South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 51

| Noteup | LawCite

President Versekeringsmaatskappy Bpk. v Lategan (152/85) [1986] ZASCA 51 (19 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


PRESIDBNT VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK APPELLANT
en
F A LATEGAN RESPONDENT

SAAK NO 152/85

/CCC

IN DIE /HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
PRESIDENT VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK APPELLANT

en

F A LATEGAN RESPONDENT

CORAM: TRENGOVE, HOEXTER et SMALBERGER ARR
VERHOOR: 1 MEI 1986
GELEWER: 19 MEI 1986

UITSPRAAK

TRENGOVE, AR:/
2. TRENGOVE, AR:

Hierdie appèl is gerig teen 'n uitspraak van regter Brink in die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 31 Januarie 1985. Dit het betrekking op 'n geding waarin die appellant betaling van 'n bedrag van R17 249,00 van die respondent geëis het kragtens die bepalings van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering, nr 56 van 1972 (hierna "die Wet" genoem). Die eis is afgewys en vandaar die appèl.

Die agtergrond van die dispuut tussen die partye is kortom soos volg. Op 23 Oktober 1978 is 'n voetganger, ene Malefetsane Piet Motsoeneng, op die pad tussen Bethlehem en Reitz deur 'n motorvoertuig raakgery en gedood. Die respondent, 'n boer van die plaas Lodewika

in/
3. in die distrik Reitz, was die bestuurder, asook die eienaar, van die voertuig. Die appellant was die derde-partyversekeraar daarvan. Ingevolge die bepalings van die Wet het die appellant die oorledene se eggenote ver-goed vir die skade wat sy en die minderjarige kinders uit hulle huwelik ten gevolge van die oorledene se dood sou gely het. Die bedrag van die vergoeding het, na bewering, R17 249,00 bedra. Die appellant het later hierdie bedrag ingevolge artikel 28 van die Wet van die respondent gevorder op grond daarvan dat hy sou ver-suim het om inligting aangaande die botsing, ooreenkomstig die voorskrifte van subparagrawe (a) en (b) van artikel 20(1) van die Wet, aan die appellant te verstrek. Die

respondent/
4. respondent het, onder meer, hierdie aantyging ontken. By die aanvang van die verrigtinge in die hof a quo het die verhoorregter ingestem om, ingevolge reel 33(4) van die Hooggeregshofreëls, allereers in te gaan op die vraag of die respondent inderdaad nagelaat het om aan die voor-skrifte van artikel 20(1) te voldoen. Die bewyslas ten aansien van hierdie geskilpunt was op die appellant (vgl Springbok Timber and Hardware Co (Pty) Ltd v National Employers' Mutual General Insurance Co Ltd 1970(1) S A 346 (A) op 355 E - F). Na aanhoor van die getuienis wat namens die partye oor hierdie punt voorgelê is, het die verhoorregter tot die slotsom gekom dat die appellant hom nie van die bewyslas gekwyt het nie en dus nie 'n

verhaalreg/
5. verhaalreg ingevolge artikel 28(2)(c)(ii) teen die re-spondent het nie. Die appellant se eis is gevolglik afgewys met koste. Die kernvraag in hierdie appèl is of die verhoorregter in dié opsig gefouteer het.
Ek verwys allereers, in breë trekke, na die getuienis wat namens die partye aan die hof voorgelê is. Die verhoorregter het die getuienis uitvoerig ont-leed en in die lig van die strekking van die debat in hierdie hof is dit nie nodig om weer in besonderhede daar-op in te gaan nie. Die appellant se saak was veral ge-grond op die getuienis van sy MVA-eisesuperintendent, mnr C N Jacobs. Hy was aan die appellant se hoofkantoor te Pretoria verbonde. Die strekking van sy getuienis is

soos/

6.

soos volg. Die appellant het verteenwoordigers (of

agente) oor die hele land wat gemagtig is om namens die
appellant derdepartyversekering aan eienaars van motor-
voertuie te verskaf en by wie ongelukke wat binne die
bestek van artikel 20(1) val, aangemeld kan word. Dit
is gemene saak dat die M B Dienssentrum op Reitz so 'n
verteenwoordiger was en dat die respondent sy derdeparty-
versekering by die appellant hier uitgeneem het. Wan-
neer 'n ongeluk by so 'n verteenwoordiger ingevolge artikel
20(1) aangemeld word, word die besonderhede daarvan inge-
vul op 'n sekere vorm wat in drievoud voltooi word. Na-
dat die vorm deur die eienaar of bestuurder van die be-
trokke voertuig onderteken is, moet een afskrif daarvan

deur/
7.

deur die verteenwoordiger na die appellant se hoof-kantoor in Pretoria deurgestuur word. Enige derde-partyeis wat uit so 'n ongeluk mag voortspruit, word dan by die hoofkantoor deur die kantoor van die MVA-eisesuper-intendent behartig. Vir elke voorval word 'n afsonder-like lêer blykbaar geopen waarin alle relevante dokumente en stukke geliasseer moet word.

Wat die onderhawige geval betref, het Jacobs getuig dat die betrokke lêer onder sy beheer was en dat daar hoegenaamd geen aanduiding daarin was dat die respondent ooit die ongeluk by die appellant, of by enigeen van sy verteenwoordigers, aangemeld het nie. Volgens die gegewens in die lêer het die appellant op

6 April/

8. 6 April 1979 vir die eerste keer van die ongeluk ver-neem toe 'n skrywe van 'n prokureur namens die oorledene se eggenote ontvang is. Die prokureur het met verwysing na die ongeluk afskrifte van die volgende dokumente aan-gevra, naamlik die betrokke versekeringsverklaring en die sogenaamde kennisgewing van ongeluk. Die appellant het op 10 April 1979 'n afskrif van die polisie-ongeluksverslag ontvang. Na aanleiding van hierdie inligting, het die appellant, volgens die gegewens in die lêer, op 12 April 1979, 'n skrywe in verband met die ongeluk aan die re-spondent gerig. Dit was blykbaar 'n standaard tipe brief waarin die geadresseerde versoek word om aandag te skenk aan die paragrawe wat met 'n "X" gemerk is. In die onder-

hawige/
9. hawige geval het die betrokke paragraaf soos volg ge-lui: "Ons verwys na bogemelde ongeluk en heg die voor-geskrewe vorms hierby aan vir onmiddellike voltooiing en terugsending". Jacobs kon nie uit eie kennis sê of enige vorms by die skrywe van 12 April 1979 aangeheg was nie en, indien wel, watter soort vorms dit was nie. Hy het egter te kenne gegee dat dit die vaste kantoorgebruik was om in so 'n geval die volgende twee vorms, naamlik, 'n Kennisgewing van Ongeluk (bew "B") en 'n Motorverslagvorm (bew "C"), aan die betrokke eienaar of bestuurder vir voltooiing te stuur en dat dit ook in die onderhawige geval sou gebeur het. Toe die respondent teen 1 Junie 1979 nog nie hierop gereageer het nie, is 'n aanmaning

aan/

10.
aan hom gestuur. En toe selfs dit nie die gewenste uitwerking gehad het nie, het die appellant op 22 Augustus 1979 weer 'n skrywe soortgelyk aan dié van 12 April 1979 aan die respondent gestuur. Ook in hierdie geval kon Jacobs nie uit eie kennis sê of enige vorms by die brief aangeheg was nie en, indien wel, wat die inhoud van die vorms was nie. Toe daar nog steeds geen reaksie van die kant van die respondent was nie, het die appellant besluit om verdere stappe ingevolge artikel 28 van die Wet teen hom te neem.

Die appellant het verder ook gesteun op die getuienis van 'n mev S Barnard wat in Oktober 1978, as klerk, by die M B Dienssentrum werksaam was. Sy was

o m betrokke/

11.

om betrokke by die uitreiking van derdepartyversekering namens die appellant. Ek kom weldra by haar getuienis. Geriefshalwe verwys ek eers na die getuienis namens die respondent.
Die respondent het self getuig en sy ge-tuienis kan soos volg saamgevat word. Hy was op 23 Oktober 1978 met sy motorvoertuig op die pad tussen Bethlehem en Reitz betrokke in 'n botsing waarin 'n voet-ganger, die oorledene, noodlottig beseer is. By die ongelukstoneel is hy deur die ondersoekbeampte, sersant (later adjudant-offisier) Grobbelaar daaraan herinner -soos hy self ook goed besef het - dat hy sy derdeparty-versekeraar van die ongeluk in kennis moet stel. Die

respondent/
12. respondent het dit die volgende dag, 24 Oktober 1978, gedoen. Hy is vanaf sy plaas na die M B Dienssentrum op Reitz waar hy die ongeluk aan mev Barnard gerapporteer het. Hy het terselfdertyd die derdepartyskyfie van die voertuig aan haar oorhandig. Die respondent het ook al die besonderhede wat mev Barnard in verband met die onge-luk verlang het aan haar verstrek. Sy het hierdie ge-gewens ingevul op 'n vorm wat in drievoud voltooi is en deur die respondent onderteken is. Die respondent het ook by die geleentheid 'n sketsplan van die ongelukstoneel aan mev Barnard gegee. Hy het dieselfde dag ook na sy prokureur gegaan waar hy 'n beëdigde verklaring in verband met die botsing afgelê het. Dit is later aan die polisie

verstrek/
13. verstrek. Die respondent het gemeen dat hy hiermee al sy verpligtinge aangaande die rapportering van die voor-valingevolge die voorskrifte van die Wet, behoorlik nagekom het. Hy het mev Barnard goed geken. Hulle het mekaar dikwels na hierdie geleentheid weer gesien. Sy het nie op enigeen van hierdie geleenthede weer na die voorval verwys of enige verdere besonderhede daaromtrent van hom aangevra nie. Die respondent is op 7 Februarie 1979 na aanleiding van die dood van die oorledene straf-regtelik aangekla maar hy is onskuldig bevind. Die re-spondent het erken dat hy later skrywes in verband met die voorval van die appellant ontvang het saam met vorms wat hy gevra was om te voltooi en dat hy nie daarop ge-

reageer/
14. reageer het nie. Vanweë die tydsverloop van ongeveer 6 jaar tussen die datum van die ongeluk en die datum van die verhoor in die hof a quo, kon die respondent ten tyde van die verhoor nie onthou presies hoeveel briewe hy van die appellant ontvang het of watter vorms daarby aangeheg was nie. Hy was onder die indruk dat een van die vorms soortgelyk was aan bew "B". Hy kon nie onthou of hy ooit 'n vorm soortgelyk aan bew "C" ontvang het nie. Die respondent het egter getuig dat hy die briewe geignoreer het omdat hy vantevore al die inligting aangaande die botsing aan die appellant se verteenwoordiger, die M B Dienssentrum,verstrek het en hy ook reeds in verband met die voorval strafregtelik

aangekla/

15.
aangekla en onskuldig bevind was. Die appellant se
sienswyse is op 9 September 1981 aan die appellant
oorgedra in 'n skrywe waarin sy prokureur o m gesê het:

"Ons verwys na bostaande saak en wens te bekragtig dat meneer Lategan ons nou gespreek het en ons meedeel dat hy onmid-dellik nadat hy die ongeluk gehad het, die ongeluk rapporteer het aan die plaaslike agente van u Versekeringsmaatskappy,

waar hy ook sy versekeringskyfie bekom het en Derdepartyversekeringsgelde betaal het. Hierdie betrokke verteenwoordiger van u was menere M B Dienssentrum en'verklaar meneer Lategan verder dat hy aan mejuffrou Brits wie die klerikale werk daar verrig het, 'n sketsplan en verslag van die ongeluk oorhandig het wie onderneem het dat dit aan u gestuur sal word..

Meneer Lategan verduidelik verder dat die rede waarom hy nie ag geslaan het op u skrywes die feit is dat hy in die eerste plek die bogenoemde handelswyse gevolg het

en/

16.

en ±n die tweede plek hy onskuldig bevind was in die kriminele verhoor en hy gevolg-lik die standpunt ingeneem het dat hy nie nodig het om iets verder aan die saak te doen nie."
Adjudant-offisier Grobbelaar het ook namens

die respondent getuig. Hy het bevestig dat hy op 23

Oktober 1978 die ongelukstoneel besoek het, die respondent

daar aangetref het en 'n gesprek in verband met die botsing
met hom gehad het. Hoewel hy nie met absolute sekerheid

kon sê presies waaroor hulle gesprek gegaan het nie, het hy

nietemin gesê dat dit destyds sy vaste beleid was om, waar

mense in 'n motorbotsing beseer of gedood is, die bestuur-

der van die voertuig daaraan te herinner om sy derdeparty-

versekeraar van die ongeluk in kennis te stel. Hy sou

dit/
17. dit by dié geleentheid ook gedoen het. Hiermee was die getuienis namens die respondent afgehandel.
Ek kom nou weer terug by mev Barnard se getuienis. Dit kan soos volg saamgevat word. Sy het bevestig dat sy gedurende Oktober 1978 by die M B Diens-sentrum werksaam was waar sy klerklike werk in verband met derdepartyversekering behartig het. Op 'n vraag of sy kon onthou of die respondent op 24 Oktober 1978 'n rapport aan haar gemaak het in verband met 'n ongeluk waarby n derde-partyeis betrokke sou gewees het, was haar antwoord "Nee, ek kan nie. Dit is alreeds te lank terug." Sy het gesê dat verskeie lede van die publiek gedurende daardie tydperk sulke rapporte aan haar gemaak het. Sodra 'n

persoon/
18. persoon kom rapporteer, moet sy 'n vorm in drievoud invul -die eerste eksemplaar gaan na die kliënt; die tweede word aan die versekeringsmaatskappy gestuur; en die derde moet sy bewaar tot aan die einde van die jaar wanneer dit dan met al die ander soortgelyke vorms aan die versekerings-maatskappy deurgestuur word. Toe mev Barnard onder kruis-verhoor gevra is of dit moontlik is dat die respondent die ongeluk aan haar gerapporteer het, het sy gesê "Absoluut, dit is moontlik en dit is ook nie moontlik nie .... Dit is moontlik, ek kan nie sê nie, want daar was te veel mense wat daar aangemeld het."

Mev Barnard het egter ook gesê dat die re-spondent toentertyd 'n kliënt van die M B Dienssentrum was,

dat/
19. dat hy gereeld daar stilgehou het om brandstof in te neem, en dát sy verneem het dat hy in 'n motorbotsing be-trokke was waarin iemand gedood is. Sy het ook gesê dat as hy nie self die ongeluk aangemeld het nie, sy hom sekerlik daaraan sou herinner het omdat hy sy derde-partyversekering by haar uitgeneem het.
Teen hierdie agtergrond kom ek vervolgens by die vraag of die geleerde verhoorregter gefouteer het deur te bevind dat die appellant nie volgens 'n oorwig van waarskynlikheid bewys het dat die respondent versuim het
om aan die voorskrifte van subparagrawe (a) en (b) van

artikel 20(1) te voldoen nie. Die artikel lui so:

"Wanneer, as gevolg van die bestuur van 'n

motorvoertuig/

20.

motorvoertuig wat ingevolge hierdie Wet verseker is, iemand anders as die bestuurder van daardie motorvoertuig gedood of beseer is, moet die eienaar en die bestuurder, indien hy nie die . eienaar is nie, van die motorvoertuig (indien redelikerwys moontlik, binne veertien dae na die voorval) aan die bevoegde versekeraar wat die motorvoertuig verseker het -

(a) besonderhede verstrek van die voor-
val, die plek waar en tyd wanneer die
voorval plaasgevind het, die naam en

adres (as hy dit weet) van enigeen wat

gedood of beseer is en van elkeen wat op die betrokke voertuig was toe die voor-val plaasgevind het, 'n beskrywing van enige ander voertuig wat by die yoorval betrokke was, en die naam en adres (as hy dit weet) van die bestuurder van elke sodanige ander voertuig en van enigeen wat die voorval waargeneem het:

(b) enige ander redelike inligting om-
trent die voorval verstrek waaroor hy
beskik en waarom die bevoegde versekeraar
hom van tyd tot tyd mag versoek."

Artikel/

21.
Artikel 20(3) bepaal o m dat iemand wat versuim om aan
'n bepaling van subartikel (1) te voldoen binne 'n rede-

like tyd nadat hy van die voorval te wete gekom het wat
die in daardie subartikel bedoelde besering of dood ver-
oorsaak het,is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding
strafbaar met 'n boete van hoogstens vyftig rand, tensy hy
nie in staat is om aan die betrokke bepaling te voldoen nie,
en sy onvermoë nie aan sy eie daad of versuim te wyte is
nie. En die versuim om aan 'n voorskrif van artikel 20(1)
te voldoen gee ook aanleiding, soos reeds vermeld, tot 'n
verhaalreg teen die versekerde ingevolge artikel 28(2)

(c)(ii).

Ek bepaal my eerstens by die betoog dat die

verhoorhof/

22.
verhoorhof ten onregte bevind het dat die appellant nie volgens 'n oorwig van waarskynlikheid bewys het nie dat die respondent versuim het om aan die voorskrifte van artikel 20(1)(a) te voldoen. Na my oordeel het hierdie argument werklik niks om die lyf nie. Soos reeds vermeld, het die appellant in hoofsaak gesteun op die getuienis van sy MVA-eisesuperintendent, Jacobs. Die essensie van sy getuienis is dat dit nie uit die gegewens in die betrokke kantoorlêer blyk dat die respondent die ongeluk by die appellant, of een van sy verteenwoordigers, ingevolge artikel 20(l)(a) aangemeld het nie. Verder as dit kon hy nie gaan nie. Hy het geredelik toegegee dat dit nie sonder meer van die gegewens - of die gebrek aan

gegewens/

23.

gegewens - in sy lêer afgelei kon word dat die respondent in der waarheid nagelaat het om die voorval kragtens artikel 20(l)(a) aan te meld nie. Hy het ook aanvaar dat indien die voorval wel by die appellant se verteen-woordiger op Reitz aangemeld was die gebrek aan gegewens daaromtrent in sy lêer aan een van die volgende gebeur-likhede gewyt kon word, hoewel hy dit as onwaarskynlik beskou het, naamlik: (a) dat die verteenwoordiger om een of ander rede nagelaat het om die gegewens aan die appellant deur te stuur - 'n moontlikheid wat die appellant nooit ondersoek het nie; of (b) dat die stukke in die pos soek geraak het; of (c) dat die dokumente by die hoofkantoor per abuis verkeerd geliasseer is - volgens

Jacobs/

24.
Jacobs was daar in Oktober 1978 ongeveer 3 000 lêers met
onafgehandelde derdepartyeise en die gegewens in hierdie
lêers is nie nagegaan om die moontlikheid van 'n foutiewe

liassering van die gegewens in verband met die onderhawige
voorval uit te skakel nie. Vanweë die vaagheid van mev
Barnard se herinnering neem haar getuienis die appellant
se saak geensins verder nie. Trouens, in 'n sekere sin
verleen sy eerder onregstreekse steun aan die respondent.

Soos reeds aangetoon, het sy toegegee dat hoewel sy vanweë
die lang tydsverloop nie kon onthou of die respondent die
voorval by haar aangemeld het nie dit goed moontlik is

dat hy dit wel gedoen het. En sy het bygevoeg dat as

die respondent nie die ongeluk op eie inisiatief aangemeld

het/

25.

het nie sy hom, as klient, daaraan sou herinner het omdat sy van die ongeluk verneem het en hom dikwels daarna raakgeloop het.
Hierteenoor is daar die direkte getuienis van die respondent self waarna ek reeds in breë trekke verwys het. Hy het reguit gesê dat hy die dag na die ongeluk die voorval aan mev Barnard by die M B Dienssentrum gerapporteer het. Die verhoorregter het die respondent se relaas van sy gesprek met mev Barnard aanvaar omdat hy hom as 'n eerlik en geloofwaardige getuie beskou het en daarbenewens bevind het dat sy getuienis deur die waarskynlikhede onderskraag word. Volgens die oorkonde beoordeel, gaan ek volkome akkoord met hierdie sienswyse

veral/

26.

veral wat die waarskynlikhede betref. Dit is tans ge-mene saak dat die respondent geweet het dat die ongeluk by sy derdepartyversekeraar aangemeld moes word; dat adjudant-offisier Grobbelaar hom die dag van die ongeluk ook daaraan herinner het; en dat hy die volgende dag sy prokureur op Reitz in verband met die voorval gespreek het. In die omstandighede is dit bykans ondenkbaar dat hy dit nie ook aan mev Barnard sou gerapporteer het nie. In hierdie hof is die betroubaarheid van die respondent se getuienis eintlik net op twee punte aangeval. Die eerste is gegrond op sy versuim om op die skrywes van die appellant te reageer. Daar is aangevoer dat dit "eerder aanduidend is van algemene laksheid met betrekking

tot/
27. tot die rapportering van die voorval as van die redes wat hyself daarvoor aanvoer." Ek kan nie hiermee saam-stem nie. Dit was miskien onverstandig van hom om nie op die briewe te reageer nie maar vanuit sy oogpunt be-skou, is die redes vir sy optrede, soos uiteengesit in die brief van sy prokureur van 9 September 1981 en weer by die verhoor herhaal, na my oordeel, heeltemal aanvaar-baar. Hy sou heel waarskynlik anders opgetree het as hy nie alreeds die voorval aan mev Barhard gerapporteer het nie. Daar is ook aangevoer dat die respondent se getuienis aangaande die rapportering van die voorval aan mev Barnard onbevredigend was "op 'n wesenlike aspek". Dit het betrekking op die sketsplan van die ongeluk wat

die/ .......

28.
die respondent aan mev Barnard sou gegee het. Ek het die respondent se getuienis op hierdie punt sorgvuldig nagegaan en ek is hoegenaamd nie oortuig dat die kritiek geregverdig is nie. Die respondent is met sy kruisonder-vraging gevra of mev Barnard teenoor hom onderneem het om sy sketsplan en 'n verslag van die ongeluk aan die appellant deur te stuur. Aanvanklik het die respondent gesê dat hy dit nie kon onthou nie. Later het hy gesê dat mev Barnard wel onderneem het om dit te doen. En, toe hy oor hierdie oënskynlike teenstrydigheid ondervra is,het hy gesê "Hierdie ding het ses jaar terug gebeur en dit is op hierdie stadium baie moeilik om elke ding in besonder te kan onthou, aangesien ek nie rekord daarvan gehou het

nie."/
29. nie." Hy het ook verduidelik dat dit hom met die onder-vraging bygeval het dat hy mev Barnard aan die einde van hulle gesprek gevra het of alles nou in orde is en of hy kan aanvaar dat sy al die inligting in verband met die voorval aan die appellant sou deurstuur. Hierop het sy bevestigend geantwoord. Na my oordeel is dik in die om-standighede byna vanselfsprekend dat die respondent so 'n vraag aan mev Barnard sou gestel het en dat sy bevestigend daarop sou geantwoord het.

Om dus saam te vat wat die voorskrifte van subparagraaf (a) van artikel 20(1) betref. Na my mening blyk dit duidelik uit die getuienis dat die respondent aan die voorskrifte van hierdie subparagraaf voldoen het deur-

dat/

30.
dat hy op 24 Oktober 1978 die volgende inligting aan die appellant se verteenwoordiger op Reitz verstrek het, naam-lik: besonderhede van die ongeluk, die plek waar en die tyd wanneer dit gebeur het, en die naam en adres van elk-een wat op die voertuig was toe die ongeluk plaasgevind het. Hierbenewens het hy blykbaar ook ander inlig.ting verskaf wat benodig was vir die voltooiing van 'n Kennis-gewing van Ongeluk-vorm, soortgelyk aan bew "B". Die respondent kon nie die naam en adres van die oorledene verstrek nie omdat dit nie op daardie tydstip aan hom bekend was nie.
Die volgende vraag wat oorweeg moet word is of die verhoorregter ten onregte tot die slotsom gekom

het/
31. het dat die appellant hom nie van die bewyslas ten op-sigte van die bewerings gegrond op subparagraaf (b) van artikel 20(1) gekwyt het nie. Die appellant het gesteun op die feit dat die respondent versuim het om te reageer op die skrywes wat in April en Augustus 1979 aan hom gestuur is waarin hy gevra is om die vorms daar-by aangeheg te voltooi en aan die appellant terug te stuur.
Ek het reeds by die bespreking van Jacobs en die appellant
se getuienis verwys na die onsekerheid ten aansien van die identiteit van die vorms wat by hierdie briewe aan-geheg was. Die respondent het toegegee dat een van die vorms waarskynlik 'n Kennisgewing van Ongeluk-vorm, soort-gelyk aan bew "B", was. Daar is namens die appellant

aangevoer/
32. aangevoer dat dit volgens 'n oorwig van waarskynlikheid bewys is dat die ander vorm 'n Motorverslagvorm, soort-gelyk aan hew "C", was. Hoewel ek ernstíge twyfel daar-omtrent het, sal ek nietemin ten gunste van die appellant aanvaar dat die ander vorm wel identies aan bew "C" was. Soos ook reeds genoem, is dit gemene saak dat die respon-dent nie op voormelde skrywes gereageer het nie. Die vraag is of dit in die lig van al die omstandighede gesê kan word dat hy versuim het om aan die voorskrifte van subparagraaf (b) te voldoen.
In hierdie verband ag ek dit gerade om eers kortliks na die strekking van subparagraaf (b), in die samehang van artikel 20(1) as 'n geheel, en van die

ander/
33. ander verbandhoudende artikels in die Wet, te verwys. Vanweë die aanspreeklikheid wat in artikel 21 aan 'n
bevoegde versekeraar toegeskryf word, moes die wetgewer

uit die aard van die saak voorsiening maak vir die ver-

skaffing van die besonderhede van 'n motorongeluk waarin

iemand gedood of beseer is aan die betrokke versekeraar,
binne 'n redelike tyd. So 'n versekeraar moet immers in

staat gestel word om so gou doenlik te bepaal of hy

k.ragtens artikel 21 teenoor enigiemand aanspreeklik is

en, indien wel, wie die persoon is en wat die omvang van

sy aanspreeklikheid teenoor hom waarskynlik is. Artikel

20(1) maak o m hiervoor voorsiening. Dit stel die ver-

sekeraar in staat om alle redelike inligting omtrent die

voorval/

34.

voorval ehsovoorts, waaroor die eienaar of die bestuurdec van die betrokke voertuig beskik, van hom te verkry. So 'n eienaar of bestuurder is verplig om op eie inisiatief die inligting waarna subparagraaf (a) verwys aan die ver-sekeraar te verstrek. Wat die naam en adres betref van enigeen wat in die voorval gedood of beseer is, hoef hy vanselfsprekend net die besonderhede te verstrek indien hy daarvan kennis dra. Die betrokke eienaar of bestuurder moet verder ook kragtens subparagraaf (b) "enige ander redelike inligting omtrent die voorval verstrek waaroor hy beskik en waarom die bevoegde versekeraar hom van tyd tot tyd mag versoek". Alhoewel subparagraaf (b) in die Engelse teks van die wet (d i die teks wat deur die Staatspresident geteken is) slegs verwys na "any

other/
35. other reasonable information" en nie soos die Afrikaanse teks na "enige ander redelike inligting omtrent die voor-val" nie, is daar na my mening geen wesenlike verskil tussen die twee tekste nie. Dit was klaarblyklik die wetgewer se bedoeling dat die inligting wat aangevra word betrekking moet hê op, of in verband moet staan met, die betrokke voorval. In die sinsverband van subparagraaf (b) verwys die frase "enige ander redelike inligting omtrent die voorval" na my mening na enige bykomstige inligting (d w s bykomstig tot die inligting wat reeds uit hoofde van sub-paragraaf (a) verstrek is) waaroor die betrokke eienaar of die bestuurder beskik en wat die versekeraar, gesien die bepalings van artikel 21, redelikerwys nodig het.

Ek/

36.

Ek kom vervolgens by die toepassing van die
voorskrifte van subparagraaf (b) op die tersaaklike feite. Die vraag is of die respondent in April of Augustus 1979 op die skrywes van die appellant moes gereageer het deur die twee vorms soortgelyk aan bewysstukke "B" en "C" te voltooi en aan die appellant terug te stuur. Anders gestel, moet die blote feit dat hy nie die vorms ingevul en terug-gestuur het nie, beskou word, vir die doeleindes van artikel 28(c)(ii), as 'n versuim om aan die voorskrifte van artikel 20(1) te voldoen? Ek is van oordeel dat dit nie die geval is nie. Na my mening was die respondent seer sekerlik nie verplig om die vorm soortgelyk aan bew "B" te voltooi nie omdat hy reeds op 24 Oktober 1978 al die

inligting/
37. inligting wat daarin aangevra is, en selfs nog meer, aan die appellant se verteenwoordiger op Reitz verstrek het. Hoewel besonderhede van die voorval nie in daardie vorm aangevra word nie, het die respondent, soos reeds ge-noem, nogtans op 24 Oktober 1978 besonderhede van die onge-luk, asook 'n sketsplan van die ongelukstoneel, aan die appellant se verteenwoordiger verstrek. En nou wat die vorm soortgelyk aan bew "C" betref. Die feit dat die respondent nie hierdie vorm voltooi het nie, kan na my mening ook nie, vir die doeleindes van artikel 2R(2)(c)(ii) gelees met artikel 20(1), as 'n versuim" beskou word nie. Ek moet miskien daarop wys dat daar in bew "C" meer omvattende besonderhede aangevra word as in bew "B". Die versekerde

word/
38. word in bew "C" gevra om op sowat 60 vrae te antwoord waarvan ongeveer 16 ooreenstem met die besonderhede wat in bew "B" aangevra word. Daar word o a in bew "C" ook heelwat besonderhede in verband met die ongeluk aangevra en selfs enkele besonderhede wat op die oog af sekerlik nie beskou kan word as "redelike inligting omtrent die voorval" vir die doeleindes van artikel 20(1)(b) nie. Hoe dit ook sy, daar moet in hierdie verband in gedagte gehou word dat, soos so pas weer gesê is, die respondent in Oktober 1978 reeds al die inligting in bew "B" aange-vra, en daarbenewens ook besonderhede omtrent die ongeluk, aan die appellant se verteenwoordiger verstrek het. Ons het dus die posisie dat toe die respondent in April en

Augustus/
39. Augustus 1979 gevra is om die besonderhede te verstrek waarna bew "C" verwys, hy reeds feitlik al die inligting verskaf het waarop die appellant geregtig sou gewees het. In die onderhawige omstandighede was die respondent nie van regsweë verplig om die besonderhede wat hy reeds verstrek het te herhaal nie. Die feit dat hy nagelaat het om dit te doen, kan dus na my oordeel nie beskou word as "'n ver-suim" wat binne die bestek van artikel 28(2)(c)(ii) val nie. Die appellant was slegs geregtig om besonderhede wat nog nie verstrek is nie, en wat beskou kon word as redelike inligting omtrent die voorval, aan te vra. Dit was ook nie die versekerde se plig nie om die betrokke vorm met 'n fyn kam deur te gaan om te probeer onderskei tussen dié besonderhede wat ongeveer 6 maande vantevore reeds verstrek

is/

40.

is en "enige ander redelike inligting" waarop die
appellant geregtig mag wees. As die versekeraar was
dit die appellant se taak om sy navrae te beperk tot be-

sonderhede waarop hy geregtig was maar wat nog nie verstrek
was nie. Dit het hy nagelaat om te doen. Ek aanvaar dat
die appellant self, om watter rede ook al, nie besef het dat
meeste van die besonderhede waarna bew "C" verwys reeds aan

sy verteenwoordiger verstrek was nie. Die appellant het

egter geen navrae hieromtrent gedoen nie. Die appellant
het nòg by die respondent, nog by sy eie verteenwoordigers

op Reitz of Bethlehem, verneem of die ongeluk ingevolge

artikel 20(1) aangemeld was voordat hy die betrokke vorms

vir voltooiing aan die respondent gestuur het. Die appellant
het blykbaar, sonder om enige navrae te doen, eenvoudig

aanvaar/
41. aanvaar dat die respondent nie die ongeluk aangemeld het, of besonderhede daaromtrent verstrek het nie, omdat dit nie uit die appellant se eie lêer geblyk het dat dit ge-beur het nie.

Alhoewel dit nie uit die getuienis duidelik

blyk presies watter besonderhede die respondent ten tyde van

die ontvangs van die appellant se skrywes alreeds verstrek
het nie, is daar aangevoer dat die respondent in ten minste
een opsig versuim het om besonderhede aan die appellant
te verstrek waarop hygeregtig was, naamlik, die naam
en adres van die oorledene. Dit is gemene saak dat
hoewel die respondent nie in Oktober 1978 oor dié in-

ligting beskik het nie hy wel later by sy strafverhoor

in Februarie 1979 verneem het wat die oorledene se'naam

is./
42. is. Die appellant het dit nie uit eie kennis geweet nie. Ek aanvaar egter dat die respondent hierdie in-ligting sou moes verstrek het indien die appellant dit in April of Augustus 1979 nog redelikerwys nodig gehad het en hy die respondent pertinent daarom gevra het. Ek kan nietemin om die volgende redes nie saamstem met die argument wat in dié verband namens die appellant aangevoer is nie. Soos ek reeds aangedui het, was dit na my mening nie die respondent se plig om die vorm soortgelyk aan bew "C" na te gaan om te probeer vasstel of daar miskien êrens in die vorm inligting aangevra word waaroor hy beskik maar wat hy nog nie aan die appellant verstrek het nie. Die appellant het ook nie beweer of bewys dat hy ten tyde van voormelde

skrywes/
43. skrywes nog enige behoefte gehad het aan inligting om-trent die identiteit van die oorledene nie. Die aan-duidings is dat dit nie die geval was nie. Dit is ge-mene saak dat die appellant teen daardie tyd reeds die prokureursbrief namens die oorledene se eggenote ontvang het en daarbenewens ook 'n afskrif van die ongeluksverslag van die polisie in sy besit gehad het. Daar is dus 'n sterk vermoede dat die appellant reeds van die oorledene se identiteit bewus sou gewees het toe die gewraakte skrywes aan die appellant gerig is. Ek twyfel dus baie sterk daaraan of die appellant in April of Augustus 1979 nog belang sou gestel het in inligting in verband met die identiteit van die oorledene of wat die respondent,

sedert/
44. sedert Oktober 1978, daaromtrent sou verneem het. En daar is ook geen rede om te aanvaar dat indien daar destyds 'n pertinente navraag in dié verband aan die respondent gerig sou gewees het, hy sou na-gelaat het om die appellant in te lig oor wat hy by sy strafverhoor daaromtrent verneem het nie.
Op grond van die redes hierbo uiteengesit, stem ek saam met die verhoorregter dat die appellant nie volgens 'n oorwig van waarskynlikheid bewys het dat die re-spondent versuim het om aan die voorskrifte van artikel 20(1) te voldoen nie. Die appellant kan dus nie sy verhaalreg ingevolge artikel 28(2)(c)(ii) teen die respondent afdwing nie.

Die appèl word gevolglik afgewys met koste.

HOEXTER, AR ) TRENGOVE, AR

) STEM SAAM SMALBERGER, AR)