South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 52

| Noteup | LawCite

S v Pretorius (114/85) [1986] ZASCA 52 (20 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


ANDRIES PRETORIUS Eerste Appellant

(beskuldigde 1 in hof a quo)

HENDRINA J PRETORIUS Tweede Appellante

(beskuldigde 2 in Hof a guo)

en
DIE STAAT Respondent

Saaknommer 114/85

mp

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)

In die saak tussen:
ANDRIES PRETORIUS Eerste Appellant

(beskuldigde 1 in hof a quo)

HENDRINA JOHANNA PRETORIUS Tweede Appellante

(beskuldigde 2 in Hof a quo)

en
DIE STAAT Respondent
CORAM: TRENGOVE, HOEXTER et SMALBERGER, ARR
VERHOOR: 18 Maart 1986
GELEWER: 20 Mei 1986

UITSPRAAK

HOEXTER, AR

2.

HOEXTER, AR,

Dit is 'n strafappel. Die twee appellante is 'n man (die eerste appel'lant) en vrou (die tweede appellante) na wie ek gesamentlik as "die beskuldigdes" sal verwys. Die beskuldigdes was die ouers van n dogtertjie ("die oorledene") wat op 9 Desember 1982 gebore is en wat op 11 Februarie 1983 oorlede is. In die Transvaalse Provinsiale Afdeling het die beskuldigdes op 7 Mei 1984 op 'n aanklag van moord op die oorledene tereggestaan. By hul verhoor is die beskuldigdes deur dieselfde advokaat bygestaan. Die beskuldigdes het onskuldig gepleit en na afloop van die staatsaak het hul beurtelings getuig.

Terwyl die Staat besig was om getuienis aan te
voer, het die beskuldigdes se advokaat met die oog op die
tweede appellantese geestesgesteldheid en toerekeningsvat=
baarheid ingevolge arts 78 en 79 van die strafproseswet 'n
psigiatriese ondersoek aangevra. Dientengevolge het die
Verhoorhof

3.

Verhoorhof op 11 Mei 1984 gelas dat die tweede appellante vir 'n tydperk wat 30 dae nie te bowe gaan niena die Weskoppies Hospitaal vir waarneming verwys word; en is dr J P Verster (synde 'n psigiater nie in die heeltydse diens van die Staat nie) aangewys as een van die twee psigiaters wat verslag moes doen. Die verhoor is tot 11 Junie 3 984 uitgestel. 0p 11 Junie 1984 is 'n gesamentlike psigiatriese verslag onderteken deur dr Verster en dr H Olivier, 'n Staatspsigiater verbonde aan die Weskoppies Hospitaal, aan die Verhoorhof voorgelê en het dr Olivier in verband daarmee getuienis afgelê. Die eenparige bevinding van die twee psigiaters was dat die tweede appellante die hofverrigtinge dermate begryp om sinvol tot haar verdediging te kan bydra; dat sy ten tyde van die beweerde misdryf nie deur geestes= ongesteldheid of geestesgebrek aangetas is nie; en dat sy daartoe in staat was om tussen wat reg en verkeerd is, te onderskei om daarvolgens te handel.

Die

4.

Die verhoorverrigtinge het begin voor 'n Hof bestaande uit WEYERS, R en twee assessore: 'n senior advokaat en 'n professor in die geneeskunde. In 'n gevorderde stadium van die verhoor en terwyl die tweede appellante getuienis afgelê het, het eersgenoemde assessor gesterf. Bygevolg was die belese Verhoorregter kragtens art 146 van die Strafproseswet voor die keuse gestel of om die verhoor voor die oorblywende lede van die Hof te laat voortgaan of om 'n verhoor de novo te gelas, en te dien einde 'n assessor op te roep in die plek van die assessor wat gesterf het. Met die oog hierop het die voorsittende Regter in die Hof aangedui dat tensy of die Staat of die verdediging, 6f albei, 'n verhoor de novo sou verkies hy van voorneme was om die verhoor voor die oorblywende lede van die Hof te laat voortgaan. Teen laasgenoemde verloop het nog die advokate namens die Staat nog die beskuldigdes se advokaat enige beswaar geopper. Hierop het die voorsittende Regter formeel gelas dat die verhoor voor die oorblywende lede van die Hof sal voortgaan.

Die

5.

Die oorblywende lede van die Verhoorhof het die beskuldigdes elkeen aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind en elkeen is 'n vonnis van gevangenisstraf van agt jaar opgelê. Met verlof van hierdie Hof kom die beskuldigdes teen sowel die skuldigbevindinge as die opgelegde vonnisse in hoër beroep.

Die beskuldigdes is 'n jeugdige egpaar wat gedurende 1980 met mekaar in die huwelik getree het. Ten tyde van die dood van die oorledene was die eerste appellant 23 en die tweede appellante l9 jaar oud. Die tweede appellante was 17 jaar oud toe sy swanger geraak het en die

beskuldigdes se eerste kind (Estelle) is gedurende Februarie

1982 gebore. Estelle was 'n huilerige kind wat sleg geslaap

het. Sy het urine-weë probleme ondervind; sy was ondervoed;
en sy het dikwels aan gastro-enteritis gely. Skaars elf
maande na Estelle se geboorte is die oorledene gebore.
Laasgenoemde was 'n voortydige geboorte. Die oorledene

het

6.

het hialien-membraansiekte opgedoen en aan bloedarmoede gely. Sy is in 'n broeikas geplaas en sy is eers op 15 Januarie 1983 uit die kraaminrigting ontslaan.

Die eerste appellant is 'n mynwerker. In die Transvaalse myndorpie Arnot (ook bekend as Rietkuil) het die beskuldigdes en hul twee dogtertjies een van die mynhuise bewoon. Hul bure was die egpaar Truscott. Arnot lê oos van Middelburg. Suid-oos van Middelburg is die dorp Hendrina. Met 'n motor neem die rit van Arnot na Middelburg ongeveer 45 minute en die rit van Arnot na Hendrina ongeveer 30 minute. Hier is dit gerieflik om iets te sê oor sekere lede van die beskuldigdes se familiekring asook sekere geneeshere in die betrokke omgewing almal waarvan by die verhoor as getuies opgeroep is. Onder die inwoners van Arnot het die tweede appellante verskeie familie- en aangetroude familielede getel. Hieronder was haar broer,

mnr
7. mnr Lukas Steenkamp, en haar suster, mev Hester Muller, wat met mnr.Stephanus Muller getroud is. Steenkamp het by die Mullers ingewoon. 'n Getroude suster van mnr Stephanus Muller, mev Martha Slabbert, het ook op Arnot gewoon. Die beskuldigdes se huisarts was die distriksgeneesheer van Hendrina, dr J H Kruger. Benewens sy gereelde spreekkamers op Hendrina het dr Kruger bedags sekere spreekure by 'n kliniek te Arnot gehou. Op Hendrina het dr Kruger in vennootskap gepraktiseer met drs Spies en Klopper. Dr Klopper was ook 'n deeltydse distriksgeneesheer van die distrik Middelburg, in welke hoedanigheid hy sekere dienste by die Middelburg Hospitaal gelewer het.

Die oorledene het gedurende die nag van

Vrydag 11 Februarie 1983 om die lewe gekom. Dit is egter gemeensaak dat haar oorlye voorafgegaan is deur twee afsonderlike traumatiese episodes aan huis van die beskul= digdes by elkeen waarvan sy lewensgevaarlike letsels opgedoen

het;

8.

het; en by elkeen waarvan alleen dringende geneeskundige behandeling die oorledene van 'n gewisse dood gered het. Verder is dit gemeensaak dat in beide gevalle die oorledene aldus geweld aangedoen i's terwyl sy onder die onmiddellike sorg en bewaring van die tweede appellante verkeer het en terwyl die tweede appellante met Estelle en die oorledene alleen in die huis was.

Die eerste episode het plaasgevind op Maandag 31 Januarie 1983 - dws ongeveer twee weke na die oorledene se ontslag uit die kraaminrigting. Hieromtrent het die beskuldigdes se buurman, mnr Truscott, dr Spies en dr Aletha Haasbroek,'n kinderarts van Pretoria, namens die Staat getuig. Tussen 4.30 en 5 uur nm op die betrokke dag het die tweede appellante na Truscott gegaan en gesê dat haar kind seergekry het. Truscott het na die beskuldigdes se huis gegaan waar hy die oorledene op 'n bed aangetref het. Volgens Truscott het die oorledene baie swaar asemgehaal.

Truscot't
9.

Truscott het onmiddellik die óorledene en die tweede'appellante in sy motor na dr Spies op Hendrina geneem. Op pad na Hendrina het die tweede appellante die oorledene se toestand verklaar deur te sê dat haar oudste kind met 'n poeierblik op die oorledene geval het. Toe hul by die spreekkamers van dr Spies aankom, het laasgenoemde gesien dat die oorledene in asemnood verkeer met vinnige respirasie, vinnige hartklop, en paradoksale beweging van die borskas. Aan dr Spies het die tweede appellante verduidelik dat terwyl sy besig was om die oorledene te bad Estelle op die oorledene geval het. Dr Spies het vermoed dat die oorledene ribfrakture opgedoen het, en hy het suurstof aan die pasiënt toegedien. Nadat hy telefonies met dr Haasbroek in Pretoria in verbinding getree het, het dr Spies die oorledene 'n petedine-inspuiting gegee en gereël dat sy en die tweede appellante per ambulans na die Zuid-Afrikaans Hospitaal te Pretoria vervoer word. Volgens dr Haasbroek het die oorledene met opname by die Zuid-Afrikaans Hospitaal nie meer asemnood ondervind nie. Sy

was

10.

was egter bleek en haar buikspiere was stug. Dr Haasbroek het binne-aarse voeding in werking gestel en vir bloedtoetse asook radiologiese ondersoek van die oorledene se buik en toraks gereël. Die radiologiese ondersoek het geen rupture van die ribbes aan die lig gebring nie. In die loop van haar getuienis het dr Haasbroek egter gesê dat vars frakture soms nie radiologies bespeur kan word nie. Die oorledene het vanaf die aand van Maandag 31 Januarie tot Vrydag 4 Februarie 1983 onder die sorg van dr Haasbroek gebly en laasgenoemde het haar twee keer daagliks gesien. Die oorledene het heeltemal goed gevorder, aldus dr Haasbroek, en by ontslag was haar toestand bevredigend.

Die tweede episode het plaasgevind op Maandag 7 Februarie 1983 - dws drie dae na die oorledene se ontslag uit die Zuid-Afrikaans. Hospitaal. Hieromtrent het mev "Slabbert en dr Kruger getuig. Gedurende die middag van
7 Februarie het die tweede appellante se suster, mev Muller,

en

11.

en laasgenoemde se skoonsuster, mev Slabbert, na die beskuldigdes se huis gegaan en aan die agterdeur geklop. Na 'n rukkie het die tweede appellante die deur vir hulle oopgemaak. Die besoekers kon hoor dat Estelle in een kamer huil. Terwyl die tweede appellante na Estelle gegaan het, het die besoekers direk gegaan na die kamer waarin die oorledene in 'n kinderwaentjie gelê het. Volgens mev Slabbert het mev Muller die kombersie oor die oorledene opgelig en toe na die tweede appellante uitgeroep dat daar met die oorledene groot fout is. Die tweede appellante het by hul aangesluit maar beweer dat die oorledene niks makeer nie. Die oorledene se kleur was egter "blou-grys". Saam met die tweede appellante en die oorledene het die besoekers in mev Muller se motor na dr Kruger se kliniek op Arnot gehaas. Mev Slabbert het die oorledene in haar arms gedra terwyl mev Muller die motor bestuur het. Dr Kruger het die oorledene by hul geneem en in die ondersoekkamer van die kliniek

neergelê

12.

neergelê. Mev Slabbert het gesien dat dr Kruger "iets uit die baba se mondjie haal". In sy getuienis aan die Verhoorhof het dr Kruger vertel dat by aankoms die oorledene erg sianoties voorgekom het en dat sy brongiale spasma getoon het. Hy het die oorledene se mond oopgemaak en gevind dat daar 'n vreemde voorwerp (hierna "die papierprop" genoem) diep in die oorledene se keelhote vassit.' Die papierprop was 3 cm in deursnit en die helfte so groot soos 'n sjampanjebottel se kurk. Die papierprop het uit saamgepersde sneesdoekies of toiletpapier bestaan en is met geweld in die keelholte afgedruk. Dr Kruger het die papierprop verwyder en die oorledene bygebring. Hy het haar 'n inspuiting gegee en haar'na die Middelburg Hospitaal vir algemene ondersoek verwys. Later dieselfde middag het die beskuldigdes die oorledene in die eerste appellant se motor na die Middelburg Hospitaal vervoer waar sy opgeneem is. Hierdie episode van die papierprop in die farinks het dr Kruger as "'n absolute

noodgeval"

13.

noodgeval" bestempel. Was die papierprop nie verwyder nie sou breinskade en die oorledene se dood binne enkele minute ingetree het.

In dr Kruger se kliniek op Arnot is daar 'n telefoon wat vir lede van die publiek toeganklik is. Nadat hy die papierprop verwyder het en die oorledene bygebring het, het dr Kruger hierdie telefoon gebruik om met sy verwysing van die oorledene 'n gesprek met dr Klopper op Middelburg te voer. Omdat ander persone in die kliniek kon meeluister het dr Kruger dit gerade geag om in daardie stadium aan dr Klopper te noem slegs dat die oorledene sianoties is en dat sy aan brongiale spasma ly sonder om enige oorsaak daarvan aan te stip. Dr Klopper het getuig dat die oorledene op 7 Februarie 1983 met 'n geskiedenis van asemnood in die Middelburg Hospitaal opgeneem is. Met ondersoek is geen oorsaak van die asemnood gevind nie. Die oorledene is egter opgeneem vir waarneming en aanvanklik is sy in 'n suurstoftent

behandel

14.

behandel. Die oorledene is om 6.15 nm op Vrydag 11 Februarie 1983 uit die Middelburg Hospitaal ontslaan. Tydens haar verblyf aldaar het die oorledene nooit sianose ontwikkel of asemnood ondervind nie. Haar eetlus was gesond en sy het gewig aangesit. Dit was die hoofinhoud nie alleen van dr Klopper se getuienis nie maar insgelyks van die getuienis van die drie verpleegsusters wat die oorledene in die , Middelburg Hospitaal versorg het en wat as staatsgetuies opgeroep is. Volgens dr Klopper was die oorledene "in goeie algemene toestand" ontslaan.

Daardie fasette in die getuienis van dr Kruger waarna reeds hierbo verwys is, word in hul breë trekke nie deur die beskuldigdes ontken nie. Dit is vervolgens egter nodig om te kyk na sekere kernbewerings in die getuienis van dr Kruger wat geheel en al deur die beskuldigdes betwis word, en die juistheid al dan nie waarvan wesenlik is by beoordeling van die waarskynlikhede rakende die gebeure van die aand

van
15. van 11 Februarie 1983. By wyse van voorspel moet genoem word dat ofskoon hy die oorledene nie self op 31 Januarie 1983 behandel het nie, dr Kruger egter gesien het hoedat dr Spies by daardie geleentheid die oorledene by die spreekkamers te Hendrina geresussiteer het.

In sy praktyk maak dr Kruger gebruik van kliniese rekordkaarte waarop, onder opskrif van die betrokke datum, aantekeninge mbt konsultasies met en behandeling van pasiënte aangebring word. Op sy kliniese rekordkaarte het dr Kruger aantekeninge aangebring nie alleen van sy behandeling van die oorledene op 7 Februarie asook 'n gesprek wat hy onmiddellik daarna met die tweede appellante gehad het nie, maar ook van 'n onderhoud wat (aldus dr Kruger) hy op 10 Februarie 1983 met die beskuldigdes sou gevoer het en waartydens hy 'n ernstige waarskuwing tot hul gerig het. Deur raadpleging van sy rekordkaarte terwyl hy in die getuiebank gestaan het het dr Kruger sy geheue omtrent die gebeure en gesprekke op 7 en 10 Februarie verfris.

Aan

16.

Aan die hand van die papierprop wat hy uit die oorledene se farinks verwyder het, beweer dr Kruger dat hy op 7 Februarie van die tweede appellante 'n verduideliking gevra het; en dat die tweede appellante daarop gesê het dat die eerste appellant deur die venster geklim het om dit te doen want hy sê dit is nie sy kind nie. Verder sou die tweede appellante aan dr Kruger gesê het dat sy 'n gevangene in haar eie huis is. Rakende die tweede appellante se gemoedstoestand by hierdie geleentheid het dr Kruger getuig dat sy totaal apaties voorgekom het en dat sy geen emosie hoegenaamd getoon het nie.

Wat betref 10 Februarie 1983 het dr Kruger getuig dat hy op daardie datum die tweede appellante vir hoë bloeddruk en die dogtertjie Estelle vir oogontsteking moes behandel; en dat hy daarop aangedring het dat die eerste appellant ook teenwoordig moet wees. By hierdie geleentheid, so het dr Kruger getuig, het hy die beskuldigdes gewaarsku

dat
17. dat as gevolg van wat met die oorledene op 31 Januarie en 7 Feruarie gebeur het daar nie geaarsel sal word om die Suid-Afrikaanse Polisie in te roep indien die oorledene weer iets sou oorkom nie. Prontuit het dr Kruger dit aan die beskuldigdes gestel dat hy en sy vennote baie seker was dat die beskuldigdes besig was om die oorledene aan te rand; en dat die aanranding nou sover gegaan het dat dit op poging tot moord neergekom het. Hierop, so het dr Kruger getuig, het die eerste appellant gesê dat dit nie sy kind is nie. Origens het die beskuldigdes geswyg en totaal passief gebly. Volgens dr Kruger het hulle geen emosie getoon en geen verduidelikings verstrek nie. Hulle het geen erkennings of ontkennings gemaak nie. Omdat die eerste appellant nóg op 31 January nog op 7 Februarie by die beskuldigdes se huis was toe die oorledene die onderskeie beserings opgedoen het, is dit belangrik om vas te stel tot watter mate, volgens sy relaas, dr Kruger eerste appellant by hierdie geleentheid omtrent die aard en omvang van gemelde beserings ingelig het. In hierdie verband is

dit

18.

dit dienstig om die volgende passasies uit die kruisonder= vraging van dr Kruger aan te haal -

"Nou dokter toe u nou die 10 Februarie

met altwee hierdie ouerpaar gesels het, het u

die insidente van die prop behandel met beskuldigde

1? Ek het.

Het u ook die feit van die 31ste, die beserings
behandel met beskuldigde 1? Ek het.

Het u geen antwoord gekry nie? Ek het

geen antwoord gekry nie".

Afgesien van sy waarskuwing aan die beskuldigdes
op 10 Februarie het dr Kruger op dieselfde datum vir dr Klopper

gevra dat laasgenoemde met die beskuldigdes moet praat en ook
'n waarskuwing tot hulle rig voordat die oorledene uit die

Middelburg Hospitaal ontslaan sou word. Dr Klopper kan onthou

dat toe die oorledene op die aand van 11 Februarie uit die

hospitaal ontslaan is hy wel met die beskuldigdes gesels het.

Volgens dr Klopper was dit in algemene gesprek oor babasorg en

babavoeding. In die loop van die gesprek het hy egter die

beskuldigdes

19. beskuldigdes gevra of hul vir die oorledene lief was. Op hierdie vraag, so het dr Klopper getuig, was die reaksie van die eerste appellant "uitermatig heftig", en wou hy weet wat dr Klopper daarby bedoel het.

Aansluitend by die getuienis van dr Kruger dat op 10 Februarie die eerste appellant ontken het dat hy die vader van die oorlede is, het ander staatsgetuies ook beweer "dat die eerste appellant vaderskap van die oorledene verloën het, of dat hy die tweede appellante van buite-egtelike verhoudings met ander mans beskuldig het. In die loop van sy getuienis het Stephanus Muller gesê dat voor die geboorte van die oorledene hy saam met die beskuldigdes in Durban was toe in sy teenwoordigheid die eerste appellant die tweede appellante daarvan beskuldig het dat sy met hom (Muller) en ene Willem Ebersohn "rpndgeneuk het". In haar hoofgetuienis het Mev Slabbert vertel dat na die oorledene se geboorte die eerste

appellant

20.

appellant by drie verskillende geleenthede teenoor haar of in haar teenwoordigheid gesê het dat die oorledene nie sy kind is nie. Die tweede appellante se moeder, mev Breedt, het getuig dat gedurende die tweede appellante se swangerskap die eerste appellant aan haar beweer het dat die vader van die ongebore kind (die oorledene) die eerste appellant se broer is; en dat die eerste appellant sy ontkenning van vaderskap na die oorledene se geboorte herhaal het.

Teen die agtergrond van gebeure wat die oorledene se ontslaguit die Middelburg Hospitaal voorafgegaan het, moet nou gekyk word na die hoofinhoud van die Staat se getuienis rakende die nag van Vrydag 11 Februarie en die vroeë oggendure van Saterdag 12 Februarie 1983. Dit is gemeensaak dat toe die beskuldigdes op 11 Februarie van Arnot na Middelburg gery het om die oorledene by die Middelburg Hospitaal te gaan haal en om haar huis-toe te bring, die beskuldigdes hul dogter Estelle tydelik aan die sorg van die Mullers toevertrou het. Dit is

ook
21. ook gemeensaak dat toe die beskuldigdes met die oorledene na Arnot teruggekeer het op die aand van 11 Februarie hulle eers in die geselskap van 'n mnr en mev Johan Ludick verkeer het alvorens hulle by die Mullers aangedoen het om Estelle weer op te laai. By die Mullers het die tweede appellante en die oorledene in die motor gebly terwyl die eerste appellant alleen die huis binnegegaan het.

Op Arnot is daar 'n ontspanningsklub. Die
staatsgetuie Muller, wat deeltyds as 'n toesighouer by die klub diens gedoen het, het getuig dat die klub saans om 10 uur nm sluit. 'n Medewerker van die eerste appellant wat ook op Arnot woon, ene Pierre Vermaak, het aan die Verhoorhof gesê dat op Vrydag 11 Februarie 1983 hy na werksure na die klub gegaan het om 'n paar drankies te.maak. Langs die kroeg in die klub is daar 'n sitkamer. Vermaak het sy drankies in die kroeg gedrink maar toe dit reeds donker was het hy by 'n geleentheid deur die sitkamer gewandel. Volgens Vermaak het

hy

22.

hy gesien dat die beskuldigdes en die Ludick egpaar in 'n hoek van die sitkamer sit en drankies drink. Of daar enige kinders by hul was, kon Vermaak nie onthou nie. In kruisondervraging het Vermaak verduidelik dat hy seker was omtrent die datum waarop hy die beskuldigdes aldus by die klub waargeneem het omdat die staatsgetuie Muller 'n dag of wat daarna vir hom verte] het van die oorledene se dood op 11 Februarie. Hierop, so 'getuig Vermaak, was dit sy reaksie om aan Muller te sê:-

" dit is snaaks want ek het hulle (die beskul=

digdes) daardie aand in die sitkamer (van die klub) opgemerk."

Soos reeds genoem het die staatsgetuie, Steenkamp, by die Mullers ingewoon. Steenkamp het getuig dat hy al geslaap het toe die eerste appellant gedurende die aand van Vrydag 11 Februarie na sy kamer gekom het en hom gevra het om saam met die beskuldigdes na die klub te gaan om daar drankies te maak

"want .........

22.(a) "want daar is vriende wat daar wag". Die eerste appellant het die vriende wat by die klub sou gewag het as "Kobie van der Merwe-hulle" aangedui. Van sy slaapkamer het Steenkamp en die eerste appellant na die sitkamer gegaan waar die eerste appellant in die teenwoordigheid van Muller sy uitnodiging aan Steenkamp om die beskuldigdes na die klub te vergesel, herhaal het. Steenkamp het getuig dat Muller hom teen die voorgestelde besoek afgeraai het. Omdat hy tandpyn gehad het, aldus Steenkamp, het hy die eerste appellant se uitnodiging van die hand gewys.

Steenkamp het nie geweet hoe laat dit was toe
die eerste appellant by die Mullers se woning aangedoen het nie.
Muller het die tyd van hierdie besoek egter op ongeveer om
9.30 nm vasgestel. Muller bevestig dat die eerste appellant
vergeefs vir Steenkamp na die klub genooi het. Die eerste
appellant het na drank geruik en Muller het afgelei dat hy
'n drankie in het. Volgens Muller het hy Steenkamp afgeraai
teen

23. teen die voorgestelde besoek omdat die klub se sluitingstyd

(10 uur nm) naby was. Voorts het Muller getuig dat hy en

mev Muller saam met die eerste appellant na buite gestap het;

en dat hulle voor die huis die tweede appellante met die

oorledene op haar skoot in die motor gekry het. Daarbuite

by die motor het Muller nie self na die oorledene gekyk nie.

Hy het egter gehoor dat mev Muller aan die tweede appellante

opgemerk het dat die oorledene nie gesond is nie, en dat die

beskuldigdes haar na die dokter moet terugneem. Hierop het

die eerste appellant gesê dat hy nie brandstof het nie maar dat

hy die oorledene die volgende oggend na sy eie dokter op Ogies

sou neem. Volgens Muller het die eerste appellant te kenne

gegee dat hy baie ontevrede is oor die dokter wat die oorledene

behandel het en die swak behandeling wat sy in die Middelburg

Hospitaal ontvang het.

Mev Muller was nie 'n staatsgetuie nie. Na afloop
van die beskuldigdes se saak en op aandrang van hul advokaat

het die Verhoorhof ingevolge art 186 van die Strafproseswet

vir mev Muller as getuie opgeroep. Aan die Verhoorhof het

dié getuie verduidelik dat sy redelik sekuur kon sê hoe laat

dit

24.

dit was toe die beskuldigdes op die betrokke aand vir Estelle kom haalhet. Voordat die getuie Estelle bed-toe geneem het, het sy vasgestel dat dit 9.30 nm is; en sy het so pas die slaapkamer verlaat toe sy die kopligte van die eerste appellant se aankomende motor gewaar het. Toe die eerste appellant die huis binnegekom het, aldus mev Muller, het sy na die tweede appellante en die oorledene in die motor gegaan. Volgens mev Muller was die oorledene "baie siek". Haar oë het "verwilderd in haar kop omgedraai" en sy het opgebring, hoewel. dit "nie met 'n boog uitgekom het nie.... maar meerendeels uitgeloop" het. Die tweede appellante het vir mev Muller gesê dat sy oor die oorledene bekommerd is, waarop die getuie haar kop nader aan die motor se venster gehou het; en die getuie het toe gehoor dat die oorledene se keel "'n snorkgeluid" maak. Hierdie snorkgeluid was vergelykbaar met h geluid wat di getuie eenkeer by haar eie kind gehoor het toe laasgenoemde se keel medies behandel is nadat hy 'n stuk wors ingesluk het. Na die oordeel van mev Muller het die oorledene beslis pyn gehad.

Gevra

25. Gevra hoe sy self sou opgetree het met een van haar eie kinders in daardie toestand het mev Muller gesê dat sy die kind dadelik na 'n dokter sou neem.

Stephanus Muller het getuig dat om ongeveer 12.45 vir op die oggend van Saterdag 12 Februarie die tweede appellante aan hul kamervenster geklop het. Sy het gehuil en geskree "My kind is dood". Muller en sy vrou het na buite gegaan en die eerste appellant by die voorhek gekry. Die eerste appellant was baie kalm en verwysende na die oorledene het hy gesê "Sy is weg". Die eerste appellant het vir Muller gevra om hom met die lyk van die oorledene na dr Kruger op Hendrina te vergesel, maar die getuie het geweier. 'n Rukkie later het die beskuldigdes aan die deur van Truscott se woning geklop. Omdat hy aan bystand-diens was en per uur gewerk het, so getuig Truscott, het hy onmiddellik op sy horlosie gekyk en gesien dat dit 12.53 vm was. Die eerste appellant se motor het op die sypaadjie voor Truscott se huis gestaan en die beskuldigdes

het

26. het die getuie meegedeel dat die oorledene dood is en dat hulle brandstof soek om die lyk met hul motor na Hendrina te vervoer. Truscott het die beskuldigdes na binne genooi en vanaf Truscott se huis is dr Kruger op Hendrina gebel en van die oorledene se afsterwe verwittig. Inmiddels het mev Muller by Truscott ,se woning aangekom. Truscott het getuig dat hy na die beskuldigdes se motor gegaan het en dat hy vasgestel het dat die lyk van die oorledene styf en koud was. Hy het die oorledene se arm opgetel en bemerk dat dit in dieselfde posisie bly staan. Die lyk was in 'n kombers toegedraai. Sond om die kombers oop te maak het Truscott die lyk in die bagasieruim van sy eie motor geplaas. Met die lyk en die beskuldigdes het Truscott toe na dr Kruger se spreekkamers op Hendrina gery alwaar dr Kruger hulle ingewag het.
Dr Kruger het getuig dat toe hy die telefoonoproep van Truscott se huis ontvang het hy opdrag gegee het dat die lyk onmiddellik na sy spreekkamers gebring moet word. Verder het dr Kruger sers Barnard van die Suid-Afrikaanse Polisie na

sy

27.

sy spreekkamers ontbied en dr Klopper telefonies van die oorledene se dood verwittig. Volgens dr Kruger is die oorlede se lyk ongeveer om 2 uur vm op Saterdag 12 Februarie na hom gebring. Hy het die lyk vlugtig ondersoek en vasgestel dat dit "yskoud" was. Rigor mortis en nadoodse verkleuring was reeds waarneembaar. Hy het geen beserings aan die oorledene gesien nie, en die oorledene was ook nie ontwater nie. , Dr Kruger het die opinie uitgespreek dat die oorledene se dood meer as vier uur vantevore ingetree het. Die beskuldigdes het nie geskok voorgekom nie en die eerste appellant het na drank geruik. Oor die beskuldigdes se optrede in sy spreekkamers het dr Kruger in sy hoofgetuienis die volgende gesê:

"Hulle kon nie 'n verduideliking gee nie, hoekom

die kind dood is nie. Want net soos in die vorige geval het ons hier met totale apatiese onemosionele persone te doen gehad.

Dit is beide beskuldigdes? Beide beskuldigde:

Toe ek die lyk aan sersant Barnard gee is daar nie gevra wat gaan julle met die lyk doen nie, wat is die rede, hoekom moet julle die lyk vir die Suid-Afrikaanse Polisie gee nie, wat word van die lyk nie. Daar is nie 'n woord gepraat nie."

Nadat

28.

Nadat die polisie die lyk verwyder het, so het Truscott verder getuig, het hy met die beskuldigdes na Arnot teruggery. Op pad huis-toe het die beskuldigdes gesê dat hulle dr Klopper gaan "ry" omrede die oorledene uit die Middelburg Hospitaal ontslaan is voordat sy gesond was. Voorts het hulle die mening uitgespreek dat die oorledene aan gastro-enteritis gely het omdat haar maag gewerk het. Volgens Truscott het die beskuldigdes nie tekens van verdriet getoon nie - hulle was nie "soos gewone ouers" wat so pas 'n kind aan die dood afgestaan het nie.

Die beskuldigdes het 'n huisbediende gehad, ene mev Mashiloane, wat op die perseel geslaap het. Dit is gemeensaak dat voordat die beskuldigdes met die lyk van die oorledene na die Mullers gery het die tweede appellante vir

die bediende wakker gemaak het en haar opdrag gegee het om saam met Estelle in die beskuldigdes se slaapkamer te gaan sit. Ongeveer om 2 uur vm op 12 Februarie het Muller en

mev Slabbert

29.

mev Slabbert na die beskuldigdes se woning gegaan om Estelle te gaan haal. Volgens Muller was die huis toe "netjies aanmekaar". Nog in die hoofslaapkamer nóg in die slaapkamer daarlangs was daar enige tekens dat daar op die beddens gesit of geslaap is. Volgens mev Slahbert was die beskuldigdes se huis "heel aan die kant gewees" en "pynlik netjies". Sy was slegs in die hoofslaapkamer maar het aan die Verhoorhof verduidelik dat van waar sy in die gang gestaan het sy binne in die ander slaapkamers kon kyk.

Dr Klopper het getuig dat hy om 2 uur vm op 12 Februarie deur dr Kruger daarvan in kennis gestel is dat die oorledene dood is; en dat hy toe besluit het om 'n lykskouing deur 'n staatspataloog aan te vra omdat dit vir hom baie moeilik was om te glo dat die oorledene binne 'n paar uur nadat sy uit die Middelburg Hospitaal ontslaan is aan 'n natuurlike oorsaak gesterf het. 'n Dag of twee daarna was

dr Klopper

30.

dr Klopper by die lykhuis te Middelburg met roetine- lykskouings besig toe hy verneem het dat die oorledene se lyk daar is. Dr Klopper het toe besluit om na die oorledene se lyk te gaan kyk omdat toe dr Kruger hom van die oorledene se dood vertel het hy aan hom genoem het

"dat die ouers aan hom (dr Kruger) gesê het dat die kind baie gebraak het en diarree gehad het".

Dr Klopper het die doek wat die lyk gedra het, losgemaak en gevind dat die stoelgang daarin 'n normaal-gevormde stoelgang was. Volgens dr Klopper sou 'n normaal-gevormde stoelgang by 'n geskiedenis van gastro-enteritis nie inpas nie.

Dit dan wat betref die vernaamste getuienis wat die Staat aangevoer het in verband met die gebeure kort voor en kort na die dood van die oorledene. Dit is vervolgens nodig om die getuienis wat in verband met die oorsaak van die oorledene se dood aangebied is, in oënskou te neem. Hieromtrent

het

31.

het die Staat die getuienis van dr J A Malan, 'n regsgenees=
kundige pataloog wat verbonde is aan die kantoor van die
Hoofstaatspataloog, Pretoria, aangevoer, terwyl prof
N J Scheepers, 'n afgetrede Hoofstaatspataloog, namens die
verdediging getuig het. Prof Scheepers was in die Hof
teenwoordig toe dr Malan getuig het en op sy beurt het
dr Malan die getuienis van prof Scheepers aangehoor. Nadat
prof Scheepers getuig het, is dr Malan herroep om weer eens
te getuig.

Die lykskouing op die oorledene is op 16 Februarie 1983 deur dr Malan waargeneem, en in verband daarmee het hy ook sekere histologiese ondersoeke uitgevoer. Met die oog

op dr Spies se vermoede op 31 Januarie 1983 dat die oorledene

opjdaardie datum ribfrakture opgedoen het, dien gemeld te

word dat by mikroskopiese ondersoek van die ribbes dr Malan gevind het dat die ribbes by die oorgang van die benige tot

die

32.
die kraakbenige gedeeltes daarvan onlangse frakture getoon het. Daar was tekens dat herstel van die frakture reeds begin. het. Dr Malan het verduidelik dat by 'n baba van hierdie ouderdom die ribbes besonder buigbaar is. Hy het die oorledene se ribbes amper dubbel gebuig sonder dat hulle gebreek het. Twee poeierhouers, bewysstukke 1 en 2, is aan dr Malan getoon-en hy het dit sterk betwyfel of gemelde voorwerpe die ribfrakture van die oorledene kon veroorsaak het. Hy het ook betwyfel of hierdie ribfrakture veroorsaak kon gewees het deur die val van 'n ander kind op die oorledene.

Aan die hand van al sy bevindingé het dr Malan tot die gevolgtrekking geraak dat die oorsaak van die oorledene se dood versmoring weens verwurging was. Hierdie gevolgtrekking was hoofsaaklik gebaseer op die teenwoordigheid van erge en uitgebreide kneusings onder die vel oor die sterno-cleido-mastoïdeus asook verspreide subpleurale petegiae op die longe, tesame met die totale afwesigheid van enige ander oorsaak van

dood.

33.

dood. Prof Scheepers het in sy getuienis toegegee dat die oorledene se dood 'n geval is van geweld aan die nek. Hy het ook toegegee dat die oorsaak van dood deur dr Malan aangestip as 'n "waarskynlikheid" bestempel moet word. Prof Scheepers het egter getuig dat na sy mening die waarskynlikste oorsaak van dood refleks-hartstilstand as gevolg van druk op die oorledene se nek is.

In die uitspraak van die belese Verhoorregter kom daar 'n bondige maar voortreflike opsomming van die getuienis van die twee patoloë voor. Dit is hier gerieflik om daaruit aan te haal:

"Hy (dr Malan) het gesê dat die kneusings wat

hy gevind het pre-mortem toegedien was en

was daar twee aan die nek en een agter die tragea. Daar was ook petegiae aanwesig aan die longe en die prent van kneusings - en hier het hy spesifiek verwys na die grootte, die vorm,die ouderdom en die geweld nodig - is die geheelbeeld van kneusings dat hulle toegedien is deur vingers. Die petegiae wat hy bevind het, hou verband met hipoksie en

spanning

34.

spanning. Daar kon geen ander oorsaak van dood gevind word nie en as gevolg daarvan is sy getuienis dat niks anders as verwurging met die hand prakties aanvaarbaar is as oorsaak van die dood nie. Dr Malan het gesê enige ander moontlikheid is so klein dat dit uitgeskakel kan
word Professor Scheepers (se) mening
was dat dit nie 'n geval van verwurging was nie omdat daar nie teendruk aan die nek sigbaar was by wyse van kneusing nie. Professor Scheepers het gesê daar is drie waarskynlikhede: 1)'n Refleks-hartstilstand gepaard met druk aan die nek; 2) 'n skielike aanhoudende eenmalige toedruk van die lugweë - hierdie twee het hy gesê, kon per ongeluk plaasgevind het, soos byvoorbeeld, in die tweede geval, as die baba aan die nek gegryp word en geskud word sonder die bedoeling om die dood te veroorsaak. Professor Scheepers se derde waarskynlikheid was verwurging; en hy het dan 'n vierde moontlikheid, maar nie 'n waarskynlikheid nie, genoem en dit is die sogenaamde skielike onverwagte doodsindroom. Of op Engels 'sudden infant death syndrome' -('SIDS' soos dit hier in die Hof genoem was). Professor Scheepers het toegegee dat dit uiters gevaarlik is om aan die nek te druk en hy het gesê dat enige ouer daarvan bewus sal wees. Professor Scheepers het verder gesê dat dit waarskynlik is dat handgeweld toegepas

is Hy het erken dat dr Malan die beste

geleentheid gehad het om die oorsaak van dood te
bepaal aangesien hy die lykskouing uitgevoer het.
En, sê professor Scheepers, dat die globale
prentjie een van kindermishandeling is

Na prof Scheepers se getuienis afgehandel is,

is

35.

is dr Malan herroep en hy het gesê dat beide

professor Scheepers se waarskynlikheid nr. 1 en nr. 2, baie onwaarskynlik is vanweë die kneusings waarna ek reeds verwys het. Hy het ook gesê dat die klassieke verwurgingsbeeld van druk en teendruk is eintlik totaal onnodig en dit nie die

saak veel verder neem nie Maar die drie

kneusings waarna ek verwys het, het hy gesê, is baie duidelik. Hulle is klein, hulle is skerp afgebaken. Daar was geen kleur- of selverandering nie en hy het hulle bestempel as 'Finger-tip' kneusings en gesê dat hulle toegedien is met die laaste ingreep, op die beste minder as vier uur voor die dood ingetree het.

Dr Malan het ook gesê dat die aanwesigheid van òf gastro-enteritis òf dat die oorledene gebraak het

òf dat die oë van die oorledene gerol het

verander nie sy bevinding nie. Hy het gesê

dat die kneusings, nie per ongeluk toegedien

kon gewees het nie, want te veel druk is nodig. Hy het sy bevinding bevestig en het gesê dat sy bevinding van versmoring weens verwurging 'n baie groot waarskynlikheid is wat grens aan sekerheid en dat die oorsaak van dood baie duidelik vasgestel is."

Benewens prof Scheepers en die beskuldigdes self

is die Ludick egpaar en die eerste appellant se vader ook

namens die verdediging as getuies opgeroep. Daar moet

vervolgens
36. vervolgens na die hoofinhoud van die getuienis van die beskuldigdes en die Ludicks gekyk word.

Die eerste appellant het getuig dat hy by die werk was toe die oorledene op 31 Januarie seergekry het. Hy het hom egter by die tweede appellante by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in Pretoria aangesluit waar die tweede appellante aan hom verduidelik het dat Estelle op die oorledene geval het. Volgens die eerste appellant het dr Haasbroek 'n behandeling wat hy as "nek-terapie"beskryf het, op die oorledene toegepas. Die eerste appellant kon egter nie sê wat die sogenaamde "nek-terapie" behels het nie. Mat betref Maandag 7 Februarie het die eerste appellant gesê dat toe hy daardie middag van die werk af gekom het hy niemand tuis gekry het nie. Kort daarna het die tweede appellante opgedaag en aan hom vertel dat die oorledene siek is en dat hulle by die dokter was; die oorledene het glo melk op die longe en hulle moet dadelik na die Middelburg Hospitaal ry vir die toediening van suurstof

aan

37.

aan die oorledene.

In verband met die oorledene se ontslag uit die Middelburg Hospitaal het die eerste appellant gesê dat toe die beskuldigdes op die betrokke aand by die hospitaal aangekom het die oorledene se maag gewerk het. Dr Klopper het ingekom, die oorledene ondersoek en die tweede appellante gevra of sy tevrede is. Daarop sou die tweede appellante geantwoord het -

"Ja dokter, as jy sê die kind is gesond dan is hy seker gesond."

Op pad terug na Arnot het die eerste appellant aan die tweede appellante gesê dat hy op die volgende oggend by sy werk die dag wou afknyp om die oorledene na dr Hanekom op Ogies te neem. Die rede hiervoor was dat hy ongelukkig was oor die behandeling wat die oorledene in die hospitaal ontvang het en "omdat hulle nie 'n rede kon gee wat fout is met die kind nie." Later gedurende die rit het hy vir die tweede appellante gesê hulle moet in Arnot by Ludick aangaan om vir laasgenoemde te

se....

38.
sê dat hy die volgende dag by die beskuldigdes se huis moet
omkom; as Ludick dan die eerste appellant nie tuis vind nie
moet hy by die werk laat weet dat die eerste appellant na
dr Hanekom op Ogies is. Die eerste appellant het getuig dat
die beskuldigdes ongeveer om 7.30 nm by die Ludicks aangekom
het. Omdat sy die oorledene graag wou sien, het mev Ludick
hulle binnegenooi. Die eerste appellant en Ludick het in die

sitkamer gesit en gesels en die eerste appellant het een of

twee biere gedrink terwyl die tweede apppellante en mev Ludick

elders in die huis met die oorledene doenig was. Om ongeveer

10.15 nm het hulle van die Ludicks na die Mullers gery om vir
Estelle op te laai. By die Mullers het hy binnegegaan om vir

Estelle te kry en mev Muller is uit na die tweede appellante

in die motor. Toe die eerste appellant met Éstelle in die
motor klim, het mev Muller opgemerk dat die oorledene nie reg

is nie; dat haar oë omdop; en dat die beskuldigdes moet sorg

dat die oorledene by 'n dokter kom. Hy het vir mev Muller

genoem
39. genoem dat hy nie brandstof het nie en dat hy die oorledene die volgende oggend na dr Hanekom sou neem. Van die Mullers het die beskuldigdes huis toe gery.

Tuis het hulle vir Estelle ±n die hoofslaapkamer neergesit en toe na die spaarkamer gegaan om die oorledene aan die slaap te kry. Die oorledene was baie kriewelrig en haar oë het weer omgedop. Toe die oorledene in die arms van die tweede appellante rustig begin raak het, het die tweede appellante haar op 'n bed neergelê en die eerste appellant aangesê om by die oorledene op die bed te sit terwyl die tweede appellante gou gaan bad. Nadat sy gebad het, het die tweede appellante vir hom gesê om die oorledene in die stootwaentjie in die hoofslaapkamer neer te lê; dat hy solank in die bed moet klim omdat dit reeds laat was; en dat die tweede appellant eers die oorledene se bottels gaan voorberei. Hy het toe uitgetrek en in die bed geklim. Hy moes aan die slaap geraak het want daarna het hy net gehoor dat die tweede appellante

skree

40.

skree dat daar met die oorledene fout is. Hy het uit die bed uitgespring, die oorledene uit die komberse opgetel maar geen reaksie van haar gekry nie. Hy het probeer vasstel of sy nog asemhaal en hy het aan haar pols gevoel. Hy het spoedig besef dat die oorledene dood is. Hy het haar in 'n tjalie toegedraai en agter op die sitplek van sy motor geplaas. Met die lyk in die motor het die beskuldigdes toe gery eers na die Mullers en daarna na die Truscotts. Nadat dr Kruger telefonies van die oorledene se dood in kennis gestel is, het Truscott hulle na dr Kruger op Hendrina geneem. Dr Kruger het gesê die oorledene is ontwater en dat dit 'n saak vir die polisie is. Hierop het die eerste appellant gesê dat dit goed so is; nou sal hy sekerheid kry oor wat met die oorledene fout was. Die lyk is deur die polisie verwyder en hulle het met Truscott huis toe gery.

Die eerste appellant het ontken dat die beskuldigdes gedurende die aand van 11 Februarie met die Ludicks by die

klub
41. klub was. Voorts het hy ontken dat hy Steenkamp na die klub genooi het. Toe sy advokaat hom vra om kommentaar te lewer op die veelvuldige bewerings deur staatsgetuies dat hy vaderskap van die oorledene sou ontken het, was dit sy enigermate vreemde reaksie om te sê:

"Ek het dit nog nooit persoonlik reguit vir 'n mens gesê nie."

Die eerste appellant het ontken dat dr Kruger by enige geleentheid hoegenaamd vir hom vertel het van die papierprop wat op 7 Februarie in die oorledene se keel gevind is. Hy het inteendeel beweer dat hy vir die heel eerste keer van die papierprop in die oorledene se keel gehoor het toe dr Kruger by die verhoor getuienis afgelê het. Aanvanklik het die eerste appellant toegegee dat dr Kruger hom op 10 Februarie na sy spreekkamers ontbied het. Van daardie besoek het hy die volgende relaas gegee. Nadat dr Kruger die tweede appellante klaar ondersoek het en pille vir haar bloeddruk

voorgeskryf

42. voorgeskryf het, sou dr Kruger aan hom gesê het:

"Andries, ek soek 'n simpatieke vader van jou kant af."

Van die beskuldigdes het die eerste appellant die eerste getuig. In haar getuienis het die tweede appellante gesê dat sy nie kan onthou dat die beskuldigdes op 10 Februarie vir dr Kruger gesien het nie. Na afloop van die tweede
appellante se getuienis het die eerste appellant weer eens

getuig om 'n regstelling in sy getuienis te maak. Toe het hy aan

die Verhoorhof vertel dat hy voorheen in sy getuienis met
datums deurmekaar geraak het; en dat die beskuldigdes se
gesamentlike besoek aan dr Kruger voor 7 Februarie moes
plaasgevind het.

Die tweede appellante het in haar getuienis die volgende verduideliking gegee van die wyse waarop die oorledene op 31 Januarie seergekry het. Wanneer sy vir die oorledene

gebad
43. gebad het, was dit haar gewoonte om die bababadjie op die bed te plaas. Op die betrokke middag was sy besig om die oorledene aldus te bad toe Estelle begin huil het. Sy het Estelle toe ook op die bed neergesit en vir Estelle 'n poeierblik en 'n velroomblik (soortgelyk aan bewysstukke 1 en 2 wat aan dr Malan in die getuiebank getoon is) gegee om mee te speel. Toe sy omdraai om die bad op die vloer neer te sit, het Estelle met die blikke in haar hand vooroorgeval. Die tweede appellante sien toe dat die oorledene sukkel om asem te kry en dat sy blou raak. Daarop het sy na die Truscotts gehardloop om hulp te vra.

Wat betref die oorledene se verblyf in die Zuid-Afrikaans Hospitaal het die tweede appellante ook'beweer dat dr Haasbroek "nek-terapie" op die oorledene toegepas het. As gevolg hiervan,so het die tweede appellante getuig, het die oorledene vreeslik gehuil. Sy kon ook nie sê wat die "nek-terapie" behels het nie.

Van

44.

Van die insident op 7 Pebruarie het die tweede appellante die volgende relaas gegee. Kort voor die aankoms van mev Muller en mev Slabbert. het sy Estelle aan die slaap gekry. Daarna het sy "'n ogie gegooi" oor die oorledene wat gelyk het asof sy rustig slaap. Die tweede appellante het egter nie na die oorledene se gesig gékyk nie. Sy was besig om wasgoed in haar kamer weg te pak toe die besoekers by haar aangekom het. Toe sy die deur vir hulle oopsluit, het Estelle wakker geword en begin huil. Die tweede appellante is direk na Estelle om haar 'n bottel te gee terwyl die besoekers gegaan het na die kamer waarin die oorledene gelê het. Met die uitroep van mev Muller oor die toestand van die oorledene het die tweede appellante vireers gesê dat die oorledene niks makeer nie; maar toe sy self na die oorledene gekyk het, het sy besef dat daar wel fout is omdat die oorledene 'n abnormale

blou-grys kleur gehad het. By dr Kruger se spreekkamer het sy vir hom gevra wat met die oorledene gebeur het en sy antwoord

was

45.

was dat die oorledene gestik het. Voorts het die tweede appellante ontken dat dr Kruger enige vreemde voorwerp uit die oorledene se keelholte verwyder het. In dié verband haal ek kortliks aan uit die kruisondervraging van die tweede appellante:

"Het hy iets uit die mond uitgehaal? Ek

het niks gesien wat hy uitgehaal het nie.

Maar hoe kon u nie sien nie as u so naby was?
Omdat hy niks uit haar mond gehaal het nie.

Nou u moet antwoord, u kon nie gesien het nie of

hy het niks (uitgehaal)nie? Hy het

niks uit haar mond uitgehaal nie."

Sy het ook volstrek ontken dat sy aan dr Kruger die verduide= liking gegee het dat die eerste appellant -

".... deur die venster geklim het om dit te
doen want hy sê dit is nie sy kind nie "

Ewe nadruklik het die tweede appellante ontken dat dr Kruger aan die beskuldigdes gesê het dat hy en sy vennote weet dat die oorledene aangerand word; dat hy hulle aangespreek het oor die beserings wat die oorledene onderskeidelik op

31 Januarie

46.
31 Januarie en 7 Februarie opgedoen het; en dat hy gedreig het dat die Suid-Afrikaanse Polisie ontbied sou word indien die oorledene weer iets sou oorkom.

Oor die gebeure van die aand van 11 Februarie en die vroeë oggendure van 12 Februarie was die relaas van die tweede appellante in hooftrekke dieselfde as die van die eerste appellant. Ook sy het getuig dat ten tyde van die oorledene se ontslag ult die Middelburg Hospitaal laasgenoemde se maag gewerk het; dat op pad na Arnot die beskuldigdes besluit het om die oorledene die volgende oggend na dr Hanekom op Ogies te neem; en dat hulle in daardie verband by die Ludicks aangedoen het. Die tweede appellante het ontken dat die beskuldigdes op 11 Februarie saam met die Ludicks by die klub was. By die woning van die Ludicks het mev Ludick vir haar gesê sy wonder wat met die oorledene fout is "want dit lyk of die kind vreeslik krampe op die maag het." Volgens die tweede appellante het die oorledene se oë omgedop.

Voor

47.

Voor die Mullers se huis het mev Muller vir haar gesê dat die oorledene siek is en dat die beskuldigdes haar by 'n dokter moet kry. Toe mev Muller by die motor gestaan het, het die oorledene se maag gewerk; sy het gebraak; en haar oë het omgedop. Sy het ook 'n krapgeluid - of 'n halwe snorkgeluid - in haar keel gemaak. Die tweede appellante het getuig dat dit haar vermoede was dat die oorledene 'n

verkoue kry.

Toe die beskuldigdes by die huis aangekom het, het sy vir die oorledene 'n skoon doekie aangesit en probeer om haar aan die slaap te sus. Sy sê dat die oorledene vreeslik kriewelrig was. Die oorledene se maag het weer
gewerk maar 'n rukkie daarna het sy in die arms van die tweede

appellante aan die slaap geraak.. Volgens die tweede appellante was die oorledene se laaste stoelgang 'n spuitstoelgang. Nadat sy gebad het, het die tweede appellante die eerste appellant gevra om die oorledene in die stootwaentjie neer te lê en om

self
48. self in die bed te klim. Die eerste appellant het Estelle inhaar kinderbed gesit, die oorledene in die stootwaentjie neergelê, en toe self in die bed geklim. Sy het die bottels vir die oorledene voorberei en toe sy daarna in die slaapkamer terugkom was die eerste appellant reeds onder die komberse. Toe sy aan die oorledene vat, het die oorledene nie beweeg nie en sy was heeltemal pap. Die tweede appellante het na die eerste appellant geskree. Hy het opgespring, die oorledene uit die komberse opgetel en vergeefs probeer om haar by te bring. Die eerste appellant het die oorledene in 'n kombersie toegedraai sodat slegs haar gesig ontbloot was. Die beskuldigdes het toe aangetrek en die tweede appellante het die bediende gaan wakker maak om by Estelle te kom sit. Die beskuldigdes is toe in die motor saam met die lyk eers na die Mullers en daarna na die Truscotts. Toe die beskuldigdes aan Truscott vertel van die oorledene se afsterwe het die eerste appellant "vreeslik begin huil". Hieraan het die getuie toegevoeg dat sy en die eerste áppellant albei daardie aand

"vreeslik

49.

"vreeslik gehuil" het. By die spreekkamers van dr Kruger het laasgenoemde gesê die oorledene is ontwater. Die beskuldigdes het aan dr Kruger genoem dat die oorledene gebraak het en dat haar maag gewerk het. Toe die polisie die lyk van die oorledene verwyder het, so getuig die tweede appellante, het sy "verskriklik gehuil."

In verband met die getuienis namens die Staat dat

die eerste appellant vaderskap van die oorledene sou ontken

het, het die tweede appellante getuig:

"Ek ontken dit, want ek glo nie hy sal dit vir ander mense sê as hy dit nie aan myself noem nie,

en omrede ons is baie gelukkig in ons huis, ons

het geensins probleme dat dit vir ons nodig is om eers te praat in die lyn van uitmekaar uitgaan

of skei nie."

Die tweede appellante het gesê dat sy nie kan onthou nie hoe laat die beskuldigdes op die betrokke aand by die Mullers aangekom het om Estelle op te laai. Toe die getuienis van

die
50. die Mullers (dat die beskuldigdes reeds ongeveer om 9.30 nm daar aangedoen het) aan haar gestel is, het die tweede appellante gesê sy glo nie hulle kon so vroeg daar aangekom het nie; en
dat sy die oorledene "baie laat so enige tyd van 11 uur
af" neergelê het. Met betrekking tot die getuienis van Muller en mev Slabbert oor die netjiese toestand van die hoofslaap= kamer van die beskuldigdes se huis om 2 uur vm op 12 Februarie het die tweede appellante gesê dat sy nie kan verklaar "hoe het daardie bed reggekom nie."

Sowel Ludick as sy eggenote het die getuienis van die beskuldigdes dat hulle op die aand van 11 Februarie nie in die geselskap van die Ludicks by die klub was nie, gestaaf. Volgens Ludick het die beskuldigdes ongeveer om 7.30 nm by

hul aangekom en ongeveer om 10.30 nm weer vertrek. Hy en

die eerste appellant het in die sitkamer gesels en bier gedrink

terwyl die dames meestal in 'n slaapkamer of die kombuis was.

Ludick het getuig dat die oorledene baie gehuil het maar dat

hy hom nie juis daaraan gesteur het nie. Volgens mev Ludick

is

51.

is die beskuldigdes na 10 nm by hulle weg. Die oorledene het die hele tyd gehuil toe sy by die Ludicks was. Vir die getuie het dit voorgekom asof die oorledene maagpyn gehad het; en sy was baie lastig.

Dit is vervolgens nodig om die Verhoorhof se vernaamste bevindinge aan te dui. In verband met die oorsaak van die oorledene se dood was die Verhoorhof se gevolgtrekking dat die doodsoorsaak versmoring weens verwurging was. In hierdie verband het die belese Verhoorregter soos volg opgemerk:

"Die meganika kon gewees het, of met die toepassing van druk met die agterkant van die hand teen die nek, of met die vingers heeltemal om die nek, of dat die vingers die voorkant van die nek gedruk het, of dat vingers in die voorkant van die nek ingedruk was. Dit is nie moontlik om met sekerheid te kan bepaal welke van hierdie variasies van verwurging toegepas was nie. Ons

is tevrede dat die oorsaak versmoring weens

verwurging was. Ons is ook tevrede dat die toegepaste druk nie per ongeluk plaasgevind het nie, nie alleen omdat dr Malan sê te veel druk is nodig nie, nie alleen omdat dit onwaarskynlik is dat hierdie kneusings toegedien was toe die baba

opgetel

52.

opgetel was nie, maar ook omdat die oorledene op daardie stadium gekleed en toegedraai was in komberse."

Die Verhoorhof het die beskuldigdes albei as "besonder leuenagtige en onbetroubare" getuies bestempel. In hierdie verband het die Verhoorregter daarop gewys dat die beskuldigdes ontwykende getuies was wat geneig was, namate hul kruisondervraging ontvou het, om hul getuienis daarby aan te pas. Voorts word daar in die uitspraak van die Hof aquo die aandag gevestig op die onbevredigende getuienis wat albei beskuldigdes afgelê het in verband met hul gesamentlike besoek aan dr Kruger asook die gesprek wat dr Kruger daartydens met hul gevoer het.

Daar is reeds verwys na die getuienis van dr Malan i v m die twee blikke, bewysstukke 1 en 2. Om die aanvaar= baarheid van die tweede appellante se storie m b t 31 Januarie te toets, is hierdie bewysstukke ook aan dr Spies en dr Kruger terwyl hul getuig het, getoon. Volgens dr Spies was dit

heeltemal

53.

heeltemal onwaarskynlik dat die oorledene se ribfrakture op
die wyse soos deur die tweede appellante verduidelik, veroorsaak
kon gewees het. Dr Kruger was dieselfde mening toegedaan.
Ook vir prof Scheepers was hierdie verduideliking van die tweede
appellante totaal onaanvaarbaar. In verband met die besering
wat die oorledene op 31 Januarie opgedoen het, het die
Verhoorhof bevind dat die weergawe van die tweede appellante
vals is.

Wat betref die asemnood wat die oorledene op 7 Februarie ondervind het, spreek die onbetwiste feite vanself. Die tweede appellante was met haar twee kinders alleen in die huis en die afdruk van die papierprop diep in die keelholte van die oorledene was klaarblyklik die doelgerigte handeling var 'n volwassene. Die Verhoorhof was dan ook tevrede dat die tweede appellante se relaas van wat sy in haar huis gedoen het net voor die aankoms van die besoekers onwaar was. Ewe onaanvaarbaar vir die Verhoorhof was die tweede appellante se

relaas

54.

relaas van watter diagnose dr Kruger gemaak het van die oorledene se toestand toe sy inderhaas na hom gebring is; en watter behandeling hy toegepas het. Die tweede appellante se hele sborie oor die gebeure van 7 Februarie is deur die Verhoorhof as vals verwerp.

In verband met die kwessie of die eerste appellant by verskeie geleenthede aangedui het dat hy nie die vader van die oorledene is nie, het die Verhoorhof die tersaaklike getuienis in oënskou geneem en bevind dat die ontkennings van die beskuldigdes nie waar kan wees nie. Rakende die omstrede vraag of die beskuldigdes op die aand van 11 Februarie in die geselskap van die Ludicks by die klub drankies gemaak het, het die Verhoorhof die getuienis van Vermaak, Steenkamp en Muller bo dié van die beskuldigdes en die Ludicks verkies, en as 'n feit bevind dat die beskuldigdes wel saam met die Ludicks by die klub was. Na die Verhoorhof se oordeel was Ludick nie

'n
55. 'n indrukwekkende getuie nie. Omdat dit bots met die "akkurate en aanvaarbare getuienis" van mev Muller het die Verhoorhof die bewerings van die Ludicks (en meer in besonder dié van mnr Ludick) as sou die beskuldigdes nog teen 10.30 nm in die geselskap van die Ludicks verkeer het, as onwaar verwerp.

Ten slotte moet die Verhoorhof se bevindinge m b t die gebeure in die kritieke stadium nadat die beskuldigdes Estelle by die Mullers opgelaai het, bekyk word. In verband met die tyd waarteen die oorledene na alle waarskynlikheid omgekom het, het die Verhoorhof in aanmerking geneem die getuie= nis van die Mullers dat om 9.30 nm die oorledene nog lewend was; dat volgens Truscott die oorledene se lyk kort na 12.53 vir op 12 Februarie "styf en koud was"; dat volgens dr Kruger die lyk om 2 uur vm op 12 Februarie "yskoud" was met vroeë rigor mortis en waarneembare nadoodse verkleuring, asook dr Kruger se skatting dat die oorledene toe reeds vier uur dood was. Verder het die Verhoorhof in ag geneem die getuienis

dat

56.

dat 11 Februarie op Arnot 'n gewone hoëveld somersaand" was; en die getuienis van dr Malan en prof Scheepers omtrent die tempo, veral in die geval van 'n kleuter, waarteen rigor mortis intree en waarteen 'n lyk se temperatuur daal. Aan die hand van gemelde getuienis het die Verhoorhof bevind -

".... dat die dood plaasgevind het om en by 22h00 op 11 Februarie 1983, dit wil sê, min of meer een uur voor die beskuldigdes sê die dood ingetree het."

Aan die hand van die getuienis van mnr Muller, mev Slabbert en mev Mashiloane omtrent die toestand van die beskuldigdes se slaapkamer in die vroeë oggendure van 12 Februarie het die Verhoorhof verder as vals verwerp die bewerings van die beskuldigdes dat alvorens die tweede appellant agtergekom het dat die oorledene heeltemal slap is die eerste appellant in die bed en onder komberse gelê en slaap het.

Met die oog op die getuienis van mnr Muller,

mev Slabbert,

57.

mev Slabbert, Truscott en dr Kruger het die Verhoorhof bevind dat die getuienis van die tweede appellante dat albei beskuldigdes "vreeslik gehuil" het, onwaar was. Voorts het die Verhoorhof die getuienis van dr Kruger aanvaar dat die lyk van dié oorledene geen tekens van ontwatering getoon het nie.

Nadat hy die getuienis in sy geheel beskou het, het die Verhoorhof tot die slotsom geraak -

"... dat die storie van die ontwatering 'n totale rookwolk is. Dat die storie van gastro-enteritis heeltemal denkbeeldig is, en dat die tyd van die dood deliberaat en doelbewus deur die beskuldigdes, beide van hulle, vervals is. Die beskuldigdes se weergawe word nie geglo nie."

Toe die oorledene gesterf het, was sy in die bewaring van die beskuldigdes en geen ander persone wat haar moontlik geweld kon aandoen, was by nie. In die lig van sy bevinding dat die oorsaak van dood versmoring weens verwurging was, saamgelees met sy verdere feitebevindinge (slegs die

vernaamstes

58.

vernaamstes waarvan hierbo aangedui word), het die Verhoorhof vervolgens ingegaan op die vraag wie strafregtelik die verwyt van die verwurging van die oorledene dra. In hierdie verband het die belese Verhoorregter die penarie waarin die vervolging gesit het in die volgende woorde opgesom:-

"Die Staat is nie daartoe in staat om te sê of dit beskuldigde 1 was nie, of dit beskuldigde 2 was nie, of dit beskuldigdes 1 en 2 gesamentlik was nie."

Die Verhoorhof het egter bevind dat elkeen van die twee beskuldigdes die opset gehad het om die oorledene te dood; dat die beskuldigdes vooraf afgespreek het om die oorledene om die lewe te bring; en dat ter uitvoering van hul afspraak die beskuldigdes saamgewerk het. Bygevolg, en in weerwil van die onsekerheid wat geheers het omtrent watter een van die beskuldigdes die oorledene daadwerklik verwurg het, het die Verhoorhof bevind dat die beskuldigdes die dood van die oorledene mede-veroorsaak het. Die Verhoorhof het dus elkeen

van
59. van die beskuldigdes op die grondslag van sy of haar eie opset en sy of haar eie optrede aan moord skuldig bevind.

Die beskuldigdes se appèl is beredeneer deur mnr de Jager wat ook as hul advokaat by die verhoor opgetree het. Mnr D'Oliveira bygestaan deur mnr Coetser het in beide Howe namens die Staat verskyn. Voor hierdie Hof het die beskuldigdes se advokaat betoog dat die Verhoorhof fouteer het eerstens by sy bevinding dat die versmoring waaraan die oorledene dood is deur verwurging veroorsaak is en tweedens by sy bevinding dat die beskuldigdes gesamentlik vooraf beplan het om die oorledene te vermoor en dat hul daarna in uitvoering daarvan gehandel het.

Nadat die beskuldigdes by die verhoor onskuldig gepleit het, is die grondslag van hul verweer aan die Verhoorhof gestel. Daarvolgens sou die verweer neerkom op 'n ontkenning dat die beskuldigdes gesamentlik of afsonderlik die oorledene

vermoor
60. vermoor het; en daarby aansluitend 'n verklaring dat die -

"....verweer sal wees dat die dood van die oorledene aan 'n natuurlike toestand weens 'n siekte te wyte is."

Vermoedelik met die oog op die aldus voorbeduide natuurlike doodsoorsaak het die beskuldigde se advokaat met sowel dr Malan as prof Scheepers breedvoerig die moontlikheid ondersoek of die dood van die oorledene nie dalk ressorteer nie onder die sogenaamde "skielike onverwagte doodsindroom" waarna tydens die verhoor geriefshalwe as "SIDS" verwys is. Volgens die aangevoerde geneeskundige getuienis egter is SIDS op sigself nie 'n doodsoorsaak nie maar inteendeel bloot 'n kliniese beeld by die onverwagte sterfgeval van 'n jong baba (meesal 'n baba om en by die ouderdom van twee maande) alvorens daar 'n oorsaak van dood bepaal word. Volgens dr Malan beteken SIDS eenvoudig

"... dat 'n kind skynbaar normaal is, gaan slaap,
doodgaan en dan uitwendig geen teken van afwyking
toon nie "

Voorts
61. Voorts het dr Malan verduidelik dat daar onderskei moet word tussen twee verskillende verskyningsvorms van SIDS: by nadoodse inwendige ondersoek word by 15% van SIDS-gevalle 'n duidelike oorsaak van dood wel gevind, terwyl by die orige 85% geen waarneembare doodsoorsaak aan die lig kom nie. In die onderhawige geval kan die beskuldigdes baat alleen by die redelike moontlikheid van die bestaan van die tweede ver= skyningsvorm (d w s geen waarneembare doodsoorsaak by nadoodse inwendige ondersoek) hierbo aangedui. Voor hierdie Hof is die argument gebaseer op die moontlikheid van 'n SIDS-geval weer aangevoer, hoofsaaklik deur te steun op brokkies uit die getuienis van prof Scheepers met veronagsaming egter van ander tersaaklike gedeeltes van sy getuienis. Wat hierdie aspek van die ondersoek na die oorsaak van dood betref, kan ek hier volstaan met te sê dat die belese Verhoorregter in sy uitspraak heel tereg die SIDS-argument in die volgende woorde afgemaak het:-

" Oor

62.

"Oor SIDS was baie getuienis gelei. SIDS is die skielike onverwagte doodsindroom en die ware vorm van SIDS is waar geen oorsaak van dood gevind kan word by nadoodse ondersoek nie. In hierdie geval was daar 'n duidelike oorsaak van dood gevind en SIDS, wat nooit hoër as 'n moontlikheid gestel was, nooit verhef is deur die beskuldigdes se deskundige tot 'n waarskynlikheid nie, is tot ons tevredenheid uitgeskakel."

Wat betref die twispunt of verwurging dan wel 'n refleks-hartstilstand gepaard met druk aan die nek die waarskynlikste oorsaak van dood was, het die beskuldigdes se advokaat in bedenking gegee dat waar die mening van prof Scheepers van dié van dr Malan verskil, daar 'n twyfel besbaan wat die beskuldigdes tot voordeel moet strek. Na my oordeel is dit onnodig om by hierdie strydpunt in die saak lank stil te staan. Soos blyk uit die passasies vroeër uit die uitspraak van die Hof a quo aangehaal, is hierdie kwessie deeglik voor die Verhoorhof

uitgepluis. Die Verhoorhof het beskik oor die getuienis van twee bedrewe pataloë en die Verhoorregter het die bystand gehad van 'n assessor wat bedrewe is in die aangeleentheid waaroor

die

63.

die deskundige getuienis gegaan het. By beoordeling van die
getuienis van die twee pataloë moet voor oë gehou word dat
dr Malan, wat die lykskouing waargeneem het, die aard en
omvang van die letsels aan die lyk direk waargeneem het; en
prof Scheepers nie. Uit hoofde van hierdie voorsprong was
dr Malan uiteraard beter toegerus om 'n mening oor die oorsaak
van dood uit te spreek. Daarbenewens, en om ander redes, dra
in hierdie besondere saak die getuienis van dr Malan na my
oordeel ietwat groter oorredingskrag as dié van prof Scheepers.
Voor hierdie Hof het mnr D'Oliveira in oorweging gegee dat by

sy benadering van die geskilpunt prof Scheepers nie deurgaans
'n volwaardige sin van objektiwiteit gehandhaaf het nie. Hierin,

so meen ek, het mnr D'Oliveira gelyk. 'n Gebrek aan objekti=
witeit, en hier en daar 'n oënskynlike besorgdheid oor die

Verhoorhof se uiteindelike beslissing i v m die strafregtelike

aanspreeklikheid al dan nie van die beskuldigdes het plek-plek

uitgeslaan in die loop van die knap en deurtastende kruis=

ondervraging wat hierdie getuie deurgemaak het. Voorbeelde

hiervan

64.

hiervan word in die Staat sebetoogpunte aangestip en hoef nie hier herhaal te word nie.

Aan die hand van die aangevoerde getuienis het die Verhoorhof bevind dat versmoring weens verwurging die dood van die oorledene veroorsaak het. Na my mening kan geen fout gevind word met die wyse waarop die Verhoorhof die geneeskundige getuienis behandel en beoordeel het nie, en blyk dit geensins dat die Verhoorhof m b t hierdie geskilpunt tot 'n verkeerde gevolgtrekking geraak het nie.

Voordat die grondslag van die Verhoorhof se bevinding dat die beskuldigdes saamgesweer het om die oorledene te vermoor van naderby beskou word, is enkele algemene opmerkings nodig. Melding is reeds gemaak van die Verhoorhof se ongunstige geloofwaardigheidsbevindinge m b t die beskuldigde Daardie bevindinge berus op grondige redes wat in die uitspraak van die Hof a quo volledig aangestip word en daar bestaan geen

rede

65.

rede om daarmee in te meng nie. Daar kan volstaan word met te sê dat in die loop van hul kruisondervraging deur die Staat die geloofwaardigheid van albei beskuldigdes volkome geknak het. Albei is deurtrapte leuenaars. Voorts dien gemeld te word dat by beoordeling van hul getuienis daar in gedagte gehou moet word dat wesenlike bestanddele van hul relase wat betrekking het op die geneeshere wat in die saak getuig het in die loop
van kruisondervraging nooit deur die beskuldigdes se advokaat
aan gemelde geneeshere gestel is nie. Ek volstaan met enkele voorbeelde. Dr Haasbroek is nooit gekonfronteer met die sogenaamde "nek-terapie" wat sy op die oorledene sou toegepas het nie. Oor sy skatting dat die lyk van die oorledene na hom gebring is meer as vier uur na die dood ingetree het, is met Jr Kruger nooit in geding getree nie. Die beskuldigdes se
weergawe van wat dr Kruger aan hul sou gesê het toe hul
gesamentlik by hom was, is nooit aan die getuie gestel nie. Op die beskuldigdes se weergawe sou dr Klopper ten tyde van

die
66. die oorledene se ontslag uitdruklik by die beskuldigdes verneem het of hulle met die oorledene se toestand tevrede is; waarop die tweede appellante bevestigend sou geantwoord het. Hierdie ietwat bevreemdende gesprek is nooit aan dr Klopper gestel nie. Wat verder opval is dat dit nooit aan dr Klopper gestel is nie dat by dieselfde geleentheid die beskuldigdes gesien het dat die oorledene se maag werk; en dat hul dr Klopper hieromtrent uitgevra het. In die verbygaan kan hier ook genoem word dat die verdediging ook nie aan die hand van die daaglikse inskrywings in die registers van die Middelburg Hospitaal vir prof Scheepers gevra het om kommentaar te lewer oor die vraag of die oorledene ten tyde van ontslag werklik gesond was nie, soos dr Klopper getuig het. Uit hoofde van die voorgaande bestaan daar geen voldoende rede om dr Klopper se getuienis dat die oorledene by ontslag 'n gesonde baba was in twyfel te trek nie. Waar die oorledene dan binne 'n skrale drie uur daarna (om 9.30 uur nm) by die Mullers klaarblyklike tekens van nood en pyn toon, dui die waarskynlikhede sterk op die gevolgtrekkinc

dat

67.

dat tussen die tyd van haar ontslag uit die hospitaal en die beskuldigdes se aankoms by die Mullers die oorledene weer aangerand is.

Omdat hy een van die sleutelgetuies in die saak was, is dit miskien nodig om iets te sê in verband met dr Kruger se deug as getuie. Mnr de Jager het daarvan gewag gemaak dat in sy relaas van die beskuldigdes se optrede toe die lyk na sy spreekkamers gebring is dr Kruger geen melding daarvan gemaak het aat die beskuldigdes toe aan hom gesê het dat die oorledene kort voor haar oorlye gebraak het en dat sy aan diarree gely het. Dat die beskuldigdes wel sodanige bewerings teenoor dr Kruger gemaak het, moet egter noodwendig uit die getuienis van dr Klopper afgelei word. Dit was juis die desbetreffende berig wat dr Klopper van dr Kruger ontvang het wat dr Klopper

beweeg het om 'n dag of wat daarna die moeite te doen om by die

Middelburg lykhuis na die oorledene se laaste stoelgang te gaan

kyk

68.

kyk. Namens die beskuldigdes is nie aangevoer dat dr Kruger die beskuldigdes enigsins kwaadgesind was nie. Dr Kruger was die beskuldigdes se huisarts. Volgens hom was die tweede appellante ten tyde van die gebeure waaroor die saak gaan fisies en geestelik gedaan. Uit die hele trant van dr Kruger se getuienis kan afgelei word dat hy sowel begrip as deernis gehad het vir die haglike toestand waarin die tweede appellante haar bevind het. By versigtige nalees van die oorkonde blyk dr Kruger 'n onbevange en eerlike getuie te wees.

Die sluitsteen van die Staat se saak vind mens in die getuienis van dr Kruger m b t dit wat hom op 7 en 10 Februarie onderskeidelik by sy spreekkamers afgespeel het.

Wanneer die gebeure by sy spreekkamers op 7 Februarie saamgelees word met die getuienis van mev Slabbert oor wat kort tevore daardie middag by die huis van die beskuldigdes gebeur het, staan dit onomstootlik vas dat die tweede appellante gevoelloos

teenoor
69. teenoor die oorledene gestaan het en meedoëloos teenoor haar opgetree het. Dit behoef geen argument, en dit word geredelik deur mnr de Jager toegegee, dat die tweede appeHante daardie middag met die opset om te dood 'n papierprop in die keelgat van die oorledene afgedruk het. Meer nog, hoewel sy in haar verduideliking van hierdie moordaanslag die eerste appellant valslik by die daadwerklike pleging daarvan betrek het, is die verduideliking besonder insiggewend omdat dit dui op die waarskynlike dryfveer wat die tweede appellante tot gemelde aanranding aangespoor het: die eerste appellant se ontkenning dat die oorledene sy kind is. Die gebeure by dr Kruger se spreekkamers op 10 Februarie - die dag voor die oorledene se dood - hou vir die saak van albei beskuldigdes verreikende implikasies in. Wat betref die tweede appellante dien dit opnuut ter bevestiging van haar gevoelloosheid teenoor die oorledene. Vir sover dit die eerste appellant aangaan, lewer dit afdoende bewys dat toe sy eie huisarts by hom tuisbring dat drie dae tevore die oorledene die slagoffer was van 'n

weersinwekkende

70.

weersinwekkende moordaanslag, die eerste appellant hierteenoor heeltemal onverskillig gestaan het. Meer nog, die eerste appellant laat onomwonde blyk watter beweegrede agter sy hardvogtige afsydigheid skuil: hy ontken dat die oorledene sy kind is. In die situasie waarin die eerste appellant hom op 10 Februarie in die spreekkamers van dr Kruger bevind het, sou enige normale ouer van 'n jong baba net op een moontlike manier gereageer het. Wat die reaksie van 'n normale ouer sou gewees het, blyk uit die toegewinge waartoe die eerste appellant self in sy kruisondervraging gedwing is. Ek haal aan -

" as 'n dokter vir u gesê het kyk, u,en

u vrou mishandel die kind op twee geleenthede en as u voortgaan, ek vermoed moord of poging

tot moord, ek gaan die polisie kry wat

sou u reaksie gewees het? Ek sou

uitgevind het deur wie en hoe word die kind mishandel.

Ja? En ek sou werk gemaak het daarmee."

Waar die eerste appellant se enigste reaksie op dr Kruger se bekendmaking aan hom was om die vaderskap van die oorledene te

ontken
71. ontken, dui dit daarop dat sodanige mishandeling van die oorledene die goedkeuring van die eerste appellant weggedra het. Uit die getuienis van dr Kruger oor hierdie twee belangrike insidente op 7 en 10 Februarie straal die werklike geestesge= sindheid van die beskuldigdes en die ware gesindheid wat hulle teenoor die oorledene gekoester het. Dit is in die lig van bostaande oorwegings dat die handelinge van die beskuldigdes op 11 en 12 Februarie getoets en vertolk moet word.

Vir sy bevinding dat die beskuldigdes saamgesweer het om die oorledene om die lewe te bring en dat hul ter uitvoering van hul gemeenskaplike oogmerk saamgewerk het, het die Verhoorhof op 'n kompleks van omstandighede gesteun. Laasgenoemde kan soos volg opgesom word:- .

(a) Die gevoelloosheid teenoor die oorledene wat die

beskuldigdes deurentyd openbaar het. (b) Die feit dát die oorledene te alle tersaaklike tye in

die bewaring van die een of die ander of van albei
beskuldigdes

72. beskuldigdes verkeer het.
(c) Die beskuldigdes se ontkenning dat dr Kruger op

10 Februarie in verband met die mishahdeling van die
oorledene 'n waarskuwing tot hul gerig het.
(d) Die feit dat die beskuldigdes gedurende die aand van

11 Februarie die ontspanningsklub besoek het.

(e) Die storie wat die beskuldigdes op 11 Februarie
verkondig het van hul voorgenome besoek op 12 Februarie
aan dr Hanekom op Ogies.

(f) Die opbou deur die beskuldigdes op 11 Februarie van die
beeld van 'n kind wat al hoe sieker word en wat braak en
aan gastro-enteritis ly.

(g) Die beskuldigdes se byhaling van hul getuienis van die
beweerde "nek-terapie" wat dr Haasbroek in die Zuid-Afrikaan
Hospitaal op die oorledene sou toegepas het; asook die
beweerde opmerking van dr Kruger by sy spreekkamers vroeg
op die oggend van 12 Februarie dat die lyk van die oorledene
tekens van ontwatering getoon het.

(h) Die

73. (h) Die feit dat die beskuldigdes voorgegee het dat die

oorledene gesterf het kort voordat hulle haar dood by die Mullers aangekondig het terwyl die dood inderwaarheid heelwat vroeër ingetree het.

Die oortuigingskrag van omstandigheidsgetuienis worc ontleen aan 'n samestel van onafhanklike omstandighede elkeen waarvan in meerdere of mindere mate op dieselfde gevolgtrekking dui. Ofskoon elkeen van die omstandighede, alleenstaande beskou, met die onskuld van die aangeklaagde by 'n strafsaak bestaanbaar mag wees, word dusdanige omstandighede nie in isolasie maar kumulatief beoordeel. Eers by bepaling van die kumulatiewe trefkrag van al die tersaaklike omstandighede ontstaan die vraag of die gevolgtrekking waarvoor die vervolging hom beywer as die enigste redelike gevolgtrekking gemaak kan word. Terwyl hy toegegee het dat die omstandig= heidsgetuienis in die onderhawige saak aldus kumulatief bekyk en getoets moet word, het die beskuldigdes se advokaat

nietemin

74.

nietemin bevraagteken of sommige van die omstandighede waarop die Verhoorhof gesteun het hoegenaamd tersaaklik kon wees by die vraag of 'n sameswering tussen die beskuldigdes bestaan het en deur hulle tot uitvoering gebring is. Na my oordeel kan hierdie betoog nie. opgaan nie. Dit is slegs nodig om enkele van die argumente in hierdie verband kortliks aan te dui.

-Mnr de Jager het bv aangevoer dat die tyd van dood soos deur die beskuldigdes beweer 'n neutrale faktor in die saak is omdat, aldus die argument, daar niks is wat die beskuldigdes deur 'n wanvoorstelling daaromtrent kon bereik nie. Hiermee kan ek nie saamstem nie. Die oorledene is om 6.15 nm in 'n gesonde toestand uit die hospitaal ontslaan, en daarna en tot en met haar dood dieselfde aand was sy voortdurend in die bewaring van die beskuldigdes. Hoe korter dus die tydsverloop tussen sodanige ontslag en die intrede van haar dood, hoe sterker die verdenking waarin die beskuldigdes as gevolg van haar dood sou kom. Gedagtig hieraan is die wanvoorstelling

van
75.
van die tyd deur die beskuldigdes seer sekerlik een van die omstandighede wat in die weegskaal teen hulle gewerp moet word.

Verder is betoog dat die uitgesproke voorneme van die beskúldigdes op 11 Februarie om die oorledene op 12 Februarie na dr Hanekom te neem nouliks op enige sameswering om te vermoor, dui. Mnr de Jager het trouens aangevoer dat hierdie omstandigheid juis op die beskuldigdes se onskuld dui. Ook hierdie argumént het niks om die lyf nie. Dit verloor heeltemal uit die oog wat die werklike gesondheidstoestand van die oorledene by haar ontslag uit die hospitaal was en wat die ware gesindheid van die beskuldigdes teenoor die oorledene was. Na my oordeel het die Verhoorhof tereg bevind dat die hele relaas oor die voorgenome besoek aan dr Hanekom aanduiding van voorafbeplanning bevat. Dit is beslis verklaarbaar as 'n dekmantel om die beskuldigdes se werklike optrede met 'n siek gemaakte kind te verbloem en te verdoesel. Die skynvertoon i v m 'n besoek aan dr Hanekom pas verder volkome in by die

vals
76. vals bewerings van die beskuldigdes oor'hul ontevredenheid met die behandeling wat die oorledene by die Middelburg Hospitaal sou ontvang het; en hul wanvoorstellings dat hulle 'n siek kind van dr Klopper ontvang het wat aan gastro-enteritis gely het. Verder dien opgemerk te word dat indien die oorledene wel aan gastro-enteritis gely het en indien die beskuldigdes werklik oor haar besorgd was, dit haas ondenkbaar is dat die beskuldigdes daardie aand by die klub sou vertoef het voordat hulle Estelle by die Mullers opgelaai het. Vandaar, na alle waarskynlikheid, die heftige maar valse ontkennings deur die beskuldigdes in hul getuienis dat hulle ooit op die aand van 11 Februarie by die klub was.

Wanneer al die aangevoerde getuienis tesame oorweeg word, is ek geensins daarvan oortuig dat die Verhoorhof fouteer het by sy bevinding dat uit hoofde van sy of haar eie opset en sy of haar eie optrede albei die beskuldigdes

aan
77. aan moord skuldig is. Ek stem inteendeel saam met die betoog van mnr D'Oliveira dat die getuienis in sy geheel as enigste redelike afleiding veroorloof dat op Vrydag 11 Februarie 1983 die beskuldigdes by die Middelburg Hospitaal heeltemal teen hul sin 'n gesonde kind, waarvan hulle albei ontslae wou raak, in ontvangs geneem het; dat hulle saamgesweer het om die oorledene om die lewe te bring en dat hulle daarna ter uitvoering van hul gemeenskaplike oogmerk saamgewerk het; dat reeds voordat die beskuldigdes om 9.30 nm by die Mullers aangekom het die oorledene deur die een of die ander beskuldigde aangerand is; en dat die sameswering omstreeks om 10 uur nm tot yolvoering gebring is toe die een of die ander beskuldigde die oorledene doodgewurg het. Dit volg dat die appèlle teen die skuldig= bevinding nie kan slaag nie. Duidelikheidshalwe is ten slotte die volgende opmerking met betrekking tot die uitspraak van die Verhoorhof dienstig. In verband met die leuenagtigheid van die beskuldigdes kom daar in die uitspraak 'n terloopse verwysing voor na die bekende passasie in die uitspraak van

MALAN, AR

77 (a)
MALAN, AR in R v Mlambo 1957(4) SA 727 (A) op 738 B/D, soos
goedgekeur in S v Rama 1966(2) SA 395(A) op 400H-401C en
verklaar in S v Steynberg 1983(3) SA 140 (A) op 146F-149E."
Daar bestaan egter geen ruimte vir die aanwending van die
benadering deur MALAN, AR in die Mlambo-saak aangedui
waar 'n hof te make het nie met 'n enkele beskuldigde wat
alleen by die intrede van die oorledene se dood aanwesig
was nie, maar met twee of meer beskuldigdes wat aldus

aanwesig was, en dit gaan om 'n afleiding van skuld teen
algar van hulle. Ofskoon die Verhoorhof se byhaling van die
dictum van MALAN, AR in die Mlambo-saak misplaas was,

blyk dit egter by behoorlike ontledáing van die beredenering

en gedagtegang wat op die Verhoorhof se skuldigbevinding

uitgeloop het, dat die Verhoorhof in werklikheid nie

daarop gesteun het nie.

Ek oorweeg vervolgens die appélle teen die

opgelegde vonnisse. Geen afsonderlike getuienis ter straf=

versagting is afgelê nie. Nadat die Verhoorhof die

beskuldigdes

78.

beskuldigdes aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind het, het die advokate aan beide kante egter die Hof i v m vonnis uitvoerig toegespreek. Wat betref die eerste appellant het mnr deJager aangevoer dat die waarkynlikhede op die gevolgtrekking dui dat by die pleging van die moord die tweede appellante die werklike bedrywer was, en dat die eerste appellant se vergryp derhalwe met minder verwyt bejeën moet word. Die bevinding van die Verhoorhof wat aan die skuldig= beyindinge ten grondslag lê, is egter dat die beskuldigdes met 'n gemeenskaplike oogmerk die dood van die oorledene mede-
veroorsaak het. Hierdie bevinding laat m i geen ruimte vir

enige bespiegeling nie dat by die pleging van die mobrd - selfs in

die veronderstelling dat die tweede appellante die verwurger wa - die eerste appellant uit 'n morele oogpunt beskou 'n minder laakbare rol vertolk het. Verder moet daar onthou word dat dit die eerste appellant se ontkenning van vaderskap van die oorledene was wat aanleiding gegee het tot die smartlike emosionele konfliksituasie waarin die tweede appellante haar

bevind

79.
bevind het. In die loop van kruisondervraging het dr Kruger genoem dat die tweede appellante by hom die indruk gewek het dat sy gedink het dat die verwydering van die oorledene moontlik haar huwelik kan red. Dat die tweede appellante as gevolg van die eerste appellant se aantyging i v m die vaderskap van die oorledene - die tweede appellante se ontkennings ten spyt -die tweede appellante in 'n ellendige gemoedstryd gedompel het, en dat sy daarbenewens met 'n siekerige oudste kind sowel fisies as geestelik uitgeput was, val nie te betwyfel nie. Maar in 'n kort vonnis-uitspraak het die Verhoorregter na al die tersaak= like omstandighede verwys, en besonder gewig verleen aan die jeugdigheid van albei beskuldigdes en die emosionele druk waaronder hul gebuk moes gaan. Na my oordeel bestaan daar geen grondige rede vir 'n bevinding dat die Verhoorregter by vonnisoorweging enige relevante oorweging uit die oog verloor het nie; of dat hy enige onreëlmatigheid of mistasting begaan het Na my mening kan daar ook nie gesê word dat die opgelegde strawwe so kras is dat geen ander Hof redelikerwys dit

sou
80. sou opgelê het nie. Kindermoord is altyd 'n afgryslike wandaad. In die onderhawige saak dra die beskuldigdes die verwyt van 'n besonder grusame moord op 'n weerlose baba. Wat ook nie uit die oog verloor mag word nie is die feit dat die Verhoorhof hier te make gehad het met twee beroulose oortreders wat nooit te enige tyd voor vonnisoplegging vir hul wandaad spyt getoon het nie. Om bostaande redes meen ek dat die appèlle teen die vonnisse ook nie kan slaag nie.

Die appèlle van die eerste appellant en die tweede appellante word bygevolg afgewys.

G G HOEXTER, AR TRENGOVE, AR - Stem saam

114/85 N v H

ANDRIES PRETORIUS HENDRINA JOHANNA PRETORIUS

en

DIE STAAT

SMALBERGER, AR:-

114/85 N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
ANDRIES PRETORIUS Eerste Appellant

(beskuldigde 1 in Hof a quo

HENDRINA JOHANNA PRETORIUS Tweede Appellante

(beskuldigde 2 in Hof a quo

en

DIE STAAT Respondent

CORAM : TRENGOVE, HOEXTER, et SMALBERGER, ARR
VERHOORDATUM: 18 MAART 1986 LEWERINGSDATUM: 20 Mei 1986

UITSPRAAK SMALBERGER, AR:-

Ek het die voorreg gehad om dié uitspraak

van my kollega Hoexter te lees. Ek is dit met hom eens
dat die appellante se appèlle teen hulle skuldigbeyindings

afgewys /
2 afgewys moet word, asook die eerste appellant se appèl teen sy vonnis. Ofskoon die appellante mede-aandadig was aan die oorledene se dood - en ek stem saam dat die misdaad 'n afgryslike en weersinwekkende een was - volg dit nie noodwendig dat hulle dieselfde vonnisse opgelê moes gewees het nie. Daar was trouens na my mening grondige rede om 'n onderskeid tussen hulle vonnisse te tref.
Soos tereg deur my kollega Hoexter daarop gewys, was dit die eerste appellant se ontkenning van vaderskap van die oorledene wat aanleiding gegee het tot "die smartlikê emosionele konfliksituasie waarin die tweede appellante haar bevind het". Sy het waarskynlik opgetree onder die indruk dat die verwydering van die oorledene haar

huwelik /

3

huwelik kon red. Terwyl haar optrede meedoënloos en

vasberade blyk te gewees het, was dit waarskynlik nie

nugterdenkend nie. Dat sy ondanks twee vorige mislukte
"pogings op die lewe van die oorledene,en in weerwil van

Dr Kruger se waarskuwing, die moord op die oorledene

gepleeg het, spreek van wanhopigheid aan haar kant.

Sy was fisies en geestelik uitgeput. Die omvang van

haar fisiese en geestelike uitputting word baie duidelik

en treffend uitgebeeld in die getuienis van Dr Kruger.

Met verwysing na haar toestand op 7 Februarie 1983 toe hy

die papierprop uit die oorledene se keel gehaal het, sê

hy, onder andere, die volgende:-

"Mev Pretorius is 'n jong vrou, ek dink sy

was sewentien gewees toe sy swanger geword

het en binne 'n jaar se tyd het sy met h

tweede /

4

tweede baba gesit. Dié Estelle was 'n huilerige kind gewees, sy het nie geslaap nie, sy het die ma dae gegee."

"Ek kon sien sy was moeg gewees en dat sy depressief was en nie lekker gevoel het nie."

"Sy was emosioneel heeltemal in 'n ander wêreld gewees."

"Sy was apaties gewees en soos iemand wat werklik nie omgee wat gebeur met hom nie."

"Mev Pretorius was 'n vrou wat dringend hulp nodig gehad het."

Die eerste appellant het nie gebuk gegaan onder
dieselfde fisiese en geestelike uitputting as die tweede
appellante nie. Hy was nie tot dieselfde mate as sy in
'n emosionele konfliksituasie gewikkel nie. Daarbenewens
was hy ietwat ouer en waarskynlik meer volwasse as sy.

In die geval van die tweede appellante was daar dus straf=
versagtende faktore aanwesig wat nie by die eerste appellant
gegeld het nie, of nie tot dieselfde mate gegeld het nie.

Die /
5.
Die verhoorregter het nie 'n behoorlike evaluering van

hulle onderskeie persoonlike omstandighede gemaak nie.

Hy het hulle eenvoudig oor dieselfde kam geskeer. In dié
opsig het hy fouteer. In die lig van die omstandighede
hierbo vermeld is ek van mening dat die vonnis die tweede
appellante opgelê "onredelik" swaar is wat sy uitwerking"
betref, en dat 3 jaar daarvan opgeskort behoort te gewees
het op gepaste voorwaardes. Sodanige vonnis sou voldoende
gevolg gee aan die erns van die misdaad en die afkeur van
die gemeenskap.

J W SMALBERGER APPèLREGTER