South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 42
| Noteup
| LawCite
S v Masuko and Others (44/86) [1986] ZASCA 42 (27 March 1986)
Download original files |
IN DIE HOOGGERËGSHOF VAN SUID~AFRIKA
(APPèLAFDELING) In die saak tussen:
SHADRACK MASUKO Eerste Appellant
ALFRED VUSI HLATSHWAYO Tweede Appellant
SHADRACK MANDLA NYATI Derde Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: VILJOEN, JACOBS et
SMALBERGER, ARR Verhoor: 10 Maart 1986 Gelewer: 27 Maart 1986
UITSPRAAK
JACOBS, AR
Die drie appellante het in die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling voor Spoelstra R en twee assessore as
beskuldigdes .... / 2
2.
beskuldigdes 1, 2 en 3 (gerieflikheidshalwe sal ek weer so na
hulle verwys) saam tereggestaan op ses aanklagtes. Daar
was ook 'n sewende aanklag maar dit was net teen beskuldigde
1 gemik.
Die eerste aanklag het beweer dat beskuldigdes
gedurende die nag van 17 tot 18 Desember 1983 'n Pord Cortina ligte
afleweringswa met registrasienommer GLT 217 T van ene Michael
Lander te
Wynberg, Johannesburg, gesteel het.
Aanklag 2 het beweer dat
beskuldigdes gedurende of omtrent 18 Desember 1983 te Tembisa in die distrik
Kempton Park gepoog het om vir
Ben Tshabangu te vermoor. (In die grootste deel
van die oorkonde word die van "Shabangu" gespel.)
Die derde aanklag het beweer dat beskuldigdes 'n
Ford Cortina afleweringswa met registrasienommer OE 700,
die .... / 3
3.
die eiendom van ene Henning Joubert, gedurende die nag
van
18-19 Februarie 1984 te of naby Verwoerdburg, Pretoria, ge-
steel het.
Aanklag 4 het gelui dat beskuldigdes op of omtrent
22 Februarie 1984 en te Tembisa vir Ben Tshabangu vermoor het
Aanklag 5 het beweer dat gedurende die tydperk
Desember 1983 tot 22 Februarie 1984 en te Tembisa beskuldigdes
wederregtelik twee .38 kaliber rewolwers besit het sonder
dat hulle in besit was van die nodige lisensies of permitte
Aanklag 6 het beweer dat gedurende die tydperk en
plek in klagte 5 genoem beskuldigdes wederregtelik in besit
was van . 38 mm patrone.
Aanklag 7 wat, soos reeds gesê is, slegs ten op-
sigte van beskuldigde 1 gegeld het, het beweer dat hy op
13 Maart .... / 4
4.
13 Maart 1984 te Tembisa uit regmatige aanhouding ontsnap het,
Al
drie die beskuldigdes, wat deur verskillende advokate verteenwoordig was, het op
al die aanklagte on-skuldig gepleit. Namens beskuldigde
1 is 'n skriftelike
pleitverduideliking ingehandig. Vir sover dit aanklagte 1 en 2 betref het hy
beweer dat hy ten tyde van die beweerde
gebeure op besoek was aan sy moeder te
Acornhoek, m a w hy het 'n alibi as verweer opgewerp. Wat aanklagte 3, 4,
5 en 6 betref, het beskuldigde 1 bloot alle bewerings teen hom ontken.
Ten opsigte van aanklag 7 het hy beweer dat hy uit bewaring ontsnap het ten
einde te ontkom aan aanrandings deur die polisie op hom, dat sy bedoeling was om
regsadvies in te win en dat hy inderdaad vrywilliglik
na die polisiestasie
teruggekeer het nadat hy regsadvies ingewin en mediese
behandeling .... / 5
5.
behandeling ontvang het. Beskuldigdes 2 en 3
het bloot alle bewerings teen hulle ontken.
Aan die einde van die saak is beskuldigdes soos volg skuldig bevind en
gevonnis:
Beskuldigde 1.
Aanklag 1: Skuldig en gevonnis tot drie jaar gevangenis-
straf. Aanklag 2: Skuldig en gevonnis tot sewe jaar gevangenis-
straf. Aanklag 3: Skuldig en gevonnis tot drie jaar gevangenis-
straf. Aanklag 4: Skuldig aan moord sonder versagtende om-
standighede. Die doodstraf is opgelê. Aanklagte 5 en 6: Skuldig op beide aanklagte. Die
aanklagte is saam geneem vir doeleindes van
vonnis en 18 maande gevangenisstraf is op-
gelê. Aanklag 7: Skuldig en gevonnis tot 6 maande gevangenis-
straf.
Die hof het gelas dat die vonnisse op aanklagte 1, 2 en 3 saam moet loop.
Beskuldigde 2.
Hy is slegs op aanklag 2 skuldig bevind en on-skuldig op al die ander aanklagte. Op aanklag 2 is hy
gevonnis .... / 6
6.
gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde 3.
Hy is op aanklagte 1 en 3 onskuldig bevind en ont-slaan. Wat die ander aanklagte betref was die uit-slag soos volg: Aanklag 2: Skuldig en gevonnis tot 5 jaar gevangenis-
straf. Aanklag 4: Skuldig aan moord sonder versagtende om-
standighede. Die doodstraf is opgelê. Aanklagte 5 en 6: Skuldig op beide aanklagte wat ook
saam geneem is vir doeleindes van vonnis
en een jaar gevangenisstraf is opgelê.
Die verhoorhof se bevindings was eenparig.
Die verhoorhof het aan
beskuldigdes 1 en 3 verlof toegestaan om na hierdie hof teen al hulle
skuldigbevindings en vonnisse te appelleer.
Verlof is ook aan beskuldigde 2
toegestaan om slegs teen die vonnis wat hom op aanklag 2,op-
gelê is te
appelleer.
Ter aanvang mag ek riet sê dat die persoon Ben
Tshabanga .... /7
7.
Tshabanga wat die Staat in aanklag 2 beweer die beskuldigdes op 18
Desember 1983 gepoog het om te vermoor, dieselfde per-soon is wat
in aanklag 4
beweer word op 22 Februarie 1984 inderdaad verraoor is. Dit was gemene saak dat
gemelde Ben Tshabangu op 18 Desember
1983 in sy huis te Mthambaka Wyk 850,
Tembisa, in sy been geskiet is en dat hy daarna op 22 Februarie 1984 te
Makhulong Wyk 471,
Tembisa in sy kop ge-
skiet en op die plek gesterf het. Ek
mag ook reeds op hier-
die stadium noem dat gedurende die verhoor die Staat
twee
verklarings wat beskuldigdes 2 en 3 onderskeidelik, op 12 April 1984
voor 'n landdros afgelê het en deur laasgenoemde op skrif
gestel is,
ingehandig het. Gemelde twee verkla-rings is met instemming van die betrokke
twee beskuldigdes
se regsverteenwoordigers ingehandig en namens elkeen van
die .... / 8
8.
die twee beskuldigdes is erken dat die
verklaring vrywillig-lik en ongedwonge gemaak is, sonder dat hy daartoe
beïnvloed is en terwyl hy by sy volle positiewe was. Ek is nie van voorneme
om die inhoud van die betrokke
verklarings volledig hierin uiteen te sit nie
maar ek gee op hierdie stadium reeds kort opsommings daarvan omdat, vir sover
dit beskuldigde
2 betref, sy skuldigbevinding op aanklag 2 hoofsaaklik daarop
gebaseer is en, vir sover dit beskuldigde 3 betref wat die inhoud van
sy
verklaring by die verhoor in breë trekke herhaal het,dit 'n
breë agtergrond daarstel van die gebeure vanaf 18 Desember 1983 tot 22
Februarie 1984. Dit is natuurlik vanselfsprekend dat die
inhoud van die twee
skriftelike ver-klarings nie gebruik kon word as getuienis behalwe teen
die beskuldigde wat dit gemaak het nie en die verhoorhof het
dit .... / 9
9.
dit ook nie so gebruik nie.
Beskuldigde 2
se verklaring kom kortliks daarop neer dat Shadrack Maseku (dit is deur almal
aanvaar dat hier na beskuldigde 1 verwys
word) hom gedurende Desember 1983
genader en gevra het om 'n sekere persoon met die naam van Ben wat vir hom,
Shadrack", R2 000 skuld
te gaan doodmaak. Die volgende dag het gemelde Shadrack
Maseku hom kom oplaai en nadat hulle vir ene Shadrack Nyati (dit is aanvaar
dat
na be-skuldigde 3 verwys word) opgelaai het, en dit reeds donker was, het die
drie van hulle gery en naby 'n huis wat Maseku
uitge-wys het as Ben se huis,
stilgehou. Maseku het toe aan hom, beskuldigde 2, 'n vuurwapen oorhandig en
beskuldigde 2 en Nyati
is alleen die huis binne. In die huis het hulle net
vrouens
gekry aan wie hulle voorgegee het dat hulle kamers soek om
te .... /10
10
te huur. Omdat die eienaar van die huis (Ben) nie daar was nie is hulle
versoek om later terug te keer. Hulle is toe terug na waar
Maseku in die
voertuig gewag het en hulle het aan hom rapporteer dat Ben nie tuis is nie en
hulle het toe vertrek. Beskuldigde 2
het die vuurwapen aan Maseku terug-gegee.
Twee dae later het Maseku hulle weer opgelaai. Maseku het toe weer 'n vuurwapen
aan hom,
beskuldigde 2, gegee en R200 aan Nyati. Hulle moes weer voorgee dat
hulle kamers wil huur en moes die huurgeld aan Ben oorhandig
en terwyl Ben die
geld tel moes beskuldigde 2 hom skiet. Maseku het weer vir hom en Nyati naby Ben
se huis afgelaai. Hulle is weer
die huis binne. Ben was weer nie tuis nie maar
het na 'n ruk opgedaag. Hulle het toe met Ben gesels oor die kamers
wat hulle
voorgegee het hulle wil huur en wou 'n deposito
gee .... / 11
11
gee maar Ben het gesê hulle moet eers die kamers wat beskik-
baar is gaan besigtig maar dat dit nou te laat is en dat hulle
weer moet kom om daarna te kyk. Omdat hulle aan Ben voorge-
gee het dat hulle met 'n huurmotor gekom het, het Ben vir sy
seun opdrag gegee om hulle te neem tot by 'n bushalte. Daar
het Maseku vir hom en Nyati gekry. Hulle het toe verslag
gedoen. Hulle het aan Maseku vertel dat Ben reeds in die
bed was en dat hulle die volgende dag moet terugkom. Be~
skuldigde 2 het weer die vuurwapen aan Maseku teruggegee
en Nyati die R200. Die volgende dag het Maseku weer vir
hom en Nyati kom oplaai. By sy ouerhuis het Maseku 'n bak-
kie uitgewys waarmee hulle moes ry en vir beskuldigde 2 aan-
gesê ora die bakkie te bestuur wat beskuldigde 2 gedoen het.
Maseku het hierdie keer self die vuurwapen by hom gehou
en ..... /12
12
en dit by sy broek se band ingedruk. Naby die hek van Ben se huis het
beskuldigde 2 stil gehou en Maseku en Nyati het afgeklim en
is die huis binne.
Op instruksies van Maseku het beskuldigde 2 nie die voertuig afgeskakel nie. Na
'n
rukkie het beskuldigde 2 drie skote agtermekaar gehoor en Maseku en
Nyati het toe aangehardloop gekom en hulle het vertrek. Op pad
het Maseku vir
beskuldigde 2 vertel dat hulle vir Ben gekry en geskiet het. Beskuldigde 2 is
toe afgelaai waar hy bly. Na 'n paar
dae het hy, beskuldigde 2, weer vir Maseku
raakgeloop en laasgenomede het vir hom gesê Ben is dood. Beskuldigde 2
sê
toe vir hom:
"goed as dit so is moet jy jou beloftes nakom. Jy het ons 'n motorkar belowe."
Volgens beskuldigde 2 het Maseku toe gesê:
"voor .... / 13
13
"voor Kersfees sal hierdie motorkar beskikbaar wees vir julle."
Volgens beskuldigde 2 het hy vir Maseku daarna nie weer ge-sien nie tot die
dag voor hy die verklaring afgelê het toe Maseku
en die polisie by hom
aangekom het en hy gearresteer is. Hy en Nyati het nooit die beloofde motorkar
gekry nie.
Die verklaring wat beskuldigde 3 voor die land-dros afgelê
het kom,kortliks op die volgende neer. Hy sê gedurende Desember
1983 het
Shadrack (hy ken nie sy van nie) by hom gekom en gesê daar is iemand wat
hom pla en dat hy, beskuldigde 3, hom moet
help om die persoon dood te maak.
Beskuldigde 3 sê hy het gesê hy is bang maar hy het saam met
Shadrack gery tot by Halfweghuis
waar hulle ene Vusi Hlatswayo (dit was
beskuldigde 2) opgelaai het. Vusi het
daarvandaan .... / 14
14
daarvandaan die voertuig bestuur. Hulle ry toe tot by Ben Shabangu se huis
wat volgens Shadrack die man was wat hom pla. Hy, beskuldigde
3, en Shadrack
klim toe af en Vusi bly in die motor sit. Beskuldigde 3 sê hy wou by die
huis se hek gaan staan maar Shadrack
het gesê
"nee kom saam dat ons
ingaan - jy gaan niks doen nie." Hy sê Shadrack het 'n vuurwapen gehad.
Dit het "so uitge-steek teen sy
sy." Hulle twee is toe die huis binne en
Shadrack het vir die mense gevra waar Ben is. Die mense sê toe Ben is bo
in die huis
wat 'n dubbelverdieping is. Iemand het vir Ben gaan roep en Ben het
toe afgekom. Shad-rack trek toe die vuurwapen uit en skiet 'n
skoot na Ben. Ben
vlug toe en Shadrack skiet nog 'n skoot. Beskuldigde
3 sê hy weet nie of die skote vir Ben getref het nie.
Ben .... / 15
15
Ben het toe in 'n ander vertrek ingehardloop. Beskuldigde 3 en Shadrack is toe terug na die voertuig waar Vusi gewag het en hulle het gery. Beskuldigde 3 en Vusi is afgelaai en Shadrack is verder. 'n Paar dae later het Shadrack vir hom kom sê Ben is dood. Kort daarna het die firmas waar hulle gewerk het gesluit vir die Kersvakansie en beskuldig-de 3 en Vusi is na hulle tuistes in Natal. Gedurende Jan-uarie 1984 het hy en Vusi teruggekeer. Beskuldigde 3 sê dat gedurende Februarie het hy weer vir Shadrack gesien en dié vertel toe vir hom dat Ben nog lewe. Daarna, sê be-skuldigde 3, het hy eendag in Tembisa gestap op pad na 'n vriendin van hom toe Shadrack onverwags by hom stilhou. Shadrack sê toe hy kan saamry. Hy wil net iets by 'n plek
gaan aflaai dan sal hy vir beskuldigde 3 wegbring na die
plek.... / 16
16
plek waarheen hy op pad is. Daar was nog 'n persoon wat hy nie geken het nie in die voertuig. Hulle ry toe en Shadrack hou by 'n plek stil en sê hy wil net gou 'n vriend gaan sien. Shadrack klim toe af en hy en die ander per-soon bly sit in die voertuig. Terwyl hulle daar sit het hy die klank van skote gehoor. Die volgende oomblik kom
Shadrack aangehardloop. Hy sien daar is bloed aan Shad-
rack se been en hy vra hom -
"wat het nou gebeur hierso - is dit jy wat geskiet het?"
Beskuldigde 3 sê Shadrack het net gesê:
"dis sleg - ek sal jou later vertel."
Toe het Shadrack teen 'n hoë spoed weggery. Langs die pad
het Shadrack vir hom, beskuldigde 3, afgelaai en gesê hy
sal ....... / 17
17
sal hom later weer kom oplaai maar Shadrack het nooit weer opgedaag nie en hy
het toe 'n ander geleentheid gekry na Halfweghuis waar
hy woon. Sedertdien het
hy Shadrack nie weer gesien nie tot die dag voor hy die verklaring gemaak het
toe Shadrack saam met die polisie
daar opgedaag het en beskuldigde 3 gearresteer
is.
Ek gaan nou daartoe oor om met die getuienis op die verskillende
aanklagte te handel. Ek meen dat ge-rieflikheidshalwe aanklagte 1
en 2 saam
behandel kan word. Die verhoorhof het heeltemal: tereg aanvaar dat Michael
Lander se Ford Cortina voertuig met registrasienommer
GLT 217 T gedurende die
nag van 17 - 18 Desember 1983 gesteel is. Volgens Lander was dit 'n ligte
afleweringsvoertuig
en die kleur was geel. Die voertuig is nooit teruggevind
nie .... / 18
18.
nie.
Die oorledene se vrou Rachel Shabangu het ge-
tuig dat hulle gedurende
Desember 1983 in 'n dubbelverdieping-huis te Mathambeka Wyk 850, Tembisa, gewoon
het. Haar man, die oorledene,
het blykbaar ook kamers gehad wat hy verhuur het
wat daar naby geleë was. Sy het vertel van twee persone wat twee keer by
hulle
huis aangekom het op soek na kamers om te huur (dit is altans wat hulle
voorgegee het). Op die aand van 18 Desember 1983 het een
van die persone wat
tevore daar was en 'n ander persoon weer daar gekom en navraag ge-doen omtrent
kamers en ook gevra waar haar
man Ben is. Sy het gesê haarman slaap in die
boonste kamer en sy het vir 'n seuntjie gevra om vir die twee persone die kamers
te gaan
wys. Die twee persone is saam met die seuntjie uit maar die
volgende .... / 19
19
volgende oomblik was hulle terug en het daarop aangedring om vir haar man te sien. Daar het toe 'n argument (of 'n lawaai soos sy dit genoem het) tussen haar en die twee per-sone ontstaan. Die twee wou toe met geweld die trappe opgaan. Terselfdertyd het 'n jong seun van haar die trappe afgekom en gekeer dat die twee nie die trappe opgaan nie. Terwyl die lawaai nog aan die gang was het haar man ook op die trappe verskyn. Die twee persone het agtertoe be-weeg en haar man het met die trappe afgekom. Een van die twee persone het toe 'n skoot na haar man geskiet. Daar-na het hy 'n tweede skoot geskiet en dit het gelyk asof haar man struikel. Haar man het in 'n ander vertrek inge-hardloop en 'n derde skoot is geskiet. Die twee persone
is toe daar weg. Sy het getuig dat die persoon wat die
skote .... / 20
20
skote afgevuur het beskuldigde 1 was. Beskuldigde 3 was die ander persoon wat
die aand saam met beskuldigde 1 was en hy, beskuldigde
3, was ook die persoon
wat voorheen by haar huis was saam met 'n ander persoon om na huurkamers te
verneem. Hierdie laasgenoemde
persoon het sy in die hof uitgewys as beskuldigde
2. Ek mag net noem dat volgens die getuie die ligte van die vertrekke waar die
toneel hom afgespeel het aan was en dat die toneel helder verlig was.
Beskuldigdes 1 en 3 is later deur die getuie op uitkennings-parades
uitgeken
maar hierna kom ek later terug. Die ge~ tuie het getuig dat na die gebeure haar
man 'n wond in die bobeen gehad het. Hy
is na die hospitaal vervoer waar
die
wond behandel is en hy 'n dag aangehou is.
Boswell Shabangu, 'n seun van die oorledene, het
getuig .... / 21
21
getuig dat op die aand van 18 Desember 1983 hy by sy vader in 'n kamer in die boonste verdieping van hulle huis was. Daar was 'n lawaai in die onderste vertrekke en hy is die trappe af om te gaan kyk wat aangaan. Daar was twee per-sone wat by sy raoeder was en wat met geweld die trappe wou opgaan. Die getuie het hulle voorgekeer. Sy vader het toe met die trappe afgekom en toe hy onder kom is daar op hom begin skiet. Hy kan nie sê wie van die twee persone geskiet het nie.. Hy het gesê van die twee persone wat die aand daar was, was een reeds tevore by hulle huis saam met 'n ander persoon. By dié geleentheid het hy die twee per-sone op 'versoek van sy vader na 'n bushalte geneem. Die getuie het ook verskeie uitkenningsparades bygewoon waar hy
sekere persone uitgewys het, maar ek kom ook later daarna
terug .... / 22
22
terug, Ek mag byvoeg dat die getuie tydens die gebeure blykbaar 19 jaar oud
en in St 10 was.
'n Jong vrou, Johanna Ngubeni, wat ten tyde van die gebeure
waaroor dit hier gaan 'n bediende in oorledene se huis was,het ook getuig
van
die twee mans wat die aand van 18 Desember 1983 daar aangekom het. Sy het hulle
nie ge-sien arriveer nie maar toe sy van 'n boonste
vertrek kom het die twee op
stoele gesit. Hulle het by Rachel verneem na woonplek en Rachel het twee kinders
saam met hulle gestuur
om vir hulle sekere kamers te gaan wys. Hulle het
uitge-gaan maar kort daarna weer teruggekeer en gesê hulle wil vir Ben
sien.
Hulle, die huismense, het egter gesê Ben is nie daar nie maar die
twee persone wou toe met die trappe
opgaan. Daar was 'n lawaai en Boswell het op die trappe
verskyn .... / 23
23
verskyn en die twee voorgekeer. Ben het toe ook met die
trappe afgekom en die twee het geretireer. Toe Ben onder
kom het daar 'n skoot geval en sy sê die kombuis was vol
rook. Sy het geskrik en is uit by 'n deur. Op daardie
stadium het sy reeds 'n tweede skoot gehoor. Sy het na 'n
oom se huis daar naby gehardloop en gerapporteer. 'n
Ander jong familielid van Ben, Dyna Shabangu, het saam met
'die getuie teruggegaan na Ben se huis. Voor Ben se hek
het 'n "Yellow Van" gestaan. Sy het die voertuig reeds ge-
sien toe sy verbyhardloop na haar oom se huis maar het toe
nie opgelet of daar iemand in is nie. Toe sy en Dyna
terugkeer het die voertuig weggetrek en het by hulle verby
gery. Sy het na die registrasienommer gekyk toe die voer-
tuig aankom en weer na dat dit verbygegaan het. Die
registrasienommer .... / 24
24
registrasienommer was GLT 217 T. Sy sê voor die voertuig
vertrek het, het sy twee persone van Ben se huis af daar-
heen gesien hardloop en in die voertuig spring. In ant-
woord op vrae deur die hof het sy gesê dat die persoon wat
geskiet het beskuldigde 1 was. Die ander persoon wat saam
met beskuldigde 1 op die aand van die 18de by die huis was,
was beskuldigde 3 en hy was reeds voor die 18de twee keer
saam met beskuldigde 2 by die huis om te verneem na kamers
wat te verhuur was. Ook dié getuie het uitkenningsparades
bygewoon en persone uitgewys maar ek verwys ook later daar-
na.
Op dié stadium moet ek net byvoeg dat Johanna
getuig het dat sy die volgende oggend twee "voorwerpe" in
die huis opgetel het terwyl sy gevee het en die het sy aan
die ..... / 25
25
die polisie oorhandig.
Dyna Shabangu het bevestig dat Johanna by haar
huis aangehardloop gekom het en dat sy saam met Johanna te-
rug is na Ben se huis. Voor die huis het 'n geel bakkie
gestaan en een persoon was besig om in die bakkie te klim.
Net na hy ingeklim het, het nog twee ingeklim en die bakkie
het toe begin beweeg in haar en Johanna se rigting. Sy
het die registrasienommer van die voertuig gelees. Die
registrasienommer was GLT 217 T en toe sy by die huis kom
het sy vir Boswell gevra om dit af te skryf. Sy het die
registrasienommer ook vir die polisie gegee toe hulle 'n
paar dae later 'n verklaring van haar kom neem het.
Dit is nie betwis nie dat drie 38 koeëlpunte
die volgende oggend in Ben se huis opgetel is en aan die
polisie .... / 26
26
polisie oorhandig is.
Ek kom nou by die uitkenningsparades waarna
ek vroeër verwys het. Dit is gemene saak dat op die eerste parade wat op 13
Maart
1984 gehou is al drie die getuies, Rachel Shabangu, Boswell Shabangu en
Johanna Ngubeni sonder aarseling vir beskuldigde 1 uitgewys
het as een van die
per-sone wat vir Ben Shabangu by sy huis geskiet het op 18 Desember 1983. Dit is
verder gemene saak dat op 'n
daarop-volgende uitkenningsparade wat op 5 April
1984 gehou is die getuies Johanna, Boswell en Rachel ene Mishack Sithole
uit-gewys
het as die ander persoon wat op 18 Desember 1983 vir Ben Shabangu by
sy huis geskiet het. Dit is verder ge-mene saak dat dit uit
die polisie se
verdere ondersoeke ge-
blyk het dat genoemde Mishack Sithole nie by die
skietery
betrokke .... / 27
27
betrokke kon gewees het nie m a w dat die drie getuies 'n
verkeerde persoon op die tweede parade uitgewys het. Op
daardie stadium was beskuldigdes 2 en 3 nognie gearresteer
nie. Hulle is eers op 12 April 1984 gearresteer. Op 17
April 1984 is 'n verdere uitkenningsparade gehou waarop be-
skuldigdes 2 en 3 teenwoordig was. Rachel, Boswell en
Johanna is weer na die parade gebring nadat die polisie
hulle vroeër meegedeel het dat hulle op die parade van 5
April 1985 'n verkeerde persoon uitgewys het. Hulle is
weer gevra om die persoon wat op 18 Desember 1983 aandadig
was aan die skietery op Ben Shabangu by sy huis uit te wys
indien hy op die parade is en al drie getuies het sonder
huiwering vir beskuldigde 3 uitgewys. Daar was geen
suggestie dat die uitkenningsparades nie reëlmatig gehou
is.... /2
2
8
is nie maar veral namens beskuldigde 1 is in kruisverhoor
en ook in argumente daarna en voor hierdie Hof groot gewag
gemaak van die feit dat op díe tweede parade 'n onskuldige
persoon uitgewys is as beskuldigde 3 en is die getuies se
vermoë van waarneming op grond daavan skerp gekritiseer
Dit sal ook later blyk wanneer ek met aanklag 4 handel.
idat dieselfde foutiewe uitkenning t o v beskuldigde 3 ge-
Imaak is deur die getuies wat oor daardie aanklag getuig het,
en dieselfde kritiek, hierdie keer ook namens beskuldigde 3,
is ook teenoor daardie getuies se getuienis ge-opper
Al die getuies het egter volgehou dat die persoon Mishack
Sithole wat hulle op die parade vir beskuldigde 3 aange-
sien het baie soos beskuldigde 3 lyk. Fotos wat die poli-
sie van gemelde Mishack Sithole en van beskuldigde 3
afsonderlik .... / 29
29
afsonderlik geneem het met en sonder hoofbedekkings is dan ook aan die verhoorhof en hierdie Hof voorgelê en dit is nie betwis dat die ooreenkoms vir sover dit die twee se voorkoms betref eenvoudig merkwaardig is nie. Daar was ook deurgaans deur Adv Black namens beskuldigde 1 aan ge-tuies gesuggereer dat die polisie voor die uitkenningspara-des fotos van beskuldigde 1 aan die getuies getoon het. Al die getuies het ontken dat soiets gebeur het en die verhoorhof het, na my mening heeltemal tereg, so'n moont-likheid verwerp. Dit was dan in breë trekke die getuienis wat die Staat op klagtes 1 en 2 aangebied het.
Beskuldigde 1 het getuig dat hy op 18 Desember 1983 toe die aanval op Ben
Shabangu plaasgevind het by sy
moeder te Acornhoek was waar hy op 16 Desember
aangekom het.
Hy .... /30
30
Hy het daar gebly tot 13 Januarie 1984 en weet gevolglik niks van die diefstal van mnr Lander se voertuig nie of van die aanval op Ben op 18 Desember nie. Hy het erken dat hy vir Ben Shabang goed geken het en geweet het waar hy bly maar het ontken dat hy ooit vir beskuldigde 2 of be-skuldigde 3 die huis gaan wys het of hulle soontoe geneem het of enige versoeke aan hulle gerig het om vir Ben dood te maak. Hy het wel vir beskuldigde 2 en beskuldigde 3 geken. Om beskuldigde 1 se alibi t o v aanklagte 1 en 2 te staaf is sy moeder Flora Masako as getuie geroep. Sy woon te Acornhoek en het getuig dat beskuldigde 1 op 16 Desember 1983 daar by haar aangekom het om te korn kuier en dat hy eers weer op 13 Januarie 1984 daarvandaan vertrek
het. Sy is eers in 1985 gevra om 'n verklaring te maak oor
haar .... / 31
31
haar seun se besoek aan haar in Desember 1983 maar onthou goed dat dit op 16
Desember was wat hy daar aangekom het want dit was 'n
vakansiedag en sy wou nog
die dag "oxide" gekoop het maar die winkels toe was. Sy onthou ook dat hy op 13
Januarie 1984 daar weg
is want dit was die dag wat die vee gedip moes word.
Beskuldigde se vrou het ook getuig dat beskuldigde 1 op 15 Desember 1983 vir
sy
moeder gaan kuier het. Sy self is op 16 Desember Natal toe en het op 4 Januarie
1984 teruggekeer. Beskuldigde 1 was toe nog nie
terug nie.
Beskuldigde 2 het
gladnie getuienis afgelê nie. Beskuldigde 3 het onder eed getuig. Vir
sover dit aanklagte 1 en 2 betref het
hy in breë trekke herhaal wat hy in
sy
skriftelike verklaring van 12 April voor die landdros gesê
het..... / 32
32
het maar hy het erken dat hy en beskuldigde 2 by twee ge-
leenthede voor 18 Desember 1983 by oorledene se huis was
waar hulle navraag gedoen het omtrent kamers om te huur.
By elk van die geleenthede het beskuldigde 1 hulle soontoe
geneem. By elke geleentheid het beskuldigde 1 'n vuurwapen
aan beskuldigde 2 oorhandig. Hy het ook bevestig dat op
die aand van 18 Desember 1983 toe na Ben geskiet is hulle
met 'n geel Ford "van" wat aan beskuldigde 1 behoort het na
Ben se huis gery het.
Voor hierdie hof het adv Lapham, namens beskul-
digde 3, die appèl deur beskuldigde 3 teen sy skuldigbevind-
ing op aanklag 2 laat vaar sodat dit slegs die korrektheid
van beskuldigde 1 se skuldigbevinding op aanklagte 1 en 2
is wat oorweeg moet word. Dit is nie betwis dat daar die
aand .... / 33
33
aand etlike skote op Ben gevuur is en dat hy in sy been ge-wond is nie. Dit is nie betwis dat Ben se aanvallers daar met 'n voertuig aangekom en vertrek het nie. Die getuies Johanna en Dyna sê albei dat die aanvallers met 'n geel bakkie met registrasienommer GLT 217 T vertrek het en die verhoorhof het na sorgvuldige oorweging hierdie getuienis aanvaar. Daar kan dus geen twyfel bestaan dat dit mnr Lander se voertuig was wat die vorige nag gesteel is nie. Die enigste getuie wat beskuldigde 1 met die voertuig ver-bind in die sin dat hy in beheer daarvan was is beskuldigde 3 en as hy ten opsigte hiervan geglo kon word, soos die verhoorhof gedoen het, dan was beskuldigde 1 tereg skuldig bevind op aanklag 1. In dié verband was dit belangrik om
te oorweeg of die alibi wat beskuldigde 1 ten opsigte van
aanklagte .... / 34
34
aanklagte 1 en 2 op gewerp het redelik moontlik waar kan wees en dit is presies soos die verhoorhof die probleem benader het. Die verhoorhof het die getuienis van Rachel, Boswell en Johanna versigtig benader en in ag geneem dat daar verskille in hulle getuienis was omtrent die opeen-volging van gebeure in Ben se huis veral nadat die skietery begin het. Hierdie verskille was nie wesenlik van aard nie en seer sekerlik nie aanduidend van ongeloofwaardigheid aan die getuies se kant nie. Dit is gemene saak dat al drie die getuies op die eerste uitkenningsparade vir be-skuldigde 1 sonder huiwering uitgewys het as die een wat verantwoordelik was vir die skietery op Ben die aand van 18 Desember. Die verhoorhof het hierdie getuienis ver-
sigtig benader veral in die lig van die feit dat op 'n latere
parade .... / 35
35
parade die getuies 'n verkeerde persoon aangesien en uitge-wys het vir beskuldigde 3. Die verhoorhof het in ag geneem dat veral ten opsigte van aanklag 4 waarmee ek later sal handel beskuldigde 3 sy eie aandeel probeer afwater het en selfs valslik ontken het dat hy aandadig was aan die oor-ledene se dood. Die hof het sy getuienis dus ook ten op-sigte van aanklagtes 1 en 2 met groot versigtigheid benader. Hierteenoor het die verhoorhof die alibi-getuienis wat ten opsigte van beskuldigde 1 voorgelê is ontleed en oorweeg en eenparig tot die slotsom gekom dat laasgenoemde getuie-nis as onwaar verwerp moet word en is die Staat se getuie-nis aanvaar dat dit wel beskuldigde 1 was wat op die be-trokke aand vir Ben in die been geskiet het. Wat klagte
1 betref was daar soos ek reeds gesê het slegs beskuldigde 3
se .... /36
36
se getuienis dat mnr Lander se voertuig wat die voirge aand
gesteel is aan beskuldigde 1 "behoort" het maar die verhoorhof
het beskuldigde 3 se getuienis op hierdie aspek aanvaar en in
die lig van die leuens wat beskuldigde 1 nie alleen in verband
met sy alibi-storie vertel het nie maar ook ten opsigte van
ander aangeleenthede wat betrekking het op die ander aanklag-
te een waarmee ek aanstons sal handel, meen ek dat die
aanvaarding van beskuldigde 3 se getuienis op hierdie aspek
heeltemal geregverdig was. Beskuldigde 3 se weergawe om-
trent die gebeure in Ben se huis die aand word ook in 'n groot
mate deur die staatsgetuies gesteun en verskaf na my mening
ook 'n bykomende waarborg vir beskuldigde 3 se geloofwaar-
digheid waar hy getuig het dat die voertuig inderdaad in
beskuldigde 1 se besit was. Beskuldigde 1 is dus na
37
my mening tereg skuldig bevind op aanklagte 1 en 2.
Wat aanklagte 3 en 4 betref is dit, net soos
in die geval met die eersté twee aanklagte, gerieflik om
saam te behandel. Dit is duidelik dat mnr Joubert se voer-
tuig waarna in aanklag 3 verwys word gedurende die nag van
18 - 19 Februarie 1984 gesteel is. Toe die voertuig 'n
paar dae later deur die polisie aan hom terugbesorg is was
daar ander nomraerplate met registrasienommer JKL 736 T op,
en was die ruite daarvan, behalwe die voorruit, verdonker
'n Foto van die voertuig nadat dit teruggevind is, is by die
hof ingehandig as Bew "A". Hierdie voertuig is deur speur-
dersersant Sedumedi en speurderkonstabel Magoai op 22 Feb-
ruarie 1984, nie lank na die moord op oorledene, Ben
Shabangu, opgespoor waar dit verlate langs die pad
gestaan .... / 3
38
gestaan het naby Halfweghuis. Sedumedi se getuienis is in sekere ander opsigte deur adv Black, namens beskuldigde 1, gekritiseer maar daar is hoegenaamd geen rede om sy ge-tuienis, gesteun deur Mogoai, omtrent hoe, waar en wanneer die voertuig gevind is in twyfel te trek nie. Dit kan ook as onbetwisbaar aanvaar word dat minstens 'n stuk papier (Bew "D") waarop die naam en telefoonnommer van ene Danny Malatsi geskryf was, in die voertuig gevind is. Die gegewens op Bew "D" het die polisie na 'n firma Kleen Shield (S A) (Edms) Beperk gelei waar ene Daniel Malatsi in diens was. Gemelde Daniel het getuig dat 'n soortgelyke voer-tuig as dié wat deur die polisie gevind is en op die foto Bew "A" verskyn, deur hom van film voorsien is wat die effek
het dat dit die ruite verdonker. Slegs die voorruit of
windskerm .... / 39
39
windskerms is nie verdonker nie. Hierdie werk is op 20
Februarie 1984 gedoen. Daniel het getuig dat nadat die
werk gedoen is die persoon wat die voertuig gebring het en
bygestaan het terwyl die werk gedoen is Daniel se naam en
telefoonnommer gevra het omdat hy glo vir Daniel verdere
werk wou gee. Daniel het toe die naam Danny Malatsi en sy
telefoonnommer op 'n uitgediende werkkaart van die firma ge-
skryf. Daniel het toe ook die persoon se naam en adres
gevra en dié het die adres "726 Emangweni Sec" en die naam
"Mswazi" agterop dieselfde werkkaart geskryf. Die kaart is
toe middeldeur geskeur en die persoon het Bew "D" met Daniel
se naam em telefoonnommer geneem terwyl die ander stuk wat
Bew "E" gemerk was met Mswazi se adres aan Daniel oorhandig
is. Hy het verduidelik dat die persoon Mswazi sy oom is en
dat sy oom sal weet waar om hom te
kontak .... / 40
40
kontak. Adam Kgwedi wat by dieselfde firma as Daniel werk,
en bygestaan het terwyl Daniel die werk aan die voertuig
gedoen het, het Daniel se getuienis bevestig. Toe die
polisie, nadat die voertuig met Bew "D" daarin gevind is,
vir Daniel ondervra, het hy sy storie vertel en Bew "E"
aan die polisie oorhandig. Bew "E" het die polisie gelei
na ene John Nkosi (ook bekend as Mswazi) wat inderdaad 'n oom
van beskuldigde 1 is en dit het uiteindelik tot beskuldigde 1
se arrestasie gelei. Dit is nie betwis dat op 'n uitkennings-
parade wat daarna op 13 Maart 1984 gehou is, Adam Kgwedi vir
beskuldigde 1 sonder enige huiwering uitgewys het as die
persoon aan wie se motor Daniel op 20 Februarie 1984 die
werk gedoen het nie. In sy getuienis het Adam getuig dat
hoewel beskuldigde 1 op 20 Februarie lang hare gehad het en
sy.../41
41
sy hare op 13 Maart kort geskeer was hy geen probleem on-dervind het om hom
op die parade uit te ken nie. Toe Daniel op dieselfde
parade gevra is om die
betrokke persoon uit te ken, kon hy niemand uitwys nie en het gesê die
per-soon wat die voertuig na
hom gebring het, het lang hare gehad. Soos die
verhoorregter tereg in sy uitspraak opmerk, het Adam wat die hele tyd slegs
gestaan
en toekyk het seker-lik meer en beter geleenthede gehad om die betrokke
persoon waar te neem as Daniel wat besig was om die werk
te doen. Híerdie
getuienis, wat die verhoorhof aanvaar het, toon dat beskuldigde 1 op 20
Februarie 1984, uiters twee dae nadat
die voertuig gesteel is, in bes'it daarvan
was. Die ge-tuienis dat beskuldigde 1 wel in besit van die betrokke
voertuig
was word ook bevestig deur Theresa Mpangele wat
in..../42
42
in Februarie 1984 saam met beskuldigde 3 gewoon het. Sy het getuig dat
gedurende gemelde maand beskuldigde 1 een oggend vroeg vir
beskuldigde 3 by
hulle huis kom oplaai het. Hy het in 'n voertuig gery wat gelyk het soos
dié op die foto Bew "A". Toe hulle vertrek het beskuldigde 3 'n
hoedjie op gehad en Beskuldigde 1 het 'n keps by beskuldigde 3 geleen wat hy
saamgeneem
het. Dit is nie betwis dat 'n hoed na die moord in Joubert se
voertuig gevind is. Ser-sant Sedumedi het gétuig dat 'n keps
ook in die
voertuig gevind is maar konstabel Mogoai praat net van 'n hoed wat in die
motor gevind is en daar was getuienis dat 'n keps by die toneel waar oorledene
gedood is opgetel is. Hoe dit ookal
sy beskuldigde 3 het erken dat beide die
hoed en
keps wat aan hom getoon is aan hom behoort het.
Wat..../43
43
Wat die getuienis betreffende aanklag 4 betref,
was daar in die eerste plek dié van Robert Makhabela wat
op 22 Februarie 1984 omtrent 7 uur die oggend by Makhulong-
Afdeling 471, Tembisa, 'n huis wat aan ene Job behoort het.
besig was om aan 'n Kombi wat aan oorledene behoort het te
werk. Moses Mokoena het hom gehelp. Omstreeks 9 vm het
oorledene daar met 'n Cressida motorkar opgedaag wat hy ag-
ter die Kombi geparkeer het. Ek mag net byvoeg dat fotos
van Job se huis geneem is en ingehandig is as deel van 'n
plan Bew "F". Oorledene het by die getuie en Moses kom
staan waar hulle besig was om aan die Kombi te werk. Twee
persone het toe daar opgedaag en een het vir oorledene ge-
groet en gesê "Ja Ben". Onmiddellik daarna het die be-
trokke persoon 'n skoot afgevuur. Oorledene het gevlug
en .... / 44
44
en in 'n toilet ingehardloop. Die persoon wat die skoot gevuur het, het oorledene agtervolg en hom by die toilet uitgesleep en op die grond vasgedruk. Intussen is verskeie skote geskiet. Die tweede persoon wat opgedaag het en in -tussen naby die Cressida motor gestaan het is ook na die eerste een en oorledene wat steeds op die grond gelê het, en het 'n vuurwapen wat hy, die tweede persoon, deurentyd by hom gehad het na die eerste persoon wat oorledene vasge-druk het gegooi en die eerste persoon het daardie vuurwapen geneem en 'n skoot na oorledene se kop geskiet. Oorledene het daarna bly lê en die twee vreemdelinge het na 'n bakkie wat agter die Cressida motor geparkeer was gehardloop, ingespring en weggery. Die bakkie waarmee hulle vertrek
het was soortgelyk aan die een op die foto Bew "A".
Die.../ 45
45
Die getuie kon nie sien of daar iemand anders in die bakkie was nie want die bakkie se ruite was donker. Dit is geme-ne saak dat op 'n uitkermingsparade wat op 15 Maart 1984 ge-hou is die getuie vir beskuldigde 1 sonder aarseling uitge-wys het as een van die persone wat op 22 Februarie 1984 vir Ben Shabangu doodgeskiet het. Dit is ook gemene saak dat die getuie op 'n parade wat op 30 Maart 1984 gehou is ene Mishack Sithole uitgewys het as die ander persoon wat op 22 Februarie 1984 betrokke was by die moord op die oor-ledene Ben. Dit is verder gemene saak dat op 'n uitken-ningsparade wat daarna op 17 April 1984 gehou is die getuie vir beskuldigde 3 uitgewys het as die ander persoon wat by die moord betrokke was. In die hof het die getuie ge-
tuig dat dit beskuldigde 3 was wat die eerste skoot op
oorledene .... / 46
46
oorledene gevuur het, hom daarna uit die toilet gesleep het en aan die einde,
nadat beskuldigde 1 die vuurwapen na hom gegooi het,
die skoot na oorledene se
kop afgevuur het waar-na oorledene doodstil bly lê het.
Moses Mokoena
het getuig dat hy op die oggend van 22 Februarie 1984 saam met Robert by Job se
huis was waar hulle aan 'n Kombi gewerk
het. Later het oorledene daar opgedaag
met 'n Cressida motor wat hy agter die Kombi geparkeer het. Terwyl hy, die
getuie, op sy knieë
was, besig om aan die Kombi se wiel te werk, het hy
skielik 'n skoot gehoor. Toe hy opkyk sien hy oorledene hardloop na 'n toilet.
Hy het toe ook twee vreemde persone daar ge-sien. Een het al skietende vir
oorledene agterna gesit.
Die vreemdeling het toe vir oorledene uit die toilet
uitgesleep .... / 47
47
uitgesleep. Hy het toe net gehoor die persoon wat vir oor-
ledene beetgehad het sê vir die ander een "hierdie hond wil
nie vrek nie". Die twee vreemdelinge was naby mekaar maar
hy het om 'n hoek gestaan en kon die tweede persoon nie sien
nie. Onder kruisverhoor het hy gesê dat hy gesien het 'n
vuurwapen word na die een wat met oorledene besig was ge-
gooi en dit word opgetel. In die hof het hy gesê dat die
een wat eerste na oorledene geskiet het en vir oorledene
uit die toilet uitgesleep het was beskuldigde 3 en die
ander persoon was beskuldigde 1. Nadat die laaste skoot
afgeskiet is het die twee vreemdelinge na 'n bakkie wat daar
gestaan het gehardloop en weggery. Net soos in die geval
van die getuie Robert, het hierdie getuie op 'n uitkennings-
parade op 15 Maart 1984 vir beskuldigde 1 sonder aarseling
uitgewys .... / 48
48
uitgewys as een van die persone wat op 22 Februarie 1984 betrokke was by die aanval op oorledene. Op die parade van 30 Maart 1984 het hy ook vir Mishack Sithole "baie hui-werig" uitgewys as die tweede persoon wat betrokke was en op die parade van 17 April 1984 het hy ook sonder aarseling vir beskuldigde 3 uitgewys as die tweede persoon wat be-trokke was. Dit was, net soos in die geval van die getuie Robert, nadat die polisie aan hulle gesê het dat hulle uit-wysing op 30 Maart 1984 van Mishack Sithole as 'n persoon wat betrokke was, nie aanvaar kan word nie. Hulle het ook getuig dat die persoon wat hulle op 30 Maart 1984 uit-gewys het baie soos beskuldigde 3 lyk. Ek hét reeds gesê dat volgens die fotos wat voorgelê is, daar 'n merkwaardige
ooreenstemraing in voorkoms is tussen gemelde Sithole en
beskuldigde .... / 49
49
beskuldigde 3. Dit toon maar net, en die verhoorhof het
dit goed besef, dat uitkennings van getuies wat andersins
heel geloofwaardig is soms tog foutief kan wees. Soos ek
egter aanstons sal aantoon hoef daar in hierdie geval, vir
sover dit aanklag 4 betref, nie bloot op Robert en Moses
se uitkennings staatgemaak te word nie. 'n Belangrike ge-
tuie in dié verband was Douglas Rampfudezeni wat net oor-
kant die straat van Job se huis waar die oorledene dood-
geskiet is woon. Hy het getuig dat op die oggend van 22
Februarie 1984 terwyl hy by sy huis was hy 'n lawaai gehoor
en onder andere ook 'n skoot gehoor het. Hy is na buite
en het 'n bakkie, soortgelyk aan dié op die foto Bew "A"
in die straat buite Job se huis gesien. Hy het twee per-
sone gesien stoei naby die toilet van Job se huis. Die
een .... / 50
50
een het toe die ander een geskiet en laasgenoemde het geval. Twee persone het
toe vanaf die plek waar die een geval het na die bakkie
wat in die straat was
gehardloop en ingespring. Op daardie stadium het daar reeds 'n derde persoon in
die bakkie gesit. Die drie
het toe weggery. Die getuie het die bakkie wat
weggery het se registrasienommer geneem en dit op sy hand neergeskryf. Hy het
dadelik
in sy eie voer-tuig na die polisiestasie gejaag en aan hulle die
registra-sienommer 'van die bakkie wat weggery het gegee. Die ge-tuie
het ook 'n
uitkenningsparade bygewoon maar kon niemand uitwys nie.
Speurder-sersant
Sedumedi en Konstabel Magoai het na Douglas se rapport, en gewapen met 'n
beskrywing en
die registrasienommer van die voertuig waarmee die
aanvallers
vertrek .... / 51
51
vertrek het, na die betrokke voertuig gaan soek nadat hulle
vlugtig by die moordtoneel aangedoen het. Oorledene was
reeds dood. Soos ek vroeër reeds genoem het, het hulle
die betrokke voertuig nog dieselfde dag verlate op pad na
Halfweghuis aangetref en het hulle daarin die dokument Bew
"D" aangetref wat uiteindelik gelei het tot beskuldigde 1
se arrestasie. Volgens Sedumedi het hy beskuldigde 1 binne
'n paar dae na die voorval opgespoor en aangehou maar het
beskuldigde 1, terwyl hy, Sedumedi, 'n telefoonoproep gaan
maak het, vanuit die voertuig waarin hy moes wag, ontsnap.
Beskuldigde 1 het 'n ander weergawe omtrent hierdie gebeure
gehad en ek ag dit nie nodig om daarmee te handel nie
want dit is nie hierdie beweerde ontsnapping waarop aanklag
7 betrekking het nie. Kaptein de Beer het getuig dat hy
op.../52
52
op een stadium die ondersoek van die moordaanklag oorgeneem het by Sedumedi .
Die dossier is toe ook van Sedumedi ont-trek, maar Sedumedi
het nog gehelp met
die ondersoekwerk. Omtrent daardie tyd het hy en Sedumedi beskuldigde 1 wat op
daardie stadiurn nie gevind kon
word nie, se huis be-
soek en die kaptein het
onder andere op 'n paar fotos van beskuldigde 1 beslag gelê. Beskuldigde 1
se vrou was teen-woordig.
Die dossier was toe onder sy, die kaptein, se beheer
en die fotos is in 'n koevert in die dossier geplaas. Hy twyfel of Sedumedi
die
fotos tydelik kon verwyder het en aan enigiemand kon getoon het maar het
toegegee dat dit nie heeltemal onmoontlik was nie. Adv
Black se vrae en
stellings aan getuies dat hulle uitkennings van beskuldigde 1 geskied
het nadat fotos van horn deur die polisie aan hulle getoon
is.../53
53
is - iets wat al die getuies Wat hom uitgewys het ontken het - was ooglopend op die feit dat daar op fotos van be-skuldigde 1 beslag gelê is, gebaseer. Die verhoorhof het hierdie suggestíe verwerp raaar selfs voor hierdie Hof is dit deur die geleerde advokaat as 'n moontlikheid voorgehou. Ek meen nie daar is enige basis hoegenaamd vir die betrokke argument nie. Mens kan wel vra, soos die verhoorhof ge-doen het, waarom die fotos dan nie ook getoon sou gewees het aan getuies soos Daniel en Douglas wat beskuldigde 1 glad-nie kon uitwys nie. Hoe dit ookal sy, beskuldigde 1 is uiteindelik op 12 Maart 1984 gearresteer en op 13 Maart 1984 is die eerste uitkenningsparade waarop hy deur sekere getuies uitgeken is gehou. Die ontsnapping waarna aan-
klag 7 verwys het dieselfde dag plaasgevind maar
daaroor .... / 54
54
daaroor later. In antwoorde op vrae deur adv Black het
kaptein de Beer gesê dat beskuldigde 1 na sy arrestasie
vir beskuldigde 2 en beskuldigde 3 aan hom gaan uitwys het
en onder andere gesê het dat hulle
"die twee persone was wat saam met hom was in die groen bakkie die dag met die skietery".
Dit was, volgens die getuienis,op 12 April 1984 wat beskul-digde 1 hulle gaan uitwys het. In herverhoor deur adv Kolbe namens die Staat, het kaptein de Beer getuig dat be-skuldigde 1 aan hom vertel het dat hyself, beskuldigde 2 en beskuldigde 3 die betrokke dag in die groen bakkie gery het. Beskuldigde 2 het bestuur. Op 'n stadium het beskuldigde 3 uítgêklim en 'n erf binne gegaan waarop hy, beskuldigde 1,
skote gehoor het. Die volgende oomblik het beskuldigde 3
terug .... / 55
55
terug gehardloop gekom en gesê "ry vinnig weg". Terwyl
hulle ry het beskuldigde 1 navraag gedoen omtrent die skietery
en aan beskuldigde 3 gesê as daar moeilikheid is gaan hy,
beskuldigde 1, vir die polisie sê. Beskuldigde 3 sou toe
in die ry vir hom, beskuldigde 1, deur die been geskiet het.
Beskuldigde 1 het aan die kaptein 'n wond aan sy bobeen ge-
wat hy by dié geleentheid sou opgedoen het. Hy het
ook die broek gaan wys wat hy tydens die skietery sou aan-
gehad het en waarin daar dan ook twee gate in die broekspyp
was. Die kaptein het daarna weer Joubert se bakkie deur-
soek maar geen koeëlgat in die bakkie gekry nie. Daar was
wel bloed in die bakkie soos Joubert ook getuig het toe hy
dié voertuig terug gekry het. Adv Black is geleentheid
gegun om kaptein de Beer oor laasgenoemde aspekte weer te
ondervra .... / 56
56
ondervra. Kaptein de Beer het getuig dat hy na die wond in die bobeen waarvan
beskuldigde 1 gepraat het gekyk het. Die wond was reeds
90% genees. Dit is aan
hom gestel dat volgens beskuldigde 1 hy daardie wond in 1978 opgedoen het.
Kaptein de Beer het die moontlikheid
ontken dat die wond reeds jare gelede
opgedoen is. Die jaar 1978 wat die advokaat gestel het is later na konsultasie
met beskuldígde
1 verander na 1983, en dat 'n sekere dr Hlakila
beskuldigde 1 vir die wond sou behandel het. Kaptein de Beer het ge-antwoord dat
beskuldigde 1 wel die naam van 'n swart doktér in Tembisa verstrek het.
Hy, die kaptein, en beskuldigde 1 het saam na die
dokter wie se naam beskuldigde
1 verstrek het,gery. Die dokter het beskuldigde 1 gladnie geken nie.
Hy het
ook sy rekords nagegaan en niks gevind wat aandui
dat.../ 57
57
dat hy ooit so 'n persoon behandel het nie.
Dr Peters, 'n deeltydse distriksgeneesheer, wat
op 24 Februarie 1984 'n nadoodse ondersoek op oorledene ge-
hou het, het getuig dat oorledene ongeveer 46 jaar oud was
Hy is dood as gevolg van 'n skietwond wat voor die kop inge-
gaan het en agter die kop uit is. Weens die afwesigheid
van kruitmerke aan die wond voor die kop was hy van mening
dat die skoot wat oorledene getref het waarskynlik van nie
'n korter afstand as 1 meter van die kop af afgevuur is nie
Die strekking van die dokter se kennis oor verskillende
vuurwapens en kruitmerke wat dit laat, blyk nie uit die
rekord nie. Die twee ooggetuies wat oor die skietery ge-
tuig het se indrukke dat die wapen wat gebruik is feitlik
teenaan oorledene se kop gedruk is kan, in die geharwar
wat .... / 58
58
wat geheers het ook heeltemal verkeerd was. Sk meen nie dat hierdie faktor
van wesenlike belang is nie.
Dit, in hooftrekke, was die getuienis wat die
Staat aangebied het.
Beskuldigde 1 het ten aansien van aanklagte 3 en 4
getuig dat hy 'n huurmotorbesigheid het en dat hy niks weet van die diefstal van
mnr Joubert se bakkie nie. Hy het ook ontken dat hy daardie voertuig of enige
ander voertuig se ruite laat verdonker het soos Daniel
Malatsi en Adam Kgwedi
getuig het. Hy het ook ontken dat die skrif op die kaart Bew "E" in sy handskrif
is. Hy het wel 'n oom wat
bekend is as Mswazi wat by die adres op Bew "E" woon
maar die oom van hom is bekend aan baie mense
en enigeen kon die naam en adres op Bew "E" geskryf het.
Hy.../59
59
Hy het erken dat hy na sy arrestasie geweier het om voor-
beelde van sy handskrif aan kaptein de Beer te gee maar
sê dit was op advies van sy destydse advokaat. (Tussen
hakies, kaptein de Beer se getuienis was dat beskuldigde 1
gesê het hy is ongeletterd en kan nie skryf nie.) Ten
aansien van aanklag 4 het beskuldigde 1 getuig dat hy 'n
huurmotorbesigheid het en dat beskuldigde 2 wat beweer het
dat hy buitebande goedkoop kan bekom belowe het om vir
hom, beskuldigde 1, van die bande vir sy motors in die hande
te kry. Een oggend het beskuldigde 2 en beskuldigde 3
in 'n groen bakkie wat lyk soos dié een op die foto Bew
"A" en waarvan die ruite verdonker was, by sy huis opgedaag
en gesê beskuldigde 1 moet saamry sodat hulle kan gaan kyk
na die bande en beskuldigde 1 kan besluit of die bande sy
voertuie .... / 60
60
voertuie sal pas en of beskuldigde 1 die bande wil hê.
Hy het toe saam met beskuldigdes 2 en 3 gery. Op 'n sekere
plek het hulle stilgehou en beskuldigde 3 het uitgeklim
en na 'n huis gegaan waar die persoon wat veronderstel was
orri die bande te verskaf hom sou bevind het. Beskuldigde 3
het 'n geruime tyd weggebly maar tog later teruggekom en ge-
sê hulle raoet ry. Beskuldigde 3 het vertel die man van
die bande is nie tuis nie en sy vrou het gesê hy sal eers
6 nm terug wees. Beskuldigdes 2 en 3 het toe gesê die twee
van hulle sal die aand die bande gaan haal en dit omstreeks
nm vir beskuldigde 1 bring. Hulle het nooit met die
bande opgedaag nie. Volgens hom het hy wel kort na 22
Februarie 1984 saam met Sedumedi en ander polisie beamptës
op hulle versoek in 'n voertuig gery. Hy was egter nie
gearresteer .... / 61
61
gearresteer nie en dit is nie aan hom gesê waarom hy moet
saamry nie. Op 'n stadium is Sedumedi in 'n gebou in en
hy, beskuldigde 1, het toe vir een van die ander polisie-
beamptes gesê hy is haastig en dié sou toe gesê het dat
Sedumedi mal is en hy, beskuldigde 1, kan maar loop. Hy
het toe uit die polisievoertuig geklim en is in 'n huurmotor
daar weg. Daarna is hy Kimberley toe om geld te gaan kol-
lekteer by plekke waar hy normaalweg drank en ander arti-
kels verkoop. Toe hy in Maart van Kimberley af terugkeer
het hy gehoor die polisie soek na hom maar hy het nie ge-
weet waaroor nie. Hy het toe sy prokureur in Johannes-
burg gaan sien en saam met adv Wepener is hy toe op 12
Maart na die polisiestasie op Tembisa waar hy aangehou is
Hy het ontken dat hy ooit aan kaptein de Beer gesê het dat
beskuldigde .... / 62
62
beskuldigde 3 hom in die been geskiet het. Hy het wel
'n koeëlwond aan sy been gehad maar dit was waar hy in
1983 geskiet is. Onder kruisverhoor het hy gesê dat
hulle na die bande gaan soek het in Makhulong Afdeling,
Terabisa. Die huis waar hulle stilgehou het lyk soos die
foto van die huis wat op Sew "F" voorkom maar hy sê al die
huxse daar rond lyk maar eenders. Hy het beweer dat hy
en beskuldigde 2 al tevore rusies gehad het oor 'n motor wat
beskuldigde 2 by hom geleen en toe beskadig het. Hy meen
beskuldigdes 2 en 3 wil hom in die moeilikheid bring omdat
hy hulle aan die polisie gaan uitwys het. Hy het nie self
uitgeklim om na die buitebande te gaan kyk nie want be-
skuldigde 3 sou die bande na hom toe bring waar hy in die
voertuig gesit het.
Wat.../ 63
63
Wat aanklag 4 betref het beskuldigde 3 ook in breë trekke herhaal wat hy in sy skriftelike verklaring van 12 April 1984 aan die landdros vertel het.. Hy het sy vriendin Theresa se getuienis dat hy deur beskuldigde 1 by hulle huis opgelaai is in 'n bakkie wat lyk soos die foto op Bew "A" ontken. Volgens hom is hy langs die pad deur beskuldigde 1 opgelaai maar hy het erken dat die voer-tuig wat beskuldigde 1 bestuur het min of meer gelyk het soos die een op gemelde foto. Hy het ook onder kruis-verhoor getuig dat buite die huis waar hulle stilgehou het en waar beskuldigde 1 ingegaan het en waar die geluid van skote vandaan gekom het, 'n Kombi en 'n Cressida motor ge-staan het. Hy het persone by die twee voertuie gesien.
Een van hulle was een van die getuies wat namens die Staat
oor .... / 64
64
oor die skietery getuig het. Volgens beskuldigde 3 was
die enigste keer wat hy saam met beskuldigde 1 in die
groen bakkie gery het die dag wat die skietery plaasgevind
het en was daar nooit 'n geleentheid wat hulle saamgery het
om, na buitebande te gaan kyk nie. Die dag van die skiete-
ry het hy sy hoed in die groen bakkie waarmee hulle gery
het vergeet. Hierdie hoed het hy later aan die polisie
uitgeken.
Wat aanklag 3 betref het ek nie die minste twy-
fel dat die verhoorhof korrek was in sy bevinding dat be-skuldigde 1 vanaf
minstens 20 Februarie 1984 in besit was van mnr Joubert
se voertuig wat
gedurende die nag van 18 - 19 Februarie gesteel is en onder al die omstandighede
ten volle
geregtig was om die afleiding te maak, as enigste redelike
afleiding .... / 65
65
afleiding, dat beskuldigde 1 die voertuig gesteel het.
Dat iemand op 20 Februarie 1984 die voertuig se ruite laat
verdonker het staan soos 'n paal bo water. Adam Kgwedi
het beskuldigde 1 sonder aarseling op die uitkenningsparade
uitgewys as daardie persoon. Theresa het ook bevestig dat
beskuldigde 1 vir beskuldigde 3 kom oplaai het in 'n voer-
tuig wat lyk soos die gesteelde een. In die voertuig is
die dokument Bew "D" gevind en beide Adam en Moses het ver-
duidelik wanneer en hoe dit daarin gekom het, asook wanneer
en hoe die dokument Bew "E" waarop die naam en adres van
Mswazi, beskuldigde 1 se oom, verskyn in Daniel se besit
gekom het. Voeg hierby vir wat dit werd is beskuldigde
1 se belaglike verhaal dat hy maar net in die voertuig wat
eintlik in beskuldigde 2 se besit was gery het om na buite-
bande .... / 66
66
bande te gaan kyk maar toe hulle by die plek kom waar die buitebande sou wees
net in die voertuig bly sit het, dan was die getuienis
teen beskuldigde 1 op
klagte 3 na my me-ning eenvoudig oorweldigend.
Wat klagte 4 betref is dit
duidelík van die ge-tuienis van Douglas dat die voertuig waarin die
moordenaars van Ben Shabangu
van die toneel weggejaag het die gesteelde motor
was waarop klagte 3 betrekking het en wat die polisie kort daarna verlate naby
Halfweghuis
gevind het. Dit is ooglopend op Douglas se beskrywing van die
voertuig en die verstrekking van die registrasienommer wat die polisie
die
betrokke motor opgespoor het. Hierdie motor het voor die skietery, selfs op
beskuldigde 3 se getuienis, voor die
huis waar oorledene doodgeskiet is
gestaan want beskuldigde
3.../67
67
3 vertel self dat langs die betrokke huis 'n Kombi en
'n Cressida motor gestaan het. Beide beskuldigdes 1
en 3 plaas hulself dús in die betrokke voertuig waar-
mee die moordenaaars weggery het. Beskuldigde 1 wil
eintlik hê die hof moet aanvaar dat beskuldigde 3 al
leen afgeklim het en dus waarskynlik alleen die oor-
ledene doodgeskiet het hoewel hy nie skote gehoor het
nie. (Aan kaptein de Beer het hy egter 'n ander storie
vertel naamlik dat hy wel skote gehoor het.) Beskuldigde
3 aan die ander kant gee voor dat beskuldigde 1 alleen af-
geklim het en waarksynlik vir die skietery wat hy gehoor
het verantwoordelik was. Die getuienis van Robert
Mkhabela, Douglas Rampfumedzeni en Moses Makoena, wie se
getuienis .... /6
68
getuienis die verhoorhof aanvaar het, toon egter onteenseg-lik dat twee
persone betrokke was by die aanval op oorledene en na die
aanval na die groen
bakkie gehardloop het en weg-gery het. Wie die derde persoon was wat Douglas in
die voertuig gesien sit het is
nie ter sake nie. Beide Robert en Moses het
beskuldigde 1 sonder huiwering uitgeken as die een wat op die end 'n vuurwapen
na die
ander een ge-gooi het voor die laaste skoot afgeskiet is. Beide gemelde
getuies het later vir beskuldigde 3 uitgeken as die persoon
wat oorledene uit
die toilet gesleep het en die laaste skoot, waarskynlik die doodskoot, afgevuur
het. Welliswaar is groot gewag
weereens gernaak deur beide advokate vir
beskul-digde 1 en beskuldigde 3 van die feit dat beide Robert en
Moses eers
'n ander persoon, Mishack Sithole, aangesien het
vir.... /69
69
vir beskuldigde 3. Ek het reeds na hierdie fout aan hulle
kant en die van die getuies op aanklag 2 wat díeselfde fout
gemaak het en die verduidelikings daaromtrent verwys.
Die verhoorhof het hierdie aspek ook in gedagte gehou en
oorweeg maar nogtans die uitwysing van die twee getuies
aanvaar. Ek kan ook met die verhoorhof se bevinding hier-
omtrent geen fout vind nie. Die twee advokate namens be-
skuldigdes 1 en 3 se kritiek teen die getuienis van Robert
en Moses omdat hulle nie altyd ooreenstem oor die opeen-
volging van gebeure veral na die skietery begin het nie,
die argumente dat hulle in hulle paniekbevangenheid nie
goeie waarnemings sou kon maak omtrent die identiteit van
die aanvallers nie, en die argument dat omdat, volgens
die .... /70
70
die getuies se beskrywings, skote van 'n baie naby distan-sie van oorledene afgevuur moes gewees het en die dokter geen kruitmerke aan oorledene se liggaam gekry het nie, het, in die lig van al die ander getuienis, na my mening niks om die lyf nie. Ek meen dus dat beskuldigdes 1 en 3 tereg skuldig bevind is aan moord. Dit wil voorkom asof beskuldigde 1 op een of ander stadium gedurende die aanval op oorledene moontlik 'n skietwond aan sy been opge-doen het. Hy het so 'n gedeeltelik geneesde wond aan sy been gehad toe hy gearresteer is. Hy het aan kaptein de Beer op een stadium vertel dat beskuldigde 3 hom die wond in die voertuig toegedien het wat 'n ooglopende leuen was. Beskuldigde 3 vertel weer dat daar bloed aan be-
skuldigde 1 se been was toe hy alleen na die voertuig
teruggekeer .... /71
71
teruggekeer het. Bloed, maar geen koeëlmerk nie, is
agterna in die voertuig gevind. Dit is dus nie onmoontlik
en miskien waarskynlik dat beskuldigde 1 op een of ander
manier gedurende die skietery op oorledene deur 'n koeël-
wond getref is maar dit is nie nodig om hieroor te speku-
leer nie.
Wat klagtes 5 en 6 betref het die verhoorhof be-
vind dat beskuldigde 1 op 18 Desember 1983 by Ben se huis
in besit was van 'n vuurwapen waaruit skote afgevuur is en
dat etlike afgevuurde .38 koeëlpunte daarna op die toneel
opgetel is. Die hof het ook tereg bevind dat op 22 Feb-
ruarie 1984 albei beskuldigdes 1 en 3 in besit was van
vuurwapens waarmee op oorledene gevuur is en dat agterna
ook daar etlike afgevuurde 38 koeëlpunte opgetel is.
Die .... / 72
72
Die skuldigbevindings van beskuldigdes 1 en 3 op klagtes 5 en 6 was dus na my
mening geregverdig.
Wat klagte 7 betref het konstabel Mokoadi getuig dat op
13 Maart 1984 hy beskuldigde 1 wat reeds gearresteer was in sy kantoor te
Tembisa polisiestasie moes oppas. Dit was blykbaar nadat die uitkenningsparade
gehou is waar-tydens beskuldigde 1 deur verskeie getuies
uitgewys is.
Beskuldigde 1 het op 'n stoel by die getuie se tafel gesit. Daar was ook 'n
gevangene wat besig was om die kantoor skoon
te maak. Daar was ook 'n vrou wat
die getuie besig was om te ondervra. Die vrou het skielik 'n rapport gemaak en
toe die getuie opkyk
sien hy dat beskuldigde 1 besig was om deur die
kantoorvenster te spring. Die gevangene wat
besig was om die kantoor skoon te maak het beskuldigde 1
aan .... / 73
73
aan sy bene beetgehad en beskuldigde 1 se lyf was al uit by die venster. Die
beskuldigde het losgekom uit die greep van die gevangene
en het oor 'n
hoë heining gespring en verdwyn. Die getuie het ontken dat beskuldigde
1 aangerand is voor hy by die venster uitgespring het.
Hy, die getuie, het
beskuldigde 1 nie eers ondervra nie en moes hom bloot oppas. Sersant Sedumedi
was gladnie in die kantoor waaruit
beskuldigde ontsnap het nie. Konstabel
Mamabolo het getuig dat op 13 Maart 1984 gedurende die teeverdaging (hy is 'n
hofordonans)
hy buite gestaan het naby die speurderskantore. Skielik het hy 'n
persoon ge-sien uithang by 'n venster van een van die speurderskantore.
Net toe
die getuie begin nader hardloop het die persoon
aan die buitekant van die
venster op die grond geval,
opgespring .... / 74
74
opgespring en weggehardloop. Hy het oor 'n veiligheids-heining rondom die
gebou gespring en verdwyn. Adv Black het glad geen vrae aan die getuie
gestel nie. Dit is blyk baar gemene saak dat beskuldigde 1 se prokureur of
advokaat hom die volgende
dag weer daar aangebring het en aan die polisie
oorhandig het. Behalwe vir wat aanvanklik in be-skuldigde 1 se
pleitverduideliking
gesê is, is niks aange-voer wat beskuldigde se optrede
regverdig nie en hy is te-reg op aanklag 7 skuldig bevind.
Voor hierdie hof
het adv Black, na my mening tereg, namens beskuldigde 1 die appèl
teen die vonnisse op aanklagte 1, 2,3, 5, 6 en 7 laat vaar wat beteken
dat dit slegs die verhoorhof se bevinding was dat daar geen ver-
sagtende omstandighede teenwoordig was ten opsigte
beskuldigde .... / 75
75
beskuldigde 1 se skuldigbevinding aan moord op aanklag 4 nie wat oorbly vir
oorweging.
Adv Lapham het ook, voor hierdie hof , weereens heeltemal
tereg meen ek, namens beskuldigde 3 die appèl teen sy skuldigbevinding en
vonnis
op aanklag 2 laat vaar. Wat aanklagte 5 en 6 betref het sy, onsuksesvol
soos ek aangetoon het, slegs die korrektheid van die skuldigbe-vindings
aangeveg. Oor die gepastheid van die vonnisse wat op daardie twee aanklagte
opgelê is het sy haar gladnie uitgelaat nie. Ek
meen ook nie dat daar
enige gronde is vir inmenging met die vonnisse wat opgelê is nie. Wat
beskuldigde 3 betref is dit dus
ook slegs die aanwesigheid al dan nie van
versagtende omstandighede op aanklag 4 wat
aandag verdien.
Ek.... /76
76
Ek behandel egter eers beskuldigde 2 se appèl teen die vonnis van vyf jaar gevangenisstraf wat hom op-gelê is op aanklag 2. Adv Laurent het weer, net soos by die verhoorhof, sy ouderdom (hy is 28 jaar), die feit dat hy net tot st 3 op skool gevorder het, die feit dat hy 'n vrou en vyf kinders en ouers het wat van hom afhanklik is en die feit dat hy vir 10 jaar vir dieselfde werkgewer ge-werk het aan ons voorgehou as versagtende faktore. Sy het ook beklemtoon dat hy nie 'n aktiewe rol in die eerste aanslag op Ben Shabangu se lewe gespeel het nie dog slegs in die voertuig voor die huis vir beskuldigdes 1 en 3 gesit en wag het. Die verhoorhof het al hierdie feite in ag geneem en het by vonnisoplegging geen mistasting begaan nie.
Geen geldige rede bestaan na my mening wat regverdiging
aan .... /77
77
aan hierdie hof as hof van appèl sou bied om met die opge-legde vonnis
in te meng nie.
Wat die vraag of daar versagtende omstandighede teenwoordig
was ten opsigte van beskuldigde 1 op aanklag 4 is daar inderdaad geen
feitlike
basis wat enige bevinding van versagtende omstandighede sou regverdig nie. Hy
het die daad ontken en in die getuienis as
geheel is daar niks te vind wat 'n
bevinding van versagtende omstandighede hoe-genaamd as 'n waarskynlikheid kan
steun nie. Die verhoor-hof
was in die duister gelaat oor 'n moontlike motief vir
die moord behalwe vir 'n vae verwysing in beskuldigde 2 se verklaring voor
die
landdros dat beskuldigde 1 sou gesê het dat oorledene hom geld skuld en in
beskuldigde 3 se ver-
klaring dat oorledene hom "pla". Om daardie vae bewerings
as .... /78
78
as waarskynlikhede te beskou vir die doeleindes van die
bewyslas wat op hierdie aspek op beskuldigde 1 gerus het,
is buite die kwessie. Beskuldigde 1 se appèl teen die
oplegging van die doodstraf wat onder die omstandighede
verpligtend was kan dus ook nie slaag nie.
Ook beskuldigde 3 se appèl teen die verhoorhof
se bevinding op aanklag 4 dat daar geen versagtende om-
standighede teenwoordig was nie kan nie slaag nie. Ook
hy het ontken dat hy aandadig was aan oorledene se dood.
Adv Lapham het namens hom verwys na beskuldigde 2 se ver-
klaring voor die landdros waaruit dit blyk dat hy en be-
skuldigde 3 'n motorkar belowe is as beloning vir die aan-
slag op oorledene se lewe. Selt's as dit aanvaar word
as 'n waarskynlikheid en as aanvaar word dat die tweede en
fatale .... / 79
79
fatale aanslag op oorledene se lewe gepleeg is deur be-
skuldigde 3 met voormelde belofte in gedagte kan dit na
my mening, op sigself, en daar is werklik geen ander fak-
tore wat ons van weet wat 'n rol gespeel het nie, nie as
'n versagtende omstandigheid aangemerk word nie. In elk
geval is dieselfde argument voor die verhoorhof ook ge-
opper en deur daardie hof verwerp. Die appèl van be-
skuldigde 3 op hierdie aspek kan dus ook nie slaag nie.
Die gevolg is dat die appèlle van al drie be-
skuldigdes op al die aanklagte en vonnisse waarteen ge-
appelleer is, verwerp word.
H R JACOBS, AR
VILJOEN, AR )
stem saam
SMALBERGER, AR )