South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 79
| Noteup
| LawCite
S v Williams and Others (277/86) [1986] ZASCA 79 (21 August 1986)
Download original files |
227/85
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
AGMAT WILLIAMS EERSTE APPELLANT
MELVIN RHODA . TWEEDE
APPELLANT
JOHANNES DE WEE DERDE APPELLANT
DENNIS GROSCH
VIERDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
Coram: VILJOEN, JACOBS, ARR et NESTADT, WAR Verhoordatum: 21 AUGUSTUS 1986 Leweringsdatum: 26 SEPTEMBER 1986
UITSPRAAK VILJOEN, AR
Die/
2. Die vier appellante het as beskuldigdes
1, 2, 4 en 6 saam met twee ander, beskuldigdes 3
en 5, voor 'n Regter en
assessore tereggestaan in
die Hof a quo op 'n aanklag van moord. Hulle
is
almal daaraan skuldig bevind. In die geval van
die vier appellante is
geen versagtende omstandig-
hede bevind nie en hulle is ter dood
veroordeel.
Beskuldigdes 3 en 5 is gevonnis tot gevangenis-
straf van 15 jaar elk nadat daar in hulle gevalle
wel versagtende
omstandighede bevind is.
Met verlof van hierdie Hof, verleen
nadat aansoeke gerig aan die Hof a quo nie ge-
slaag het nie, kom die eerste appellant in hoër
beroep teen die bevinding van die Verhoorhof
dat/
3.
dat geen versagtende omstandighede bestaan het nie en teen die
gevolglike doodvonnis, en kom die ander drie appellante in hoër
beroep teen
hulle skuldigbevinding aan moord sowel as teen die bevinding dat daar geen
versagtende omstan-dighede in hulle gevalle
bestaan het nie en die gevolglike
doodvonnisse.
Daar sal hierna in hierdie uitspraak na die vier appellante verwys word as beskuldig-des 1, 2, 4 en 6.
In die klagstaat is beweer dat die ses beskuldigdes op Dinsdag 24 Januarie 1984 in sel nommer 624 in die Pollsmoor-gevangenis vir Paul Davids vermoor het deur hom te verwurg en 'n gapende
wond/
4. wond in die bors toe te dien.
Die ses beskuldigdes sowel as die oor-
ledene w.as gevangenes wat in die
vermelde sel
toegesluit was op die aand van 24 Januarie 1984.
Toe die sel oopgesluit is
die volgende oggend
25 Januarie 1984 het die gevangenisbeamptes die
lyk van die oorledene in die stort- en toilet-
area van die sel aangetref.
'n Na-doodse ondersoek
is op hom uitgevoer deur prof Smit, 'n patoloog,
wat nie met sekerheid die oorsaak van die dood
kon vasstel nie. Dit kon,was sy mening, óf
veroorsaak gewees het deur verwurging óf deur 'n
gapende wond aan die kant van die borskas. Die
nekbesering het bestaan uit 'n strik-tipe kneus-
merk/
5. merk om die nek en bykomstige skaaf- en kneus-
merke aan die voorkant van die nek. Die band-
merk om die nek was volgens
die patoloog bestaan-
baar met verwurging deur die gebruik van 'n
lyfband
en met gevolglike dood weens versperring van
die asemhaling of
weens afsnyding van die bloed-
stroom na of van die brein of weens neurologiese
hartversaking. Daar was minimale kneusing
van die nekweefsel onder die strikmerk en vol-
gens die getuie was dit heeltemal bestaanbaar met
die verwagte getuienis dat 'n handdoek tussen die
oorledene en die lyfband geplaas is. Die minimale
kneusing kan egter ook verklaar word, meen hy,
deur die moontlikheid dat die werklike
oorsaak/
6. oorsaak die wond aan die bors was wat die long
ook betrek het en dat die oorledene reeds dood
was toe die lyfband om sy
nek geplaas en styf
getrek was. 'n Kneusing van ongeveer een senti-
meter
in deursnit in die nekspiere aan die kant
oor die tiroïde-kraakbeen kon
volgens die getuie
veroorsaak gewees het deur die kruising van die
lyfband wat styfgetrek is. Die ander kneusmerke
aan die nek, so meen hy, is waarskynlik veroor-
saak deurdat die oorledene aan die nek met 'n
hand of hande gedruk en vasgehou is. Weens die
min bloeding in die borsholte was hy van oordeel
dat die oorledene alreeds dood of sterwend was
toe die wond aan die bors toegedien is. Die
verwurging/
7. verwurging sou dan moes plaasgevind het voor die
oorledene die wond toegedien is. Daar was bowen-
dien stuwing van die
aartjies van die brein en
van die konjunktivae van die oë en van albei
die
longe met opsigtelike puntbloedings op die opper-
vlakte van die longe wat
aandul dat oorledene
kon geleef het toe hy gewurg is. Hy kon nie 'n
besliste keuse maak tussen die borswond of die
nekwond as die oorsaak van die dood nie. Sy ge-
tuienis is, na my oordeel, egter meer bestaanbaar met
'n waarskynlikheid
dat die verwurging die toedie-
ning van die wond voorafgegaan het, as andersom.
Afgesien van die patoloog en gevangenis-
beamptes se getuienis, het die Staat die getuienis
van/
8. van 'n gevangene ten tyde van die gebeure aange-
bied. Hy was
ene Roy Petersen. Dit blyk uit
sy getuienis dat die beskuldigdes almal lede
was
van die 28-bende. Hy het 'n beskrywing gegee van
die hiërargie
van die bende. Daar was die soge-
naamde bloedlyn, die kwasi-militêre
afdeling van
die bende, en die privaatlyn, waaraan die minder
belangrike
lede van die bende behoort het. Die
lede van die bloedlyn het aan die regterkant van
die sel geslaap terwyl die lede van die privaat-
lyn aan die linkerkant geslaap het. Volgens
Petersen het beskuldigde 1, 6, 4, 5 en 3 aan die
regterkant geslaap terwyl die ander gevangenes
aan die linkerkant van die sel geslaap het.
Petersen/
9. Petersen het verder soos volg getuig:
Op Dinsdagmiddag, 24 Januarie
1984, het beskuldig-
de 2 'n brief afkomstig van 'n ander sel by
die
traliehek ontvang van 'n ander gevangene wat in
die gang van die
gevangenis aan diens was. Beskul-
digdes 1 en 2 het die brief daar saam
gelees en
beskuldigde 2 het die brief in sy sak gesteek.
Laasgenoemde het
toe almal in die sel byeengeroep
en aan hulle gevra of hulle"bene nog sterk is om
son-af te gaan." Die son-af teken is die teken van
die 28-bende. Almal het daarop bevestigend geant-
woord. Beskuldigde 2 het almal uitgenooi om dit
wat enigiemand op die hart het, te noem. Beskuldig-
de 3 het vir die oorledene beskuldig dat hy
onbehoorlik/
10. onbehoorlik gepraat en saamgewerk het met iemand
wat in die gevangenis buite die sel in die gang
werk. Oorledene het dit
ontken. Daarna is die ander
privaatlyn-manne aangesê om terug na hulle
plekke
te gaan. Die ses beskuldigdes het daarna aan die
regterkant van die
sel by die deur "kring gesit"
dit wil sê 'n hofsitting gehou. Die.ander
gevangenes
in die sel is aangesê om besig te bly met kaartspel.
Hulle het nie
gehoor wat in die krihg gesê of plaas-
gevind het nie.
Na die kringsitting het beskuldigde 1
oorgegaan na die privaatlyn-manne en gesê "Daar
is 'n vuil hond in die tronk" wat doodgemaak moet
word. Die oorledene het op daardie stadium in
die/
11 . die hoek by die stortmuur op die linkerkant van die sel
gelê en boek lees en het volgens Petersen nie ge-hoor wat beskuldigde
1
gesê het nie. Laasgenoemde het weer by die kringsitting aangesluit maar
later weer teruggekeer na die privaat-manne en nou,
ten aanhore van die
oorledene, aangekondig dat oorledene 'n "lyf-straf" opgelê is. Dit het die
oorledene aanvaar. Lyf-straf
beteken sodomie. Uit die gebeure later die nag wat
ek aanstons sal skets is die afleiding onvermydelik dat die nuus wat aan
oorledene
oorgedra is dat slegs lyfstraf opgelê is blote
oë-verblindery was om hom ge-rus te stel. Daar kan min twyfel bestaan dat
die dood-straf reeds op daardie stadium oor hom uitgespreek is. Daarna het die
19h30 klok gelui wat beteken het dat die gevangenes
hulle gereed moes maak om
20h00 te gaan slaap as die tweede klok sou lui.
In die middel van die nag het beskuldigde 1 vir die oorledene met die voet aangeroer en vir hom aangesê om by die beskuldigdes aan die regter-
kant/
12. kant van die sel te gaan lê. Oorledene het
tussen
beskuldigdes 4 en 6 gaan lê met sy kop bo-op 'n
handdoek.
Handdoeke is dikwels deur gevangenes
gebruik as kopkussings. Onder die
besondere
handdoek, egter, was 'n lyfband, in die lengte,
sodat alleen die
punte van die lyfband uitgesteek
het, netjies versteek. Die lyfband het
beskuldigde
6 vroeër van een van die muurkassies in die sel
geneem.
Nadat die oorledene met sy kop op die
handdoek gaan lê het, het beskuldigdes 6 en 4
elkeen 'n punt van die lyfband geneem en dit styf
getrek om die oorledene se nek en hom gewurg.
Beskuldigde 4 het met die een hand die oorledene
se keel toegedruk. Toe die beskuldigde worstel
en/
13. en skop, het beskuldigde 2, wat naby die deur aan
die
linkerkant van die sel geslaap het opgestaan
en die oorledene se voete
vasgehou. Terwyl die
oorledene op dié wyse aangerand is, het
beskuldig-
de 1 aan die regterkant van die sel op sy slaap-
plek
gelê.
Die oorledene is daarna vanaf die plek waar die verwurging
plaasgevind het deur beskul-digdes 1, 2, 4 en 5 na die stortafskorting
gedra.
Beskuldigdes 3 en 6 het wag gestaan.
Petersen sê hy kon nie vanwaar hy gelê
het sien wat in die
stortafskorting gebeur nie.
Hy het egter 'n geluid soos van 'n snyery met
'n
stomp voorwerp gehoor. Hy het ook beskuldigde 1
se stem gehoor wat sê, "Die ding se bloed ruik
nogal/
14. nogal lekker." Beskuldigde 1 het daarna met die lyf-
band uit die stort-afskorting gekom en beskuldigdes
1 en 5 het toe die
oorledene se muurkassie deurgesoek.
Beskuldigde 5 het die oorledene se bril
opgesit en
dit toe aan beskuldigde 1 gegee. Beskuldigde 6 het
op hierdie
stadium 'n handdoek wat 'n gevangene, Pieter
Mampies, as kopkussing gebruik
het, geneem en water
wat uit die latrine oorgeloop het, van die
selvloer
opgedroog. Beskuldigde 1 het toe almal in die sel
wakker gemaak
en in tronktaal verklaar dat die werk
klaar gedoen is. Hy het die gevangenes in die
sel ook gewaarsku dat as enigeen van hulle as
staatsgetuie sou optree, hy, beskuldigde 1, drie
van die beskuldigdes wat in die hof aangekla word
sou/
15. sou laat uithaal, met ander woorde hy sou sorg
dat hulle vrygespreek word sodat daardie drie
kan sorg dat die verraaier
doodgemaak word.
Aldus die getuienis van Petersen.
Nadat die oorledene se liggaam die vol-
gende oggend deur 'n
gevangenisbeampte in die
stortafskorting gevind is, is die polisie
ontbied.
Speurderkonstabel Kilian is saam met 'n fotograaf
daarheen. Hy
het die gevangenes van die sel be-
veel om by hulle slaapplekke van die
vorige nag
te staan en 'n foto is van hulle geneem. Voor dit
het beskuldigde 3 van die regterkant van die sel
na die linkerkant oorgestap. Daarna is sekere
fotos geneem. Konstabel Kilian het die vraag ge-
stel/
16. stel "Wie dra kennis van die persoon wat in
die
stortafskorting lê?" Beskuldigdes 1, 2, 4, 5 en
6 het hulle
hande opgesteek. Hulle het terself-
dertyd na vore getree. Toe die vraag
gestel is,
het beskuldigde 3 weer oorgestap van die linkerkant
na die
regterkant en hom by die ander beskuldigdes.
daar gevoeg. Beskuldigde 2 het
egter aan hom gesê:
"Luister, gaan terug. Jy weet niks van die ding
af nie." Volgens Kilian het beskuldigde 3 egter
by die ander beskuldigdes bly staan.
Afgesien van die getuienis wat ek dusver
opgesom het, het die Staat ook vrywillige verkla-
rings wat beskuldigdes 4, 5 en 6 gemaak net, aan
die Hof beskikbaar gestel, sowel as die notule
van/
17. van die pleitverrigtinge voor die landdros.
Beskuldigde 1 het tydens die pleitver-
rigtinge voor die landdros skuldig
gepleit op die
moordaanklag, maar in die Verhoorhof onskuldig
daarop
gepleit. Hy het voor die landdros 'n rede-
like volledige verklaring verstrek van wat, volgens
hom, in die sel gebeur het. Sy getuienis in die
Hof a quo het egter
in 'n hele aantal opsigte ver-
skil. Selfs in laasgenoemde Hof was daar weerspre-
kings in sy getuienis en op een stadium het hy,
by monde van sy advokaat, 'n aansoek gerig om sy
saak te heropen om ander getuienis voor die Hof te
plaas. Die Hof a quo het getuienis ter ondersteuning
van sy aansoek aangehoor maar het daarna, om goeie
redes/
18. redes, na my oordeel, die aansoek geweier. Die
grond wat hy
aangevoer het was dat hy vir beskul-
digdes 2 en 3 wat hy in sy getuienis
verontskuldig
het, wou impliseer omdat, so het hy beweer, hulle
hom
geintimideer het totdat hy alleen in 'n sel
opgesluit is.
Sy hoofgetuienis in die Verhoorhof was
wesentlik die volgende: Hy is 'n
privaat-lid van
die 28-bende en nie van die bloedlyn nie. Hy
persoonlik het die doodvonnis op die oorledene
gevel. Die brief waarna verwys is, is by die sel
afgelewer deur iemand wat gevra het na beskuldigde
2 maar dat beskuldigde 2 nie teenwoordig was nie
omdat hy 'n besoek by die welsynsbeampte afgelê het.
Beskuldigde 1/....
19. Beskuldigde 1 het toe self die brief ontvang. Ek
onderbreek die opsomming van sy getuienis om op te
merk dat sy bewering
dat beskuldigde 2 op daardie
dag by die welsynsbeampte was, 'n leuen is
want
inskrywings in die gevangenisregisters het getoon
(en dit was gemene saak) dat beskuldigde 2 en die
oorledene die vorige
dag, 23 Januarie, by die
welsynsbeampte was maar daardie dag, 24
Januarie,
was hulle wel in die sel. Beskuldigde 1 het voort-
gegaan om te getuig dat hy die brief gelees het en
dat die brief verklaar het dat daar 'n man in die
gevangenis is wat die vorige Vrydag in die hof
verskyn het - 'n man wat die bende-lede se"bene
swak gemaak"het deur aan die adjudant-offisier
van die/
20. van die gevangenis te vertel van 'n mes wat in
sel 624
deur die gevangenes weggesteek is. Die
sel is deursoek en die mes is gevind
op die oggend
van die betrokke Dinsdag, 24 Januarie. Almal in
die sel het
geweet dat die oorledene die vorige
Vrydag in die hof verskyn het. Hy is toe
deur
hom, beskuldigde 1, verdink as die persoon wat
verklik het.
Nadat hy die brief gelees het, sê beskul-
digde 1, het hy self al die manne van die privaat-
lyn byeengeroep, die brief aan hulle voorgelees en
navraag gedoen maar niemand kon enige lig werp op
die aangeleentheid nie. Nadat beskuldigde 2 terug-
gekom het in die sel, het hy die brief aan beskul-
digde 2/
21. digde 2 gegee. Daarna het beskuldigde 1 weer al
die
privaatlyn-manne byeengeroep en weer 'n slag verneem of iemand lig kon werp op
die aantyging in die brief gemaak. Hy het aan hulle
gesê as hulle die man
vind wat hulle verraai het ten aan-sien van die mes, daardie man 'n les geleer
moet word. Hy moes doodgemaak
word.
Die aandklok het toe gelui en die seldeur is toegesluit. Hy, beskuldigde 1, het toe op sy plek gaan lê langs die deur aan die regterkant met die manne van bloed. Toe hoor hy iemand buite die sel vir beskuldigde 2 roep. Dit was 'n gevangene van sel 626 wat die bynaam Gums gedra het. Hierdie Gums het bevestig dat dit die oorledene was wat
Vrydag/
22. Vrydag by die hof was. Hy het daarna vir die
derde keer al
die privaatlyn-manne byeengeroep
en hy het vir die oorledene gevra na die
inhoud
van die brief. Oorledene het erken dat hy wel
met beamptes in die
gang van die gevangenis ge-
praat het toe hy die dag die hof bygewoon het
maar hy het ontken dat hy
oor die mes gepraat het
of enigsins iets ten nadele van iemand in die sel
met hulle bespreek het.
Hy, beskuldigde 1, het
toe aan almal in die sel gesê dat 'n man wat buite
die sel met beamptes praat, doodgemaak moet word.
Almal het saamgestem, die bende-woord "saluut" en
die bende-teken met die oplig van die hand gegee.
By hierdie vergadering het hy vir beskuldigde 2
gevra/
23. gevra of hy iets te sê het oor die bewering in die
brief. Beskuldigde 2 kon nie enige lig werp nie behalwe dat, volgens
hom,
beskuldigde 3 wel bevestig het dat die oorledene buite die sel met een van die
beamptes gepraat het. Beskuldigde 3 het egter
bygevoeg dat dit nie oor die mes
was of enigiets anders ongeoorloof nie, maar oor goed wat in die tronk
ingesmokkel is vir die oorledene.
Later die aand het hy, beskuldigde 1,
wakker geword en gesien dat beskuldigde 2 met die oorledene kaart speel. Hy het
beskuldigde
2 be-rispe omdat hy met die oorledene wat hy as 'n ver-klikker in
verband met die mes verdink het, kaart gespeel het, maar beskuldigde
2 het nie
hierop
gereageer/
24
gereageer nie. Hy het toe opgestaan en vir 'n
vierde keer al die
privaatlyn-manne byeengeroep. Hy het vir beskuldigde 2 weggestuur na die
regter-kant van die sel waar die mense
van bloed was. Hy vra toe vir die
privaat-mense wat met oor-ledene gedoen moes word. Almal het in bende-taal
aangedui dat hy gedood
moes word. Hy het toe
'n bende-hof byeengeroep wat
bestaan het uit homself en beskuldigdes 4, 6 en Gavin Daniels. Oorledene is
geroep om die hofsitting
by te woon. Hy wat beskuldigde 1 is het die oorledene
toe skuldig bevind en die doodstraf opgelê. Die oorledene het daarna
na sy
slaapplek teruggekeer. Daarna het hy vir beskuldigde 2 gesê dat hy weer 'n
hof byeen
gaan/
25.
gaan roep, die "vier punte van twee" met ander
woorde vier lede van die
tweede afdeling, die privaat-manne, wat hy toe gedoen het. Dit het bestaan uit
beskuldigde 3 en ene Vingers
(Pieter Mampies), Roy Petersen wat as aanklaer sou
optree en beskuldigde 1 self. Die hof het toe 'n mindere vonnis van lyfstraf
gevel
wat deur Mampies aan die oorledene oorgedra is. Volgens hom het die
oor-ledene nou vir die eerste keer geweet wat sy vonnis was,
wat 'n weerspreking
was van sy vorige getuienis dat die oorledene geweet het dat die doodvonnis oor
hom uitgespreek is. Volgens hierdie
latere getuienis van hom het die oorledene
nie die vroeëre sitting bygewoon nie.
Die/
26. Die oorledene het volgens hom toe na die
regterkant van die sel
gêgaan waar hy sy lyfstraf
sou ontvang. Daar is hy gesodomeer deur
beskuldig-
de 4 en daarna het beskuldigde 4 en 6, toe hy by
beskuldigde 6
gaan lê het, hom gepak. Beskuldigde
6 het sy arm om die oorledene se
nek geplaas en
hom met die armgreep gewurg. Beskuldigde 4 het hom
met sy
kaal hande gewurg. Hy, beskuldigde 1, het
toe 'n pen in die linkerkant van die oorledene se
bors met 'n skoen ingeslaan. Oorledene was toe
alreeds bewusteloos. Hy kry
toe 'n politoerblik se
deksel, wat hulle gebruik het as 'n snyding, in die
hande en sny die oorledene se bors daar op die
slaapplek oop. Hy en beskuldigdes 4 en 6 dra d ie
oorledene/
27. oorledene toe na die stortafskorting. Daar hét
hy weer aan die oorledene se bors gesny om seker
te maak dat hy dood is.
Hy het sy hand in die
wond ingesteek en die oorledene se ingewande
los-
geruk.
Daarna is hy na beskuldigde 2 waar hy,
onbewus van wat aangaan, gelê
en slaap het en
verwyder die komberse van sy kop. Hy deel hom
toe mee dat
die oorledene nou dood is. Hy gelas
beskuldigde 2 om die volgende oggend te
erken dat
hy aandadig was as hulle gekonfronteer word. As
hy dit nie doen nie, sou met hom ook gebeur wat
met die oorledene gebeur
het. Hy het toe al die
privaat-lede, onder wie beskuldigde 3 was, in die
sel/
28. sel ook wakker gemaak en vir hulle aangesê om oor
te gaan na die bloedafdeling om daar vir die bloed-
manne beskikbaar te
wees vir sodomie-doeleindes.
Hy het getuig dat beskuldigdes 4 en 6 in die
stort-
afdeling was terwyl hy die oorledene daar gesny het.
Hy erken dat
hy met die lyfband in die hand daar
uitgekom het, maar hy ontken Petersen se
weergawe
dat beskuldigdes 4 en 6 vir die oorledene met die
lyfband gewurg het. Hy sê dit was sy eie lyfband
gewees. Die lyfband was om die oorledene se nek
terwyl hy met die oorledene in die stort- en toilet-
afskorting doenig was. Hy het geweier om te ver-
klaar hoe die lyfband om die oorledene se nek
gekom het.
Toe/
29.
Toe die polisie die volgende oggend vra wie van hulle kennis dra van
die man in die stort, het hy sy hand opgesteek want hy erken
dat hy die
oorledene doodgemaak het. Beskuldigdes 6 en 4 het ook, deur hulle hande op te
steek, dieselfde er-kenning gemaak. Beskuldigde
2 het nie sy hand opgesteek nie
want hy het niks gedoen nie. Dit was hy self en nie beskuldigde 2 nie, sê
hy, wat vir beskuldigde
3 gesê het hy moet nie vooruit staan en sy hande
opsteek nie, want hy het niks gedoen nie. Hy ontken Roy Petersen se getuienis
dat hy in die stortafskorting die opmerking gemaak het dat die oorledene se
bloed lekker ruik en ont-ken ook sy getuienis dat hy
gedreig het dat, as
daar/
30. daar iemand sou wees wat staatsgetuie word, hy
sou sorg dat 'n paar manne vrygespreek word om met
so 'n verraaier af te reken.
Beskuldigde 2 het getuig dat hy en die
oorledene op Dinsdagoggend, 24
Januarie, na die
welsynbeampte was. Ek onderbreek weer deur op te
merk dat
dit 'n leuen is want dit was gemene saak
dat hy en die oorledene op Maandag,
23 Januarie,
daar was. Dit was beskuldigdes 4 en 6 wat Dinsdag
daar was. Hy het voortgegaan en getuig dat beskul-
digde 1 aan hom die brief gegee het nadat hy
teruggekeer het. Hy het die brief gelees en hy
roep toe almal in die sel - privaat- sowel as
bloedlynmanne - bymekaar en vra hulle of hulle
weet/
31.
weet van die bewering in die brlef dat daar 'n
verraaier
in die sel is. Geeneen het kennis
daarvan gedra nie en hy het toe die brief
op-
geskeur en in die snippermandjie gegooi. Die
tyd is' daarna verwyl met die gebruiklike kaart-
spel. Later die aand hoor hy iemand, Gums, van
sel 626 hom roep. Gums vra hom of hy die brief
ontvang het en het toe die verraaier geidentifiseer
as die persoon wat die vorige Vrydag in die hof
verskyn het. Hy roep toe vir die tweede maal
almal in die sel bymekaar om vir hulle te vra
oor die inhoud van die brief en ook met verwysing
na die mes wat in die sel gevind en tabak wat in
die sel gesteel is. Niemand het die oortredings
erken/
32. erken nie. Hy het toe die saak met beskuldigde 1
bespreek
en hy het toe besluit dat daar 'n kring-
sitting van vier punte moes wees om
te bepaal wie
die skuldige is. 'n Hof is toe deur beskuldigde 1
saamgestel
wat uit beskuldigdes 1, 3, Mampies en
Roy Petersen bestaan het. Hy,
beskuldigde 2, weet
nie wat daar plaasgevind het nie want hy het nie
saam
gesit nie. Mampies het later vir hom gesê dat
die hof slegs 'n lyfstraf
opgelê het met geen sprake
van die doodstraf nie.
Kort daarna het die eerste aandklok gelui
en almal het na hulle slaapplekke gegaan. Hy het
op sy plek gaan lê, 'n bietjie dagga gerook en toe
geslaap. Gedurende die nag het beskuldigde 1 na
hom/
33. hom gekom en hom wakker gemaak en vir hom gesê
"ek het daardie hond sonaf gegooi" menende hy het
die oorledene
doodgemaak. Hy, beskuldigde 2, het
geprotesteer maar beskuldigde 1 het vlr
hom gesê
as hy nie oppas nie sal hy, beskuldigde 2,
dieselfde
paadjie loop. Hy het toe maar stilgebly en sy kop
toegetrek maar
hy kon nie verder slaap nie. Die
volgende oggend het hy opgestaan en sien toe
vir
die eerste keer die oorledene waar hy in die toilet
lê. Hy het gedink die oorledene het daar geslaap
want dit was 'n
warm nag en dit was die oorledene se
gewoonte om daar te slaap. Hy het homself later
egter weerspreek en gesê dat hy nie die kombers van
die oorledene verwyder het nie want hy het geweet die
oorledene is dood. Die volgende móre het hy vir
beskuldigde 3/....
34
beskuldigde 3 gevra of hy weet van die man wat in
die stort
lê. Beskuldigde 3 het gesê hy is ook
maar net die nag wakker
gemaak en daarvan gesê. Die
volgende oggend het hy by besk 3 aan die
regter-
kant gaan sit waar hy maar elke oggend sit. Toe die
polisie
sê dat almal by hulle slaapplekke moet staan,
het hy somaar daar aan
die regterkant bly staan omdat
hy kwaad was omdat die oorledene gedood is. 'n
Ander
rede waarom hy daar bly staan het was omdat hy
deurmekaar was. Die
Hof a quo het gemeen hy sin-
speel op die dagga wat hy gerook het. Op 'n stadium
het hy egter weer getuig dat hy die oorledene die
volgende oggend vir die eerste keer gesien het toe
die polisie hom daar wegdra.
Toe die polisie daar gevra het wie kennis
van/
35. van die lyk in die stort het, het hy erken dat
beskuldigde 3 oorgestap het. Hy het vir beskuldig-
de 3 gevra waarheen hy
gaan omdat, so het hy
beweer, beskuldigde 3 niks van die saak geweet
het
nie. Hy self het uitgestaan maar hy het nie
sy hand opgesteek nie. Hy het
uitgestaan omdat,
so het hy verduidelik, hy nie geweet het wie
die
oorledene gedood het nie. Hy het egter 'n ander
rede ook verstrek
waarom hy uitgestaan het en dit
is omdat hy die huisbaas is (die "trustee" wat
verantwoording moet doen).
Hy het ontken dat hy
vir beskuldigde 1 gehelp het om die oorledene na
die stortafskorting te dra - 'n bewering wat aan
hom gestel is deur die advokaat vir beskuldigde 4
- of dat/
36.
- of dat hy die oorledene se arms vasgehou het terwyl hy
gewurg is.
Hoewel beskuldigde 3 nie 'n appellant is nie, verwys ek ook na sy getuienis
omdat die saak van die appellante in die lig van die getuienis
as 'n geheel
beoordeel moet word.
Beskuldlgde 3 het getuig dat hy met die oorledene in
daardie sel geplaas is drie dae voor die oorledene se dood. Hy het toe eers lid
van die 28-bende geword en het min kennis van bende-aangeleenthede gehad. Hy het
getuig dat beskuldig-de 2 self op daardie Dinsdag
die brief ontvang het wat hy
vir beskuldigde 1 gewys het. Hy het dit nie aan eniglemand anders uitgelees nie.
Toe die
seldeur/
37. seldeur vir die nag gesluit is, het beskuldigde
2 gaan sit by die bloed-afdeling aan die regter-
kant van die sel.
Beskuldigde 2 het na die sel-
venster gegaan en met iemand in 'n ander sel
gepraat.
Daarna is beskuldlgde 2 terug na die regterkant
van die sel waar
hy met beskuldigdes 1, 4, 5 en'6,
Gavin Daniels en Steven April - almal
bloedmanne -
gepraat het. Daarna het beskuldigde 2 by die sel-
deur gaan
staan en al die manne in die sel byeen-
geroep. Almal het daar in 'n kring
gesak. Beskul-
digde 2 het die bende-saluut gegee en vir hulle
vertel dat die man wat Vrydag hof toe was, dit wil
sê die oorledene, die beamptes vertel het van die
mes wat daarna in die sel deur die beamptes gevind
is. Volgens/
38.
Volgens beskuldigde 3 het die oorledene
skuld
ontken. Hy, beskuldigde 3, wat die man is wat saam
met die oorledene
'n paar dae vantevore in die sel
ingebring is, is toe gevra wat hy kan getuig. Hy
het toe gesê dat
die oorledene wel met hom gepraat
het oor die mes en die gesteelde tabak,
maar niks
gepraat het daaroor met 'n beampte of ander persoon
buite die
sel nie. Daarna het beskuldigdes 1, 2
en 5 en Daniels 'n hofsitting by die seldeur gehou.
Dit was die sogenaamde
4 punt (4 lede) van een
(dit wil sê die eerste afdeling) hofsitting en dit
bestaan uit mense met 'n hoë rang of wat hoë amps-
draers is en wat die ernstige sake van die bende
beslis. Na die verdaging van hierdie hof het
beskuldigde/
39.
beskuldigde 2 na hom, begkuldigde 3, gekom en hom gevra of hy al op 'n
hof van vier punte van twee, dit wil sê van die tweede
afdeling naamlik
die laerhof, gesit het en toe is sodanige hof, be-staande uit beskuldigdes 1, 3,
Mampies en Roy Petersen saamgestel.
By hierdie hof is dit aan die lede van die
hof oorgedra, deur beskuldigde 1 vermoedelik, dat die hoërhof wat alreeds
die oorledene
gevonnis het, hom slegs gevonnis het tot lyfstraf weens verraad en
Mampies het toe aan die oorledene oorgedra wat sy straf is.
Daarna het hulle gaan slaap en beskuldigde 3 sê hy het langs oorledene se slaapplek gelê. Laat die nag is hy, beskuldigde 3, deur beskuldigde
1 wakker/
40. 1 wakker gemaak wat toe aangekondig het: "Die
werk is
gedala. Saluut.. Daardie hond is son-
af gegooi." Hy, beskuldigde 3, het toe
na die
stortafskorting gegaan waar hy gesien het waar
die oorledene dood
lê.
Toe die polisie die volgende oggend daar
kom, het hy, beskuldigde 3, aan
die linkerkant van
die sel gestaan. Daar is gevra wie kennis dra van
die
oorledene en hulle is aangesê om hulle kaartjies
met hulle name daarop
voor hulle te hou. Hy het
toe oorgestap maar dit is omdat hy sy kaartjie by
die muurkassie wou gaan haal en nie as reaksie op
die versoek dat almal wat iets weet vooruit moet
staan nie. Hy het ook nie sy hand opgesteek nie.
Dit/
41.
Dit was beskuldigde 2, sê hy, wat vir hom gesê het hy moet
teruggaan want hy weet niks van die saak nie. Hy betwis die
getuienls van die
polisieman dat hy bly staan het aan die regterkant van die sel. Hy sê hy
het sy kaartjie gaan haal en toe
teruggegaan na die linkerkant van die sel. Hy
het die aantyging wat namens beskuldigdes 4, 5 en 6 onder kruisverhoor aan hom
gestel
is dat hy die vloer opgevee het, ontken.
Beskuldigde 4 het getuig dat hy 'n soldaat
sonder rang van die 28-bende is. Hy het korrek
getuig deur te beweer dat hy en beskuldigde 6
daardie oggend na die welsynsbeampte was. Die
brief is aan beskuldigde 2 oorhandig nadat hulle
teruggekom het. Beskuldigde 2 het dit gelees en
dit in sy sak gedruk. Ongeveer llhOO, na die
sogenaamde/....
42. sogenaamde middagete, het beskuldigdes 1, 2 en 3
weer saam gesit en
die brief gelees. Hulle het
die dag verder met die gebruiklike kaartspel
ver-
wyl tot na die derde maaltyd of aandete in die
vroeë middag, toe
die seldeur toegesluit is.
Daarna het beskuldigde 2 al die privaatmanne
by-
eengeroep by die traliedeur. Die soldate egter,
sê beskuldigde
4, het nie aangesluit nie maar apart
gesit en kaart speel. Beskuldigde 4 het
getuig
dat hy nie weet wat by hierdie samekoms in die sel
bespreek is nie. Almal het daarna op hulle gebruik-
like plekke gaan slaap, sê hy. Gedurende die nag
het hy wakker geword en deur die slaap soos hy
was, het hy opgestaan om na die toilet te gaan. Hy
sien/
43. sien toe mense kom tussen die twee rye slaap-
plekke deur in
die toilet se rigting. Dit was
beskuldigdes 1 en 2.wat die oorledene gedra
het.
Hy sê hy het groot geskrik en hy let toe ook op
dat beskuldigde
3 besig was om met 'n lap die
vloer op te vee by die seldeur. Hy,
beskuldigde
4, het toe vooruit gestap na die toilet en terwyl
hy daarbinne
was het beskuldigdes 1 en 2 die oor-
ledene daar ingedra. Hulle twee dreig
hom toe met
die dood as hy nie pad gee nie. Hy gaan toe na sy
lêplek en vind beskuldigdes 5 en 6 daar op hulle
plekke lê. Hy vra toe vir beskuldigde 5 wat gebeur
het. Laasgenoemde maan hom om stil te bly en deel
hom mee dat hy, beskuldlgde 5, en beskuldigde 6
alles/
44. alles gesien het en dat hulle dit vir die beamptes
sal
vertel. Daarna het beskuldigdes 1, 2 en 3 vir
hom, beskuldigde 4, geroep en
vir hom gesê dat
hy saam met hulle moet uitstaan vir die moord.
Toe
hy sy onwilligheid te kenne gee het hulle gedreig
om hom dood te maak.
Beskuldigdes 1, 2 en 3 het
vir beskuldigdes 5 en 6 aangesê om ook die
volgende
oggend uit te staan en ook vir hulle met die dood
gedreig as
hulle dit nie sou doen nie. Hy, beskul-
digde 4, en beskuldigdes 5 en 6 het toe die volgende
oggend saam met beskuldigdes 1, 2 en 3 uitgestaan.
Nadat hierdie gesprek tussen beskuldigdes 1, 2 en
3 aan die een kant en 4, 5 en 6 aan die ander kant
plaasgevind het, het beskuldigde 1 almal in die
sel/
45.
sel wakker gemaak en is van die gevangenes beveel om water van die
toilet wat oorgeloop het op die selvloer, op te droog.
Na beskuldigde 5, wat
ook nie 'n appellant is nie, se getuienis verwys ek ook kortliks om dieselfde
rede as dié gemeld ten
aansien van be-skuldigde 3. Hy het getuig dat
beskuldigde 2 die brief ontvang en gelees het. Daarna, sê hy, het die
gevangenes
hulle middagete in die sel ontvang en daarna is die deur gesluit.
Beskuldigdes 1, 2 en 3 het by die deur gesit en die brief gelees.
Die drie staan
toe op en gee die bende-handsaluut. Hulle het niks aan die ander gevange-nes van
die brief gesê nie en hulle
ook nie vertel
van/
46.
van enige besluit wat hulle klaarblyklik geneem het nie. Die middag
het verloop met kaartspeel en nadat hulle aandete genuttig het
om ongeveer 16h00
het beskuldigdes 1, 2 en 3 weer bymekaarge-kom waarna beskuldigde 2 vir Kevin
Daniels gesê het dat die oorledene
'n lyfstraf opgelê is vir wat hy
gedoen het. Hy, beskuldigde 5, het hom nie daaraan gesteur nie want hy weet nie
wat dit be-teken
het nie. Die gevangenes het toe kaart ge-speel totdat die 20h00
klok gelui het en almal op hulle plekke gaan lê en slaap het.
Hy het aan
die regterkant gaan lê tussen beskuldigdes 4 en 6. In die nag het hy
wakker geword van 'n gestoei en gesteun. Hy
sien toe beskuldigde 1 het sy arm
om
die/
47
die oorledene se nek en wurg hom. Oorledene het
op
beskuldigde 1 se bed gelê naby die seldeur. Volgens hom was daar geen
lyfband gebruik nie. Terselfdertyd sit beskuldigde
2 op oorledene se bors en
beskuldigde 3 hou sy voete vas. Beskul-digde 2 het na 'n ruk vir beskuldigde 1
gesê: "Los hom. Hy
is vrek." Daarna, sê hy, het be-skuldigde 2 vir
oorledene met 'n blik gesny daar op beskuldigde 1 se slaapplek. Beskuldigde
4
het wakker geword, sê hy, en toe beskuldigde 1 en 2 die oorledene na die
toilet dra het beskuldigde 4 hulle vooruit geloop
en het eerste in die toilet
gegaan, soos beskuldigde 4 getuig het. Hy sê beskuldigde 4 het toe na sy
plek teruggekeer en
op/
48.
op hierdie stadium het beskuldigde 6 op sy bed
wakker gelê.
Beskuldigde 3 het die selvloer by
die deur opgevee en toe het beskuldigdes 1,
2 en 3 vir beskuldigdes 4, 5 en 6 geroep, soos deur beskuldigde 4 beskryf en
hulle gedreig
as hulle nie sou uitstaan die volgende oggend nie. Beskul-digde 5
ontken enige aandeel deur homself in die aanval op die oorledene.
Hy ontken ook
dat hy wag gestaan het by die venster van die sel toe die oorledene gewurg is of
na die toilet gedra is.
Beskuldigde 6 se weergawe kom wesentlik ooreen met dié van beskuldigde 5. Hulle verkla-rings voor die landdros kom ook in 'n groot mate ooreen. Beskuldigde 6 het egter een feit vermeld
wat/
49.
wat beskuldigde 5 nie genoem het nie en dit is dat daar 'n tweede kringsitting was waarby beskul-digdes 1, 3, Mampies, Petersen en die oorledene betrokke was. Beskuldigde 2 het daarna al die priyaatlede byeengeroep terwyl die soldate - onder wie beskuldigde 6 ook was - eenkant gesit het en nie aan die verrigtinge deelgeneem nie. Beskul-digdes 1 en 2 het daarna met mekaar gesels en beskuldigde 2 het aangekondig dat die oorledene slegs 'n lyfstraf opgelê is. Almal het na die klok se gelui, soos wat beskuldigde 5 ook getuig het, op hulle plekke gaan lê. In die nag, sê beskuldigde 6, word hy wakker van 'n skree-geluid en hy sien beskuldigde 1 wurg oorledene met 'n
arm/
50.
arm om sy nek, beskuldigde 2 sit bo-op sy bors en beskuldigde 3 hou sy
voete vas. Hy sê ook, net soos beskuldigde 5, dat alles
op beskuldigde 1
se slaapplek plaasgevind het. Hy verskil van beskuldigde 5 in die klein opsig
dat dit beskuldig-de 1 was, en nie
beskuldigde 2 nie, wat.gesê het "Los
hom, hy is vrek". Hy het ook getuig dat beskuldigde 2 die oorledene daar op die
lê-plek
met 'n blik gesny het en dat beskuldigdes 1 en 2 vir die oorledene
na die waskamer gedra het terwyl beskuldigde 3 die selvloer by
die deur met 'n
lap skoongevee het. Hy het, net soos beskuldigde 5, getuig dat beskuldigde 4 na
die waskamer gegaan het en teruggekeer
het en hy het ook getuig van
die/
51. die dreigemente deur beskuldigdes 1, 2 en 3 teenoor
4, 5 en 6
dat hulle moet uitstaan vir die moord
die volgende dag. Beskuldigde 6 het
getuig dat
hy wel die volgende dag na vore gestap en sy
hand opgesteek het
toe die polisie vra wie kennis
dra van die lyk. Hy het egter ontken dat hy
die
oorledene gewurg het met die lyfband.
Uit die getuienis hierbo opgesom blyk
dit hoe uiteenlopend die relase van
die beskuldig-
des was. Om hierdie rede moes die Verhoorhof
staat maak op
Petersen se getuienis van wat in
die sel gebeur het. Die Hof het inderdaad
bevind
dat daar wel op sy getuienis staat gemaak kan word.
Die
Verhoorregter het gewys op sekere oënskynlike
onbestaanbaarhede/...
52.
onbestaanbaarhede in sy getuienis waaronder sy
uiteenlopende
getuienis ten aansien van wie wag gestaan het by die venster van die sel terwyl
die oorledene aangerand is en/of na
die afskorting gedra is. In die uitspraak is
daarop gewys dat in Petersen se verklaring aan die polisie hy gesê het dat
dit
beskuldigdes 1, 2, 5 en 6 was wat die oorledene na die stortafskorting gedra
het terwyl hy in sy getuienis eers gesê het dit
was beskuldigdes 1, 2, 4
en 5 en op 'n stadium tydens sy kruisondervraging het hy gesê dat
be-skuldigde 1 nie gedra het nie
maar op sy bed gelê het en dat dit
beskuldigdes 2, 4 en 6 was wat
gedra het. Die Hof het egter bevind dat hy op
die/....
53. die stadium deurmekaar was. Die Hof wys daarop
dat die getuie self met die verduideliking tevoor-
skyn gekom het (dit het
nie as gevolg van kruis-
ondervraging uitgekom nie) dat hy onseker is
wie
die dra-werk gedoen het. Die Hof het bevind dat
die getuie nie
oneerlik was of bewustelik vals
getuig het nie. Ten aansien van die feit wie
by
die venster gestaan het,het hy in sy verklaring
aan die polisie
gesê dit was beskuldigdes 3 en 4
terwyl hy in sy getuienis gesê het dit was 3 en 6
en tydens kruisondervraging het hy op 'n stadium
ook beskuldigde 5 genoem. Ten aansien van hierdie
oënskynlike uiteenlopende getuienis het die getuie
twee verduidelikings verstrek. Hy het gesê die
persone/
54.
persone wat wag gestaan het, het mekaar afgelos.
Hy
het ook in sy getuienis gesê dat sy beëdigde
verklaring dat
beskuldigde 4 ook daar gestaan het,
verkeerd is en dat dit beskuldigde 3 en 6
was.
Vir die Verhoorhof was dit redelik duidelik dat,
op die hoogste
gestel, dit 'n geval was van die ge-
tuie se onsekerheid as gevolg van
foutiewe waar-
neming of 'n onsekere herinnering. Die Hof het
bevind dat
hy nie oneerlik was nie.
Dit was gemene saak dat die getuie twee
dae voor die tyd deur sekere van
die betrokkenes
aangerand is as straf vir 'n beweerde oortreding.
Die
straf is toegepas in opdrag van beskuldigde 2
wat dit erken het. Die Hof, so
lui die uitspraak,
het die getuienis van Petersen met versigtigheid
benader/
55.
benader, egter nie omdat die Hof
gemeen het dat daar 'n wraakmotief was nie want, redeneer die Hof, waarom sou hy
ook andere impliseer
wat hom nie aangerand het nie. Nietemin, verklaar die
Verhoorregter in die uitspraak, is die aanranding op hom 'n faktor wat die
Hof
nie heeltemal uit die oog verloor nie.
Die Hof verwys na die betoog dat Petersen
'n motief mag gehad het omdat
daar van hom 'n tronk-wyfie gemaak is maw hy moes toelaat dat daar met hom
sodomie gepleeg word. Dit,
sê die Hof, is egter nooit aan hom gestel
nie.
Die Hof behandel dan voorts die belangrikste aanval op Petersen se getuienis en dit is dat hy 'n
enkelgetuie/
56.
enkelgetuie was en glad nie bevredigende
getuienis
gelewer het nie en nie gestaaf is in sy weergawe
deur ander
aanvaarbare getuienis nie. Veel gewag
is ook gemaak,so lui die uitspraak, van
die versuim
van die Staat se kant om ander gevangenes wat in
dieselfde sel
opgesluit was, as getuies te roep.
Dit is selfs betoog, sê die Hof, dat
die getuie 'n
belang by die saak het en dus 'n
kwasi-medepligtige
was.
Die laaste argument het die Hof verwerp deur te
bevind dat daar geen grondslag was in die getuienis vir die aantyging dat hy 'n
medepligtige
was of selfs naby daaraan gekom het nie. Sy ge-tuienis, sê
die Hof, word met versigtigheid benader,
nie/
57.
nie omdat dié Hof meen dat hy 'n medepligtige was
nie, maar omdat hý, wat die gebeurtenisse wat in
die sel afgespeel het, betref, 'n enkelgetuie was. Wat die versigtigheidsbenadering betref word in die uitspraak van die Hof verwys na a 208 van die Strafproseswet 51 van 1977 wat bepaal dat 'n beskuldigde op die enkele getuienis van 'n bevoegde getuie skuldig bevind kan word. Die ge-leerde Verhoorregter gaan dan voort om daarop te wys dat, ondanks daardie bepaling, die getuienis van so 'n getuie nogtans met versigtigheid bejeën moet word. Nadat die geleerde Verhoorregter na gesag verwys het, onder andere na S v Sauls and Others 1981(3) SA 172(A), meen hy dat die vraag eintlik
daarop/
58. daarop neerkom dat die Hof die enkelgetuie se
getuienis
noulettend moet beoordeel teen die
agtergrond van al die omstandighede en
ander
getuienis as die van die enkel-ooggetuie asook
die getuienis van die
beskuldigde en dan 'n oor-
deel moet vel of die beskuldigde bo alle
redelike
twyfel skuldig is. Indien die Hof bevind dat,
nieteenstaande die
merlete van 'n enkel-getuie
se getuienis, enigeen van die beskuldigdes
se
verontskuldigende weergawe redelik moontlik waar
mag wees, dan moet
daardie beskuldigde onskuldig
bevind word.
Die Hof het die betoog dat die Staat nie alle beskikbare getuies geroep het nie, oor-
weeg/
59
weeg en het dit verwerp op grond daarvan dat
die Staat in 'n strafsaak die monopolie het om
dle getuies wat hy wil, te roep en nie verplig is
om alle getuies wat iets kan bydra,te roep nie.
Weliswaar, meen die Hof, kan omstandighede ont-
staan waarin 'n nadelige afleiding gemaak kan
word teen die Staat indien die Staat slegs 'n
enkel-getuie roep terwyl ander beskikbaar is
om ten aansien van dieselfde gebeure te getuig.
Die Hof het egter geoordeel dat in die huidige
geval sodanige nadelige afleiding nie gemaak
kan word nle, omdat die Staat die ander getuies
aan die verdediging beskikbaar gestel het. Die
keuse berus by die Staat, word in die uitspraak
verklaar/
60.
verklaar, om 'n getuie uit te kies wat die aan-klaer as betroubaar beskou en om ander, wat onder kruis-verhoor moontlik die Staat se saak kan benadeel, nie aan te bied nie. Die betoog dat, omdat Petersen 'n langtermyn-gevangene is en aan die 28-bende behoort, hy 'n medepligtige is omdat hy verplig is om aan die bende-bedrywig-hede deel te neem, is ook deur die Hof ver-werp.
Nietemin, meen die Hof, is hy uit die aard van die saak omdat hy 'n langtermyn-gevangene is wat 'n mens op jou hoede plaas ten opsigte van
sy/
61.
sy geloofwaardigheid, versigtig. "Die Hof kyk twee - of drie maal na wat hy sê voór dit geglo word, waar, in ander gevalle, die Hof altemit net een maal hoef te kyk," was die Hof se benadering. Dat 'n langtermyn-gevangene se getuienis nooit aanvaar kan word nie as hy 'n enkel-getuie is, is klaarblyklik, na die Hof se oordeel, nie die geval nie. Dit hang af van die getuienis en die omstandighede van die geval.
Nadat die Hof hierdie benadering uiteen-
gesit/
62.
gesit het, het die Hof daartoe oorgegaan om
sekere aspekte van
Petersen se getuienis waarteen
kritiek uitgespreek is, te behandel. Daar
is
betoog, met verwysing na die getuies, dat Peter-
sen homself weerspreek
het in sy getuienis, dat
daar weersprekings was tussen sy getuienis en
sy
polisie-verklaring en dat hy sekere feite eers
tydens kruisondervraging
genoem het. Die Hof het
hierdie kritiek verwerp en het die menlng
uitge-
spreek dat hierdie punte van krltiek so min om
die lyf het dat dit
eintlik aantoon die geringe
mate waarin dit moontlik is om kritiek teen
hier-
die getuie te opper.
Sover dit die interne ontleding van
Petersen/
63.
Petersen se getuienis aangaan, was hy na die
mening van die Hof 'n aanvaarbare getuie, maar,
sê die Hof, hy moet beoordeel word as getuie in
die lig ook van die weergawes van die beskuldig-
"des en ten opsigte van
al die gegewens in die
saak en nie slegs op sy eie getuienis in isolasie
nie. Die Hof het voortgegaan om elke beskuldigde
se getuienis te ontleed en die swakhede daarvan
aan die kaak te stel. Wat beskuldigde 1 betref
het die Hof tot die volgende gevolgtrekking gekom:
"In vergelyking met beskuldigde nommer 1, vir die redes alreeds genoem, is daar geen twyfel dat die meriete van Petersen as getuie in vergelyking met die onware getuienis van beskuldigde nommer 1, al te duidelik is. Nommer 1 se getuienis kom dan nie in kompetisie met die van Petersen nie, ten opsigte van enige feite-bevinding in die geval."
Wat/
64. Wat beskuldigde 2 se getuienis betref,
was die slotsom:
"Op hierdie beskuldigde se getuienis is dit vir hierdie hof baie duidelik dat hy klaarblyklik, soos te sien is in Petersen se getuienis, maar ook af te lei is uit sy eie getuienis en die valshede daarin, op hoogte was met die ondersoek na die beweerde bende-oortre-ding vanaf sy ontvangs van die brief daardie dag by die traliehek, dat hy deelgeneem het aan die besprekings wat daarop gevolg het en dat hy 'n leier was in die hele opset wat uiteindelik op die dood van die oorledene uitge-loop het."
Die Hof het daarop gewys dat daar 'n ba-
siese verskil was tussen Petersen se getuienis
en die getuienis van beskuldigdes 5 en 6 van wat
Petersen enersyds en beskuldigdes 5 en 6 ander-
syds die nag gesien het. Volgens Petersen het
beskuldigdes/....
65.
beskuldigdes 4 en 6 die oorledene gewurg terwyl
hy gelê het
op die plek van beskuldigde 5 tussen die plekke van beskuldigdes 4 en 6. Volgens
beskuldigdes 5 en 6 het hulle gelê
en kyk en gesien dat die oorledene deur
beskuldigde 1 gewurg word, nie tussen die slaapplekke van beskuldigdes 4 en 6
nie, maar op
die bed van beskuldigde 1 langs die deur aan die regterkant van die
sel. Daar, volgens hulle het beskuldigde 1 vir die oorledene
met die arm gewurg
sonder enige lyfband en het beskuldigde 2 op die oor-ledene se bors gesit. In
die oorweging van wie se getuienis
in hierdie verband aanvaar moet word het die
Hof na die mediese getuienis verwys.
Die/
66.
Die Hof aanvaar dat die mediese getuienis nie
deurslaggewend is ten
aansien van die oorsaak van die dood nie (hoewel ek die mening hierbo
uitgespreek het dat die mediese getuienis,
soos ek dit lees, meer bestaanbaar is
daarmee dat die verwurging eers plaasgevind het en die wond in die bors daarna
aangebring is),
Maar, het die Hof geredeneer, die waarskynlikhede reg-verdig 'n
afleiding dat die verwurging eerste plaasgevind het. Dit was 'n aanranding
in
'n
gevangenissel en die doodmaak moet so vinnig en stil moontlik geskied. Die
Hof het verder gere-deneer dat selfs op die weergawe van
beskuldigdes 5 en 6 het
die aanranding begin met die verwurging
van die/
67.
van die oorledene maar met die arm van beskuldigde 1. Dit is
onwaarskynlik, meen die Hof, dat een beskuldigde eers die oorledene se
bors sou
wil oopsny en dat 'n ander beskuldigde of beskuldig-des die oorledene sou
doodwurg, óf met die hand, óf met
die arm óf 'n lyfband.
Die Hof het ook . sonder twyfel bevind dat die oorledene met 'n lyfband gewurg
is en het die getuienis
van al die beskuldlgdes, uitgesonderd beskuldigde 1, dat
dit nie gebeur het nie, as onwaar bestempel. Die getuienis van beskuldigde
1 dat
hy die lyf-band in die toilet-area gebruik het, was ook onwaar, bevind die Hof
en kom dan tot die gevolg-trekking dat die getuienis
van beskuldigdes 5 en
6 van/
68.
6 van die wyse waarop die oorledene gewurg is,
onwaar is en dat Petersen
se getuienis aanvaar-baar is omdat dit bestaanbaar is met die waarskyn-likhede
aangedui deur die objektiewe
feite. Die Hof het, na betragting van die getuienis
as geheel, gevind dat daar nie stawing te vind is in die getuienis van die
beskuldigdes
nie want daar kan nie op hulle getuienis staat-gemaak word nie. Ek
vertolk nie die uitspraak in die sin dat die Hof gemeen het daar
is geensins
stawing vir Petersen se getuienis nie. Al wat die Hof bedoel het, na my oordeel,
was dat daar nie bevestiging van die
besonderhede van Petersen se getuienis in
die getuienis van die beskuldigdes
gevind/
69
gevind kon word nie. Die Hof het wel in die breë
stawing gevind van Petersen se getuienis ten aansien van die aandadigheid van
die beskul-digdes aan die dood van die oorledene. Die Hof het byvoorbeeld
bevind, en tereg na my mening, dat al die beskuldigdes
goed besef het dat
"uit-staan" beteken dat hulle aandadigheid aan die moord erken en dat hulle
verontskuldigende verduidelikings,
in hierdie verband, met die uitsondering van
beskuldigde 3 s'n, nie aanvaar kon word nie.
Die Hof het voortgegaan om elkeen van die beskuldigdes se aandeel te bepaal in die lig van die getuienis wat aanvaar is. Volgens
Petersen/
70.
Petersen het beskuldigde 1 gêsê dat die "vuil hond"
doodgemaak moet word. Hy het 'n aandeel gehad in die bende-hofsitting
onder die
bloed-manne van die sel aan die regterkant van die sel. Van hierdie feit alleen
was die Hof nie bereid om te aanvaar dat
hy mededadig aan of die leiding geneem
het ten opsigte van die besluit om die oorledene te dood nie, want 'n bendelid
mag teen sy
sin deelneem aan 'n hof-sitting of nie instem tot die besluite wat
geneem word nie, maar toe die oórledene aangeval word het
hy meegedoen.
Volgens sy eie getuienis het hy die oorledene gesny met 'n blik en volgens die
mediese en ander getuienis is die oorledene
se/....
71. se borskas oopgesny. Petersen het getuig dat
beskuldigde 1 gesê het, "die man se bloed ruik
nogal lekker."
In
die geval van beskuldigde 2 het die Hof bevind dat sy aandeel was soos deur Roy
Peter-sen beskryf. Hy het van die linkerkant van
die sel opgestaan en oorbeweeg
en die oorledene se voete vasgehou. Hy het ook gehelp om die oorledene na die
stort-area te dra. Hy
was 'n mededader.
In die geval van beskuldigdes 4 en 6
het die Hof bevind dat hulle die oorledene met die lyfband gewurg het waar hy
gelê het.
Hulle was ook mededaders. Wat duidelik is, sê die Hof, is
dat beskuldigde 5 nie op sy plek gelê het soos hy
getuig/
72. getuig het nie; sy getuienis is 'n valse relaas
wat hy
opgedis het. Na die Hof se oordeel het
beskuldlgdes 5 en 6, as hulle
verklarings voor
die landdros en hulle getuienis vergelyk
word,
klaarblyklik ooreengekom wat hulle sou verklaar
en getuig.
Namens beskuldigde 1 wat slegs verlof
toegestaan is om teen die bevinding dat daar
geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie,
te appelleer, is dit betoog dat die Hof verkeer-
delik bevind het dat hy, saam met beskuldigde 2,
'n leidende aandeel in
die handelinge wat gelei
het tot die doo.d van die oorledene, gehad het.
Hy moes, so is aangevoer, slegs as 'n medeplig-
tige/
73.
tige skuldig bevind gewees het, omdat hy 'n
mindere rol in die
gebeure gespeel het. Hy was
dus minder verwytwaardig as byvoorbeeld
beskul-
digde 2 en versagtende omstandighede moes bevind
gewees het.
Petersen, so lui die betoog verder,
kon nie in die stort-area sien nie en sy
getuienis
dat dit beskuldigde 1 was wat die snywerk gedoen
het met die
halwe blikdeksel, kan nie aanvaar
word nie. Daar is ook namens hom daarop
gewys
dat, hoewel hy aan die kringsitting deelgeneem
het, die Hof bevind het dat dit op sigself nie
mededaderskap aantoon nie.
Sy getuienis, so
is aangevoer, is tereg deur die Hof verwerp.
In vele opsigte het hy sy aandeel buite verhou-
ding/
74.
ding vergroot; dit dui op valse brawade.
Hierdie betoog gaan nie op nie. Alhoe-wel hy sy eie aandeel, wat sy motief ookal was, vergroot het, dui die ander getuienis waarna die Hof verwys het tog daarop dat vandat die brief in die sel aan beskuldigde 2 afgelewer is, hy en beskuldigde 2 'n leidende rol gespeel het in die verrigtinge wat eindellk uitgeloop het op die oorledene se dood. Weliswaar kon Peter-sen nie in die stort-area sien nie, maar hy het beskuldigde 1 se stem geken en sy getuienis van die woorde wat beskuldigde 1 geuiter het aangaan-de die reuk van die bloed van die oorledene klink waar en eg. Ek is nie oortuig dat die Hof a quo
enigsins/
75.
enigsins gefouteer het met sy skuldigbevinding as mededader en die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie,
en sy
appél word van die hand gewys.
In beskuldigde 2 se betooghoofde is
'n aanval
gedoen op die getuienis van Roy Petersen as '"n enkel-getuie en word die
uitspraak gekriti-seer op die grondslag dat die
versigtigheids-reël nie
behoorllk toegepas is nie. In die alternatief is daar aan die hand gedoen dat
dit nie bewys is dat beskuldigde
2 se handelinge die dood veroorsaak het of tot
die veroorsaking daar-van bygedra het nie. Wat die waarde van Petersen se
getuienis
betref het die Hof a quo, na my oordeel, 'n versigtige
waarde-oordeel gevel en wat betref beskuldigde 2 se aandeel het
advokaat
Marlow/.....
76.
Marlow, wat me die betooghoofde opgestel het
nie, maar in hierdie
Hof namens beskuldigde 2
verskyn het tereg en behoorlik toegegee dat
be-
skuldigde 2 een van die hoofbeplanners was van
die wyse waarop die
oorledene gedood moes word
en assulks 'n mededader was. Beskuldigde 2
se
appèl teen sy skuldigbevinding word van die hand
gewys.
Namens beskuldigde 4 en 6 is daar ook 'n
aanval
gedoen op die getuienis van Roy Petersen
wat, so is aangevoer, 'n
onbevredigende enkelge-
tuie was, veral ten aansien van wie wag gestaan
het. Sy getuienis wat die
rolle van beskuldigdes
4 en 6 betref was alles behalwe bevredigend, is
aangevoer. Maar selfs as sy getuienis aanvaar-
denswaardig/
77.
denswaardig is, is aan die hand gedoen, moes die Hof bevind het dat
die getuienis van beskuldigde 4 en 6 redelik moontlik waar kan
wees, inaggenome
veral die stawing wat verleen word aan beskuldigde 6 se getuienis deur die
getuienis van beskuldigde 5. Ek het alles
wat ten behoewe van die twee
beskuldig-des aangevoer is noukeurig oorweeg, maar is nie oor-tuig dat die Hof
enigsins gefouteer het
nie. Die Hof het Petersen se getuienis versigtig benader
en was heeltemal bewus van die tekortkominge daarvan. In die lig van die
getuienis dat hulle uitgestaan het en in die lig van die bevinding dat hulle
deur die Hof a quo, en om goeie rede, soos hierbo blyk, as leuenagtige
getuies bevind is, kan die appèlle
van/
78.
van beskuldigdes 4 en 6 teen hulle skuldigbevindinge
nie slaag
nie.
Wat die vonnisse van beskuldigdes 2, 4 en
6 betref,
is die enigste wesenllke grond wat
aangevoer is dat daar versagtende
omstandighede
bevind moes gewees het, die sogenaamde sub-
kultuur in die
gevangenis, die bende-bedrywig-
hede waaraan elke gevangene in meerdere of
mindere
mate verplig word om deel te hê en die ontmens-
liking van 'n gevangene wat deur 'n lang termyn van
gevangenisskap
veroorsaak word. Soortgelyke
betoë is herhaalde male in hierdie Hof gelewer,
sonder enige sukses. Daar is geen nuwe grond
aangevoer in die verband vir die gunstige oor-
weging/
weging van so 'n betoog nie.
Die appèlle van al die appellante word van die hand gewys.
JACOBS, AR )
) - stem saam NESTADT, WAR )