg deur onbekendes of persone ten opsigte van
wie se identiteit daar geen of nie heeltemal sekerheid

is nie. Dit is 'n wesenlike gevaar omdat dit so maklik

kan gebeur.

Afgesien van al hierdie faktore wat betroubare

uitkenning kan belemmer of verdag kan maak is daar die

ander faktore wat betroubare uitkenning onder normale

omstandighede bemoeilik. In die saak van S v Mthetwa

1972(3) SA 766(A) op bladsy 768 A-C word die posisie as volg

opgesom /38

-38-

opgesom:-

"Because of the fallibility of human
observation, evidence of identification
is approached by the Courts with some
caution. It is not enough for the
identifying witness to be honest:
the reliability of his observation

must also be tested. This depends

on various factors, such as lighting,

visibility, and eyesight; the proxi-

mity of the witness; his opportunity

for observation, both as to time and

situation; the extent of his prior

knowledge of the accused; the mobility

of the scene; corroboration; sug-
gestibility; the accused's face, voice,

build, gait, and dress; the result

of identification parades, if any;

and, of course, the evidence by or

on behalf of the accused. The list

is not exhaustive. These factors,

or such of them as are applicable

in a particular case, are not indi-
vidually decisive, but must be weighed

one /39

-39-

one against the other, in the light
of the totality of the evidence, and
the probabilities; see cases such as
R v Masemang, 1950(2) SA 488 (AD);
R v Dladla and Others, 1962(1) SA
307 (AD) at p. 310C; S v Mehlape,
1963(2) SA 29 (AD)."

Wat no 1 beskuldigde betref is die getuienis
baie sterk teen hom. Hy was by die begrafnis van Grate
Pielies en het deelgeneem toe die besluit geneem is
om weerwraak te neem teen die BFK. Hy is 'n aktiewe
en gemerkte CTS-lid en was al verskeie kere in gevegte
met die BFK betrokke. Hy het op die staatsgetuienis

die voortou geneem met die aanval teen die BFK die aand
en het die panga gehad waarmee soveel skade aan die
liggaam van die oorledene gedoen is. Hy is uitgeken

deur /40

-40-

deur Stevens, Snyders en Titus. Hulle het hom geken
en was betreklik naby hom toe hulle onverwags deur hom
en die ander CTS-lede oorval is. Daar was verskillende
strydighede in hierdie persone se getuienis maar van die

soort wat mens onder die omstandihede wat daardie aand

geheers het kan verwag. Die verhoorhof was bewus van
die inherente gevare in die getuienis van bendelede en

het hulle as betroubare getuies beskou en in die algemeen

hulle getuienis aanvaar. King het no 1 beskuldigde ook
uitgeken maar dit sou gevaarlik wees om enigsins op sy
getuienis te steun veral ten opsigte van uitkenning
omdat hy nie as 'n eerlike getuie gereken kan word nie
weens die strydige verklaring wat hy ook onder eed
aan /41

-41-

aan die polisie gemaak het. Hat die uitkenning van die
ander beskuldigdes betref sal daar dus nie verder na
sy getuienis verwys word nie.

In die lig van die rol wat no 1 beskuldigde
die aand gespeel het en die duidelike uitkenning van
hom deur persone wat hom geken het en die aand kon
gesien het, skyn die kritiek van die verhoorhof van
sy alibi getuienis heeltemal gegrond te wees. Hy sou
nie die heel aand daar in die straat gestaan het nie as
hy saam met die CTS-lede besluit het om weerwraak te
gaan neem nie.

Die verhoorhof het dus heeltemal tereg bevind
dat /42

-42-

dat die saak van moord teen hom behoorlik bewys is.

No 3 beskuldigde word feitlik net deur Stevens
uitgeken aan sy voorkoms. Volgens hom het hy hom
saam met nos 1 en 2 beskuldigdes om die hoek sien kom
toe hulle op die BFK afgestorm het. Hy het hom eintlik.
leer ken met die bakleiery tussen die twee bendes. Hy
het nie gesien watter soort wapen hy by hom gehad het nie
en ook nie wat hy daar gedoen het nie. Dit moet dus
aanvaar word dat hy vir sy uitkenning van no 3 beskuldigde
die aand slegs staatmaak op die oomblik wat hy'hom om die
hoek sien kom het. Dit kan nie gesê word dat hy hom vir 'n
genoegsame tyd gesien het om seker te maak dat dit wel
hy was nie. Die enigste ander getuie wat hom uitgeken

het /43

-43-

het is Snyders en hy het hom lanklaas gesien en
moes onder ondervraging getuig dat hy hom aan sy stem
geken het toe hy saam met ander CTS-lede 'n paar woorde
geskree het. Hierdie soort uitkenning is feitlik niks
werd nie. Dit is moeilik om te begryp hoe 'n mens 'n
stem van 'n persoon sal kan uitken wanneer hy saam met 'n
hele paar ander 'n paar woorde uitskree. Dit blyk

verder ook nie uit sy getuienis waarom hy sy skree-
stem so besonder goed ken nie.

No 3 beskuldigde en sy moeder se getuienis
mag vatbaar vir kritiek wees maar ek kry nie die indruk
met die lees daarvan dat dit duidelik vals is nie. In
die lig van die swak getuienis wat hom op die toneel van

die /44

-44-
die misdaad plaas kan dit nie gesê word dat sy en sy
moeder se alibi-getuienis nie redelik moontlik is nie.
Die verhoorhof moes dus bevind het dat die staat
nie die saak teen hom bewys het nie.

King was die enigste getuie wat no 4 beskuldigde
op die toneel van die misdaad plaas. Aan die einde
van die staatsaak was daar dus getuienis teen hom gewees.
Toe hy egter sy saak sluit was dit vir die verhoorregter
nodig om die meriete van die getuienis teen hom te oorweeg
en vas te stel of die staat die saak teen hom bo redelike
twyfel bewys het. Soos reeds gemeld was King 'n oneerlike
getuie en as enkele getuie teen no 4 beskuldigde was sy
getuienis nie genoeg om 'n saak bo redelike twyfel teen

no 4 /45

-45-

no 4 beskuldigde te bewys nie. Mnr Vivier namens die
staat het toegegee dat die saak teen no 4 beskuldigde
nie bewys is nie.

Die slotsom dus is dat die appèl teen die skul-
digbevinding van no 1 beskuldigde nie kan slaag nie
maar die appèl teen die skuldigbevindings van nos 3
en 4 beskuldigdes moet slaag.

Die verdere getuienis wat in verband met die
aansoek om verlof om te appelleer voor die verhoorregter

geplaas is,was bedoel om te bewys dat no 1, 3 en 4

beskuldigdes nie op die toneel was nie maar wel die

nuwe getuies, maar dit kan geen verskil maak aan die

skuldigbevinding /46
-46-

skuldigbevinding van no 1 beskuldigde nie. No 2 be-
skuldigde het getuig dat slegs ses van hulle, hyself,
Alfred Pietersen, John Steenberg, Abie Hofman, Thomas
Pietersen en Anthony Breda toevallig op die BFK op die

betrokke hoek afgekom het. Hulle het gevlug en hy

het net gesien een man lê en dat daar 'n paar om hom staan.

Hulle het gekap en gesteek, hy kan nie sê wat daar ge-

beur het nie. Toe hulle weer by die woonstelle kom

toe het hy gesien dat Alfred Pietersen 'n graaf by hom
het waaraan daar bloed was. Hy ontken dat Ivan Claassen,

wat volgens no 1 beskuldigde by hom en sy vrymeisie

met 'n panga sou aangekom het en sou gesê het dat hulle

net 'n BFK doodgemaak het, saam met hulle die aand was.

Volgens /47

-47-
Volgens hom kon dit wat no 1 beskuldigde gesê het, nie
gebeur het nie. Onder kruisondervraging het no 2
beskuldigde erken dat die getuienis van King, Snyders
en Titus oor wat die aand op die hoek gebeur het korrek
was. Hy het die indruk probeer skep dat die gebeure

daar op die hoek niks te doen gehad het met enige

wraakneming nie. Trouens hy verklaar gladnie die aan-
wesighed van enige wapens nie'. Hy onthou slegs watter

soort wapens die persone vroeër die middag gehad het.
Hy het toe 'n vastelemmes gehad. Hy beweer ook dat hy
nie by was toe besluit is om wraak te neem nie. Dit
blyk vals te wees.

Alfred Pietersen, met die bynaam van Levins,

was /48

-48-
was die Woensdag by die huis waar die lyk van Grate
Fielies was. Volgens hom is daar deur die CTS besluit
om aan die BFK te doen wat hulle aan die CTS gedoen het.
Eers het hy gesê hulle was net ses persone teenwoordig
toe die besluit geneem is naamlik no 2 beskuldigde,
Anthony Breda, Abie Hofman, Thomas Pietersen, John
Steenberg en hyself. Daarna het hy erken dat daar

baie meer was en dat no 1 beskuldigde ook teenwoordig

was. Hulle het besluit om die BFK in die hande te kry

is toe na hulle gebied. Hy self het 'n graaf gehad,

en Abie Hofman het 'n panga gehad. Hy kon nie sê wat
die ander gehad het nie. Hy het net gesê dat hulle

almal saam was. Hy was nie 'n eerlike getuie nie.

Hy /49

-49-
Hy het eers die indruk probeer skep dat hulle op die BFK
afgekom het maar nadat 'n verklaring wat hy aan 'n proku-
reur gemaak het, aan hom gestel is, het hy erken dat die
CTS die BFK op die hoek bekruip het. Hy weerspreek
die ander getuies wat saam met hom sou gewees het en

hulle weerspreek hom oor belangrike aspekte van die gebeure
daardie dag.

John Steenberg met die bynaam van Baster, het

getuig dat hulle die betrokke aand op pad was na 'n vriend

en toevallig op die BFK afgekom het. Hy is gevra of

hulle wapens by hulle gehad het. Sy antwoord hierop

was: "Ons het nie - ek weet nie, ek kan nou nie sê

of almal wapens gehad het nie, maar dit is raadsaam

liewer /50

-50-

liewer om 'n wapen te hê indien ons so stap." Op 'n

verdere vraag het hy erken dat hy 'n panga by hom gehad

het. Daarna het hy gesê dat hy dink dat Abie Hofman

ook 'n panga by hom gehad het. Hy het nie gesien wat

Anthony Breda en Thomas Pietersen bv hulle gehad het nie

Volgens hom het Alfred Pietersen niks by hom gehad nie

terwyl laasgenoemde beweer dat hy 'n graaf gehad het.

Op verdere vrae het hy geantwoord dat hy die aand by

die BFK grawe, pikstele, 'n byl en lang messe gesien het

Party van hulle het láng messe gehad. Dit is heeltemal

in stryd met die ander getuienis wat vopr die verhoor-

hof gelê is. Hy getuig van 'n oor en weer bakleiery

en dat die BFK naderhand 'n halfmaan om hulle gevorm

het /51

-51-

het en dit was toe dat die oorledene geval het. Hy

weet nie of hy deur sy eie mense of die CTS plat geslaan

is nie. Steenberg het hom met sy panga geslaan waar

hy op die grond gelê het. Hy beweer dat hy nie geweet

het van die besluit bv Grate Fielies se begrafnis nie.

Abie Hofman het getuig dat die BFK-lede sterk

gekant teen no 1 beskuldigde was omdat hy vir hulle

baie aangerand het en as 'n vorige BFK-lid geweet het

deur watter kanale om te werk te gaan. Hulle het probeer

om hom met wapens van kant te maak. Volgens Hofman

hef no 1 beskuldigde gelieg toe hy gesê het dat Hqfman

die leier van die CTS is. Hy was by die begrafnis en

ontken, wat no 1 beskuldigde gesê het, dat daar 'n besluit

geneem /52

-52-

geneem is om Grate Fielies se dood te wreek. Hy ontken

ook, wat no 1 beskuldigde gesê het, dat Hofman eintlik

so besluit het. Volgens hom vertel no 1 beskuldigde 'n

leuen.

Hofman meld wel die wapens wat hulle ses by

hulle sou gehad het. Hy self en Steenberg het pangas

gehad, Alfred Pietersen het 'n graaf gehad wat hy opgetel

het, Thomas Pietersen en no 2 beskuldigde het sakmesse

gehad. Hy kan nie onthou wat Breda by hom gehad het

nie.- Volgens hom was daar ongeveer 20 BFK-lede wat

gewapen was met grawe, pangas en skerp voorwerpe. Hulle

het hulle verdedig teen die BFK en die BFK het naderhand

die hasepad gekies. In hulle haas om weg te kom het

hulle /53

-53-

hulle 'n persoon laat val en die CTS het hom toe aangerand

Hofman neem aan dat dit die oorledene moet wees. Hy

het hom met sy panga oor die bors en arm gekap soos hy

gekeer het. Die BFK het 'n endjie weg gestaan en die

CTS met klippe bestook. Die CTS is toe terug woonstelle

toe. Hy vertel glad nie wat die ander CTS-lede aan die

oorledene gedoen het nie.

Anthony Breda met die bynaam van Doemie het

getuig dat hy nie op die begrafnis was nie. Hy het saam

met die ander nuwe getuies geloop na 'n vriend toe hulle

op ongeveer 20 BFK-lede afgekom het. Hy kan nie sê

of hulle wapens gehad het nie. Met die geveg met die

BFK het hy gesien dat sy maats wapens uithaal. Hofman

en /54

-54-

en Steenberg het pangas gehad en Alfred Pietersen het

'n graaf gehad. Hy weet nie of Thomas Pietersen en no 2

beskuldigde wapens gehad het nie. Hyself was nie gewapen

gewees nie. Volgens hom het die BFK ook wapens gehad.

Hy k.on nie sien watter soort wapens hulle het nie. Hulle

was oppad na 'n vriend en moes by die BFK verby kom.

Hulle het gevlug en Breda het verby gekom en nie gesien

wat verder daar gebeur het nie. Hy het dus niks kon

sê van die aanranding op die oorledene nie.

Hierdie verdere getuienis is so uiteenlopend.

en weersprekend dat dit nie anders as vals kan wees nie

'n Groot deel daarvan is selfs heeltemal in stryd met

wat eintlik gemene saak was. Geen hof sal enige notisie
daarvan..../55

-55-

daarvan kan neem nie.

Namens no 1 beskuldigde is betoog dat die ver-

hoorhof fouteer het deur nie te bevind dat daar versag-

tende omstandighede was nie.

Die wetgewer het op die verhoorhof die plig gelê om vas te stel, eerstens, of daar omstandighede is wat betrekking kon gehad het op die geestesvermoëns of gemoed van die beskuldigde, tweedens om te oordeel of sodanige omstandighede die beskuldigde wel kon be-ïnvloed het, en derdens om te oordeel of die beïnvloeding vaii so 'n aard was dat die beskuldigde se daad volgens die moning van die verhoorhof daardeur as minder laakbaar

beskou /56

-56

beskou kan word; kyk S v Babada 1964(1) SA 26 (A)

27 H.

No 1 beskuldigde is op 17 Desember 1963 gebore

en was 19 jaar oud toe die moord gepleeg is. Die

verhoprhof het sy jeugdigheid terdeë in aanmerking

geneem en gevind dat daar ander faktore was wat verhinder

het dat sy jeugdigheid as versagting kan dien. Hy

is 'n lid van 'n jeugbende wat skynbaar baie aktief is

in die Roodewal gebied en die aand van die moord het

hy die voortou geneem. Die verhoorhof het tereg die

belange van die gemeenskap ook in aanmerking geneem

as 'n relevante faktor by die besluit of jeugdigheid as

versagting gereken moet word. In die saak S v Maarman

1976(3) /57

-57-

1976(3) SA 510 (A) op bladsy 577 G- 513 het Rumpff HR

as volg verklaar:-

"Hoewel die grusaamheid van 'n daad nie versagting uitsluit nie is dit 'n faktor wat oorweeg kan en behoort te word omdat van die grusaamheid van die daad 'n afleiding gemaak kan word oor die beskuldigde se geestes-toestand gedurende die pleeg van die daad en sy morele skuld. Die omstan-dighede waaronder 'n moord gepleeg word kan ook, myns insiens, sodanig wees dat daarvan afgelei kan word dat die beskuldigde 'n gees geopenbaar het waarin hy nie alleen 'n persoon vermoor het nie, maar ook die gemeen-skap self, wou uitdaag en aantas. En dit is wat in die onderhawige saak gebeur het, en waarna, myns insiens, die uitspraak verwys. Dit is onge-lukkig in ons Howe wel bekend dat kleiner of groter bendes jong Bantoes

of /58

-58-

of Kleurlinge, veral gedurende naweke, in hul eie woongebiede naby die groot stede die vreedsame bewoners terrori-seer. Gedurende sulke aksies word gedreig, aangerand en selfs gemoor. Die gees van sulke mense is dié van gewelddadigheid, en van minagting vir die vreedsame gemeenskap waarin mense andersins kan verwag om in onder-linge beskerming te leef. Ek is van mening dat, in hierdie lig gesien, die belange van die gemeenskap ín 'n beperkte sin wel as faktor kan geld, saam met alle ander relevante faktore, wanneer versagting oorweeg word, en dat in so 'n geval die gewig wat, bv., aan jeugdigheid van 'n beskul-digde geheg kan word, ook deur hierdie faktor verminder kan word."

Die feite wat die geestesvermoëns of gemoed

van die beskuldigde beïnvloed het by sy handeling moet

deur die verhoorhof vasgestel word en sodra dit vasgestel
is...../59

-59-

is moes die verhoorhof 'n morele oordeel vel of die beïn-

vloeding voldoende was om die morele verwytbaarheid

van die beskuldigde te verminder.

Die verhoorhof het al die tersaaklike feite

noukeurig en breedvoerig ondersoek en namens no 1 be-

skuldigde kon daar nie aangetoon word dat daar enige

dwaling of wanopvatting van die feite of die reg was nie

Hierdie hof het beperkte bevoegdheid om met die morele

oordeel van die verhoorhof in te meng en dit kan in die

huidige saak sekerlik nie betoog word dat die oordeel

van die verhoorhof in hierdie verband so onredelik

was dat gesê kan word dat geen redelike hof tot daardie

slotsom kon gekom het nie.

Hierdie /60

-60-

Hierdie hof kan gevolglik nie met die beslissing

dat daar geen versagtende omstandighede is inmeng

nie.

Namens no 2 beskuldigde is betoog dat
sy gevangenisstraf van 15 jaar buitensporig swaar is. Hy is op 8 Januarie 1964 gebore en was 18 jaar en 11 maande oud toe die moord gepleeg is. Hy was 'n aktiewe

lid van die bende en teenwoordig toe die besluit geneern

is om weerwraak te pleeg op die BFK. Met die aanval

die aand was hy een van die voorstes. Aan die maat-skaplike werkster wat oor sy geval verslag gedoen het,
het hy gesê dat,hy 'n voorbok in die CTS-bende is. Sy twee vorige veroordelings in die eerste helfte van 1981

was /61

-61-

was vir kwaadwillige saakbeskadiging wat tydens bende-

bakleiery gepleeg is. Trouens hy is al vanaf sy vroeë

jeugjare in die bende betrokke. Sy moeder en suster

het tevergeefs probeer om hom oor te haal om hom te ont-

trek van sy bende aktiwiteite.

Toe die moord gepleeg is was hy gewapen met 'n

vastelemmes. Dus wat die pleeg van die moord betref

was hy 'n aktiewe dader wat saam met ander swaar gewapende

persone uitvoering gegee het aan 'n besluit om weerwraak

teen die BFK te pleeg. Die belang wat die publiek

daarby gehad het dat so 'n bendelid behoorlik gestraf

word blyk uit die reeds aangehaalde passasie in die

saak S v Maarman (supra).

Wat /62

-62-

Wat no 2 beskuldigde se persoonlike omstandighede

betref kom hy uit 'n omgewing wat gekenmerk word deur

kragtige bendeoptrede, 'n hoe misdaadsyfer, beperkte

gemeenskapshulpbronne, werkloosheid en armoede. Daar

is betreklik min qeleentheid vir deelname aan opbouende

maatskaplike aangeleenthede. Lidmaatskap aan 'n bende

bied hom onder hierdie omstandighede die geleentheid

om!mag en invloed tussen sy gelykes te verwerf. Ge-

weld is in daardie geselskap 'n vinnige manier om aansien

te verkry. Die ongelukkige resultaat is dat hy glad nie

in die geleentheid gestel word om enige verantwoordelik-

heid of menslike gevoel teenoor sy medemens te ontwikkel

nie. Drank en dagga in hierdie geselskap word 'n algemene
aanvaarde...../63

-63-

aanvaarde daaglikse gebruik en geweld word dan ook as

normatief gereken. Dit is dus nie alleen in die open-

bare belang nie maar ook in sy eie belang dat hy vir

'n lang tyd uit sy huidige omgewing verwyder word sodat

hy sy lewensgewoontes kan verander. Wanneer hv ouer

is en meer lewenservaring het sal hy nie terugkeer na

sy ou gewoontes nie. Die maatskaplike werkster het die

mening uitgespreek dat no 2 beskuldigde wel die vermoë

het om te verander met die gepaste professionele hulp.

Die verhoorregter het hierdie mening aanvaar.

Indien al hierdie oorwegings inaggeneem word

saam met die jeugdige ouderdom van no 2 beskuldigde

dan is die vonnis wat deur die verhoorregter opgelê

is /64

-64-

is soveel hoër as wat hierdie hof sou opgelê het dat

afgelei kan word dat die verhoorhof onredelik gehandel

het en 'n ander vonnis kan dan opgelê word.

Onder al die omstandighede is 'n gevangenisstraf

van 10 jaar gepas.

Die slotsom is dat (a) die appèl teen die

skuldigbevinding van Christiaan Oktober aan moord en

die bevinding van die aanwesigheid van versagtende

omstandighede van die hand gewys word; (b) die appèl teen die

skuldigbevindings van Abdulla Satarien en Fakey van der

Westhuizen aan moord slaag en die skuldigbevindings en

strawwe /65

-65-

strawwe wat opgelê is tersyde gestel word;

(c) die appèl teen die vonnis

wat opgelê is teen Pieter Hermanus slaag in die mate

dat dit verminder word na 10 jaar gevangenisstraf.

APPELREGTE
JOUBERT AR) TRENGOVE AR)

stem saam