South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 74
| Noteup
| LawCite
S v Mosala (68/86) [1986] ZASCA 74 (30 May 1986)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
MOHAPI MICHAEL MOSALA Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: TRENGOVE, VILJOEN, JACOBS,
SMALBERGER, ARR et
NICHOLAS, Wn AR Verhoor: 20 Mei 1986
Gelewer: 30 Mei 1986
UITSPRAAK
JACOBS, AR :
Appellant is in die Oranje- Vrystaatse
Provinsiale Afdeling deur Strydom R en twee assessore skuldig
bevind .... / 2
2
bevind aan (1) moord, (2) verkragting en (3) roof met verswa-
rende omstandighede. In die eerste aanklag het die Staat be-
weer dat appellant op 2 September 1984 op die plaas Dunse in
die distrik Hobhouse vir Jacob Johannes de Jonge (hierna die
"oorledene" genoem), vermoor het. In aanklag 2 is beweer dat
appellant by
dieselfde geleentheid in die eerste aanklag ge-
noem, vir Dorothy de Jonge,
'n blanke vrou, verkrag het. In
die derde aanklag is beweer dat appellant by
dieselfde ge-
leentheid wat in die vorige twee aanklagte genoem word,
"weder-
regtelik en opsetlik vir Dorothy de Jonge aangerand het en
haar
laat glo het dat geweld haar aangedoen sou word en wederregte-
lik
met die opset om te steel 'n Toyota-bakkie en 'n draagbare
radio, die eiendom
en/of in die regmatige besit van Dorothy
de Jonge geneem het en deurdat by
die geleentheid waarby die
misdryf .... / 3
3
misdryf gepleeg is, hetsy voor, gedurende of na die ple-ging daarvan, 'n
vuurwapen te wete 'n .22 geweer deur die be-skuldigde gehanteer
was."
In
verband met die derde aanklag moet ek net byvoeg dat die Verhoorhof appellant
slegs skuldig be-vind het aan roof van die Toyota-bakkie
en nie van die
draag-bare radio nie.
Op die eerste aanklag het 'n meerderheid
van die lede van die Verhoorhof
gevind dat daar wel versag-
tende omstandighede teenwoordig is maar die
Verhoorregter
het, in die uitoefening van sy diskresie, appellant ter
dood
veroordeel. Op elk van die tweede en derde aanklagte is
die
doodvonnis opgelê. Verlof om teen die skuldigbe-
vindings op aanklagte 1 en 3 en teen die vonnisse
op .... / 4
4
op al drie die aanklagte te appelleer is deur die Verhoorregter
geweier, maar is daarna aan appellant toegestaan ten gevolge
van 'n versoekskriE wat aan die Hoofregter gerig is.
Die oorledene, wat ten tyde van die gebeure
68 jaar oud was, het saam met sy vrou Dorothy de Jonge,
die persoon waarna
in aanklagte 2 en 3 verwys word (hierna
"klaagster" genoem), op die plaas Dunse in die distrik Hob-
house gewoon.
Klaagster was 70 jaar oud en beide oorledene
en klaagster se algemene
gesondheidstoestand was maar swak.
Beide het ouderdomspensioen ontvang en
hierdie inkomste is
aangevul met die verkoop van melk van 'n klompie koeie
wat
daagliks gemelk moes word. Daar was drie arbeiders in diens
wat die
melkery moes behartig. Appellant was een van hierdie
drie. Die ander twee was
Masilo Shai, 'n 19 jarige Swartman,
en .... /5
5
en laasgenoemde se jonger broer Tsediso. Soos menige melk-
boer seker al ondervind het lewer so'n melkery veral Sondag-
aande probleme op wanneer melkers óf nie opdaag nie óf weens
oormatige drankgebruik gedurende die dag dikwels nie instaat
is om hulle werk behoorlik te doen nie. Dit was juis sulke
probleme wat
blykbaar aanleiding gegee het tot die tragiese
gebeure die betrokke
Sondagaand waaroor hierdie saak gaan.
Dit is gemene saak dat oorledene die betrokke
aand gesterf het aan 'n
deurdringende koeëlwond in die borskas
van voor na agter. Die
ingangswond was agt sentimeter links
van die middellyn van die borskas. Dit
het beide lobbe van
die linkerlong deurdring en is aan die agterkant van die
bors-
kas uit. Die baan van die koeël was effens afwaarts en na
links. Dit is ook gemene saak dat die koeël wat oorledene
getref .... / 6
6
getref het afgevuur is deur appellant met 'n 22 geweer wat aan oorledene behoort het. Dit is verder gemene saak dat na-dat appellant die voormelde skoot afgevuur het, hy teen haar wil met klaagster vleeslike gemeenskap gehou het. Verder is dit gemene saak dat appellant daarna die oorledene se Toyota-bakkie uit die motorhuis gaan h'aal het, vir klaagster in die voertuig gedruk het en met haar, terwyl hy steeds in besit was van die .22 geweer, van die plaas af weggeja het. Tientalle kilometers verder, by 'n draai in die pad, het die voertuig die pad verlaat en in 'n watersloot beland. Klaag-ster het op een of ander manier uit die voertuig en die water waarin dit geval het,gekom en sy het in 'n sementpyp wat onder die pad deur loop, gaan inkruip waar sy die res van die nag deurgebring het. Appellant se verweer op die eerste aanklag
was .... / 7
7
was dat hy oorledene geskiet het omdat oorledene vir hom,
appellant, met 'n ander geweer wou skiet m a w dat hy in nood-
weer
opgetree het. Hy het erken dat hy sonder haar toestem-
ming met klaagster
vleeslike gemeenskap gehou het en wat die
derde aanklag betref, het appellant
beweer dat hy die voer-
tuig slegs geneem het om te ontvlug, dat hy klaagster
saam-
geneem het ten einde te verhoed dat sy alarm maak en dat
hy
voornemens was om te ry net tot waar die voertuig se brand-
stof
ingegee en dat hy die voertuig en vir klaagster dan daar
sou los.
Ek bepaal my in die eerste plek by die feite
en omstandighede betreffende
die eerste aanklag. Afgesien
van die skietwond wat oorledene se dood veroorsaak het, het
professor Olivier wat die regsgeneeskundige lykskouing gedoen
het .... / 8
8
het die volgende wonde en beserings aan die liggaam van oor-
ledene gevind:
"1. Skeurwond in die kopvel, ongeveer oor die mid-del van die voorkop, tussen die hare. Wond amper vertikaal gelee met 'n lengte van 3 senti-meter. Rande van die wond toon kneusing en daar is weefselbruggies in die diepte. Die onderpunt van hierdie wond is geleë. 7 sentimeter direk bokant die middelpunt tussen die twee wenkbroue.
2. Oppervlakkige skeur- en skaafwonde met verlies van epidermis op die dorsum van die regterhand, oor die eerste gewrig van die wysvinger sowel as die twee aangrensende kneukels. 3. Klein kneusing op die regterpols oor die late-rale aspek, oor die kop van die radius, 1½ x 2 sentimeter groot. 4. Skeurwond in die vel in die web van die linker-hand. Oor die palmare aspek is die skeur rela-tief groot, 1½ sentimeter lank. Op die dor-sale aspek alleen enkele millimeters in deur-snee. Geen kontak of gang tussen hierdie twee wonde nie. 5. Oppervlakkige kneus- en skaafmerke oor die link-er-voorarm, oor die ulna. Area van 1 x 2
sentimeter .... / 9
9
sentimeter groot.
6. Area van kneusing met blou verkleuring op die dorsum van die linkerhand, by die basis van die duim. 7. Klein oppervlakkige krapmerke in die vel, hori-sontaal geleë, op die antero-mediale aspek van die linkerdy. Lengte van die wondjies 2½ sentimeter. Geleë ongeveer agt sentimeter on-derkant die inguinale ligament."
Volgens die professor is die skeurwond op die
voorkop wat hierbo genoem is vermoedelik deur stomp geweld
veroorsaak. In
antwoorde op vrae van adv Burger, namens ap-
pellant, het die
professor gesê dat al sewe die wonde en be-
serings hierbo beskryf
veroorsaak kon gewees het gedurende 'n
moontlike gestoei tussen oorledene en
'n ander persoon oor be-
sit van 'n voorwerp soos bv 'n geweer. Veral die
twee wonde
aan oorledene se hand, beskryf onder nommer 4, kon heel moont-
lik veroorsaak gewees het deur die uitstaande dele van 'n
vuurwapen .... / 10
10
vuurwapen gedurende so'n worsteling.
Wat die eerste aanklag betref was daar net
drie ooggetuies wat oor die aand se gebeure getuig het. Hul-
le was die voormelde Masilo Shai (Masilo), destydse werknemer
van die oorledene, die klaagster en appellant. Omdat adv
Marais ter
ondersteuning van die skuldigbevinding op die eer-
ste aanklag sterk op die getuienis van Masilo gesteun het - en
dit is
duidelik dat die Verhoorhof ook sy getuienis as van
kardinale belang beskou
het - sal ek begin met 'n opsomming van
sy getuienis oor aspekte wat van
wesenlike belang blyk te wees.
Net soos appellant, was Masilo vir ongeveer
drie maande wat die gebeure
voorafgegaan het in oorledene se
diens. Net soos appellant, het hy ook
blykbaar voorheen vir
oorledene gewerk maar het dan weer die werk laat vaar -
vir
welke .... / 11
11
welke rede weet ons nie - en het weer by oorledene in diens ge-
tree wanneer laasgenoemde nie ander werkers gehad het of kon
kry nie. Masilo beweer dat hy die betrokke Sondagoggend op
'n naburige plaas, Koppies, gaan kuier het. Tydens kruis-
ondervraging het dit uitgekom dat hy en appellant eintlik
saam is na die plaas Koppies, dat appellant en andere van re-
delik vroeg die oggend af begin drink het en later taamlik
plesierig
geraak het. Masilo vertel dat hy self glad nie
drink nie en dat hy en 'n
vriend van hom later - omstreeks 12
uur - na 'n ander plaas gegaan het om te
kuier. Hy beweer
dat hy sy tyd op hierdie ander plaas verspeel het met die
ge-
volg dat toe hy op die plaas Dunse aankom appellant, bygestaan
deur
Tsediso en 'n vriend van hom, Masilo, met die naam van
Nogwane wat net daar
gekuier het, reeds besig was om te melk.
Masilo .... / 12
12
Masilo beweer dat hy toe eers na die plaashuis gegaan het om
vir oorledene verskoning te gaan vra omdat hy laat is vir sy
werk. Hy het oorledene by die huis gekry en oorledene het sy
verskoning aanvaar. Hy is toe terug kraal toe en het gehelp
met die
melkery. Hy sê appellant was "gedrink". Hy het die
afleiding gemaak
omdat hy appellant vroeër die dag op die plaas
Koppies gesien drink het.
Hy kon dit ook sien aan appellant
se oë en appellant het baie gepraat.
Hy sê egter appellant
het nie geslinger nie. Die getuie vertel dat
nadat hulle
klaar gemelk het, hy die melkkan en emmers huistoe gestoot
het
met 'n kruiwa en dit by die koeler voor die kombuisdeur neerge-
sit
het. Appellant, Tsediso en Nogwane was op daardie sta-
dium nog by die kraal.
Die getuie beweer dat nadat hy die
melk neergesit het hy vir oorledene, wat
in die kombuis gesit
het .... / 13
13
het, tabak gaan vra het. Oorledene het vir hom tabak gegee
en gesê hulle moet die volgende môre vroeg by die kraal wees.
Hy het toe geloop. Op pad na sy huis het sy broertjie Tse-
diso by hom
gekom en gesê die oubaas roep hom. Hy het terug-
gehardloop na die opstal en terwyl hy hardloop het hy 'n ge-
weerskoot
gehoor. Toe hy by die huis aankom kry hy vir
appellant, klaagster en
oorledene in die kombuis. Oorledene
was naby die deur van die gang wat na die
slaapkamer toe lei,
klaagster het gestaan en skottelgoed was en appellant het
in
die kombuis gestaan met die .22 geweer wat voor die hof was
in sy hande. Dit is gemene saak dat dit die geweer is waar-
mee die
oorledene later geskiet is. Die getuie sê dat toe hy
daar aankom
oorledene besig was om vir appellant om verskoning
te vra en het hy vir appellant gesê dat hy nie 'n klagte
teen .... / 14
14
teen hom sal lê nie. Die getuie sê dat appellant vroeër
die aand terwyl hulle besig was om te melk vir hom, Masilo,
gesê het oofledene wil 'n klag by die polisie teen hom, appel-
lant, lê omdat hy nie melk nie of nie betyds was vir die
melkery nie
en dat hy aanvaar het dat oorledene se "versko-
ning" hierna verwys het. Hy
self, die getuie, het toe vir
appellant gevra:
"Mohapi, kon jy hoor dat die oubaas vir jou ver-skoning gevra het en dat hy nie 'n klagte teen jou gaan lê nie?"
Hy sê appellant wou egter nie luister nie, hy het hard ge-
praat en
hy, getuie, het toe bang geword vir die geweer en
het huis toe geloop. Hy het
geen verdere skote gehoor nie
en weet glad nie wat verder die aand gebeur het
nie. Volg-
ens Masilo het oorledene, terwyl hy, die getuie, by hierdie
geleentheid .... / 15
15
geleentheid in die kombuis was, geen vuurwapen of kierie by
hom gehad nie en het oorledene geen beserings gehad nie. Hy
sê ook dat klaagster die hele tyd in die kombuis was en dat sy
vir hom, Masilo, daar moes gesien het.
Normaalweg sou dit logies wees om op hierdie
stadium klaagster se weergawe van die aand se gebeure te be-
handel. Daar
is egter soveel weersprekings, teenstrydighede,
"leë kolle" soos die Verhoorregter dit genoem het of "eilande
van
herinnering", soos die advokaat vir die Staat dit blyk-
baar voor die
Verhoorhof opgesom het, in haar getuienis, dat
ek dit gerade ag om eers die
appellant se weergawe op te som,
na die polisie se getuienis te verwys en dan
slegs na daardie
aspekte van klaagster se getuienis te verwys wat na my
mening
met veiligheid aanvaar kan word omdat dit óf deur die
reële -
óf.../ 16
16
óf deur ander betroubare getuienis gesteun word of waar daar moontlik
steun vir appellant se weergawe te vinde is. Appel-lant
het naamlik getuig dat
hy etlike kere tevore al by oorle-dene gewerk het maar dat sodra oorledene ander
werkers kry word hy in die
pad gesteek. Wanneer oorledene egter dan weer son-der
werkers sit en, verleë is, word hy ontbied en weer in diens geneem. Ten
spyte hiervan beweer appellant nogtans dat hy oor die algemeen goed met
oorledene oor die weg gekpm het. Hy sê dat ten tyde
van die voorval was hy
vir ongeveer drie maande weer in oorledene se diens. Sy salaris was R9 per maand
met 'n belofte dat hy meer
sou kry indien hy mooi werk. Verder het hy 'n halfsak
mieliemeel per maand gekry en werkskoene is vir hom gekoop wanneer benodig.
Ek
wil net hier noem dat
volgens Masilo sy eie loon R20 per maand was plus die
byvoordele
wat .... / 17
17
wat appellant ook gekry het. Die betrokke Sondagoggend on-
geveer 8h00 is hy saam met Masilp na die naburige plaas Koppies.
Daar het hulle begin drink. Die drinkery het aangehou tot
ongeveer 16h00. Hulle is toe terug plaas toe om te gaan melk.
Hy beweer Masilo het saam gedrink en is saam met hom terug om
te gaan melk. Tsediso en Nogwane was reeds besig om die kal-
wers bymekaar
te maak. Hy en Masilo het die emmers by die
huis gaan haal en is daarmee na
die kraal. Terwyl hulle besig
was om te melk het hulle vir Tsedíso na
die opstal gestuur om
salf te gaan haal om aan die koeie se spene te smeer.
Toe
Tsediso terugkom het hy gesê die oorledene sê hy gaan 'n
klagte
by die polisie teen hulle lê. Tsediso het nie gesê wat
die
aard van die klagte sou wees nie. Nadat hulle klaar gemelk
het, het
hulle die melk huistoe geneem. Op pad het hulle
oorledene .... / 18
18
oorledene teëgekom. Oorledene wou toe van appellant weet
"wat soek die kinders op die plaas". Volgens appellant het
oorledene na sekere kinders verwys wat by die hutte sou wees.
Hy het egter aan oorledene gesê dat die kinders waarna verwys
word
nie sy, appellant, se kuiergaste is nie maar dié van
Masilo en dat
oorledene nie met hom, appellant, daaroor moet
raas nie. Volgens hom het
oorledene hom toe vir so'n endjie
gejaag. Oorledene het 'n kierie gehad en
het inderdaad na hom,
appellant, geslaan en hom met 'n skrams hou getref.
Oorlede-
ne het toe omgedraai en is in die huis in. Hulle het ver-
der met
die melk gestap en terwyl Masilo en Tsediso buite die
huis met die melk besig
was, is hy, appellant, in die huis in
en het vir oorledene gevra waarom
lê hy 'n klagte teen hulle.
Oorledene antwoord toe dat die kinders sy
plaas vuil maak
en .... / 19
19
en hy, appellant, antwoord dat dit niks met hom te doen het
nie want die kinders is nie sy kuiergaste nie. Oorledene
dreig toe om vir hom, appellant, te slaan en sê vir klaagster
om die polisie te bel. Hy sê toe vir die oorledene hy moet
liewer vir hom, appellant, sy geld gee dat hy kan loop. Hy
het gemeen dat
dit beter sou wees om maar sy dienste te be-
ëindig. Oorledene het egter
gesê hy het nie geld nie. Hy,
appellant, het egter daarop aangedring
dat hy sy geld wil hê.
Hy sê oorledene het toe kamer toe gestap
en hy het gemeen
oorledene het gegaan om geld te gaan haal. Oorledene
kom
egter toe uit die kamer met 'n geweer. Dit was nie die .22
geweer wat
voor die hof was nie maar 'n haelgeweer. Dit was
gemene saak dat oorledene
benewens die 22 geweer ook 'n hael-
geweer gehad het en dat beide die gewere
normaalweg in die
slaapkamer .... / 20
20
slaapkmaer langs 'n kas gestaan het. Appellant was goed bewus
van waar die gewere gewoonlik gestaan het want oorledene het
hom by etlike geleenthede van buite af gestuur om een of beide
die gewere in die kamer te gaan haal. Appellant sê dat oor-
ledene hom ook geleer het hoe om die .22 geweer te laai en
daarmee te
skiet. Hy het ook al by geleenthede met die hael-
geweer geskiet. Appellant
beweer dat toe oorledene met die
haelgeweer te voorskyn kom hy die geweer
vasgegryp het en vir
oorledene gevra het wat wil hy doen. Oorledene het
geant-
woord hy, appellant, ruik na spiritus en het gesê hy gaan
hom
skiet. Hy wou die geweer van oorledene afneem en 'n gestoei
het
ontstaan. Hy kon egter nie die geweer uit oorledene se
hande kry nie. Hy het
vir oorledene weggestamp en in die
slaapkamer in gehardloop waar hy die .22
geweer geneem het
waar .... / 21
21
waar dit langs die kas gestaan het. Oorledene het hom agter-
volg met die haelgeweer en naby die deur van die kamer het hy
oorledene met die .22 geweer teen sy voorkop geslaan. Oor-
ledene het na die bed se kant toe gesteier en het die haelge-
weer op hom, appellant, gerig. Hy skiet oorledene toe met
die .22 geweer
maar hy het nie na 'n besondere plek op oorlede-
ne se liggaam gemik nie en
weet nie waar hy hom getref het nie.
Oorledene het die haelgeweer laat sak en
dit het gelyk of sy
arms slap word maar oorledene het nie geval nie en was
nog
op sy voete toe appellant die kamer uit is. Appellant beweer
dat hy
met die uitgaan die .22 geweer in die gang neergesit
het. Hy is toe eers na
buite maar het weer teruggekeer en
het met klaagster op die kombuisvloer
gemeenskap gehou.
Gedurende hoofondervraging het appellant niks gerep van
'n
tweede .... / 22
22
tweede skoot wat hy met die .22 geweer geskiet het nie maar
tydens
kruisondervraging het hy vertel dat hy ook met die .22
geweer een skoot in
die kombuis geskiet het maar hy het nie
na iets besonders geskiet nie of vir
'n besondere rede nie.
Hy het daar in die huis die aand net twee skote
afgevuur en
weet nie waar die ander doppies wat die volgende oggend in
die
huis gevind is en waarna ek aanstons sal verwys, vandaan kom
nie.
Appellant sê dat nadat hy klaagster verkrag het hy die
Toyota-bakkie
gaan haal het, weer die .22 geweer geneem het,
en vir klaagster versoek het
om in die voertuig te klim.
Hy sê hy het bloot die voertuig geneem om
mee te vlug en het
vir klaagster saamgeneem om te voorkom dat sy alarm
maak.
Hy sou die voertuig en klaagster gelos het waar die petrol
ingee en
self dan verder gevlug het. Toe hy by die plaas
Koppies .... / 23
23
Koppies verbygaan, het 'n swart seun met die naam
van Seuntjie
langs die pad gestaan en hy het hom opgelaai. Gedurende
kruisondervraging is dit aan klaagster gestel dat Seuntjie
van die
plaaswoning af saamgery het en nie langs die pad op-
gelaai is soos sy ook
getuig het nie. Toe appellant hier-
oor uitgevra is, het hy baie kleigetrap
en uiteindelik beweer
dat Seuntjie wel van die begin af saamgery het.
Seuntjie
sou blykbaar 'n staatsgetuie gewees het maar het, volgens wat
adv
Marais die hof meegedeel het, voor die verhoor verdwyn.
Appellant
erken dat naby Dewetsdorp by 'n draai in die pad die
voertuig omgeslaan het
en in 'n sloot met water geval het.
Hy beweer dat hy vir klaagster uit die
water gehelp het en toe
gaan hulp soek het by 'n plaashuis daar naby. Hy
sê klaagster
het agter hom aangestap maar hy weet nie wat daarna van
haar
geword .... / 24
24
geword het nie. Op die betrokke plaas het een van die plaas-
volk 'n trekker geneem en hulle het die bakkie uit die water
gesleep en dit langs die pad gelaat. Hy is toe saam met die
plaaswerker na dié se hutte waar die polisie hom later die
nag
gekry het en na Dewetsdorp geneem het. Hy het nie die po-
lisie vertel van klaagster wat by hom in die voertuig was nie
want hy was
bang gewees. Appellant het beweer dat die R20
noot wat die polisie die nag in
sy sak gevind het en wat 'n
bewysstuk voor die hof was, geld was wat hy van
ene Thabo,
van die plaas Koppies, gekry het vir meel wat hy aan Thabo
ver-
koop het. Die meel was deel van sy rantsoen wat hy by oor-
ledene
gekry het. Hy het ontken dat hy die aand enige geld
by oorledene gekry het.
Appellant het opk ontken dat oorlede-
ne, voor hy geskiet het, in die kamer
'n kierie by hom gehad het.
Hy.../ 25
25
Hy sê die kierie waarmee oorledene hom vroeër buite die huis
geslaan het, het oorledene in die kombuis neergesit naby die
stoel waarop hy gewoonlik gesit het. Appellant sê hy het vir
oorledene geskiet omdat oorledene hom wou skiet en dat hy klaag-
ster verkrag het om haar te verneder omdat hulle hom nie wou
betaal nie.
Appellant sê dat hoewel oorledene vir klaagster
gesê het om die
polisie te bel, sy dit nie probeer doen het
nie en hy het ontken dat hy die
telefoon uit klaagster se
hande geruk het en dit uit die prop in die muur
geruk het.
Dit blyk dat nadat die bakkie omgeval en ap-
pellant hulp gaan soek het om
dit uit die water te sleep, mnr
Steyn, die eienaar van die plaas waar die
ongeluk plaasgevind
het, die polisie van Dewetsdorp gebel het en van die
voorval
verwittig het. Adjudant-offisier Victor is na die toneel.
Dit .... / 26
26
Dit was toe omstreeks middernag. Die bakkie was toe reeds uit die water gesleep en het langs die pad gestaan. Die adjudant-offisier het toe die trekker wat gebruik is se spore gevolg tot by 'n plaaswerker se huis waar hy appellant aange-tref het. Die .22 geweer wat voor die hof was, was ook aan hom oorhandig. Adjudant-offisier Victor het toe vir appellant saamgeneem na Dewetsdorp polisiestasie toe want hy wou van appellant se werkgewer (die oorledene), wie se naam appellant verstrek het, seker maak of appellant in regmatige besit van die bakkie en geweer was. Op Dewetsdorp het hy appellant ge-visenteer en 'n R20 noot by hom gekry. Hy sê appellant het na drank geruik maar sy voorkoms en optrede was nie sodanig dat die getuie die indruk gekry het dat daar 'n moontlike ver-band is tussen die ongeluk en appellant se inname van drank nie.
Van .... / 27
27
Van Dewetsdorp af het die adjudant-offisier die plaas Dunse
geskakel maar kon geen antwoord kry nie. Vroeg die volgende
oggend het hy vir konstabel Holtzhausen van Hobhouse geskakel
en hom gevra om te probeer vasstel wat aangaan. Later die
dag het Holtzhausen opgedaag en appellant asook die .22 ge-
weer en die
R20 noot is aan hom oorhandig. Volgens die ge-
tuie het appellant vir hom
vertel dat daar 'n swart seun by hom
in die voertuig was maar het niks gerep van klaagster se teen-
woordigheid
in die voertuig nie. Hy sê hy het in die water
gesoek vir moontlike
gereedskap wat agter op die bakkie mag
gewees het maar het niks, ook nie 'n
draagbare radio gekry nie.
Konstabel Holtzhausen van Hobhouse het getuig
dat hy die Maandagmore vroeg
na die plaas Dunse gegaan het.
By die woonhuis was alles stil en al die deure
en vensters was
gesluit .... / 28
28
gesluit. Hy het 'n venster gebreek en toegang tot die huis
verkry. Hy het die huis begin deursoek en in 'n kamer op 'n
bed het hy, wat vir hom voorgekom soos 'n bondel komberse, ge-
sien. Toe hy die komberse wegtrek het hy oorledene, wat hy
goed geken het, gesien lê. Hy het 'n wond aan oorledene se
kop opgemerk en het vasgestel dat oorledene reeds dood was.
Hy het alles net so in die huis gelos. Toe hy buite kom, het
hy 'n
radioberig van Dewetsdorp af gekry en hy is soontoe waar
appellant, die .22
geweer en 'n R20 noot aan hom oorhandig is.
'n Swart konstabel wat saam met
Holtzhausen na die plaas gery
het, het intussen die huis bewaak.
Dit blyk dat klaagster vroeg die oggend uit
die stormwater pyp waarin sy
gekruip het nadat die bakkie om-
geval het,uitgekruip het en die plaaseienaar
wat daar verby
gery .... / 29
29
gery het, het haar opgemerk en haar dadelik na dokter van Rooy-
en op Dewetsdorp geneem wat haar ondersoek het. Haar klere
was nat en vol modder en sy was in 'n geskokte toestand. Daar
was kneusplekke en krapmerke aan haar bene maar dit is nie van
belang nie want dis algemeen aanvaar dat sy hierdie beserings
waarskynlik
opgedoen het terwyl sy in en uit die sementpyp
gekruip het. Wat haar
geslagsdele betref was daar 'n klein
velskeurtjie in die middel van die
linker klein skaamlip.
Die lipvlies het ook 'n klein, oppervlakkige skeurtjie
gehad.
Laasgenoemde twee beserings het gedui op indringing van
die
vroulike kanaal deur 'n voorwerp soos 'n manlike orgaan. M a w
dit was
vereenselwigbaar met verkragting. Verder was daar
geen fisiese letsels of
tekens van geweld nie. Wat die psi-
giese aspek betref het die dokter getuig
dat vir so 'n bejaarde
dame .... / 30
30
dame soos klaagster 'n skoktoestand soos die bestaande seni-
liteit verhaas d w s dit kan die geheue verswak en vergeet-
agtigheid vererger.
Konstabel Louw, plantekenaar en fotograaf in
die polisiediens, het 'n aantal foto's by die hof ingehandig
wat hy op die
oggend van 3 September geneem het. Hy het ook
'n plan opgestel van die
plaashuis se vertrekke en van die roete
waarlangs appellant gery het toe hy
mët klaagster van die plaas
af gevlug het. Ek verwys net na 'n paar van
die foto's. Foto
1 toon die kombuisdeur van buite af geneem en dit toon 'n kierie
wat voor
die deur lê en wat een van twee kieries was wat as be-
wysstukke
ingehandig is. Foto 2 is binne in die kombuis ge-
neem en toon vier punte op
die vloer van die kombuis waar afge-
vuurde .22 doppies opgetel is. 'n Vyfde
patroondop is net
buite .... / 31
31
buite die kombuisdeur opgetel. Foto 3 is ook in die kom-
buis geneem en toon die stoof met 'n gat in die glas venster-
tjie van die deur van die oond. 'n Stukkie lood is binne-in
die oond gekry. Foto 4 toon 'n punt in die gang net buite
die slaapkamer se deur waar 'n bloedkol op die mat gevind is
en 'n ander punt net binne die slaapkamer waar 'n tweede bloed-
kol was.
Op hierdie foto is daar ook 'n geweer wat in die
slaapkamer naby die deur netjies regop teen 'n klerekas staan,
duidelik
sigbaar. Dit is 'n haelgeweer. Foto 5 is 'n foto
van oorledene waar hy op die
bed lê met sy regterarm onder sy
lyf ingevou. Onder sy arm is 'n kierie
op die foto sigbaar.
Dit was 'n knopkierie en was 'n bewysstuk voor die hof.
Foto
6 toon 'n merk teen die kamermuur waar 'n koeël vermoedelik
vas-
geslaan het direk bokant die kopstuk van die bed. Foto 7
toon .... / 32
32
toon 'n punt langs die bed waar 'n koeëlpunt gelê het. Foto
8 toon die besering aan oorledene se voorkop. Foto's 9 en
10 toon onderskeidelik die ingangswond en uitgangswond aan
oorledene se liggaam. Daar is ook 'n aantal foto's wat die
toneel aantoon waar die voertuig die nag omgeslaan het asook
die
sementpype onder die pad deur. Dit toon ook die pyp,
deur klaagster uitgewys,
waarin sy die nag deurgebring het.
Daar was bloedvlekke in hierdie pyp. Op
die plan wat inge-
handig is word 'n punt aangedui waar 'n telefoon bo-op 'n
kassie
gestaan het. Die spreekbuis was van die mik af en die tele-
foon se
draad was uit die muurprop getrek.
Ek gaan nou daartoe oor om na klaagster se
getuienis te verwys. Haar
getuienis beslaan meer as 150
bladsye van die oorkonde waarvan by verre die
grootste
gedeelte .... / 33
33
gedeelte spruit uit kruisondervraging. Dit sou egter heel-
temal sinneloos wees om 'n volledige opsomming daarvan te pro-
beer gee. Ek het reeds vroeër verwys na sekere opmerkings
van die
Verhoorregter en appellant se advokaat omtrent haar ge-
tuienis. Miskien kan ek net die volgende verdere opmerkings
uit die
Verhoorhof se uitspraak aanhaal:
"Mev. de Jonge is nie in staat om die gebeure op die Sondagmiddag en aand in volgorde kronologies weer te gee nie. Bykomstig konstrueer en rasionalisser sy oor wat moes plaasgevind het, alhoewel sy nie sin-tuiglik waarnemings daarvan gedoen het wat as getuie-nis aanvaar kan word nie."
En dan verder aan:
"Sy het dikwels 'ja' geantwoord op vrae wat sy klaar-blyklik nie gevolg het nie, maar dan weer hard ge-praat waar sy duidelike herinneringe het en wanneer sy vrae gevolg en verstaan het. Die Hof het haar getuienis versigtig oorweeg. Ons is eenparig van mening dat sy 'n eerlike en ongekunstelde getuie is;
trouens .... / 34
34
trouens Mnr. Burger het ook nie anders oor haar betoog nie."
Ek meen dat daar steun te vind is in klaagster
se getuienis vir appellant se weergawe dat die moeilikheid tus-
sen hom en oorledene die betrokke aand begin het toe oorledene
met 'n
kierie na appellant geslaan het. Appellant beweer dat
hierdie voorval plaasgevind het terwyl hy en Masilo van die
kraal af op
pad was om die melk te gaan neersit. Volgens. hom
het oorledene hom daar
voorgekeer en 'n argument het ontstaan.
Oorledene sou hom toe 'n endjie
gejaag het en hom 'n skrams hou
met 'n kierie geslaan het. Masilo, wie se
getuienis die Ver-
hoorhof aanvaar het, ontken egter dat so'n insident
plaasgevind
het. Trouens hy beweer dat hy alleen die melk huistoe
geneem
het en dat appellant by die kraal agtergebly het. Nadat hy
die.... / 35
35.
die melk neergesit het, het hy by die oorledene tabak gevra
en na sy huis gestap. Toe was daar nog geen teken van moei-
likheid tussen oorledene en appellant nie. Volgens klaagster
was daar wel 'n stadium reg aan die begin van die aand se ge-
beure wat oorledene na beskuldigde met 'n kierie geslaan het.
Dit het, volgens haar, reg voor die agterdeur plaasgevind en
nadat
appellant, soos hy trouens self erken, in die kombuis
ingestap het en 'n argument met oorledene aangeknoop het.
Soos ek haar
getuienis verstaan was oorledene se optrede by
die geleentheid juis daarop
gemik om appellant, wat opstandig
en aggressief was, uit die huis te verdryf.
Ek meen dat
klaagster se weergawe van die insident meer aanvaarbaar is
as
dié van appellant en ook meer vereenselwigbaar is met die
ge-
tuienis van Masilo. Ek meen egter nie dat dit van wesenlike
belang .... / 36
36
belang is presies wanneer en waar die voormelde voorval plaas-
gevind het
nie. Wat duidelik is uit beide klaagster en ap-
pellant se getuienis, is dat appellant kort nadat die melkery
afgehandel
is die kombuis van die plaashuis binnegestap het
en dat daar toe 'n argument
omtrent betaling van sy loon tussen
appellant en oorledene ontstaan het. In
dié verband het daar
volgens klaagster twee dinge gebeur waarna ek wil
verwys. Sy
sê appellant het kamer toe gestap en die .22 geweer wat
voor
die hof was gaan haal. Dan sê sy ook oorledene het haar
gevra
om die polisie te skakel. Sy het dit probeer doen maar appel-
lant
het die telefoon uit haar hand geruk en ook die telefoon
se verbindingsdraad
uit die prop in die muur getrek. Watter
een van die twee dinge eerste gebeur
het maak na my mening nie
saak nie maar klaagster se getuienis op beide
aspekte word
deur .... / 37
37
deur ander getuienis te staaf. Wat appellant se besit van die geweer
betref was daar die getuienis van Masilo waarna ek reeds vroeër
verwys het
dat terwyl hy nog op pad was vanaf die plaas-huis na sy eie huis, d w s kort
nadat hy die plaashuis verlaat het, hy 'n
rapport ontvang het. Hy het
teruggehardloop en toe hy naby die kombuis kom het hy 'n skoot in die huis
gehoor en toe hy die kombuis
binnegegaan het, het hy gevind dat appellant in die
kombuis staan met die .22 geweer in sy hande. Oorledene was ook daar en het geen
vuurwapen of kierie in sy hande gehad nie. Nou is dit wel so dat klaagster nie
van 'n skoot getuig het wat op daardie stadium geskiet
is nie en ook getuig het
dat sy Masilo nie die aand op enige stadium in die kombuis ge-sien het nie, maar
ek meen stellig dat dit
maar net een van die "leë kolle" in haar
herinneringe was waarna die Verhoorregter
verwys .... / 38
38
verwys het. Sy het ook geen herinnering van die skoot in die
kamer wat oorledene getref het nie en selfs appellant gee toe
dat Masilo minstens by een geleentheid in die kombuis was. Ek
kom egter later daarna terug. Daar is verder ook die aantal
doppies wat op die kombuisvloer gevind is wat na my mening aan-
duidend is
dat meer as die twee skote wat appellant erken,die
aand in die huis afgevuur is. Wat die telefoon betref erken
appellant slegs dat oorledene vir klaagster gevra het om die
polisie te
bel maar ontken hy dat hy klaagster verhoed het om
dit te doen of self die
telefoon enigsins hanteer het. Ek
meen dat die polisie-getuienis omtrent die
toestand van die
telefoon die volgende oggend klaagster se weergawe in
dié ver-
band oorweldigend steun. Die volgende aspek van klaagster
se
getuienis wat spesiale vermelding verdien is haar bewering dat
gedurende .... / 39
39
gedurende die stryery tussen appellant en oorledene oor appel-
lant se loon oorledene vir haar, klaagster, gevra het om R20
in die slaapkamer te gaan haal, dat sy 'n vaste R20 noot gaan
haal het en dit aan oorledene oorhandig het wat dit op sy beurt
aan appellant oorhandig het. Appellant ontken dit en sê dat
hy geen
geld hoegenaamd van oorledene ontvang het nie. Ons
weet egter dat appellant
daardie nag, nadat hy die voertuig om-
gegooi het wel 'n R20 noot in sy besit
gehad het. Hy verduide-
lik wel dat hy dié R20 noot van ene Thabo gekry het vir deel
van sy
rantsoen wat hy aan Thabo verkoop het maar appellant was
so'n leuenagtige
getuie op so baie aspekte dat ek vas van mening
is dat klaagster se getuienis
op hierdie aspek die waarheid is.
Daar is na my mening ook waarskynlikhede
wat haar getuienis
steun. Masilo het getuig dat sy loon R20 per maand was
plus
dieselfde .... /40
40
dinselfde byvoordele as wat appellant ontvang het. Appel-
lant beweer dat hy langer by oorledene gewerk het as Masilo
voor hierdie gebeure en ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat
oorledene vir Masilo R20 per maand sou betaal en vir appellant
net R9 per maand of dat appellant tevrede sou gewees het om
aan te hou werk teen soveel minder loon. Gedurende kruisonder-
vraging van
klaagster is aan haar gesuggereer en selfs stel-
lings is aan haar gemaak dat appellant deur oorledene eintlik
misbruik is
en dat hy net moes kom uithelp wanneer oorledene
geen ander hulp gehad het
nie. Dit was selfs aan die hand
gedoen dat appellant verwag het om enige
oomblik ontslaan te
word nadat Masilo in diens geneem is. Van hierdie
suggesties
en stellings het egter niks gekom toe appellant self getuig
het
nie. Inteendeel,die teenoorgestelde het geblyk die geval
te .... / 41
41.
te gewees het. Ek haal net die volgende voorbeelde uit ant-
woorde wat appellant op vrae van adv Burger gegee het aan:
"V: Gister toe jy begin met jou getuienis, toe het jy gesê die verhouding tussen jou en oorledene
was goed, het ek jou reg verstaan? Ja.
Kan jy vir ons sê of die verhouding dieselfde
was net voor of ten tye van die voorval?
Ja ons het goed klaargekom voor hierdie voorval.
Die hele tyd voor die voorval? Ja die hele
tyd."
Dan, ietwat later, probeer adv Burger weer:
"V Hoe het jy gevoel oor die werksposisie by die
oubaas in daardie stadium? Ek het maar
goed gewerk.
Maar het jy gevoel jou werk is veilig?
Ja."
Klaagster het getuig dat nadat die R20 aan ap-
pellant oorhandig is hy
steeds daarop aangedring het dat die
geld te min is en dat hy al sy geld wil
hê. Uiteindelik, sê
klaagster .... / 42
42
klaagster, het dit daarop uitgeloop dat appellant daarop aange-
dring het dat oorledene die radiotjie wat daar was aan hom moes
gee en dat oorledene, ongetwyfeld uit vrees en desperaatheid,
gesê het hy kan dit maar neem. Nou, hoewel appellant, toe hy
getuig het, ontken het dat hy ooit die aand 'n radio geneem het
is dit insiggewend dat toe adv Burger klaagster ondervra het,
hy
die volgende stellings aan haar gemaak en die volgende ant-
woorde ontlok
het:
"Ek sal nou bietjie terugkom na daardie punt toe, die beskuldigde betwis nie dat hy daardie radio toe eventueel saamgevat het nie. Hy sê dat daar-"die radio het hy toe saamgevat in ruil vir dit wat
julle hom nie gegee het nie wat hom toekom.
Dit is nie so nie."
En dan weer verder:
"Want, sê die beskuldigde, dit was nie 'n geval dat daar baie geld betrokke was nie, hy sê dit was 'n
karige .... / 43
43
karige bedraggie en hy het dit geweet, 'n klein be-draggie. Verstaan u wat ek bedoel, stem u daar-mee saam, hy gee toe dat dit is nie honderde rande of so nie, hy sê dit was 'n klein bedraggie en daar-om het hy die draadloos saamgevat. Volg u wat ek
bedoel?
Ja, ek verstaan, maar ek stem nie saam nie."
Ek is dus oortuig dat klaagster se getuienis
omtrent die radio die waarheid is. Ek meen ook dat die Ver-
hoorhof haar
getuienis dat R20 die aand aan appellant oorhandig
is tereg aanvaar het. Appellant se stryery daarna oor geld
wat hom nog sou
toekom het heel waarskynlik gegaan oor die twee
dae se geld vir die 1ste en
2de September want die R20 wat
klaagster beweer aan hom betaal is, was
ooglopend vir die maand
Augustus.
Die toneel verskuif daarna na die slaapkamer
waar oorledene uiteindelik
getref is deur die koeël uit die .22
geweer .... / 44
44
geweet. Oor hoe appellant en oorledene uiteindelik in die
kamer beland
het, verskil die getuienis van klaagster en ap-
pellant. Ek het reeds
appellant se weergawe gegee en kom la-
ter daarna terug. Klaagster sê
dat oorledene op 'n stadium,
terwyl die stryery aan die gang was, na die
toilet gegaan het
en dat appellant agterna is. Daarna, sê sy, het
appellant
vir oorledene uit die toilet uit geneem en hom in die
rigting
van die slaapkamer gedruk. Sy weet nie wat in die
slaapkamer
gebeur het nie en het ook nie 'n skoot gehoor nie. Ons
weet
egter dat oorledene daar in die kamer deur appellant dodelik
verwond
is. Volgens klaagster het appellant na 'n tydjie
uit die kamer te voorskyn
gekom. Hy het 'n skoot geskiet wat
die stoof, in die nabyheid waarvan sy
gestaan het, getref het.
Haar getuienis dat die stoof wel gestref is, word
bevestig
deur .... / 45
45
deur die polisie-getuienis en foto 3. Daarna, en dit is ge-mene saak,
het appellant klaagster op die kombuisvloer ver-krag. Klaagster
het getuig dat
appellant toe na buite is en dat sy na die kamer toe is waar sy op die bed langs
oorledene gaan lê het. Sy sê
sy het met hom gepraat maar hy het nie
geantwoord nie en sy het gevoel dat hy koud is. Sy sê appel-lant het haar
daar in die
kamer kom haal en na buite geneem waar die Toyota-bakkie reeds
gereed gestaan het. Hy het haar toe in die bakkie gedruk en begin
wegjaag. Ek
meen nie dit maak saak of appellant vir klaagster vanuit die kombuis of van-uit
die slaapkamer geneem het nie, want dit
is gemene saak dat hy haar daar met die
bakkie weggeneem het. Die res van die gebeure is eintlik ook nie wesenlik in
geskil nie.
Dit is gemene saak dat die bakkie uiteindelik omgeval, en in die
water
beland .... / 46
46
beland het, en dat klaagster die res van die nag in die sement-pyp deurgebring het.
Ek gaan nou daartoe oor om die indiwiduele aan-klagte te bespreek.
Wat die eerste aanklag, d w s dié van moord be-
tref, het adv Burger, net soos voor die Verhoorhof, aangevoer
dat
appellant se verweer van noodweer redelik moontlik waar kan
wees. Hierdie
verweer berus natuurlik op appellant se weer-
gawe dat oorledene hom met die
haelgeweer wou skiet en dat hy
toe die .22 geweer gaan gryp het en in
selfverdediging 'n skoot
afgevuur het wat oorledene noodlottig getref het. 'n
Onoor-
brugbare probleem vir appellant omtrent hierdie weergawe is
egter
die getuienis van Masilo wie se getuienis die Verhoorhof
aanvaar het, en
welke bevinding adv Burger ruiterlik erken het
hy.../ 47
47
hy in geen opsig kan kritiseer nie. Soos vroeër reeds aange-
dui het Masilo getuig dat toe hy by die opstal aankom nadat
hy op pad huistoe 'n rapport ontvang het en terug gehardloop
het, appellant in die kombuis gestaan het en reeds in besit was
van die .22 geweer terwyl oorledene geen vuurwapen van enige
aard in sy
besit gehad het nie. Toe appellant in kruis-
ondervraging hiermee
gekonfronteer was, was sy verduideliking
dat Masilo wel op 'n vroeë
stadium in die kombuis was maar dat
dit oorledene was en nie hy, appellant,
nie wat op daardie sta-
dium in besit van 'n geweer was. Heeltemal afgesien
daarvan
dat die Verhoorhof vir Masilo geglo het, het appellant se
laas-
genoemde verduideliking hom net dieper in die moeilikheid
laat
beland want volgens sy oorspronklike verhaal was oorledene nog
op pad
na die kombuis met die haelgeweer toe hy, appellant, die
geweer .... /48
48
geweer sou vasgegryp het en 'n worsteling in die gang tussen
hulle ontstaan het en dat onmiddellik daarna hy die .22 geweer
gaan gryp het. Die hele basis vir appellant se verweer het dus
in duie gestort. Adv Burger het, met min entoesiasme, aange-
voer
dat dit tog moontlik is dat oorledene, terwyl hy en appel-
lant alleen in die kamer was, en terwyl appellant reeds in be-
sit van die
.22 geweer was, die haelgeweer wat ook in die kamer
was kon gegryp het en
gedreig het om appellant te skiet. Dit
sou egter blote spekulasie wees
waarvoor daar in die getuienis
geen basis te vinde is nie. Inteendeel, alle
aanduidings is
daarteen want soos duidelik op foto 4 gesien kan word, het
die
haelgeweer die volgende oggend nog netjies op sy plek teen die
kas
gestaan waar dit gewoonlik gestaan het. Adv Burger het
ook aangevoer dat
oorledene moontlik vir appellant wou aanval
met .... / 49
49
met die kierie wat die volgende oggend onder sy dooie liggaam
op die bed gevind is en dat appellant dan moontlik noodweer oor-
skry en hoogstens aan 'n minder misdaad skuldig is. Ek is van
mening dat
Hoexter AR se uiteensetting van die strekking van
die bekende passasie in die
uitspraak van Malan AR in R v Malam-
bo 1957 (4) SA 727 (A) op
p 738 B-D direk op adv Burger se laas-
genoemde argument van
toepassing is. Ek verwys hier na S v
Steynberg 1983 (3) 140 (A) waar
Hoexter AR op p 147 C-E sê:
"Dit kom hierop neer: as 'n beskuldigde deur 'n wederregtelike aanranding iemand se dood veroor-saak en beskuldigde alleen daartoe in staat is om die omstandighede van die noodlottige aanranding te verklaar, maar hy gee 'n verklaring wat as vals verwerp word, dan kan die Hof die afleiding maak dat beskuldigde gemelde aanranding gepleeg het met die opset om te dood eerder as met enige min-der ernstige vorm van mens rea. Op dié wyse kan 'n beskuldigde se valse relaas van die omstandig-hede van die aanranding dus tot gevolg hê dat die
beskuldigde .... / 50
bU
beskuldigde aan die ernstiger misdaad van moord eerder as aan die mindere oortreding van strafbare manslag skuldig bevind word."
Ek meen dat die enigste redelike afleiding in
die onderhawige geval is dat daar wel vlak voor die kamerdeur
'n stoeiery tussen die oorledene en appellant om besit van 'n
geweer was en dat in die proses van daardie stoeiery die oor-
ledene die skeurwond voor die kop (vandaar die bloedvlekke net
buite en binne die kamerdeur) en die ander beserings wat die
geneesheer beskryf, opgedoen het. Hierdie stoeiery was egter
onteenseglik om besit van die .22 geweer wat toe lankal in
appellant se besit was en wat oorledene, waarskynlik in 'n laas-
te
desperate poging, probeer afneem het maar welke poging mis-
luk het. Adv Burger het ook die kwessie van drank en provoka-
sie ge-opper as moontlike faktore wat die opset om te dood
weerlê .... / 51
51
weerlê of twyfel daarop werp. Die Verhoorhof het egter die-
selfde argumente aangehoor en na my mening tereg verwerp.
Ek is dus van mening dat appellant heeltemal tereg skuldig be-
vind is aan moord. Ek stem egter ook saam met die meerder-
heid van die
lede van die Verhoorhof wat bevind het dat daar
wel versagtende omstandighede
aanwesig was. Hierdie bevind-
ing word soos volg in die Verhoorhof se
uitspraak uiteengesit:
"Ons bevind op 'n oorwig van waarskynlikhede dat beskuldigde se beheer van sy driftigheid tot 'n mate deur die uitwerking van sterk drank verswak was. Toe hy gehoor het dat oorledene sou gesê het dat hy 'n klagte by die polisie teen beskuldigde sou lê, was beskuldigde se reaksie aggressief."
En dan verder aan:
"Die geringe beneweling deur drank van 'n jong man van beskuldigde se peil van opvoeding, eenvoudige manier en gebrek aan ouerlike leiding bring mee dat sy aggressiewe optrede met minder verwyt bejeën kan
word .... / 52
52
word. Dit is 'n meerderheidsbevinding. Een lid van die Hof is van mening dat die omstandighede geensins die morele verwytbaarheid van beskuldigde vir sy dade kan verminder nie. Daar is geen feite wat dui op 'n onbeheerbaarheid van die wil tot so'n mate dat dit as versagtende omstandighede kan dien nie."
Daar was na my mening meer as genoeg getuienis
dat appellant wel in 'n aansienlike mate aangetas was deur die
drank wat hy in die loop van die dag ingeneem het. Masilo ge-
tuig dat
appellant terwyl die melkery aan die gang was "gedrink"
voorgekom het. Ook
klaagster het bevestig dat appellant van
meet af aan aggressief was en dat sy
oë groot was en "in sy
kop uitgestaan het". Sy het dan ook toegegee dat
appellant se
optrede "totaal eienaardig was, (en) heeltemal anders as wat
(sy) hom deur die jare leer ken het". Daar kan dus geen twy-
fel wees dat
die getuienis die meerderheidsbevinding dat
versagtende .... / 53
53
versagtende omstandighede aanwesig is, steun nie. Wat die
vonnisse op aanklagte 1 en 2 betref, laat ek dit oorstaan tot
later. Ek handel eers met die skuldigbevinding aan roof met
verswarende omstandighede op die derde aanklag.
Ek meen dat dit gepas is dat ek taamlik volle-
dig uit die Verhoorhof se
uitspraak aanhaal vir sover dit met
die derde aanklag handel. Dit lui soos
volg:
"Op die roofaanklag onstaan die vraag waarom beskuldigde die huis genader, binnegegaan en direk die geweer, BEWYSSTUK 1, gaan haal het. Die enig-ste rede wat ons aflei van al die bewese feite is dat die beskuldigde opstal toe is met die doel om geld en die bakkie te bekom om daarmee van die plaas af weg te kom. Dit verklaar waarom hy reguit die geweer gaán haal het, dit altyd in sy besit ge-hou het (soos mev de Jonge en Masilo getuig) en die situasie onstaan het wat Masilo genoop het om te hardloop en in sy hardloop die eerste skoot gehoor het. Dit verklaar waarom Masilo bang geword het by aanskoue van wat die beskuldigde besig was om
daar .... /54
54
daar in die huis aan te vang; waarom beskuldigde geen verskoning van die oorledene wou aanvaar nie; waarom beskuldigde, wat volgens hom net op R9,00 plus moontlik iets geregtig sou wees, met R20,00 uit daardie huis uit is (waarskynlik die enigste geld waaroor dié oumense beskik het); dat hy nog aangedring het op die draadloos en dat die oorle-dene daartoe ingestem het. Dit verklaar die aan-randing op die oorledene; ook die doodskiet van die oorledene om sodoende enige weerstand teen weg-kom te elimineer. Trouens, dit verklaar ook hoe hy direk na die skoot geskiet is, vir mev de Jonge kon gaan vertel dat hy die oubaas doodgeskiet het. Dié verkragting het waarskynlik mev de Jonge se le-we gered. Dit is móontlik dat beskuldigde in sy driftigheid soos hy hom opgewen het om sy doel te bereik, deur die verkragting, tot 'n mate ontspan het en homself besin het om haar nie te vermoor nie. Hy het getuig dat hy die bakkie gevat het om weg te kom en vir mev de Jonge gevat het sodat sy hom nie kan rapporteer nie. Hy sê, soos ons hom verstaan het, dat hy van plan was om met daardie bakkie te ry met mev de Jonge daarin tot waar die petrolinhoud ophou en dan sou hy haar en die bakkie netso daar los; met ander woorde hy het nie omgegee wat van die eiendom wat hy vir hom toegeëein het, word nie. Dit het vir hom g'n saak gemaak nie."
Ek.../ 55
55
Ek is van mening dat die Verhoorhof in bo-
gemelde verband 'n ernstige mistasting begaan het en adv Marais,
namens die Staat, het dit ook tereg toegegee. Ek meen nie
dat op die getuienis dit enigsins 'n geregverdigde afleiding is -
en seer sekerlik nie die "enigste" redelike afleiding nie -
dat appellant
van die kraal af "opstal toe is met die doel
om geld en die bakkie te bekom
en daarmee van die plaas af
weg te kom". So 'n redenasie druis na my mening
in teen al die
getuienis en al die bewese feite. Ek het reeds daarop
gewys
dat op beide appellant en klaagster se getuienis daar waarskyn-
lik
by die eerste ontmoeting tussen oorledene en appellant 'n
argument ontstaan
het oor die boodskap wat appellant ontvang
het dat oorledene vir appellant by
die polisie gaan verkla
en waarvan appellant reeds by die kraal vir Masilo
van
vertel .... / 56
56
vertel het. Hierdie argument het daarop uitgeloop dat oor-
ledene vir appellant regverdiglik of onregverdiglik met die
kierie geslaan het. Of dit nou in die agterdeur of buite die
huis gebeur het maak nie saak nie. Ek kan ook vir geen oom-
blik aanvaar
dat appellant reeds op daardie stadium in besit
van die .22 geweer was nie.
Dit is verder gemene saak dat
voortspruitend uit hierdie argument die
be-eindiging van ap-
pellant se dienste ter sprake gekom het. Appellant
sê dit
is wat hy gesê het hy wil dan liewer maar loop en dat hy
vir
sy salaris gevra het. Klaagster sê dat dit oorledene was
wat hom
in die pad gesteek het en vir haar, klaagster, gevra
het om die R20 te gaan
haal sodat hy vir appellant kan afbe-
taal. Die R20 wat oorbetaal is, is op
oorledene se inisia-
tief deur klaagster gaan haal. Die appellant kon nie
geweet
het .... / 57
57
het hoeveel geld daar in die huis was nie en as sy motief roof was sou hy nog geld of waardevolle artikels gaan soek het voor-dat hy hom uit die voete gemaak het. Daar was die volgende oggend geen teken van enige sodanige deursoekery van kaste of laaie nie. Ek is nie voornemens om verder oor hierdie aspek uit te brei nie. Ek meen dat daar hoegenaamd geen ba-sis was vir die Verhoorhof se siening dat roof die motief was vir die aand se gebeure nie en ek meen die Verhoorhof moes aan-vaar het, en adv Marais het dit ook toegegee, dat appellant, nadat oorledene doodgeskiet is en klaagster verkrag is, die Toyota-bakkie gaan haal het bloot om mee te vlug. Daardie handeling van hom staan heeltemal los van die geweld wat hy vooraf gepleeg het. Hy het erken dat hy van voorneme was om met die bakkie te ry tot waar die brandstof ingee en dit
dan .... / 58
58
dan eenvoudig te abandonneer. Dit, na my mening, kom op dief-stal van die
bakkie neer (Sien S v Sibiya 1955 (4) SA 247 (A) op p 257 C.) Adv Marais
het ter oorweging gegee dat die feit dat appellant, nadat hy die bakkie gaan
haal het, vir klaag-ster
forseer het om saam met hom te ry die diefstal van die
bakkie omskep het in die misdaad van roof. Die enigste roof wat so'n handeling
na my mening moontlik kan daarstel is "mense-roof" en ek is van oordeel dat
appellant op die derde aanklag slegs aan diefstal skuldig
bevind moes gewees
het.
Ek gaan nou daartoe oor om die appèl teen die op-gelegde vonnisse
te oorweeg.
Voordat ek met die doodvonnisse wat op aan-
klagte 1 en 2 opgelê is
handel,moet ek net meld dat appellant
ten tyde van die gebeure 19 jaar oud
was en dat hy 'n eerste
oortreder .... / 59
59
oortreder was.
Ter motivering van die oplegging van die
doodvonnis op die eerste aanklag
sê die Verhoorregter die
volgende:
"Gevangenisstraf, selfs lewenslank is oorweeg, maar niks anders sal die gemeenskap se gevoel van verontregting bevredig nie, behalwe die uiterste straf."
In verband met die tweede aanklag sê die
Verhoorregter:
"Aanklag 2 begin met die skokkende aankondi-ging: 'Ek het die Oubaas doodgeskiet, nou is dit jou beurt'. 'n Skoot word afgevuur wat die glas van die oond aan flenters laat spat. Hierop volg die hartelose, gevoellose, dierlike verkrag-ting van 'n vreesbevange, weerlose bejaarde vrou. Weereens sal lewenslange gevangenisstraf nie die regsgevoel van die gemeenskap bevredig nie."
Ek.../ 60
60
Ek ag dit nie nodig om aan te haal wat die
Verhoorregter sê ter motivering van die oplegging van die
doodstraf
op die derde aanklag nie omdat die skuldigbevin-
ding aan roof met verswarende omstandighede en gevolglik
ook die vonnis
wat opgelê is nie kan bly staan nie. Die
Verhoorregter rond egter sy
uitspraak af deur te sê:
"Aldrie gevalle van hierdie misdade is ge-valle waar die belange van die gemeenskap voor-keur moet geniet bo die persoonlike omstandig-hede van die beskuldigde. Vir elk van die misdade, meen ek dat die hof sy diskresie teen die beskuldigde moet uitoefen in beskerming van die belange van die gemeenskap."
As ek net vir 'n oomblik by hierdie laaste
aangehaalde .... / 61
61
aangehaalde passasie hierbo mag stilstaan. Ek meen dat die Verhoorregter hier
ook 'n ernstige mistasting begaan het. Dit is duidelik
dat ons hier nie met 'n
persoon te doen het met 'n lang rekord van misdade wie se voortgesette lewe
moontlik of waarskynlik 'n wesenlike
gevaar vir die gemeenskap sal wees nie.
Appellant was 'n eerste oortreder en daar is geen regverdiging vir enige
afleiding dat indien
hy gevangenisstraf opgelê word en uiteindelik sy
vryheid terugkry hy weer moord of verkrag-ting of selfs roof sal pleeg nie
en
dat sy uitdelging derhalwe ter "beskerming van die belange van die gemeenskap"
nodig is nie.
Ook in die eerste twee passasies wat ek aange-haal het is dit
duidelik dat, soos die Verhoorregter dit noem "die gemeenskap se gevoel
van
verontregting" en die
"regsgevoel .... / 62
62
"regsgevoel van die gemeenskap" wat "bevredig" moet word by
die Verhoorregter 'n oorheersende rol gespeel het in die uit-
oefening van sy diskresie om die doodstraf op te lê nie.
Nou is dit ongetwyfeld so dat 'n vonnis normaalweg uitdrukking
behoort te
gee aan die wetsgehoorsáme gemeenskap se gevoel
van verontwaardiging
oor die daad (R v Karg 1961 (1) SA 231 (A)
op 236 B) maar, soos dit in
Karg gestel word, "righteous anger
should not becloud judgment". Daar
moet na my mening veral
daarteen gewaak word dat hierdie beginsel van
straftoemeting
nie oorbeklemtoon moet word nie anders bestaan die gevaar
dat
dit kan uitloop op, of aangesien kan word vir, gevoellose
en
willekeurige wraaksug.
In S v Matthee 1971 (3) SA 769 (A) behandel
Holmes AR die posisie
waarin die regter staan nadat versagtende
omstandighede .... / 63
63
omstandighede bevind is en hy na goeddunke moet oordeel of hy
nogtans die doodvonnis behoort op te lê. Ek meen die faktore
wat genoem word wat dan in aanmerking geneem sal word ook ter
sprake sal kom by vonnisopleggïng vir misdade, soos verkragting,
waar
die doodstraf nie 'n verpligte maar tog 'n bevoegde straf is.
Op p 771 B-D
van die uitspraak in Matthee se saak stel Holmes
AR dit soos volg:
" .... factors ordinarily relevant for considera-tion would be the following -
(a) whether the very circumstances found to be ex-tenuating e.g. intoxication or provocation, did not in themselves contribute to the bruta-lity of the deed, so that the elements of heinousness should not be emphasized out of perspective; (b) whether, in the particular circumstances of the case, the alternative of imprisonment, if ne-cessary for life, would not be regarded by so-ciety as an adequate deterrent to others; (c) whether the discipline and training of a lengthy
period .... / 64
64
period of imprisonment might have reformative effects, so that the accused's continued exis-tence would not be a real danger to society; and (d) whether the evil of his deed is so shocking, so clamant for extreme retribution, that society would demand his destruction as the only expia-tion for his wrongdoing. See S v Letsolo 1970 (3) SA 476 (AD) followed in S v Malinda, 1971 (1) SA 798 (AD) at p 803 B. These considerations are not to be applied as rigid rules of thumb, but as aids in the exercise of a judicial discretion in all the circumstances of a particular case."
Ek het reeds daarop gewys dat die Verhoorregter,
na my mening
verkeerdelik, van oordeel was dat die doodstraf
die enigste uitweg was
waardeur die "belange van die gemeenskap"
beskerm kon word en het hy dus vir
sover dit appellant, 'n jong
eerste oortreder betref, faktor (c) hierbo
genoem, heeltemal
ge-ignoreer.
Met.../ 65
65
Met die oog op die voorgaande is ek van mening dat hierdie Hof geregtig is om
in te gryp en die doodstraf ter syde te stel.
Nat die vonnis op die tweede
aanklag van verkragting betref, stem ek saam dat die feit dat so'n ou dame deur
'n jong man soos beskuldigde
verkrag is, 'n mens met weer-sin vervul maar dit is
minstens net so waar van 'n baie groot persentasie van sake van verkragting wat
voor ons howe kom. In S v K en 'n Ander 1972 (2) SA 898 op p 901 H, waar
een van die beskuldigdes ook ter dood veroordeel is vir verkragting, word die
volgende faktore genoem wat o.a. oorweging
verdien wanneer daar oor 'n gepaste
vonnis besin word naamlik: (i) of die misdaad vooraf beplan is;
(ii).../ 66
66
(ii) of klaagster enige ernstige liggaamlike bese-
rings aangedoen is; en (iii) of die ondervinding wat klaagster opgedoen het,
hoewel dit noodwendig vir haar skokkend was,
enige psigiese letsels van 'n permanente aard
nagelaat het.
In die onderhawige geval moet vrae (i) en (ii) hierbo sonder
twyfel negatief beantwoord word. Wat (iii) be-tref het dr van Rooyen
getuig dat
'n skoktoestand by bejaardes seniliteit verhaas d w s dat hulle geheue verswak
of dat hul-le vergeetagtigheid vererger.
Tydens die verhoor was klaag-ster se
geheue ongetwyfeld swak en sy was vergeetagtig maar daar was geen getuienis dat
daardie toestand
voor die ge-beurtenis enigsins beter was nie. (Sien in verband
met die
faktore .... / 67
67
faktore (i) tot (iii) hierbo genoem ook S v M 1982 (1) SA 589
(A).)
Ek meen dat ook ten opsigte van aanklag 2 die Verhoorregter nie sy
diskresie op regterlike wyse uitgeoefen het nie en dat hierdie
Hof geregtig is
om, en behoort, in te gryp ten aansien van die vonnis wat opgelê is.
Die volgende bevele word gevolglik gemaak:
"Klagte 1: Die
appèl teen die skuldigbevinding word afgewys
maar die appèl teen die vonnis slaag. Die dood-vonnis word ter syde gestel en 'n vonnis van vyf-tien jaar gevangenisstraf word opgelê.
Klagte 2: Die appèl teen die vonnis wat opgelê is, slaag.
Die doodvonnis word ter syde gestel en in die plek daarvan word 'n vonnis van tien jaar gevangenis-straf opgelê.
Klagte 3: Die appèl teen die skuldigbevinding van roof met verswarende omstandighede slaag en die vonnis wat opgelê is word ter syde gestel. Beskuldigde
word .... / 68
68
word skuldig bevind aan diefstal van 'n Toyota-bakkie en hy word gevonnis tot 2 jaar gevangenis-straf."
Dit word beveel dat die vonnisse op klagtes
1, 2 en 3 saam uitgedien word.
H R JACOBS, AR
TRENGOVE, AR )
VILJOEN, AR )
stem saam SMALBERGER, AR )
NICHOLAS, Wn AR )