South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 59
| Noteup
| LawCite
Badenhorst v Van Rensburg (73/86) [1986] ZASCA 59; [1986] 4 All SA 417 (AD) (27 May 1986)
Download original files |
CASPARUS JOHANNES BADENHORST APPELLANT
en
GERT VAN RENSBURG RESPONDENT
HEFER,AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
CASPARUS JOHANNES BADENHORST APPELLANT
en
GERT VAN RENSBURG RESPONDENT
CORAM: JOUBERT, TRENGOVE, VAN HEERDEN, HEFER et SMAL-BERGER, ARR.
AANGEHOOR : 7 MEI 1986.
GELEWER: 27 MEI 1986.
UITSPRAAK
HEFER, AR :
Vir doeleindes van hierdie uitspraak ge-bruik ek die
benaming van die partye in die verhoorhof
waar
2. waar die respondent die eiser was; die appellant was die tweede
verweerder en sy ouer broer die eerste ver-weerder. Die eiser het
aksie teen die
verweerders in-gestel in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir be-taling van
verkoopskommissie ten bedrae van R20
000. Die verhoorhof (MELAMET R) het die eis
gehandhaaf. Na 'n onsuksesvolle appèl na die Volle Hof kom tweede
ver-weerder
nou met die nodige verlof in hoer beroep teen die vonnis wat teen
die verweerders verleen is.
Die uitspraak van die Volle Hof is ge-rapporteer
in 1985(2) S A 321 en aangesien die gebeure wat aanleiding gegee het tot die eis
volledig in die uit-spraak beskryf is, ag ek dit onnodig om dit weer te
verhaal.
Die
3. Die bewerings in die pleitstukke, die partye se erken-nings by die
voorverhoorsamespreking en die inhoud van die tersaaklike dokumente
verskyn ook
volledig in die uitspraak. Ek herhaal dit gevolglik ook nie.
In hierdie Hof
het tweede verweerder hoof-saaklik staatgemaak op klousule 11(a) van die
koopkontrak wat met dr Odendaal gesluit is.
Soos in die Hof a quo waar
die betoog verwerp is, is aangevoer dat klousule 11 (a) 'n voorwaarde bevat wat
die hele ooreenkoms opskort hangende die goedkeuring
daarvan deur die Meester en
dat die eiser pendente conditione nie geregtig is op be-taling van
verkoopskommissie nie. Die kernvraag wat beredeneer is en waarvan die sukses van
die appèl
afhang
4.
afhang, is of die voorwaarde inderdaad opskortend van
aard dan wel ontbindend is soos deur die Hof a quo be-
vind.
Gerieflikheidshalwe haal ek klousule ll(a)
weer aan. Dit lui dat
"die geheel van hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die goedkeuring van die 'Meester' van die Hooggeregshof ."
Die
bepaling van die aard van die voorwaarde moet natuur-
lik geskied aan die
hand van die vertolking van klousule
11(a) in die samehang van die ooreenkoms
as geheel (Palm
Fifteen (Pty) Ltd v Cotton Tail Homes (Pty) Ltd
1978(2)
S A 872 (A D) op p 884; Swart en 'n Ander v Cape Fabrix
(Pty) Ltd 1979(1) S A 195 (A D) op p 202). Wat onmid-
dellik
5. dellik opval, is dat woorde in diê formulering van die
voorwaardegebruik is wat gewoonweg vóorkom in die formulering
van 'n
opskortende voorwaarde. Ek is dit volkome eens met die beslissings
aangeháal in Rohroff v Nothling 1971(1) S A 14 (0 K) (waarby
dié in die Palm Fifteen saak (op p 885) gevoeg kan word) dat die
woorde "onderhewig aan" ("subject to") gepas is om 'n opskortende bedoeling uit
te druk.
Dit is die tipiese wyse waarop so 'n voorwaarde geformuleer word en,
behalwe dat dit uit-druklik bestempel kon gewees het as 'n opskortende
voor-waarde, kan ek my nouliks 'n ander, beter of duideliker bewoording voorstel
wat op so 'n voorwaarde dui. Die feit dat dieselfde
woorde mag voorkom in 'n
ooreenkoms waarin
'n
6.
'n ontbindende voorwaarde beoog word, doen hieraan geen afbreuk nie. 'n Ontbindende bedoeling kan in so 'n geval slegs gekonstrueer word indien voldoende aandui-dings daarvan elders in die ooreenkoms te vinde is. Dit is insiggewend dat ROPER R in Fengarides v Mason 1947(4) S A 291 (W) waarop die Hof a quo gesteun het, dergelike woorde ook beskryf het as "appropriate to suspensive conditions" (p 293) maar nogtans bevind het dat 'n ontbindende voorwaarde in casu beoog is omdat daar, vir hom, dwingende aanduidings van so 'n bedoeling elders in die ooreenkoms was. Dit volg dus dat die bewoording van klousule 11(a) alles behalwe neutraal
is ......
7. is soos deur die Hof a quo bevind.
'n Ander ewe belangrike aspek
van klousule 11(a) word nie in die uitspraak van die Hof a quo genoem
nie. Dit vloei uit die feit dat "die geheel van hierdie ooreenkoms"
onderhewig gestel is aan die toestemming van die Meester. Indien dit as 'n
ontbindende voorwaarde ver-tolk
word met die gevolg dat die koper sy
verpligtings ooreenkomstig klousule 1 pendente conditione moes nakom,
beteken dit dat die verkopers hulle verpligting om die grond aan die koper te
transporteer ook moes nakom-by registrasie
van transport sou die koper
ooreenkomstig klousule 2 in besit van die plaas gestel moes word en, sou die
Meester weier om die ooreenkoms
goed te keur,
sou
8. sou alles ongedaan gemaak moes word en sou die grond weer ontruim
en aan die verkopers terug getransporteer moes word. Dit was
klaarblyklik nie
die bedoeling nie. En daar is slegs twee maniere waarop so 'n resultaat ver-my
kan word; klousule 11(a) moet vertolk
word óf as 'n voorwaarde wat die
verpligtings van beide partye opskort of as opskortend wat die verkopers se
verpligtings
be-tref maar ontbindend wat die koper s'n betref. 'n Voor-waarde
soos laasgenoemde is wel moontlik maar nog die Hof a guo nóg die
eiser se advokaat het klousule 11(a) op daardie wyse probeer vertolk, en ek kan
ook geen reg-verdiging vir so 'n vertolking
vind nie.
Die Hof a guo het steun vir sy standpunt
gevind
9. gevind in die
verwysing in klousule l(b) varí die ooreen-koms na die eksekuteur in die
boedel van die verweerders se oorlede
vader van wie hulle die grond geërf
het maar nog nie transport ontvang het nie, en in die feit dat die Meester se
sertifikaat
ooreenkomstig art 42(2) van die Boedelwet 1965, nodig was slegs vir
doeleindes van oor-drag en nie "om die kontrak te wettig nie".
Enige "re-siduele
onsekerheid" wat daar nog kon bestaan, is uit die weg geruim deur die getuienis
oor die omringende om-standighede.
Ek vind egter niks hiervan van enige nut by
die bepaling van die aard van die voorwaarde nie. Wat die Meester se sertifikaat
betref,
dien daarop gewys te wprd dat die ooreenkoms in klousule 11(a) nie
onderhewig
gestel
10. gestel is aan die uitreiking van 'n sertifikaat
nie.Daar is boonop geen aanduiding in die getuienis dat die par-tye bewus was
óf van 'n sertifikaat wat die Meester sou moes
uitreik of van die aard of
doel daarvan nie. Die betrokke bepaling van die Boedelwet kom my totaal
irre-levant voor. En wat die omringende
omstandighede en die verwysing na die
eksekuteur betref, dui die feit dat die partye in klousule l(b) in vooruitsig
gestel het dat
'n waarborg vir die balans van die koopprys deur die eksekuteur
aangevra kon word, gepaard.met die feit dat die hele ooreenkoms in
klousule
11(a) onderhewig gestel is aan die Meester se goedkeuring,daarop dat hulle
waarskynlik onder die indruk was dat die eksekuteur
en
11.
en die Meester die een of ander rol moes speel, of dat hulle minstens
nie sekerheid in daardie verband gehad het nie. Daarom is die
rede vir die
invoeging van die voorwaarde verstaanbaar maar geen afleiding kan gemaak word
betreffende die aard daarvan nie; daar is geen aan-duiding van 'n
bedoeling om die transaksie onderhewig te stel aan 'n ontbindende liewer as aan
'n opskortende
voor-waarde nie.
Origens het die Hóf a quo gewag
gemaak van klousules 1, 6, 9 en 10 en hoofsaaklik op grond van 'n beskouing dat
eersgenoemde drie onmiddellik afdwing-baar
was, tot die gevolgtrekking gekom dat
klousule 11(a) ontbindend van aard was. Hierdie redenasie is natuurlik
'n
12.
'n petitio principii want, ongeag die tydsbépalings in klousules 1 en 6, hang die afdwingbaarheid daarvan juis af van die vraag of klousule 11 (a) ontbindend dan wel op-skortend is. In elk geval het die Hof uit die oog ver-loor dat die aanwesigheid van onmiddellik afdwingbare bepalings in 'n ooreenkoms nie onversoenbaar is met 'n op-skortende voorwaarde elders in dieselfde ooreenkoms nie. (Palm Fifteen (supra) op p 885; Soja (Pty) Ltd v Tuckers Land & Development Corporation (Pty) Ltd 1981(3) S A 314 (A D) op 320.) Dit staan die partye immers vry om na goeddunke voorsiening te maak vir die nakoming van som-mige verpligtings pendente conditione en indien aanvaar sou word dat klousule 1,6 en 9 dadelik afdwingbaar was,
is
13.
is dit nie aanduidend van 'n ontbindende voorwaarde in
klousule 11(a) nie.
Klousule 10 verg verdere toeligting. Dit
lui:
"Dit word uitdruklik verstaan dat indien hierdie aanbod deur die verkoper aanvaar word, die koop gesluit is."
Die
hele ooreenkoms (en dus ook klousule 10) is egter
onderhewig gestel aan die
voorwaarde in klousule 11(a)
en ek meen nie dat die betrokke twee bepalings
versoen-
baar is slegs op die basis dat die voorwaarde ontbindend
van aard
is nie. Kennis van die beginsels in Corondi-
mas v Badat 1946
(A D)548 (wat bevestig is in latere uit-
sprake van hierdie Hof) kan nie aan die partye toegedig
word
14.
word nie; dit is vergesog om te vermoed dat hulle deur die
invoeging van klousule 10 te kenne wou gee dat die koop as "gesluit" beskou
moes
word ongeag die feit dat dit onderhewig was aan 'n voorwaarde. Trouens, ek glo
nie eens dat hulle daardie klou-sule in verband
probeer bring het met die
voorwaarde nie. Geen gewig kan daaraan geheg word wanneer bepaal moet word wat
die aard is van die voorwaarde
wat beoog is nie.
In die lig van die
voorafgaande het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die Hof a quo ver-keerdelik
bevind het dat die voorwaarde
waaraan die koopkontrak onderhewig gestel is,
ontbindend was.
Inderdaad
15. Inderdaad was dit opskortend. Dit bring mee dat die eiser
nie bewys het dat hy sy mandaat om verweerders se grond te "verkoop",
uitgevoer
het en op betaling van kommissie geregtig is, nie. Eiser se advokaat het 'n
halfhartige poging aangewend om ons te oortuig
dat die mandaat wel uitgevoer is.
Hy het egter toe-gegee dat die grond nie "verkoop" sou gewees het in-dien die
opskortende voorwaarde
nie vervul is nie. Pendente conditione kan dit ook
nie gesê word dat dit "verkoop" was nie. ( Cf Peri-Urban Areas
Health
Board v Tomaselli & Another 1962 (3) S A 346 (A D) op p 351 G-H).
Die.
16.
Die besonderhede van die eiser se vordering bevat 'n alternatiewe skuldoorsaak met die strekking dat die verweerders uit hoofde van klousule 6 van die koop-kontrak verplig was tot die betaling van verkoops-kommissie selfs al was die mandaat nie uitgevoer nie. In hierdie Hof het eiser se advokaat op hierdie skuld-oorsaak gesteun. Daar is egter twee leemtes in sy betoog. Eerstens het hy uit die oog verloor dat klousule 6 ook onderhewig was aan die opskortende voorwaarde in klousule 11 (a). Tweedens is klou-sule 6 klaarblyklik 'n beding tussen die verweerders en dr Odendaal ten behoewe van die eiser. Laasge-noemde was nie 'n party tot die ooreenkoms nie;
hy
17. hy kon slegs op klousule 6 steun indien hy die voor-deel daarvan
aanvaar het en sy aanvaarding tot die kennis van die partye gebring
het.
Getuienis oor sy aanvaarding is karig en, wat die kommunikasie daarvan aan al
die partye betref, totaal ontbrekend. Op die alternatiewe
skuldoorsaak kan die
eiser dus ook nie slaag nie.
Eiser se advokaat het die verdere al-ternatiewe
skuldoorsaak wat uiteengesit word in para-graaf (d) op p 325 van die verslag van
die
Hof a quo se uitspraak, ook geopper maar dadelik toegegee dat dit nie
kan slaag nie. Ek behandel dit gevolglik nie.
Ten slotte word dit geboekstaaf dat die
tweede
18.
tweede verweerder by die aanvang van die appèl aansoek
gedoen het om kondonasie weens die laat indiening van 'n
kennisgewing van appèl. Die aansoek is nie geopponeer
nie en is toegestaan onderworpe daaraan dat tweede ver-
weerder die koste
veroorsaak daardeur moet betaal.
Die appèl slaag dus met koste behalwe dat die
tweede verweerder die koste veroorsaak deur sy
aansoek om
kondonasie moet betaal. Die bevel van die Hof a quo
word
gewysig om te lees:
"Die appèl word gehandhaaf met koste. Die bevel van die verhoorhof word vervang met n bevel van absolusie van die instansie met koste."
J J F HEFER,AR. JOUBERT, AR.)
TRENGOVE, AR. )
STEM SAAM. VAN HEERDEN,AR. )
SMALBERGER,AR. )