South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 64

| Noteup | LawCite

Jonker en 'n Ander v Meester Van Die Hooggeregshof (88/85) [1986] ZASCA 64 (29 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 88/85

FRANZ ANTONY JONKER Eerste Appellant

STEPHANUS JOHANNES GROBLER Tweede Appellant

en

DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF .. Eerste Respondent

DIE EKSEKUTEURS, BOEDEL WYLE

P J STROEBEL Tweede Respondente

JOUBERT, AR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPELAFDELING

In die saak tussen:

FRANZ ANTONY JONKER Eerste Appellant

STEPHANUS JOHANNES GROBLER Tweede Appellant
en

DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Eerste Respondent

DIE EKSEKUTEURS,

BOEDEL WYLE P J STROEBEL Tweede Respondente

CORAM: JOUBERT, VILJOEN et BOTHA ARR et GALGUT et NESTADT Wn ARR

Datum van Verhoor: 14 Mei 1986 Datum van Uitspraak: 29 Mei 1986

UITSPRAAK

JOUBERT, AR:

/Die

2

Die appellante het formeel beswaar gemaak teen die Derde en Finale Likwidasie- en Distribusierekening („die boedelrekening") wat die tweede respondente as eksekuteurs in die boedel van wyle P. L. Stroebel („die oorledene") opgestel het oor die wyse en metode van die berekening van die waarde van die oorledene se aandele in Lichtenburg Drankwinkel (Edms) Bpk. („die maatskappy") na aanleiding van 'n skriftelike ooreenkoms, gedateer 4 November 1976, wat tussen die appellante en die oorledene (wat op 3 Mei 1979 oorlede is) aangegaan is. In wese kom die beswaar neer op 'n verskil tussen die appellante en die tweede respondente oor die vertolking van klousule 7 (c) (ii) van die skriftelike ooreenkoms. Hierdie beswaar

/is

3

is deur die Meester van die Hooggeregshof, Pretoria, afgewys. In terme van artikel 35 (10) van die Boedel= wet 66 van 1965 het die appellante by wyse van mosie in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die Meester as eerste respondent en die eksekuteurs as tweede respondente aansoek gedoen om 'n bevel wat die Meester se besluit tersyde stel en die tweede respondente verplig om die boedelrekening ooreenkomstig die appellante se beswaar te'wysig. In die alternatief is gevra vir 'n bevel ooreenkomstig Hooggeregshof= reël 6(5)(g) om mondelinge getuienis aan te hoor ten einde die vraag insake rektifikasie van die skriftelike ooreenkoms te besleg. Geen kostebevel is teen die Meester aangevra nie. Die Meester het nie die aansoek geopponeer nie en hy

/het

4

het hom by die beslissing van die hof berus. VAN DER WALT R het die aansoek van die hand gewys met koste. Die appellante se aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer, is deur die hof a quo geweier. Tans kom die appellante met die nodige verlof in hoër beroep na hierdie Hof teen die uitspraak van die hof a quo.

Gedurende 1976 het die oorledene 450 aandele en die appellante die oorblywende 450 aandele van die uitgereikte volopbetaalde aandelekapitaal van 900 aandele in.die maatskappy gehad. OP 4 November 1976 het die oorledene en die appellante die vermelde skriftelike ooreenkoms aangegaan ten einde voorsiening te maak met betrekking tot wat met hul aandele by die afsterwe van

/een

5

een of meer van hulle moet geskied. Ingeval van tweede appellant se afsterwe voor eerste appellant sal laasge= noemde eerssterwende se aandele en aandeelhouers/direkteurs= lenipgs koop (klousule 2). Ingeval van eerste appellant se afsterwe voor tweede appellant sal laasgenoemde eers= sterwende se aandele en aandeelhouers/direkteurslenings (d.i. leningsrekenings) koop (klousule 3). Ingeval die oorledene te sterwe kom voor die appellante sal laasge= noemdes sy aandele en aandeelhouers/direkteurslenings koop (klousule 4). Klousule 5 maak voorsiening vir die geval waar twee aandeelhouers gelyktydig te sterwe kom in welke

/geval

6

geval die oorblywende aandeelhouer al die aandele en aandeelhouers/direkteurslenings van die gestorwe aandeel= houers sal koop. Volgens klousule 6 gee die partye vir doeleindes van klousules 2,3, 4 en 5 "onherroepelik respektiewelik aan mekaar die eerste reg en opsie om die betrokke aankoop te maak en sal die party/e wat die reg tot aankoop hou ongehinderd die reg om aldus aan te koop, uitoefen tot en met 'n datum bereken 150 (een honderd en vyftig) dae na die datum van afsterwe van die ander betrokke party/e - - - ". Klousule 7 lui soos volg :

/DIE

7

"(a) DIE koopprys van die aandeelhouers/direkteurs= lenings sal in iedere geval die bedrag beloop soos wat deur die Maatskappy verskuldig is aan die gestorwe party op die datum van sy afsterwe.

(b) DIE klandisiewaarde van die Maatskappy by elke
sterfgeval sal bepaal word om gelyk te staan
aan die resultaat wat verkry word deur die
totale omset van die Maatskappy gedurende en
tot en met die end van die Maatskappy se
finansiël jaar onmiddellik voorafgaande sodanige
sterfgeval te vermenigvuldig met R0,40 (NUL
KOMMA VIER NUL RAND) (dus 40 (VEERTIG) sente
per Rand) en die klandisiewaarde syfer wat dan
reeds aangetoon is in die Balansstaat tot
bedoelde datum ooreenkomstiglik aangepas te

word.

(c) DIE koopprys van die gestorwe party se aandele
sal dan as volg saamgestel word:-

(i) Die bedrag gelykstaande aan sy aandeel= houding in die Maatskappy vermenigvuldig met die eindsyfer verkry in terme van Paragraaf (b) hierbo en die resultaat daarvan gedeel deur die totale aantal aandele (900) NEGE HONDERD van die Maatskappy, plus

/(ii)

8

(ii) Die waarde van die aandele wat die

oorledene gehou het soos aangetoon in die Balansstaat onmiddellik voorafgaande die datum van dood."

Klousules 8 en 10 handel met die betaling van die koopprys en die rente op die kapitaal verskuldig asook die wyse van betaling, die oordrag van die aandele en die sessie van die leningsrekenings. Die maatskappy se balansstaat vir die jaar eindigende Februarie 1979 is aanhangsel "E" tot die aansoek. Dit is gemene saak dat die appellante na die oorlye van die oorledene hul reg om sy aandele en lenings= rekening aan te koop uit hoofde van die skriftelike ooreen= koms tydig en behoorlik uitgeoefen het.

/Soos

9

Soos vermeld, maak die skriftelike ooreenkoms uitdruklik voorsiening vir die aankoop van die oorledene se leningsrekening en sy aandele deur die appellante as oorblywende aandeelhouers. Wat die aankoop van die leningsrekening betref, word die koopprys daarvoor deur klousule 7(a) van die skriftelike ooreenkoms gereël. Volgens die vermelde balansstaat het die oorledene se leningsrekening op 28 Februarie 1979 R75 470-00 beloop maar daar was aanvanklik 'n geskil tussen die partye of 'n direkteurssalaris tot die datum van die oorlye van die oorledene daartoe bygevoeg moes word of nie. Hierdie geskil is egter by die aanvang van die verhoor in die hof a quo bygelê sodat die enigste geskil.tussen die partye tans

/handel

10 handel oor die wyse waarop die koopprys van die oorledene se aandele kragtens klousule 7(c) van die skriftelike ooreenkoms bepaal moêt word.

Klousule 7(b) skryf by wyse van 'n formule voor hoe die klandisiewaarde van die maatskappy by die afsterwe van 'n aandeelhouer aangepas moet word. Dit veroorsaak geen probleem nie. Dit is gemene saak dat die maatskappy se klandisiewaarde by die afsterwe van die oorledene volgens die vermelde balansstaat R140 000-00 bedra het en dat volgens die voorgeskrewe formule in klousule 7(b) die aangepaste klandisiewaarde dan R170 092-95 by die afsterwe van die oorledene is.

/Die

11

Die vasstelling van die bedrag van die aangepaste klandisiewaarde is relevant omdat klousule 7(c)(i) uitdruklik daarna verwys vir doeleindes van die vas= stelling van die koopprys van 'n oorlede aandeelhouer se aandele.

Klousule 7(c) skryf voor hoe die koopprys van 'n oorlede aandeelhouer se aandele in twee stappe bepaal moet word. Die eerste stap volgens klousule 7(c)(i) kom hierop neer dat die verhouding van die oorlede aandeelhouer se aandele tot die totale aandele van die maatskappy vermenigvuldig moet word met die bedrag van die aangepaste klandisiewaarde wat volgens

/klousule

12

klousule 7(b) vasgestel is. Met ander woorde dit kom neer op die oorlede aandeelhouer se aandeel in die aangepaste klandisiewaarde. Waar die oorledene 450 van die 900 uitgereikte aandele gehad het, beteken dit dat die oorledene se aandeel in die aangepaste klandisiewaarde volgens klousule 7(c)(i) helfte van R170 092-95 is, d.w.s. R85 046-47. Hiermee is die partye dit met mekaar eens.

Aan die einde van kloúsule 7(c)(i) staan die woord „plus" en dan volg klousule 7(c)(ii) wat die tweede stap in die vasstelling van die koopprys van 'n oorlede aandeelhouer se aandele voorskryf, nl. die

/waarde

13

waarde van sy aandele „soos aangetoon in die balans=

staat onmiddellik voorafgaande die datum van dood".

Dit beteken in die onderhawige geval dat daar by die

bedrag van R85 046-47 (soos bepaal volgens klousule

7(c)(i) ) die waarde van die oorledene se aandele,

soos aangetoon in die vermelde balansstaat (uit hoofde

van klousule 7(c)(ii) ), gevoeg moet word (volgens die
woord „plus" aan die einde van klousule 7(c)(i)).
Ongelukkig vermeld die balansstaat nie per se die
waarde van die aandeelhouers se aandele nie. Tereg is
die partye dit met mekaar eens dat klousule 7(c)(ii) nie
op die nominale waarde van die aandele betrekking het
nie omdat die bewoording van klousule 7(c)(ii) nie vir
so 'n uitleg vatbaar is nie.

/Die

14

Die partye is dit met mekaar eens dat die enigste beskikbare data in die betrokke balansstaat wat oorweeg kan word by die vasstelling van die waarde van die oorledene se aandele vir doeleindes van klousule 7(c)(ii) is die waarde van die maatskappy se bates en laste. Dit blyk egter dat die maatskappy se laste sy bates met R113 651-06 oorskry indien die klandisiewaarde van die maatskappy ten bedrae van R140 000-00 buite rekening gelaat word ten einde te voorkom dat die klandisie= waarde twee keer in ag geneem word aangesien die kladisiewaarde reeds volgens klousule 7(b) en (c)(i), soos hierbo uiteengesit, in ag geneem is. Dit volg dan dat die bedrag van R113 651-06 'n negatiewe

/bedrag

15

bedrag is en dat helfte van hierdie negatiewe bedrag nl R56 826-00 op die oorledene se aandele betrekking het. Hiermee is die partye dit ook met mekaar eens maar hier eindig die eensgesindheid tussen die partye.

Die appellante se vertolking van klousule 7(c)(ii) aan die hand van die vermelde balansstaat is dat die oorledene se aandele 'n negatiewe waarde van R56 826-00 het waarmee die bedrag van R85 046-00, soos bepaal volgens klousule 7(c)(i), verminder moet word om die koopprys van die oorledene se aandele volgens klousule 7(c) te
bepaal, d.w.s. R85 046-00 minus R56 826-00 = R28 220-00.

Daarenteen is die respondente tweede se vertolking van klousule

7(c)(ii) aan die hand van die vermelde balansstaat dat

/die

16

die oorledene se aandele, soos enige bate, 'n nul waarde kan hê maar nooit 'n minus waarde nie sodat die waarde van die oorledene se aandele in die onderhawige geval nul is. Gevolglik is daar geen bedrag wat by die bedrag van R85 046-00, soos bepaal volgens klousule 7(c)(i), gevoeg moet word of daarvan afgetrek moet word om die koopprys van die oorledene se aandele volgens klousule 7 (c) te bepaal nie. Dit beteken dat die koopprys van die oorledene se aandele volgens klousule 7(c) die bedrag van R85 046-00 is.

Wat is die juiste vertolking van

klousule 7(c)(ii) ? Die aangewese benadering by die
vertolking van 'n kontraktuele bepaling is soos volg

/neergelê

17

neergelê deur HOLMES AR in Rielly v Seligson &

Clare Ltd, 1977(1) SA 626(A) op bl 638 F-G : "I

proceed therefore to examine clause 6 with a view to
gathering the intention of the parties from the language
used. And the golden rule of interpretation, in
ascertaining intention as expressed, is to give the

language its grammatical and ordinary meaning, unless
this would result in some absurdity, or some repugnancy
or inconsistency with the rest of the instrument; see
Kalil v Standand Bank of South Africa Ltd, 1967(4)
SA 550 (AD) at p 556 C-D, quoting from a well-known
observation by Lord WENSLEYDALE."

/Volgens

18

Volgens die Verklarende Handwoordeboek van
die Afrikaanse Taal (HAT) het die woord „waarde" as
selfstandige naamwoord die volgende betekenisse:

"1. Bedrag waarmee iets in geld betaal word: Iets onder die waarde verkoop. Die waarde van 'n artikel skat. In waarde verminder, vermeerder.
2. Hoedanigheid wat iets wenslik of nuttig maak; betekenis deur gehalte : Geen waarde aan sy woorde heg nie. Iets in waarde hou.
3. Geldigheid, krag: Van nul en gsner waarde wees, ongeldig, nie van krag wees nie."

Die gelykbeduidende woord vir „waarde" in Engels

/is

19

is „value". Die Oxford English Dictionary vermeld
die volgende nie-verouderde betekenisse wat die woord

„value" as 'n selfstandige naamwoord kan hê, te wete :

"1. That amount of some commodity,

medium of exchange etc which is considered to be an equivalent for something else; a fair or adequate equivalent or return.

2. The material or monetary worth of a
thing; the amount at which it may
be estimated in terms of some medium
of exchange or other standard of a
similar nature.

3. Of value, valuable. Of value,

possessed of (a specified) material or monetary worth.

4. The equivalent (in material worth) of
a specified sum or amount.

6. The relative status of a thing, or the estimate in which it is held, according to its real or supposed worth, useful= nes or importance." /Na ....

20

Na my mening is die gewone grammatikale betekenis van die woord „waarde" wat in die onderhawige geval toe= paslik is dié van die „bedrag waarmee iets in geld betaal word". In klousule 7(c)(ii) handel dit juis oor die materiele of geldelike ekwivalent van die oorledene se aandele „soos aangetoon in die balansstaat onmiddellik voorafgaande die datum van dood". Dit slaan op die geldwaardé van die aandele wat in 'n bepaalde bedrag geld vasstelbaar is. So 'n bedrag geld kan nul wees waar die aandele volgens die balansstaat geen geldwaarde het nie en derhalwe waardeloos is. Insgelyks kan dit enige bedrag geld bo nul wees waar die aandele volgens die balansstaat wel 'n geldwaarde het. Dit is egter na my

/mening

21

mening volgens die konteks van klousule 7(c)(i) en (ii)

as geheel gelees volkome ondenkbaar en onlogies dat die

aandele in die onderhawige geval 'n negatiewe geldwaarde

kon hê wat 'n negatiewe bedrag geld sou verteenwoordig.

Die funksie van die woord „plus" aan die einde van klousule

7(c)(i) toon na my mening duidelik aan dat die gemeenskaplike

bedoeling van die partye, soos dit uit die gebesigde woorde
blyk, is dat die koopprys saamgestel moet word in die

eerste plek uit die bedrag geld wat die aangepaste klandisie=
waarde volgens klousule 7(c)(i), soos hierbo aangetoon,
verteenwoordig. In die tweede plek moet daartoe bygevoeg
word volgens die woord „plus" die bedrag geld wat die waarde
van dié aandele volgens die balansstaat verteenwoordig.

Hierdie bedrag geld wat die waarde van die aandele volgens

/die

22

die balansstaat is, kan of nul wees in welke geval daar geen vermeerdering van die aangepaste klandisiewaarde bereken volgens klousule 7(c)(i) plaasvind nie of enige bedrag geld bo nul wees in welke geval daar wel 'n ver= meerdering van die aangepaste klandisiewaarde bereken volgens Mousule 7 (c ) ( i ) plaasvind. Dit was nooit die gemeenskaplike bedoeling van die partye dat die bedrag geld wat volgens klousule 7(c)(i) die aangepaste klandisie= waarde verteenwoordig verminder moes word deur 'n sogenaamde negatiewe waarde van die aandele nie. Na my oordeel is dit die duidelike en ondubbelsinnige betekenis van klousule 7(c)(i) en (ii) as geheel gelees. Ten spyte van die betoog namens die appellante tot die teendeel gee hierdie vertolking geensins aanleiding tot enige onsinnigheid
/of....

23

of absurditeit nie. Sodanige vertolking is ook nie in stryd of onversoenbaar met enige bepalings van die skriftelike ooreenkoms nie. Die juiste vertolking van klousule 7(c)(ii) is die betekenis wat daaraan deur die tweede respondente geheg is en wat deur die hof a quo aanvaar is.

Die appellante beweer dat indien klousule 7(c)(ii) vatbaar is vir 'n uitleg anders dan dié wat hulle aan die hand doen dan weergee dit nie die gemeen= skaplike bedoeling van die partye korrek nie. Daar word dan versoek dat die vraag na rektifikasie van klousule 7(c)(ii) ooreenkomstig Hofreël 6(5)(g) van die Uniforme. Hofreels na mondelinge getuienis verwys moet word. Afgesien van die feit dat die betekenis van

/klousule.....

24

klousule 7(c)(ii) in sy bestaande vorm na my oordeel duidelik en ondubbelsinnig is, doen twee probleme hul voor. In die eerste plek maak die appellante se ondersteunende beëdigde verklaring nie 'n behoorlike of genoegsame saak vir die aangevraagde rektifikasie uit nie. Tweedens word in hul repliserende beëdigde verklaring aan die hand gedoen dat die rektifikasie beoog om aan die einde van klousule 7(c)(ii) die volgende woorde te laat voeg:

"die waarde van al die aandele synde die verskil tussen die bates (uitgesonderd die klandisiewaarde) en die laste van die maatskappy."

Na my oordeel het die tweede respondente tereg daarop gewys
dat die voorgestelde rektifikasie die vertolking van

/klousule ..

25

klousule 7(c)(ii) niks verder neem nie. Dit volg dat

die appellante nie op die regshulp aangaande rektifikasie

kan aanspraak maak nie, soos die hof a quo tereg bevind
het.

Dit is nodig dat ek met sekere aspekte van
koste handel. Die appèl was aanvanklik ter rolle geplaas
vir 1 Mei 1986 maar weens 'n oorsig in die kantoor van die
griffier van hierdie Hof is geen kennisgewing van ter
rolleplasing aan die respondente verstrek nie sodat daar
op 1 Mei 1986 geen verskyning namens die respondente was
nie. Dit het 'n uitstel van die verhoor genoodsaak met
reservasie van die koste van die uitstel. Geen na=
latigheid kan die partye vir die uitstel verwyt word nie
en by die verhoor van die appèl is die koste van die

/uitstel
26

uitstel aan hierdie Hof se diskresie oorgelaat. In die lig van die besondere omstandighede van hierdie geval ag ek dit die billikste om geen bevel ten aansien daarvan te maak nie.
Ek wil dit ook boekstaaf dat die appellante by die verhoor van die appèl twee aansoeke om kondonasie aan hierdie Hof gerig het wat nie deur die respondente teengestaan is nie, nl kondonasie weens die laat in= diening van 'n kennisgewing van appèl asook kondonasie weens die laat indiening van die appellante se betoogs= hoofde. Hierdie aansoeke word toegestaan onderworpe daaraan dat die appellante die koste verbonde daaraan moet betaal.

/Die

27

Die appèl word derhalwe afgewys met koste en die appellante moet die koste verbonde aan hul aansoeke om kondonasie betaal.

C.P. JOUBERT AR.

VILJOEN AR ) BOTHA AR ) GALGUT Wn AR ) Stem saam.

NESTADT Wn AR )