South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 73

| Noteup | LawCite

S v Steytler and Another (67/86) [1986] ZASCA 73 (30 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JOHN ALBERT STEYTLER Eerste Appellant

WILLIAM PAVER STEYTLER Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: RABIE, HR, JOUBERT, HEFER, JACOBS, ARR et GALGUT, Wn AR
Verhoor: 23 Mei 1986
Gelewer: 30 Mei 1986

UITSPRAAK

JACOBS, AR :

Die twee appellante (ek noem hulle onder-
skeidelik beskuldigde 1 en 2 soos hulle voor die Verhoorhof

was .... / 2

2

was), en 'n derde beskuldigde (Petrus Steytler) wat ek be-skuldigde 3 noem, is deur Thirion R en twee assessore daar-aan skuldig bevind dat hulle William Paver Steytler (hier-na die "oorledene" genoem), op of omtrent 24 April 1984 vermoor het. Al drie die beskuldigdes is ook skuldig be-vind aan roof met verswarende omstandighede. Die bewering ten opsigte van laasgenoemde aanklag was dat hulle by die-selfde geleentheid in die eerste aanklag genoem, oorledene van 'n hoeveelheid van sy besittings beroof het. 'n Lys van die goedere wat na bewering geroof is, is by die akte van beskuldiging aangeheg.

Mat die moord betref het die Verhoorhof bevind

dat daar, vir sover dit beskuldigdes 1 en 2 aangaan, geen ver-

sagtende omstandighede was nie en beide is ter dood veroordeel.

Op...../3

3.

Op die tweede aanklag is beskuldigdes 1 en 2 elk tot 4 jaar

gevangenisstraf gevonnis. Beskuldigde 1 appelleer nou, met

toestemming van die Verhoorregter, teen sy skuldigbevinding

op beide aanklagte sowel as teen die doodvonnis op die eerste

aanklag. Beskuldigde 2, ook met verlof van die Verhoorreg-

ter, appelleer slegs teen die doodvonnis op die eerste aan-

klag. Volledigheidshalwe mag ek net noem dat vir sover dit

beskuldigde 3 betref, die Verhoorhof wel versagtende omstan-

dighede t o v die eerste aanklag bevind het, en hy is op daar-

die aanklag tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die

tweede aanklag is hy tot 3 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die hof het gelas dat die twee vonnisse gelyktydig uitgedien

word.

Die oorledene was 74 jaar oud. Hy was die

vader .... / 4
4.

vader van beskuldigde l,wat ten tyde van die gebeure 48 jaar

oud was en die grootvader van beskuldigdes 2 en 3 wat onder-skeidelik 23 en 22 jaar oud was. Beskuldigdes 2 en 3 is die seuns van beskuldigde 1. Uit die getuienis blyk dit dat oor-ledene alleen in 'n huis op 'n kleinhoewe, Steytlerville, onge-veer 4 km buite Vryheid, Natal,gewoon het. Sy vrou is reeds in 1977 oorlede. Die oorledene se lyk is op 2 Mei 1984 op

sy bed in die slaapkamer van sy huis op Steytlerville ontdek.

Hy was in sy slaapklere geklee. Oorledene is die laaste keer lewend gesien op 23 April 1984 en was toe oënskynlik

heeltemal gesond. Toe oorledene se lyk op 2 Mei ontdek is,

was dit reeds in so'n gevorderde staat van ontbinding dat die geneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing gehou het nie

die oorsaak van dood kon bepaal nie. Die nadoodse bevindings

was .... / 5

5

was wel vereenselwigbaar met versmoring en verwurging as oor-saak van dood maar 'n natuurlike oorsaak soos bv hartverlamming kon nie uitgesluít word nie, Die Verhoorhof het egter, op die getuienis en ander bewysmateriaal wat voor die hof gelê is, bevind dat dit bo redelike twyfel bewys is dat beskuldigde

2 en beskuldigde 3 die oorledene gedurende die nag van 24 tot

25 April 1984 vermoor het deur hom te verwurg en te versmoor

en dat hulle hulle daarna met heelwat van oorledene se besit-

tings,insluitende 'n motorkar,uit die voete gemaak het. Hier-

die bevindings, veral vir sover dit die bevinding omtrent die oorsaak van oorledene se dood betref, was egter hoofsaaklik

gebaseer op verklarings wat beskuldigde 2 en beskuldigde 3 by

verskillende geleenthede na die tyd aan buitestaanders ge-

maak het en natuurlik nie sonder meer as getuienis teen

beskuldigde .... / 6

6

beskuldigde 1 gebruik kan word nie. Adv Scheltema het voor

hierdie Hof aangevoer dat geeneen van die verklarings wat be-skuldigde 1 afgelê het en waarna ek hierna verwys op "be-kentenisse" neerkom nie en dat art 209 van die Wet dus nie van toepassing is nie. Die rede hiervoor, so is aangevoer,

is dat in elk van die verklarings beskuldigde 1 se erkenning

dat oorledene deur beskuldigdes 2 en 3 vermoor is 'n erkenning

van 'n feit is wat buite sy persoonlike kennis val. Ek meen

nie dit is enigsins nodig om met hierdie argument te handel

nie aangesien ek van oordeel is dat beskuldigde 1 se skuld

bo enige redelike twyfel bewys is en dat daar vir die doel
glad nie op art 209 van die Wet staatgemaak hoef te word nie.

Beskuldigde 1 is op 4 Mei 1984, net nadat hy
'n roudiens vir oorledene bygewoon het, in hegtenis geneem.

Op..../7
7
Op 7 Mei 1984 het beskuldigde 1 'n skriftelike verklaring voor
'n landdros afgelê. Op 8 Mei 1984 het al drie beskuldigdes

in die landdroshof op Vryheid verskyn en is hulle, ingevolge
die bepalings van art 119 van die Strafproseswet, no 51 van

1977 (die Wet), aangesê om op 'n aanklag van moord wat aan hul-

le gestel is te pleit. Die aanklag het beweer dat hulle oor-
ledene gedurende die nag van 24-25 April 1984 vermoor het

"deur hom te verwurg en te versmoor". Beskuldigde 1 het skul-
dig gepleit en hy is daarna deur die landdros ingevolge art

112 (1) (b) van die Wet ondervra. Ek verwys hierna na hier-
die verrigtinge as die pleitnotule. Op 9 April 1985 het die
drie beskuldigdes voor die Hof a quo verskyn. Adv Scheltema
het namens beskuldigde 1 verskyn. Beskuldigde 1 het op die
aanklag van moord skuldig gepleit. Op die tweede aanklag

het .... / 8

8

het beskuldigde 1 skuldig gepleit aan diefstal van 'n groot hoeveelheid van die artikels wat in die lys wat by die akte van beskuldiging aangeheg was genoem is. Adv Scheltema het daarna, namens beskuldigde 1, 'n skriftelike verklaring by die hof ingehandig wat deur beskuldigde 1 onderteken was en deur hom bevestig is. Adv Fleishack, namens die Staat, het aan-gedui dat, ten spyte van beskuldigde 1 se pleit van skuldig aan moord, sy voornemens was om sy skuld te bewys "asof hy on-skuldiggepieit het" (kyk voorbehoudsbepalings tot artikels
112(1)(b) en 121(1)(b)).
Namens die Staat is die verklaring wat be-skuldigde 1 op 7 Mei voor die landdros afgelê het en die pleitno-
tule waarna reeds verwys is, met toestemming van adv Scheltema,

ingehandig. Ek is nie van voorneme om die inhoud van die

verklaring .... / 9

9
verklaring voor die landdros of van die pleitnotule of van beskuldigde 1 se verklaring wat na sy pleit van skuldig voor die Verhoorhof ingehandig is, volledig uit een te sit nie. Al drie is lywige dokumente en 'n volledige uiteensetting van die inhoud is onnodig. In elk van die verklarings vertel beskuldigde 1 hoe hy en beskuldigde 2 reeds vanaf Februarie 1984 planne beraam het, en sonder sukses pogings aangewend het, om oorledene te vermoor. In elk van die verklarings vertel beskuldigde 1 dat beskuldigdes 2 en 3 die naweek van 21 tot 23 April 1984 by hom gekuier het by sy huis te Gluckstadt nie ver van Vryheid af nie. Hy vertel verder dat hulle daar oor-eengekom het om voort te gaan met die plan om oorledene te vermoor. Die plan waarop toe deur die drie van hulle oor-eengekom is, was dat oorledene versmoor moes word,welke taak aan .... / 10

10
aan beskuldigdes 2 en 3 opgedra is. Uit die verklarings blyk Verder dat beskuldigdes 2 en 3 die oggend van 24 April van Gluckatadt af weg is Vryheid toe waar hulle destyds vir oorle-dene tydelik gehelp het met sekere verfwerk en blykbaar snags in oorledene se huis geslaap het. In die verklarings vertel beskuldigde 1 dat omstreeks lOhOO die aand van 24 April be-skuldigde 2 vir hom vanaf Vryheid geskakel het en gesê het dat hy en beskuldigde 3 yan plan was om oorledene daardie selfde jnag nog te vermoor. In die verklarings vertel beskuldigde 1 dan verder dat vroeg die oggend van 25 April beskuldigdes 1 en 2 by sy huis te Gluckstadt aangekom het met oorledene se motor-kar en aan hom gerapporteer het dat hulle oorledene vermoor het. Hulle het sekere van die artikels wat in die tweede aanklag genoem word, en wat gemene saak is aan oorledene

behoort .... / 11

11

behoort het, by beskuldigde 1 se huis afgelaai waar die poli-sie dit later gevind het,

Die Staat het verder getuienis voorgelê dat be-skuldigdes 2 en 3 die 25ste of 26ste April met oorledene se motor by beskuldigde 3 se skoonmoeder, mev Strydom, op Naboom-spruit in Transvaal aangekom het. Daar het beide vertoef tot 30 April gedurende welke tyd die twee beskuldigdes kwistig geld

spandeer en tjeks uitgeskryf het uit 'n tjekboek wat aan oorle-

dene behoort het. Beskuldigde 1 vertel verder in sy verkla-jrings dat beskuldigde 2 weer op 1 Mei op Vryheid met die trein opgedaag hetl dat hy beskuldigde 2 gaan haal het en dat hy en

beskuldigde 2 vroeg die oggend van 2 Mei vanaf Gluckstadt
Vryheid toe is. Nadat hy beskuldigde 2 in die dorp afgelaai

het, het hy 'n boodskap gekry en na oorledene se huis gegaan

waar .... / 12

12
waar oorledene se lyk toe pas ontdek is.

Uit wat ek tot dusver gesê het blyk dit baie

duidëlik dat beskuldigde 1 erken het dat hy deel gehad het aan

'n sameswering om oorledene te vermoor en dat beskuldigdes 2

en 3, wat die daad moes pleeg, op die oggend van 25 April 1984
aan hom gerapporteer het dat hulle die vorige nag vir ooledene

vermoor het deur hom te verwurg en te versmoor. Indien die

afleiding dus gemaak kan word, as enigste redelike afleiding,

uit die onbetwiste getuienis (geeneen van die beskuldigdes

het op die meriete van die saak getuig of getuienis aangebied nie) dat oorledene wel deur beskuldigdes 2 en 3 vermoor is dan kan daar na my mening geen twyfel hoegenaamd bestaan dat oorledene deur beskuldigdes 2 en 3 vermoor is in uitvoering van die sameswering tussen die drie beskuldigdes nie. Ek

is .... / 13
13

is vir die volgende redes van mening dat die enigste redelike

afleiding wat gemaak kan word wel is dat beskuldigdes 2 en 3

die oorledene gedurende die nag van 24-25 April in sy huis

vermoor het. Ek laat natuurlik vir dié doel die verklarings

wat beskuldigdes 2 en 3 voor landdroste gemaak het, hulle eie

pleitverduidelikings, skriftelike verklarings deur hulle wat

by die Verhoorhof ingehandig is en die inhoud van ander ver-

klarings wat hulle aan buitestaanders gemaak het heeltemal buite

rekening:

(a) Oorledene is vir die laaste keer lewend gesien

gedurende die dag van die 23ste April deur mnr

Scheepers en gedurende dieselfde middag deur

sy dogter, mev Bentley, wat naby hom gewoon het.

Hy was toe heeltemal gesond en, volgens mnr

Scheepers .... / 14

14
Scheepers, het hy 'n aansienlike bedrag geld, in note, by hom gehad;

(b) vanaf 25 of 26 April het mnr Scheepers, wat

'n besigheidstranskasie met oorledene gehad het wat hy nog op die 23ste met oorledene bespreek het en wat hy wou afhandel, oorledene se huis elke dag besoek. Die huis was toe en hy kon niemand daar vind nie. Hy het egter opgemerk dat oorledene se motor, wat die 23ste nog by die huis was, weg is;

(c) gedurende die voormiddag van 2 Mei het mnr

Scheepers weer na oorledene gaan soek. 'n
Staaldeur aan die agterkant van die huis wat
die vorige dae wat hy daar was toe was, was

daardie .... / 15

15
daardie oggend gedeeltelik oop. Scheepers
het die deur oopgestoot en die huis binne ge-
gaan en in die slaapkamer die half-ontbinde
lyk van oorledene aangetref. Hy het op die
bed gelê in die toestand wat ek reeds na verwys
het;

(d) kort daarna het Scheepers vir beskuldigde 2 teë-

gekom. Gedurende 'n gesprek tussen hulle het
beskuldigde 2 'n bos sleutels uit sy sak gehaal.
Die sleutel vir die staaldeur was aan die bos
sleutels. Volgens oorledene se dogter was al
oorledene se sleutels waarmee toegang tot die
huis verkry kon word aan daardie bos gehou en
was dit oorledene se vaste gewoonte om saans,

as .... / 16

16
as hy gaan slaap, alle deure te sluit en ven-sters op knip te sit. Die bos sleutels het hy snags langs sy bed neergesit;
(e)daar was op 2 Mei geen teken dat by die huis ingebreek is nie, of dat toegang op enige an-der plek as deur die staaldeur verkry is nie;
(f)op die aand van 24 April het beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 telefonies meegedeel dat hy en beskuldigde 3 van plan was om oorledene daardie selfde nag nog te vermoor;
(g)op die oggend van 25 April daag beskuldigdes
2 en 3 by beskuldigde 1 se huis te Gluckstadt op in oorledene se motor en 'n klomp van sy be-
sittings waarvan hy, volgens die getuienis

wat .... / 17

17
wat voor die hof gelê is, nooit vrywillig van afstand sou gedoen het nie. Baie van die goedere is later deur die polisie in beskuldig-de 1 se huis gevind. Ek mag net noem dat die polisie op 'n ashoop buite beskuldigde 1 se huis oorledene se bybel en 'n christelike boek wat hy altyd by hom gedra het, en volgens sy dogter nog op 23 April by hom gehad het, uitgegrawe het. Volgens die dogter het oorledene saans as hy gaan slaap die bybel en boek op 'n kassie langs sy bed neergesit; (h) nie later as 26 April nie daag beskuldigdes 2

en 3 op Naboomspruit by mev Strydom op. Hulle spandeer vrylik geld (iets wat hulle selde besit

het..... / 18

18

het) en skryf tjeks uit, uit 'n tjekboek wat

aan oorledene behoort het.

Daar is nog ander aspekte waarna ek kan verwys

maar ek meen nie dit is nodig nie. Adv Fleishack het aange-
voer dat daar net drie moontlikhede is hoe oorledene aan sy
einde gekom het naamlik:

(i) hy is gedurende die nag van 24-25 April deur

beskuldigdes 2 en 3 vermoor; of

(ii) hy is aan natuurlike oorsake dood; of

(iii) hy is deur een of ander onbekende persoon ge-

dood.

Ek mag miskien 'n vierde moontlikheid byvoeg
naamlik dat oorledene selfmoord gepleeg het.

Na my mening sou die laaste drie moontlikhede

bloot .... / 19
19
bloot spekulatief van aard wees. In elk geval moes oorlede-
ne dan gesterf het tussen die middag van 23 April en die nag
van 24 April en moes hy dood gewees het toe beskuldigdes 2 en

3 gedurende die nag van 24 April oorledene se huis van baie
besittings gestroop het. Ek stem volkome met adv Fleishack
saam dat dit so onwaarskynlik is dat oorledene op 'n ander ma-
nier aan sy einde gekom het juis toe beskuldigdes 2 en 3 be-
plan het om hom te gaan vermoor dat dit hoegenaamd nie eers
as 'n moontlikheid oorweging verdien nie. In elk geval, as
beskuldigdes 2 en 3 die nag toe hulle beplan het om oorledene
te gaan vermoor hom reeds dood in sy bed aangetref het sou hul-

le seer sekerlik toe hulle die oggend van 25 April met hulle
buit by beskuldigde 1 aangekom het, met groot blydskap en ver-
ligting aan hom oorgedra het dat die grusame taak wat hulle

moes .... / 20

20
moes verrig reeds deur die noodlot of deur iemand anders vol-

voer is.

Ek meen dat daar nie 'n sweem van twyfel kan

bestaan dat beskuldigdes 2 en 3 in uitvoering van die same-

swering met beskuldigde 1 vir oorledene vermoor het nie en dat
beskuldigde 1 tereg op die eerste aanklag skuldig bevind is.
Wat die tweede aanklag betref het adv Scheltema toegegee dat

indien beskuldigde 1 op die eerste aanklag skuldig is hy ook
op die tweede aanklag tereg skuldig bevind is aan roof met ver-
swarende omstandighede. Ek mag net noem dat beskuldigde 1 in
een van sy verklarings spesifiek noem dat toe beskuldigdes 2
en 3 die oggend van 25 April by sy huis opdaag in oorledene se
motor, hulle "die materiaal wat ek hulle gevra het om vir my

te kry" saamgebring het. Volgens beskuldigde 1 was dit

gaslampe .... / 21
21
gaslampe, kussingslope ens wat die polisie later in sy huis

gevind het.

Wat die appèl teen die doodvonnis op die eer-

ste aanklag betref - en dit geld vir beide beskuldigdes -
het die advokate vir beskuldigdes 1 en 2 maar net weer die" fak-
tore wat voor die Verhoorhof geopper is aangevoer as sou dit
versagtende omstandighede daarstel. Ek ag dit nie nodig om
daardie faktore te noem of te bespreek nie. Beide advokate
het tereg toegegee dat die Verhoorregter in sy uitspraak oor
die aanwesigheid al dan nie van versagtende omstandighede met
elkeen van daardie faktore, asook met hulle kumulatiewe effek,
gehandel het. Die advokate het ook toegegee dat die toets
wat die.Verhoorhof toegepas het by oorweging van die vraag
of versagtende omstandighede aanwesig is korrek was en dat

die..../ 22

22
die Verhoorhof geen mistastings begaan het nie. Beide ad-vdkate was dus Verplig om hulle te beroep op die enigste ander moontlike grond wat ínmenging deur hierdie Hof sou regverdig, naamlik dat die Verhoorhof se bevinding, in die lig van die omstandighede, van so'n aard was dat daar nie redelikerwyse daar-toe kon gekom gewees het nie. Ek meen dat nie een van die advokate enigsins daarin geslaag het om aan te toon dat die Verhoorhof gefouteer het in sy bevinding dat geen versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is nie.

Die gevolg is dat die appèlle van beide appel-lante afgewys word.

H R JACOBS, AR

RABIE, HR )

JOUBERT, AR ) Stem saam

HEFER, AR )

GALGUT, Wn AR )