South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 8
| Noteup
| LawCite
S v Josias (421/84) [1986] ZASCA 8 (4 March 1986)
Download original files |
421/84
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
PATRICK JOSIAS ............................ APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR
VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986
LEWERINGSDATUM: 4 MAART
1986
UITSPRAAK
VILJOEN, AR
Die appellant is deur 'n streeklanddros
in Kaapstad skuldig bevind op 'n aanklag van roof
en is/
2.
en is 'n vonnis opgelê van vier jaar gevangenisstraf.
Sy
appèl na die Kaapse Hooggeregshof is van die
hand gewys en sy aansoek
om verlof om te appelleer
is deur daardie Hof geweier. Verlof om teen
die
skuldigbevinding en vonnis te appelleer is egter
deur die Hoofregter
aan hom toegestaan.
Daar is in die klagstaat beweer dat die
appellant vir
kleurlingman Yusuf Abader, 'n huurmotor-
bestuurder van Kaapstad,en twee
Japannese matrose,
Tuzzmoto Yokio en Todakuni Shumiza, wie se skip
in
Kaapstad aangedoen het, gedreig het met 'n vuurwapen
dat hulle geweld
aangedoen sou word en dat hy van
bogenoemde twee R340 kontant geneem het.
Daar is
ook/
3.
ook beweer dat verswarende omstandighede aanwesig
was wat
daarin sou bestaan het dat die appellant
of sy medepligtige hetsy voor,
gedurende of na
die pleeg van die misdryf, 'n vuurwapen
(rewolwer)
gehanteer het en gedreig het om vir Yusaf Abader
en/of een of
albei die Japanners ernstige liggaam-
like besering toe te dien.
Yusaf
Abader was die enigste getuie vir
die Staat. Die twee Japanners wat na die
voorval
saam met Abader na die polisie toe is, se skip het
vertrek voordat
die saak verhoor kon word en hulle
was gevolglik nie beskikbaar as getuies
nie.
Dit blyk uit Abader se getuienis dat hy
gedurende die aand van 8 Junie 1983 die twee
Japannese/
4.
Japannese matrose in sy huurmotor vervoer het
vanaE
die Kaapstadse dokke om twee meisies vir ontugtige
doeleindes vir
hulle te vind by 'n sekere huis te
Reaganstraat 8 in Woodstock, Kaapstad. Toe
hy
stilhou, het die appellant en 'n ander persoon wat
hy van sien ken maar
wie se naam hy nie kon ver-
strek nie, vanuit 'n gangetjie langs die
gemelde
huis, na sy voertuig aangekom. Toe die appellant
by die voertuig
aankom, was Abader in die proses
om uit te klim. Die deur van die voertuig
was oop
en sy voete op die grond. Nadat hy heeltemal uit-
geklim het, het
daar 'n argument tussen hom en die
appellant ontstaan terwyl die appellant se
mede-
dader besig was om die een Japanner wat in die
voorste/
5.
voorste passasiersitplek gesit het, uit die voertuig
te
pluk en sy sakke te deursoek vir geld terwyl
die Japanner met sy arms omhoog
gestaan het. Abader
het beswaar gemaak teen die voorgenome opset van
die
appellant en sy maat om die twee Japanners te
beroof. Hy het dit onder die
appellant se aandag
gebring dat hy, Abader, verantwoordelik was vir
die
Japanners se veiligheid, dat hulle sy passasiers
was en dit "sy
stukkie brood" was bedoelende daarby,
klaarblyklik, dat hy nie alleen vir die
vervoer
nie, maar ook vir die diens wat hy hulle bewys om
vir hulle
meisies vir die aand te kry, verwag om
deur die Japanners vergoed te word. Hy
het ontken
dat die argument tussen hom en die appellant gegaan
het/
6.
het om geld wat hy nog vir die appellant se vrou
sou geskuld het. Hy het erken dat hy op 'n stadium
vir haar geld geskuld het maar het beweer dat hy
alles terugbetaal het. 'n Bedrag van R20 het hy
nie in kontant terugbetaal nie, maar het hy in natura
vergoed deur
haar in sy huurmotor te vervoer.
Daarna is hy nooit weer om die geld gevra
nie,
nòg deur die appellant nog sy vrou vir wie hy
dikwels gesien
het, het hy getuig. Die appellant
se vrou was wel die aand ter sprake,
sê hy, maar
in 'n ander verband. Die appellant het naamlik
vir
Abader daarvan beskuldig dat hy onwelvoeglike
dade gepleeg het met sy vrou en
sy skoonsuster.
Volgens Abader was hierdie beskuldiging vals en
slegs/
7.
slegs 'n set wat as dekmantel moes dien vir die
werklike doel waarvoor die appellant en sy
mededader sy voertuig genader.net, naamlik
om die Japanners te beroof. In die loop van
die argument, sê Abader, het die appellant "n
vuurwapen te voorskyn
gehaal en hom daarmee in
die gesig geslaan. Dit was egter nie 'n harde
slag nie. Hy wou op 'n stadium terug agter die
stuurwiel kom om weg te ry met sy twee passasiers
maar hy is verhinder
deurdat die appllant aan die
binnekant van die oop deur gestaan het.
Die appellant het, nadat hy hom geslaan
het, die vuurwapen terug geplaas in sy broek en
hom gewend na die Japanner wat op die agterste
sitplek/
8.
sitplek gesit het. Hy het hierdie Japanner
uit die voertuig geruk en ook
sy sakke deursoek
en die geld wat daarin was verwyder. Die
appellant en sy
maat het toe van die toneel
weggery in 'n geel Toyota voertuig.
Die Japanners wat 'n afstand agter die
voertuig aangehardloop het, het
teruggekeer na
sy voertuig en vir hom beskuldig dat hy alles
gereël
het. Hy het hulle egter gerusgestel dat
hy dit nie gedoen het nie en is saam
met hulle na
die polisie—stasie waar hulle verklarings afgelê
het.
Die/
9.
Die appellant wat by die aanvang van sy
verhoor onskuldig gepleit het, het in die
openbaring
van sy verdediging, by monde van sy regsverteen-
woordiger,
erken dat hy op die toneel was en aan-
gevoer dat hy daar met Abader gepraat
het en hom
gevra het om sy vrou se geld, wat hy van haar geleen
het, terug
te betaal. Abader se antwoord was , so
het hy beweer, dat hy kan wag, hy sal
dit terug-
betaal wanneer hy wil. Hy het hom toe vererg en
vir Abader met
die oop hand in die gesig geslaan.
Hy het nooit 'n vuurwapen gehad nie.
Op wat daar op die toneel gebeur het,
het die
appellant in sy getuienis uitgebrei. Hy
beweer dat hy en die huisbaas van
daardie huis en
'n paar/
10.
'n paar huurmotorbestuurders in die betrokke huis
gesit het toe hy deur die venster vir Abader met
die twee Japanners daar aangery sien kom. Hy
merk toe op, "Hier is Happy
weer besig met die
Jappe". Wat hy bedoel het, sê hy, is dat Abader
("Happy" soos hy bekend staan) weer eens, soos wat
hy voorheen gedoen het,
Japannese matrose gaan
beroof. Dit val hom toe by dat Abader nog vir
sy
vrou geld skuld en hy is toe daar uit om die geld
by Abader te gaan
kollekteer. Toe hy by Abader
kom vra hy vir hom, "Happy, wanneer gaan jy my
vrou
betaal?". Abader se antwoord was dat hy al klaar
sy vrou vergoed het
deur haar met sy huurmotor te
vervoer. Appellant. het hom vererg en vir
Abader 'n
klap/
11.
klap gegee. Hy is daarna in die huis in waar hy
aangekondig het dat hy gaan ry. Abader het nie
die Japanners daar afgelaai nie, maar is met hulle
daar weg, sê hy. Hy is ook later daar weg. Van
die roof van die
twee Japanners weet hy niks.
Onder kruisverhoor kon hy nie die
verskil
tussen die openbaring van sy verweer waar hy aange-
voer het dat
Abader gesê het appellant se'vrou kan
wag vir betaling en sy getuienis
dat Abader gesê
het hy het die vrou al klaar betaal,
bevredigend
verduidelik nie. Hy kon ook nie vir die hof sê
hoeveel
Abader nog sy vrou geskuld het nie. Afgesien
van hierdie twee ernstige
swakhede in sy getuienis,
het hy in die algemeen, so kom dit in skrif
voor,
besonder/
12.
besonder swak gevaar in sy getuienis.
Die streeklanddros was
terdeë bewus
daarvan dat hy te doen gehad het met 'n enkelge-
tuie
vir die Staat. Hy meld hierdie oorweging in
sy uitspraak. Desnieteenstaande,
so meen die
landdros, was daar omstandighede wat kleur en
waarheid aan
Abader se getuienis verleen. Hy
wys daarop dat Abader vir die Japanners
daarheen
geneem het vir 'n sekere doel en as daar slegs 'n
argument was
tussen Abader en die appellant het
dit niks met die Japanners te doen gehad
nie en
was daar geen rede waarom hulle die plek sou ver-
laat nie.
Daarenteen, as die Japanners wel beroof
was, soos Abader beweer, sou dit
bestaanbaar wees
met/
13.
met hulle vertrek van die plek, 'n feit wat die
appellant erken
het. Dit is ook nie betwis nie,
sê die landdros,dat Abader en die
Japanners na
die polisie is waar al drie verklarings afgelê het.
Dit
maak nie saak wat die inhoud van die verklarings
was nie, so redeneer die
streeklanddros, die feit
dat hulle wel verklarings gemaak het is
belangrik.
Abader sou nie vanweë 'n geskil tussen hom en
die
appellant en 'n klap wat die appellant hom gegee
het, met die
Japanners na die polisie-stasie gaan
om daar verklarings af te lê nie.
Abader se ge-
tuienis dat die Japanners vir hom beskuldig het
dat hy
aandadig was aan die reëling om hulle te
beroof,bevat ook die klank en
strekking van geloof-
waardigheid,/
14.
waardigheid, meen die landdros. Voorts meld die
landdros dat Abader op die oog af as 'n veel sterker
persoon voorkom as die appellant en dat dit on-
waarskynlik is dat, aangesien Abader twee Japanners
het wat hom kon help,
hy en die twee Japanners sou toe-
laat dat laasgenoemde beroof word as hy nie 'n
vuurwapen by die appellant
gesien het nie. Abader
sou in elk geval mans genoeg gewees het om hom teen
die appellant, as hy
alleen was sonder 'n vuurwapen,
te verweer, sê die landdros. Die
landdros het be-
vind dat Abader 'n goeie en die appellant 'n swak
getuie
was. Omdat hy nie seker was op die getuienis
dat enigeen van die twee
Japanners die vuurwapen
gesien het nie, het hy die regsverteenwoordiger
van
die/
15.
die appellant gelyk gegee dat daar nie bevind kon
word dat daar verswarende omstandighede aanwesig
was nie. Hy het die appellant skuldig bevind aan
roof simpliciter en ook net ten aansien van die
Japanner wie se geld hy self geneem het. Die
landdros sê:
" onder die omstandighede bevind die
hof dan dat beskuldigde wel een van die
Japannese beroof het. Die Hof weet nie
watter een nie, wat sy naam is nie.
Dit is 'n bedrag wat die Hof ook nie
kan bepaal nie, maar die Hof vind dat
hy wel een van die Japannese beroof
het van geld en hy word so SKULDIG
bevind."
Die Hof van appèl van die
Kaapse Pro-
vinsiale Afdeling het gemeen dat die rewolwer wel
'n rol
gespeel het en dat die appellant bedoel het
dat dit/
16.
dat dit 'n rol moes speel. Daar is geredeneer
dat,
ofskoon die Japanner wat eerste beroof is,
miskien nie die rewolwer gesien
het voordat hy
deur die appellant se mededader beroof is nie,
die
slagoffer van die appellant nie alleen die
rewolwer moes gesien het nie, maar
dat hy ook
gesien het hoe sy mede-matroos beroof word. Van
die kant van
die appellant gesien het die Hof ook
min twyfel gehad dat hy bewus was van
die uitwerking
wat sy hantering van die rewolwer op die gemoed van
sy eie
slagoffer gehad het en dat dit ook sy be-
doeling was dat dit by die Japanner
vrees moes inboesem.
In hierdie Hof is betoog dat die landdros
'n fout/
17.
'n fout gemaak het toe hy gesê het, verwysende na
die
slagoffer van die appellant, dat die Japanner
met sy hande omhoog gestaan
het. Die landdros, so
is betoog, was egter korrek in sy bevinding dat
daar
twyfel bestaan of die rewolwer wel 'n rol ge-
speel het by die roof van die
appellant se slagoffer.
As die landdros, soos hy skynbaar wel
gedoen het, verwys het na die
slagoffer van die
appellant, dan het hy wel, wat die bevinding dat
hy met
sy hande omhoog gestaan het betref, ge-
fouteer. Dit blyk uit die getuienis
dat die appellant
die agterdeur oopgemaak het en vir die Japanner
beveel
het om uit te klim, of uitgeruk het uit die
voertuig/
18.
voertuig. Hy het toe, oënskynlik sonder enige
teenstand van die Japanner, sy geld uit sy broeksak
verwyder en geloop. Trouens, uit een passasie in
Abader se getuienis blyk dit dat hy die sak waarin
die geld was, afgeruk het. Dit is egter 'n onver-
mybare afleiding dat die
Japanner alleen sou toelaat
dat sy geld geneem word as hy bevrees was en
nie
die risiko van enige leed wou loop nie. Hierdie
Japanner het gesien
wat met sy mede-matroos gebeur.
Dit is moontlik dat hy gesien het dat die
appellant
'n vuurwapen het, maar na my mening maak dit nie
saak of hy dit wel gesien het nie. Hy het op
daardie stadium reeds
vermoed, so kan afgelei word,
dat hy geen hulp van Abader kon verwag nie
want
laasgenoemde,/
19.
laasgenoemde, so het hy gemeen, was kop in een
mus met die twee rowers. Die appellant maak die
deur oop en beveel die Japanner om uit die
voertuig te klim of hy word uitgepluk en sy sakke
word dadelik deursoek en sy geld geneem. Onder
daardie omstandighede, selfs afgesien daarvan of
hy die rewolwer gesien
het, sou enigeen in sy
posisie gevrees het dat hy leed aangedoen sou
word
as hy weerstand sou bied. Of hy sy hande in die lug
gehou het, is van
geen belang nie. Die appellant
het die opset gehad om vrees by sy slagoffer
in te
boesem en het met geweld sy geld van hom afgeneem.
Dit is roof. Kyk
Ex parte Minister of Justice in re
R v Gesa and R v de Jongh
1959(1) SA 234(A).
Daar is egter verder betoog dat, al sou
hierdie/
20.
hierdie Hof bevind dat, op die feite soos deur
Abader getuig, die oortreding wel roof was,
Abader se getuienis nie aanvaar moes gewees het
nie, en dat die appellant onskuldig bevind moes
word. Daar is aangevoer dat Abader 'n ongevoelige
houding (callous attitude) geopenbaar het en sy
getuienis dat as die Japanners hom slegs versoek
het om hulle na 'n adres
te neem wat hulle self
verstrek het dit dan hulle eie saak sou wees
as
hulle daar beroof word. Dit, so is aangevoer,
is nie bestaanbaar met
die gunstige indruk
wat die landdros van Abader as 'n getuie gevorm
het
nie. Dit is 'n vergesogte argument.
Selfs al sou hy in die verband 'n
gevoelloosheid
(callousness)/
21.
(callousness) geopenbaar het, wat myns insiens
vanself 'n drogbetoog is, kan ek nie insien wat
dit met die meriete van hom as getuie te doen
het nie. 'n Ander betoog was dat hy nie 'n geloof—
waardige getuie
was nie omdat hy kamma te beskroomd
was om die woord "hoer" in die Hof te
gebruik toe
hy dit klaarblyklik bedoel het. Ook hierdie betoog
is 'n powere poging om die meriete van appellant
as getuie aan te tas.
Daar is ook aangevoer dat
sy getuienis dat al die geld wat van die
eerste
Japanner geroof is, uit Rl0 note bestaan, nie geglo
kon word nie,
omdat hy besig was met die appellant
en nie gesien het wat daar tussen die
eerste
Japanner en die appellant se mededader aangaan nie.
Dit/
22.
Dit mag wees dat sy oortuiging dat dit almal RlO
note was gespruit
het uit wat hy gesien het sowel
as wat die Japanner of vir hom of vir die
polisie
meegedeel het. Dit doen na my oordeel nie veel
afbreuk aan sy
verdienste as getuie nie. Dit is
voorts betoog dat die Staat die polisie moes
ge-
roep het om Abader se relaas van die klaglegging te
bekragtig. Dit sou
'n andersins sterk saak van die
Staat verder versterk het, maar dit was nie
nodig
om die polisie te roep nie aangesien die bewering
dat die drie na
die polisie was nooit aangeval is nie.
Die landdros is ook kwalik geneem
deur
die appellant se advokaat omdat hy bespiegel het
oor die krag van
Abader en die appellant. Dit was
nie bloot bespiegeling nie want Abader het self soos
volg/
23.
volg getuig:
"Was dit 'n regte rewolwer of 'n speelgoed...?
- Dit was 'n regte ding, hoekom as dit nie
'n regte ding gewees het nie dan het ek nie
die beskuldigde en die ander man dit laat
toelaat nie my Agbare.
AANKLAER: Dan sê jy jy het dit toegelaat
omdat hulle die vuurwapen gehad het? -
Net deur die vuurwapen van bangheid, toe
dink ek maar 'okay'."
Daar is ander punte van kritiek uitgespreek
teenoor die landdros maar ek het al die punte goed
oorweeg en is nie
oortuig dat die landdros se be-
nadering enigsins gekritiseer kan word of dat
hy
gedwaal het in sy oorweging van die saak nie. Die
landdros het die
houding van Abader en die appellant
in die getuiebank waargeneem en beoordeel
sowel as
die waarskynlikhede behoorlik in ag geneem. Die
appel/
24.
appèl teen die skuldigbevinding kan nie slaag nie.
Daar is ook geappelleer teen die vonnis.
In sy uitspraak het die landdros daarop gewys dat
matrose van vreemde skepe 'n maklike prooi is vir
rowers en dat dit moeilik is om die oortredings
teen hulle wat dikwels
voorkom,te bewys omdat hulle
kom en gaan. Hy het verwys na die appellant
se
vorige veroordelings wat verskeie skuldigbevindings
aan oortredings van
geweld ingeluit het. Hy het
ook na die persoonlike omstandighede van die
appellant
verwys. Hy is 'n man wat 'n vrou en kinders het, sê
die
landdros, en hy verdien R80 (per week? of maand?).
Die hof het,soos blyk uit
die landdros se uitspraak,
dit in ag geneem.
Namens/
25.
Namens die appellant is daar betoog dat
die landdros die vergeldingsaspek alleen beklemtoon
het en nie die afskrikkende, voorkomende en her-
vormingsaspekte van vonnis oorweeg het nie. Daar is
klem gelê op die feit dat die laaste skuldigbevinding
aan 'n oortreding van geweld op 1 Mei 1978 was en
dat die landdros dit in
ag moes geneem het. Die
landdros meld nie spesifiek dat hy laasgenoemde
feit in ag geneem het nie,
maar hy het die lys van
vorige veroordelings as 'n geheel oorweeg en
dit
kan nie gesê word dat hy enige aspek wat hy moes
oorweeg het,
oor die hoof gesien het nie. Daar is, na
my oordeel, ook nie te veel klem
gelê op die vergeldings-
aspek nie. Die vonnis van vier jaar is deur
die Hof a quo
as 'n swaar vonnis beskryf wat die Hof self miskien nie
sou
opgelê/
26.
opgelê het nie maar die Hof het nie ingegryp nie
omdat die
Hof nie oortuig was dat dit buitensporig
swaar was nie. Ek stem nie saam dat
dit 'n swaar
vonnis onder die omstandighede was nie. Alles in
ag genome is
ek van oordeel dat die vonnis 'n ge-
paste een was.
Die appèl teen
die skuldigbevinding sowel
as teen die vonnis word afgewys.
APPèLREGTER
VAN HEERDEN, AR)
- Stem saam
JACOBS AR)