South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 70

| Noteup | LawCite

Ericsen v Germti Motor (Edms) Bpk. (70/1985) [1986] ZASCA 70; [1986] 2 All SA 495 (A) (29 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 70/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêlAFDELING

In die saak tussen:

N.R. ERICSEN Appellant

en

GERMIE MOTORS (EDMS) BEPERK Respondent

CORAM: RABIE HR, HOEXTER, BOTHA, BOSHOFF

ARR et NICHOLAS WN AR

VERHOORDATUM: 6 MEI 1987 LEWERINGSDATUM: 29 MEI 1986

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Die appellant kom in hoër beroep teen 'n uit= spraak van FRIEDMAN R, in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, waarvolgens vonnis ten gunste van die respondent teen die appellant toegestaan is vir die betaling van skadevergoeding ten bedrae van R7 900, met koste. Die uitspraak is gerapporteer in 1985 (2) SA 389 onder die opskrif Germie Motors (Pty) Ltd v Ericksen. Die korrekte spelling van die naam van die appellant, die verweerder in die Hof a quo, is Ericsen. Ek sal hieronder na hom by name verwys, wanneer ek die getuienis en die feite behandel; maar waar dit gaan om sy posisie in die gedingvoering as sodanig, sal ek hom die verweerder noem. Na die respondent sal ek deurgaans verwys as die eiser.

'n Opsomming van die bewerings in die pleit= stukke kom voor in die gerapporteerde uitspraak van die Verhoorregter, op 389H - 390G. Vir die doeleindes

/van ...

3.

van my uitspraak, met die oog op wat later gaan volg, is dit egter noodsaaklik om gedeeltes van die inhoud van die pleitstukke self aan te haal. Paragrawe 3 tot 8 van die eiser se besonderhede van eis, soos dit uit= eindelik, na talle wysigings, daar uitgesien het, lui soos volg:

"3. Gedurende Desember 1978 het die Ver= weerder 'n 1978 model Mercedes Benz 250 voertuig aan die Eiser verkoop in terme van 'n mondelinge ooreenkoms teen 'n koopprys van R7 900,00.

4.Voormelde koopprys is ten volle deur die Eiser aan die Verweerder betaal, en die Verweerder het die genoemde voertuig aan die Eiser gelewer.
5.Ten tye van gemelde Koopooreenkoms het die Verweerder aan die Eiser voorgehou dat hy regtens die voertuig aan die Eiser kon verkoop, terwyl die Verweer= der geweet het dat dit 'n gesteelde voer= tuig was en dat hy derhalwe nie regtens die voertuig aan die Eiser kon verkoop nie.
6.Uit hoofde van die voorgaande het die Verweerder 'n bedrieglike wanvoorstelling aan die Eiser gemaak, deur welke voor= stelling die Eiser beweeg is tot die
/sluiting ...

4.

sluiting van genoemde ooreenkoms.

6A In die alternatief tot die voorgaande, en slegs indien dit nie bewys word dat Verweerder geweet het dat dit 'n ge= steelde voertuig was nie, voer Eiser aan:

(1) dat Verweerder, met die bedoeling
om Eiser (soos verteenwoordig deur

Jacobus Basson Nell) tot sluiting van die ooreenkoms te beweeg, na= latiglik aan Eiser voorgehou het dat Verweerder regtens namens 'n

derde gemagtig was om die gemelde voertuig aan Eiser te verkoop;

(2) dat Verweerder nalatig was deurdat

hy versuim het om enige, alternatiewe= lik genoegsame, stappe te neem ten einde vas te stel of hy of die derde party regtens bevoeg was om gemelde voertuig aan Eiser te verkoop ter= wyl daar 'n regsplig op Verweerder gerus het om sodanige stappe te neem;

(3) dat voormelde voorstelling vals was,
deurdat gemelde voertuig 'n gesteelde
voertuig was, en dat Verweerder ge=

volglik nie regtens bevoeg was om gemelde voertuig aan Eiser te verkoop nie;

(4) dat voormelde voorstelling wesenlik
was en dat Eiser daardeur tot sluit=
ing van die ooreenkoms beweeg is.

/6B ...

5.

6B In die verdere alternatief tot paragrawe 5, 6 en 6A hierbo voer Eiser aan:

(1)dat Verweerder uitdruklik, alterna= tiewelik stilswyend, aan Eiser ge= waarborg het dat hy regtens gemagtig was om gemelde voertuig namens 'n derde aan Eiser te verkoop;
(2)dat Eiser, verteenwoordig soos voor= meld, deur gemelde waarborg tot sluiting van die ooreenkoms beweeg is;
(3)dat Verweerder in werklikheid nie regtens gemagtig was om gemelde voer= tuig aan Eiser te verkoop nie, aan= gesien dit 'n gesteelde voertuig was en Verweerder se prinsipaal nie be= voeg was om daaroor te beskik nie;
(4)dat Verweerder se prinsipaal, uit hoofde van die voorgaande, nie die ooreenkoms kon ratifiseer nie;
(5)dat Verweerder, uit hoofde van die voorgaande, teenoor Eiser aanspreek= lik is vir terugbetaling van

R7 900.

7. 7.1 Nadat Eiser lewering van die gemelde voertuig ontvang het, het Eiser die voertuig op 11 Januarie 1979 aan ene Adv Hennie La Cock verkoop, welke transaksie deur Boland Bank gefinan= sier is.

/7.2 ...

6.
7.2Gedurende Januarie 1979, en na sluiting van voormelde transaksie, het Santamversekeringsmaatskappy Beperk wat opgetree het namens die werklike eienaar van die gemelde voertuig, besit daarvan opgeëis in die hande van gemelde La Cock.
7.3Op of ongeveer 30 Januarie 1979 het Eiser die koopsom plus rente aan Boland Bank terugbetaal, soos wat eiser in die omstandighede regtens verplig was om te doen.

7. Uit hoofde van voorgaande het die Eiser skade gely in die bedrag van R7 900, vir welke bedrag Verweerder aanspreeklik is."

Die eiser het van tyd tot tyd op versoek van die verweerder nadere besonderhede verstrek. Ek hoef nie daarna te verwys nie, maar ek noem dit ter verduide= liking van die feit dat daar in die verweerder se ver= weerskrif, waaruit ek nou gaan aanhaal, verwysings voor= kom na besonderhede van datums, plekke en ander aange= leenthede wat nie verskyn in die besonderhede van eis self nie; dit slaan op inligting wat by wyse van nadere be= sonderhede verstrek is. Paragrawe 3 tot 9 van die

/verweerskrif ...

7.

verweerskrif, soos uiteindelik gewysig, lui soos volg:

"3. AD PARAGRAPH 3 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF CLAIM:

The allegations made in this paragraph are denied.

4. AD PARAGRAPH 4 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS
OF CLAIM:

(1)Defendant admits that on or about the 29th December, 1978 he delivered to the said NELL, who represented Plaintiff, a 1978 model Mercedes Benz 250 motor car and received from the said NELL, acting as aforesaid, the sum of R7 900-00 in cash.
(2)Save as aforesaid, the allegations made in this paragraph are denied.

5. AD PARAGRAPH 5 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF
CLAIM, (AS AMENDED):

(1) Defendant admits that on or about the
28th December, 1978, and at or near
Blouberg Strand, he informed the said
NELL, who represented Plaintiff, that
Defendant had been duly authorised by a
third party to act on the latter's be=
half for the purpose of selling the said
motor car.

(2) Defendant has no knowledge as to who was
the lawful owner of the said motor car

/on ...

8.

on the said date, does not admit that it was one C POLLATSCHER, trading as MARINA FASHIONS, as alleged by Plaintiff, and puts Plaintiff to the proof of its allegation to this effect.

(3) Save as aforesaid, the allegations made in this paragraph are denied.

6. AD PARAGRAPH 6 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF'
CLAIM:

The allegations made in this paragraph are denied.

7. AD PARAGRAPH 6 A:

(a)Defendant admits that he informed the said NELL that he had been duly autho= rised by a third party to act on the latter's behalf for the purpose of sel= ling the said motor car and that some time subsequent to the transaction Defendant discovered that the said motor car was in fact stolen.
(b)Save as aforementioned, each and every allegation of fact and conclusion of law in this paragraph contained, is denied.

8. AD PARAGRAPH 6 B:

(a) Defendant admits that he informed the said NELL that he had been duly autho= rised by a third party to act on the latter's behalf for the purpose of sel= ling the said motor car and that some

/time ...

9.

time subsequent to the transaction Defendant discovered that the said motor car was in fact stolen.

(b) Save as aforementioned, each and every

allegation of fact and conclusion of law in this paragraph contained, is denied.

9. AD PARAGRAPHS 7 (AS TO BE AMENDED) AND 8 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF CLAIM:

Save for denying that he is liable to Plain= tiff as alleged or at all, Defendant has no , knowledge of the allegations made in these paragraphs, admits none of them, and puts Plaintiff to the proof thereof."

Kort voor die aanvang van die verhoor het die
partye se regsverteenwoordigers ooreengekom, soos opge=
teken in 'n dokument onder die opskrif "Notule in terme
van Reël 37",

".... dat die volgende feite erken word:

1.Dat die betrokke Mercedes Benz-motorvoer= tuig wat op 29 Desember 1978 deur Verweer= der aan Eiser gelewer is, in daardie stadium 'n gesteelde voertuig was.
2.Dat die wettige eienaar van gemelde voer= tuig op gemelde datum Marina Fashions (Edms) Beperk was."

/Oor ....

10.

Oor die verkoop van die betrokke voertuig is daar getuienis afgelê deur Nell (die verteenwoordiger van die eiser), Ericsen (die verweerder) en ene Fargher (die vlieg in die salf). Fargher het die voertuig aan Ericsen gelewer om te verkoop. Fargher het geweet dat dit 'n gesteelde voertuig was. Hy is namens die eiser as 'n getuie geroep om te getuig, soos hy gedoen het, dat hy aan Ericsen meegedeel het dat die voertuig wat hy aan hom gelewer het, 'n gesteelde voertuig was. Sy getuienis in hierdie opsig, wat deur Ericsen betwis is, is deur die Verhoorregter verwerp (op 391 G). Voor hierdie Hof is daar tereg nie namens die eiser betoog dat die Verhoorregter in hierdie verband gefouteer het nie. Fargher was klaarblyklik 'n ongeloofwaardige getuie en sy getuienis kan verder buite beskouing gelaat word. Dit staan dus vas, volgens die getuienis, dat Ericsen onbewus was van die feit dat die voertuig wat hy aan Nell te koop aangebied het, 'n gesteelde voertuig was.

/Die ...

11.

Die omstandighede waaronder Ericsen die voer= tuig van Fargher verkry het en dit toe aan Nell verkoop het, soos dit blyk uit Ericsen en Nell se getuienis, word opgesom in die Verhoorregter se uitspraak, op 390 H - 391 E, en ek ag dit onnodig om dit hier te her= haal. Dit sal wel later nodig wees om enkele aspekte van die getuienis soos opgesom deur die Verhoorregter van naderby te beskou. Wat ek egter in hierdie stadium wil weergee, omdat dit nie in die Verhoorregter se uit= spraak behandel word nie, en omdat dit later in hierdie uitspraak ter sprake sal wees, is die strekking van Nell en Ericsen se getuienis oor wat laasgenoemde aan eers= genoemde sou gesê het aangaande sy magtiging om die voertuig te verkoop "namens 'n derde", soos dit in die eiser se besonderhede van eis gestel word. Nell het getuig dat, toe Ericsen die voertuig aan hom aangebied het en hy dit gaan besigtig het, hy van Ericsen verneem het of daar nie foute is met die voertuig nie, of hy die

/kar ...

12.

kar mag koop, of dit nie "onder huurkoopwet" is nie, en of Ericsen dit "mag verkoop", waarop Ericsen geantwoord het dat daar "geen probleme" is nie, "want dit is 'n vriend van hom se voertuig wat hy verkoop". Hy het ook gesê dat die yoertuig by 'n handelaar gestaan het voordat hy dit ter beskikking van Nell gestel het om dit te besigtig. Nell het getuig dat hy nie kon ont= hou of hy Ericsen gevra het watter handelaar dit was nie." Volgens Nell het hy die volgende dag in die Paarl op die lisensiestrokie van die voertuig, wat Ericsen aan hom oorhandig het, gesien dat die eienaar van die voer= tuig aangegee word as ene Burger, van Hoofstraat, Paarl. Hy het toe "aangeneem" dat dit die vriend van Ericsen is, wie se voertuig verkoop word. Hy het weer van Ericsen verneem of hy die motor "mag verkoop", waarop Ericsen se reaksie was dat "alles reg" was, dat daar "geen probleme" was nie, en dat Nell maar die voertuig kon kry. Wat Nell betref, was die registrasiedokumente van die voertuig

/in ...

13.

in orde. In kruisondervraging het Nell gesê dat hy geweet het dat Ericsen iemand is wat karre koop en ver= koop, aan handelaars en aan die publiek. Hy het ont= ken dat Ericsen aan hom gesê het dat Fargher die handelaar is namens wie Ericsen die kar verkwansel. Hy het egter toegegee dat hy Ericsen se woord aanvaar het dat dit nie sy motor was nie, dat hy "vir iemand anders optree", en dat hy 'n "agent" was. Volgens Nell het Ericsen op 'n vraag van Nell te kenne gegee dat hy toestemming het om die voertuig te verkoop namens 'n vriend. Nell sê hy het nie gevra wie die vriend is nie; soos reeds vermeld, hy het "aangeneem" dis Burger, wie se naam hy op die lisensiedokument gesien het, en dat hy die eienaar van die voertuig was. Hy wou nie met hom kontak gemaak het nie, want hy het met Ericsen kontak gemaak en "hy het as agent dan opgetree". Ericsen, in sy getuienis, het bevestig dat hy aan Nell meegedeel het dat hy die voertuig verkoop namens 'n vriend. Hy sê dat sy

/verwysing ...

14.

verwysing na 'n vriend inderdaad 'n verwysing was na Fargher. Burger se naam is nie genoem nie en daar is nooit na hom verwys nie. Reg aan die begin van

Ericsen se kruisondervraging is daar pertinent aan hom gestel dat hy maar net as die "agent" van Fargher opge= tree het en dat hy sy magtiging om die voertuig te ver= koop van Fargher en niemand anders nie verkry het, waar=
op hy bevestigend geantwoord het. Daar is sekere ge= deeltes van Ericsen se getuienis onder kruisondervraging waaruit blyk dat hy nie heeltemal seker was wat presies hy aan Nell sou gesê het nie, maar in die geheel beskou is die strekking van sy getuienis tog dat hy taamlik oortuig was daarvan dat hy aan Nell die naam van Fargher genoem het as die handelaar (synde ook die vriend) namens wie hy die voertuig verkoop het. Hy het ontken dat Nell hom gevra het of hy die kar "mag verkoop" of "kan verkoop", en of hy toestemming het om dit te verkoop, en hy het aangevoer dat Nell geen rede sou gehad het om sulke vrae

/te ...

15.

te vra nie en dat hy ook niks in dier voege aan Nell meegedeel het nie, aangesien Nell 'n vriend van hom was, hom persoonlik geken het, en terdeë bewus was van die feit dat hy motorkarre aan ander handelaars verkoop het. Hy het toegegee dat dit duidelik was dat hy die voertuig namens iemand anders verkoop en dat hy aan Nell die ver= sekering gegee het dat dit 'n "wettige" en 'n "egte" voer= tuig was en dat dit in orde was vir Nell om dit te koop. Hy dink (alhoewel hy nie heeltemal seker was daarvan nie) dat hy aan Nell gesê het dat ene Frikkie van Rensburg die eienaar van die voertuig was (dit is wat hy van Fargher verneem het, soos later sal blyk). In een stadium van sy getuienis het hy erken dat hy aan Nell verduidelik het dat hy die voertuig namens die eienaar daarvan ver= koop en dat Nell te alle tye onder daardie indruk verkeer het (na hierdie getuienis word daar in die Verhoorregter se uitspraak verwys op 392 H), maar daarna het hy hierdie getuienis gewysig deur te sê dat hy Nell meegedeel het

/dat ...

16.

dat hy die voertuig verkoop namens Fargher, 'n handelaar van wie hy die voertuig verkry het, en dat Van Rensburg die eienaar was. Ek sal later in meer besonderhede na hierdie gedeelte van Ericsen se getuienis verwys.

Uit die voorgaande blyk dus dat Nell en Ericsen in hulle getuienis dit met mekaar eens was dat Ericsen, volgens die mededelings wat hy aan Nell gedoen het, met die verkoping van die voertuig opgetree het as die "agent" van 'n vriend van hom, maar dat oor ander aspekte van Ericsen se mededelings aan Nell die getuies van mekaar verskil het. Wat dit betref, het die Ver= hoorregter hom nie uitgespreek oor die geloofwaardigheid van die twee getuies nie. In die beoordeling van hulle getuienis is hierdie Hof dus aangewese bloot op die in= houd van die oorkonde (vgl Van Aswegen v De Clercq 1960 (4) SA 875 (A) op 881 G - 882 E). Gelukkig skep die afwesigheid van 'n geloofwaardigheidsbevinding deur die Verhoorregter ten opsigte van Nell en Ericsen geen

/wesenlike ...

17.

wesenlike probleme by die beslissing van hierdie appèl nie, ten spyte van die feit dat hulle getuienis op 'n breër grondslag in oënskou geneem sal moet word as wat in die uitspraak van die Verhoorregter die geval was. Dit is naamlik moontlik om die uitslag van die appèl te bepaal sonder om die geskilpunte in die getuienis van Nell en Ericsen te probeer besleg, soos algaande sal blyk uit wat volg.

Die Verhoorregter het sy uitspraak ten gunste van die eiser gegrond op die eiser se tweede alterna= tiewe eisoorsaak, soos uiteengesit in paragraaf 6B van sy besonderhede van eis (hierbo aangehaal), en op die volgende stelling van die Verhoorregter (op 392 E - F), wat gemaak is onder andere met verwysing na Blower v Van Noorden 1909 TS 890:

"If a third party is induced to enter into a contract as a result of a representation by an agent that the latter has authority to conclude such contract on behalf of his principal, the agent will be liable to the

/third ...

18.
third party for damages for the so-called breach of warranty of authority if it should transpire that he had no such authority."

Met die toepassing van hierdie stelling op die feite van die saak het die Verhoorregter (op 392 G) as sy uitgangs= punt geneem die erkenning in die verweerskrif dat Ericsen aan Nell meegedeel het dat hy behoorlik gemagtig was deur 'n derde persoon om namens laasgenoemde op te tree met die doel om die kar te verkoop, en die erkenning in Ericsen se getuienis dat hy sy magtiging verkry het van Fargher en van niemand anders nie. Voortbouende op hierdie grondslag was die Verhoorregter se beredenering, om dit kortliks saam te vat, soos volg: Fargher het geweet dat die persoon van wie hy die voertuig verkry het (ene Jaffer), nie die eienaar.daarvan was nie en dat dit 'n gesteelde voertuig was; hy het geweet dat die oordrag van die eiendomsreg van die voertuig aan die uiteinde= like koper daarvan vir beide Ericsen en die koper van belang was; daar het 'n plig op hom gerus om te openbaar

/dat ....

19.

dat die voertuig 'n gesteelde voertuig was; hy het op= setlik daardie plig nie nagekom nie, met die oogmerk om die voornemende koper te bedrieg; die koper is be= nadeel deur die verswyging van die ware feite; indien Fargher self die voertuig aan die eiser verkoop het, sou hy hom skuldig gemaak het aan bedrog in 'n straf= regtelike sin; slegs handelinge wat regtens geoorloof is, kan die onderwerp wees van 'n geldige lasgewingskon= trak; toe Fargher aan Ericsen 'n mandaat verleen het om die voertuig te verkoop, het hy hom opsetlik mislei aan= gaande die herkoms van die voertuig, met die oogmerk dát die koper insgelyks mislei sou word; die doel van die mandaat was dus dat die koper bedrieg moes word in 'n strafregtelike sin; dit was onwettig; gevolglik was die mandaat wat Fargher aan Ericsen gegee het, nietig; Ericsen, alhoewel hy onkundig was van die ware feite, heb aan Nell gewaarborg dat hy volmag het om die voer= tuig te verkoop; in der waarheid het hy geen volmag

gehad ...

20.

gehad om dit te doen nie, aangesien sy mandaat van Fargher onwettig en gevolglik nietig was; daarom is Ericsen skuldig aan 'n verbreking van sy waarborg van volmagsbestaan ("breach of warranty of authority"); en daarom is hy aanspreeklik vir skadevergoeding teenoor die eiser.

Met hierdie beredenering kan ek, met eerbied, nie saamstem nie. Na my mening is die kern daarvan verkeerd: dit is die bevinding dat Fargher se mandaat aan Ericsen onwettig en dus nietig was. Dit is die spil waarom die hele beredenering draai, maar na my mening bêstaan daar geen regsbeginsel wat die bevinding kan regverdig nie, aangenome die korrektheid van die feitlike bevindings wat dit voorafgaan. Feit is dat Fargher se mandaat aan Ericsen in wese niks meer behels het nie as dat Ericsen die voertuig namens hom moes ver= koop. Op sigself was dit natuurlik 'n regtens geoor= loofde opdrag. Dit kan nie in 'n onwettige mandaat

/verander ...

21.

verander op grond van Pargher se opset om Ericsen en, deur hom, die koper van die voertuig te bedrieg nie, aangesien Ericsen onbewus was van die bedrog. Dit kom my voor dat die Verhoorregter se bevinding aangaande die nietigheid van die mandaat in werklikheid verklaar= baar is slegs op die grondslag dat hy, in effek, die inhoud van die mandaat gelykgestel het aan 'n opdrag om bedrog te pleeg teenoor die koper. So 'n beskouing van die feite is egter nie geregverdig nie, omdat Ericsen weens sy onkunde nie 'n deelgenoot was aan die bedrog nie.

Soos hierbo geblyk het, was dit deel van die Verhoorregter se beredenering dat slegs handelinge wat regtens geoorloof is die onderwerp kan wees van 'n geldige lasgewingskontrak (op 394 C: "Only acts which are legal can be the subject-matter of a mandate"). Die stelling is onaanvegbaar, soos ook blyk uit die bronne wat die Verhoorregter ter ondersteuning daarvan

/aangehaal ...

22.

aangehaal het - Voet, Van Leeuwen en Pothier (die bewys-plekke verskyn op 394 D - E). Maar nog die stelling nog die bronne regverdig die gevolgtrekking dat 'n in= herent, geoorloofde prestasie waartoe 'n lashebber hom verbind (soos om 'n motorkar te verkoop) nogtans kan lei tot die ongeldigheid van die kontrak uit hoofde daarvan dat die lasgewer eensydig die bedrieglike opset koester om daardeur 'n derde persoon (die koper) in te loop. 'n Bespreking van die bronne aangehaal deur die Verhoor= regter, tesame met ander gemeenregtelike bronne, is te vind in drie artikels wat die uitspraak van die Ver= hoorregter uitgelok het: D J Joubert in 1985 De Jure 405 op 406; J R Harker in 1985 SALJ 596 op 598-9; en
Pieter Pauw in 1985 SALJ 603 op 604-5. Ek stem saam

met die gevolgtrekking wat in elk van die artikels be=

reik is, dat die bronne nie die beredenering van die
Verhoorregter onderskraag nie. Ek volstaan met die
vermelding van 'n interessante voorbeeld wat aangegee

/word ...

23.

word deur Voet (17.1.6). Hy bespreek eers die algemene reël dat geen verbintenisse voortspruit uit 'n lasgewings= kontrak waarvan die inhoud regtens ongeoorloof is nie, en hy gee voorbeelde van die toepassing van die reël; dan sê hy dat in die geval van 'n mandaat wat onregmatig is (soos om 'n misdaad te pleeg), beide die lasgewer en die lashebber aanspreeklik is vir die gevolge van die uitvoering daarvan, sivielregtelik sowel as strafregte= lik; met dié soort geval kontrasteer hy vervolgens die geval waar daar aan 'n onwetende lashebber 'n mandaat gegee word wat nie volgens die aard daarvan skandelik of onregmatig is nie (quod sua natura neque turpe est neque delictum continet), maar wat nogtans skade aan 'n derde persoon veroorsaak; in so 'n geval loop net die lasgewer, en nie ook die lashebber nie, aanspreeklikheid op, siviel- en strafregtelik: en ter toeligting hier= van noem Voet dan die voorbeeld van iemand wat sy werk= nemers op 'n ander man se grond laat gaan om oeste in te

/samel ...

24.

samel, bome af te kap of soortgelyke handelinge te ver= rig, terwyl hulle glo dat hulle opdraggewer die eienaar van die grond is. Voet sê dit nie uitdruklik nie, maar na my oordeel is dit klaarblyklik implisiet in sy voor= beeld dat die lasgewing nie ongeldig en nietig is nie. Inderdaad is dit ondenkbaar dat die onskuldige werk= nemers nie hulle loon vir die werk van die werkgewer sou kon vorder nie. Hulle kan dit doen, omdat die werk= gewer se eensydige misdadige oogmerk nie die lasgewings= kontrak ongeldig maak nie.

Die analogie tussen Voet se voorbeeld en die verhouding tussen Fargher en Ericsen in die onderhawige saak lê voor die hand. As Ericsen nie reeds sy kom= missie uit die verkoping aan Nell sou ontvang het nie en Fargher sou onderneem het om hom 'n bepaalde bedrag aan kommissie te betaal, sou Ericsen sekerlik na af= handeling van die transaksie sy kommissie van Fargher kon verhaal het. Dit is ondenkbaar dat Fargher hom teen 'n

/eis ...

25.

eis om betaling van die kommissie sou kon verweer het op die grondslag dat sy mandaat aan Ericsen vanweë sy eie bedrog onwettig en dus nietig was. Bowendien sou die bevinding dat die mandaat nietig was en dat Ericsen dus as 'n feit geen volmag gehad het om namens Fargher op te tree nie, tot 'n verdere geheel onaanvaarbare re= sultaat aanleiding gee, soos tereg deur die verweerder se advokaat in sy betoog beklemtoon is. Dit kom na vore as 'n mens die moontlikheid oorweeg dat die eiser sou besluit het om nie Ericsen aan te spreek nie, maar Fargher, en wel op grond van kontrakbreuk van sy kant, vanweë die uitwinning van die voertuig. Op die grondslag van die Hof a quo se bevinding sou Fargher 'n goeie verweer teen so 'n eis gehad het, want weens die afwesigheid van volmag sou daar dan deur Ericsen se optrede geen kontrak tussen Fargher en die eiser tot stand gekom het nie. 'n Eis van die eiser teen Fargher gegrond op bedrieglike wanvoorstelling sou vanweë Ericsen

/se ...

26.

se gebrek aan volmag ook tot mislukking gedoem gewees het. Dit sou beteken dat Fargher, die bedrieër, vry van aanspreeklikheid teenoor die eiser sou wees, terwyl Ericsen, die onskuldige, wel teenoor die eiser aanspreek= lik gehou sou kon word. So 'n resultaat kan klaarblyk= lik nie gedoog word nie.

Die gevolgtrekking is onvermydelik dat die Verhoorregter gefouteer het deur te bevind dat Fargher se mandaat aan Ericsen nietig was, dat Ericsen as 'n feit geen volmag gehad het om Fargher te verteenwoordig nie, en dat Ericsen daarom teenoor die eiser aanspreeklik is op grond van die verbreking van sy waarborg van volmags= bestaan.

In sy betoog voor hierdie Hof het die advokaat van die eiser die verweerder se beweerde waarborg van volmagsbestaan oor 'n ander boeg probeer gooi as wat in die Hof a quo die geval was. Die betoog was dat Fargher se mandaat aan Ericsen buite rekening gelaat moes word,

/en ...

27.

en dat die saak beslis moes word op die grondslag dat Ericsen in sy getuienis erken het (soos vroeër vermeld) dat hy aan Nell te kenne gegee het dat hy die voertuig namens die eienaar daarvan verkoop en dat Nell te alle tye onder daardie indruk verkeer het. Ericsen het dus aan Nell voorgehou (aldus die betoog) dat hy volmag van die eienaar van die voertuig self gehad het om hom te verteenwoordig, wat nie die geval was nie, en daarom is hy aanspreeklik op grond van waarborgbreuk.

Na my mening is hierdie betoog nie ontvanklik op appèl nie, omdat dit indruis teen die hele grondslag waarop die eiser se saak in die Verhoorhof gevoer is. Die eiser se advokaat het aan die hand gedoen dat die betoog gedek word deur die pleitstukke, met verwysing na paragraaf 6B van die eiser se besonderhede van eis (hierbo aangehaal). Dit is nie so nie. Inteendeel: die gedagte dat die verweerder aan die eiser sou ge= waarborg het dat eersgenoemde deur die eienaar van die

/voertuig ...

28.

voertuig gemagtig was om dit te verkoop, is lynreg in stryd met die bewerings in paragraaf 6B. Die eiser se advokaat het die Hof gevra om die woorde in paragraaf 6B (1), "namens 'n derde", te lees as "namens die eienaar". Dit is logies onmoontlik om dit te doen, want dit sou indruis teen die bewerings in paragraaf 6B (3) dat "dit 'n gesteelde voertuig was en Verweerder se prinsipaal nie bevoeg was om daaroor te beskik nie". Hierdie woorde is nie te rym met die suggestie dat die verwysing na "'n derde" verstaan moet word as 'n verwysing na "die eienaar" nie. Bowendien, soos aan die eiser se advo= kaat uitgewys is gedurende die betoog, as dit die eiser se saak was dat die verweerder gewaarborg het dat hy deur die eienaar van die voertuig gemagtig was om dit te verkoop, dan sou die eiser se saak al klaar gewonne gewees het op die tydstip toe die partye kort voor die verhoor ooreengekom het (soos vroeër vermeld) dat die voertuig 'n gesteelde voertuig was. Die advokaat moes

/dit ...

29
dit toegee, maar het nietemin verder betoog dat die grondslag waarop hy nou die saak beslis wou hê, wel in die getuienis voor die Verhoorhof uitgepluis is. Dit is dus nodig om na die getuienis te verwys.

Uit die opsomming van Nell se getuienis wat ek vroeër verstrek het, is dit duidelik dat Nell nie beweer het dat Ericsen aan hom sou gesê het dat hy vol= mag het van die eienaar van die voertuig om dit te ver= koop nie. Daar is slegs verwys na 'n vriend. Dit was Nell se eie afleiding dat die vriend ene Burger was, wie se naam op die lisensiestrokie verskyn het, en dat hy die eienaar was. Daar is aangevoer dat die strekking van Nell se getuienis as 'n geheel daarop dui dat Ericsen stilswyend, deur sy gedrag, te kenne gegee het dat hy namens die eienaar optree. Aangenome dat dit so is, verskaf dit nouliks enige grondslag vir 'n betoog dat Nell in sy getuienis dit duidelik gemaak het dat die eiser se eisoorsaak soos geformuleer in sy pleitstukke

/nou ...

30

nou 'n drastiese gedaanteverwisseling ondergaan het, des

te meer as daar in gedagte gehou word dat (soos vroeër vermeld) daar aan die begin van die kruisondervraging van Ericsen aan hom gestel is dat hy sy magtiging van Fargher en niemand anders nie verkry het - klaarblyklik met die doel om die grondslag te lê vir die betoog wat deur die Verhoorregter oorweeg en aanvaar is, en seker= lik nie met die oog op 'n betoog soos dié wat ons tans gevra word om te oorweeg nie. Daar is egter sterk ge= steun op die meermaal genoemde gedeelte van Ericsen se getuienis waarin hy erken het dat hy te kenne gegee het dat hy namens die eienaar optree. Dit is gerade om nou daardie gedeelte van sy getuienis aan te haal. Dit lui soos volg:

"Mr Ericsen, just before we leave Paarl, in Mr Nell's enguiries and in the things that you told him can we accept that you made it clear to him that you were acting on behalf of the owner -whoever the owner might have
been? Yes, I've agreed - I've admitted
to that before.

/Yes ...

31.
Yes. You didn't indicate to Mr Nell at any stage, that the person or persons you are representing, are not in fact, the
legal owners of this car? I can't remem=
ber whether I actually made a statement like that to him.
You wouldn't have told them that they are not the owners, would you? You had no reason to believe that the persons Fargher and Van
Rensburg were not the owners? Oh no, excuse
me, I didn't quite understand the question - no, that is quite correct.
O.K. So one can accept then, that Mr Nell
has at all times been under the impression that
you were in fact, representing the owner of
this car? That is correct, yes."

Soos ek vroeër aangedui het, het Ericsen daarna hierdie getuienis van hom gewysig. Dit het gebeur toe hy aan die einde van sy getuienis deur die Verhoorregter ondervra is. Sy getuienis het toe soos volg verloop:

"COURT: You said this afternoon, I think it
was in answer to the first question that was
put to you, that you gave Nell to understand
that you were acting for the owner of this
Mercedes. Your evidence, apart from this
answer has been that you made it clear to Mr
Nell that you were selling the car for someone
else. That is correct, Your Lordship.

/I ...

32.

I just want you to clarify this. Did you talk about the owner of the car? Or did you simply talk about selling it on be=
half of someone else? I was talking about

selling the car on behalf of somebody else.

You said that you were selling it on
behalf of a friend. That is correct.

So that if Mr Nell had seen the name Burger on the documents that he received with the car, he would have been perfectly entitled to assume, from what you had told him, that Mr Burger was the person on whose behalf you
were selling the car. Your Lordship - I
- I - you know, I can vaguely remember when during the time that I was discussing with Mr Nell, that - you know - that I told Mr Nell that I was - I'm almost sure that Fargher's name came into it. I mean, Mr Nell knew - as I said, I can't verify that exactly because I can't quite remember with all the discussions and meetings and so on, but I am sure at some time or other, that I actually told Mr Nell as well, that Mr Fargher was the gentleman who had offered me the car.

I know that it's difficult after all this time to recollect everything in the exact se= quence in which it occurred. Can you tell me what you remember about what you told Mr Nell as to the origin of this car. Before you answer that - in other words, I don't want you to try and remember what happened at Blouberg Strand and what happened at the Paarl -at Paarl, but what's your memory today of what

/you ...

33.
you told him? About where the car came
from? Whose car it was? Sir, I told -
I - I - as far as I can remember, during the discussions, I told Mr Nell that I was selling the car on behalf of a Mr Fargher. Durlng our discussions, I also told Mr Nell that the car belonged to Mr Van Rensburg. And I also told Mr Nell that Mr Fargher was in fact, a dealer.
So that you told - you told Mr Nell
really, that you had got this car from ano=
ther dealer. That is correct.
And that you were selling it for that
other dealer. That's correct.
The car actually belonged, not to the
dealer, but to Mr Van Rensburg. That is

right.

So Van Rensburg's name was mentioned as
the person that was - who owned the car?
I'm sure it was, yes.
And that accorded with what Fargher had
told you. I don't quite .....
I say, that - that was in line with what
Fargher had told you, that it was Van Rensburg's
car. Yes, Sir."

Die Verhoorregter het in sy uitspraak (op 392 H) verwys na die getuienis vervat in die eerste aanhaling hierbo (die rede daarvoor is my nie duidelik nie, aangesien dit

/geen ...

34.

geen verdere rol in sy beredenering gespeel het nie), maar nie na die getuienis vervat in die tweede aan= haling hierbo nie. Daaruit kan egter nie afgelei word dat laasgenoemde getuienis deur die Verhoorregter as onaanvaarbaar beskou is nie, want per slot van sake is sy uitspraak in wese gebaseer op die bevinding van waarborgbreuk met betrekking tot die nietigheid van die mandaat wat Ericsen verkry het van Fargher, wat kenne= lik nie die eienaar van die voertuig was nie. Dit is
egter nie nodig om verder te bespiegel oor die Verhoor=

regter se benadering van die getuienis nie.

'n Oorsigtelike beskouing van die getuienis loop na my oordeel uit op die beeld dat daar namens die eiser gepoog word om 'n brokkie van Ericsen se getuienis aan te gryp en uit verband uit te ruk, ten einde 'n nuwe eisoorsaak op appèl te opper wat geensins in die Verhoorhof ter sprake was nie. Ek is hoege= naamd nie oortuig daarvan dat Ericsen in die gewraakte

/stukkie ...

35.

stukkie getuienis bedoel het om toe te gee dat hy aan Nell voorgehou het dat hy sy volmag om die voertuig te verkoop van die eienaar self verkry het nie; die getuie= nis is versoenbaar met die gedagte dat hy (en Nell) bloot aanvaar het dat die verkoping van die voertuig uiteinde= lik ten behoewe van die eienaar daarvan sou plaasvind, soos normaalweg die geval is, tensy daar willens en wetens 'n gesteelde voertuig van die hand gesit word. Ek is wel oortuig daarvan dat dit hoogs onbillik teen= oor die verweerder sou wees om oorweging te skenk aan die betoog wat nou op appèl vir die eerste keer namens die eiser voorgedra is. As die eiser se saak in die Hof a quo gevoer sou gewees het op die grondslag dat Ericsrn teenoor Nell voorgehou of gewaarborg het dat hy sy magtiging om die kar te verkoop van die eienaar self verkry het, dan sou na alle waarskynlikheid die kruis= ondervraging van Nell in 'n ander rigting verloop het as wat die geval was, en die gewraakte stukkie van Ericsen

/sr ...

36.

se getuienis nie sonder verdere verduideliking daarge= laat gewees het nie. Daar kan dus nie gesê word dat die beweerde vorm van waarborgbreuk waarop die eiser hom nou wil beroep, in die getuienis uitgepluis is op so 'n wyse dat beide partye van die Hof a quo verwag het om dit as een van die geskilpunte te besleg nie (vgl South British Insurance Co Ltd v Unicorn Shipping Lines (Pty) Ltd 1976 (1) SA 708 (A) op 714.G en Director of Hospital Services v Mistry 1979 (1) SA 626 (A) op 636 C). Die betoog namens dié eiser op hierdie aspek van die saak moet dus verwerp word.

Dit volg uit die voorgaande dat die eiser se eis, in soverre dit gegrond was op 'n beweerde verbreking van 'n waarborg van volmagsbestaan van die kant van die verweerder, nie moes geslaag het nie. Hierdie slotsom berus op die eenvoudige grondslag, enersyds, dat die ver= wysing in die partye se pleitstukke na "'n derde" en "a third party" (paragraaf 6B van die besonderhede van eis

/en ...

37.

en paragraaf 8 van die verweerskrif), aan die hand van die wyse waarop die saak in die Hof a quo gevoer is, opgevat moet word as 'n verwysing na Fargher, en, ander= syds, dat Fargher inderdaad 'n geldige volmag aan Ericsen verleen het om die voertuig te verkoop. Dit is onnodig om verder as dit te gaan ten einde oor hierdie aspek van die saak tot 'n beslissing te geraak. Gevolglik is die huidige nie 'n gepaste geleentheid om die regswetenskap= like grondslag van die beslissing in Blower v Van Noorden supra in oënskou te neem of te heroorweeg nie (vgl Claude Neon Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel 1976 (4) SA 403 (A) op 409 C - D). In hierdie verband wil ek volledigheids= halwe meld dat die advokate van beide partye, nadat die appèl aangehoor is, aanvullende betoogpunte voorgelê het oor die feit dat daar geen getuienis voor die Ver= hooorregter geplaas was aangaande die geldelike vermoëns van Ericsen se "prinsipaal" (wie dit ook al was) en die uitwerking daarvan op die verweerder se beweerde aanspreek=

/likheid ...

38.

likheid nie - 'n aangeleentheid waaraan die Verhoorregter in sy uitspraak geen aandag gegee het nie. Vanweë die beperkte basis waarop hierdie aspek van die saak afge= handel kan word, soos hierbo aangedui, is dit egter ook onnodig om op die genoemde verdere betoë van die advo= kate in te gaan.

Die Verhoorregter en die advokate van albei partye in hulle betoë voor hierdie Hof het oënskynlik uitgegaan van die standpunt dat paragraaf 6B van die besonderhede van eis niks meer behels nie as 'n eisoor= saak wat gebaseer is op 'n beweerde verbreking van 'n waarborg van volmagsbestaan in sy gebruiklike verskynings= vorm. As dit so is, dan is paragraaf 6B nou reeds van= weë die bespreking hierbo afgehandel. Ter wille van duidelikheid moet ek egter sê dat dit my voorkom dat paragraaf 6B in werklikheid verder gaan as wat oënskyn= lik veronderstel is. In paragraaf 6B (1) word die uitdrukking gebruik: "regtens gemagtig was", en dieselfde

/uitdrukking ...
39.

uitdrukking kom weer voor in paragraaf 6B (3). Wat waarskynlik daardeur bedoel is, blyk uit die verdere woorde in pairagraaf 6B (3), "aangesien dit 'n gesteelde voertuig was en Verweerder se prinsipaal nie bevoeg was om daaroor te beskik nie." Die paragraaf in sy geheel is dus vatbaar vir die vertolking dat die eiser beweer dat die verweerder gewaarborg het dat sy prinsipaal be= voeg was om oor die voertuig te beskik, en dat hy dáár= die waarborg verbreek het. Dit is iets anders as die gewone waarborg ten opsigte van die blote bestaan van volmag, want hier gaan dit nou om die bykomende vraag of die prinsipaal die bevoegdheid gehad het om oor die voertuig te beskik. Ons weet dat die prinsipaal, by name Fargher, inderdaad geen sodanige bevoegdheid gehad het nie. As die beweerde waarborg dus gegee is, dan is dit ook verbreek. Kan die eiser se eis op hierdie grondslag slaag? Om dit te bépaal, is dit nodig om weer die getuienis, soos ek dit vroeër opgesom het,

/te ...

40.

te bekyk.

Alhoewel Nell en Ericsen dit in hulle ge= tuienis nie eens was oor wat presies laasgenoemde aan eersgenoemde sou gesê het nie, is daar tog na my oordeel 'n mate van eenstemmigheid tus'sen hulle te bespeur ten opsigte van wat gesê is aangaande wat genoem kan word die verkoopbaarheid van die voertuig. Nell het uit= drukkings gebruik soos "geen probleme nie", "mag verkoop", "alles reg", en so meer. Ericsen het gepraat van "in orde om te koop", 'n "wettige" en 'n "egte" voertuig (sy werklike woorde was "a legitimate car" en "the authen= ticity of the vehicle"), en so meer. Ek meen dat dit 'n billike áfleiding uit die getuienis as 'n geheel is dat Ericsen by implikasie aan Nell te kenne gegee het dat hy (Ericsen), sowel as die vriend namens wie hy die voertuig verkoop het (sy prinsipaal),die be= voegdheid gehad het om daaroor te beskik.

Daaruit volg dit nog nie dat die eisoorsaak

/soos ...

41.

soos in paragraaf 6B geformuleer, bewys is nie. Die paragraaf gebruik die woorde "gewaarborg" en "waarborg". Dit is woorde wat gewoonlik dui op die aanvaarding van aanspreeklikheid kragtens 'n kontrak, in teenstelling met aanspreeklikheid wat voortspruit uit 'n wanvoorstel= ling wat aanleiding gee tot 'n kontrak. Dat daar inder= daad beoog was om in paragraaf 6B staat te maak op kon= traktuele aanspreeklikheid, is duidelik, enersyds om= dat daar in paragraaf 6B geen bewering van skuld (opset of nalatigheid) van die kant van die verweerder gemaak word nie, en andersyds omdat daar, by wyse van kontras, in paragrawe 5 en 6 staatgemaak word op 'n bedrieglike wanvoorstelling en in paragraaf 6A (wat in 'n groot mate oorvleuelend is met paragraaf 6B) staatgemaak word op 'n nalatige wanvoorstelling. Vir die doeleindes van paragraaf 6B is die vraag dus of die getuienis aantoon dat Ericsen kontraktuele gebondenheid aanvaar het en aldus ingestaan het vir die waarheid van sy geïmpliseerde

/verklaring ...

42.

verklaring dat Fargher die bevoegdheid gehad het om oor die voertuig te beskik. . Na my oordeel is die antwoord ontkennend. Die uitdrukkings wat Ericsen teenoor Nell gebesig het, soos hierbo genoem, of dit nou beskou word volgens Nell se getuienis of Ericsen s'n, is van so 'n vaag omlynde aard dat dit hoogs onwaarskynlik is dat of die een of die ander van hulle sou bedoel het om die krag van kontraktuele aanspreeklikheid daaraan toe te skryf, en dié oorweging geld des te meer ten opsigte van 'n stilswyende verklaring wat daaruit afgelei word, maar wat hulle self nie eers probeer formuleer het nie. Bowendien is dit inherent onwaarskynlik dat Ericsen ooit kon beoog het om homself kontraktueel te verbind ten opsigte van sy prinsipaal se titel om oor die voer= tuig te beskik, en dat Nell sy uitlatings in dié sin sou opgevat het. Ericsen en Nell was dit eens dat Eric= sen klaarblyklik bloot as 'n agent namens sy prinsipaal opgetree het met betrekking tot die verkoping van die

/voertuig ...

43.

voertuig, en in al die omstandighede kan daar nie uit die getuienis afgelei word dat 'n afsonderlike kontrak tot stand gekom het tussen Nell en Ericsen waarvolgens laasgenoemde hom verbind het om in te staan vir die bevoegdheid van sy prinsipaal om oor die voertuig te beskik nie.

Aansluitend by die voorgaande, is dit ver= volgens nodig om die eiser se eisoorsaak gebaseer op nalatige wanvoorstelling te oorweeg, soos uiteengesit in paragraaf 6A van die besonderhede van eis. Uit hoofde van wat reeds hierbo gesê is, aanvaar ek dat dit uit die getuienis blyk dat Ericsen by implikasie aan Nell voorgestel het dat hy "regtens namens 'n derde gemagtig was" om die voertuig aan die eiser te verkoop (paragraaf 6A (1)), en dat dit 'n voorstelling behels het van die feit dat sy prinsipaal, te wete Fargher, en dus ook hy self (Ericsen), "regtens bevoeg was" om die voertuig te verkoop (paragrawe 6A (2) en (3)), wat

/'n ...

44.

'n wanvoorstelling was vanweë die feit dat dit 'n ge= steelde voertuig was. Ek gaan nou voort om die ander feitlike bewering in paragraaf 6A (2) te ondersoek, naamlik dat die verweerder nalatig was met betrekking tot die wanvoorstelling.

Ter ondersteuning van sy betoog dat Ericsen nalatig was, het die eiser se advokaat hoofsaaklik ge= wag gemaak van die volgende feite wat blyk uit die getuienis (ek verwys nou weer terug na die opsomming in die Verhoorregter se uitspraak, op 390 H - 391 E, en kyk verder op 391 F - 392 D): Ericsen het Fargher heel toevallig ontmoet kort voordat Fargher aan hom die betrokke voertuig gelewer het om te verkoop; alhoe= wel Fargher aan Ericsen voorgestel is as 'n handelaar in gebruikte motorkarre, deur Neethling, by wie se besig= heidsplek hulle mekaar raakgeloop het, het Ericsen geen stappe gedoen om te bevestig dat dié inligting korrek is nie; Fargher het aan Ericsen meegedeel dat die

/eienaar ...

45.

eienaar van hierdie betreklike duur voertuig ene Frikkie van Rensburg was, wat maar net 'n motorwerktuigkundige was; Fargher het aan Ericsen gesê dat Van Rensburg werksaam was by 'n motorhawe in die Paarl wat behoort het aan ene Pilkington, iemand met wie Ericsen goed bekend was, maar tog het Ericsen geen stappe gedoen om van Pilkington bevestiging van Fargher se mededeling te verkry nie; Fargher het gesê dat die voertuig 'n 1978-model was, en toe Ericsen sy aandag daarop geves= tig het dat dit in werklikheid 'n 1977-model was volgens die registrasiedokumente van die voertuig, was Fargher heeltemal bereid, en het hy aangebied, om die jaartal op die registrasiedokumente te verander; uit die re= gistrasiedokumente het dit geblyk dat die voertuig inderdaad nie geregistreer was op naam van Van Rensburg nie, maar wel op naam van ene Burger. Die betoog namens die eiser was dat daar soveel agterdogwekkende aspekte aan Fargher se optrede verbonde was dat Ericsen

moes ...

46.

moes gedink het aan die moontlikheid dat die voertuig 'n gesteelde voertuig was en dat sy versuim om verdere navrae te doen in ieder geval nalatigheid daargestel het.

Uit 'n ontleding van Ericsen se getuienis blyk dit dat hy 'n verduideliking verskaf het van elke beweerde agterdogwekkende kenmerk van Fargher se optrede, asook van sy (Ericsen se) nalate om verdere navrae te doen aangaande die inligting wat aan hom verstrek is. Die strekking van sy getuienis in hierdie verband was soos volg: toe Neethling Fargher aan hom voorgestel het as 'n handelaar, het hy terselfdertyd ingestaan vir Fargher ("Mr Neethling vouched for Mr Fargher"); toe Fargher die betrokke voertuig aan Ericsen gelewer het, het die voertuig die besondere soort nommerplate aangehad wat slegs deur motorhandelaars gebruik mag word, wat beves= tig het dat Fargher 'n handelaar was; volgens Ericsen se ervaring is dit geen buitegewone verskynsel dat 'n

/motorwerktuigkundige ...

47.

motorwerktuigkundige die eienaar is van 'n betreklike duur motorkar nie; bowendien het Fargher aan Ericsen verduidelik dat Van Rensburg die kar gekoop het met fondse wat aan hom uitbetaal was ten opsigte van be= serings wat hy in 'n motorongeluk opgedoen het,'n verhaal wat Ericsen geen rede gehad het om te betwyfel nie; toe Fargher hom vertel het dat Van Rensburg by Pilking= ton werksaam was, het hy (Fargher) bygevoeg dat Ericsen vir Pilkington kon bel, wat Ericsen egter onnodig geag het om te doen; die voertuig is in die Paarl deur Fargher aan Ericsen beskikbaar gestel juis by die motorhawe van Pilkington, waar Van Rensburg werksaam sou gewees het; die wysiging van die jaar van vervaardiging yan 'n voertuig op die registrasiedokumente daarvan is iets wat in bepaalde omstandighede veelal in die motorhandel voorkom; die feit dat 'n voertuig geregistreer is op naam van iemand anders as die persoon wat die eienaar daarvan is, kom dikwels voor in die motorhandel, soos

/bv .....

48.

bv wanneer die eienaar dit van die hand wil sit betrek= lik kort nadat hy dit self gekoop het, en voordat dit op sy naam oorgeplaas is. " Origens het Ericsen byge=. voeg dat die koopprys wat Fargher vir die voertuig wou gehad het, nie 'n buitegewone lae prys was nie, en dat al die registrasie- en lisensiedokumente van die kar heeltemal in orde was.

My indruk van die voorgaande getuienis van Eric= sen, soos dit in die oorkonde verskyn, is dat daar niks onwaarskynliks of onaanneemliks daarin is nie. Op een áspek daarvan, wat ek as van deurslaggewende belang beskou, wil ek nou ietwat verder uitbrei. Dit is die feit dat Neethling teenoor Ericsen vir Fargher inge= staan het. Die eiser se advokaat het aan die hand gedoen dat daardie feit nie Ericsen se nalate om verdere navrae te doen kan verduidelik of verskoon nie. Ek stem nie saam nie. Ericsen het getuig dat hy oor 'n tydperk van 4 of 5 jaar gereeld besigheidstransaksies

/met ...

49.

met Neethling aangegaan het, waarby hy motorkarre van Neethling gekoop het of aan Neethling verkoop het. Dit is duidelik dat Neethling 'n man is wat hy rede gehad het om te vertrou. Toe Neethling vir Fargher inge= staan het, het hy aan Ericsen meegedeel dat hy (Neethling) talle besigheidstransaksies met Fargher gehad het, dat hy (Neethling) nooit enige probleme met hom gehad het nie, en dat Ericsen met Fargher kon besigheid doen sonder om probleme te verwag. Hy het ook uitdruklik gesê dat Fargher 'n eerbare heer is ("honourable gentleman") en betroubaar ("trustworthy"). Daar is geen rede om Ericsen se getuienis in hierdie verband nie te glo nie. Met so 'n sterk aanbeveling uit 'n betroubare" bron, en met inagneming van Ericsen se ander verduide= likings soos hierbo vermeld, is dit na my oordeel on= moontlik om te bevind dat Ericsen se nalate om verdere navrae te doen, hom verwyt kan word. Hy het geen werklike gronde gehad om agterdogtig te wees nie. Daar

/is ...

50. is gevolglik nie bewys dat hy nalatig was nie.

Die eiser se eis soos uiteengesit in paragraaf 6A van die besonderhede van eis kan dus, op feitlike gronde, ook nie slaag nie. Vanweë hierdie gevolgtrek= king is dit onnodig om oorweging te skenk aan die regs= vraag wat in die betoë voor hierdie Hof geopper is, of die eis in beginsel in die omstandighede van hierdie saak ontvanklik is. Die eiser se advokaat het die vraag met ja beantwoord, onder andere op grond van die beslissing in Kern Trust (Edms) Bpk v Hurter 1981 (3) SA 607 (C), terwyl die verweerder se advokaat tot die teendeel betoog het, onder andere op grond van die be= slissing in Lillicrap, Wassenaar & Partners v Pilkington Bros SA (Pty) Ltd 1985 (1) SA 475 (A) op 500 - 505. Oor hierdie twispunt spreek ek geen mening uit nie.

Die oorblywende eisoorsaak waarop die eiser se advokaat hom beroep het, is diè gebaseer op bedrieg= like wanvoorstelling, soos uiteengesit in paragrawe 5

/en ...

51.

en 6 van die besonderhede van eis. Die kern-bewering daarin vervat, dat die verweerder geweet het dat dit 'n gesteelde voertuig was, is nie bewys nie, maar daar is namens die eiser betoog, met 'n beroep op sake soos R v Myers 1948 (1) SA 375 (A) op 382-4, dat Ericsen doelbewus sy oë gesluit het vir die moontlikheid dat dit 'n gesteelde voertuig was, en geen verdere navrae in diè verband gedoen het nie, juis met die oogmerk om Nell te mislei. Met hierdie betoog kan daar korte mette gemaak word. Dit het berus op dieselfde oor= wegings as wat aangevoer is ter onderskraging van die betoog dat Ericsen nalatig was, en wat ek reeds hierbo behandel het. Om dieselfde redes kan daar nie bevind word dat Ericsen bedrieglik opgetree het nie.

Ten slotte wil ek kortliks verwys na 'n ander denkbare eisoorsaak wat uit die eiser se besonderhede van eis kan voortvloei, en waarna sydelings verwys is in die loop van die betoë voor hierdie Hof. Die

/eiser ...

52.

eiser se advokaat het hom tereg nie daarop beroep nie, maar ek sê iets daaroor slegs om 'n moontlike misverstand aangaande die strekking van hierdie uitspraak te vermy. In paragrawe 3 en 4 van die besonderhede van eis word die sluiting van 'n koopkontrak tussen die eiser en die verweerder beweer asof Ericsen self 'n party tot die koopkontrak was, en wel asof hy persoonlik die verkoper van die voertuig was. In paragraaf 7 word bewerings gemaak aangaande die uitwinning van die voertuig. Laas= genoemde bewerings is bewys deur getuienis wat Nell daaroor afgelê het. Die vraag is dan of Ericsen as gevolg van die uitwinning aanspreeklikheid teenoor die eiser opgedoen het op die grondslag dat hy self kontrak= tueel verbonde was as die verkoper en dus ten opsigte van die koopkontrak kontrakbreuk gepleeg het. Beide Ericsen en Nell was handelaars in gebruikte motorkarre en hulle het as sodanig met mekaar onderhandel. Volgens Nell se getuienis is die naam van Ericsen se prinsipaal

/nie ...

53.

nie in die onderhandelings genoem nie en is daar ook geen navraag gedoen na sy identiteit, sy status, sy finansiële vermoëns, en so meer nie. As 'n handelaar,
A, n voertuig te koop aanbied aan 'n ander handelaar,
B, met die mededeling van A teenoor B dat A die voer=
tuig verkoop namens 'n klant van hom, en 'n koop word
tussen A en B beklink sonder dat daar iets gesê word
oor die naam of enige besonderhede van die klant, dan
is daar ruimte vir 'n bevinding dat dit A en B se be=
doeling is om A persoonlik h party tot die koopkontrak
te maak, met die gepaardgaande gedagte dat A self vir
B sou kon aanspreek in geval van wanbetaling van die
koopprys, en ook dat A self deur B aangespreek sou kon
word in geval van uitwinning van die voertuig. In
die huidige geval is daar egter nie ruimte vir so 'n
bevinding ten opsigte van Ericsen en Nell nie, vanweë
die strekking van die getuienis wat hulle afgelê het.
Soos reeds geblyk het, was dit gemene saak tussen hulle

/dat ...

54.

dat Ericsen slegs maar as "agent" van sy prinsipaal opgetree het. Die wedersydse aanvaarding van die feit dat Ericsen niks meer as 'n verteenwoordiger in die trans = aksie was nie, skakel in die huidige geval enige moontlike afleiding uit dat Ericsen hom persoonlike aanspreeklikheid ingevolge die koopkontrak op die hals gehaal het.

In die resultaat word die volgende bevel uitge= reik:

(1)Die appèl word gehandhaaf met koste, insluitende die koste van twee advokate.
(2)Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en vervang deur die volgende bevel:

"Die eiser se eis word van die hand gewys en vonnis word verleen ten gunste van die verweerder, met koste."

A.S. BOTHA AR

RABIE HR

HOEXTER AR

BOSHOFF AR STEM SAAM

NICHOLAS WN AR