South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 75
| Noteup
| LawCite
S v Nel (319/85) [1986] ZASCA 75 (30 May 1986)
Download original files |
319/85 N v H
JOHANNES IZAK NEL WILLEM JOHANNES NEL
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR:-
319/85 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES IZAK NEL Eerste Appellant
WILLEM JOHANNES
NEL Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: TRENGOVE, HEFER, JACOBS, SMALBERGER, ARR
et BOSHOFF, Wn AR
VERHOORDATUM: 19 MEI
1986
LEWERINGSDATUM: 30 MEI 1986
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die twee appellante is in die Witwaters=
randse Plaaslike Afdeling deur 'n verhoorhof bestaande uit
COETZEE, R, en
twee assessore aan moord en roof
skuldig /
2 skuldig bevind. Die klagtes het voortgespruit uit sekere
gebeure wat hulle op 12 Maart 1984 in Johannesburg afge= speel het toe
ene
Kyriacos Anastasiou (die oorledene) aangerand en beroof is. Ten opsigte van die
skuldig= bevinding aan moord is geen versagtende
omstandighede bevind nie, en
die appellante is elk die verpligte dood= vonnis opgelê. In die geval van
die skuldigbevinding
aan roof (wat met verswarende omstandighede gepaard gegaan
het) is hulle elk tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis. Met vérlof
van die
verhoorregter kom die appellante in hoër beroep na hierdie Hof teen hulle
skuldigbevinding aan moord (insluitend die
bevinding dat daar geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie) sowel as hulle vonnisse.
Vir die /
3 Vir die doeleindes van die onderhawige appèl is die
volgende feite of gemene saak of nie in geskil nie. Die oorledene was
'n vennoot
van ene Paizes in 'n kafee-besigheid in Johannesburg wat hoofsaaklik
wegneem-etes voorsien het. Hy het alleen 'n woonstel
bewoon op die dertiende
verdieping van 'n woonstelblok wat bekend staan as "Anchor Towers". Die eerste
appellant was met die oorledene
goed bevriend, en het dikwels na sy kafee
gegaan. Die oorledene het om ongeveer 5 nm op 12 Maart 1984 die kafee gesluit,
en na sy
woonstel teruggekeer. Toe hy die kafee verlaat, het hy die opbrengs van
die dag se verkope, altesame R2 200-00, in die kafee agtergelaat.
Die geld was
in 'n aktetas, wat agter 'n yskas weggesteek is, gebêre. Die oorledene het
die sleutel van die kafee, wat altyd
in
sy /
4 sy besit gebly het, met hom saamgeneem. Kort na sy aan= koms by
sy woonstel het die twee appellante, vergesel van ene Stander, daar
opgedaag.
(Stander was saam met die appellante aangekla, maar is op die moord klagte
vryge= spreek. Hy is ook nie aan roof skuldig
bevind nie, maar wel aan
begunstiging by roof.) Die appellante is aan dwelmmiddels verslaaf, en hulle was
op soek na geld om dwelmmiddels
mee te koop. Hulle het na die oorledene se
woonstel gegaan met die doel om hom te beroof. Nadat die oorledene die deur van
sy woonstel
vir hulle oopgemaak het, het die appellante hom gruwelik aangerand
en ernstig beseer. Ek sal later in groter details die aard en
omvang van die
aanranding op die oorledene behandel. Die appellante en Stander het toe die
oorledene se woonstel
verlaat /
5 verlaat. Voordat hulle egter die woonstel verlaat het, het
die eerste appellant die sleutel van die kafee geneem. Die kafee was
nie ver van
die woonstelblok waar die oor= ledene gebly het, geleë nie. Terwyl die
tweede appellante en Stander op die hoek
van die straat vir hom gewag het, het
die eerste appellant na die kafee gegaan, die deur met die oorledene se sleutel
oopgesluit,
en binnegegaan. Hy het geweet dat die geld in 'n aktetas agter die
yskas gebêre word. Hy het die aktetas bevattende die geld
geneem, die
kafee verlaat, die deur gesluit en by die tweede appellant en Stander
aangesluit. Hulle is toe na Stander se kamer, waar
die geld onder hulle verdeel
is. Van die geld is gebruik om dwelmmiddels mee te koop. Later die aand is al
drie na Vereeniging. Toe
die
oorledene /
6 oorledene se vennoot, Paizes, vroeg die volgende oggend
ouder gewoonte na die kafee gaan, was die kafee gesluit en die oorledene
nie
daar nie. Die oorledene was gewoonlik voor Paizes by die kafee. Paizes het 'n
paar keer na die oorledene by sy woonstel gaan
soek, en aan die deur geklop,
maar geen antwoord gekry nie. Hy het uiteindelik iemand wat bedrewe is met die
oopmaak van slotte gekry
om die deur van die kafee oop te maak, en later ook die
deur van die oorledene se woonstel. Laas= genoemde gebeurtenis het geskied
nadat
Paizes agtergekom het dat die geld in die kafee weg is, en die polisie ontbied
is. Toe die polisie ongeveer 1 nm die oorledene
se woonstel binnegegaan het, het
hulle die oorledene dood op sy bed aangetref. Hy het net 'n onderbroekie
aangehad.
Hy het /
7 Hy het op sy rug gelê. Sy hande was agter sy rug met 'n
gordel vasgevind. Sy voete was ook met 'n gordel vasgebind. Daar was
'n wit
handdoek om sy gesig. Dr Berson, die staatspatoloog wat later 'n nadoodse onder=
soek op die liggaam van die oorledene uitgevoer
het, is na die oorledene se
woonstel ontbied. Hy het die liggaam van die oorledene ondersoek soos dit daar
gevind is. Hy het ter
selfde tyd aantekeninge gemaak van sy bevindings op die
toneel. Met betrekking tot wat om die oorledene se
gesig vasgebind was, het
hy die volgende geboekstaaf:
"A white towel is over the mouth and nose with bloodstaining over the left cheek and mandible. The white towel is tied with a simple cross knot over the right side of the neck. A blue sock passes over the white towel on the right, passing below the right earlobe and is tied below the occipital protuberance
above /
8
above the white towel. A second blue sock is found between the lips and teeth with blood over the sock in relation to the mouth. The second sock is wound around the first described blue sock."
Dr Berson het getuig aangaande sy bevindings by
die nadoodse ondersoek. Hy het 'n ontsaglike aantal bese=
rings op die
oorledene se gesig en liggaam gevind. Afgesien
van 'n menigte kneusplekke en
skaafwonde was daar ook etlike
skeurwonde. Van die vernaamste beserings was soos volg:
'n fraktuur van
die neus; verspreide bloeding onder die
skedel en kneusing van die brein as
gevolg van die toepas=
sing van stomp geweld (blunt force); 'n fraktuur van
die
hioïed-been in die nek; frakture van verskeie ribbes;
'n fraktuur
van die hele linker borsholte by die aansluiting
van die voor- en
middelderdegebied; en 'n fraktuur van die
borsbeen /
9 borsbeen. Die stomp geweld wat die borsbeserings ver=
oorsaak het, het ook skade aan die hart tot gevolg gehad. Daar was verskeie
ander inwendige beserings, onder andere, aan die regter nier en die milt, en
aansienlike bloeding in die buikholte. Volgens dr Berson
gaan 'n fraktuur van
die hioïed-been gewoonweg gepaard met verwurging met die hand. In die
omgewing van die oorledene se nek
is daar 17 liniêre skaafwonde gevind wat
waarskynlik krapmerke was wat deur vingernaels veroorsaak is. Dr Berson het ook
in
sy getuienis na die handdoek om die oorledene se kop en die kous in sy mond
verwys. Volgens hom het dit die indruk gewek van 'n poging
om die oorledene te
versmoor, ofskoon hy toegegee het dat die bedoeling daarmee kon gewees het om te
verhoed dat die oorledene om
hulp roep, maw om sy mond te
snoer /
10 snoer. Na aanleiding van sy bevindings het dr Berson tot die
gevolgtrekking gekom dat die oorledene se dood te wyte is aan veelvuldige
beserings. Hy kon nie enige spesifieke besering uitsonder as die oorsaak van die
oor= ledene se dood nie ofskoon etlike van die beserings
lewens= gevaarlik was.
Na aanleiding van die histologiese toetse wat hy gedoen het, het dr Berson
geskat dat die oorledene dood is
nagenoeg 18 tot 20 uur nadat hy aangerand
is.
In die loop van hulle getuienis het die appel= lante erken dat hulle die
oorledene aangerand het deur hom te skop en met hulle vuiste
te slaan. Volgens
hulle het hulle ten tyde van die aanranding seilskoene aangehad. Nadat die
appellante getuig het, is dr Berson
deur die verhoorregter herroep. Die
appellante se weergawe dat
hulle /
11
hulle, onder andere, die oorledene geskop het met seil=
skoene aan hulle voete, is aan dr Berson gestel. Hy
het toegegee dat die oorledene se beserings hiermee te
versoen is, soos ek
sy getuienis verstaan, met een uit=
sondering. Dit is die fraktuur van die hioïed-been wat
deur
verwurging veroorsaak is. Dr Berson is toe uitgevra
omtrent die
voorsienbaarheid van dood in die lig van sy
bevindings. In die loop van hierdie ondervraging het
dr Berson kommer
uitgespreek oor sy versuim om ook ver=
smoring ás 'n moontlike oorsaak
van dood aan te teken.
Volgens hom kon die handdoek om die oorledene se kop
en
die kous in sy mond sy asemhaling verhoed of belemmer het,
en sodoende
versmoring tot gevolg gehad het. Dr Berson
het later selfs sover gegaan as om
te sê dat versmoring
die /
12
die waarskynlikste oorsaak van die oorledene se dood
is.
Dit blyk nie duidelik uit die getuienis presies
hoe die kous in die oorledene se mond was nie. Adjudant-
offisier Wolhuter, wat eerste op die oorledene se lyk
afgekom het, het getuig dat daar 'n kous in die oorledene
se mond gestop ("stuffed") was. Dr Berson het ook
gaandeweg meer in
dié rigting getuig. Die getuienis tot
dien effek strook egter nie met
dr Berson se gelyktydige
aantekening wat hy na sy aankoms by die oorledene
se
woonstel gemaak het nie. Daar kan dus nie met sekerheid
gesê word
of daar wel 'n kous in die oorledene se mond
gestop was, en of die kous
waarmee die handdoek vasgebind
was bloot deur sy mond gebind was nie.
Hoe /
13 Hoe dit ookal sy, dit is egter duidelik dat die handdoek en die
kous tesame die oorledene se asemhaling of gestuit of belemmer
het, en dat die
vasbind daarvan oor die oor= ledene se gesig en mond, volgens dr Berson, "a very
dange= rous manoeuvre" was. Dr Berson
het ook getuig dat die stuiting van 'n
persoon se asemhaling tot breindood lei, en uiteindelik tot metaboliese
dood.
Dit is onseker presies hoe die aanranding op
die oorledene begin
het, en wat die juiste verloop van
gebeure daarna was totdat die appellante
en Stander die
oorledene se woonstel verlaat het. Uit die aard van
die
saak is net die appellante en, tot 'n mindere mate,
Stander in staat om te
sê wat daar gebeur het. Die
verhoorhof het egter bevind dat hulle baie
swak getuies
was /
14 was, en hulle getuienis in hoofsaak verwerp. Kort
na hulle inhegtenisname het die appellante elkeen 'n vry= willige verklaring
voor 'n landdros afgelê. Hulle relase in daardie verklarings aangaande die
gebeure by die oor= ledene se woonstel verskil in
wesenlike opsigte van mekaar.
Hulle verklarings verskil ook van die getuienis wat hulle tydens hulle verhoor
afgelê het. Daarbenewens
kom hulle getuienis in sekere belangrike opsigte
nie met die bewese feite of die waarskynlikhede ooreen nie. Die verhoorhof het
ook
hulle oordrewe getuienis aangaande die hoeveelheid dwelm= middels wat hulle
die betrokke dag na bewering geneem het, en die mate
waartoe hulle onder die
invloed daarvan was, as vals
verwerp /
15 verwerp. (As gevolg hiervan het hulle aanvanklike
hoofverweer van afwesigheid van wederregtelikheids= bewussyn weens die oormatige
inname van dwelmmiddels volkome deur die mat geval, en is daar tereg nie op
appèl op hierdie verweer gesteun nie.) Daar is
bevind dat die appellante
deurtrapte leuenaars is, en die verwerping van hulle getuienis is ten volle
gereg= verdig. Wat egter vas
bly staan,is dat die appellante na die oorledene se
woonstel gegaan het om hom te beroof; dat die oorledene nie enige aanleiding
tot
die aanranding op hom gegee het nie; dat albei appellante die oorledene
aangerand het; dat hulle met 'n gemeenskaplike opset
opgetree het; en dat hulle
dus mede-verantwoordelik is vir alle fasette van die aanranding op die
oorledene, en
sy dood /
16 sy dood wat as gevolg van die aanranding ingetree het.
Aan die hand van
die mediese getuienis het die verhoorhof bevind dat die appellante 'n
wreedaardige en volgehoue aanranding op die
oorledene gepleeg het in die loop
waarvan hulle hom "pap gemoker" het. Veral die uitgebreide beserings aan die
oorledene se borskas
was deur die verhoorhof beskou as aanduidend van hoe
"ontsettend erg" die aanranding was. In dié verband het die verhoorhof
aanvaar, soos aanvanklik deur Stander getuig, dat die eerste appellant op 'n
stadium toe die oorledene op die vloer gelê het,
op die oorledene se bors
gespring het. Daar is bevind dat die frakture van die oorledene se borskas as
belangrike stawing van Stander
se getuienis in dié opsig
dien /
17
dien. Ofskoon dr Berson nie uitdruklik hieromtrent
uitgevra is nie, regverdig die getuienis hierdie bevinding.
Die verhoorhof het voortgegaan om hom as volg uit te laat:-
"'n Ander aspek van hierdie deurlopende aanranding is daardie ernstige deel wat dr. Berson sê wat baie betekenisvol is en wat die dubbele vas= binding is van die neus en mond van die oorledene. Gepaard met die breuk van die beentjie in die keel wat dui op 'n verwurging is die sewentien 'linear abrasions' in daardie omgewing van die nek, en wat dr. Berson sterk onder die indruk bring dat dit veroorsaak is deur die oorledene in 'n desperate poging om iemand van sy keel af weg te hou en homself nou met sy eie naels op daardie manier krap. Dit toon aan die mate van geweld wat gebruik is by die keel en asem= halingsorgane van die oorledene."
In die lig van die getuienis as 'n geheel het
die verhoorhof tot die
gevolgtrekking gekom dat "(d)it is
die totaliteit van die gebeure wat onses
insiens tot slegs
een resultaat lei, naamlik dat die persone wat
hierdie
aanhoudende/......
18 aanhoudende, wreedaardige, aanval op 'n ander persoon pleeg, hom vasbind,
hom versmoor en hom probeer verwurg, ten minste by moontlikheidsbewussyn,
sy
dood gewil het."
Opset by moontlikheidsbewussyn (dolus eventualis)
vereis bewys dat die appellante daadwerklik die moontlikheid van die oorledene
se dood voorsien het toe hulle hom aange= rand het,
maar onverskillig gestaan
het teenoor die gevolge van hulle optrede. In die onderhawige geval is hierdie
opset afgelei van die bewese
feite. Dié afleiding sou alleenlik geoorloof
wees as dit die enigste redelike af= leiding is wat'die feite regverdig. Op
áppel
is betoog dat die enigste redelike afleiding wat van die feite
gemaak kan word, is dat die appellante redelikerwys die dood van die
oorledene
moes voorsien het (culpa) en dus hoogstens
aan /
19
aan strafbare manslag skuldig is.
Soos reeds aangedui, nadat dr Berson herroep
is, is daar, na aanleiding van sy bevindings by die
nadoodse ondersoek, vrae deur die verhoorregter aan hom
gestel ten einde
sy mening te bepaal aangaande die sub=
jektiewe dan wel objektiewe voorsienbaarheid van die
oorledene se dood. Dr
Berson se antwoorde op die vrae
in die verband is nie altyd volkome duidelik
nie. Sy
beskouing is egter nie van deurslaggewende belang nie.
Die
uiteindelike vraag of die appellante se skuldvorm
dolus eventualis dan
wel culpa is, moes deur die verhoor=
hof beantwoord word aan die hand
van die getuienis in die
geheel, en hang nie net, of selfs oorwegend, van
die
beskouing van dr Berson af nie. Die verhoorhof se afleiding
dat /
20 dat daar opset by moontlikheidsbewussyn was, is gegrond op
aanvaarde en aanvaarbare feite. Die verhoorhof het homself nie met sy
beoordeling van hierdie feite in enige wesenlike opsig waningelig nie. Die
gebeure wat tot die oorledene se dood gelei het, ondersteun
die afleiding wat
gemaak is. Die appellante het na die oorledene se woonstel gegaan om hom te
beroof. Hulle kon hom buite aksie geplaas
het en hulle dpel bereik het sonder om
hom so wreed aan te rand. Die oorledene se beserings getuig van 'n volgehoue,
wreedaardige
en gevoellose aanranding op hom. Die ernstige afmetings wat die
aanranding aan= geneem het, is nouliks vatbaar vir enige ander redelike
afleiding as dat die appellante daadwerklik die moontlikheid van die oorledene
se dood voorsien het. Daardie af=
leiding /
21 leiding word versterk, indien versterking nodig is, deur
die verwurging van die oorledene wat die fraktuur aan sy hioïed-been
tot
gevolg gehad het, en die vasbind van die kous en handdoek om sy mond en gesig.
Gesien die aard en omvang van die aanranding op
die oorledene moes die
appellante besef het, en het hulle by wyse van afleiding inderdaad wel besef,
dat die oorledene reeds ernstig
beseer is toe hulle hom in 'n bewustelose
toestand, met sy hande en voete vasgebind, op sy bed geplaas het. Al was die
moontlikheid
van die oorledene se dood tot dan nog nie voorsien nie, sou selfs
'n persoon van lae intellegensie besef het, gesien die oorledene
se toestand,
dat die vasbind van 'n kous en
handdoek /
22
handdoek om sy mond en gesig noodwendig sy asemhaling of sou afsluit of belemmer, en moontlik sy dood tot gevolg kon hê, veral waar hy nie hulp kon bekom nie omdat daar effektief opgetree is om dit te verhoed. Die enigste redelike afleiding wat dus gemaak kan word,is dat die appellante inderdaad die moontlikheid van die oorledene se dood voorsien het, en onverskillig gestaan het teenoor die gevolge van hulle optrede en of die dood van die oor= ledene sou intree of nie. Gevolglik is die verhoorhof se bevinding dat daar in die geval van die appellante opset by moontlikheidsbewussyn aanwesig was ten volle geregverdig, en kan die appèl teen die skuldigbevinding nie slaag nie. Die verdere vraag wat ontstaan is of die ver= hoorhof fouteer het deur te bevind dat daar geen versag=
tende /
23
tende omstandighede aanwesig is nie. Namens die appel=
lante is betoog dat
(a) die feit dat beide appellante
dwelmverslaafdes was en die betrokke dag dwelmmiddels kon
gebruik het, en (b) die bevinding van dolus eventualis,
hetsy afsonderlik of gesamentlik, versagtende omstandighede
daarstel. Dit is bekende reg dat 'n hof van appèl slegs
met 'n verhoorhof se bevinding aangaande die afwesigheid van
versagtende omstandighede sal inmeng indien daar 'n mis=
tasting of onreëlmatigheid begaan is, of indien die
bevinding, in die lig van al die getuienis beoordeel, van
so 'n aard is dat daar nie redelikerwys daartoe gekom kon
gewees het nie (S v Mongesi en Andere 1981(3) SA 204
(A) op 207 H - 208 A).
Ek het /
24 Ek het reeds daarna verwys dat die verhoorhof die appellante
se getuienis aangaande hulle inname van dwelmmiddels die betrokke
dag, en die
uitwerking wat dit op hulle gehad het, as oordrewe en leuenagtig verwerp het.
Daar bestaan grondige redes vir hierdie
gevolg= trekking. Na aanleiding hiervan
het die verhoorhof bevind dat "by evalueering van die bewysmateriaal wat voor
die hof geplaas
is, speel die sogenaamde dwelminname geen rol nie". Die
appellante moes op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat hulle onder die
invloed van dwelmmiddels opgetree het voordat daardie feit as 'n moontlike
versagtende omstandigheid oorweeg kan word. Hulle het
nie daarin geslaag om dit
te doen nie. Die verhoorhof het egter wel hulle agtergrond en die feit dat
albei /
25 albei appellante dwelmverslaafdes is, in aanmerking geneem.
Ek is nie daarvan oortuig dat die verhoorhof in sy benadering tot die
getuienis
fouteer het nie. Maar al word daar ten gunste van die appellante aanvaar dat
hulle die betrokke dag van dwelmmiddels gebruik
gemaakhet, as daar gelet word op
die beplanning en uitvoering van die rooftog en hulle deurgaans berekende
optrede kan daar nouliks
betoog word dat hulle inname van dwelmmiddels hulle
optrede wesenlik beïnvloed het. Seer sekerlik was die uitwerking daarvan
onvoldoende om hulle morele verwytbaarheid enigsins te verminder. Wat dolus
eventualis betref, is daar betoog, eerstens, dat die verhoorhof fouteer het
om dit nie as 'n moontlike versagtende omstan= digheid te oorweeg
nie en,
tweedens, dat dit wel as 'n
versagtende /
26 versagtende omstandigheid aangeteken moes gewees het.
Daar steek niks in hierdie betoë nie. Ofskoon daar nie na dolus
eventualis as moontlike versagtende omstan= digheid in die verhoorhof se
uitspraak verwys is nie, was die verhoorhof klaarblyklik ten volle
daarvan bewus
dat die appellante se skuld daarop gegrond is. Dié aspek is ook in die
advokate se betoë aangaande versag=
tende omstandighede pertinent onder die
verhoorhof se. aandag gebring. Dit is dus vergesog om te beweer dat die
verhoorhof dit nie
oorweeg het nie. In iedere geval is dolus eventualis
op sigself nie noodwendig 'n versag= tende omstandigheid nie (S v
Sigwahla 1967(4) SA 566 (A) op 571 H) . "Die korrekte benadering is of in 'n
bepaalde geval, in die lig van al die omstandighede, die afwesigheid
van oogmerk /
27 van oogmerk as 'n versagtende omstandigheid aangemerk
moet word, al dan nie" (per JANSEN, AR, in die saak S v Dadla en Andere
1980(1) SA 1 (A) op 3 H). Die wreedaardige, gevoellose en weersinwekkende
optrede van die appellante was sodanig dat, ondanks die
afwesigheid van direkte
opset, daar nie sprake kan wees van verminderde verwytbaarheid aan hulle kant
nie. Gevolglik is daar tereg
bevind dat daar geen versagtende omstandighede is
nie.
Die appèlle van die appellante word afgewys.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
TRENGOVE, AR)
HEFER, AR)
JACOBS, AR)
BOSHOFF,Wn AR)